# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-afr/5b3d2439-6e39-4a1d-8508-3f15ea3a7427
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-afr/5b3d2439-6e39-4a1d-8508-3f15ea3a7427)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                  NOVEMBER 2013

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 1 formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                       2                              DBE/November 2013
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Beantwoord AL die vrae.

2.        Sketse en diagramme moet groot en netjies met volledige byskrifte wees.

3.        ALLE berekeninge moet getoon word en korrek tot TWEE desimale plekke
          afgerond word.

4.        Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
          gebruik is.

5.        Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.        Toon die eenhede vir alle antwoorde van berekeninge.

7.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          3                           DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 1: TEGNOLOGIE, GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING
1.1       Die meerderheid elektrisiteit wat in Suid Afrika opgewek word, gebruik
          steenkool as primêre bron van energie.
          1.1.1         Noem TWEE omgewingsvriendelike alternatiewe.                              (2)

          1.1.2         Beskryf hoekom dit belangrik is om te soek na alternatiewe vir
                        steenkool om elektrisiteit op te wek.                                     (2)
1.2       Die voorsiening van elektriese energie aan alle Suid-Afrikaners moet
          'n basiese mensereg wees.
          1.2.1         Beskryf hoekom toegang tot elektriese krag opvoedkundige
                        voordele kan hê.                                                          (2)
          1.2.2         Beskryf EEN faktor wat die koste om elektrisiteit op te wek, kan
                        verhoog.                                                                  (2)
          1.2.3         Verduidelik hoekom die voorsiening van elektrisiteit aan mense se
                        huise tot 'n afname in lugbesoedeling kan lei.                            (2)
                                                                                                  [10]
VRAAG 2: TEGNOLOGIESE PROSES
2.1       Beskryf die funksie van die volgende VIER substelsels by die ontwerp van 'n
          elektriese stelsel:
          2.1.1         Inset                                                                     (2)
          2.1.2         Proses                                                                    (2)
          2.1.3         Uitset                                                                    (2)
          2.1.4         Energiebron                                                               (2)
2.2       Beskryf hoekom dit belangrik is om 'n PAT-projek te evalueer nadat dit
          voltooi is.                                                                             (2)
                                                                                                  [10]
VRAAG 3: BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID
3.1       Noem TWEE onveilige handelinge wat beserings in 'n elektriesetegnologie-
          werkswinkel kan veroorsaak.                                                             (2)
3.2       Noem DRIE elektriese veiligheidstoestelle wat die krag in 'n noodgeval
          sal afskakel.                                                                           (3)
3.3       Noem die tipe brandblusser wat gebruik moet word om elektriese brande
          te blus.                                                                                (1)
3.4       Noem TWEE veiligheidsmaatreëls wat getref moet word wanneer 'n
          multimeter in 'n kring verbind word om stroom te meet.                                  (2)
3.5       Beskryf hoekom dit belangrik is om goeie ventilasie in 'n werkswinkel te hê.            (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            4                           DBE/November 2013
                                                NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Noem EEN voordeel van 'n driefasestelsel bo 'n enkelfasestelsel.                           (1)

4.2       Teken 'n deltaverbinde stelsel wat die lyn- en fasewaardes van stroom en
          spanning toon.                                                                             (4)

4.3       'n Driefase gebalanseerde las is in ster aan 'n 380 V-toevoer verbind.
          Teen vollas word 60 kW teen 'n arbeidsfaktor van 0,85 verbruik.

          Gegee:
          VL            = 380 V
          P uit         = 60 kW
          Cos θ         = 0,85

          4.3.1          Bereken die stroom wat teen vollas getrek word.                             (3)

          4.3.2          As die arbeidsfaktor van die las na 0,98 verbeter word, beskryf wat
                         met die stroom sal gebeur wat teen vollas getrek word.                      (2)
                                                                                                     [10]

VRAAG 5: RLC-KRINGE

5.1       Noem TWEE faktore wat die waarde van die kapasitiewe reaktansie van
          'n kapasitor beïnvloed.                                                                    (2)

5.2       Verduidelik die term induktiewe reaktansie met verwysing na 'n spoel.                      (2)

5.3       Beskryf hoe 'n toename in die aantal windings op 'n spoel die induktiewe
          reaktansie van die spoel sal affekteer.                                                    (2)

