# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2023 QP](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                           SENIORSERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                            SEPTEMBER 2023

   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend ŉ 2-bladsy formuleblad.

### Page 2

2                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                 (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.   Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

3.   Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
     af.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

5.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

7.   ŉ Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)       ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                   3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.16 D.

1.1     ŉ Poging om numeries die moontlikhede van verskillende ongunstige
        gebeure vas te stel en die waarskynlike omvang van die verliese te bepaal
        indien so gebeurtenis plaasvind, staan dit as ... bekend.

        A     risiko-analise
        B     kwantitatiewe risiko-analise
        C     kwalitatiewe risiko-analise
        D     gevaarlike praktyke                                                        (1)

1.2     Tydens resonansie in ŉ reeks RLC-stroombaan is ...

        A     Z = R.
        B     Z < R.
        C     Z > R.
        D     Z maksimum.                                                                (1)

1.3     Wanneer die frekwensie van ŉ RLC-stroombaan verhoog word, sal die
        weerstand ...

        A     ook toeneem.
        B     verminder.
        C     dieselfde bly.
        D     dubbel die waarde daarvan wees.                                            (1)

1.4     Die drywing wat in ŉ suiwer induktiewe of kapasitiewe stroombaan gebruik
        word, staan as die … drywing bekend.

        A     ware
        B     aktiewe
        C     reaktiewe
        D     skyn                                                                       (1)

1.5     Die aktiewe stroom van ŉ driefase-stelsel is ...

        A     IL cos θ.
        B     IL sin θ.
        C     IL tan θ.
        D     IL .                                                                       (1)

1.6     ŉ Voordeel van drywingsfaktorkorreksie vir die verbruiker is ...

        A     meer stroom word gebruik.
        B     verminderde maandelikse elektrisiteitsrekening.
        C     meer instandhouding van toerusting.
        D     verminderde lewensduur van toerusting.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

4                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                       (EC/SEPTEMBER 2023)

1.7    Die totale drywing wat met die twee-wattmeter-metode gemeet was, is
       2,75 kW. As W1 2,2 kW gemeet het, sal die lesing van W2 ... wees.

       A    55 kW
       B    0,075 kW
       C    550 W
       D    750 W                                                                           (1)

1.8    ŉ Faktor wat tot oormatige verhitting in transformators kan bydra, is ...

       A    voldoende ventilasie.
       B    korrekte las.
       C    behoorlike verkoeling.
       D    onvoldoende transformatorolie.                                                  (1)

1.9    Die funksie van transformators in verspreidingsnetwerke is om …

       A    die spannings tot die vereiste waardes te verhoog.
       B    die WS-spannings na die vereiste GS-spanningwaardes te verander.
       C    die spannings tot die vereiste waardes te verminder.
       D    die vereiste spannings te genereer.                                             (1)

1.10   Sinchrone spoed is die ...

       A    maksimum spoed wat die motor toegelaat word om behoorlik te werk.
       B    spoed van rotasie van die magnetiese veld in die statorwikkeling.
       C    spoed wanneer maksimum las aan die motor gekoppel is.
       D    verskil tussen rotorspoed en glip.                                              (1)

1.11   Die statorwikkelings van ŉ driefase-induksiemotor kan ... gekoppel word.

       A    slegs in ster
       B    in ster of delta
       C    slegs in delta
       D    Geeneen van bogenoemde                                                          (1)

1.12   Aansitters bly bekrag nadat die aansit knoppie vrygestel is omdat ŉ ...

       A    N/O hoofkontak parallel met die aansitknoppie gekoppel is.
       B    N/T hoofkontak parallel met die aansitknoppie gekoppel is.
       C    N/O hoofkontak in serie verbind met die aansitknoppie is.
       D    N/T hoofkontak in serie verbind met die aansitknoppie is.                       (1)

1.13   … -/sensors word gebruik om die teenwoordigheid van metaalvoorwerpe op
       te spoor en of dit ysterhoudend of nie-ysterhoudend is.

       A    Kapasitiewe nabyheid
       B    Ultrasoniese nabyheid
       C    Vlak
       D    Induktiewe nabyheid                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                    5

1.14      … is stukkies in die stoorgeheue wat gebruik kan word om data te hou en
          as relês op te tree.

