# Electrical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC June Exam 2023 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-afr/bc6643fc-fe4e-4949-86e0-0846d92291b7)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC June Exam · 2023. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                        2023

                                                                           PUNTE: 200

                                                                               TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          2                                    DBE/2023
                                          SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
          plekke af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          7.1     Formules en manipulasies waar nodig

          7.2     Korrekte vervanging van waardes

          7.3     Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             3                               DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1       'n Kritieke insident veroorsaak dat …

          A      toerusting beskadig word. Eksterne herstelwerkdienste word benodig.
          B      'n persoon 'n skielike en ernstige fisiese besering opdoen. Eksterne
                 mediese dienste word benodig.
          C      'n persoon 'n fisiese besering opdoen. Eksterne mediese dienste word
                 nie benodig nie.
          D      'n persoon 'n geestelike steurnis opdoen. Rus word benodig om te
                 herstel.                                                                     (1)

1.2       Die … is die term wat gebruik word vir die verhouding tussen die toegepaste
          spanning en die resulterende stroomvloei waar die toegepaste spanning die
          resultaat van VR, VC en VL in 'n RLC-kring is.

          A      reaktansie
          B      weerstand
          C      impedansie
          D      fasehoek                                                                     (1)

1.3       Die stroom deur 'n kapasitor in 'n RLC-parallelkring sal … wanneer die
          frekwensie toeneem.

          A      dieselfde bly
          B      afneem
          C      toeneem
          D      nul wees                                                                     (1)

1.4       'n Voordeel van 'n driefasestelsel is dat …

          A      twee strome in sterverbindings beskikbaar is.
          B      'n neutrale punt in deltaverbindings beskikbaar is.
          C      fasebalansering en lasverspreiding moontlik is.
          D      twee spannings in deltaverbindings beskikbaar is.                            (1)

1.5       Die verhouding van ware drywing tot skyndrywing staan as die … bekend.

          A      reaktiewe drywing
          B      fasehoek
          C      rendement
          D      arbeidsfaktor                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               4                                  DBE/2023
                                               SS/NSS

1.6       Die korrekte metode om 'n wattmeter te verbind, is om die spanningspoel in
          … met die las te verbind.

          A      parallel en die stroomspoel in serie
          B      serie en die stroomspoel in serie
          C      parallel en die stroomspoel in parallel
          D      serie en die stroomspoel in parallel                                              (1)

1.7       Die konstruksie van 'n driefase- dop-tipe transformator word beskryf as 'n
          kern met ...

          A      drie bene en die spoele om al drie bene gedraai.
          B      vyf bene en die spoele om die middelste drie bene gedraai.
          C      vyf bene en die spoele om al vyf bene gedraai.
          D      drie bene en die spoele om die buitenste twee bene gedraai.                       (1)

1.8       'n Delta-ster-transformator met 'n primêre lynspanning van 2 200 V en
          'n sekondêre lynspanning van 381 V het 'n draaiverhouding van …

          A      6:1
          B      1 : 10
          C      1:6
          D      10 : 1                                                                            (1)

1.9       … is die hoofoorsaak           van    hitte-opwekking   in   transformators   met
          gelamineerde kerne.

          A      Histereseverliese
          B      Koperverliese
          C      Werwelstroomverliese
          D      Swerfverliese                                                                     (1)

1.10      Drywing in 'n induksiemotor word vanaf die … oorgedra.

          A      rotor na die stator deur wedersydse induksie
          B      stator na die rotor deur sleepringe
          C      stator na die rotor deur wedersydse induksie
          D      rotor na die stator deur selfinduksie                                             (1)

1.11      Op die oomblik wat 'n induksiemotor aangeskakel word, is die … by
          maksimum en neem af soos wat die motor se spoed toeneem.

