# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-memo-afr/c5668cd1-3a24-4fe8-8318-41c8680c45f4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2013 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-memo-afr/c5668cd1-3a24-4fe8-8318-41c8680c45f4)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                 NOVEMBER 2013

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 200

                       Die memorandum bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           2                          DBE/November 2013
                                        NSS – Memorandum

INSTRUKSIES AAN NASIENERS

1.        Alle vrae met meervoudige antwoorde beteken dat enige relevante,
          aanvaarbare antwoorde oorweeg moet word.

2.        Berekeninge:

          2.1           Alle berekeninge moet die formule(s) toon.

          2.2           Alle antwoorde moet die korrekte eenheid aandui.

          2.3           Alternatiewe metodes moet nagesien word.

          2.4           Wanneer 'n verkeerde antwoord oorgedra word na die volgende
                        stap, sal die eerste antwoord verkeerd nagesien word. Indien die
                        verkeerde antwoord korrek oorgedra word, sal die nasiener die
                        waardes weer moet uitwerk, deur die verkeerde antwoord te
                        gebruik van die eerste stap. As dit verder korrek gebruik word,
                        moet die leerder volpunte kry vir die daaropvolgende berekeninge.

3.        Die memorandum is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe
          interpretasies moet oorweeg word en op meriete nagesien word. Hierdie
          beginsel moet regdeur die nasienproses by ALLE nasiensentrums toegepas
          word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             3                           DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 1: TEGNOLOGIE, GEMEENSKAP EN DIE OMGEWING

1.1       1.1.1      Windenergie 
                     Sonenergie 
                     Hidro-elektriese krag
                     Golfenergie                                                                 (2)
                     Geotermiese energie                                      (enige twee)

          1.1.2      Steenkool het 'n groot negatiewe impak op omgewing en
                     steenkool is ook nie 'n hernubare energiebron nie, eendag sal daar
                     geen steenkool meer wees om te verbrand in SA nie.                         (2)

1.2       1.2.1      Sonder elektrisiteit sal 'n persoon nie die geleentheid het om
                     gebruik te maak van al die elektriese en elektroniese toestelle, 
                     wat opvoedkundig is en ook toelaat vir kommunikasie nie. Gevolglik
                     lei dit tot die agterstand in opvoeding en die lewe.                       (2)

          1.2.2      Die koste van brandstof verhoog wat dan die koste van vervoer van
                     die steenkool na kragstasies verhoog 
                     Die koste om die steenkool te myn verhoog wat dan die
                     opwekkingskoste van krag verhoog
                     Waterbronne word skaars en duurder daarom verhoog die
                     opwekking van elektrisiteit
                     (Enige alternatiewe korrekte antwoord moet oorweeg word)                    (2)

          1.2.3      Sonder elektrisiteit sal mense aangewese wees op alternatiewe
                     bronne vir krag  soos hout en ander            ongerieflike en
                     besoedelende brandstowwe soos steenkool, paraffien of kerse.               (2)
                                                                                                 [10]

VRAAG 2: TEGNOLOGIESE PROSES

2.1       2.1.1         Die inset ontvang die elektriese instruksie en stuur dit na die SVE
                        (sentrale verwerkingseenheid)                                               (2)

          2.1.2         Die prosesseereenheid ontvang  die inset, verwerk dit voer dit uit
                        en lewer dit aan die uitset.                                                (2)

          2.1.3         Die uitset ontvang die verwerkte instruksie    en lewer dit aan die
                        eksterne toerusting                                                         (2)

          2.1.4         Die kragtoevoereenheid voorsien die prosesseereenheid van krag
                        om die instruksie uit te voer                                               (2)

2.2       Om na te gaan of die ontwerp spesifikasie nagekom is 
          Om na te gaan of die projek korrek werk 
                                                          ( Enige relevante antwoord)                (2)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        4                             DBE/November 2013
                                     NSS – Memorandum

VRAAG 3: BEROEPSGESONDHEID EN -VEILIGHEID

3.1       Spelery in die werkswinkel.
          Werk op masjinerie sonder die korrekte skutte, of toerusting.
          Werk aan lewendige oop terminale.
          Oop lewendige geleiers in die werkswinkel.
          Gebruik van verkeerde gereedskap in die werkswinkel.
          Gebruik korrekte gereedskap verkeerd.
          Gebruik van veiligheids toerusting/uniform.
                                                                            (Enige twee)          (2)

