# Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-afr/06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-afr/06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

            ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: DIGITALE ELEKTRONIKA

                                         2022

                                                                         PUNTE: 200

                                                                           TYD: 3 uur

           Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 'n 1 bladsy-formuleblad
                                en 9 antwoordblaaie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      2                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.         Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.         Beantwoord AL die vrae.

3.         Beantwoord die volgende vrae op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE:

           VRAAG 3.3.5, 3.4.6, 3.6.1 en 3.6.2
           VRAAG 4.2.3
           VRAAG 5.3.1, 5.4.1, 5.4.2, 5.5, 5.6.1 en 5.8
           VRAAG 6.11

4.         Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer op elke ANTWOORDBLAD
           en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie.

5.         Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

6.         Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
           plekke af.

7.         Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

8.         Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.         Berekeninge moet die volgende insluit:

           9.1     Formules en manipulasies waar nodig

           9.2     Korrekte vervanging van waardes

           9.3     Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing

10.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

11.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      3                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.15) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1        Die laag/lae van die vel wat deur 'n derdegraadse brandwond aangetas word,
           is ...

           A     die buitenste laag.
           B     die tweede laag.
           C     al die lae van die vel
           D     Geeneen van die bogenoemde nie                                                     (1)

1.2        'n ...-kring word gebruik om 'n verwronge insetsein suiwer te maak.

           A     Integreer
           B     Differensieerder
           C     Schmittsneller
           D     Vergelyker                                                                         (1)

1.3        Oopluswins met verwysing na op-versterkers is wanneer ...

           A     'n terugvoerweerstand van die uitset na die omkeerinset verbind word.
           B     geen terugvoerweerstand van die uitset na die inset verbind word nie.
           C     'n kapasitor van die uitset met die omkeerinset verbind word.
           D     'n terugvoerweerstand van die uitset na die nie-omkeerinset gekoppel
                 word.
                                                                                                    (1)

1.4        Wanneer 'n driehoekgolfvorm op die inset van 'n differensieerder toegepas
           word, sal die uitsetgolfvorm 'n ... wees.

           A     GS-vlak
           B     omgekeerde driehoekgolfvorm
           C     eerste harmoniese frekwensie van die driehoekgolfvorm
           D     vierkantsgolfvorm                                                                  (1)

1.5        Die basiese kring van 'n passiewe RC-differensieerder is 'n ...

           A     kapasitor in serie met die inset en 'n weerstand in parallel met die uitset.
           B     weerstand in serie met die inset en 'n kapasitor in parallel met die uitset.
           C     weerstand in serie met die inset en 'n weerstand in parallel met die
                 uitset.
           D     kapasitor in serie met die inset en 'n kapasitor in parallel met die uitset.       (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      4                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

1.6        Faseverskuiwing deur 'n op-versterker word deur die ... veroorsaak.

           A     afsnyfrekwensie
           B     interne RC-kringe
           C     kerffrekwensie
           D     eenheidswinsfrekwensie                                                             (1)

1.7        Negatiewe terugvoer in 'n op-versterker ...

           A     verhoog die inset- en uitsetimpedansies.
           B     verminder die uitsetimpedansie en die bandwydte.
           C     verhoog die insetimpedansie en die bandwydte.
           D     beïnvloed nie impedansies of bandwydte nie.                                        (1)

1.8        'n ...-uitset is die transistorkollektor wat aan die LUD se katode gekoppel is.

           A     Voedings
           B     Dreinerings
           C     Verspreidings
           D     Absorberings                                                                       (1)

1.9        Die ... word ontwerp om insetdata in desimale vorm te ontvang en om
           hierdie inligting na sy binêre vorm om te skakel.

           A     dekodeerder
           B     sewesegmentvertoon
           C     enkodeerder
           D     halfopteller                                                                       (1)

1.10       'n Kombinasie-logikakring wat 'n EN-hek met 'n eksklusiewe OF-hek (XOF)
           kombineer, word 'n ... kring genoem.

           A     halfopteller-
           B     volopteller-
           C     parallelopteller-
           D     rekenkundige                                                                       (1)

1.11       Die ... is waar die tydsein effens deur elke wipkring deur 'n fraksie van tyd
           vertraag word.

           A     rimpelteller
           B     afteller
           C     frekwensieverdeler
           D     voortplantingsvertraging                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      5                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

1.12       'n Vinnige tydelike geheue wat toelaat dat inligting deur die stelsel gestoor
           en herwin kan word, word die ... genoem.

