# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2018 Memo (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology memorandum from the NSC November Exam 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-power-systems-final-memo-afr/6408076b-a626-44cc-8738-3890be9ece4f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2018 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-power-systems-final-memo-afr/6408076b-a626-44cc-8738-3890be9ece4f)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2018. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                   NOVEMBER 2018

                                   NASIENRIGLYNE

TOTAAL: 200

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           2                            DBE/November 2018
                                      NSS – Nasienriglyne

INSTRUKSIES AAN NASIENERS

1.        Alle vrae met veelvuldige antwoorde veronderstel dat enige relevante,
          aanvaarbare antwoord oorweeg moet word.

2.        Berekeninge:

          2.1        Alle berekeninge moet formules toon.

          2.2        Vervanging van waardes moet korrek gedoen wees.

          2.3        Alle antwoorde MOET die korrekte eenheid bevat om oorweeg te
                     word.

          2.4        Alternatiewe metodes moet oorweeg word, met die voorwaarde dat
                     die korrekte antwoord verkry is.

          2.5        Wanneer 'n verkeerde antwoord in 'n daaropvolgende berekening
                     gebruik word, sal die aanvanklike antwoord as verkeerd beskou
                     word. Indien die verkeerde antwoord egter daarna korrek toegepas
                     word, moet die nasiener die antwoord weer uitwerk met die
                     verkeerde waardes. Indien die kandidaat die aanvanklike verkeerde
                     antwoord daaropvolgende korrek toegepas het, moet die kandidaat
                     volpunte vir die daaropvolgende korrekte berekeninge kry.

          2.6        Nasieners moet in aanmerking neem dat kandidate se antwoorde
                     effens van die nasienriglyne kan verskil, afhangend van waar en hoe
                     daar in die berekening afgerond is.

3.        Hierdie nasienriglyne is slegs 'n gids met modelantwoorde. Alternatiewe
          vertolkings moet oorweeg word en op meriete nagesien word. Hierdie
          beginsel moet konsekwent tydens die nasiensessie by ALLE nasiensentrums
          toegepas word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             3                              DBE/November 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

VRAAG 1: BEROEPSGESONDEID EN VEILIGHEID

1.1       'n Ernstige voorval' is 'n gebeurtenis van rampspoedige afmetings,  wat
          voortspruit uit die gebruik van bedryfstoerusting of masjinerie of uit
          bedrywighede by 'n werkplek. 
          Ernstige besering of skade aan persone of toerusting wat voortspruit uit die
          gebruik van bedryfstoerusting of masjinerie of uit bedrywighede by 'n
          werkplek.                                                                                 (2)

1.2       Vervaardigers moet seker maak dat alle produkte veilig is. 
          Geen werknemer word toegelaat om enige werk te doen of produk te
          vervaardig tensy die korrekte voorsorgmaatreëls in plek is nie. 
          Veilig om te gebruik/ sonder risiko aan gesondheid
          Veiligheids kenmerk
          Instruksie blad
          In ‘n goeie toestand sonder foute                                                         (2)

1.3       'Rowwe speletjies' is 'n onveilige handeling omrede sulke gedrag deur
          leerders in die werkplek onvanpas is  wat die veiligheid van hulself en ander
          in gedrang bring. 
          Dit steur ander persone wat kan lei tot ongelukke of insidente                            (2)

1.4       Moet nie die persoon met kaal hande raak nie. 
          Skakel die toevoer af. 
          Help die persoon deur hom/haar te verwyder met ‘n tipe insulasie materiaal.               (2)

1.5       Kwalitatiewe risiko analise definieer die vlakke van gevaar  en ontwikkel
          teenmaatreëls om moontlike risiko te elimineer.                                          (2)
                                                                                                    [10]

VRAAG 2: RLC KRINGBANE

2.1       Impedansie is die totale teenstand teen die vloei van wisselstroom  in 'n
          kringbaan wat uit resistiewe en reaktiewe komponente bestaan.                            (2)

2.2       2.2.1
                                                 VC 
                                            I                              

                                                90°   180°   270°   360°

                     Nota: As die leerder is die net een sein toon = 0 punte, geen relasie.         (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                  4                          DBE/November 2018
                                             NSS – Nasienriglyne

          2.2.2                                           
                                                   VL
                                                              I   

                                                    90°   180°    270°   360°

                     Nota: As die leerder is die net een sein toon = 0 punte, geen relasie.          (2)

