# Electrical Technology Grade 12 NSC June 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2018-afr/6c25c20f-519f-4f77-bfbe-07df316d9537
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC June 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2018-afr/6c25c20f-519f-4f77-bfbe-07df316d9537)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2018. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                      2018

                                                                      PUNTE: 200

                                                                       TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        2                                    DBE/2018
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek af tot TWEE desimale
          plekke.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             3                                       DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1       Verduidelik die belangrikheid van             die   korrekte   ligintensiteit   in   'n
          elektriesetegnologie-werkswinkel.                                                           (2)
1.2       Met verwysing na die werkswinkel, verduidelik die term gevaarlike praktyke.                 (2)
1.3       Noem TWEE handelinge wat prioriteit in 'n mediese noodgeval is.                             (2)
1.4       Beskryf hoe MIV/Vigs produktiwiteit in die werkplek kan affekteer.                          (2)
1.5       Verduidelik waarom dit eties korrek is om 'n persoon te rapporteer wat werk
          onder die invloed van sterk medikasie wat tot lomerigheid lei.                              (2)
                                                                                                      [10]
VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
2.1       Noem TWEE nadele van enkelfasekragopwekking.                                                (2)
2.2       Beskryf hoe 'n emk in die spoele van 'n driefase-WS-stelsel geïnduseer word.                (3)
2.3       'n Deltaverbinde alternator genereer 220 V per fase. Elke fase het 'n
          impedansie van 16 Ω.
          Gegee:
          VF         =     220 V
          ZF         =     16 Ω
          Bereken die:
          2.3.1 Stroomvloei in elke fase                                                              (3)
          2.3.2 Drywing verkwis per fase                                                              (3)
2.4       Met verwysing na arbeidsfaktorverbetering, beantwoord die vrae wat volg.
          2.4.1 Noem EEN metode wat aangewend kan word om die arbeidsfaktor van
                'n stelsel te verbeter.                                                               (1)
          2.4.2 Gee TWEE redes vir die verbetering van die arbeidsfaktor in 'n stelsel.               (2)
2.5       Die driewattmeter-metode word gebruik in 'n driefasetoevoerstelsel om die
          drywing wat aan 'n driefase-, sterverbinde induktiewe las gelewer is. Die las
          het 'n arbeidsfaktor van 0,8 nalopend. Die lesings op die wattmeters is
          8 kW, 4 kW en - 460 W onderskeidelik. Die toevoerspanning is 380 V.
          Gegee:
          P1      =       8 kW
          P2      =       4 kW
          P3      =       - 460 W
          a.f.    =       0,8 nalopend
          VL      =       380 V
          Bereken die:
          2.5.1          Totale insetdrywing aan die las gelewer                                      (3)
          2.5.2          Stroom deur die las getrek                                                   (3)
                                                                                                      [20]
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            4                                  DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

3.1       Met verwysing na die konstruksie van transformators, beantwoord die vrae
          wat volg.

          3.1.1         Noem TWEE tipes transformatorkonstruksie.                                 (2)

          3.1.2         Noem waarom die ysterkern van transformators gelamineer word.             (1)

3.2       Beskryf hoe 'n emk in die sekondêre wikkeling van 'n transformator
          geïnduseer word.                                                                        (3)

3.3       Noem TWEE vereistes waaraan voldoen moet word voordat drie
          enkelfasetransformators gekoppel word om 'n driefasetransformator te vorm.              (2)

3.4       Noem die funksie van die olie in oliegevulde transformators.                            (1)

3.5       'n Driefase-, 300 kVA-verlagingstransformator het 'n sterverbinde sekondêr
          met 'n fasespanning van 220 V.

                              FIGUUR 3.5: DRIEFASETRANSFORMATOR

          Gegee:

          S             = 300 kVA
          VF            = 220 V
          a.f.          = 0,8 nalopend

          Bereken die:

          3.5.1         Sekondêre lynspanning                                                     (3)

          3.5.2         Maksimum toelaatbare sekondêre fasestroom                                 (5)

          3.5.3         Maksimum uitsetdrywing teen 'n arbeidsfaktor van 0,8 nalopend             (3)
                                                                                                  [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            5                                    DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

4.1       Met verwysing na die konstruksie van motors, noem die funksies van die
          volgende onderdele van die motor:

          4.1.1         Entplate                                                                    (1)

          4.1.2         Die koelvinne                                                               (1)

          4.1.3         Die aansluitkas                                                             (1)

4.2       Noem DRIE voordele van driefasemotors.                                                    (3)

4.3       'n 12 pool-, driefase-induksiemotor is oor 'n 380 V-, 50 Hz-toevoer verbind.
          Die motor het 'n glip van 0,04.

