# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-power-systems-afrikaans/928e510b-68c2-4670-a7c7-fe20b388befb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Prelim 2024 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-power-systems-afrikaans/928e510b-68c2-4670-a7c7-fe20b388befb)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIORSERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                              SEPTEMBER 2024

       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

PUNTE:     200

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, insluitend ŉ formuleblad van 2 bladsye.

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)         (EC/SEPTEMBER 2024)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.    Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

3.    Toon ALLE berekeninge en rond die antwoord korrek tot TWEE desimale
      plekke af. Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

5.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

7.    ŉ Formuleblad is aan die einde van die vraestel ingesluit.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                           3

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
 die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15)
 in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

 1.1.   Die laag (lae) van die vel wat deur ŉ derdegraadse brandwond aangetas
        word, sal … wees.

        A     die buitenste laag
        B     die tweede laag
        C     alle lae vel
        D     Geeneen van bogenoemde.                                                     (1)

 1.2    Die fasehoek van die stroom in ŉ oorwegend induktiewe, RLC-stroombaan
        is …

        A     voorlopend.
        B     nalopend.
        C     in fase.
        D     nul.                                                                        (1)

 1.3    Die opposisie deur ŉ kapasitor teen die vloei van wisselstroom in ŉ RLC-
        stroombaan is die …

        A     induktiewe reaktansie.
        B     impedansie.
        C     kapasitiewe reaktansie.
        D     induktansie.                                                                (1)

 1.4    ŉ RLC-stroombaan het ŉ maksimum impedansie en ŉ minimum stroom
        gedurende … resonansie.

        A     serie-
        B     parallelle-
        C     die frekwensies voor
        D     die frekwensies na                                                          (1)

 1.5    Selfstandige eenhede wat vanaf die hoofbeheersentrums beheer word, word
        … genoem.

        A     skakeltoerusting
        B     verspreidingsnetwerke
        C     substasies
        D     kragstasies                                                                 (1)

 1.6    ŉ Afstaptransformator word gebruik om die …

        A     krag te verhoog.
        B     krag te verlaag.
        C     spanning te verlaag.
        D     spanning te verhoog.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)              (EC/SEPTEMBER 2024)

1.7    ŉ Driefasestelsel word gegenereer wanneer drie spoele 120° uitmekaar
       geplaas word, en in ŉ … gedraai word.

       A     eenvormige magnetiese veld
       B     vakuum
       C     driehoek
       D     Al die bogenoemde                                                           (1)

1.8    ŉ Delta-ster transformator word … gebruik.

       A     hoofsaaklik in swaar nywerhede waar ŉ hoëkragoordrag noodsaaklik
             is
       B     as ŉ afstaptransformator in hoëspanningstoevoerlyne
       C     hoofsaaklik vir interne bedrading van persele
       D     omvattend in verspreidingstelsels waar ŉ vierdraadstelsel benodig
             word                                                                        (1)

1.9    Air Natural (AN) is ŉ verkoelingsmetode wat vir … gebruik word.

       A     droë transformators
       B     olie onderdompelde transformators
       C     relê
       D     kontaktors                                                                  (1)

1.10   Die doel van ŉ geen-volt-relê is om ...

       A     ŉ motor outomaties te laat begin nadat ŉ kragonderbreking herstel is.
       B     die spanning van ŉ driefase motor te verhoog.
       C     te verhoed dat ŉ motor outomaties begin wanneer ŉ
             kragonderbreking herstel word.
       D     die hoeveelheid stroom wat deur ŉ motor getrek word te monitor.             (1)

1.11   Die aansitknoppie wat in ŉ motorbeheerkring gebruik word, is ŉ …

       A     normaalweg-oop-drukknop.
       B     oop-relê-kontak.
       C     normaalweg-geslote-drukknop.
       D     geslote-relê-kontak.                                                        (1)

1.12   … help om die geneigdheid van ŉ rotorstaaf om onder ŉ statortand vas te
       bly te voorkom en verminder magnetiese brom.

