# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2017-afr/541bc9a3-6bc8-4f8e-8086-955324144a04
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2017-afr/541bc9a3-6bc8-4f8e-8086-955324144a04)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                       2                          DBE/November 2017
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en volledig benoem wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
          plekke af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Toon die eenhede vir ALLE antwoorde van berekeninge.

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                          3                       DBE/November 2017
                                              NSS

VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

1.1       Gee EEN voorbeeld van ELK van die volgende:

          1.1.1         Onveilige handeling                                                   (1)

          1.1.2         Onveilige toestand                                                    (1)

1.2       Beskryf hoe spanwerk werksetiek kan verbeter.                                       (3)

1.3       Verduidelik hoe bloeding beheer kan word, terwyl daar op mediese hulp
          gewag word.                                                                         (2)

1.4       Verduidelik hoe dwelmmisbruik deur 'n werker 'n negatiewe uitwerking op
          produksie by die werkplek kan hê.                                                   (3)
                                                                                              [10]

VRAAG 2: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

2.1       Noem DRIE voordele van 'n driefase-distribusiestelsel bo 'n eenfase-
          distribusiestelsel.                                                                 (3)

2.2       Teken 'n volledig benoemde voorstellingsdiagram van 'n driefase- ontwikkelde
          spanningsgolfvorm in 'n driefasestelsel.                                            (5)

2.3       Noem EEN nadeel van die gebruik van die tweewattmetermetode om drywing
          in 'n driefasestelsel te meet.                                                      (1)

2.4       'n Driefase- sterverbinde generator het 'n aanslag van 25 kVA. Dit lewer 'n
          stroom van 38 A teen 'n arbeidsfaktor van 0,9 nalopend.

          Gegee:

          S       =     25 kVA
          IL      =     38 A
          af.     =     0,9 nalopend

          Bereken die:

          2.4.1         Lynspanning                                                           (3)

          2.4.2         Fasespanning                                                          (3)

          2.4.3         Impedansie per fase                                                   (3)

2.5       Beskryf hoe Eskom voordeel kan trek indien verbruikers die arbeidsfaktor van
          hulle stelsels verbeter.                                                            (2)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             4                     DBE/November 2017
                                                 NSS

VRAAG 3: DRIEFASETRANSFORMATORS

3.1       Wat is die doel van 'n transformator?                                                (2)

3.2       Noem die soort verlies wat weens die interne weerstand in die wikkelinge in
          'n transformator dissipeer.                                                          (1)

3.3       Noem TWEE metodes wat gebruik word om transformators te verkoel.                     (2)

3.4       Beskryf wat kan gebeur indien enigeen van die koelmetodes wat gebruik word
          om groot transformators te verkoel, nie sy funksie kan uitvoer nie.                  (3)

3.5       Noem TWEE toepassings van 'n driefase-delta-ster-transformator.                      (2)

3.6       'n 120 kVA- delta-sterverbinde transformator word gebruik om 'n kliniek van
          krag te voorsien. Dit lewer 380 V op elke lyn. Die transformator het 'n
          arbeidsfaktor van 0,9 nalopend.

                                 FIGUUR 3.6: Delta-ster-transformator
          Gegee:

          S       =   120 kVA
          V LS    =   380 V
          af.     =   0,9 nalopend

          Bepaal die:

          3.6.1         Sekondêre lynstroom                                                    (3)

          3.6.2         Sekondêre fasestroom                                                   (2)

          3.6.3         Insetdrywing na die kliniek                                            (3)

3.7       Verduidelik waarom die sekondêre wikkeling van 'n verlagingstransformator
          'n dikker draad het.                                                                 (2)
                                                                                               [20]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           5                         DBE/November 2017
                                               NSS

VRAAG 4: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

4.1       Verwys na FIGUUR 4.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     FIGUUR 4.1: DRIEFASE-KOUROTOR-INDUKSIEMOTOR