2.3       2.3.1                    1                
                     C=
                            2 × π × f × Xc
                                 1                  
                        =
                          2 × π × 60 × 36
                        = 73,68 μF                                                                  (3)

                     Nota: As die formula direk van die formulabald gekopieer word moet
                     ‘n punt toegeken word, na die invervanging , manipulasie en korrekte
                     antwoord = 3 punte

          2.3.2              XL
                     L=                             
                         2 × π × 60
                             22
                       =                            
                         2 × π × 60
                       = 58,35 mH                                                                   (3)

                     Nota: As die formula direk van die formulabald gekopieer word moet
                     ‘n punt toegeken word, na die invervanging , manipulasie en korrekte
                     antwoord = 3 punte

          2.3.3      Z = R 2 + (XL − XC )2          

                       = 122 + (36 − 22)2           
                       = 18,44 Ω
                                                                                                    (3)

          2.3.4         VT                          
                     I=
                         Z
                                                    
                          60
                      =
                        18.44                       
                      = 3,25 A                                                                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                   5                     DBE/November 2018
                                              NSS – Nasienriglyne

          2.3.5      Q = V × I × Sinθ                        
                        = 60 × 3,25 × Sin 50( ) ο
                                                             
                        = 149,38 VA r                                                            (3)

2.4       Die waarde van die induktiewe reaktansie sal verdubbel /vermeerder
          omrede die induktiewe reaktansie direk eweredig aan toevoerfrekwensie is. 
          Nota: As die formula as ‘n rede gegee word = 1 punt
          Formula aleenlik = 0 punte                                                              (2)

2.5.      Die resonantefrekwensie is die frekwensie waartydens die induktiewe
          reaktansie  en kapasitiewe reaktansie gelyk aan mekaar is. 
          Alle eienskappe van resonansie wat korrek verduidelik word sal aanvaar
          word.                                                                                   (2)

2.6       a.                 VT
                     XL =                            
                             IL
                           100                       
                         =
                            2
                         = 50 Ω                                                                  (3)

          b.                   VT
                      XC =                           
                               IC
                             100                     
                           =
                              6
                           = 16,67 Ω                                                             (3)

          c           IX = IC − IL                   
                                                     
                     = 6−2
                     =4A                                                                         (3)
Nota: As die leerder een of ‘n verskil in reaktiewe strome stel, moet die leerder 3 punte
kry.

          2.6.4                   2
                      IT = IR + (IC − IL )2
                                                     

                         = 5 2 + (6 − 2)2            
                         = 6,4 A
                                                                                                 (3)

          2.6.5      Die fasehoek is voorlopend.                                                 (1)

2.7       'n Lae weerstandswaarde veroorsaak 'n hoë Q-faktor wat 'n lae bandwydte 
          en hoë selektiwiteit teweegbring.                                                      (2)
                                                                                                  [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               6                         DBE/November 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

3.1       120o                                                                                  (1)

3.2       3.2.1      Skyndrywing is die produk van stroom  en spanning sonder
                     inagname van die reaktansie in 'n WS-kring. 
                     Skyndrywing is die totale krag wat van die toevoer getrek word.             (2)

          3.2.2      Arbeidsfaktor is die verhouding  van die aktiewe drywing tot die
                     skyndrywing in 'n WS-kring.                                                (2)

3.3           •   Dunner toevoerkabels word benodig.            
              •   Toevoerstroom verminder.                      
              •   Onderhoudskostes verminder.                                                   (3)

3.4       3.4.1       •    Vir alternators van soortgelyke raamgrootte lewer enkelfase-
                           altenators minder krag as driefase-altenators. 
                      •    Vir dieselfde hoeveelheid opgewekte krag is enkelfasekrag
                           duurder om op te wek as driefasekrag. 
                      •    Enkelfasetoevoer kan slegs krag aan enkelfaselaste voorsien. 
                      •    Geen lastingbalansering kan met enkelfase lasting gedoen word
                      •    Enkelfase lasting gebruik dikker toevoer kabels                       (3)

          3.4.2      Wanneer die spoele van 'n driefase-alternator in ster verbind word
                     vorm daar 'n neutrale punt  wat beide lyn- en fasespannings van
                     verskillende waardes beskikbaar maak. 
                     Die neutrale punt kan ge-aard word.                                         (2)

3.5       Die transmissiespanning is indirek eweredig aan die stroomvloei. Indien die
          toevoerspanning verhoog  word sal die lynstroom afneem  en sodoende
          die koperverliese verminder.                                                           (2)