5.4       Teken die spannings- en stroomgolfvorms van die volgende op dieselfde
          assestelsel, indien dit aan 'n WS-kring verbind word:

          5.4.1         'n Suiwer resistor                                                           (2)

          5.4.2         'n Suiwer spoel                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            5                                 DBE/November 2013
                                                NSS

5.5       'n Seriekring met 'n 200 µF-kapasitor, 'n 180 mH-induktor en 'n resistor van
          10 Ω word aan 'n 220 V/50 Hz-toevoer verbind.

          Gegee:
          C    =        200 µF
          L    =        180 mH
          R    =        10 Ω
          VS   =        220 V
          f    =        50 Hz

          Bereken:

          5.5.1         Die induktiewe reaktansie van die induktor                                        (3)

          5.5.2         Die kapasitiewe reaktansie van die kapasitor                                      (3)

          5.5.3         Die impedansie van die kring                                                      (3)

          5.5.4         Die stroomvloei deur die kring                                                    (3)

          5.5.5         Teken die fasordiagram en toon die stroom en spannings in
                        die kring.                                                                        (5)

5.6       FIGUUR 5.1 verteenwoordig             'n       parallel-RLC-kringbaan.   Bereken     die
          toevoerstroom van die kring.

          Gegee:                   IL = 1,5 A   XL
          IL   =        1,5 A
          IC   =        2A
          IR   =        1A                      XC
          VS   =        220 V       IC = 2 A
          f    =        50 Hz

                                    IR = 1 A         R

                                                            VS = 220 V/50 Hz

                                   FIGUUR 5.1: PARALLEL-RLC-KRING                                         (3)
                                                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            6                             DBE/November 2013
                                                NSS

VRAAG 6: SKAKEL- EN BEHEERKRINGE

6.1       Teken 'n volledig benoemde simbool van 'n SBG.                                              (3)

6.2       Noem TWEE toepassings van 'n SBG.                                                           (2)

6.3       Beskryf hoe 'n SBG aangeskakel word deur 'n beheerde hekpuls te gebruik.                    (3)

6.4       Verduidelik wat die fisiese grootte van 'n SBG bepaal.                                      (2)

6.5       Verduidelik hoe 'n DIAK aangeskakel word.                                                   (3)

6.6       Die ligverdoofkring in FIGUUR 6.1 hieronder is aan 'n 220 V/50 Hz-toevoer
          verbind.

                               Rlas
                                               R1
                                                                       Triak
                                               R2           Diak
                        220 V/50 Hz

                                   FIGUUR 6.1: LIGVERDOOFKRING

          6.6.1         Beskryf die funksie van die DIAK.                                             (2)

          6.6.2         As die waarde van R 2 verhoog word, sal die helderheid van die lamp
                        afneem. Verduidelik hoe dit gebeur.                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                               7                           DBE/November 2013
                                                   NSS

6.7       Die kenkromme van 'n TRIAK word in FIGUUR 6.2 hieronder getoon.

                                            +I[A]
                                                         Voorwaartse
                                                         geleiding

                            Hek-              IL
                        VBO puls              IH
                  -V                                                          +V[V]
                                                    IH             Hek-
                                                    IL             puls VBO

                  Truwaartse geleiding                   Die TRIAK begin gelei by
                                                         VBO OF wanneer 'n hek-
                                                         puls aangelê word.
                                                    -I
                              FIGUUR 6.2: KENKROMME VAN 'N TRIAK

          6.7.1         Beskryf hoe die spanning oor die TRIAK beïnvloed sal word
                        wanneer dit begin gelei.                                                         (3)

          6.7.2         Verduidelik die term houstroom, wat I H op die kenkromme gemerk                  (2)
                        is.
                                                                                                         [25]

VRAAG 7: VERSTERKERS

7.1       Met verwysing na positiewe terugvoer:

          7.1.1          Beskryf die term positiewe terugvoer.                                           (3)

          7.1.2          Noem die hoofnadeel van positiewe terugvoer.                                    (1)

          7.1.3          Noem EEN toepassing van positiewe terugvoer by versterkers.                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            8                           DBE/November 2013
                                                NSS

7.2      FIGUUR 7.1 hieronder is die simbool van 'n operasionele versterker.
         Identifiseer die byskrifte gemerk 1, 2 en 3.

