# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2014 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2014-afr/904d9320-4a77-4a11-a0b5-dc6ac52f632d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2014-afr/904d9320-4a77-4a11-a0b5-dc6ac52f632d)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2014. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                 NOVEMBER 2014

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        2                             DBE/November 2014
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond korrek af tot TWEE desimale plekke.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Toon die eenhede vir alle antwoorde van berekeninge.

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel voorsien.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          3                       DBE/November 2014
                                              NSS

VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

1.1       Noem EEN onveilige toestand wat 'n elektriese skok kan veroorsaak wanneer
          daar in 'n elektriesetegnologie-werkswinkel gewerk word.                            (1)

1.2       Noem EEN onveilige handeling in 'n elektriesetegnologie-werkswinkel.                (1)

1.3       Noem EEN prosedure wat gevolg moet word wanneer 'n beseerde persoon in
          'n elektriesetegnologie-werkswinkel bygestaan word.                                 (1)

1.4       Beskryf hoe 'n persoon se menseregte geskend kan word wanneer 'n
          medewerker dwelmmiddels gebruik terwyl daar in 'n elektriesetegnologie-
          werkswinkel gewerk word.                                                            (2)

1.5       Bespreek waarom spanwerk goeie werksetiek is.                                       (2)

1.6       Beskryf waarom 'n risiko-ontleding gedoen moet word om veiligheid in 'n
          elektriesetegnologie-werkswinkel te verbeter.                                       (3)
                                                                                              [10]

VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

2.1       Verduidelik waarom die sekondêre winding van 'n driefasetransformator wat
          hoëspanning-transmissielyne voer, in delta verbind word. Neem ekonomiese
          faktore in ag.                                                                      (2)

2.2       Beskryf die doel van 'n arbeidsfaktormeter in 'n WS-kring.                          (2)

2.3       Noem TWEE voordele van 'n driefase-distribusiestelsel bo 'n enkelfase-
          distribusiestelsel.                                                                 (2)

2.4       Drywing in 'n 380 V-stelsel word met die tweewattmetermetode gemeet.
          Die lesings op die meters is onderskeidelik 420 W en -260 W.

          Gegee:

          V L = 380 V
          P 1 = 420 W
          P 2 = -260 W

          2.4.1      Bereken die aktiewe drywing.                                             (3)

          2.4.2      Noem TWEE voordele van hierdie metode om drywing te meet bo
                     ander metodes.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           4                           DBE/November 2014
                                               NSS

2.5       'n Sterverbinde alternator wek 560 kW op teen 'n spanning van 380 V.
          Die alternator het 'n arbeidsfaktor van 0,85 teen vollas.

          Gegee:

          VL    = 380 V
          P     = 560 kW
          Cos ɸ = 0,85

          2.5.1      Bereken die stroom getrek teen vollas.                                        (3)

          2.5.2      Teken die spanningsfasordiagram van die alternator.                           (6)
                                                                                                   [20]

VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

3.1       Noem TWEE tipes driefasetransformator-verbindings.                                       (2)

3.2       Verduidelik die basiese werking van 'n transformator.                                    (5)

3.3       Noem die doel van 'n Buchholtz-relê in 'n transformator.                                 (2)

3.4       Bestudeer FIGUUR 3.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        Primêr                       Sekondêr
                                                                           P = 20 kW
                                                                           Cos ɸ = 0,8
                                                                     LAS   VLS = 380 V

                                     TR = 50 : 1

                             FIGUUR 3.1: DRIEFASETRANSFORMATOR

          3.4.1      Bereken die sekondêre fasespanning.                                           (3)

          3.4.2      Bereken die primêre fasespanning.                                             (3)

          3.4.3      Verduidelik, met 'n rede, of die transformator 'n VERHOGING- of
                     VERLAGINGSTRANSFORMATOR is.                                                   (2)