3.6       3.6.1      Fasespanning
                          V
                     VF = L                 
                           3
                          380               
                        =
                            3
                        = 219,39 V          
                                                                                                 (3)

          3.6.2      Lynstroom aan die las
                               P
                     IL =                       
                          3 × VL × Cosθ
                            18000               
                       =
                          3 × 380 × 0,8         
                       = 34,19 A
                                                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                7                                 DBE/November 2018
                                           NSS – Nasienriglyne

          3.6.3      Skyndrywing
                     S (Pskn ) = 3 × VL × IL                    S(Pskn ) = 3 × VF × IF
                                                           OF            = 3 × 219,4 × 34,19
                              = 3 × 380 × 34,19        
                              = 22,50 kVA                               = 22,50 kVA                      (3)

3.7       3.7.1      Die totale insetdrywing aan die motor
                     PT = P1 + P2          
                        = 1,2 kW + 2,3 kW 
                         = 3,5 kW                                                                        (3)

          3.7.2      Die arbeidsfaktor kan bepaal word. 
                     Die totale insetdrywing kan in 'n ster of delta stelsel gemeet word. 
                     Slegs twee wattmeters in plaas van drie wattmeters word benodig. 
                     Vir 'n gegewe toevoerspanning kan die lynstroom bepaal word
                     sonder die gebruik van 'n ammeter.
                     Krag in gebalanseerde en ongebalanseerde sisteme kan gemeet
                     word.
                     Minder gekompliseerd om twee wattmeters as drie wattmeters te
                     verbind.                                                                             (3)
                                                                                                          [30]

VRAAG 4: DRIEFASETRANSFORMATORS

4.1       Koperverliese./ I2R verliese/ hitteverliese 
          Ysterverliese./ hysterisverliese/ eddyverliese/ hitteverliese 
          Swerfverliese. / Magnetiese veldverliese 
          Diëlektriese verliese.                                                                          (3)

4.2       Delta-ster word gebruik vir kragverspreiding in:
          Kommersiële toepassings 
          Industriële toepassings 
          Huishoudelike / verlaging toepassings/ afvlakking 380V na 220V                                  (2)

4.3       Dit verbeter die isolasie van die transformator. 
          Dit gelei die hitte weg van die wikkelings af.                                                 (2)

4.4       •  Wanneer 'n wisselspanning op die primêre wikkelings  aangewend word
             skep dit 'n wisselende magneetveld in die primêre wikkelings. 
          • Hierdie magneetveld sny die sekondêre wikkelings  deur die
             magneetveldpad geskep deur die ysterkern van die transformator  en
             induseer 'n emk van dieselfde frekwensie daarin. 
          Nota: indien slegs onderlinge induksie genoem word, word 1 punt toegeken.                       (5)

4.5       Transformators het geen bewegende dele nie,  wat minder verliese
          veroorsaak  en beter uisetdrywing lewer. 
          Transformators se ontwerp is effektief.                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                  8                    DBE/November 2018
                                             NSS – Nasienriglyne

4.6       Om die abnormale opbou van gas in die transformator  te monitor en die
          transformator van die toevoer te isoleer wat dit teen beskadiging beskerm.          (2)

4.7       4.7.1                    VL (S )   
                      VF(S ) =
                                   3
                                             
                                 380
                               =
                                   3
                               = 219,39 V                                                     (3)

          4.7.2                V1(F )        
                      TR =
                               V2(F )
                            2200             
                         =
                           219,39
                         = 10 : 1                                                             (3)

          4.7.3       V1(F )       N1               
                               =
                      V2(F )       N2
                                 1500 × 219,39      
                        N2 =
                                     2200
                               = 149,58 turns                                                 (3)

4.8       4.8.1      'n Verlagingstransformator  (omdat N P > N S )                           (1)

          4.8.2      Die sekondêre wikkeling van die transformator is in ster  verbind
                     wat 'n neutrale punt  veroorsaak en dit moontlik maak om beide
                     enkelfase- en driefasestelsels te voorsien.                              (3)
                                                                                               [30]
VRAAG 5: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

5.1       5.1.1      1,3 A                                                                    (1)

          5.1.2      Die motor is geskik vir gebruik in Suid-Afrika as gevolg van die
                     380 V toevoerspanning  teen 'n frekwensie van 50 Hz.                    (2)

          5.1.3      Die 7,5 kW verwys na die drywingsaanslag  wat die motor kan
                     lewer om 'n las aan te dryf.                                              (1)