           A     LSG ('ROM')
           B     ETG ('RAM')
           C     SVE
           D     I/U-eenheid                                                                      (1)

1.13       'n Register wat die adres en status bevat van die volgende instruksie wat
           verwerk moet word en ook die prosesseerder van die volgende instruksie in
           kennis stel, word die ... genoem.

           A     programteller
           B     geheue-adresregister
           C     akkumulator
           D     huidige instruksieregister                                                       (1)

1.14       Die bus wat gebruik word om die geheue-adres van die geheue- en
           inset-/uitsetpoorte na die SVE te stuur, word die ...-bus genoem.

           A     koppel
           B     beheer
           C     data
           D     adres                                                                            (1)

1.15       EEN voordeel van die serierandtoestel-koppelvlakbus (SPI) is dat dit ...

           A     nie buite die EKB ('PCB') kan versend nie.
           B     vir geraas gevoelig is.
           C     hoëspoed-volduplekskommunikasie onderhou.
           D     slegs een meestertoestel op die bus onderhou.                                    (1)
                                                                                                  [15]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      6                                 DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1        Verduidelik die term masjinerie met verwysing na            die   Wet     op
           Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                            (2)

2.2        Verduidelik die term kritieke noodgeval met verwysing na noodgevalle.               (2)

2.3        Noem TWEE stappe wat jy moet neem wanneer jy 'n brand in 'n elektriese
           werkswinkel ontdek.                                                                 (2)

2.4        Noem die belangrikheid van die dra van 'n gesigmasker in die werkswinkel.           (2)

2.5        Noem TWEE omgewingsoorwegings wanneer daar tydens                        die
           vervaardigingsproses van etskringborde met chemikalieë gewerk word.                 (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika         7                                    DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 3: SKAKELKRINGE

3.1        Noem die tipe multivibrator wat:

           3.1.1      Een pulssiklus van 'hoog' en 'laag' genereer wanneer 'n snellerpuls
                      op die inset toegepas word                                                       (1)

           3.1.2      Van toestand verander wanneer 'n snellerpuls toegepas word en in
                      daardie toestand bly                                                             (1)

3.2        Verwys na FIGUUR 3.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                +9V

                         R2            R1
                        10 k          10 k
                                                                            R3
                                                      4       8           470
                                                      7   555         3
                                                      6
                                                      2
                                                          1       5
                                                                                 LUD

                            Stel      Herstel
                                                                       C1
                                                                      10 nF

                               FIGUUR 3.2: BISTABIELE MULTIVIBRATOR

           3.2.1      Noem die funksie van weerstande:

                      (a)      R1                                                                      (1)

                      (b)      R3                                                                      (1)

           3.2.2      Identifiseer die toestand van die LUD wanneer snellerpen 2 hoog is.              (1)

           3.2.3      Verduidelik wat in die kring gebeur wanneer die stelskakelaar
                      gedruk word.                                                                     (2)

           3.2.4      Verduidelik die doel daarvan om pen 6 te aard.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika          8                             DBE/2022
                                                  SS/NSS

3.3        FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n op-versterker as 'n vergelyker. Die weerstand
           van die LAR verhoog soos wat die ligvlak daal.

                                                             +V

                             R1
           V       Vin    100 k
                                                                   R3
                          Vverw                                    1k
                                                           741
                           t
                                            R2
                                          100 k                                    LUD 2
                               LAR                                  LUD 1           wit
                                                                     rooi

                                                                                   0V
                                                             -V

           FIGUUR 3.3: OP-VERSTERKER-VERGELYKER AS 'N DONKERSENSOR

           3.3.1         Noem die doel van R2 .                                                  (1)

           3.3.2         Verduidelik hoe 'n verhoging in die ligvlak die spanning op die
                         nie-omkeerinset beïnvloed.                                              (2)

           3.3.3         Verduidelik die werking van die kring met verwysing na die
                         spannings op die insetterminale en die uitsetspanning.                  (3)

           3.3.4         Voorspel die toestand van LUD1 en LUD2 wanneer die spanning op
                         die omkeerterminaal groter as die spanning op die nie-
                         omkeerterminaal is.                                                     (2)