          4.1.1         Noem enige TWEE dele van die motor in FIGUUR 4.1.                        (2)

          4.1.2         Verduidelik hoe die draairigting van hierdie motor omgekeer kan
                        word.                                                                    (2)

          4.1.3         Die stator van die motor kan in ster of delta verbind word.
                        Verduidelik watter verbinding die meeste wringkrag sal ontwikkel.        (4)

4.2       Noem EEN voordeel van 'n driefase-induksiemotor bo 'n eenfase-
          induksiemotor.                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              6                        DBE/November 2017
                                                  NSS

4.3       Verwys na FIGUUR 4.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          FIGUUR 4.3: STATORWIKKELINGS VAN 'N DRIEFASE-INDUKSIEMOTOR

          4.3.1         Beskou die lesings van die wikkelings in FIGUUR 4.3 en beskryf
                        die fout.                                                                   (2)
          4.3.2         Verduidelik die fout indien die weerstandslesing tussen U 2 en E wat
                        met 'n megger (isolasieweerstandtoetser) geneem is, 0 Ω is.                 (2)
          4.3.3         Beskryf hoe die isolasietoets tussen wikkelinge uitgevoer moet word.        (2)

4.4       'n Driefase-induksiemotor word aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer                 verbind.
          Die motor het 'n sinkrone spoed van 1 500 r/min en 'n glip van 6%.
          Gegee:
          VL      = 380 V
          f       = 50 Hz
          glip    = 6%
          Beantwoord die volgende vrae:
          4.4.1         Bereken die rotorspoed.                                                     (3)
          4.4.2         Verduidelik hoekom die frekwensie van die toevoer belangrik is in
                        die werking van motors wat aan 'n las verbind is.                           (3)

4.5       'n Driefase- deltaverbinde motor lewer 'n uitset van 6,8 kW wanneer dit aan
          'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind is. Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,8 en
          'n rendement van 95%.
          Gegee:
          VL         = 380 V
          P UIT      = 6,8 kW
          f          = 50 Hz
          af.        = 0,8
          ŋ          = 95%
          Bereken die volgende teen vollas:
          4.5.1         Skyndrywing                                                                 (3)
          4.5.2         Reaktiewe drywing                                                           (5)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                           7                        DBE/November 2017
                                               NSS

4.6       FIGUUR 4.6 hieronder verteenwoordig die beheerkring van 'n sekwensiële
          aansitter.

                  FIGUUR 4.6: BEHEERKRING VAN 'N SEKWENSIËLE AANSITTER

          4.6.1         Noem EEN praktiese situasie waar twee motors met gebruik van die
                        metode in FIGUUR 4.6 aangesit kan word.                                 (1)

          4.6.2         Beskryf wat sou gebeur indien die kontak HK 1 N/O 2 foutief en
                        permanent toe sou wees.                                                 (2)

          4.6.3         Beskryf die aansitvolgorde van die aansitter onder normale
                        omstandighede.                                                          (4)

          4.6.4         Die aansitter beheer twee verskillende motors. Verduidelik, met
                        redes, of die beheerkring vir twee motors waarvan die aanslag
                        verskillend is, voorsiening maak.                                       (4)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                             8                          DBE/November 2017
                                                 NSS

VRAAG 5: RLC

5.1       Beskryf die term impedansie met verwysing na 'n RLC-kring.                                 (2)

5.2       FIGUUR 5.2 hieronder toon die fasordiagram van 'n serie-RLC-kring.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                          VL = 80 V

                                                       Rotasie

                                                                       VR = 110 V

                     VC = 50 V

                     FIGUUR 5.2: FASORDIAGRAM VAN 'N SERIE-RLC-KRING

          5.2.1         Met verwysing na stroom en spanning, verduidelik of die kring
                        induktief of kapasitief is.                                                  (3)

          5.2.2         Beskryf hoe 'n verhoging in frekwensie V L sal beïnvloed.                    (3)

          5.2.3         Bereken die totale spanning.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            9                         DBE/November 2017
                                                NSS

5.3       Die parallelkring in FIGUUR 5.3 hieronder bestaan uit 'n kapasitor wat
          'n stroom van 4 A trek, 'n induktor wat 'n stroom van 6 A trek en 'n weerstand
          wat 'n stroom van 5 A trek. Die komponente word aan 'n 240 V/50 Hz-toevoer
          verbind.

