# Electrical Technology Grade 10 National November 2016 Memo

> Grade 10 Electrical Technology memorandum from the National November 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-gr-10-exemplar-2016-memo-afr/32b50e68-0f00-4b1c-b83c-db8ed2a2e91c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 10
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: National November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 10 National November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-gr-10-exemplar-2016-memo-afr/32b50e68-0f00-4b1c-b83c-db8ed2a2e91c)

## About this document

Electrical Technology · Grade 10 · National November · 2016. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 10

                            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                    MODEL 2016

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 200

                      Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              2                                  DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

INSTRUKSIES AAN NASIENERS

1.        Alle vrae met meervoudigekeuse-moontlikhede veronderstel dat enige
          relevante, aanvaarbare antwoord oorweeg moet word.

2.        Berekeninge:

          2.1           Alle berekeninge moet formules insluit.

          2.2           Vervanging van waardes moet korrek gedoen word.

          2.3           Alle antwoorde MOET die korrekte eenheid bevat om oorweeg
                        te word.

          2.4           Alternatiewe metodes moet oorweeg word, met die voorwaarde dat
                        die korrekte antwoord behaal word.

          2.5           Wanneer 'n verkeerde antwoord in 'n daaropvolgende berekening
                        gebruik word, sal die aanvanklike antwoord as verkeerd beskou
                        word. Indien die verkeerde antwoord egter daarna korrek toegepas
                        word, moet die nasiener die antwoord met die verkeerde waardes
                        bepaal. Indien die kandidaat die antwoord (wat aanvanklik verkeerd
                        was) daarna korrek toepas, moet volpunte vir enige korrekte
                        berekeninge wat volg, aan die kandidaat toegeken word.

3.        Hierdie memorandum is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe
          vertolkings moet oorweeg en op meriete nagesien word. Hierdie beginsel
          moet konsekwent toegepas word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           3                                      DBE/2016
                               KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

AFDELING A: GENERIESE AFDELING (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

1.1       'n Ongeluk is 'n onbeplande en onkontroleerbare gebeurtenis wat deur
          onveilige handelinge en/of onveilige toestande veroorsaak word  wat deur
          'n persoon uitgevoer word en wat hom-/haarself of sy/haar medewerker kan
          beseer.                                                                                  (2)

1.2       Goeie huishouding in 'n werkswinkel beteken die ordelike rangskikking/
          bestuur van gereedskap, toerusting, werk, stoorgeriewe en materiaal op
          hulle onderskeie plekke. OF
          Goeie huishouding kan ook gedefinieer word as 'elke ding op sy plek en 'n
          plek vir alles'.                                                                         (3)

1.3       1.3.1      Rook verbode                                                                 (1)

          1.3.2      Brandblusser                                                                 (1)

          1.3.3      Oogbeskerming moet gedra word                                                (1)

1.4       Onvoldoende stutte of beskerming
          Te veel mense in die werkplek                                                           (2)

1.5       'n Onveilige handeling is die uitvoer van 'n taak of ander aktiwiteit wat op so 'n
          manier gedoen word dat dit 'n gevaar vir die gesondheid en veiligheid van
          werkers  kan wees.                                                                      (2)
                                                                                                   [12]

VRAAG 2: GEREEDSKAP EN MEETINSTRUMENTE

2.1       2.1.1      Vir die vashou, draai, knip en buig van draad of kabels en
                     krimpverbindings                                                             (2)

          2.1.2      Om soldeersel te verwyder sodat komponente verwyder, vervang
                     of herwin kan word
                     Om die gesmelte soldeersel van die las te verwyder                            (2)

2.2       2.2.1      Raam                                                                         (1)

          2.2.2      Handvatsel                                                                   (1)

          2.2.3      Lem                                                                          (1)

          2.2.4      Lemverstelknop/-moer                                                         (1)

2.3       Om elektriese skok te voorkom of ander beserings wat veroorsaak kan word
          deur direkte of indirekte kontak met bekragte/lewendige elektriese geleiers.            (2)

2.4       Om 'n suksesvolle snit met minimale inspanning te verseker en om te
          voorkom dat die lem breek, buig of afslyt.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             4                                      DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