          3.4.4      Beskryf wat met die primêre stroomvloei van die transformator sal
                     gebeur indien die las vermeerder word.                                        (3)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           5                           DBE/November 2014
                                               NSS

VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

4.1       Noem EEN toepassing van 'n driefase-induksiemotor.                                        (1)

4.2       Noem EEN voordeel van 'n driefase-induksiemotor bo 'n enkelfasemotor.                     (1)

4.3       Verduidelik die werksbeginsel van 'n driefase-kourotor-induksiemotor.                     (8)

4.4       Noem EEN meganiese inspeksie wat na installasie en voor aanskakeling op
          'n motor uitgevoer behoort te word.                                                       (1)

4.5       Noem EEN elektriese inspeksie wat na installasie en voor aanskakeling op 'n
          motor uitgevoer behoort te word.                                                          (1)

4.6       Verduidelik die volgende terme met verwysing na die spoed van 'n
          induksiemotor:

          4.6.1      Rotorspoed                                                                     (1)

          4.6.2      Sinkrone spoed                                                                 (1)

4.7       'n Driefase-, 12 pool-motor word aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind.
          Die motor het 4% glip.

          Gegee:

          VL      = 380 V
          f       = 50 Hz
          Glip    = 4%
          p       =2

          Bereken, in r/min, die:

          4.7.1      Sinkrone spoed                                                                 (3)

          4.7.2      Rotorspoed                                                                     (3)

4.8       FIGUUR 4.1 hieronder stel die terminale van 'n driefase-induksiemotor voor.

                                        U1       V1      W1

                                                                E

                                       W2        U2       V2

                  FIGUUR 4.1: TERMINALE VAN 'N DRIEFASE-INDUKSIEMOTOR

          4.8.1      Teken die presiese konfigurasie oor en toon die motorterminale in
                     delta aan die toevoer verbind.                                                 (4)

          4.8.2      'n Megger wat op die isolasieweerstand-instelling ingestel is, word oor
                     W 2 en E verbind. Noem die tipe lesing wat verwag kan word en
                     verduidelik waarom.                                                            (3)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                               6                            DBE/November 2014
                                                   NSS

4.9       Beskryf waarom 'n ster-delta-aansitter gebruik word om 'n driefase-
          induksiemotor aan te skakel.                                                                  (3)

4.10      Verduidelik hoe 'n vorentoe-agtertoe-aansitter funksioneer.                                   (2)

4.11      Die beheerkring in FIGUUR 4.2 hieronder stel 'n outomatiese sekwensiële
          aansitter voor.

                                         Stop
                                                     HK1 (N/O) Hou uit

                                  Aan              HK1(N/O)
                                                                         T (N/O)
                                                    Hou in
                                           O/B1                           O/B2
                             HK1
                                                          T
                             Motor 1                                     HK2
                                                                         Motor 2
                         FIGUUR 4.2: BEHEERKRING VAN 'N OUTOMATIESE
                                    SEKWENSIËLE AANSITTER

          4.11.1        Beskryf die funksie van die tydskakelaar in die kring.                          (2)
          4.11.2        Beskryf die aansitsekwens (volgorde) van die aansitter indien die
                        tydskakelaar op een minuut gestel is.                                           (6)
                                                                                                        [40]

VRAAG 5: RLC

5.1       Definieer die volgende terme met verwysing na RLC-kringe:

          5.1.1         Resonansie                                                                      (2)
          5.1.2         Q-faktor in 'n parallelle kring                                                 (2)

5.2       'n Kring met 'n resistor van 4 Ω, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van
          157 Ω en 'n verstelbare kapasitor wat op 120 µF gestel is, word in serie aan 'n
          100 V/50 Hz-toevoer verbind.