       A     ŉ Anker
       B     ŉ Skewe rotor
       C     Die stator
       D     ŉ Verkoelingswaaier                                                         (1)

1.13   ŉ Voorbeeld van ŉ PLB-uitset is ŉ …

       A     normaal-oop-kontak.
       B     motor.
       C     sensor.
       D     merker of vlag.                                                           (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                                 5

 1.14   ŉ PLB se hardeware is …

        A      al die fisiese dele en komponente waaruit die toestel bestaan.
        B      die masjientaal wat op ŉ rekenaar geïnstalleer is.
        C      die PLC-verwerker.
        D      Beide A en C.                                                                   (1)

 1.15   … bespeur die teenwoordigheid van metaalvoorwerpe en of dit
        ysterhoudend of nie-ysterhoudend is.

        A      Kapasitiewe nabyheidsensors
        B      Induktiewe nabyheidsensors
        C      Ultrasoniese nabyheidsensors
        D      Al die bogenoemde.                                                             (1)
                                                                                             [15]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)         (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1     Verduidelik waarom die misbruik van toerusting in ŉ werkswinkel as ŉ
        onveilige daad beskou word.                                                     (2)

2.2     Noem TWEE aanbevole maniere om bloeding te stop.                                (2)

2.3     Skryf enige TWEE standaardbehandelings vir skok neer.                           (2)

2.4     Definieer ŉ mediese noodgeval.                                                  (2)

2.5     Lys EEN onveilige toestand wat in ŉ werkswinkel vermy moet word.                (1)

2.6     Noem EEN belangrike persoonlike beskermingsitem wat gebruik word
        wanneer jy met chemikalieë werk.                                                (1)
                                                                                       [10]

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1   Noem die faseverhouding tussen die stroom en spanning in ŉ suiwer
      kapasitiewe WS-kring.                                                             (1)

3.2   Definieer die volgende met verwysing na RLC-kringe wat oor ŉ
      wisselspanningstoevoer gekoppel is.

      3.2.1    Fase-diagram                                                             (2)

      3.2.2    Resonante frekwensie                                                     (2)

3.3   ŉ Seriestroombaan met weerstand van 600 Ω, induktansie van 100 mH en
      kapasitansie van 4 μF word oor ŉ 120 V / 60 Hz-toevoer gekoppel.

      Gegee:

      R = 600 Ω
      L = 100 mH
      C = 4 µF
      VS = 120 V
      F = 60 Hz

      Bereken:

      3.3.1    Die reaktansie van die induktor                                          (3)

      3.3.2    Die reaktansie van die kapasitor                                         (3)

      3.3.3    Die stroombaan impedansie                                                (3)

      3.3.4    Die stroom in die stroombaan                                             (3)

3.5   Vind die resonante frekwensie van ŉ stroombaan met ŉ 100 mH spoel wat
      in serie met ŉ 0,022 μF kapasitor gekoppel is.                                    (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                          7

 3.6 Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     FIGUUR 3.6: PARALLELLE RLC STROOMBAAN

      Gegee:

      IC = 4 A
      IL = 6 A
      IR = 4 A

      3.6.1      Bereken die totale stroom.                                             (3)

      3.6.2      Bereken die fasehoek.                                                  (3)

      3.6.3      Teken ŉ benoemde fasediagram vir FIGUUR 3.6.                           (3)

      3.6.4      Motiveer, met ŉ rede, of die stroombaan oorwegend kapasitief of
                 induktief is.                                                          (3)

 3.7 Meld DRIE toestande wat sal voorkom as die drywingsfaktor in ŉ RLC-serie
     stroombaan eenheid is.                                                             (3)
                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)            (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 4: DRIEFASE-WISSELSTROOM-OPWEKKING

4.1   Noem DRIE nadele van ŉ driefase-generasie in vergelyking met ŉ enkelfase-
      generasie.                                                                       (3)

4.2   Verduidelik die term skyndrywing.                                                (1)

4.3   Noem die DRIE netwerkstadia van die nasionale kragnetwerk in die
      KORREKTE volgorde.                                                               (3)

4.4   ŉ Driefase-kragopwekker lewer krag aan ŉ ster gekoppelde las. Die
      fasespanning van die las is 230 V met ŉ lynstroom van 35 ampère. Die
      fasehoek is 18°.

      Gegee:

      VPH = 230 V
      IL = 35 A
      θ = 18°

      Bereken die volgende:

      4.4.1    Die lynspanning                                                         (3)

      4.4.2    Die skyn drywing                                                        (3)

      4.4.3    Die reaktiewe drywing                                                   (3)

      4.4.4    Die ware drywing                                                        (3)

4.5   Twee wattmeters dui 10 kW en 3 kW onderskeidelik aan wanneer hulle
      gekoppel is om die insetkrag aan die las te meet. Bereken die totale drywing
      in kW .