2.5       Gebruik die skroewedraaier vir die korrekte doel.
          Gebruik die korrekte grootte en tipe skroewedraaier om skroewe vas en los te
          draai.
          Maak die skroewedraaierpunte gereeld met 'n borsel of spons skoon.                         (2)

2.6       'n Ammeter moet in serie verbind word met die komponente wat getoets
          word. 'n Ammeter het 'n lae weerstand en as dit in parallel verbind word, sal
          'n hoë foutstroom vloei.                                                                   (2)

2.7       Die voltmeter moet in parallel verbind word met komponente wat getoets
          word en die spanning moet op die hoogste prakties leesbare skaal gestel
          word.                                                                                      (2)

2.8       Om te verseker dat die lesings wat geneem word so akkuraat en
          konsekwent as moontlik is en binne die aanvaarbare omvang val.                            (2)
                                                                                                     [20]

VRAAG 3: BASIESE BEGINSELS VAN ELEKTRISITEIT

3.1       3.1.1      'n Isolator is 'n materiaal wat nie stroom daardeur laat vloei nie.           (2)

          3.1.2      Wanneer die temperatuur van 'n materiaal verhoog word, sal die
                     weerstand daarvan verlaag. Wanneer die temperatuur van 'n
                     materiaal egter verlaag word, sal die weerstand daarvan styg.                   (2)

3.2       Goeie geleier 
          Duursaam
          Korrosie-/Roes-/Oksidasiebestand
          Rekbaar
          Smeebaar                                                                                   (1)

3.3       Die toleransie van 'n weerstand is die persentasiefout van die
          weerstandswaarde daarvan of met hoeveel (meer of minder) jy kan verwag
          dat 'n weerstand se werklike gemete waarde van die aangeduide waarde
          sal verskil.                                                                              (2)

3.4       15 kΩ ± 5%                                                                               (2)

3.5       Ohm se wet stel dat die stroomvloei in 'n kring direk eweredig is aan die
          spanning oor die kring en omgekeerd eweredig aan die weerstand van die
          kring, as die temperatuur konstant bly.                                                  (3)

3.6           V              
          R=
               I
              220
          R=                 
                 2
          R = 110 Ω                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                  5                            DBE/2016
                                      KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

3.7       3.7.1      V3 = I R 3                      
                         = 21,2 × 10 -3 × 470
                                                     
                         = 9,96 V                                                              (3)

          3.7.2      VR1 = VT - VR3             
                          = 12 − 9,96
                                                
                          = 2,04 V                                                             (3)

          3.7.3              VR1                
                     IR1 =
                             R1
                          2,04                  
                        =
                          220
                        = 9,25 mA                                                              (3)

          3.7.4      IR2 = IT − IR1             
                         = 21,2 − 9,25
                                                
                         11,95 mA                                                              (3)

          3.7.5              VR2                 
                     R2 =
                             IR2
                              2,04               
                         =
                           11,95 × 10-3
                         = 170 Ω                                                               (3)

3.8       Die stroom sal toeneem omdat die weerstand van die kring afgeneem het.              (2)
                                                                                                [32]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          6                                   DBE/2016
                              KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

VRAAG 4: KRAGBRONNE
4.1       Energie is die vermoë om werk/arbeid te verrig soos die vermoë om
          'n voorwerp deur die toepassing van krag te verskuif.                               (3)
4.2       Kernenergie
          Hidro-energie
          Geotermiese energie
          Sonkrag
          Windkrag
          Fossielkrag                                                       (Enige een)        (1)
4.3

                                  

                                        Glashouer

                                          Verdunde    
                                          H2SO4

                  Voltaïese sel                                                                (5)
4.4       Primêre selle is kragbronne wat nie na gebruik maklik herlaai kan word nie ,
          terwyl sekondêre selle kragbronne is wat wel herlaai kan word.                      (2)
4.5       Potensiaalverskil is die elektriese druk wat oor 'n kragbron gemeet word
          wanneer dit aan 'n las verbind is. Emk is die elektriese druk wat oor
          'n kragbron gemeet word  wanneer dit nie aan 'n las verbind is nie.                (4)
4.6       E = I(R + r)                    
              E
          r = −R
               I
                  1,5                     
            =              − 100
              14,9 × 10 -3
            = 0,67 Ω                                                                          (3)
4.7
                        