          Gegee:

          VL                  = 380 V
          Glip                = 0,04
          f                   = 50 Hz
          Aantal pole         = 12 pole
                  p          = 2 poolpare per fase

          Bereken die:

          4.3.1         Sinkrone spoed van die motor                                                (3)

          4.3.2         Rotorspoed van die motor                                                    (3)

4.4       'n Driefase-, sterverbinde motor trek 'n stroom van 15 A wanneer dit aan
          'n 380 V-, 50 Hz-toevoer verbind is. Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,8 en
          'n rendement van 90 %

          Gegee:

          VL      =      380 V
          a.f     =      0,8
          IL      =      15 A
          ŋ       =      90%

          Beantwoord die volgende vrae.

          4.4.1       Bereken die drywing van die motor teen vollas.                                (3)

          4.4.2       Beskryf hoe dit die stroom wat die motor trek sal beïnvloed, indien die
                      arbeidsfaktor van die motor verbeter.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            6                                  DBE/2018
                                                SSE

4.5       Die beheerkring van 'n motoraansitter word in FIGUUR 4.5 hieronder getoon.
          Bestudeer die kringbaan en beantwoord die vrae wat volg.

                           AANSIT

                                                O/B1
                                                                                 O/B2

                               HK1                                         HK2

                               FIGUUR 4.5: BEHEERKRING VAN 'N
                            OUTOMATIESE SEKWENSIËLE AANSITTER

          4.5.1      Verduidelik waarom die normaal-oop-inhoukontak HK1 (N/O1) in
                     parallel met die aansitknop gekoppel word.                                   (4)

          4.5.2      Noem, met 'n rede, of die twee motors loop.                                  (3)

          4.5.3      Verduidelik waarom dit toepaslik is om twee oorbelastingsrelês in die
                     kring te gebruik.                                                            (3)

          4.5.4      Beskryf hoe die aansitter sy doel bereik.                                    (4)

          4.5.5      Noem EEN toepassing van die outomatiese sekwensiële aansitter.               (1)

4.6       Noem DRIE meganiese inspeksies wat op 'n induksiemotor uitgevoer moet
          word voordat dit in werking gestel word.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                       7                                      DBE/2018
                                           SSE

4.7       FIGUUR 4.7 hieronder toon die aansluiterkas van 'n driefase-induksiemotor.
          Die weerstand gemeet tussen die aansluitings word in die diagram getoon.
          Verduidelik, met redes, of die motor in 'n werkende toestand is.

                                FIGUUR 4.7: AANSLUITERKAS                                        (3)

4.8       Noem die funksie van die nulspanningspoel in 'n motoraansitter.                        (2)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             8                                   DBE/2018
                                                 SSE

VRAAG 5: RLC

5.1      Noem DRIE faktore wat die impedansie van 'n RLC-kring beïnvloed.                           (3)

5.2      Verwys na die kring in FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat
         volg.

                                 R = 20 Ω        XL = 60 Ω    XC = 35 Ω

                                            VT = 240 V/50 Hz

                                      FIGUUR 5.2: SERIEKRING

         Gegee:

         R       = 20 Ω
         XL      = 60 Ω
         XC      = 35 Ω
         VT      = 240 V
         f       = 50 Hz

         5.2.1          Noem of die arbeidsfaktor van die kring voorlopend of nalopend is.          (1)

         5.2.2          Bereken die arbeidsfaktor van die kring.                                    (5)

         5.2.3          Verduidelik wat met die Q-faktor van 'n RLC-seriekring gebeur
                        indien die waardes van R, L en C verdubbel word.                            (3)

5.3      'n RLC-seriekring resoneer. Beskryf wat met die stroomvloei in die kringbaan
         sal gebeur indien die frekwensie tot onder die resonante frekwensie daal.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            9                                     DBE/2018
                                                SSE

5.4      Verwys na die kringbaan in FIGUUR 5.4 hieronder en beantwoord die vrae
         wat volg.

                                           CC== 0,
                                               0,0147  µF
                                                   0147µf

                                             L = 0, 5 mH

                                              R = 20 Ω

                                        VSVs = 240
                                           = 240  V / 50
                                                 V/50 HzHz

