# Electrical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-afr/b4d4d7fa-3617-4699-ab83-d3ab5e2709f3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC Supplementary 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-afr/b4d4d7fa-3617-4699-ab83-d3ab5e2709f3)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        2                             DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond korrek af tot TWEE desimale plekke.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Toon die eenhede vir alle antwoorde van berekeninge.

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel voorsien.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             3                         DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

VRAAG 1: BEROEPSVEILIGHEID

1.1       Noem TWEE onveilige handelinge wat tot elektriese skok in 'n werkswinkel
          kan lei.                                                                                    (2)

1.2       Noem DRIE veiligheidsprosedures wat gevolg kan word wanneer iemand
          deur elektrisiteit geskok word.                                                             (3)

1.3       Menseregte en werksetiek is beginsels wat vir alle Suid-Afrikaners belangrik
          is. Bespreek hoe jy hierdie beginsels sal bevorder met verwysing na geslag.                 (2)

1.4       Noem DRIE oorwegings wanneer 'n risiko-ontleding gedoen word om
          ongelukke in die elektriesetegnologie-werkswinkel te voorkom.                               (3)
                                                                                                      [10]

VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

2.1       Noem TWEE             voordele   van     driefase-kragopwekking   bo     enkelfase-
          kragopwekking.                                                                              (2)

2.2       Maak 'n skets van die spanningsgolfvorme wat deur 'n driefase-opwekker
          opgewek word.                                                                               (3)

2.3       Die uitsetkrag van 'n driefase-WS-opwekker, wat 380 V opwek, word met die
          tweewattmetermetode gemeet. Die lesings op die wattmeters is 700 W en
          -290 W onderskeidelik. Bereken die uitsetkrag van die opwekker.

          Gegee:
          W1      = 700 W
          W2      = -290 W
          VL      = 380 V                                                                             (3)

2.4       'n Deltaverbinde opwekker lewer krag aan 'n gebalanseerde sterverbinde
          induktiewe las. Die fasestroom van die opwekker is 18 A en die lynspanning
          is 380 V. Die stroom loop die spanning na met 14°.

          Gegee:
          VL      = 380 V
          IF      = 18 A
          Ɵ       = 14°

          Bereken die:

          2.4.1         Lynstroom van die opwekker                                                    (3)

          2.4.2         Fasespanning oor die las                                                      (3)

          2.4.3         Impedansie van elke fase                                                      (3)

          2.4.4         Ware drywing gelewer deur die opwekker                                        (3)
                                                                                                      [20]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           4                       DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

3.1       Noem TWEE tipes transformatorkonstruksies.                                            (2)

3.2       Verduidelik die doel van die olie waarin die transformatorkern en windings
          gedompel word.                                                                        (2)

3.3       Noem TWEE faktore wat oorverhitting in 'n transformator kan veroorsaak.               (2)

3.4       Noem TWEE tipes transformatorverliese.                                                (2)

3.5       Noem TWEE tipes beskermingstoestelle wat in transformators gebruik word.              (2)

3.6       FIGUUR 3.1 stel 'n driefasetransformator voor.

                          Primêr                      Sekondêr

              VLP=11 kV                                                     P = 25 kW
                                                                     LAS    df = 0,9
                                                                            VLS = 380 V

                             FIGUUR 3.1: DRIEFASETRANSFORMATOR

          3.6.1         Bereken die primêre fasespanning.                                       (2)

          3.6.2         Bereken die sekondêre fasespanning.                                     (3)

          3.6.3         Bereken die windingsverhouding.                                         (3)

          3.6.4         Verduidelik waarom die waarde van die sekondêre lynstroom meer
                        as die waarde van die primêre lynstroom is.                             (2)
                                                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                         5                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

4.1       Noem TWEE dele van 'n driefase-induksiemotor.                                          (2)

4.2       Noem TWEE voordele van 'n driefase-induksiemotor bo 'n enkelfase-
          induksiemotor.                                                                         (2)

4.3       Die naamplaat van 'n driefase-induksiemotor bevat spesifieke inligting van
          daardie motor. Noem DRIE belangrike motorkenmerke wat op die naamplaat
          sal verskyn.                                                                           (3)

4.4       'n Driefase-induksiemotor is oor 'n 380 V/60-Hz-toevoer verbind. Die motor
          het 'n totaal van 12 pole per fase en 'n per-eenheid-glip van 0,04.