                                      

                                                                                               (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                7                              DBE/2016
                                    KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

VRAAG 5: ELEKTRONIESE KOMPONENTE

5.1       5.1.1
                                            
                                                                                                (2)

          5.1.2                           

                                                                                                (2)

          5.1.3
                                                

                                                                                                (2)

5.2       'n Kapasitor stoor lading en dit gaan op 'n beheerde wyse verlore.                    (2)

5.3                                         

            V of I

                                       

                        t 
                                                                                                (4)

5.4       5.4.1         CT = C1 + C2                                                           (3)
                              = 2200 ×10− 6 + 2200 ×10− 6   

                              = 4400 μF                     

          5.4.2          1   1   1                                                             (3)
                           =   +
                        C T C1 C 2
                                                                
                                   1             1
                             =          −6
                                           +
                               2200 ×10      2200 ×10 −6        
                         C T =1100 μF

5.5        T = 5τ                       
           τ = RC
                                 
            = 50000 ×100 × 10 −6
            =5s                  
          T =5× 5
                                 
            = 25 s               
                                                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              8                                    DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

5.6       Wanneer die anode aan positief verbind is en die katode aan die negatief
          verbind is                                                                                (1)
5.7       Die doel van die weerstand wat in serie met 'n LED verbind is, is om die
          LED te beskerm teen oormatige stroom.                                                    (2)
                                                                                                    [26]
VRAAG 6: MAGNETISME
6.1       6.1.1      'n Elektromagneet is 'n tipe magneet waarin die magneetveld gevorm
                     word deur 'n elektriese stroom wat deur 'n geleier vloei, en hierdie
                     magneetveld sal ineenstort sodra die stroom ophou vloei.                      (2)
          6.1.2      Induktansie vind plaas as gevolg van die uitsetting en inkrimping
                     van die magneetveld weens veranderinge in polariteit. Wanneer
                     'n tweede spoel nader aan die eerste spoel gebring word, sal die
                     magnetiese veld van die eerste spoel koppel met die tweede spoel,
                     en dus 'n emk van selfinduktansie induseer.                                   (3)
6.2       Magnetiese vloed bestaan uit onsigbare magnetiese vloedlyne wat om 'n
          magneet gevorm word en word in weber (Wb) gemeet. 
          Vloeddigtheid is die konsentrasie van magnetiese vloedlyne per eenheid
          area en word gemeet in weber per vierkante meter Wb/m2 of tesla (T).                    (4)
6.3       Lugkern 
          Ferrietkern 
          Gelamineerde ysterkern
          Toroïedkern                                                              (Enige 2)        (2)
6.4       'n Induktor word gevorm wanneer 'n geïsoleerde geleier in 'n aantal
          windings gewikkel word, om 'n spoel te vorm.                                             (2)
6.5       L T = L1 + L 2 + L 3            
              = 120 + 100 + 90            
                                          
              = 310mH                                                                               (3)
6.6       Wanneer stroom deur 'n spoel vloei, skep dit 'n magnetiese veld om dit. Die
          magneetveld sal die anker aantrek. Die anker sal effens om die spilpunt
          roteer, wat teen die beweegbare kontakpunt druk. Dit beweeg die
          kontakpunte in 'n alternatiewe posisie.                                                  (4)
6.7       6.7.1         Veldspoele                                                                 (1)
          6.7.1         Stator                                                                     (1)
          6.7.2         Pole                                                                       (1)
          6.7.3         Anker                                                                      (1)
6.8       Om die stroomvan die toevoer na die kommutator oor te dra.                              (2)
                                                                                                    [26]
                                                                       TOTAAL AFDELING A:           136

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             9                                      DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

AFDELING B: ELEKTRIES

VRAAG 7: HUISHOUDELIKE INSTALLASIES

7.1       'n Huishoudelike installasie is die elektriese installasie in 'n huis, ook die
          bedradingstelsel genoem.                                                                  (2)

7.2       7.2.1         50 Hz                                                                       (1)

          7.2.2         220 V–240 V                                                                 (1)

7.3                                                   Subkringe in die huis

                             Verdeelbord                     Aarding

                                                      Hoofisolator
                                                                            Verbruikerkant

