# Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-power-systems-afr/cfceae94-f528-43ae-9f39-a7b309c5bace
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-power-systems-afr/cfceae94-f528-43ae-9f39-a7b309c5bace)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                        2022

                                                                         PUNTE: 200

                                                                          TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           2                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
          af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          7.1          Formules en manipulasies waar nodig

          7.2          Korrekte vervanging van waardes

          7.3          Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           3                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (AD) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.15) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1       Die laag/lae van die vel wat deur 'n derdegraadse brandwond aangetas
          word, is ...

          A      die buitenste laag.
          B      die tweede laag.
          C      al die lae van die vel.
          D      Geeneen van die bogenoemde nie                                                  (1)

1.2       Die drywingsfaktor in 'n RLC-seriekring sal nalopend wees indien VL ...

          A      groter as VC is.
          B      kleiner as VC is.
          C      gelyk aan VC is.
          D      Geeneen van die bogenoemde nie                                                  (1)

1.3       'n Kring het 'n weerstand van R ohm, 'n induktansie van L henry,
          'n kapasitansie van C farad en is in serie verbind. Die arbeidsfaktor van die
          kring sal eenheidswaarde (1) bereik wanneer ...

          A      XL kleiner as XC is.
          B      XL groter as XC is.
          C      XL = XC.
          D      R = 0.                                                                          (1)

1.4       Watter EEN van die volgende toestande kom in 'n resonante parallelle RLC-
          kring voor?

          A      Die impedansie is minimum.
          B      Die impedansie is maksimum.
          C      Die totale stroomvloei is maksimum.
          D      Die drywingsfaktor is nalopend.                                                 (1)

1.5       Noem die tipe transformator wat direk na opwekking gebruik word met
          verwysing na opwekking en verspreiding van elektrisiteit:

          A      Verlagingstransformator
          B      Verhogingstransformator
          C      Outotransformator
          D      Eenfasetransformator                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            4                                     DBE/2022
                                            SS/NSS

1.6       Nadat drywingsfaktor-verbeteringkapasitors in parallel met 'n las gekoppel is,
          het die drywingsfaktor van 0,6 tot 0,9 verhoog. Indien die las dieselfde bly, sal
          die stroomvloei wat vanaf die toevoer getrek word ...

          A      toeneem.
          B      afneem.
          C      dieselfde bly.
          D      verdubbel.                                                                        (1)

1.7       Drywingsfaktor is die ...

          A      ware drywing wat deur die las verbruik word.
          B      drywing wat deur 'n suiwer induktiewe of suiwer kapasitiewe las verbruik
                 word.
          C      produk van lynspanning en lynstroom.
          D      verhouding van ware drywing tot skyndrywing.                                      (1)

1.8       'n Verkoelingsmetode wat vir 'n droë tipe transformator gebruik word, is ...

          A      geforseerde lug.
          B      geforseerde olie, geforseerde lug.
          C      geforseerde olie, geforseerde water.
          D      natuurlike olie.                                                                  (1)

1.9       Die oordrag van energie vanaf die primêre wikkeling na die sekondêre
          wikkeling in transformators vind deur ... plaas.

          A      self-induksie
          B      'n elektriese verbinding
          C      wedersydse induksie
          D      'n optiese verbinding                                                             (1)

1.10      Die minimum toelaatbare waarde vir 'n isolasieweerstandstoets tussen
          wikkelinge is ...

          A      1 kΩ.
          B      10 kΩ.
          C      100 kΩ.
          D      1 MΩ.                                                                             (1)

1.11      Die doel van 'n nulspanningsrelê is om ...

          A      'n motor in staat te stel om na 'n kragonderbreking outomaties aan te
                 skakel.
          B      die spanning van 'n driefasemotor te verhoog.
          C      te verhoed dat 'n motor outomaties aanskakel nadat 'n kragonderbreking
                 herstel is.
          D      die hoeveelheid stroom wat deur 'n motor getrek word, te monitor.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           5                                       DBE/2022
                                           SS/NSS

1.12      Die aansitdrukknop wat in 'n motorbeheerkring gebruik word, is ...

          A      normaal oop.
          B      oop-relêkontak.
          C      normaal toe.
          D      geslote-relêkontak.                                                                (1)

1.13      ... is die masjientaal wat op 'n rekenaar geïnstalleer is of in 'n PLB se
          beheerprogram ingeskryf is.