          A      glip
          B      rotorspoed
          C      vollasspoed
          D      momentum                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             5                                    DBE/2023
                                             SS/NSS

1.12      Die aansitstroom in 'n outomatiese ster-delta-motoraansitter word verminder
          omdat die …

          A      lynspanning in ster laer as die lynspanning in delta is.
          B      fasespanning in delta laer as die fasespanning in ster is.
          C      lynspanning in delta laer as die lynspanning in ster is.
          D      fasespanning in ster laer as die fasespanning in delta is.                        (1)

1.13      'n Halfgeleiertoestel wat lig gebruik om 'n elektriese sein tussen stroombane
          of elemente van 'n kring oor te dra, word 'n … genoem.

          A      diode
          B      optiese koppelstuk
          C      transistor
          D      skakelaar                                                                         (1)

1.14      'n Voorbeeld van 'n uitset op 'n PLB is 'n …

          A      skakelaar.
          B      sensor.
          C      relê.
          D      vervormingsmeter.                                                                 (1)

1.15      Die gedeelte van 'n VSB wat GS na WS terugskakel, is die …

          A      filter.
          B      omkeerder.
          C      omsetter.
          D      gelykrigter.                                                                      (1)
                                                                                                   [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Noem die doel van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
          (Wet 85 van 1993).                                                                       (3)

2.2       Verduidelik hoe 'n onveilige handeling die produksietempo in die werkplek
          kan verminder.                                                                           (2)

2.3       Verduidelik die term hoë aanslag; lae moontlikheid met verwysing na
          risiko-analise.                                                                          (2)

2.4       Noem TWEE prosedures wat aanbeveel word om bloeding in 'n noodgeval te
          stop.                                                                                    (2)

2.5       Noem EEN prosedure wat vir persoonlike beskerming gevolg moet word
          wanneer die prosedures in VRAAG 2.4 genoem, toegepas word.                               (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            6                               DBE/2023
                                            SS/NSS

VRAAG 3: RLC-KRINGBANE

3.1       Beskryf wat met die term gelykfasig (in fase) bedoel word deur te verwys na
          die verwantskap tussen die toegepaste spanning en stroom in 'n
          RLC-kringbaan wat aan 'n WS-toevoer gekoppel is.                                   (3)

3.2       Verwys na die WS-golfvorme in FIGUUR 3.2 hieronder en teken die
          fasordiagram wat hulle verteenwoordig.

                                      +V                VL
                                             IL

                                                             t

                                      -V

                       FIGUUR 3.2: STROOM- EN SPANNINGSGOLFVORME                             (3)

3.3       Noem TWEE toepassings van resonansie soos van toepassing op
          ingestemde kringe.                                                                 (2)

3.4       Identifiseer die grafieke hieronder.

                          FIGUUR 3.4(a)                      FIGUUR 3.4(b)

          3.4.1        FIGUUR 3.4(a)                                                         (1)

          3.4.2        FIGUUR 3.4(b)                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             7                                  DBE/2023
                                             SS/NSS

3.5       Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       VL= 60 V

                                                          VT

                                      θ
                                                                     I=4A
                                                      VR = 30 V

                      VC = 20 V
                                      FIGUUR 3.5: FASORDIAGRAM

          Gegee:

          VL      = 60 V
          VC      = 20 V
          VR      = 30 V
          I       = 4A
          f       = 60 Hz

          3.5.1        Bereken die waarde van die toevoerspanning.                               (3)

          3.5.2        Bereken die fasehoek.                                                     (3)

          3.5.3        Noem of die fasehoek voorlopend of nalopend is.                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              8                                DBE/2023
                                              SS/NSS

3.6       Verwys na FIGUUR 3.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                       L       XC= 113,12 Ω
                             R = 100 Ω

                               IT = 1,5 A
                                              150 V/3 kHz

                                      FIGUUR 3.6: RLC-SERIEKRING

          Gegee:

          R       = 100 Ω
          XC      = 113,12 Ω
          VT      = 150 V
          IT      = 1,5 A
          f       = 3 kHz

          3.6.1        Bereken die waarde van die induktansie vir die kring om teen
                       3 kHz te resoneer.                                                       (3)

          3.6.2        Bereken die Q-faktor van die kring by resonansie.                        (3)

          3.6.3        Bereken die bandwydte van die kring.                                     (3)

          3.6.4        Verduidelik hoe die waarde van die totale stroom beïnvloed word
                       indien R tydens resonansie van die kring gehalveer word.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                9                                        DBE/2023
                                                SS/NSS