          A     Grendel-kontakte
          B     Merkers of vlae
          C     Tydreëlaars
          D     Vervormingsmeters                                                          (1)

1.15      ŉ Tydreëlaar waarvan die kontak nie sou werk totdat ŉ voorafbepaalde
          vertragingstyd verby is nie, nadat dit in die logiese volgorde aangeskakel
          is, staan as ŉ ... bekend.

          A     af-vertraging tydreëlaar
          B     digitale teller
          C     aan-vertraging tydreëlaar
          D     stophorlosie                                                               (1)
                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1     Noem TWEE faktore wat nodig is om ŉ sterk werksetiek in ŉ maatskappy
        te verseker.                                                                (2)

2.2     Definieer ŉ kritieke voorval in ŉ werkswinkel.                              (2)

2.3     Noem EEN veiligheidsmaatreël wat jy sal nakom wanneer gekonsentreerde
        chemikalieë in ŉ GS-bordwerkstasie (GSB) hanteer word.                      (1)

2.4     Onderskei tussen ŉ onveilige handeling en ŉ berekende risiko in ŉ
        werkswinkel.                                                                (2)

2.5     Verduidelik hoekom jy jouself moet beskerm wanneer jy iemand help wat
        deur elektrisiteit geskok word.                                             (1)

2.6     Verduidelik waarom ŉ persoon nie moet inmeng met, of misbruik van
        toerusting in die werkswinkel wat vir gesondheid en veiligheid voorsien
        word.                                                                       (2)
                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                 7

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1    Definieer induktiewe reaktansie met verwysing na RLC-stroombane.              (2)

3.2    Teken ŉ volledige, benoemde siklus van die golfvorms wat die fasordiagram
       in FIGUUR 3.2 verteenwoordig.

                                                           VL
                                         X-Axis

                            X-Axis

                                     I
                FIGUUR 3.2: SPANNING EN STROOMFASORDIAGRAM                           (3)

3.3    ŉ Serie RLC-kring het ŉ weerstand met onbekende waarde, ŉ kapasitor met
       ŉ kapasitansie van 200 ɥF en ŉ induktor met ŉ reaktansie van 31,55 Ω wat
       aan ŉ 110 V/60 HZ WS-toevoer gekoppel is. Die impedansie van die
       stroombaan is 101,65 Ω.

       Gegee:

       C = 200 ɥF
       XL = 31,55 Ω
       VS = 110 V
       f  = 60 Hz
       Z = 101,65 Ω

       Bereken:

       3.3.1    Die kapasitiewe reaktansie                                           (3)

       3.3.2    Die stroom wat deur die stroombaan vloei                             (3)

       3.3.3    Die waarde van die weerstand in die stroombaan                       (3)

       3.3.4    Die induktansie van die induktor                                     (3)

3.4    ŉ Spoel met ŉ weglaatbare weerstand het ŉ induktansie van 50 mH en is in
       serie met ŉ 60 ɥF kapasitor en ŉ 100 Ω weerstand verbind. Die stroombaan
       is aan ŉ 220 V-toevoer met ŉ veranderlike frekwensie gekoppel.
       Bereken die resonansiefrekwensie van die stroombaan.

       Gegee:

       L = 50 mH
       C = 60 ɥF
       VS = 220 V                                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

8                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                 (EC/SEPTEMBER 2023)

3.5    Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              IL = 4,54 A         Xc
                                                  Xc==11,83        Vs = 100 V/25 Hz
                IR = 9,09 A

                     FIGUUR 3.5: PARALLELLE RLC STROOMBAAN

       Gegee:

       IR = 9,09 A
       IL = 4,54 A
       XC = 11,83 Ω
       VS = 100 V
       f = 25 Hz

       Bereken:

       3.5.1    Die stroom wat deur die kapasitor vloei                                 (3)

       3.5.2    Die totale stroom wat deur die stroombaan vloei                         (3)

       3.5.3    Die kragfaktor                                                          (3)

       3.5.4    Noem, met ŉ rede, of die stroom die spanning voorloop of naloop         (2)

3.6    Definieer selektiwiteit van ŉ resonante stroombaan.                              (2)

3.7    Noem TWEE faktore wat die kwaliteitsfaktor(Q) van ŉ resonante stroombaan
       bepaal.                                                                         (2)
                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                     9

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1     Pas die term in KOLOM A by die verduideliking in KOLOM B. Skryf slegs
        die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.4 D.