           3.3.5         Teken die uitset op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.3.5.                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika       9                                     DBE/2022
                                               SS/NSS

3.4        Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              VIN                   +10 V
            V
             0
                          t                                               VUIT

                                                                    RF
                                                    -10 V          9k
                   1V
                     0
                                       t                            R1
                   -1 V
                                                                   1k
                                                                          0V

                                     FIGUUR 3.4: SCHMITTSNELLER

           3.4.1      Identifiseer die tipe Schmittsnellerkring.                                      (1)

           3.4.2      Bepaal die waarde van die uitsetspanning wanneer die spanning op
                      die nie-omkeerinset -1 V is.                                                    (1)

           3.4.3      Noem of hierdie kring positiewe of negatiewe terugvoer gebruik.                 (1)

           3.4.4      Verduidelik die werking van die kring met verwysing na die inset- en
                      snellerspanningsvlakke.                                                         (4)

           3.4.5      Voorspel hoe 'n verhoging in             die   waarde    van    R1    die
                      snellerspanningsvlak sal beïnvloed.                                             (1)

           3.4.6      Teken die uitsetsein op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.4.6.                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                10                                       DBE/2022
                                                         SS/NSS

3.5        Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                         RF 100 k
                                       C1         R1 10 k
               0,4 V

                                       C2         R2 10 k                     +9 V
               0,5 V                                                      -

                                       C3         R3 10 k                 +
              0,25 V                                                                                    VUIT
                                                                              -9 V
                                                                         0V

                                  FIGUUR 3.5: SOMMEERVERSTERKER

           3.5.1       Die verstelbare weerstand RF dien 'n dubbele doel. Noem beide
                       doelwitte.                                                                                 (2)

           3.5.2       Bereken die uitsetspanning wanneer RF se waarde 78,26 kΩ is.                               (3)

           3.5.3       Verduidelik hoe 'n verhoging in die waarde van RF die wins van die
                       versterker beïnvloed.                                                                      (1)

           3.5.4       Beskryf waarom dit nie aanbeveel word dat die waarde van RF
                       78,26 kΩ oorskry nie.                                                                      (4)

           3.5.5       Verduidelik hoe hierdie beperking oorkom kan word sonder om die
                       waarde van enige van die weerstande te verander.                                           (2)

3.6        Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   V                                               R
                                                                  1 kΩ
             Inset
                                                       VIN                            VUIT
                                                  t
                                                   Vtoevoer                     C
            Uitset                                                            10 µF

                                              t

                             FIGUUR 3.6: PASSIEWE RC-INTEGREERDER

           3.6.1       Teken die uitset wanneer die waarde van C na 1 µF verander word op
                       die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.6.1.                                                          (3)

           3.6.2       Teken die uitset wanneer die waarde van C na 100 µF verander word
                       op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 3.6.2.                                                       (3)
                                                                                                                  [50]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika         11                              DBE/2022
                                                  SS/NSS

VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE

4.1        FIGUUR 4.1 hieronder toon die 555-GS ('IC'). Beantwoord die vrae wat volg.

                                    0V        1              8   +Vcc

                              SNELLER         2              7   ONTLAAI
                                                    555 IC
                                UITSET        3              6   DREMPEL
                                                                  BEHEER-
                               HERSTEL 4                     5
                                                                 SPANNING

                                  FIGUUR 4.1: 555-GS('IC')-PENUITLEG

           4.1.1        Beskryf die funksies van pen 6 kortliks met verwysing na die
                        555-GS ('IC').                                                            (3)

           4.1.2        Noem die strekking van die toevoerspannings waarteen die
                        555-GS ('IC') funksioneer.                                                (2)

           4.1.3        Verduidelik die funksie van die SR-wipkring in die interne kring van
                        die 555-tydreëlaar.                                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      12                                       DBE/2022
                                               SS/NSS

4.2        Verwys na FIGUUR 4.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                    Vcc = +5 V tot 15 V

                            R1            R2                8           4
                                                                                      Vuit
                                                        7                   3
                                                            555 GS ('IC')
                                                        6
                1
                                                        2
                0                                               5           1
                 Sneller-
                  inset                  C1
                                                C = 0,01 µF
                   (S1)