3.7       Verwys na FIGUUR 3.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      1,22 A     IT      1,2 A     IR              IL       0,2 A      IC

                   120 V                  R                 XL             Xc
                   100 Hz               100 Ω              300            600 Ω

                            FIGUUR 3.7: RLC-PARALLELKRINGDIAGRAM

          Gegee:

          VT      = 120 V
          IR      = 1,2 A
          IC      = 0,2 A
          IT      = 1,22 A
          f       = 100 Hz
          R       = 100 Ω
          XC      = 600 Ω
          XL      = 300 Ω

          3.7.1        Bereken die stroom deur die induktor.                                           (3)

          3.7.2        Bereken die waarde van die aktiewe drywing.                                     (3)

          3.7.3        Noem, met 'n rede, of die kring kapasitief of induktief is.                     (2)
                                                                                                       [35]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             10                                 DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                        Transmissie                 Verspreiding

                                                                            Huishoudelike
                                                                             verbruikers
            Opwekking
                                                                             Nywerheids-
                                                                             verbruikers

               (A)                (B)                 (C)         (D)
                                                               Verlaging
                             FIGUUR 4.1: DIE NASIONALE KRAGNETWERK

          4.1.1        Noem of die volgende verhogings- of verlagingstransformators is:

                       (a)    Transformator by (B)                                               (1)

                       (b)    Transformator by (C)                                               (1)

          4.1.2        Noem die verwagte spanning wat aan die volgende verbruikers ná
                       transformator (D) verskaf word:

                       (a)    Huishoudelik                                                       (1)

                       (b)    Nywerheid                                                          (1)

          4.1.3        Verduidelik waarom beide huishoudelike en industriële laste deur
                       transformator (D) bekrag kan word.                                        (2)

          4.1.4        Verduidelik waarom transformator (B) koperverliese in die
                       transmissielyne verminder.                                                (2)

          4.1.5        Teken 'n netjies benoemde golfvorm wat by (A) in FIGUUR 4.1
                       hierbo opgewek word.                                                      (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             11                                  DBE/2023
                                              SS/NSS

4.2       'n Driefase- sterverbinde generator verskaf krag aan 'n gebalanseerde
          driefase- sterverbinde las met 'n lynspanning van 400 V. Die las het 'n
          fase-impedansie van 75 Ω per fase en 'n arbeidsfaktor van 0,8 nalopend.

                                                   L1

                                                                        Zf = 75 Ω

           VL = 400 V                              N                    af. = 0,8

                                                   L2

                                                   L3

                                      FIGUUR 4.2: DRIEFASESTELSEL

          Gegee:

          VL      =    400 V
          Zf      =    75 Ω
          af.     =    0,8

          Bereken die:

          4.2.1        Fasespanning oor die las                                                   (3)

          4.2.2        Fasestroom deur die las                                                    (3)

          4.2.3        Ware drywing                                                               (4)

          4.2.4        Fasehoek                                                                   (3)

          4.2.5        Reaktiewe drywing                                                          (3)

          Beantwoord die volgende vrae:

          4.2.6        Noem waarom dit 'n induktiewe las is.                                      (1)

          4.2.7        Verduidelik hoe die arbeidsfaktor van hierdie stelsel verbeter kan
                       word.                                                                      (2)

          4.2.8        Verduidelik die effek wat 'n verbeterde arbeidsfaktor op 'n stelsel
                       sal hê.                                                                    (2)

          4.2.9        Noem TWEE voordele van 'n verbeterde arbeidsfaktor vir die
                       verbruiker.                                                                (2)
                                                                                                  [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            12                                DBE/2023
                                             SS/NSS

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Noem die proses wat deur transformators gebruik word om energie vanaf die
          primêre wikkeling na die sekondêre wikkeling oor te dra.                             (1)

5.2       Verduidelik hoe 'n wisselende magnetiese veld in die primêre wikkeling van 'n
          transformator geskep word.                                                           (3)

5.3       Maak 'n lys van DRIE eienskappe wat identies in eenfasetransformators moet
          wees sodat dit as 'n driefasetransformator-eenheid gebruik kan word.                 (3)

5.4       Verduidelik waar delta-delta-transformators hoofsaaklik gebruik word. Gee 'n
          rede vir die antwoord.                                                               (2)

5.5       'n Driefasetransformator-eenheid kan deur middel van twee metodes verkry
          word: óf deur eenfasetransformators te gebruik en dit as 'n driefase-eenheid
          te verbind, óf deur 'n voorafvervaardigde driefasetransformator.

