# Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2015-afr/ed9c04e1-50e9-4374-a904-f40d3e782008
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2015-afr/ed9c04e1-50e9-4374-a904-f40d3e782008)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2015

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

                                   *ELCTDM*

         Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye insluitend formulebladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

4.     ALLE berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale
       afgerond word.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     ŉ Formuleblad word aan die einde van die vraestel voorsien.

7.     Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.     Toon die eenhede vir alle antwoorde van berekeninge.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                     3

 VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

 1.1    Gevaarlike praktyke oor die algemeen verwys na prosesse wat ŉ vorm van
        risiko of gevaar inhou as dit uitgevoer word. Noem TWEE aktiwiteite of
        take waarna verwys kan word as gevaarlike praktyke wanneer dit in ŉ
        elektriese werkswinkel uitgevoer word.                                            (2)

 1.2    ŉ Werkgewer het die reg om kommunikasie te monitor binne die werkplek so
        lank as die werknemer bewus is van die monitering voordat dit plaasvind.
        Noem EEN so soort kommunikasie wat ŉ werkgewer kan monitor.                       (1)

 1.3    Goeie werksetiek vereis sekere karaktertrekke of eienskappe. Noem DRIE
        eienskappe wat tot goeie werksetiek bydra.                                        (3)

 1.4    Dit is belangrik dat werknemers as ŉ span saamwerk. Beskryf TWEE
        eienskappe wat tot goeie spanwerk bydra.                                          (2)

 1.5    Jy, as ŉ noodhulpgewer, is die eerste op die toneel van ŉ ongeluk. Voordat
        noodhulp aangebied word, wat is die eerste aksie wat geneem moet word?            (2)
                                                                                         [10]

 VRAAG 2: DRIE-FASE-WS-OPWEKKING

 2.1    Teken ŉ fasordiagram van die drie spannings in ŉ driefase-stelsel.                (3)

 2.2    Noem DRIE voordele wat driefase-stelsels teenoor eenfase-stelsels het.            (3)

 2.3    ŉ Delta-verbinde alternator genereer 220 V per fase. Elke fase in hierdie
        gebalanseerde stelsel het ŉ impedansie van 44 Ω. Bereken die lyn-
        spanning, lynstroom en fasestroom.                                                (8)

 2.4    Verduidelik die verskil tussen aktiewe drywing (ook bekend as werklike of
        ware krag) en reaktiewe drywing.                                                  (2)

 2.5    Alhoewel driefase-alternators krag aan gebalanseerde en ongebalanseerde
        laste kan lewer, hoekom is dit belangrik dat elke fase van die alternators
        gebalanseer word?
        Motiveer jou antwoord.                                                            (4)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                         (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

 3.1    Stel voor of die volgende verklarings WAAR of ONWAAR is.

        3.1.1    Die generators in kragstasies produseer elektrisiteit teen 22 kV.         (1)

        3.1.2    Die 22 kV word deur transformators tot 275 kV, 400 kV en selfs
                 765 kV verhoog, voor dit op die transmissie-netwerk geplaas word.         (1)

        3.1.3    11 kV word binne ons tuistes ingevoer vir huishoudelike gebruik.          (1)

        3.1.4    Eskom is die eerste diensverskaffer ter wêreld wat suksesvol
                 hoogspanningsleiding teen 765 kV op hoë hoogtes bo seespieël
                 bedryf.                                                                   (1)

        3.1.5    380 V en 240 V is vir huishoudelike gebruik beskikbaar.                   (1)

        3.1.6    Hoëspanningsgeleiers is bykans altyd van ŉ aluminiumallooi
                 gemaak.                                                                   (1)

 3.2    ŉ Boer gebruik ŉ driefase-delta-ster transformator met ŉ draaiverhouding
        van 150 : 3 om ŉ lynspanning van 11 kV te verminder. Hy gebruik beide
        enkel- en driefase-motors op sy plaas.

        3.2.1    Indien die driefase-motor sterverbind is, bepaal die spanning oor
                 elke fase van die motor.                                                  (4)

        3.2.2    Hierdie driefase-motor het ŉ aanslag van 12 kW teen ŉ
                 arbeidsfaktor van 0,8 nalopend. Bereken die lynstroom wat by die
                 sekondêr van die transformator verskaf word.                              (6)

 3.3    3.3.1    Beïnvloed die grootte van ŉ transformator die verkoelings-
                 metodes?                                                                  (1)

        3.3.2    Noem DRIE metodes of maniere om transformators te verkoel.                (3)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                   5

 VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN-AANSITTERS

 4.1     Gee DRIE voordele wat driefase-induksiemotors bo enkelfase-motors het.            (3)

 4.2     Noem die DRIE hoofonderdele van ŉ driefase-induksiemotor.                         (3)

 4.3     Teken TWEE sketse van ŉ driefase-terminaalkas wat die verbindings van
         die terminale wys vir:

         4.3.1    ster                                                                     (3)

         4.3.2    delta                                                                    (3)

         Voorsien byskrifte vir die terminale.