                                             FIGUUR 5.4

         Gegee:

         C        = 0,0147 µF
         L        = 0,5 mH
         R        = 20 Ω
         VT       = 240 V
         f        = 50 Hz

         Bereken die:

          5.4.1         Frekwensie waarby die kring sal resoneer                                     (3)

          5.4.2         Stroom wat deur die weerstand vloei tydens resonansie                        (3)
                                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           10                                    DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 6: LOGIKA

6.1       Teken die simbool van ELK van die volgende wanneer leerlogika met
          betrekking tot programmeerbare logikabeheerders (PLB) gebruik word:

          6.1.1 'n Insettoestel                                                                     (1)

          6.1.2 Relê of ander toestel wat as uitset gebruik word                                    (1)

6.2       Noem die logikastelsel wat deur PLB's vervang is.                                         (1)

6.3       Noem EEN programmeertoestel wat                gebruik word     om   'n PLB       te
          programmeer.                                                                              (1)

6.4       Magnetiese relês word steeds gebruik om hoëstroomtoestelle aan- of af te
          skakel. Beveel EEN ander toestel aan wat gebruik kan word om
          hoëstroomtoestelle met 'n PLB te skakel.                                                  (1)

6.5       Verduidelik die term program met betrekking tot 'n PLB.                                   (2)

6.6       Noem TWEE programmeertale, behalwe leerlogika, wat gebruik word om
          PLB's te programmeer.                                                                     (2)

6.7       Beskryf die funksies van die volgende:

          6.7.1 Tydreëlaarfunksie                                                                   (2)

          6.7.2 Merker                                                                              (2)

6.8       Verduidelik waarom 'n Boole-uitdrukking eers vereenvoudig moet word
          voordat dit na leerlogika herlei word.                                                    (2)

6.9       Teken die logiese           hekdiagram   wat   die   volgende   Boole-uitdrukking
          verteenwoordig:

          X  A B  C  A D  C                                                                 (6)

6.10      Vereenvoudig die volgende uitdrukking deur Boole-algebra te gebruik:
          (Toon ALLE stappe.)

          X  DEF DEF DEF DEF                                                                    (6)

6.11      Vereenvoudig die Boole-uitdrukking hieronder deur 'n vier-veranderlike
          Karnaughkaart te gebruik:

          X  E FG H  E F G H  E F G H  E F G H  E F G H  E F G H                              (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                       11                           DBE/2018
                                           SSE

6.12      Verwys na die kringbaan in FIGUUR 6.12 hieronder en teken die
          leerlogikadiagram wat dieselfde funksie in 'n PLB sal uitvoer.

                               L

                                                 OB

                                   STOP

                               AANSIT                 HK
                                                      HK11N/O
                                                           N/ O

                                   SPOEL

                                N
                        FIGUUR 6.12: DIREK-OP-DIE-LYN-BEHEERKRING                      (5)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                12                                       DBE/2018
                                                    SSE

VRAAG 7: VERSTERKERS

7.1       Beskryf die volgende terme met verwysing na operasionele versterkers:

          7.1.1         Negatiewe terugvoer                                                                 (2)

          7.1.2         Bandwydte                                                                           (2)

7.2       FIGUUR 7.2 hieronder toon 'n nie-omkeerspanningsvergelyker en die
          insetspanning.

                                            VVERW = 2 V
                           0V                                  VIN             +
                                                                                              Uitset
                                                                               -

                                                                       VVERW
                          +V CC

                     V UIT 0 V

                          - VCC

                                                 FIGUUR 7.2

          7.2.1 Teken die insetspanning oor                   en direk daaronder teken             die
                uitsetspanninggolfvorm indien                   die   verwysingspanning            op
                2 V gestel is.                                                                              (4)

          7.2.2 Noem EEN toepassing van die operasionele versterker in FIGUUR 7.2.                          (1)

7.3       Noem die tipe op-versterkerkring wat positiewe terugvoer gebruik.                                 (1)

7.4       Verwys na FIGUUR 7.4 hieronder en teken die uitset van 'n ideale
          operasionele versterker.

                                                               +VCC
                                    2V
                                                          _
                                   -2V
                                                                               V UIT
                                    2V
                                                          +
                                   -2V

                                                               - VCC

                                  FIGUUR 7.4: OPERASIONELE VERSTERKER                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                         13                              DBE/2018
                                             SSE