          Vergelyk die twee metodes en noem watter metode:

          5.5.1        Duurder is                                                              (1)

          5.5.2        'n Hoër rendement het                                                   (1)

          5.5.3        Dikker geleiers gebruik                                                 (1)

5.6       Transformators wek tydens normale werking baie hitte op en benodig daarom
          verkoelingstelsels. Beantwoord die volgende vrae:

          5.6.1        Met verwysing na verkoeling word transformators in twee
                       kategorieë verdeel. Noem die TWEE kategorieë.                           (2)

          5.6.2        Noem TWEE verkoelingsmetodes wat in transformators gebruik
                       word.                                                                   (2)

          5.6.3        Noem die beskermingstoestel wat gasvorming in hoëarbeids-
                       transformators monitor.                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                13                                  DBE/2023
                                                 SS/NSS

5.7       FIGUUR 5.7 hieronder toon 'n driefase- delta-ster-transformator.

                                                                             PUIT = 50 kW
                                                                                  af. = 0,9
                                            25 : 1                           L1
                   L1

            VL1 = 6 kV
                                                                N                     LAS

              L2
                                                                             L2

              L3                                                             L3

                        FIGUUR 5.7: DRIEFASE- DELTA-STER-TRANSFORMATOR

          Gegee:

          VL1           =     6 kV
          TR            =     25 : 1
          PUIT          =     50 kW
          af.           =     0,9

          Gebruik die data in FIGUUR 5.7 om die volgende te bereken:

          5.7.1             Sekondêre fasespanning                                                (3)

          5.7.2             Sekondêre lynspanning                                                 (3)

          5.7.3             Skyndrywing                                                           (3)

          5.7.4             Primêre lynstroom                                                     (4)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             14                                 DBE/2023
                                              SS/NSS

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1       Noem DRIE onderdele van 'n kourotor.                                                   (3)

6.2       Verwys na FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           Spoed

                                 X
                                               Rotorspoed

                                                  Rotorglip

                                  0                            Wringkrag

                                 FIGUUR 6.2: ROTORSPOED EN -GLIP

          6.2.1        Identifiseer punt X.                                                      (1)

          6.2.2        Definieer die term rotorglip.                                             (2)

          6.2.3        Verduidelik waarom die wringkrag nul is wanneer die rotorspoed by
                       punt X is.                                                                (2)

6.3       'n Driefase-induksiemotor met vier poolpare per            fase    is   aan    'n
          400V/50 Hz-toevoer gekoppel. Bereken die volgende:

          Gegee:

          p=4
          f = 50 Hz

          6.3.1        Sinchrone spoed                                                           (3)

          6.3.2        Rotorspoed indien die glip 5% is                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              15                                     DBE/2023
                                               SS/NSS

6.4       'n Fabriek voeg 'n addisionele driefase-induksiemotor by hulle stelsel. Die
          bestaande motor is 'n 75 kW-driefase-induksiemotor met 'n arbeidsfaktor van
          0,8. Die nuwe induksiemotor is 'n 50 kW-driefase-induksiemotor met 'n
          arbeidsfaktor van 0,9. Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die
          vrae wat volg.