                                                  IR= 5 A   IL = 6 A   IC = 4 A

                      VTV=T =
                            240 VV
                              240
                        5050 HzHz

                                   FIGUUR 5.3: RLC-PARALLELKRING

          Gegee:

          IR      =       5A
          IL      =       6A
          IC      =       4A
          VT      =       240 V
          f       =       50 Hz

          Bereken die:

          5.3.1         Totale stroom                                                              (3)

          5.3.2         Fasehoek                                                                   (3)

          5.3.3         Induktiewe reaktansie                                                      (3)
                                                                                                   [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        10                         DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 6: LOGIKA

6.1       Noem DRIE voordele van 'n PLB-stelsel bo 'n vastedraad-relêstelsel.                   (3)

6.2       Noem TWEE tale wat gebruik word om PLB's te programmeer.                              (2)

6.3       Skryf die vereenvoudigde Boole-vergelyking vir die uitdrukking hieronder neer.
          Gebruik 'n drie-veranderlike Karnaugh-kaart.

          X=ABC+ABC+ABC+ABC + ABC                                                               (10)

6.4       Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en bepaal uitset F.

                        A
                                     ≥
                        B
                                                  &            ≥           F

                                     &

                        C

                                  FIGUUR 6.4: HEKNETWERK                                        (6)

6.5       Vereenvoudig die volgende Boole-vergelyking deur Boole-algebra te gebruik:

          Q = A BC + A B C + A B C + A BC                                                       (6)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            11                        DBE/November 2017
                                                NSS

6.6       Verwys na FIGUUR 6.6 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                N/T                         N/T

         FIGUUR 6.6: BEHEERKRING VAN 'N VORENTOE-AGTERTOE-AANSITTER

          6.6.1         Teken die leerlogikadiagram wat dieselfde funksie in 'n PLB-stelsel
                        sal verrig. Gebruik dieselfde byskrifte wat in FIGUUR 6.6 gegee is.        (12)

          6.6.2         Gee EEN voorbeeld waar die kring in FIGUUR 6.6 in 'n elektriese
                        toepassing gebruik kan word.                                               (1)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                            12                        DBE/November 2017
                                                NSS

VRAAG 7: VERSTERKERS

7.1      Verduidelik wat 'n operasionele versterker ('op amp') is.                                   (2)

7.2      Noem TWEE voordele van die gebruik van geïntegreerde kringe
         (soos 'op amps') bo diskrete komponente (kringe wat met individuele
         komponente gebou is).                                                                       (2)

7.3      Beskryf hoe 'n differensiaalversterker werk.                                                (3)

7.4      Noem die tipe terugvoer wat in die volgende kringe gevind word:

         7.4.1          Versterkerkringe                                                             (1)

         7.4.2          Ossillatorkringe                                                             (1)

7.5      Verduidelik die verskil tussen positiewe terugvoer en negatiewe terugvoer.                  (3)

7.6      Verwys na FIGUUR 7.6 hieronder.

                                                          +Vcc

                          VIN = 0,7 V               +
                                                                       Uitset
                                                      -

                                                          -Vcc       Rf = 170 kΩ

                                                                     RIN = 10 kΩ

                                                                        0V

                                        FIGUUR 7.6: OP-VERSTERKER

         Bereken die:

         7.6.1          Uitsetspanning van die versterker                                            (3)

         7.6.2          Spanningswins van die versterker                                             (3)

7.7      Noem TWEE toepassings van 'n omkeer operasionele versterker ('inverting
         op amp').                                                                                   (2)