          A      Hardeware
          B      Sagteware
          C      Fermware
          D      Elektronika                                                                        (1)

1.14      Watter gedeelte van die PLB se aftastingsiklus voer die geprogrammeerde
          instruksies uit?

          A      Insetaftasting
          B      Prosesaftatsting
          C      Uitsetaftasting
          D      Hardeware-aftasting                                                                (1)

1.15      'n Verstelbare spoedbeheerder waar die toevoerspanning wat op die motor
          toegepas word direk aan die frekwensie verwant is, word 'n ... genoem.

          A      V/Hz-drywer
          B      frekwensiedrywer
          C      vektordrywer
          D      Al die bogenoemde                                                                  (1)
                                                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          6                                    DBE/2022
                                          SS/NSS

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Verduidelik die term masjinerie met verwysing na              die   Wet     op
          Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                             (2)

2.2       Verduidelik die term kritieke noodgeval met verwysing na noodgevalle.                (2)

2.3       Noem TWEE stappe wat jy moet neem wanneer jy 'n brand in 'n elektriese
          werkswinkel ontdek.                                                                  (2)

2.4       Noem die belangrikheid van die dra van 'n gesigmasker in die werkswinkel.            (2)

2.5       Noem TWEE omgewingsoorwegings wanneer daar tydens                          die
          vervaardigingsproses van etskringborde met chemikalieë gewerk word.                  (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              7                                    DBE/2022
                                              SS/NSS

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1       Definieer fasordiagram met verwysing             na   RLC-kringe   wat    oor    'n
          wisselspanningstoevoer gekoppel is.                                                       (2)

3.2       FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat uit 'n resistor met 'n
          weerstand van 10 Ω, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van 14 Ω en 'n
          kapasitor met 'n kapasitiewe reaktansie van 8 Ω bestaan wat almal oor 'n
          wisselstroomtoevoer van 100 Hz verbind is.

                          R = 10 Ω             XL = 14 Ω              XC = 8 Ω

                        150 V                   180 V                   90 V

                                               100 Hz
                                      FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING

          Gegee:

          R       =    10 Ω
          XC      =     8Ω
          XL      =    14 Ω
          VR      =    150 V
          VL      =    180 V
          Vc      =    90 V
          f       =    100 Hz

          3.2.1        Bereken die totale toevoerspanning wat op die kring toegepas
                       word.                                                                        (3)

          3.2.2        Bespreek of die drywingsfaktor voorlopend of nalopend is.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 8                               DBE/2022
                                                 SS/NSS

3.3       Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                      C
                                      IC = 4 A

                                                      L
                                      IL = 6 A

                                      IR = 4 A        R

                                      IT

                                                     WS-
                                                   toevoer

                                FIGUUR 3.3: PARALLELLE RLC-KRING

          Gegee:

          IC      =   4A
          IL      =   6A
          IR      =   4A

          3.3.1        Bereken die totale stroomvloei.                                            (3)

          3.3.2        Bereken die fasehoek.                                                      (3)

          3.3.3        Teken die fasordiagram vir FIGUUR 3.3.                                     (4)

          3.3.4        Motiveer met 'n rede of die kring oorwegend kapasitief of induktief
                       is.                                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                         9                                    DBE/2022
                                                         SS/NSS

3.4       Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 V = 600 V
                                              R = 2,2 k Ω         L = 10 mH            XC = 150 Ω
                 fr = 2,387 kHz

                                      FIGUUR 3.4: RESONANTE RLC-KRING

          3.4.1            Bereken die kwaliteitsfaktor van die kring.                                      (3)

          3.4.2            Bereken die bandwydte.                                                           (3)

          3.4.3            Bereken die waarde van die kapasitor.                                            (3)

          3.4.4            Definieer die term selektiwiteit met verwysing na resonante kringe.              (2)

3.5       Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                  P
                                                             +V
           +V
                                                                  V

                                      V                                                        Gemiddelde
                      I                                                                         drywing
                                                                  I

            00                                           t   00                            t
                           o 180o   270   o
                                                                      o 180
                                                                           o           o
                          90                      360o
                                                                  90                 360

           -V                                                -V

                                (A)                                            (B)

             FIGUUR 3.5: STROOMVLOEI, SPANNING EN DRYWINGGOLFVORMS

          3.5.1            Verklaar met 'n rede die tipe komponent wat die golfvorm in
                           FIGUUR 3.5 (A) veroorsaak.                                                       (2)