      Gegee:

      W1 = 10 kW
      W2 = 3 kW                                                                        (3)

4.6   Noem EEN toepassing van ŉ wattmeter in driefase-WS-stelsels.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                               9

4.7    FIGUUR 4.7 hieronder toon ŉ analoog drywingsfaktormeter aan. Beantwoord
       die vrae wat volg.

                            FIGUUR 4.7: KRAGFAKTORMETER

       4.7.1    Toon die lesing ŉ voorlopende of nalopende kragfaktor aan?                    (1)

       4.7.2    Noem die oorsaak van hierdie tipe lesing.                                     (1)

       4.7.3    Noem hoe die meterlesing nader aan eenheid gebring kan word.                  (1)

4.8    Verduidelik die effek van die verhoging van die spanning in transmissielyne.           (2)

4.9    Noem TWEE eenhede, behalwe krag, wat bepaal kan word deur die twee-
       wattmetermetode te gebruik.                                                            (2)

4.10   Verduidelik hoe koperverliese in oorhoofse transmissielyne verminder word.             (2)

4.11   Verduidelik kortliks waarom die opgewekte elektrisiteit         laer     by    die
       verspreidingspunt as by die punt van opwekking is.                                     (2)

4.12   Noem die funksie van ŉ kilowatt-uur-meter.                                            (1)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)               (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1   Vergelyk drie enkelfase transformators met ŉ driefasetransformator as hulle
      dieselfde driefase las lewer. Verwys na die volgende faktore:

      5.1.1   Ekonomiese koste                                                               (1)

      5.1.2   Doeltreffendheid                                                               (1)

5.2   Noem TWEE verkoelingsmetodes wat in ŉ droë transformator gebruik word.                 (2)

5.3   Noem die hoofoorsaak wat tot hitteopwekking in transformators bydra.                   (1)

5.4   Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wanneer daar met transformators gewerk                  (2)
      word.

5.5   Noem TWEE fisiese eienskappe van ŉ driefasedop-tipe transformator.                     (2)

5.6   Noem TWEE van die mees algemene interne foute van driefase-transformators.
                                                                                             (2)

5.7   FIGUUR 5.7 hieronder is ŉ diagrammatiese voorstelling van ŉ driefase
      transformatorverbinding. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    LAS

                                        FIGUUR 5.7

      5.7.1   Identifiseer die tipe transformatorverbinding in FIGUUR 5.7.                   (1)

      5.7.2   Noem TWEE toepassings van die transformator in FIGUUR 5.7.                     (2)

      5.7.3   Noem, met ŉ rede, of die transformator ŉ verhoging- of
              verlagingstransformator is.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                            11

5.8   Verwys na die stroombaandiagram in FIGUUR 5.8 hieronder en beantwoord die
      vrae wat volg.

                       FIGUUR 5.8 TRANSFORMATORVERBINDING
      Gegee:

      S = 200 kVA
      VLP = 11 kV
      VLS = 380 V
      ILP = 10,5 A
      PIN = 171,8 kW
      cosθ = 0,85
      VPHS = 219,39 V

      Bereken die:

      5.8.1    Doeltreffendheid van die transformator as dit teen ŉ drywingsfaktor van
               0,85 nalopend werk                                                            (5)

      5.8.2    Windingsverhouding                                                            (3)

      5.8.3    Sekondêre lynstroom van die transformator                                     (3)

5.9   Verduidelik waarom ŉ transformator slegs met ŉ WS-toevoer werk.                       (3)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)             (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN AANSITTERS

6.1   Noem DRIE meganiese inspeksies wat op die rotor en laers van ŉ motor
      uitgevoer kan word.                                                               (3)

6.2   Noem TWEE kontinuïteitstoetse wat op ŉ driefasemotor uitgevoer moet
      word.                                                                             (2)

6.3   Noem TWEE toepassings van kourotor induksiemotors waar konstante
      spoed en wringkrag noodsaaklik is.                                                (2)

6.4   Onderskei tussen sinchrone spoed en rotorspoed.                                   (2)

6.5   FIGUUR 6.5 hieronder toon die rotor van ŉ induksiemotor. Beantwoord die
      vrae wat volg.

                                     FIGUUR 6.5

      6.5.1    Benoem onderdele A en B.                                                 (2)

      6.5.2    Gee EEN belangrike voordeel van die gebruik van hierdie tipe rotor
               in vergelyking met die gebruik van ŉ motor met borsels en
               glipringe.                                                               (1)

      6.5.3    Gee EEN rede waarom die rotorstawe skeef is.                             (1)

6.6   ŉ Driefase-induksiemotor met 6 poolpare per fase is gekoppel aan ŉ toevoer
      van 380V / 50Hz en het ŉ glip van 0,05 eenhede.