7.5       Verwys na die kringbaan in FIGUUR 7.5 hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                                R 1 = 2 kΩ
                                                    Rf = 2 kΩ
                     V1
                                R 2 = 2 kΩ
                     V2
                                R3 = 2 kΩ
                                                     _
                     V3
                                                                      V UIT
                                                    +

                              FIGUUR 7.5: OP-VERSTERKERKRING

          7.5.1    Identifiseer die kringbaan in FIGUUR 7.5.                             (1)

          7.5.2    Noem EEN toepassing van die kringbaan.                                (1)

          7.5.3    Bereken die amplitude van die uitsetspanning indien V1 'n
                   amplitude van 0,5 V, V2 = 0,2 V en V3 = 0,2 V het, almal teen
                   dieselfde frekwensie.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              14                               DBE/2018
                                                  SSE

7.6       Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                   C

                              R IN
                                              -
                                                                        V UIT
                                              +
                        VIN

                        +V

                         0                                    Insetspanning (Vin)

                        -V

                        FIGUUR 7.6: INTEGREERDER OP-VERSTERKERKRING

          7.6.1         Verduidelik hoe die integreerderkring in FIGUUR 7.6 verander kan
                        word om as 'n omkeer-op-versterkerkring te werk.                         (2)

          7.6.2         Teken en benoem die gegewe insetgolfvorm en, in lyn direk onder
                        dit, teken die uitsetgolfvorm.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                               15                                  DBE/2018
                                                   SSE

7.7       Verwys na die kring in FIGUUR 7.7 hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                                Rf

                           a        b          c
                                                               +VCC
                  C1           C2        C3
                                                           -
                                                                                V UIT
                                                           +
                      R1       R2         R3
                                                               - VCC

                                                                                 0V

                      FIGUUR 7.7: RC-FASEVERSKUIWINGSOSSILLATORKRING

          Gegee:

          R1      =     R2     =    R3   = 8 kΩ
          C1      =     C2     =    C3   = 275 x 10-12 F

          7.7.1         Noem EEN toepassing van die ossillator.                                     (1)

          7.7.2         Bereken die ossillasiefrekwensie van die ossillator.                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                         16                                    DBE/2018
                                             SSE

          7.7.3         Teken FIGUUR 7.7.3 in die ANTWOORDEBOEK oor en teken die
                        golfvorm wat by punt a, b en c (in FIGUUR 7.7 op bladsy 15)
                        verteenwoordig word met verwysing na die uitset.

                                       •                           Uitset

                                                                   Inset a

                                                                   Inset b

                                                                   Inset c

                                               FIGUUR 7.7.3                                       (3)

7.8       FIGUUR 7.8 hieronder toon die inset na 'n omkeer-Schmitt-sneller. Teken die
          insetgolfsein en direk onder dit, teken die uitset vanaf die Schmitt-sneller.

                                                           Boonste
                                                          snellervlak

                                                                        Insetsein

                                                           Onderste
                                                          snellervlak

                                            FIGUUR 7.8                                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             17                               DBE/2018
                                                 SSE

7.9       Bereken die resonante frekwensie van 'n Hartley-ossillator wat uit twee spoele
          van 30 mH elk en 'n kapasitor van 0,35 µF bestaan.

          Gegee:

          L1            =   30 mH
          L2            =   30 mH
          C2            =   0,35 µF                                                              (3)

7.10      FIGUUR 7.10 hieronder toon 'n Colpitts-ossillator. Bereken die
          ossillasiefrekwensie van 'n operasionele Colpitts-ossillator wanneer 'n induktor
          van 2,6 H parallel met 'n seriekombinasie van 30 nF- en 60 nF-kapasitors
          gekoppel is.

                                                      Rf

                                                      + V CC
                                R in

                                             +
                                                                    V UIT
                                             -

                                                      - V CC
                                       C1        C2

                                            L1

                                                                     0V

                              FIGUUR 7.10: COLPITTS-OSSILLATOR

          Gegee:

          L             =   2,6 H
          C1            =   30 nF
          C2            =   60 nF                                                                (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           18                                           DBE/2018
                                               SSE

7.11      Met verwysing na FIGUUR 7.11(a) hieronder, teken die insetgolfvorm wat in
          FIGUUR 7.11(b) getoon word asook die uitsetgolfvorm direk daaronder.