 4.4     ŉ 50 kW driefase-induksiemotor het altesame 12 pole en ŉ nalopende
         arbeidsfaktor van 0,9. Dit word aan ŉ 380 V / 50 Hz toevoer gekoppel.

         Bereken die:

         4.4.1    Skyndrywing (s)                                                          (3)

         4.4.2    Lynstroom                                                                (3)

         4.4.3    Sinkrone spoed van die motor                                             (4)

         4.4.4    Glip indien die asspoed van die rotor 1 400 rpm (omp) is                 (3)

         4.4.5    Rendement van die motor indien die drywing op die as 45 kW is            (3)

 4.5     Teken ŉ volledig benoemde skets van die beheer kringdiagram van ŉ
         outomatiese ster-delta-aansitter.                                                (12)
                                                                                          [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 5: RLC-KRINGE

 5.1    In ŉ serie of parallel RLC-kring, hoe word die volgende beïnvloed deur
        frekwensie:

        5.1.1   Weerstand                                                                   (1)

        5.1.2   Induktiewe reaktansie                                                       (1)

        5.1.3   Kapasitiewe reaktansie                                                      (1)

 5.2    Definieer die term ‘impedansie.’                                                    (3)

 5.3    ŉ Parallel RLC-kring bestaan uit ŉ 47 Ω weerstand, ŉ induktor met ŉ
        induktiewe reaktansie van 70 Ω, en ŉ kapasitor met ŉ kapasitiewe
        reaktansie van 80 Ω. Die parallel kring word aan ŉ 110 V / 60 Hz toevoer
        gekoppel.

        Bereken die:

        5.3.1   Totale stroom wat van die toevoer getrek word                               (8)

        5.3.2   Impedansie van die kring                                                    (2)

 5.4    In ŉ radio-ingestemde RLC-kring waar dit verlang word dat die minste
        stroom getrek word, kontrasteer serie en parallel RLC-kringe. Besluit watter
        van die twee die beste sal wees om te gebruik. Motiveer jou keuse.                  (4)
                                                                                           [20]

 VRAAG 6: LOGIKA

 6.1    Waarvoor staan die afkorting PLB?                                                   (1)

 6.2    Met verwysing na PLB’s, gee TWEE voorbeelde van die volgende:

        6.2.1   Insette                                                                     (2)

        6.2.2   Uitsette                                                                    (2)

 6.3    Noem EEN industrie waar PLB’s gebruik word.                                         (1)

 6.4    Teken die leerlogika simbole vir die volgende:

        6.4.1   Normaalweg oop kontak (inset)                                               (1)

        6.4.2   Normaalweg geslote kontak (inset)                                           (1)

        6.4.3   Uitset (spoel)                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                 7

 6.5     ŉ PLB-program is ŉ stel instruksies wat in ŉ spesifieke programmeringstaal vir
         ŉ PLB geskryf word om ŉ spesifieke funksie uit te voer. Die uitvoering van
         elke instruksie verg DRIE basiese stappe. Beskryf die stappe.                          (3)

 6.6     Vereenvoudig die volgende Boole uitdrukking deur ŉ Karnaugh-kaart te
         gebruik.

                      ̅     ̅   ̅ ̅                                                             (8)

 6.7     Teken ŉ leerdiagram vir ŉ agtereenvolgende aansitter sonder ŉ tydreëlaar.
         Verwys na die bedradingsdiagram getoon onder.

                                                                                                (8)

 6.8     Verwys na die volgende waarheidstabel.

                 A              B             SOM           OORDRA
                 0              0              0              0
                 0              1              1              0
                 1              0              1              0
                 1              1              0              1

         6.8.1    Skryf die Boole uitdrukkings vir die gegewe waarheidstabel.                   (4)

         6.8.2    Ontwerp en teken die heknetwerk vir die uitdrukkings van
                  VRAAG 6.8.1.                                                               (8)
                                                                                            [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 7: VERSTERKERS

 7.1    Teken ŉ netjiese skets wat die uitleg van die dubbel-in-lyn IK’s pakket van ŉ
        LM 741 operasionele versterker toon. Wys veral die insette, uitsette en
        toevoerspanning aan.                                                                 (5)

 7.2    Met verwysing na ŉ ideale operasionele versterker, wat word met oneindige
        bandwydte bedoel?                                                                    (2)