                                                     Meter                 Verskafferkant

                                                Dienssekering en neutrale
                                                skakel

                                                                                                     (4)

7.4       South African National Standards 
          Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde                                                       (4)

7.5       Om te verseker dat mense, diere en eiendom teen gevare beskerm word
          wat kan ontstaan weens die werking van 'n elektriese installasie onder
          normale sowel as fouttoestande.                                                           (4)

7.6       Oorstroom 
          Foutstroom 
          Oorspanning
          Onderspanning                                                             (Enige 2)        (2)

7.7       7.7.1         Dit moet nie moontlik wees om aan enige lewendige dele van
                        'n installasie te raak nie, tensy die deksel verwyder is met behulp
                        van 'n sleutel of 'n gereedskapstuk.                                        (3)

          7.7.2         Elektriese toerusting moet ontwerp, geplaas of beskerm word
                        sodat toeganklike dele onder normale werkstoestande nie
                        temperature van meer as 70 oC vir metaaldele en 90 oC vir
                        niemetaaldele oorskry nie.                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             10                                     DBE/2016
                                  KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

7.8       7.8.1         'n Verdeelbord is 'n paneelbordwat in 'n huishoudelike omgewing
                        gebruik kan word wat elektrisiteit na verskillende subkringe
                        versprei en beskerming aan die subkringe verskaf.                          (3)

          7.8.2         Badkamer 
                        Bo of onder kooktoestelle.                                                   (1)

          7.8.3         Die geleistam moet geskik wees vir 'n moontlike kortsluitstroom
                        wat by die toevoeraansluiters van die verdeelbord kan plaasvind.            (2)

7.9       7.9.1         Die funksie van die miniatuurstroombreker is om 'n elektriese kring
                        en     toestelle    op    die     kring      te  beskerm        teen
                        oorbelasting/oorspanning of 'n kortsluiting.                               (3)

          7.9.2         Die kontakpunte wat die kring toehou, word deur middel van 'n
                        grendel toegehou.
                        As die stroom die kenstroom (stroomwaarde) van die
                        miniatuurstroombreker oorskry, sal die magneetveld wat in die
                        solenoïed opgestel is, sterk genoeg wees om die grendel oop te trek
                        en vry te laat.
                        Dit sal die kontakte oopmaak, wat die stroomvloei deur die
                        miniatuurstroombreker sal diskonnekteer.
                        Wanneer die stroom gediskonnekteer is, sal die magneetveld
                        wegval, wat die grendel sal herstel.
                        Dit sal die kontak weer sluit.                                              (5)

          7.9.3         10 A                                                                        (1)

          7.9.4         Die oorlasstroom wat dit sal oopmaak onder oorbelasting-
                        toestande.
                        Die foutstroom wat veilig onder fouttoestande veilig moet kan
                        beperk.                                                                     (4)

          7.9.5         Die bimetaalstrook het twee verskillende soorte metaal wat
                        aanmekaar verbind is. Wanneer 'n stroom die kenstroom oorskry,
                        word die strokies warm. Die strokies word van verskillende
                        materiale gemaak en sit dus teen verskillende tempo's uit.
                        Dit veroorsaak dat die strokie buig, wat 'n stel kontakte oopmaak wat
                        weer die kring oopmaak.                                                     (4)

7.10      7.10.1        Maak oop onder oorbelastingtoestande
                        Maak oop onder aardfouttoestande
                        Maak oop en sluit onder normale toestande                                   (3)

          7.10.2        'n Fout kan in 'n broodrooster ontstaan as die isolasie van die
                        lewendige of neutrale geleier afgeslyt het en dit dalk met die
                        geleideel van die rooster in aanraking kom. Dit sal 'n aardfout
                        veroorsaak.                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            11                                     DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

7.11      7.11.1        Aarding kan beskryf word as 'n stelsel van elektriese verbindings
                        aan die algemene aardmassa                                                 (2)

          7.11.2        Om mense eb diere teen elektriese skok te beskerm.
                        Om korrekte funksionering van 'n elektriese stelsel te handhaaf.           (2)

          7.11.3        Die aardstelsel moet 'n lae weerstand hê. Indien 'n aardfout sou
                        voorkom, sal die stroom die weg van minste weerstand volg en
                        na die aarde toe ontlaai.                                                  (4)