                                                         +VCC

                                                     _
                        VIN
                                                                                   V UIT
                                                     +
                                                                              R1
                                                         - VCC

                                          R3                                  R2

                                                                                    0V

                                           FIGUUR 7.11(a)

                               +V

                                                                 Insetpulse

                                -V

                                                                 Uitset

                                           FIGUUR 7.11(b)                                               (5)

7.12      Beantwoord die volgende vrae met verwysing na 'n spanningsvolger.

          7.12.1        Noem die gebruik van die spanningsvolger wanneer dit tussen twee
                        kringe gekoppel word.                                                           (1)

          7.12.2        Verduidelik waarom die spanningsvolger tussen twee kringe
                        gebruik word.                                                                   (2)
                                                                                                        [50]

                                                                                           TOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                                      DBE/2018
                                               SSE

                                           FORMULEBLAD

                                                 VF(P)         NP IF(S)
DRIEFASE-WS-OPWEKKING                                           
                                                 VF(S)         NS IF(P)
Ster
                                                 DRIEFASEMOTORS- EN AANSITTERS
VL  3 VF
IL  IF                                          Ster
                                                 VL  3 VF
Delta
                                                 IL  IF
VL  VF
                                                 Delta
IL  3 IF
                                                 IL  3 IF
Drywing
                                                 VL  VF

P  3  VL  IL  Cos θ  
                                                 Drywing
Q  3 V LIL Sin θ
S  3 VL IL                                      P  3  VL  IL  Cos θ  

Cos θ 
          P                                      S  3 VL IL
          S                                      Q  3 VL IL Sin θ
P = I2Z
VF  IF  ZF                                                              PIN  verliese
                                                 Rendement  
                                                                                PIN
Twee- en driewattmetermetode
                                                 Spoed
P  P1  P2    en       P  P1  P2  P3
                                                      60  f
DRIEFASETRANSFORMATORS                           nS 
                                                         p
                                                        n  nR
Ster                                             Glip  S
                                                           nS
VL  3 VF
IL  IF                                          nR  ns (1 S)
Delta
VL  VF                                          RLC-KRINGE
IL  3 IF
                                                 XL  2 fL
                                                         1
Drywing                                          Xc 
                                                       2fC
                                                        1
P  3  VL  IL  Cos θ                        fr 
                                                      2 LC
S  3 VL IL
Q  3 VL IL Sin θ
        P
Cos θ 
        S

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                      DBE/2018
                                    SSE

Serie
                                                1
                                      fr 
IT  IR  IC  IL                            2 6RC
Z  R2  XL  XC 
                            2         T  5RC
                                      VUIT   (V1  V2  V3  ....V N)
VL  I XL
VC  I XC
                                                  V   V   V       V 
VT  I Z                              VUIT  R f  1  2  3  ... n 
                                                   R1 R 2 R3      Rn 
VT  VR  VL  VC 
             2                  2

    V
IT  T
     Z
        R
Cos θ 
        Z
             VR
Cos θ 
             VT
     XL XC VL VC 1 L
Q             
     Z   Z   VT VT R C

Parallel

VT  VR  VC  VL
     V
IR  R
     R
     V
IC  C
     XC
    V
IL  L
    XL
IT  IR  IL  IC 
         2              2

       I
Cos θ  R
       IT
     XL XC VL VC 1 L
Q             
     Z   Z   VT VT R C

VERSTERKERS

            VUIT     R 
Wins A V          F 
             VIN      RIN 
           V         R
Wins A V  UIT  1 F
           VIN      RIN
       1
fr 
     2 LC

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology May June 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2018-eng/89523607-57db-4fe9-88e0-863924324206) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Electrical Technology May June 2018 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2018-memo-eng/af9f7f90-5412-4c48-96fa-c3de2254a2f4) — Electrical Technology · Memo · 2018 · Eng
- [Electrical Technology May June 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2018-memo-afr/18563e52-7797-448e-a6eb-45ce7127e42f) — Electrical Technology · Memo · 2018 · Afr
- [ELECTRICAL TECH-S18-QP-ENG DIGITAL ELEC . D](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-qp-eng-digital-elec-d/92addf18-45bf-45d0-9702-387f5e606ffa) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng
- [ELECTRICAL TECH-S18-AFRIK-DIGITAL ELEC](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-s18-afrik-digital-elec/645306f1-7c04-42dd-b0a4-473f1e815955) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2018 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-power-systems-eng/a68e616b-2683-467b-a87c-cbea669d5fc9) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