7.8      Gee EEN toepassing van 'n monostabiele multivibrator.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        13                     DBE/November 2017
                                            NSS

7.9      Verduidelik die grootste verskil tussen 'n monostabiele multivibrator en
         'n bistabiele multivibrator.                                                      (4)

7.10     Teken die insetgolfvorme hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en direk
         daaronder, op dieselfde y-as, teken die uitsetgolfvorme van die
         geïdentifiseerde kringe.
         7.10.1
                                  INTEGREERDER-OP-VERSTERKER

                                                          VUIT

                         FIGUUR 7.10.1: INSETGOLFVORM VIR INTEGREERDER-OP-
                                              VERSTERKER                                   (3)
         7.10.2
                               OMKEERVERGELYKER-OP-VERSTERKER

                                    VVERW

                                                             VUIT

                        FIGUUR 7.10.2: INSETGOLFVORM VIR OMKEERVERGELYKER-
                                            OP-VERSTERKER                                  (3)
Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                        14                   DBE/November 2017
                                            NSS

         7.10.3                 OMKEER-SCHMIDT-SNELLER-OP-VERSTERKER

                          +V                                       Boonste
                                                                      Upport
                                                                   drempel-
                                                                    Threshold
                                                                   spanning
                                                                     Voltage

                         00V                                        Input Signal
                                                                   Insetsein

                                                                   Onderste
                                                                  Lower threshold
                                                                   drempel-
                                                                      voltage
                                                                   spanning
                          -V

                        +VCC

                                                                      Output
                                                                   Uitset-
                         00 V
                                                                     Voltage
                                                                   spanning

                        - VCC

                                FIGUUR 7.10.3: INSETGOLFVORM VIR OMKEER-
                                    SCHMIDT-SNELLER-OP-VERSTERKER                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                  15                     DBE/November 2017
                                      NSS

7.11     Teken die insetgolfvorme van 'n omkeer-sommeer-op-versterker in
         FIGUUR 7.11 hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en direk daaronder,
         op dieselfde y-as, teken die uitsetgolfvorm.

                               VUIT

                FIGUUR 7.11: INSETGOLFVORME VAN 'N OMKEER-SOMMEER-
                                    OP-VERSTERKER                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                              16                  DBE/November 2017
                                                  NSS

7.12     Verwys na FIGUUR 7.12 hieronder.

         'n Insetspanning van 5 V word voorsien aan die inset van 'n omkeer-
         versterkerkring met 'n insetweerstand van 20 kΩ en 'n terugvoerweerstand
         van 200 kΩ. Die versterkerkring is aan 'n gesplete kragbron verbind.

                                                   Rf = 200 kΩ

                                RIN = 20 kΩ

                                                                         VUIT

                               FIGUUR 7.12: OMKEER-OP-VERSTERKER
         Bereken die:
         7.12.1         Uitsetspanning van die versterker                                  (3)
         7.12.2         Wins van die versterker                                            (3)

7.13     Noem EEN toepassing van 'n Schmidt-sneller.                                       (1)

7.14     'n Hartley-ossillator bestaan uit twee induktors met 'n totale induktansie van
         27 mH en 'n kapasitor van 47 µF. Bereken die resonante frekwensie van die
         ossillator.
         Gegee:
         L T = 27 mH
         C T = 47 µF                                                                       (3)

7.15     'n RC-faseverskuiwingsossillator gebruik drie RC-netwerke. Neem aan dat die
         weerstandswaarde en kapasitorwaarde dieselfde is. Die waardes van die
         weerstande is 25 kΩ elk en die waardes van die kapasitors is 45 pF elk.
         Bereken die resonante frekwensie van die ossillator.
         Gegee:
         R     =     25 kΩ
         C     =     45 pF                                                                 (3)
                                                                                           [50]

                                                                                TOTAAL:    200
Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                           DBE/November 2017
                                              NSS