                  KOLOM A                               KOLOM B
                    TERM                           VERDUIDELIKING
        4.1.1    Transmissie            A   Netwerk van meer as 25 000 km
                                            hoogspanningkraglyne aan verskeie
                                            grootmaat verbruikers

        4.1.2    Substasie toerusting   B   Die opgewekte elektrisiteit word langs
                                            oorhoofse hoogspanningskraglyne
                                            vervoer

        4.1.3    Nasionale netwerk      C   Selfstandige eenhede wat vanaf die
                                            hoofbeheersentrums beheer word
                                                                            (3 x 1)       (3)

4.2     Noem TWEE nadele van ŉ driefasestelsel in vergelyking met ŉ enkel-
        fasestelsel.                                                                      (2)

4.3     Teken ŉ netjies benoemde fasordiagram van ŉ gebalanseerde, driefase,
        3-draadstelsel.                                                                   (4)

4.4     Noem DRIE metodes wat gebruik word om die drywingsfaktor van ŉ
        induktiewe las in ŉ WS-stelsel te verbeter.                                       (3)

4.5     Verwys na FIGUUR 4.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        FIGUUR 4.5 GEBALANSEERDE DRIEFASE DELTA-GEKOPPELDE LAS

        Gegee:

        VL    = 415 V
        R1 = R2 = R3 = 45 Ω
        cos θ = 0,86
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

10               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS              (EC/SEPTEMBER 2023)

       Bereken:

       4.5.1    Die fasespanning van die las                                     (2)

       4.5.2    Die lynstroom                                                    (6)

       4.5.3    Die drywing wat deur die las verbruik word                       (3)

       4.5.4    Die rendement as die insetdrywing 12 kW was                      (3)

       4.5.5    Die fasehoek                                                     (3)

4.6    Die drie-wattmeter metode is gebruik om die drywing van ŉ drie-fase-
       stelsel te bepaal. Die meterlesings was onderskeidelik, W1 = 2 kW,
       W2= 1 780 W en W3 = 3,5 kW.

       Bereken die totale drywing van die las.                                   (3)

4.7    Beskryf hoe jy twee wattmeters aan ŉ driefaselas sal koppel, om die
       arbeidsfaktor te bepaal.                                                  (3)
                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                  11

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1     Noem TWEE tipes verliese wat in die gelamineerde kern van ŉ driefase-
        transformator voorkom.                                                (2)

5.2     Noem wat sou gebeur as die hitte wat in ŉ transformator gegenereer word nie
        behoorlik beperk word nie.                                                          (2)

5.3     Skryf neer of die volgende stellings ‘waar’ of ‘onwaar’ is. Skryf slegs die woord
        WAAR of ONWAAR langs die vraagnommers (5.3.1 tot 5.3.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        5.3.1    Die kern van ŉ doptipe transformator is omhul.                             (1)

        5.3.2    Die gebalanseerde aardfout relê werk wanneer ŉ aardfout ŉ verskil in
                 spanning tussen die drie fases veroorsaak.                                 (1)

        5.3.3    Die Bucholtz-relê monitor die vloei van die gegenereerde gas wanneer
                 ŉ fout voorkom.                                                            (1)

5.4     Noem EEN funksie van die olie wat in oliegedompelde transformators gebruik
        word.                                                                               (1)

5.5     FIGUUR 5.5 toon ŉ driefase-transformator met ŉ primêre spanning van 11 kV
        en ŉ sekondêre spanning van 380 V. Dit het ŉ las van 20 kW teen ŉ
        arbeidsfaktor van 0,88. Die rendement van die transformator is 89,9%.

                       FIGUUR 5.5: DRIE-FASE TRANSFORMATOR

        Gegee:

        Vlp = 11 kV
        Vls = 380 V
        cosθ = 0,88
        PL = 20 Kw
        ƞ    = 89,9%

        5.5.1    Noem EEN toepassing van hierdie transformator.                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                (EC/SEPTEMBER 2023)

       Bereken:

       5.5.2    Die primêre en sekondêre fase spannings                             (4)

       5.5.3    Die sekondêre lynstroom                                             (3)

       5.5.4    Die sekondêre fasestroom                                            (3)

       5.5.5    Die skyndrywing                                                     (3)

       5.5.6    Die transformatorverhouding                                         (3)

       5.5.7    Die verliese in die transformator                                   (3)

5.6    Verduidelik watter effek ŉ afname in die las op die primêre stroom van ŉ
       transformator sal hê.                                                        (2)
                                                                                   [30]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)      ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                             13

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1     Bespreek kortliks die konstruksie van ŉ kourotor-motor.                          (3)

6.2     Noem die verwantskap tussen die helling van die wringkrag en die glip oor die
        normale lasreeks van ŉ motor.                                                    (1)

6.3     Die rotorspoed van ŉ induksiemotor is 3 400 opm. Die sinchrone spoed is 3 600
        opm en die motor het 4 poolpare.