          3.5.2            Identifiseer die komponent waaroor die drywing in FIGUUR 3.5 (B)
                           versprei word. Motiveer jou antwoord.                                            (2)
                                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            10                                     DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      +V              L1    L2         L3

                        0
                                                                                 t

                      -V
                                           120º       120º     120º
                                  FIGUUR 4.1: DRIEFASEGOLFVORM

          4.1.1        Skryf die tipiese lynspanningswaarde van 'n driefasetoevoer vir die
                       verbruiker neer.                                                             (1)

          4.1.2        Skryf die standaard internasionale kleurkode vir L1, L2 en L3 neer.          (3)

          4.1.3        Teken 'n fasordiagram vir die golfvorms in FIGUUR 4.1.                       (5)

4.2       Noem die DRIE netwerkstadiums van die nasionale kragnetwerk in die
          KORREKTE volgorde.                                                                        (3)

4.3       Verklaar hoe die volgende in 'n ster-gekoppelde stelsel gemeet word:

          4.3.1        Lynspanning                                                                  (1)

          4.3.2        Fasespanning                                                                 (1)

4.4       Verduidelik reaktiewe drywing in 'n WS-stelsel.                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            11                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

4.5       'n Driefasegenerator verskaf krag aan 'n ster-gekoppelde las. Die
          fasespanning van die las is 230 V met 'n lynstroom van 35 ampère. Die
          fasehoek is 18º.
          Gegee:
           Vf     = 230 V
           IL     = 35 A
           θ      = 18º
          Bereken die volgende:
          4.5.1        Die lynspanning                                                                (3)
          4.5.2        Skyndrywing                                                                    (3)
          4.5.3        Reaktiewe drywing                                                              (3)
          4.5.4        Ware drywing                                                                   (3)
4.6       Verwys na FIGUUR 4.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die
          lesings op die wattmeters is W 1 = 960 W en W 2 = 870 W.

                                                W1

                                      R                         R
                                             Spoel 1

                                             Spoel 2
                                      Y                            Y

                                             Spoel 2
                                      B                            B
                                             Spoel 1
                                                W2

                              FIGUUR 4.6: TWEEWATTMETERMETODE

          Gegee:
          W1      =   960 W
          W2      =   870 W
          4.6.1        Identifiseer die volgende spoele:

                       (a)     Spoel 1 van W1                                                         (1)

                       (b)     Spoel 2 van W2                                                         (1)
          4.6.2        Noem TWEE voordele              van   die       gebruik   van   hierdie
                       wattmetermetode.                                                               (2)

          4.6.3        Bereken die totale drywing van die stelsel.                                    (3)
                                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          12                                     DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Noem TWEE tipes transformatorkernkonstruksies               wat   in     driefase-
          transformators gebruik word.                                                           (2)

5.2       Verduidelik waarom diëlektriese olie in 'n transformator gebruik word.                 (2)

5.3       Noem waar die Buchholz-relê in 'n olieverkoelde transformator geleë is.                (2)

5.4       Teken 'n driefase-delta-ster-verlagingstransformatoreenheid deur drie identiese
          enkelfasetransformators te gebruik.                                                    (7)

5.5       'n 10 kVA-driefasetransformator het 'n koperverlies van 300 W en 'n
          kernverlies van 50 W. Die stelsel werk teen 'n drywingsfaktor (d.f.) van 0,8.

          Gegee:

          koperverlies      =    300 W
          kernverlies       =    50 W
          d.f.              =    0,8
          S                 =    10 kVA

          Bereken die volgende:

          5.5.1        Uitsetdrywing                                                             (3)

          5.5.2        Rendement                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 13                                    DBE/2022
                                                  SS/NSS

5.6       FIGUUR 5.6 hieronder toon 'n driefase-delta-ster-transformator.

                                 2A                                              P = 18 kW

                                                                         240 V

                TOEVOER
                          6 kV
                                                                                    LAS

                                 FIGUUR 5.6: DRIEFASETRANSFORMATOR

          Gegee:

          VL1         =    6 kV
          IL1         =    2A
          Vf2         =    240 V
          P           =    18 kW

          Bereken die volgende:

          5.6.1            Aanslag van die transformator (skyndrywing)                                 (3)

          5.6.2            Drywingsfaktor van die las                                                  (3)

          5.6.3            Primêre fasespanning                                                        (2)

          5.6.4            Windingsverhouding                                                          (3)
                                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                         14                                          DBE/2022
                                                          SS/NSS

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1       Noem TWEE kontinuïteitstoetse wat op 'n driefasemotor uitgevoer kan word.                                  (2)

6.2       Verduidelik die                term       neutralisering    ('cogging')   met       verwysing    na
          induksiemotors.                                                                                            (2)

6.3       Noem TWEE voordele van kourotor-tipe induksiemotors bo draadwikkeling-
          en sleepring-induksiemotors.                                                                               (2)

6.4       Noem TWEE toepassings van kourotor-induksiemotors waar konstante spoed
          en wringkraglewering noodsaaklik is.                                                                       (2)

6.5       Benoem punte A, B en C op die kenkromme in FIGUUR 6.5 hieronder.                                           (3)

                                   geklemde rotor-                             B
                                     wringkrag
                            200
                                                A

              % wringkrag
                                                                                          C
                            100

                                                                                              nullas-
                                                                                              spoed
                             0
                                                          50                        100
                                                                     % spoed

                                  FIGUUR 6.5: SPOED-VS-WRINGKRAGKENKROMME

6.6       Onderskei tussen sinchrone spoed en rotorspoed.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           15                                DBE/2022
                                            SS/NSS

6.7       Die rotor van 'n driefase-induksiemotor met 3 poolpare per fase roteer teen
          950 r/min wanneer dit aan 'n 380 V-/50 Hz-toevoer verbind is.

          Gegee:

          VL      = 380 V
          f       = 50 Hz
          nr      = 950 r/min
          p       = 3

          Bereken die volgende:

          6.7.1        Sinchrone spoed van die motor                                          (3)

          6.7.2        Persentasie glip                                                       (3)

6.8       Die insetdrywing na 'n driefasemotor is 5 kW. Die verliese is bereken op
          600 W.

          6.8.1        Noem TWEE tipes verliese, behalwe koperverliese, wat die
                       rendement van 'n induksiemotor beïnvloed.                              (2)

          6.8.2        Bereken die rendement van die motor.                                   (3)

          6.8.3        Bereken die uitsetdrywing van die motor.                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              16                                    DBE/2022
                                               SS/NSS

6.9       Die kring in FIGUUR 6.9 hieronder word gebruik om TWEE driefasemotors te
          beheer. Beantwoord die vrae wat volg.

                      L1

                      Stop-                  HK1
                      knop                   N/O2

                           O/B1                              O/B2
                           N/T                               N/T

                     Aansit-                                    T            HK2
                      knop                                     N/O           N/O1

                           HK1                               HK2
                                               T

                           N

                     FIGUUR 6.9: OUTOMATIESE SEKWENSIËLE AANSITTER-
                                      BEHEERKRING

          6.9.1        Identifiseer komponent T.                                                   (1)

          6.9.2        Verduidelik die doel daarvan om TWEE oorbelastingseenhede in
                       die kring te hê.                                                            (2)

          6.9.3        Identifiseer die fout in die kring.                                         (1)

          6.9.4        Beskryf hoe hierdie fout die werking van die kring beïnvloed.               (4)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                17                             DBE/2022
                                                 SS/NSS

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Verduidelik die funksie van die sentrale verwerkingseenheid (SVE) met
          verwysing na die hardeware van 'n PLB.                                                (3)

7.2       Noem EEN voordeel van sagte bedradingstelsels.                                        (1)

7.3       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na tydskakelaars in PLB-
          programmering.

          7.3.1        Noem die doel van 'n tydskakelaarfunksie.                                (2)

          7.3.2        Verduidelik die verskil tussen 'n AAN-vertraag-tydskakelaar en 'n
                       AF-vertraag-tydskakelaar.                                                (4)

7.4       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na sensors as insettoestelle
          van 'n PLB.

          7.4.1        Noem TWEE tipes sensors behalwe 'n ligsensor.                            (2)

          7.4.2        Noem TWEE toepassings van 'n ligsensor.                                  (2)

7.5       FIGUUR 7.5 hieronder toon die beheerkring van 'n direk-op-lyn(DOL)-
          aansitter. Ontwerp 'n PLB-leerlogikaprogram wat dieselfde funksie sal verrig.