3.2       Aardlekkasietoerusting.
          Noodstopskakelaar. 
          Oorbelastingrelê. 
          Sekerings
          Stroombrekers
                                                                            (Enige drie)          (3)

3.3       Enige brandblusser wat gebruik maak van niegeleidende materiaal soos CO 2
          of poeier.                                                                             (1)

3.4       Voordat die meter verbind word, maak seker dat die krag afgeskakel is.
          Stel die meter op die hoogste skaal. 
          Maak seker dat die meter in serie verbind is.
          Maak seker dat die meter se drade in die korrekte sokke van die meter
          verbind is.
          Maak seker die korrekte skaal WS of GS gebruik word.
          Nadat die meter korrek verbind is gaan voort om die lyn te meet.
                                                                           (Enige twee)           (2)

3.5       Daar moet goeie ventilasie in die werkswinkel wees om lomerigheid te
          voorkom  wat tot 'n ongeluk en moontlike beserings kan lei.
          Sommige werksprosesse kan gasse vrylaat wat, as dit nie verwyder word nie,
          gesondheidprobleme kan veroorsaak.                            (Enige een)               (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                    5                    DBE/November 2013
                                                 NSS – Memorandum

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Vir hoëkrag-opwekking is die driefasestelsel funksioneel en doeltreffend.
          Vir generators van soortgelyke raamgroottes lewer driefasemasjiene meer
          drywing as enkelfasemasjiene.
          Driefase-generators kan in parallel gekoppel word om 'n verhoogde uitset te
          verskaf.
          Driefasestelsels kan beide driefase- en enkelfasekrag voorsien.
                                                                            (enige een)               (1)

4.2                                   IL 
                                   IP 
                 VPh                    VPh
                                                     VL=VPh
                   IP                                          
                                                           VL=VPh

                                     IP
                            VPh                       VL=VPh
                                                                                                      (4)

4.3      4.3.1             P = 3VL I L cos θ
                                           P
                            IL =
                                     3VL cos θ 
                                          60 x 10 3
                               =
                                   3 x 380 x 0.85        
                               = 107.25 A                                                        (3)

         4.3.2          As die arbeidsfaktor van die las verbeter word, sal die stroom deur
                        die las verminder terwyl die las en die spanning oor die
                        las konstant bly.                                                        (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              6                   DBE/November 2013
                                           NSS – Memorandum

VRAAG 5: RLC- KRINGE

5.1       Die frekwensie van die toevoer 
          Kapasitansie van die kapasitor 
          Die waarde van die kapasitor                                                     (2)

5.2       Induktiewe reaktansie is teenstand gebied deur 'n induktor teen die vloei
          van stroom in 'n RL-kring  wanneer die kring aan 'n wisselstroomtoevoer
          verbind word en in ohms gemeet word.
          If mention is made of resistance – The learner will get 1 Mark Maximum           (2)

5.3       As die getal windings in 'n spoel vermeerder, sal die induktansie van die
          spoel verhoog  daarom sal die induktiewe reaktansie van die spoel ook
          verhoog.                                                                        (2)

5.4       5.4.1
                                  VR
                                  IR 
                                    

                                                                                           (2)

          5.4.2
                            VL
                                       
                                  IL
                                              

                                                                                           (2)

5.5       5.5.1      X L = 2πfL    
                         = 2 x π x 50 x 180 x 10− 3 
                         = 56.55 Ω                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                              7                    DBE/November 2013
                                                           NSS – Memorandum

          5.5.2                        1
                     XC =
                                     2πfC 
                                         1
                                 =                                
                                2πx50 x 200 x 10 − 6
                             = 15.92 Ω                                                                    (3)

          5.5.3      Z =             R 2 + ( X L − X C )2     

                             =                (
                                     102 + 56.55 − 15.92) 2       )
                             = 41.84 Ω                                                                    (3)

          5.5.4                V
                     I =            
                               Z
                                220 
                             =
                               41.84
                             = 5.26 A                                                                     (3)

          5.5.5                               VL 

                                                                              VS   
                                     VL- VC

                                                              ᶱ
                                                                          IS   VR 

                                              VC                                                           (5)
                                                       
                     Een punt per benoeming tot 'n maksimum van 5.