          Gegee:

          VL      =     380 V
          f       =     60 Hz
          p       =     6
          Glip    =     0,04

          Bereken die:

          4.4.1      Sinchrone spoed                                                             (3)

          4.4.2      Rotorspoed                                                                  (3)

4.5       Verduidelik waarom dit belangrik is om 'n meganiese inspeksie op 'n
          elektriese motor uit te voer voordat dit aangeskakel word.                             (2)

4.6       Noem TWEE elektriese inspeksies wat op 'n elektriese motor uitgevoer moet
          word voordat dit aangeskakel word.                                                     (2)

4.7       Verduidelik die funksie van 'n oorbelastingeenheid in 'n motor se aansitter.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                 6                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                     NSS

4.8       FIGUUR 4.1 stel die beheerkring van 'n ster-delta-aansitter voor.

                     L

                                   O/B

                                STOP         HK1 (N/O)

               AAN                                              T (N/T)         T (N/O)
                                         Retensie
                                         (Hou in)
                                          HK1                    HK3 (N/T)        HK2 (N/T)

                   HK1                                             HK2            HK3
                                                                   Y               Δ
                                         T
                     N
                  FIGUUR 4.1: BEHEERKRING VAN 'N STER-DELTA-AANSITTER

          4.8.1          Noem die funksie van 'n ster-delta-aansitter.                                (1)

          4.8.2          Noem die modus waarin die motor teen vollas gekonnekteer sal
                         wees.                                                                        (1)

          4.8.3          Verduidelik die funksie van die kontakte Retensie (Hou in) HK 1 .            (3)

          4.8.4          Noem, met 'n rede, wat met kontak T (N/T) sal gebeur wanneer die
                         tydkontaktor geaktiveer word.                                                (2)

          4.8.5          Beskryf die grendelproses wat verhoed dat die ster- en delta-
                         kontaktors terselfdertyd bekrag word.                                        (6)

4.9       'n Driefase-deltaverbinde motor trek 'n stroom van 12 A wanneer dit aan 'n
          380 V/50 Hz-toevoer verbind word. Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,8 en
          'n rendement van 90%.

          Gegee:
          VL         = 380 V
          IL         = 12 A
          f          = 50 Hz
          Cos ɸ      = 0,8
          ŋ          = 90%

          4.9.1          Bereken die aktiewe drywing van die motor teen vollas.                       (3)

          4.9.2          Verduidelik wat met die aktiewe drywing van die motor sal gebeur
                         indien die rendement van die motor verbeter.                                 (1)

          4.9.3          Noem die verwantskap tussen die lynstroom en die fasestroom van
                         die motor.                                                                   (1)

          4.9.4          Verduidelik wat met die stroom wat die motor trek, sal gebeur
                         indien die arbeidsfaktor van die motor verbeter.                             (2)
                                                                                                      [40]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             7                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

VRAAG 5: RLC

5.1       Beskryf EEN praktiese metode om resonante frekwensie in 'n parallelle
          RLC-kring te bewerkstellig.                                                            (3)

5.2       Noem EEN metode wat gebruik kan word om 'n swak arbeidsfaktor te
          verbeter.                                                                              (1)

5.3       'n Parallelle RLC-kring is in resonansiefrekwensie. Beskryf wat met die
          stroomvloei sal gebeur indien die frekwensie tot onder resonansiefrekwensie
          verlaag word.                                                                          (3)

5.4       Bestudeer die kring in FIGUUR 5.1 hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                                    R = 30 Ω     L = 0,2 mH   C = 160 µF

                                             VS = 240 V
                                    FIGUUR 5.1: RLC-SERIEKRING

          Bereken die:

          5.4.1         Resonante frekwensie                                                     (3)

          5.4.2         Totale stroomvloei deur die kring by resonansie                          (3)

          5.4.3         Q-faktor van die kring                                                   (4)

          5.4.4         Die kapasitansie van die kapasitor wat nodig is vir die kring om
                        resonant te wees indien die frekwensie van die toevoer in
                        FIGUUR 5.1 konstant teen 1 KHz is en die induktansie ook
                        konstant is                                                              (3)
                                                                                                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             8                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

VRAAG 6: LOGIKA

6.1       FIGUUR 6.1 stel 'n blokdiagram van 'n PLB-stelsel voor.

                                             GEHEUE

                                                                           UITSET-
               INSET-                           SVE
              KOPPEL-                                                      KOPPEL-
                                    (Sentrale Verwerkingseenheid)           VLAK
                VLAK

                                     PROGRAMMEERTOESTEL

                                      FIGUUR 6.1: PLB-STELSEL

          6.1.1         Verduidelik die funksie van die insetkoppelvlak.                             (3)

          6.1.2         Noem TWEE komponente wat aan die insetkoppelvlak gekoppel
                        kan word.                                                                    (2)

          6.1.3         Noem TWEE elektroniese toestelle, behalwe 'n relê, wat aan die
                        uitsetkoppelvlak verbind kan word.                                           (2)

          6.1.4         Beskryf die DRIE stappe wat die programmeringsaftassiklus van 'n
                        PLB uitmaak.                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            9                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