                                                                                       0V

                                 FIGUUR 4.2: 555-GS('IC')-MULTIVIBRATOR

           4.2.1        Identifiseer die multivibrator in FIGUUR 4.2.                                   (1)

           4.2.2        Gee 'n kort beskrywing van wat gebeur wanneer die druk-om-te-
                        maak-skakelaar (S1) geaktiveer word.                                            (4)

           4.2.3        Teken op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 4.2.3 die
                        spanningsgolfvorm      van     kapasitor       C1     en      die
                        uitsetspanningsgolfvorm wanneer die snellerinset gedruk word.                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika         13                               DBE/2022
                                                  SS/NSS

4.3        Verwys na die astabiele multivibrator in FIGUUR 4.3 hieronder wat 'n
           uitsetfrekwensie van 1 hertz het. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                      9V

               R1

                                              4       8
                                       7
                                                               3
                                                                                    Vuit
                                                  555                            f = 1 Hz
               R2                                                       R3

                                       6

                                       2 1                 5            LUD

              C1                                                   C2

                                                                                      0V

                              FIGUUR 4.3: ASTABIELE MULTIVIBRATOR

           4.3.1        Verduidelik die modus (staat) van die LUD.                                 (2)

           4.3.2        Verduidelik die effek op die LUD wanneer:

                        (a)   R2 gehalveer word                                                    (1)

                        (b)   Die waarde van C1 verdubbel word                                     (1)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika       14                                     DBE/2022
                                                SS/NSS

VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE

5.1        Beantwoord  die     volgende             vrae    met     verwysing       na     die
           LUD-sewesegmentvertoon.

           5.1.1        Beskryf die    verskil  tussen     gemeenskaplike-anode-            en
                        gemeenskaplike-katode-verbindings.                                           (2)

           5.1.2        Teken die kring van 'n voedings- digitale uitset wat 'n LUD en 'n
                        transistor gebruik. Dui die rigting van stroomvloei by die uitset aan.       (5)

5.2        Verwys na FIGUUR 5.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                              Rooster A            Rooster B

                                                                           90º-
                                                                          rotasie
                            Uitgestraalde
                                 lig

                                 FIGUUR 5.2: POLARISEERROOSTERS

           5.2.1        Verduidelik die proses wanneer liggolwe deur rooster A deurgelaat
                        word.                                                                        (2)

           5.2.2        Noem die effek wat rooster B op die liggolwe het.                            (1)

5.3        Beantwoord die volgende vrae met verwysing na enkodeerders en
           dekodeerders.

           5.3.1        Voltooi die kringdiagram van 'n driesyfer- desimale inset tot
                        twee-bis- binêre uitset-enkodeerder op die ANTWOORDBLAD vir
                        VRAAG 5.3.1.                                                                 (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      15                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

           5.3.2        FIGUUR 5.3.2 hieronder toon 'n kringdiagram van 'n tweesyfer-
                        binêre inset na viersyfer- desimale uitsetdekodeerder. Bepaal die
                        uitset by W, X, Y en Z wanneer inset A '02' en inset B '12' is.

                                  A=0

                                  B=1
                                                                                W

                                                                                X

                                                                                Y

                                                                                Z

                                                   FIGUUR 5.3.2                                      (4)

5.4        FIGUUR 5.4 hieronder verteenwoordig die logikasimbool van 'n D-tipe
           wipkring.

                                         D                          Q

                                        KLK

                                                                    Q

                                              FIGUUR 5.4

           5.4.1        Voltooi die logikakring van hierdie wipkring deur die inligting op die
                        ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.1 gegee, te gebruik.                              (6)

           5.4.2        Voltooi die waarheidstabel van hierdie wipkring in die tabel
                        hieronder op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.4.2.

                                    INSETTE                    UITSETTE
                                  KLK       D              Q              Q
                                    0         0                Grendel
                                    0         1
                                    1         0
                                    1         1
                                              TABEL 5.4.2                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika         16                                              DBE/2022
                                                  SS/NSS

5.5        FIGUUR 5.5 hieronder verteenwoordig die logikasimbool van 'n volopteller.
           Voltooi die logikakring van die volopteller deur die inligting op die
           ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.5 gegee, te gebruik.