                                          FORMULEBLAD
DRIEFASE-WS-OPWEKKING                            RLC-KRINGE

Ster                                                X L = 2π fL
VL = 3 × VF                     IL = IF                      1
                        en                          Xc =
VF = IF × Z F                                              2πfC
                                                                1
                                                    Fo =
Delta                                                      2π LC
VL = VF                 en      IL = 3 × IF
                                                    Serie
VF = IF × Z F
                                                    IT = IR = IC = IL
Drywing
                                                    Z = R 2 + (XL − X C )
                                                                        2
P = 3 × VL × IL × Cos θ × η

S (Pskyn ) = 3 × VL × IL                            VL = I × X L

Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ                       VC = I × X C

Wattmeter-metode                                    VT = I × Z
PT = P1 + ....PN

N = getal wattmeters
DRIEFASETRANSFORMATORS
                                                    VT = VR + (VL − VC )
                                                                    2       2

Ster                                                       VT
                                                    IT =
                                                           Z
VL = 3 × VF                     IL = IF                         R
                        en                          Cos θ =
                                                                Z

Delta                                                           VR
                                                    Cos θ =
                                                                VT
VL = VF                 en      IL = 3 × IF
                                                           X L X C VL VC 1 L
Drywing                                             Q=        =   =   =  =
                                                           Z    Z   VS VS R C

P = 3 × VL × IL × Cos θ × η                         Parallel

S = 3 × VL × IL                                     VT = VR = VC = VL

          P                                                VR
Cos θ =                                             IR =
          S                                                R

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie                                                                            DBE/November 2017
                                                     NSS

                                                                  VC
                                                           IC =
Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ                                     XC

VF(P)       NP IF(S)                                              VL
        =     =                                            IL =
VF(S)       NS IF(P)                                              XL
DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
                                                           IT = IR + (IL − IC )
                                                                           2               2
Ster
                                                                  I
                                                           Cos θ = R
VL = 3 × VF               en            IL = IF                    IT
                                                                  X L X C VL VC 1 L
Delta                                                      Q=        =   =   =  =
                                                                  Z    Z   VS VS R C
IL = 3 × IF                             VL = VF            VERSTERKERS
                         en
                                                           Omkeerversterker
Drywing
                                                                                   VUIT     R 
                                                           Wins A V =                   = − f 
P = 3 × VL × IL × Cos θ                                                            VIN       RIN 
                                                                    R 
                                                           VUIT = − f  VIN
S (Pskyn ) = 3 × VL × IL                                             RIN 

Q (PR ) = 3 × VL × IL × Sin θ                              Nie-omkeerversterker
                                                                     V          Rf
                                                           Wins A V = UIT = 1 +
                       PIN − verliese                                 VIN       RIN
Rendement (η ) =
                             PIN
                                                           T = 5RC
Spoed
                                                                       1
                                                           fr =
     60 × f                               n S − nR                2π LC
nS =                             Glip =
       p                 en                  nS
                                                                   Rf 
                                                           VUIT =  1+  V
nR = n S (1 − S )                                                  RIN  IN
                                                                       

                                                                               1
                                                           fr =
                                                                  2πRC 2 × N

                                                           N = getal RC-fases

                                                           Sommeerversterker

                                                           VUIT = −( V1 + V2 + V3 + ...VN )

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2017 Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2017-eng/1c0dcf10-b0b9-4e03-a6f8-731ffdf7926a) — Electrical Technology · QP · 2017 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2017 Memo Approved Memorandum 24 November 2017](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2017-memo-approved-memorandum-24-november-2017/4d632ce9-008c-4cf1-a956-26182b341b51) — Electrical Technology · Memo · 2017
- [Gr12 ELTT SEPT2017 Afr QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-eltt-sept2017-afr-qp/bc49c016-a4e4-4498-8074-99233b040cd7) — Electrical Technology · QP · 2017 · Afr
- [Electrical Technology Feb March 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-feb-march-2017-afr/5caa904e-ecfa-4353-a54f-1dd7992d6371) — Electrical Technology · QP · 2017 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