5.6       IS =     I R + ( IC − I L )2
                         2
                                                   
              = 1 + (2 − 1.5)
                     2                    2
                                                  
              = 1.12 A 
                                                                                                           (3)
                                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             8                            DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 6: SKAKEL- EN BEHEERKRINGE

6.1
             A                    K
                                  H
                                          (een punt vir korrekte tekening sonder byskrifte)           (3)

6.2       Spoedbeheer van elektriese motors 
          Ligverdowwing van gloeilampe   
          Temperatuurbeheer van hoogoonde
          Omsetters                                                          (Enige twee)             (2)

6.3       Daar moet 'n spanning oor die twee hoofterminale van die SBG aangelê
          word met die anode positief  en die katode negatief gemaak. Nou kan
          dit gesneller word om te gelei deur 'n positiewe puls na die hek. 
                                                                                                      (3)

6.4       Die fisiese grootte van 'n SBG word bepaal deur die toevoerspanning wat
          daaroor aangelê word en die maksimum stroom wat deur die SBG moet
          vloei .  Hoe hoër die stroom, hoe groter moet die SBG wees.                                (2)

6.5       'n Spanning in enige rigting moet oor die DIAK aangelê word  hierdie
          spanning moet nou verhoog word tot die deurbreekspanning van die DIAK
          bereik word , ongeveer 30 V tot 50 V. Die DIAK sal nou begin gelei en
          stroomvloei deurlaat.                                                                      (3)

6.6       6.6.1         Om 'n spesifieke hekspanning na die hek van die TRIAK deur te
                        laat om dit te sneller.  OF om te verhoed dat ongewenste seine
                        na die hek van die TRIAK deurgelaat word om dit te sneller .                  (2)

          6.6.2         Die tyd wat dit die kapasitor neem om vol te laai, word bepaal deur
                        R 2 en die waarde van die kapasitor.  Die tydkonstante word
                        bereken deur T=5RC. As R 2 verhoog word, sal die kapasitor
                        langer neem om te laai  voordat die spanning bereik kan word
                        om die TRIAK te sneller. Daarom sal die tyd wat die stroom deur
                        die lamp vloei korter wees en gevolglik sal die lamp se helderheid
                        afneem.                                                                      (5)

6.7       6.7.1         Wanneer die TRIAK begin gelei daal die interne weerstand  en
                        dit veroorsaak dat die spanningsval oor die TRIAK  na 'n laer
                        spanning daal.                                                               (3)

          6.7.2         I H is die houstroom wat die minimum stroom is wat deur die
                        TRIAK moet vloei om geleiding te handhaaf. 
                        As die stroom laer as I H daal sal die TRIAK ophou gelei.                     (2)
                                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             9                         DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 7: VERSTERKERS

7.1       7.1.1         Positiewe terugvoer: die uitsetsein  word teruggevoer na die
                        insetsein en in fase  bygetel  by die inset sein. Dit veroorsaak
                        'n verhoging in wins.                                                      (3)

          7.1.2         Lei tot onstabiliteit in kringe. 
                        Veroorsaak ringtoevoer
                        Veroorsaak dat die uitset onvoorspelbaar is.          (Enige een)          (1)

          7.1.3         Ontwerp van ossillatorkringbane om die verliese van natuurlike
                        ossillasie te beperk                                                      (1)

7.2       1- Omkeerinset 
          2- Nie-omkeer-inset 
          3- Uitset                                                                               (3)

7.3       7.3.1         Omkeer- op-amp                                                            (1)

          7.3.2

                          Vref
                                                

                         +Vc               

                          

                         -Vcc         
                                                                                                   (5)

          7.3.3         Wanneer die op-amp as 'n spanningsvergelyker gebruik word,
                        word die inset van die een terminaal met V ref van die ander
                        insetterminaal vergelyk . In die omkeermodus, sal die uitset
                        maksimum wees,  maar uit fase met die verskil in inset                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        10                              DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

7.4

                                             _

                                                   

                                             +
                                                                      Rf               

                                VIN                                                   VUIT

                                                                  
                                                                       Rin

                                                                                                    (5)