 7.3    Noem DRIE voordele van negatiewe terugkoppeling.                                     (3)

 7.4    Noem TWEE toepassings van operasionele versterker vergelykers.                       (2)

 7.5    ŉ Omkeer operasionele versterker wat oop lus wins gebruik en ŉ 5 V
        verwysingsspanning op die nie-omkeer inset het, is gekoppel aan ŉ
        toevoerbron van (+) en (-) 15 volt. Wat sal die uitsetspanning wees indien:

        7.5.1        5 V aan die omkeer inset gekoppel word?                                 (1)

        7.5.2        3 V aan die omkeer inset gekoppel word?                                 (1)

        7.5.3        6 V aan die omkeer inset gekoppel word?                                 (1)

 7.6    Teken ŉ volledig benoemde kringdiagram van ŉ nie-omkeer operasionele
        versterker. Toon die inset- en uitset-golfvorms.                                     (8)

 7.7    ŉ Nie-omkeer operasionele versterker gebruik ŉ terugvoerweerstand van
        100 kΩ, en ŉ insetweerstand van 10 kΩ. Bereken die amplitude van die
        uitsetsein as die amplitude van die insetsein 3 V is.                                (3)

 7.8    Teken ŉ volledig benoemde kringdiagram van ŉ operasionele-versterker
        integreerder.                                                                        (5)

 7.9    Teken die inset en uitset golfvorms van die integreerder en gee ŉ
        verduideliking van die wiskundige funksie wat die kring verrig.                      (4)

 7.10

                                           FIGUUR 7.10

        7.10.1       Identifiseer die kring in FIGUUR 7.10.                                  (1)

        7.10.2       Noem TWEE toepassings vir die kring in VRAAG 7.10.1.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                   ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                  9

 7.11    7.11.1       Wat is ŉ mono-stabiele multivibrator?                                   (2)

         7.11.2       Teken volledig benoemde golfvorms van die snellerpulse en uitset
                      van ŉ mono-stabiele multivibratorkring. Teken ten minste TWEE
                      siklusse van hierdie golfvorms.                                         (6)

 7.12

                                            FIGUUR 7.12

         7.12.1       Identifiseer die kring in FIGUUR 7.12.                                  (1)

         7.12.2       Bereken die ossilleringsfrekwensie van ŉ RC-ossilleerder wat van
                      drie RC netwerke gebruik maak. Neem aan alle
                      weerstandwaardes dieselfde is en alle kapasitorwaardes dieselfde
                      is. Die resistorwaarde is 10 kΩ en die van elke kapasitor 250 pF.      (3)
                                                                                            [50]

                                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE             (EC/SEPTEMBER 2015)

FORMULEBLAD

DRIEFASE-WS-OPWEKKING                    RLC-KRINGE

Ster                                     XL = 2πfL
VL = √
                                         Xc =
IL =
                                         Serie
Delta                                    IT = I R = I C = IL
IL = √
                                         Z= √
VL =
                                         VL = I XL
S= √                                     VC = I XC
Q=√          VL IL Sin θ
                                         VT = I Z
Cosθ =
                                         VT = √
Tweewattmeter-metode
PT = P1 + P2

                                         IT =
DRIEFASETRANSFORMATORS
                                         Cosθ =
Ster
VL = √ VPH
IL = IPH                                 Cosθ =

Delta
                                         Parallel
IL = √       IPH                         VT = VR = VC = VL
VL = VPH
                                         IR =
P=√      VL IL Cos θ
                                         IC =
S=√      VL IL

Q=√          VL IL Sin θ                 IL =

Cosθ =                                   IT = √

         =         =                     Cosθ =

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE                                    11

DRIEFASE-MOTORS EN -AANSITTERS        VERSTERKERS

Ster                                  Wins AV =      =   [       ]
VL = √

                                      Wins AV =      =       [       ]
IL =

Delta
IL = √                                   =
VL =                                             √

Drywing                                 =
                                             √

P=       √   VL IL Cos θ               SKYNDRYWING
S=       √   VL I L
Q=       √   VL IL Sin θ               PSKYN =

Rendement (η)=

Spoed

ns =

Glip =

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [ELECTRICAL TECH QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2015-eng/99a2d092-ff3c-43fc-bd7c-e9b98e76f768) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng
- [ELECTRICAL TECH MEMO GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-memo-gr12-sept-2015-afr/c82cb312-fc62-431f-bf1a-f9c9076667d4) — Electrical Technology · Memo · 2015 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2015-eng/b768fd98-bf39-401b-871e-8e1ca7fc28fb) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng
- [Electrical Technology Feb March 2015 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-afr/b4d4d7fa-3617-4699-ab83-d3ab5e2709f3) — Electrical Technology · QP · 2015 · Afr
- [Electrical Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-eng/8a1c46a9-1b52-4b3d-affc-f3ef767f118c) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