                          Motor 1                                      Motor 2

                       S1 (Pskyn )                               S2 (Pskyn )
                                           Q1 (Pr)                                  Q2 (Pr)
                                           45 kVAr                                21,79 kVAr
           af1 = 0,8                                 af2 = 0,9
                             P1                                        P2
                           75 kW                                     50 kW

                                     FIGUUR 6.4: DRYWINGSDRIEHOEKE

          Gegee:

          P1      =    75 kW
          af1     =    0,8
          Q1      =    45 kVAr
          P2      =    50 kW
          af2     =    0,9
          Q2      =    21,79 kVAr

          Bereken die:

          6.4.1        Saamgestelde ware drywing van die twee motors                                  (3)

          6.4.2        Saamgestelde reaktiewe drywing van die twee motors                             (3)

          6.4.3        Skyndrywing nadat Motor 2 by die stelsel gevoeg is                             (3)

          6.4.4        Arbeidsfaktor van die stelsel nadat Motor 2 by die stelsel gevoeg is           (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           16                                  DBE/2023
                                            SS/NSS

6.5       Verwys na FIGUUR 6.5 en beantwoord die vrae wat volg.

                            L

                                OB
                                N/T

                           STOP

                           AAN                          AAN
                            1               HK1          2              HK2
                                            N/O                         N/O

                             HK2                            HK1
                             N/T                            N/T

                         HK1                          HK2

                            N
                                   FIGUUR 6.5: MOTORBEHEERKRING

          6.5.1        Noem die kontakte wat die grendelverbindingfunksie in die kring
                       hierbo skep.                                                             (2)

          6.5.2        Verduidelik waarom 'n normaal geslote kontak van die oorbelasting
                       in plaas van 'n normaal oop kontak gebruik word.                         (3)

          6.5.3        Met verwysing na die kontrolemeganismes in die beheerkring,
                       verduidelik waarom HK2 nie op dieselfde tyd as HK1 bekrag kan
                       word nie.                                                                (2)

          6.5.4        Verduidelik hoe die werking van die kring beïnvloed sal word
                       wanneer HK1 N/O foutief en permanent oop is.                             (2)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 17                                       DBE/2023
                                                  SS/NSS

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Noem TWEE nadele                van     'n   relêbeheerstelsel    in    vergelyking   met
          PLB-beheerstelsels.                                                                              (2)

7.2       Verduidelik waarom 'n sagbedradingstelsel goedkoper is om te implementeer
          as 'n vastedraadstelsel.                                                                         (2)

7.3       Verwys na FIGUUR 7.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                       AF                    Y
                                 AAN

                                      Y

                                                                         AAN
                                                                    VERTRAGINGS-
                                      Y                               TYDMETER

                                      T                                    Lamp

                                                  FIGUUR 7.3

          7.3.1        Verduidelik die          funksie     van   die   tydskakelaar/-reëlaar      in
                       FIGUUR 7.3.                                                                         (2)

          7.3.2        Beskryf die werking van die program in FIGUUR 7.3.                                  (5)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            18                                 DBE/2023
                                             SS/NSS

7.4       Verwys na uitsette van 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

          7.4.1        Onderskei tussen 'n relê en 'n kontaktor.                                (4)

          7.4.2        Verduidelik hoe 'n AF-vertragingstydmeter die tydsvertraging
                       veroorsaak wanneer dit ontkrag is.                                       (2)

7.5       Verwys na nabyheidsensors as insettoestelle op 'n PLB en beantwoord die
          vrae wat volg.

          7.5.1        Noem TWEE toepassings van die nabyheidsensor.                            (2)

          7.5.2        Noem TWEE tipes nabyheidsensors.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           19                                         DBE/2023
                                            SS/NSS

7.6       Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                            L1

                       Stop                  HK1 N/O2

                             Aansit                     Aansit
                             Motor1                     Motor 2
                                            HK 1                           HK 2
                                            N/O                            N/O

                                            O/B 1                          O/B 2

                        Motor                         Motor
                        HK 1                          HK 2

                            N

                     FIGUUR 7.6: HAND- SEKWENSIËLE AANSITTER SONDER
                                 'N TYDSKAKELAAR

          7.6.1        Teken oor en voltooi die leerlogikadiagram vir FIGUUR 7.6.1
                       hieronder wat dieselfde funksie as die een in FIGUUR 7.6 uitvoer
                       in die ANTWOORDEBOEK.