      Gegee:

      p=6
      f = 50 Hz
      s = 0,05 eenhede
      V = 380 V

      Bereken die volgende:

      6.6.1    Sinchrone-spoed                                                          (3)
      6.6.2    Rotorspoed                                                               (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                            13

6.7    TABEL 6.7 hieronder toon die naamplaat van ŉ driefase-induksiemotor.
       Beantwoord die vrae wat volg.

                     MOTORVERVAARDIGER SPESIFIKASIE
                          Fase                           3
                        Spanning                       380 V
                         Stroom                        1,3 A
                         Spoed                      1 500 r/min
                          Krag                        7,5 kW
                       Frekwensie                      50 Hz
                          Cos 𝜃                    0,8 nalopend
                     Raam Nommer                      22SP27
           TABEL 6.7: NAAMPLAAT VAN ʼN DRIEFASE-INDUKSIEMOTOR

       6.7.1    Meld die hoeveelheid stroom wat die motor teen vollas sal trek.           (1)

       6.7.2    Verduidelik waarom die motor vir gebruik in Suid-Afrika geskik is.        (2)

       6.7.3    Noem wat die 7,5 kW op die naamplaat aandui.                              (1)

       6.7.4    Bepaal die totale aantal pole.                                            (5)

       6.7.5    Bereken die doeltreffendheid van die motor by volle vrag as die
                totale verlies 1,2 kW is.                                                 (5)

6.8    Verduidelik hoe die draairigting van ŉ driefase-induksiemotor verander kan
       word.                                                                              (2)
                                                                                         [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)             (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIESE BEHEERDERS

7.1     Lys DRIE veiligheidsmaatreëls wat in ag geneem moet word wanneer ŉ PLB
        aan die toevoer gekoppel word.                                                    (3)

7.2     Noem DRIE belangrike hardeware komponente van ŉ PLB.                              (3)

7.3     Beskryf die volgende terme met verwysing na ŉ PLB:

        7.3.1   Hardeware                                                                 (2)

        7.3.2   Sagteware                                                                 (3)

        7.3.3   Opto-koppelaar                                                            (3)

7.4     FIGUUR 7.4 hieronder toon die beheerkring van ŉ direk aan lyn (DOL)-
        aansitter. Ontwerp ŉ PLB leerlogika wat dieselfde funksie sal uitvoer.

                        Oorbelastingsrelê

                              Stop

                             Aansitknop                   MK
                                                          N/O

                                     Motor
                                      MK

           FIGUUR 7.4: BEHEERKRING VAN ʼN DIREK AANLYN-AANSITTER                          (6)

7.5     Noem TWEE komponente wat in die uitsetmodule van ŉ PLB gebruik word
        om ŉ hoë stroom induktiewe las aan te dryf.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                        15

 7.6    FIGUUR 7.6 hieronder toon die verskillende stadiums in ŉ veranderlike spoed-
        beheerder. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                    PWM uitset

            Driefase WS-toevoer

                                            WS na GS-
                                            gelykrigter

                                   FIGUUR 7.6: VERANDERLIKE SPOEDBEHEER-STADIA

        7.6.1                     Identifiseer stadium A.                                                  (1)

        7.6.2                     Noem ŉ halfgeleierkomponent wat die skakelaars wat by A gebruik
                                  word, kan vervang.                                                       (1)