                                         A
                                                                            Σ

                                         B
                                                  V/O
                                                                           CO
                                        Ci

                                                  FIGUUR 5.5                                                      (8)

5.6        Verwys na FIGUUR 5.6 hieronder van 'n driestadium- binêre teller en
           beantwoord die vrae wat volg.

                                1                  A                 B                                  C

                                        FF0                FF1                           FF2
                                        SET                SET                           SET
                                    J         Q        J         Q                   J         Q

                                    K   CLR   Q        K   CLR   Q                   K   CLR   Q

                 Inset-
               klokpulse

                              FIGUUR 5.6: DRIESTADIUM- BINÊRE TELLER

           5.6.1           Voltooi die tydsdiagramme vir                 hierdie   teller          op       die
                           ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.6.1.                                                          (8)

           5.6.2           Noem of die kring in FIGUUR 5.6 sinkroon of asinkroon is.                              (1)

5.7        Noem TWEE toepassings van die op/afteller.                                                             (2)

5.8        Voltooi die skets van 'n 4-bis-serie-in: serie-uit-skuifregister deur die inligting
           op die ANTWOORDBLAD vir VRAAG 5.8 gegee, te gebruik.                                                   (7)
                                                                                                                  [55]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika      17                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS

6.1        Noem TWEE gebruike van 'n mikrobeheerder in industriële beheertoestelle.               (2)

6.2        Teken die SVE se sekwensiële werk(aftasting)-siklus.                                   (4)

6.3        Verduidelik die verskil tussen 'n mikroverwerker en 'n mikrobeheerder met
           verwysing na die hardeware van mikrobeheerders.                                        (4)

6.4        Verwys na registers binne die SVE en beantwoord die vrae wat volg.

           6.4.1        Verduidelik die funksie van 'n geheuedataregister (GDR).                  (2)

           6.4.2        Verduidelik die funksie van 'n huidige instruksieregister (HIR).          (3)

6.5        Verwys na kommunikasie in 'n mikrobeheerder en definieer die term
           hardeware-koppelvlak.                                                                  (2)

6.6        Teken 'n blokdiagram van volduplekskommunikasie.                                       (4)

6.7        Beantwoord die volgende vrae wat met verwysing na seriekommunikasie-
           koppelvlak.

           6.7.1        Skryf die afkorting UART volledig uit.                                    (1)

           6.7.2        Noem DRIE voordele van die UART.                                          (3)

           6.7.3        Verduidelik die werking van die UART.                                     (6)

6.8        Beantwoord die vrae wat volg met verwysing na kommunikasieprotokolle.

           6.8.1        Noem DRIE toepassings van die RS-485.                                     (3)

           6.8.2        Noem die lynkonfigurasie van die RS-485.                                  (1)

6.9        Noem die doel van 'n analoog-na-digitale omsetter (ADO) met verwysing na
           die hardeware van mikrobeheerders.                                                     (3)

6.10       Verduidelik die verhouding tussen algoritmes en vloeidiagramme met
           verwysing na die sagteware van mikrobeheerders.                                        (4)

6.11       Voltooi die vloeidiagram van 'n moniteringstelsel by 'n vulstasie op die
           ANTWOORDBLAD vir VRAAG 6.11.

           'n Vulstasie het drie tenks wat elk 'n vlakmoniteringsensor het. Die sensors
           sal geaktiveer word wanneer die brandstofvlak die bodem van elke tenk
           bereik. Die alarm sal geaktiveer word as enige van die sensors geaktiveer
           word. Die stelsel moet 'n herstelfunksie insluit. GEEN tydvertraging word
           benodig NIE.                                                                           (8)
                                                                                                  [50]

                                                                                   TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                 DBE/2022
                                                 SS/NSS

                                              FORMULEBLAD

HALFGELEIERTOESTELLE
          V          RF                           RF
Wins A V  UIT         OF           AV  1
           VIN       RIN                          RIN
               R 
VUIT  VIN    F 
               RIN 
                 R 
VUIT  VIN  1  F 
                 RIN 
SKAKELKRINGE
               RF     R         R 
 UIT   
VOUT      V1       V2 F  ...VN F 
               R1     R2        RN 
                VUIT      VUIT
Wins A V            
                VIN V1  V2  ...VN 
 UIT   ( V1  V2  ...VN )
VOUT

VLOEIKAARTSIMBOLE

                                      Proses

                                       Besluit

                                       Afsluiter

                                         Data

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                        DBE/2022
                                                  SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 3: SKAKELKRINGE