        Gegee:

        Ns = 3 600 opm
        Nr = 3 400 opm
        p =2

        Bereken:

        6.3.1    Die frekwensie van die motor                                            (3)

        6.3.2    Die persentasie glip van die motor                                      (3)

6.4     ŉ Delta-gekoppelde driefasemotor met ŉ insetdrywing van 10 kW trek 18,99 A
        wanneer dit aan die toevoer gekoppel is. Die motor het ŉ drywingsfaktor van
        0,8 en ŉ rendement van 90%.

        Gegee:

        Pinset = 10 kW
        IL    = 18,99 A
        cos θ = 0,8
        ƞ     = 90%

        Bereken:

        6.4.1    Die lynspanning van die motor                                           (3)

        6.4.2    Bereken die uitsetdrywing van die motor                                 (3)

        6.4.3    Die reaktiewe drywing by die fasehoek van 36,87°                        (3)

6.5     Noem TWEE inspeksies en toetse wat jy op ŉ WS-motor sou uitvoer voordat jy
        dit installeer.                                                                  (2)

6.6     Beskryf hoe elektriese vergrendeling in ŉ driefase vorentoe en agtertoe
        aansitter verkry word.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

14               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                    (EC/SEPTEMBER 2023)

6.7      Verwys na FIGUUR 6.7 van die beheerkring van ŉ driefase-motoraansitter
         en beantwoord die vrae wat volg.

                     FIGUUR 6.7: DRIEFASE AANSITTER BEHEERKRING

         6.7.1   Identifiseer die aansitter wat in FIGUUR 6.7 getoon word.                (1)

         6.7.2   Benoem die simbole gemerk A tot C.                                       (3)

         6.7.3   Noem die doel van die tydreëlaarkontakte in die stroombaan.              (2)

         6.7.4   Bepaal die instelling van die oorlading in die stroombaan as die
                 motornaamplaat ŉ nominale stroom van 8 A het.                            (3)

         6.7.5   Verduidelik wat met die werking van die stroombaan sou gebeur
                 as die spoel van die deltakontaktor oopkring sou word.                  (3)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                15

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS

7.1   Beskryf kortliks wat ŉ programmeerbare logiese beheerder (PLB) is.                        (3)

7.2   Verduidelik die term modems met verwysing na PLB’s.                                       (2)

7.3   Verwys na die logiese hek in FIGUUR 7.3 hieronder en beantwoord die vrae wat
      volg.

        A                                            A
                      >=1          UITSET
                                  OUTPUT                                       UITSET
                                                                              OUTPUT
        B                                            B

                             FIGUUR 7.3: LOGIESE HEK-SIMBOOL

      7.3.1     Identifiseer die logiese hek wat in FIGUUR 7.3 getoon word.                     (1)

      7.3.2     Teken die leerlogikadiagram wat die hek in FIGUUR 7.3 voorstel.                 (3)

      7.3.3     Voltooi die waarheidstabel deur die uitset langs die letter neer te skryf.

                                   A            B            UITSET
                                   0            0               a
                                   0            1               b
                                   1            0               c
                                   1            1               d                               (4)

7.4   Noem TWEE toepassings van vlaksensors in industriële en chemiese
      vervaardigingsaanlegte.                                                                   (2)

7.5   Beskryf die basiese werksbeginsel van ŉ veranderlike spoedaandrywing
      wanneer dit die spoed van ŉ WS-induksiemotor beheer.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

16               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                   (EC/SEPTEMBER 2023)

7.6    Verwys na FIGUUR 7.6.

                     FIGUUR 7.6: VERANDERLIKE SPOED BEHEER
       Beskryf die funksie van elk van die volgende:

       7.6.1    Diode-brug-gelykrigter                                                 (2)

       7.6.2    Filter                                                                 (2)

       7.6.3    Omkeerder                                                              (3)

7.7    Verwys na FIGUUR 7.7 en beantwoord die vrae wat volg.

                         L1

                                      Stop

                                             N/O1
                         Aansit               M
                                                      N/O2   N/T
                                        O/L            M      M