        7.6.3                     Noem TWEE voordele van die gebruik van veranderlike spoedbeheer.         (2)

        7.6.4                     Beskryf vektoraandrywers as ŉ metode van spoedbeheer.                    (3)

 7.7    Verduidelik die verskil tussen ŉ analoogsein en ŉ digitale sein.                                   (2)

 7.8    Teken ŉ volledig benoemde diagram van ŉ PLB-skanderingsiklus.                                      (3)

 7.9    Met verwysing na sensors:

        7.9.1                     Verduidelik die term sensor.                                             (2)

        7.9.2                     Noem TWEE soorte sensors behalwe vir ŉ nabyheidsensor.                   (2)

        7.9.3                     Noem TWEE gebruike van ŉ nabyheidsensor.                                (2)
                                                                                                         [40]

                                                                                           TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

                                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                        ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                    (EC/SEPTEMBER 2024)

                                                        FORMULE BLAD

                          RLC-KRINGE                                 DRIEFASE-WS-OPWEKKING

 X L = 2πfL              en       XC = 2πfC
                                                1            STER

           1                      V                          VL = √3 × VPH            en VPH = IPH × ZPH
 fr = 2π√LC              en I = R
                                                             IL = IPH
 𝑃 = 𝑉𝐼 cos 𝜃
                                                             DELTA
 SERIE
                                                             VL = VPH               en VPH = IPH × ZPH
 IT = IR = IL = IC
                                                             IL = √3 × IPH
 Z = √R2 + (XL − XC )2
                                                             KRAG
 VL = I × XL               en         VC = I × XC
                                                             S = √3VL IL
 VT = IZ            en
                                                             Q = √3VL IL sin θ
 𝑉𝑇 = √𝑉𝑅 2 + (𝑉𝐿 − 𝑉𝐶 )2
                                                             P = √3VL IL cos θ
               R                           VR
 cos θ = Z              en cos θ = V
                                            T
                                                             P = S cos θ
      X             X     V       V         1       L
 Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C                                cos θ = S
                                                                        P
                              S       S

 PARALLEL                                                        𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
                                                             ƞ = 𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡 × 100%
 VS = VR = VL = VC                                                          𝑃𝑈𝐼𝑇𝑆𝐸𝑇
                                                             ƞ=𝑃                          × 100
                                                                   𝑈𝐼𝑇𝑆𝐸𝑇 + 𝑉𝐸𝑅𝐿𝐼𝐸𝑆𝐸
       V
 IR = RR
                                                             TWEE-WATTMETER METODE
      V                           V
 IL = XL            en     IC = XC                           PT = W1 + W2
           L                          C

                                                                              W −W
 IT = √IR 2 + (IL − IC )2                                    tanθ = √3 (W1+W2)
                                                                                1     2

     V                                                       DRIE-WATTMETER METODE
 Z=I
       T
                                                             PT = W1 + W2 + W3
               IR
 cos θ = I
               T

      X             X     V       V         1       L
 Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C
                              S       S

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

                                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)              ELEKTRIESE TEGNOLOGIE (KRAGSTELSELS)                                        17

                                                FORMULEBLAD

   DRIEFASE-TRANSFORMATORS                              DRIEFASE-MOTORS EN -AANSITTERS

                                                      STER
 STER
                                                      VL = √3 × VPH           en IL = IPH
 VL = √3 × VPH         en IL = IPH

                                                      DELTA
 DELTA

                                                      VL = VPH              en IL = √3 × IPH
 VL = VPH            en IL = √3 × IPH
                                                      KRAG
 KRAG
                                                      𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿
 𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿
                                                      𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃
 𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃
                                                      𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃
 𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃
                                                      𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
 𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
                                                                   𝑃
                                                      𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆
          𝑃
 𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆
                                                          𝑃
                                                      ƞ = 𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 × 100%
                                                              𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡
           𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
 ŋ=𝑃                       × 100%                     MOTORSPOED
       𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 + 𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠𝑒

                              V         N       I            60×f
 Windingsverhouding = VPHP = NP = IPHS                ns =
                                  PHS       S   PHP            p

                                                                   ns −nr
                                                      %Slip =               × 100%
                                                                       ns

                                                      nr = ns (1 − S)

                                                      𝑆 = n S − nR

                                                      Oorbelasting stelling =
                                                      125% × gegradeerde stroom

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

                                  Hosted by www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology PAT GR 12 2020 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-pat-gr-12-2020-electronics-afr/0bb1bc18-1e0e-4585-bd39-fe4fdc8e6873) — Electrical Technology · PAT · 2020 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans Power](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2020-afrikaans-power/3bf820c8-f427-4b77-acb6-9d1d1c1e44db) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