6.2       FIGUUR 6.2 stel 'n volgordebeheerkring voor.

       Oorbelasting 1 (X0)                                            Oorbelasting 2 (X1)

                                                                  Stop-knop 2 (X3)
         Stop-knop 1 (X2)

                                              Aansit-knop 2(X5)
         Aansit-knop 1 (X4)                                            C2(Y1)
                                     C1(Y0)

                                                                  C1(Y0)

          Kontaktor 1(Y0)                                          Kontaktor 2 (Y1)

                              FIGUUR 6.2: VOLGORDEBEHEERKRING

          6.2.1      Teken en benoem die leerlogikakring van die beheerkring met
                     gebruik van die byskrifte in FIGUUR 6.2.                                         (6)

          6.2.2      Gebruik 'n Karnaugh-kaart om die uitdrukking hieronder te
                     vereenvoudig:

                        X =A BC + A BC+ A BC+A BC                                                     (6)

          6.2.3      Gebruik Boole-algebra om die uitdrukking hieronder te vereenvoudig:

                        X =A BC+ A BC + A BC+ A BC                                                    (7)

          6.2.4      Gee EEN voorbeeld, met 'n verduideliking, waar 'n stel-herstel-PLB-
                     programmeerfunksie in die bedryf gebruik kan word.                               (3)

          6.2.5      Verduidelik die voordeel van die gebruik van 'n addisionele
                     noodstopskakelaar in 'n PLB-stelsel.                                             (3)

6.3       Verduidelik hoe 'n aan-vertraag- ('on-delay') tydskakelaar werk.                            (2)
                                                                                                      [40]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             10                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

VRAAG 7: VERSTERKERS
7.1       Definieer 'n basiese 741 operasioneleversterker-toestel.                                 (3)
7.2       Beskryf die term oneindige bandwydte met verwysing na 'n ideale
          operasionele versterker ('op amp').                                                      (2)
7.3       Noem TWEE ideale eienskappe van 'n operasionele versterker, buiten
          oneindige bandwydte.                                                                     (2)
7.4       Beskryf die volgende terme met verwysing na operasionele versterkers:
          7.4.1       Negatiewe terugvoer                                                          (3)
          7.4.2       Positiewe terugvoer                                                          (3)
7.5       Noem TWEE voordele van negatiewe terugvoer.                                              (2)
7.6       Verwys na FIGUUR 7.1.

                             +1

                              0           V1
                             -1
                                                                       Vuit
                             +1

                              0           V2

                             -1

                            FIGUUR 7.1: OPERASIONELE VERSTERKER
          Teken weer die gegewe insette en teken dan die uitset van die ideale
          operasionele versterker.                                                                 (3)
7.7       FIGUUR 7.2 is 'n nie-omkeerspanningsvergelyker.

                                    Rin

                Vin

                                                                               Vuit

                                     V
                                            Vergelykingspanning

                                                                               0V

                        FIGUUR 7.2: NIE-OMKEERSPANNINGSVERGELYKER
          7.7.1       Teken die uitsetspanningsgolfvorm indien die vergelykingspanning op
                      0 V gestel is.                                                               (3)
          7.7.2       Noem EEN toepassing van die operasionele versterker.                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           11                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

7.8       FIGUUR 7.3 is 'n operasioneleversterker-kring.

                        Vin= 3 V
                                                        Rf = 12 kΩ

                                                                           Vuit

                                                        Rin = 3 kΩ

                         FIGUUR 7.3: OPERASIONELEVERSTERKER-KRING

          7.8.1    Identifiseer die tipe operasioneleversterker-kring in FIGUUR 7.3.             (1)

          7.8.2    Teken weer die gegewe insetsein en teken dan die uitsetsein op                (2)
                   dieselfde assestelsel.

          7.8.3    Bereken die spanningswins van die versterker.                                 (3)

          7.8.4    Bereken die uitsetpiekspanning.                                               (3)

          7.8.5    Verduidelik hoe die spanningswins van die operasionele versterker sal
                   verander indien die waarde van die weerstand R f verminder word.              (2)

          7.8.6    Verduidelik die funksie van R in .                                            (2)

7.9       Gee EEN rede waarom operasionele versterkers tussen stadiums van
          komplekse kringe gebruik word.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                         12                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

7.10      FIGUUR 7.4 is 'n operasionele versterker wat in die konfigurasie van 'n
          integreerkring gekoppel is.

                                                             C

              +V                              Rin

              0V

              -V
                                  Vin
                                                                              Vuit

                     FIGUUR 7.4: INTEGREER-OPERASIONELE-VERSTERKER

          7.10.1 Teken die uitsetgolfvorm van die kring.                                      (3)

          7.10.2 Beskryf die spesifieke funksie wat R in en C verrig.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            13                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                NSS