7.5       Deur R f klein (nul of kortsluiting ) te maak  en R in baie groot te maak              (3)
                                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                      11          DBE/November 2013
                                                    NSS – Memorandum

VRAAG 8: DRIEFASETRANSFORMATORS

8.1     Om die hoofspanning in huishoudelike toevoer te verlaag vir gebruik in 'n
        selfoonlaaier. 
        Enige praktiese toepassing.                                                           (1)

8.2     'n Wisselspanning word aan die primêre wikkeling van 'n transformator
        verbind.  Dit veroorsaak 'n wisselstroom in die primêre wikkeling van die
        transformator. 
        Dit veroorsaak 'n magnetiese veld wat koppel met die sekondêre wikkeling
        deur die lamelysterkern. 
        Die magneetveld brei uitwaarts uit en val inwaarts weg en sny die sekondêre
        wikkeling.
        Hierdie relatiewe beweging tussen die magneetveld en die sekondêre
        wikkelings veroorsaak dat daar 'n EMK oor die sekondêre wikkelings                    (5)
        geïnduseer word. 
        Lenz se Wet.
        Die proses geskied weens wedersydse induksie. 

8.3     8.3.1        Die insetdrywing verdubbel                                              (1)

        8.3.2        Die stroom sal ook verdubbel                                            (1)

        8.3.3        Die spanning bly dieselfde                                              (1)

8.4     8.4.1
                  POUT = 3VL ( S ) I L ( S ) cos θ
                                 POUT
                  I L( s) =                     
                              3VL ( S ) cos θ
                              66 x103
                         =                  
                            3 x 380 x 0.85
                         = 117.97 A                                                          (3)

        8.4.2     POUT = PIN
                  PIN = 3VL ( P ) I L ( P ) cos θ
                                  PIN
                  I L( s) =                     
                              3VL ( P ) cos θ
                               66 x103
                        =                   
                           3 x 11000 x 0.85
                        = 4.08 A                                                             (3)
                                                                                              [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            12                            DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 9: LOGIKAKONSEPTE EN PLB's

9.1       Sinchronisering van verkeersligte 
          Beheer van masjinerie in fabrieke 
          Outomatiseer van masjinerie in monteerlyne
                                                                  (Enige relevante antwoord)           (2)

9.2       9.2.1      Die program word geskryf  in die geheue deur 'n persoonlike
                     rekenaar
                     (PC )  OF die program word hier gestoor                                          (2)

          9.2.2      Voer die take uit  wat in die geheue geskryf is.                                (2)

          9.2.3      Skei die inset- en uitset-  toestelle van die elektriese kringe.                (2)

9.3       Leerlogika ( LL) 
          Instruksielys (IL) 
          Logiese blokdiagramme ( LBD)                                                                (3)

9.4       9.4.1      Nie-funksie                                                                      (1)

          9.4.2

                                          
                                                              
                                  X              =1                   F

                                                                                                       (2)
                     Alternatiewe simbool is ook aanvaarbaar.

          9.4.3      
                     X F
                     0 1
                     1 0
                                                                                                       (2)
          9.4.4
                                                   F

                                                         
                                      
                                                                  

                                                         
                                      
                                                   C
                                                                                                       (5)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            13                         DBE/November 2013
                                          NSS – Memorandum

9.5       9.5.1      Regstreekse (Direk aanlyn) aansitter                                         (1)

          9.5.2
                                          
                        Oorbelasting X0

                            Stop X1 

                        Aansit X3                       N/O- kontaktors

                        

                        Spoel Yo    

                                                                                                   (6)

9.6       9.6.1      Die ontwerppoging is eenvoudiger  vanweë minder komponente
                     en maklike volgordebeplanning.                                               (2)

          9.6.2      Relê- en tydreëlaarprobleme  word verminder.                                (2)

          9.6.3      Hulle is baie kompakter as relêpanele . Massaproduksie is moontlik
                     deur herhaalde gebruik van programme.                                        (2)

9.7       Teller 
          PLB                                            (enige ander relevante antwoord)          (1)
                                                                                                   /35/

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                               14                      DBE/November 2013
                                             NSS – Memorandum

VRAAG 10: DRIEFASEMOTORS EN BEHEER

10.1      Sterverbinding
          Deltaverbinding                                                                         (2)