          Gegee:
          R        = 4Ω
          XL       = 157 Ω
          C ver    = 120 µF
          Vs       = 100 V
          f        = 50 Hz

          Bereken die:
          5.2.1         Waarde van die kapasitansie wat resonansie teen 50 Hz sal
                        veroorsaak                                                                      (3)

          5.2.2         Q-faktor van die kring teen resonansie                                          (3)
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                 7                   DBE/November 2014
                                                     NSS

5.3       Bestudeer die kringdiagram in FIGUUR 5.1 hieronder en beantwoord die vrae
          wat volg.

                                                       R
                                          IR = 4 A

                                          IL = 1,76 A XL

                                           IC          XC

                                     IT

                                                VS = 120 V/60 Hz

                                 FIGUUR 5.1: RLC PARALLELLE KRING

          Gegee:

          XC      =     26 Ω
          VS      =     120 V
          IR      =     4A
          IL      =     1,76 A
          f       =     60 Hz

          Bereken die:

          5.3.1         Stroomvloei deur die kapasitor                                             (3)

          5.3.2         Totale stroomvloei                                                         (3)

          5.3.3         Fasehoek. Dui aan of dit VOORLOPEND of NALOPEND is.                        (4)
                                                                                                   [20]

VRAAG 6: LOGIKA

6.1       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na programmeerbare
          logikabeheerders.

          6.1.1         Definieer 'n programmeerbare logikabeheerder (PLB).                        (3)

          6.1.2         Verduidelik waarom relês nie geheel en al deur PLB's kan vervang
                        kan word nie.                                                              (3)

          6.1.3         Noem DRIE voordele van 'n PLB bo ander elektriese beheerstelsels.          (3)

          6.1.4         Noem EEN voordeel van die gebruik van funksionele
                        blokdiagramme bo leerlogika in PLB-programmering. Gee 'n rede vir
                        die antwoord.                                                              (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              8                        DBE/November 2014
                                                  NSS

6.2       FIGUUR 6.1 hieronder toon 'n tipiese PLB-stelsel.

                                                   GEHEUE

                    Inset-
                  koppelvlak                                                Uitset-
                                                                          koppelvlak
                                                    SVE
                                        Sentrale verwerkingseenheid

                                             Programmeringstoestel

                                             FIGURE 6.1: PLB-STELSEL

          6.2.1         Verduidelik die funksie van 'n programmeringstoestel.                        (3)

          6.2.2         Noem TWEE toestelle wat gebruik word om die sentrale
                        verwerkingseenheid (SVE) te programmeer.                                     (2)

6.3       Bestudeer die kring in FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat
          volg.

                                                        X0

                                                        X2

                                        X1              YO

                                                        Y

                                     FIGUUR 6.2: BEHEERKRING

          6.3.1         Lei die ooreenstemmende Boole-vergelyking vir die kring af.                  (5)

          6.3.2         Ontwerp 'n ooreenstemmende leerlogikadiagram van die kring.                  (5)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                       9                         DBE/November 2014
                                           NSS

6.4       Bestudeer die kring in FIGUUR 6.3 hieronder en lei die Boole-vergelyking by
          die volgende punte af:

                                 FIGUUR 6.3: LOGIKAKRING

          6.4.1      D                                                                        (1)

          6.4.2      E                                                                        (1)

          6.4.3      F                                                                        (1)

          6.4.4      G                                                                        (1)

          6.4.5      X                                                                        (1)

          6.4.6      Gebruik die Karnaugh-kaart-metode    om    die   uitset   (X)   te
                     vereenvoudig.                                                            (6)

6.5       Veiligheid is van uiterste belang in die industrie. Verduidelik waarom 'n
          PLB-stelsel veiliger is wanneer outomatisering in 'n fabriek getoets word.          (3)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             10                       DBE/November 2014
                                                 NSS

VRAAG 7: VERSTERKERS

7.1       Noem DRIE eienskappe van 'n ideale operasionele versterker.                              (3)

7.2       Beskryf hoe 'n differensiaalversterker die basis van 'n operasionele versterker
          vorm.                                                                                    (2)