          5.1.4            60 × f                                  
                      p=
                            ns
                                                                   
                         60 × 50
                       =
                          1500                                     
                       = 2 poolpare per fase
                       ∴ Totale aantal pole = 2 × 2 × 3            
                       = 12 pole                                                              (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 9                       DBE/November 2018
                                            NSS – Nasienriglyne

          5.1.5       PIN = PUIT + PVERLIESE          
                            = 7,5 + 1,2
                            = 8,7 kW                  

                            PUIT
                      η=         × 100                
                            PIN
                          7,5                         
                        =     × 100
                          8,7
                        = 86,21 %                     
                                                                                                 (5)
          Alternatiewe antwoord
                                  PUIT
                      η=                     × 100    
                            PUIT + PVERLIESE
                             7500                     
                        =             × 100
                          7500 + 1200
                        = 86,21 %                     

5.2       Nulspanningsbeskerming verhoed dat die motor self aanskakel  na 'n
          kragonderbreking  wat die operateur beskerm.                                         (3)
          As die toevoerspanning onder 'n voorgeskrewe waarde daal, sal dit die
          toevoer afskakel

5.3       Om enige twee  van die drie toevoerlyne om te ruil.                                  (2)
          Nota: Noeming van die kleure van die kabels is ook aanvaarbaar.

5.4       Kyk of die:
          Entplate behoorlik vas is. 
          Raamwerk enige krake het. 
          As vrylik roteer.
          Laer egalig roteer wanneer die as gedraai word.                                        (2)
          Verkoelingswaaier

5.5       5.5.1      Vorentoe- agtertoe beheerkring.                                            (1)

          5.5.2      In hysbakke wat die draairigting van die motor verander.                   (1)
                     Konveierband
                     Draaibank

          5.5.3      Die doel van die oorbelasting is om die toevoer na die motor te
                     ontkoppel  wanneer die stroom die aangeslane waarde oorskry.              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           10                          DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

          5.5.4      •   Wanneer die aansitknop gedruk word, sal die stroom in die
                         kringbaan vloei en HK 1 /VORENTOE aktiveer. 
                     •   Wanneer HK 1 /VORENTOE aktiveer, maak HK 1 /NO toe en
                         HK 1 /NT oop en die motor draai vorentoe. 
                     •   Wanneer die stopknop gedruk word, sal HK 1 /VORENTOE
                         deaktiveer wat HK 1 /NO weer oopmaak en HK 1 /NT weer toemaak
                         wat die motor stop. 
                     •   Wanneer die agtertoe aansitdrukknop gedruk word, sal stroom in
                         die kringbaan vloei en HK 2 /AGTERTOE aktiveer. 
                     •   Wanneer HK 2 /AGTERTOE aktiveer, maak HK 2 /NO toe en
                         HK 2 /NT oop wat die motor agtertoe laat draai.                       (5)
                                                                                                [30]

VRAAG 6: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

6.1       Benodig gereelde instandhouding 
          Dit neem tyd om 'n fout op te spoor 
          'n Verandering in die stelsel benodig meestal ekstra komponente met
          gepaardgaande bedrading                                                              (3)

6.2       Insetaftasting  (toets insettoestel toestand)
          Prosesaftasting( volledige instruksie)
          Uitsetaftasting (opgedateerde uitset)                                                (3)

6.3       'Aftastyd' is die tyd wat dit die PLB neem  om deur een volledige siklus te
          gaan  (die tyd wat dit neem om die drie belangrike stappe te
          prosesseer)                                                                           (2)

6.4       6.4.1
                                                                     
                                        A                       F

                                        B
                                            

                                                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               11                         DBE/November 2018
                                           NSS – Nasienriglyne

                                                           OF

                                                                   F
                                            A        B

          6.4.2                        A                 B                    F
                                      0                  0                   1
                                      0                  1                   1
                                      1                  0                   1
                                      1                  1                   0                   (4)
                                                     TABEL 6.4.2

6.5       'n PLB is 'n industriële rekenaar wat geprogrammeer word om 'n aantal
          roetine take in streng volgorde uit te voer en om elke taak presies op die
          regte tyd te doen                                                                      (3)
                                                OF

          'n PLB is 'n programmeerbare toestel wat in staat is om logika te interpreteer
          met die doel om 'n reeks uitsette te beheer nadat die inset toestand
          geskandeer en die geprogrammeerde logika toegepas is.