10.2      Isolasietoets tussen die motorwindings.
          Isolasieweerstand na aarde-toets.
          Kortsluit- en oopkringstoets.                                                           (3)

10.3      Is die verkoelingswaaier heel,draai maklik maar stewig aan die as van die
          motor vas? 
          Het raam enige krake of onderdele wat weg is? 
          Is die laers raserig of draai moeilik?
          Is die motor stewig gemonteer en is die boute behoorlik vas?
          Is die entplate stewig vas?
                                                                       (Enige twee)                (2)

10.4      Deur enige twee van die toevoerlyne na die stator om te ruil .
                                                                                                   (1)

10.5      Groter drywingstrek beskikbaar 
          Begin self draai 
          Hoër aansitdrywing
          Doeltreffender as enkelfasemotors
          Fisies kleiner as enkelfasemotors wat dieselfde uitset lewer
                                                                             (Enige twee)          (2)

10.6      10.6.1        P = 3VL I L cos θ
                                    P
                        IL =               
                                 3VL cos θ
                                   17000
                             =                 
                                 3 x 380 x 0.8
                             = 32.29 A                                                            (3)

          10.6.2              P
                        S=
                            Cosθ
                            17000 
                          =
                             0.8
                                    
                          = 21.25 kVA

                        OF

                        S = 3 × VL × I L
                          = 3 × 380 × 32.29
                          = 21.25 kVA
                                                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        15                           DBE/November 2013
                                      NSS – Memorandum

10.7      Die motoromhulsel is gemaak van materiaal wat krag gelei, deur dit te aard
          sal dit beskerming bied onder foutiewe toestande wat dan elektriese skok           (2)
          sal voorkom. 

10.8      Oorbelastingeenheid 
          Nul-volt-spoel 
          Noodstopskakelaars
          Stroombrekers
          Isolasieskakelaar
                                                                            (Enige drie)      (3)

10.9      Oormatige stroom na die motor. 
          Motor loop nie op al drie fases nie. 
          Motor word vir lang periodes gebruik sonder om dit af te skakel om af te koel.
          Oorbelasting van die motor
                                                                          (Enige twee)        (2)

10.10     Normaal-oop-kontakte is kontakte wat as daar geen krag gekoppel is nie, nie
          met mekaar verbind is nie  en wanneer krag gekoppel word, maak hulle               (2)
          kontak. 

10.11     Die entplaat hou die rotor in die middel
          Die endplaat huisves die laers
          Beskerm die waaier teen skade                                                      (2)
          Beskerm die gebruikers teen beserings 
          Forseer die lug oor die vinne van die motor vir verkoeling.

10.12     Die doel van die elektriese skakeltuig is om veilige verspreiding  en beheer
          van die elektriese energie asook elektriese beskerming te bied vir die
          verbruiker en die toerusting.                                                      (3)
                                                                                              [30]

                                                                                TOTAL:        200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2013 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-memo-eng/bfddc3bc-e5b8-440e-ab87-54e4e0ff5d2e) — Electrical Technology · Memo · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-eng/ccbd8845-3d79-4586-bf96-8ee64929d1f5) — Electrical Technology · QP · 2013 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2013-afr/5b3d2439-6e39-4a1d-8508-3f15ea3a7427) — Electrical Technology · QP · 2013 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2020 (Digital) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2020-digital-memo-eng/a1b08e2f-620d-401b-b392-473be3d00302) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2020 (Electronics) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2020-electronics-memo-afr/3a93ca21-b0ce-45ee-90c7-2d964cb448ce) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2020 (Power Systems) Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2020-power-systems-memo-eng/88b14e44-b06a-4447-9c35-edf475d6c7c0) — Electrical Technology · Memo · 2020 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [Electrical Technology (Power Systems) (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-power-systems-english-june-2025-question-paper/5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537) — QP · 2025 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-digital-english/cb603860-b00d-40c2-a36b-aa5e97b7d1e5) — Memo · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-electronics-afrikaans/6fc3719e-6eab-469e-baf1-ca1645c8ebad) — QP · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-power-systems-afrikaans/928e510b-68c2-4670-a7c7-fe20b388befb) — QP · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-digital-english/9fcfef2b-6d5e-4601-853a-24a2a3993617) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