                                  M          Lamp 1           Lamp 2
                          N

             FIGUUR 7.7: MOTOR-AANSITTER MET AANWYSINGSLAMPE

       7.7.1    Beskryf die funksie van Lamp 1 in die stroombaan.                      (2)

       7.7.2    Verduidelik die funksie van die oorbelasting wat in serie met die
                motor gekoppel is.                                                     (2)

       7.7.3    Bespreek wat sou gebeur as Lamp 2 aaneengesmelt is.                    (2)

       7.7.4    Teken ŉ benoemde diagram van die leerlogika vir FIGUUR 7.7.            (9)
                                                                                      [40]

                                                                       TOTAAL:        200
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                                      17

                                                             FORMULEBLAD

                             RLC-KRINGE                                  DRIE-FASE WS OPWEKKING
                                       1
 X L = 2πfL                 en   XC = 2πfC
                                                                  STER
           1                         V
 fr = 2π√LC                 en I = R                              VL = √3 × VPH        en        VPH = IPH × ZPH

 𝑃 = 𝑉𝐼 cos 𝜃                                                     IL = IPH

 SERIE                                                            DELTA

 IT = IR = IL = IC                                                VL = VPH            en       VPH = IPH × ZPH

 Z = √R2 + (XL − XC )2                                            IL = √3 × IPH

 VL = I × XL                  en         VC = I × XC              DRYWING

                                                                  S = √3VL IL
 VT = IZ               en     𝑉𝑇 = √𝑉𝑅 2 + (𝑉𝐿 − 𝑉𝐶 )2
                                                                  Q = √3VL IL sin θ
               R                                 V
 cos θ = Z                 en cos θ = VR
                                                     T
                                                                  P = √3VL IL cos θ
      X                X     V       V           1       L
 Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C                                     P = S cos θ
                                 S       S

                                                                             P
 PARALLEL                                                         cos θ = S

 VS = VR = VL = VC                                                    𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡
                                                                  ƞ = 𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡 × 100%
       V
 IR = RR                                                          TWEEWATTMETERMETODE
      V                                  V
 IL = XL               en        IC = XC                          PT = W1 + W2
           L                                 C

                                                                                 W −W
                                                                  tanθ = √3 (W1+W2)
 IT = √IR 2 + (IL − IC )2                                                         1        2

                                                                  DRIEWATTMETERMETODE
      V
 Z=I
       T                                                          PT = W1 + W2 + W3
               I
 cos θ = IR
                   T

      X                X     V       V           1       L
 Q = ZL = ZC = VL = VC = R √C
                                 S       S

Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

18                  ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS                              (EC/SEPTEMBER 2023)

                                              FORMULEBLAD

     DRIEFASETRANSFORMATORS                         DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

 STER                                              STER

 VL = √3 × VPH        en IL = IPH                  VL = √3 × VPH            en IL = IPH

 DELTA                                             DELTA

 VL = VPH           en IL = √3 × IPH               VL = VPH               en IL = √3 × IPH

 DRYWING                                           DRYWING

 𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿                                       𝑆 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿

 𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃                                 𝑄 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑠𝑖𝑛 𝜃

 𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃                                 𝑃 = √3𝑉𝐿 𝐼𝐿 𝑐𝑜𝑠 𝜃

 𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃                                       𝑃 = 𝑆 𝑐𝑜𝑠 𝜃
          𝑃                                                     𝑃
 𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆                                         𝑐𝑜𝑠 𝜃 = 𝑆

                                                       𝑃
                                                   ƞ = 𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 × 100%
          𝑃𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡                                          𝑖𝑛𝑠𝑒𝑡
 ŋ=𝑃                      × 100%
       𝑢𝑖𝑡𝑠𝑒𝑡 +𝑣𝑒𝑟𝑙𝑖𝑒𝑠𝑒
                                                   MOTOR SPOED
                      VPHP       NP   IPHS
 T. Verhouding = V              =N =I
                          PHS     S     PHP               60×f
                                                   ns =     p

                                                                 ns −nr
                                                   %Glip =                × 100%
                                                                    ns

                                                   𝑆 = N S − NR
                                                   Oorbelastingstelling = 125 % x vollas stroom

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2020 Afrikaans Power](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2020-afrikaans-power/3bf820c8-f427-4b77-acb6-9d1d1c1e44db) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Memo · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-afr/db676dfa-3d36-4046-920f-a006d106b963) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