                        L                                                                  N
                                  Stop

                                  HK
                                  MC11
                                  N/O
                                  N/O

                                                   FIGUUR 7.6.1                                     (8)

          7.6.2        Verduidelik waarom elke        oorbelasting   in   serie    met    die
                       kontaktorspoel verbind word.                                                 (2)

          7.6.3        Verduidelik die doel van die HK1 N/O2-kontak wat in serie met
                       Aansitmotor 2 gekoppel is.                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           20                             DBE/2023
                                            SS/NSS

7.7       Verduidelik spanningsfrekwensiebeheer met verwysing na VSB.                   (2)

7.8       Verwys na regeneratiewe remming en beantwoord die vrae wat volg.

          7.8.1        Noem TWEE voorbeelde waar hierdie remmingsmetode gebruik
                       kan word.                                                        (2)

          7.8.2        Beskryf regeneratiewe energie.                                   (3)
                                                                                        [40]

                                                                         TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                                                    DBE/2023
                                                                           SS/NSS

                                                                  FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                                                  DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P        V        os θ                                                               STER
XL 2 fL                                                                              VL      √3 V
          1                                                                          V         Z
X
         2 f                                                                         L
                  1                             f1       f2
    fr                         OF          fr                                        DELTA
           2 √L                                      2
            fr
BW                             OF          BW        f2 f1                           VL      V

SERIE                                                                                V               Z
V                                                                                    L     √3
VL           XL                                                                      DRYWING
V            X                                                                       S(PS Y )                √3 VL L

         V                                                                               (Pr )       √3 VL L Sin θ
                            OF                                     L
         Z                                                                           P   √3 VL L os θ
              2                                                                                 P
Z        √            (XL X )2                                                        os θ af
                                                                                                S
                                       2
V        √V 2              (VL - V )            OF            V        Z             P       P1          P2

                  R           V                                            VL - VC
Cos θ              OF Cos θ  R                 OF Tan θ                                       1       2
                  Z           VT                                             VR

         XL           X       VL    V           1         L
                                                     √                               S √(P )2 (                )2
                              V     V
PARALLEL
                                                                                     RENDEMENT
V        V            V      VL
         V                                                                                 P
                                                                                                         100
                                                                                           P
         V
         X                                                                           TWEEWATTMETERMETODE
         V
L                                                                                    P       P1          P2
         XL
                                                                                                             P1 P2
         √2           (L      )2                                                      an θ           √3 (          )
                                                                                                             P1 P2
         V
Z                                                                                    DRIEWATTMETERMETODE

    os θ                                                                             P       P1          P2    P3

         XL           X

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                 DBE/2023
                                      SS/NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                 DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                   STER
VL      √3 V                           VL       √3 V
L                                       L

DELTA                                  DELTA
VL V                                   VL V

L     √3                                L     √3

DRYWING                                DRYWING
S(PS Y )         √3 VL L               S(PS Y )            √3 VL L

    (Pr )   √3 VL L Sin θ                   (Pr )       √3 VL L Sin θ

P     √3 VL L        os θ              P      √3 VL L           os θ
                 P
 os θ       af                         P      √3 VL L           os θ
                 S
V 1          1       2                                      P
                                        os θ         af
V 2          2        1                                     S
                                       P        P1        P2 (ware drywing)
                             1
Draaiverhouding
                             2
                                                    1       2 (reaktiewe drywing)
             P
                       100             RENDEMENT
      P       verliese
                                              P         verliese
                                                                 100
                                                        P
                                              P
                                                    100
                                              P
                                               60 f
                                       ns
                                                p
                                                                  ns nr
                                       Per eenheid glip
                                                                    ns
                                                      ns nr
                                            Glip            100
                                                        ns
                                       Glip         ns nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-eng/137f3b1e-bf33-4898-86e2-9638cddd796c) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-electronics-afr/db676dfa-3d36-4046-920f-a006d106b963) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-eng/48a3a07e-c557-4d63-9a47-b8fb2375bd11) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2023 (Power Systems) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2023-power-systems-mg-afr/d3e896ed-f4d8-4c2a-9cac-f812d2b1a6b1) — Electrical Technology · Memo · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