          7.11.4        Die aardpen is die finale deel van die aardingstelsel wat in die
                        massa van die aarde ingeslaan word om goeie kontak met die aarde
                        te maak.                                                                   (3)

                                                                      TOTAAL AFDELING B:            64

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            12                                        DBE/2016
                                 KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

AFDELING C: ELEKTRONIKA EN DIGITALE ELEKTRONIKA
VRAAG 8: LOGIKA
8.1       8.1.1      Analoogstelsel                                                                   (1)
          8.1.2      Digitale stelsel                                                                 (1)
8.2       Desimale getallestelsel; binêre              getallestelsel;   oktaalgetallestelsel;
          heksadesimale getallestelsel                                            (Enige twee)         (2)
8.3                                       2 19     Res
                                          2 9            1           LSB
                                          2 4            1
                                          2 2            0
                                          2 1            0
                                          2 0            1           MSB
                         Daarom      19 10 = 10011 2                                                   (5)

8.4                      1 0 0 12 = ( 1 x 8 ) + ( 0 x 4 ) + ( 0 x 2 ) + ( 1 x 1 ) 
                         1 0 0 12 =     8     +     0     + 0         +     1
                         1 0 0 1 2 = 9 10                                                            (4)
8.5                                       0 1 12
                                         +1 0 0 2
                                          1 1 1 2                                                   (3)
8.6                                        1100
                                          -0111
                                           0101                                                     (3)
8.7       8.7.1
                                                        Korrekte Heksimbool = 
                                                                                                       (2)
          8.7.2    X = A.B                                                                           (2)
          8.7.3      A   B   X
                     0   0   0   
                     0   1   0   
                     1   0   0   
                     1   1   1                                                                        (4)
8.8

                                                                                                       (5)
                                                                                                       [32]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           13                                 DBE/2016
                                KABV – Graad 10 Model (Memorandum)

VRAAG 9: KOMMUNIKASIE

9.1       Dit word gebruik vir die uitstuur van seine, tekens, geskrewe inligting,
          beelde, klanke, data of intelligensie van enige aard, as 'n geheel of
          gedeeltelik deur middel van 'n kabel-, radio-, elektromagnetiese-,
          fotoëlektroniese of optiese stelsel na 'n ontvanger.                               (3)

9.2       Radiogolfvoortplanting is die uitsending/uitstuur van seine deur modulasie
          van elektromagnetiese golwe met frekwensies laer/minder as dit van                 (3)
          sigbare lig.

9.3       Grondgolfvoortplanting
          Luggolfvoortplanting
          Gesigslynvoortplanting                                                             (3)

9.4       Frekwensie is die getal siklusse wat 'n WS-golf of sein kan lewer in een
          sekonde. Dit word in hertz (Hz) gemeet.                                           (3)

9.5       9.5.1      Amplitude                                                               (1)

          9.5.2      Een siklus                                                              (1)

9.6       'n Radio-antenna is 'n toestel wat ontwerp is om twee dinge te doen. Dit vang
          radiofrekwensieseine op wat dan na elektriese seine omgeskakel word deur
          die ontvanger, en dit neem elektriese seine van die sender en skakel dit om
          na radiofrekwensieseine.                                                           (3)

9.7       Monopoolantenna
          Dipool-1/2 λ-antenna                                                               (2)

9.8       Kommersiële uitsendings kan beskryf word as eenrigtingkommunikasie.
          Met ander woorde, geen kommunikasie word terugontvang vanaf die
          ontvanger of die sender nie. Hierdie seine word gewoonlik via mikrogolwe
          gestuur/versend.                                                                   (4)

9.9.      9.9.1      Plastiekomhulsel                                                        (1)

          9.9.2      Diëlektriese isolator                                                   (1)

          9.9.3      Kerngeleier                                                             (1)

          9.9.4      Skermdraad                                                              (1)

9.10      Liggewig en maklik om te dra
          Het 'n verskeidenheid funksies
          Is vir die meeste mense bekostigbaar
          Is fisies aantreklik
          Gee 'n mens die vermoë om na die uithoeke van die aarde te kommunikeer             (5)
                                                                                              [32]

                                                                     TOTAAL AFDELING C:       64
                                                                         GROOTTOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