7.3       Teken en benoem 'n basiese blokdiagram van 'n operasionele versterker wat
          'n negatiewe terugvoernetwerk toon.                                                      (4)

7.4       Noem TWEE voordele van negatiewe terugvoer in 'n operasioneleversterker-
          kring.                                                                                   (2)

7.5       Verduidelik waarom operasioneleversterker-kringe van 'n dubbele GS-toevoer
          voorsien word.                                                                           (3)

7.6       Bestudeer FIGUUR 7.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        Rf =15 kΩ

                                            RIN =5 kΩ

                                                         -

               VIN=1 V
                                    Inset                +
                                                                                Uitset
                                                                                    0V

                            FIGUUR 7.1: OPERASIONELE VERSTERKER

          7.6.1      Identifiseer die operasioneleversterker-kring in FIGUUR 7.1.                  (1)

          7.6.2      Teken die inset- en uitsetgolfvorme (-seine) van die operasionele
                     versterker.                                                                   (2)

          7.6.3      Wat sal met die spanningswins van die versterker gebeur indien die
                     waarde van die terugvoerresistor verminder word?                              (2)

          7.6.4      Bereken die wins van die operasioneleversterker-kring.                        (3)

          7.6.5      Bereken die uitsetpiekspanning van die operasionele versterker.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                      11                      DBE/November 2014
                                                          NSS

7.7       Bestudeer FIGUUR 7.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           R1

                                                                  Rf
                                           R2

               V1 = 4 V                    R3

                          V2 = -1 V

                                          V3 = 2 V                                     VUit

                                                                                              0V
                                                           R1=R2=R3

                          FIGUUR 7.2: OPERASIONELEVERSTERKER-KRING

          7.7.1      Identifiseer die operasioneleversterker-kring in FIGUUR 7.2.                         (1)

          7.7.2      Beskryf EEN praktiese toepassing van hierdie tipe operasionele
                     versterker.                                                                          (3)

          7.7.3      Bereken die uitsetspanning van die operasionele versterker.                          (3)

7.8       Die kringdiagram in FIGUUR 7.3 hieronder is 'n operasionele versterker wat in
          die astabiele-multivibrator-konfigurasie gekoppel is.

                                                     Rf

                                      C

                                                                       R1
                                                                            Vuit
                                                                       R2

                              FIGUUR 7.3: ASTABIELE MULTIVIBRATOR

          7.8.1    Noem TWEE toepassings van die kring.                                                   (2)

          7.8.2    Teken die uitsetgolfvorm wat die kring genereer.                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          12                             DBE/November 2014
                                              NSS

7.9       Beantwoord die volgende vrae met verwysing na 'n operasionele versterker
          wat in 'n Schmitt-sneller gekoppel is.

          7.9.1    Beskryf EEN praktiese toepassing van 'n Schmitt-sneller operasionele
                   versterker.                                                                     (3)

          7.9.2    Teken al die tydintervalle wat in FIGUUR 7.4 geïllustreer word in die
                   ANTWOORDEBOEK oor en teken die uitset van die Schmitt-sneller na
                   aanleiding van die inset wat in FIGUUR 7.4 hieronder getoon word.
                   Benoem AL die dele.

                                                                       Boonste drempel

                                                                       Onderste drempel

                                                Insetsein

                              FIGUUR 7.4: INSETSEIN VAN 'N SCHMITT-SNELLER
                                       OPERASIONELE VERSTERKER                                     (4)

7.10      Noem die tipe terugvoer wat ossillators gebruik.                                         (1)

7.11      Beskryf die tipe terugvoer wat in VRAAG 7.10 genoem is.                                  (2)

7.12      Bereken die ossillasiefrekwensie          van       die   RC-faseskuif-ossillator   in
          FIGUUR 7.5 hieronder.
          Gegee:
          R 1 = R 2 = R 3 = 8 kΩ
          C 1 = C 2 = C 3 = 120 nF