                                      L

                                             O/B

                                          STOP

                                                             HK
                                      AANSIT
                                                             N/O

                                            HK

                                      N

            FIGUUR 7.5: BEHEERKRING VAN 'N DIREK-OP-LYN(DOL)-AANSITTER                          (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            18                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

7.6       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na regeneratiewe remming.

          7.6.1        Beskryf regeneratiewe energie.                                        (3)

          7.6.2        Maak 'n lys van DRIE toepassings waar regeneratiewe remming
                       gebruik word.                                                         (3)

7.7       Beantwoord die volgende            vrae     met   verwysing   na   verstelbare
          spoedbeheerders (VSB's).

          7.7.1        Noem TWEE hoofonderdele van die VSB, behalwe die omkeerder.           (2)

          7.7.2        Noem TWEE voordele van die gebruik van VSB's met pompe,
                       waaiers en ander toerusting.                                          (2)

7.8       FIGUUR 7.8 hieronder toon die omkeerderstadium van 'n VSB wat
          IGBT-transistors as halfgeleierskakelaars gebruik om 'n driefase-
          deltagekoppelde motor aan te dryf. Beantwoord die vrae wat volg.

                               S1       S3          S5

                                                                  3-fase-
                                                                  motor
                               S2       S4          S6

                            FIGUUR 7.8: OMKEERSTADIUM VAN 'N VSB

          7.8.1        Identifiseer die skakelaars wat gebruik word om elke fase van die
                       motor te bekrag.                                                      (3)

          7.8.2        Verduidelik hoe die frekwensie na die motor beheer word.              (2)

          7.8.3        Verduidelik hoe die GS wat aan die omkeerstadium verskaf word,
                       vir fase 1 na WS verander word.                                       (5)
                                                                                             [40]

                                                                              TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                                                                 DBE/2022
                                                                    SS/NSS

                                                               FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                                               DRIEFASE-WS-OPWEKKING
                        sθ                                               STER
       2 f                                                                        √3                f
        1                                                                    f        f             f
       2 f                                                                        f
                1                                  f 1 f2
  fr                         OF               fr                         DELTA
           2 √                                        2
           fr
                             OF                        f2 f1                              f

SERIE                                                                        f    f             f

                                                                                 √3 f
                                                                         DRYWING
                                                                             ( sk n )                   √3

                                                                             ( r)              √3                            in θ
                            OF
                                                                                 √3                                         sθ

       √    2
                    (            )2                                              sθ

                                          2
       √         2
                        (    -        )            OF                    RENDEMENT
                                                                                      uit
  sθ                                  OF                       sθ                                   100
                                                                                      in

                                                   1
                                                       √
                                                                         TWEEWATTMETERMETODE
PARALLEL
                                                                                          1             2

                                                                                                            1       2
                                                                         tan θ                √3 (                      )
                                                                                                            1       2

                                                                         DRIEWATTMETERMETODE

                                                                                          1             2       3

       √2           (       )2

  sθ

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                        DBE/2022
                                            SS/NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                       DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                         STER
    √3 f                                         √3 f
      f                                                f

DELTA                                        DELTA
           f                                                f

      √3 f                                             √3 f

DRYWING                                      DRYWING
 ( sk n )           √3                        ( sk n )             √3

 ( r)           √3               in θ          ( r)              √3                 in θ

      √3                        sθ                     √3                       sθ

  sθ                                                   √3                       sθ

 f1             1         f2
                                                  sθ
 f2             2         f1

                                        1
  indingsverh uding                          RENDEMENT
                                        2

                    uit                                    in    ver iese
                               100                                            100
          uit   ver iese                                          in

                                                           uit
                                                                  100
                                                           in
                                                            0 f
                                             ns
                                                             p
                                                                              ns nr
                                              er enheid                 ip
                                                                                ns
                                                              ns nr
                                                       ip                    100
                                                                ns
                                                  ip        ns nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-afr/06607207-1ab5-4871-8074-c5e700e5a450) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Electrical Technology May June 2022 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2022-digital-eng/d566fd2a-d854-43c7-887f-043f219d6078) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Power English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-power-english/5dde0506-b8db-4a28-a65d-02c30160901e) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-english/924ce4d5-b0c3-4149-a3f9-e96ddcf13df1) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-electronics-eng/13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