7.11      FIGUUR 7.5 is 'n operasionele versterker wat in 'n ossillator-konfigurasie
          gekoppel is.

                                       Rin
                                                      Rf

                                                               +

                                                                      Vuit

                          L1 = 35 mH         L2 = 35 mH

                                               C = 0,47 µF
                                                                      0V

                   FIGUUR 7.5: OSSILLATOR-OPERASIONELE-VERSTERKER

          7.11.1 Identifiseer die ossillator-konfigurasie in FIGUUR 7.5.                          (1)

          7.11.2 Bereken die frekwensie van die ossillator indien elke spoel 'n
                 induktansie van 35 mH het en die kapasitor 'n kapasitansie van
                 0,47 µF het.                                                                     (6)
                                                                                                  [50]

                                                                                   TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                                   DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

                                          FORMULEBLAD
DRIEFASE-WS-OPWEKKING                               RLC-KRINGE

Ster                                                X L = 2 πfL
VL = 3 VF                                                     1
                                                    Xc =
IL = IF                                                     2 πfc
                                                               1
                                                    fr =
Delta                                                      2π (LC)
IL = 3 IF
VL = VF                                             Serie
                                                    IT = IR = IC = IL
P=       3VL × I L Cosθ
                                                    Z = R 2 + (X L ~
                                                                   − XC )
                                                                          2
S = 3 VL I L
Q = 3 V L I L Sin θ                                 VL = I X L

             P                                      VC = I X C
Cosθ =
             S                                      VT = I Z
         VF                                         VT = VR
                                                                     2
                                                                         + (VL ~
                                                                               − VC )
                                                                                        2
ZF =
         IF
                                                           VT
                                                    IT =
                                                           Z
Tweewattmetermetode                                       R
PT = P1 + P2
                                                    Cosθ =
                                                          Z
                                                          V
DRIEFASETRANSFORMATORS                              Cosθ = R
                                                          VT
                                                           XL
Ster                                                Q=
                                                           R
VL = 3 VF
IL = IF                                             Parallel
                                                    VT = VR = VC = VL
Delta                                                      VR
                                                    IR =
IL = 3 IF                                                  R
VL = VF                                                    VC
                                                    IC =
                                                           XC
P = 3 VL I L Cos θ
                                                           VL
S = 3 VL I L                                        IL =
                                                           XL
Q = 3 VL I L Sin θ
                                                    I T = I R + (I L ~
                                                                     − IC )
                                                                2                2

             P
Cosθ =                                                          IR
             S                                      Cosθ =
VF(p )       Np        I F (s )
                                                                IT
         =         =                                       XL
VF(s )        Ns       I F(p )                      Q=
                                                           R
Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                          NSS

DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS                   OPERASIONELE VERSTERKERS

Ster                                                           Vuit     R 
                                                Wins A V = −        = − f  omkeerversterker
VL = 3 VF                                                      Vin       R in 
IL = IF                                                      Vuit     R
                                                Wins A V =        = 1+ f       nie - omkeerversterker
                                                             Vin      R in
Delta                                                   1
                                                fr =            Hartley - ossillator
IL = 3 IF                                             2π LC
VL = VF                                                   1
                                                f RC =              RC - faseskuif - ossillator
                                                       2π 6RC
Drywing                                         VUit = (V1 + V2 + ....VN )
P = 3 VL I L Cos θ
S = 3 VL I L
Q = 3 VL I L Sin θ
                         Pin − verliese
Rendement (η) =
                               Pin

Spoed
     60 × f
ns =
       p
                     ns − nr
Glip per eenheid =
                       ns
n r = n s (1 − S per eenheid )
             ns − nr
% glip =             × 100%
               ns

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Feb March 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-eng/8a1c46a9-1b52-4b3d-affc-f3ef767f118c) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng
- [Electrical Technology Feb March 2015 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-memo-afr/470f92bb-dbd6-4a18-bc11-29b443942437) — Electrical Technology · Memo · 2015 · Afr
- [Electrical Technology Feb March 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2015-memo-eng/82be59ce-c297-46f5-8f07-e3b597271b57) — Electrical Technology · Memo · 2015 · Eng
- [ELECTRICAL TECH QP GR12 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2015-eng/99a2d092-ff3c-43fc-bd7c-e9b98e76f768) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng
- [ELECTRICAL TECH QP GR12 SEPT 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2015-afr/ed9c04e1-50e9-4374-a904-f40d3e782008) — Electrical Technology · QP · 2015 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2015-eng/b768fd98-bf39-401b-871e-8e1ca7fc28fb) — Electrical Technology · QP · 2015 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