                                                          R

                         C1       C2     C3

                                                          -
                                                                                  VUit

                        R1        R2     R3           +

                                                                                  0V

                              FIGUUR 7.5: RC-FASESKUIFOSSILLATOR                                   (3)
                                                                                                   [50]
                                                                                       TOTAAL:     200
Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                         13                                    DBE/November 2014
                                             NSS

                                         FORMULEBLAD
DRIEFASE-WS-OPWEKKING                            RLC-KRINGE
Ster                                               X L = 2 πfL
VL = 3 VF                                                    1
                                                   Xc =
IL = IF                                                    2 πfc
                                                               1
                                                   fr =
Delta                                                     2π (LC)
IL = 3 IF
                                                   Serie
VL = VF                                            IT = IR = IC = IL
P=       3VL × I L Cosθ                            Z = R 2 + (X L ~
                                                                  − XC )
                                                                         2

S = 3 VL I L                                       VL = I X L
Q = 3 V L I L Sin θ                                VC = I X C
             P                                     VT = I Z
Cosθ =
             S
                                                                        + (VL ~
                                                                              − VC )
                                                                    2                  2
    V                                              VT = VR
ZF = F
     IF
                                                          VT
                                                   IT =
                                                          Z
Tweewattmetermetode                                      R
PT = P1 + P2                                       Cosθ =
                                                         Z
                                                         V
DRIEFASETRANSFORMATORS                             Cosθ = R
                                                         VT
Ster                                                      XL
                                                   Q=
VL = 3 VF                                                 R
IL = IF
                                                   Parallel
                                                   VT = VR = VC = VL
Delta
IL = 3 IF                                               VR
                                                   IR =
VL = VF                                                  R
                                                        VC
P = 3 VL I L Cos θ                                 IC =
                                                        XC
S = 3 VL I L                                              VL
                                                   IL =
                                                          XL
Q = 3 VL I L Sin θ
                                                   I T = I R + (I L ~
                                                                    − IC )
                                                               2                2

             P
Cosθ =
             S                                                 IR
                                                   Cosθ =
VF(p )       Np       I F (s )                                 IT
         =        =
VF(s )       Ns       I F(p )                             XL
                                                   Q=
                                                          R
Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                        DBE/November 2014
                                          NSS

DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS                   OPERASIONELE VERSTERKERS

Ster                                                           Vuit    R 
                                                Wins A V = −        = − f  omkeerversterker
VL = 3 VF                                                      Vin      R in 
IL = IF                                                      Vuit     R
                                                Wins A V =        = 1+ f      nie - omkeerversterker
                                                             Vin      R in
Delta                                                   1
                                                fr =             Hartley - ossillator
IL = 3 IF                                             2π LC
                                                          1
VL = VF                                         f RC =              RC - faseskuif - ossillator
                                                       2π 6RC

Drywing                                         VUit = (V1 + V2 + ....VN )
P = 3 VL I L Cos θ

S = 3 VL I L

Q = 3 VL I L Sin θ
                         Pin − verliese
Rendement (η) =
                               Pin

Spoed
     60 × f
ns =
       p
                     ns − nr
Glip per eenheid =
                       ns
n r = n s (1 − S per eenheid )

             ns − nr
% glip =             × 100%
               ns

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2014 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2014-eng/1527bbc6-bcc8-4c67-811c-929c2e79491e) — Electrical Technology · QP · 2014 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2014 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2014-memo-eng/e1a4800f-47e1-4792-96ee-f2a1613a80de) — Electrical Technology · Memo · 2014 · Eng
- [ELECTRICAL TECH QP GR12 SEPT 2014 EA](https://www.hlayiso.com/library/electrical-tech-qp-gr12-sept-2014-ea/45f3d544-332f-4a5e-9743-b4ea4e3f3d13) — Electrical Technology · QP · 2014
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-electronics-eng/638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