3.3.5                         Vin
                V

                                        Vverw
            Inset

                                          t

                                        Vvers
                                                                        Dra punte na
                                                                        antwoordeboek oor
          Uitset

                                                                                        MOD
                                      t
                               FIGUUR 3.3.5                                                   (3)

3.4.6         +V

                                                Boonste sneller-
                                                   spanning

                0

                                                Onderste sneller-
                                                   spanning

               -V

           +Vvers

                0                                                   Dra punte na
                                                                    antwoordeboek oor

                                                                                 MOD
            -Vvers
                               FIGUUR 3.4.6                                                   (4)

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                           DBE/2022
                                                              SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

3.6.1              V

            Inset

                                                          t

                                                      Vtoevoer
                                                                       Dra punte na
                                                                       antwoordeboek oor
           Uitset

                                                  t                                 MOD

                              FIGUUR 3.6.1                                                       (3)

3.6.2            V

            Inset

                                                      t

                                                  Vtoevoer
                                                                        Dra punte na
                                                                        antwoordeboek oor
          Uitset

                                              t                                      MOD

                              FIGUUR 3.6.2                                                       (3)

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                        DBE/2022
                                              SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 4: HALFGELEIERTOESTELLE

4.2.3
                        V
                                                Sneller-     t
                                                 inset

               Kapasitor-
               spanning

                                                                 t   Dra punte na
                                                                     antwoordeboek oor

                Uitset-
               spanning
                                                                                 MOD

                                                                 t
                                              FIGUUR 4.2.3                                    (4)

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                    DBE/2022
                                                   SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 5: DIGITALE EN SEKWENSIËLE TOESTELLE

5.3.1
                                                                        +5 V

                                   R1         R2   R3

                            S1
             1
                                                                          A0
                            S2
             2

                            S3
             3                                                            A1

                                                                  Dra punte na
                                                                  antwoordeboek oor

                                                                               MOD

                                                   FIGUUR 5.3.1                           (6)

Kopiereg voorbehou

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                DBE/2022
                                               SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

5.4.1

            D
                                                             Q

         KLK

                                                             Q

                                                             Dra punte na
                                                             antwoordeboek oor

                                                                         MOD

                                              FIGUUR 5.4.1                            (6)

Kopiereg voorbehou

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                  DBE/2022
                                              SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

5.4.2
                     INSETTE                      UITSETTE
                   KLK       D                Q              Q
                     0              0             Grendel         Dra punte na
                                                                  antwoordeboek oor
                     0              1
                     1              0
                     1              1
                                                                               MOD

                                              TABEL 5.4.2                               (3)

5.5

            Ci
                                                                               Σ

             A
                                                                              Co
             B

                                                                 Dra punte na
                                                                 antwoordeboek oor

                                                                             MOD

                                              FIGUUR 5.5                                (8)

Kopiereg voorbehou

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                          DBE/2022
                                                  SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

5.6.1
                              1       2       3       4     5    6   7     8
             Klokpulse

               Uitset A

               Uitset B

               Uitset C

                                                                         Dra punte na
                                                                         antwoordeboek oor

                                                                                     MOD

                                                  FIGUUR 5.6.1                                  (8)

Kopiereg voorbehou

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                                                    DBE/2022
                                                        SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

5.8
             Serie-
            data in
                         D       Q
                               FFA
              Klok       KLK     Q
                                              D     Q
                                                  FFB

                                          KLK       Q

                                                                 D       Q
                                                                       FFC
                                                                 KLK     Q
                                                                                                Serie-
                                                                             D       Q         data uit
                                                                                   FFD
                                                                             KLK     Q

                                                                                   Dra punte na
                                                                                   antwoordeboek oor

                                                                                               MOD

                                                        FIGUUR 5.8                                        (7)

Kopiereg voorbehou

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Digitale Elektronika                               DBE/2022
                                              SS/NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

VRAAG 6: MIKROBEHEERDERS

6.11

                        Begin

                                                            Dra punte na
                                                            antwoordeboek oor

                                                                        MOD

                                              FIGUUR 6.11                            (8)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-eng/d566fd2a-d854-43c7-887f-043f219d6078) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Power English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-power-english/5dde0506-b8db-4a28-a65d-02c30160901e) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-english/924ce4d5-b0c3-4149-a3f9-e96ddcf13df1) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-electronics-eng/13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-power-systems-eng/e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