                                                +VCC

                        1                  _

                                                                         3

                        2                  +

                                               -VCC
                  FIGUUR 7.1: OPERASIONELE VERSTERKER SE SIMBOOL                                     (3)

7.3       FIGUUR 7.2 hieronder is 'n operasioneleversterker-kring.

                                     RIN

                                                         _

            VRF
                                   Inset
                                                         +                         Uitset
                                    VRF=2 V

                        FIGUUR 7.2: OPERASIONELEVERSTERKER-KRING

          7.3.1         Gee die naam van die operasioneleversterker-kring.                           (1)

          7.3.2         Teken die inset- en uitsetgolfvorms op dieselfde assestelsel.                (5)

          7.3.3         Beskryf die funksie van die verwysingspanning.                               (3)

7.4       Gebruik 'n operasionele versterker en teken 'n nie-omkeerversterker.                       (5)

7.5       Verduidelik hoe 'n nie-omkeerversterker in 'n spanningsvolger omgeskakel
          kan word.                                                                                  (3)
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             9                        DBE/November 2013
                                                 NSS

VRAAG 8: DRIEFASETRANSFORMATORS

8.1       Noem EEN praktiese toepassing van 'n transformator.                                      (1)

8.2       Beskryf die basiese werksbeginsel van 'n transformator.                                  (5)

8.3       As die las van 'n ideale transformator verdubbel word, watter uitwerking sal dit
          op die volgende hê:

          8.3.1         Insetdrywing                                                               (1)

          8.3.2         Stroom                                                                     (1)

          8.3.3         Spanning                                                                   (1)

8.4       'n Delta-ster-verbinde transformator lewer 66 kW teen 'n arbeidsfaktor van
          0,85 aan 'n fabriek. Die primêre lynspanning is 11 kV, die sekondêre
          lynspanning is 380 V. Die transformator se rendement is 100%.

          Gegee:
          P uit         = 66 kW
          V L(p)        = 11 kV
          V L(s)        = 380 V
          Cos θ         = 0,85

          Bereken:

          8.4.1          Die sekondêre lynstroom                                                   (3)

          8.4.2          Die primêre lynstroom                                                     (3)
                                                                                                   [15]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          10                             DBE/November 2013
                                              NSS

VRAAG 9: LOGIKAKONSEPTE EN PLB's

9.1       Noem TWEE praktiese toepassings van 'n PLB.                                                (2)

9.2       Beskryf die funksie van die volgende PLB-komponente:

          9.2.1      Geheue                                                                          (2)

          9.2.2      SVE                                                                             (2)

          9.2.3         Insetkoppelvlakke                                                            (2)

9.3       Noem DRIE tipes programmeertale wat in PLB-programmering gebruik word.                     (3)

9.4       Die kring in FIGUUR 9.1 hieronder stel 'n relêlogika-funksie voor.

                            Aansit

                                                             Relêkontak
                            Relêspoel
                               (C)
                                                             Lamp

                                     FIGUUR 9.1: RELÊKRINGBAAN

          9.4.1      Noem die logikafunksie wat hierdie kring voorstel.                              (1)

          9.4.2      Teken die ekwivalente logikasimbool vir hierdie kring.                          (2)

          9.4.3      Teken die waarheidstabel vir die logikafunksie.                                 (2)

          9.4.4      Teken die leerdiagram van hierdie kring.                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          11                              DBE/November 2013
                                              NSS

9.5       FIGUUR 9.2 hieronder stel 'n leerlogikadiagram voor.

                             X0         X1       X3                   Y0

                                                    Y0

                              FIGUUR 9.2: LEERLOGIKADIAGRAM

          9.5.1      Identifiseer die   beheerkring      wat   deur   die   leerlogikadiagram
                     voorgestel word.                                                                 (1)

          9.5.2      Teken die relêbeheerkring wat die leerlogikadiagram in FIGUUR 9.2
                     voorstel.                                                                        (6)

9.6       Beskryf die volgende voordele van PLB-beheer bo relêbeheer:

          9.6.1      Vereenvoudigde ontwerp                                                           (2)

          9.6.2      Beter betroubaarheid                                                             (2)

          9.6.3      Kompaktheid en standaardisering                                                  (2)

9.7       Noem 'n digitale toestel wat gebruik kan word om koeldrankbottels in
          'n fabriek te tel.                                                                          (1)
                                                                                                      [35]

VRAAG 10: DRIEFASEMOTORS EN BEHEER

10.1      Noem die TWEE wyses waarop 'n driefasestatorwikkeling verbind kan word.                     (2)

10.2      Noem DRIE elektriese toetse wat voor installering op die statorwikkeling van
          'n motor uitgevoer moet word.                                                               (3)

10.3      Noem TWEE meganiese inspeksies wat tydens instandhouding op 'n motor
          uitgevoer moet word.                                                                        (2)

10.4      Noem hoe die draairigting van 'n driefase-induksiemotor verander kan word.                  (1)

10.5      Noem TWEE voordele van driefasemotors bo enkelfasemotors.                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           12                      DBE/November 2013
                                               NSS

10.6      'n Driefase-17 kW-induksiemotor word in delta aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer
          verbind. Die motor se rendement is 100% met 'n arbeidsfaktor van 0,8 teen
          vollas.

          Gegee:
          P      = 17 kW
          VL     = 380 V
          f      = 50 Hz
          η      = 100%
          Cos θ = 0,8

          Bereken:

          10.6.1        Die stroom wat vanaf die toevoer getrek word                        (3)

          10.6.2        Die skyndrywing van die motor                                       (3)

10.7      Verduidelik hoekom die omhulsel van 'n driefasemotor geaard moet word.            (2)

10.8      Noem DRIE veiligheidstoestelle wat in 'n motoraansitkring ingesluit
          moet word.                                                                        (3)

10.9      Beskryf EEN moontlike oorsaak van oorverhitting van 'n driefase-
          induksiemotor.                                                                    (2)

10.10     Beskryf die term normaal oop met verwysing na elektromagnetiese relês.            (2)

10.11     Verduidelik die funksie van die entplaat van die motor.                           (2)

10.12     Beskryf die doel van die gebruik van elektriese skakeltuig in driefasemotor-
          beheerkringe.                                                                     (3)
                                                                                            [30]

                                                                            TOTAAL:         200

Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                        DBE/November 2013
                                            NSS

     FORMULEBLAD

        X L = 2πFL                                P = 3 VL I L cosθ

                  1                               S = 3 VL I L
        XC =                                                                        Driefase
                2πFC                              Q = 3 VL I L sin θ

        Z=        R2 + (X L ≅ X C )2
                                                  V L = V ph
                                                                             Delta
        I T = I R2 + (I C ≅ I L )                 I L = 3 I ph
                                    2

                                                  V L = 3 V ph
        VT = V R2 + (VC ≅ V L )
                                        2
                                                                          Ster
                                                  I L = I ph

        VR = IR
                                                         1
                                                  f =
                                                         T
        VL = IX L

        VC = IX C                                 V ph ( P )       N P I ph ( S )
                                                               =      =
                                                  V ph ( S )       N S I ph ( P )
                  1
        fr =
               2π LC

               1 L
        Q=
               R C

               X L VL
        Q=        =
               R VR

                  IR
        Cosθ =
                  IT

                  R
        Cosθ =
                  Z

        P = VI cosθ

        S = VI                Enkelfase

        Q = VI sin θ

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-eng/ccbd8845-3d79-4586-bf96-8ee64929d1f5) — Electrical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-memo-eng/bfddc3bc-e5b8-440e-ab87-54e4e0ff5d2e) — Electrical Technology · Memo · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-memo-afr/c5668cd1-3a24-4fe8-8318-41c8680c45f4) — Electrical Technology · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 ELTT P1 S13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-p1-s13-qp-eng/d71ed1fe-b82e-47c2-8648-81b0baa62ee8) — Electrical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Gr12 ELTT P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-p1-s13-qp-afr/56c0d028-d8c7-4aa0-909b-30234b836764) — Electrical Technology · QP · 2013 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