6.6       6.6.1       Ligsensor 
                      Vlaksensor 
                      Oorbelastingsensor 
                      Temperatuursensor                                                           (3)

          6.6.2       'n Rekenaartoestel (mikroprosessors, rekenaars en logika-
                      eenheide) kan net die elektroniese digitaal/diskrete taalinstruksies
                      interpreteer vir prosessering, monitering en beheer anders as
                      analoogtale wat onderhewig is aan geraas  en mag verkeerde
                      lesings gee as gevolg van sy beperkings en akkuraatheid en
                      onvoorspelbare gedrag in 'n beheerstelsel wat dalk die
                      veronderstelde uitset mag verander.                                        (4)

                                                           OF

                      Analoogseine word geproef en herlei na definitiewe digitale stappe
                      of waardes om enige moontlike wanvertolkings of valse toestande te
                      vermy of elimineer wat kan ontstaan van geraas of steuringe wat op
                      die insetsein gesuperponeer kan word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                      12                        DBE/November 2018
                                                  NSS – Nasienriglyne

6.7       Die uitset van die PLB stuur 'n positiewe sein (hoë logika) na sy interne-
          uitsetrelê.  Dit aktiveer die relêspoel wat die kontak toe maak om die
          motor aan te dryf.                                                                           (3)

6.8       Die doel van die tydskakelaar is om die toestel te aktiveer of de-aktiveer na
          of voor 'n voorafbepaalde tyd.                                                               (2)
                                              OF

          Die doel van die tydskakelaar is om 'n werking uit te voer oor 'n
          voorafbepaalde tydperk.

6.9       Die konsep van grendeling maak dit moontlik vir 'n gebeurtenis om 'aan' te
          skakel en daarna 'aangeskakel' te bly, ongeag of die inset daarvan 'aan' of
          'af' is.                                                                                     (3)

6.10      6.10.1       Outomatiese ster-delta aansitter. 
                       Ster-delta aansitter                                                             (1)

          6.10.2                                                                 HK1 
                                 O/B         Stop         Aansit 

                                                              
                                                          HK1 (N/O)1

                                                                        Tydskakelaar
                                      HK1 (N/O) 

                                                                                 HK2
                                      T (N/T)          HK3 (N/T)                     

                                      T (N/O)         HK2 (N/T)              HK3 

                                                                                                        (13)

                       Alternatiewe metodes is aanvaarbaar AS dit korrek werk.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           13                             DBE/November 2018
                                       NSS – Nasienriglyne

          6.10.3       Die funksie van die HK 1 /NO 1 in leerlogikabeheerkringe is om die
                       kringbaan te grendel  en die program werkend te hou nadat die
                       aansitdrukknop gelos word.                                           (2)

          6.10.4       Die doel van die HK 3 NT is om die HK 2 uit te sluit en te verhoed
                       dat HK 2 koppel terwyl HK 3 in delta gekoppel is.                    (2)

6.11      Induksiemotors
          WS sinchrone motors
          WS asinchrone motors
          GS motors                                                                          (3)

6.12      Dit die proses waar die frekwensie  an die insetspanning van die motor
          aangepas  word om die spoed en wringkrag van die motor te verander.               (2)

6.13      Die die doel van die remweerstand is om die motor te stop of sy spoed te
          verminder deur die absorbering van oortollige energie en herlei die
          oortollige energie na hitte tydens beweging deur die omskakeling van
          kinetiese energie na elektriese energie deur die proses van regeneratiewe
          remming.                                                                          (2)

6.14      Die funksie van die VSD is om die spoed van 'n WS motor te beheer deur
          die frekwensie van die toevoerspanning te verander. 
          Die funksie van die VSD is om die spoed van 'n GS motor te beheer deu die
          toevoerspanning te verander.                                                      (2)
                                                                                             [60]

                                                                                TOTAAL:      200

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2018 (Electronics) FINAL Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-electronics-final-memo-afr/7f7082ac-82f3-4ba2-903c-f36daf9d4ddf) — Electrical Technology · Memo · 2018 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2018 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-power-systems-eng/a68e616b-2683-467b-a87c-cbea669d5fc9) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2018 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-electronics-eng/f51bbc58-dd6c-4602-a333-adace247b202) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2018 (Digitals) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-digitals-afr/53683d88-b757-4081-8090-9168158594ae) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2018 (Digitals) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-digitals-eng/03eab082-aef7-40f6-8a96-1513bc5bcb0c) — Electrical Technology · QP · 2018 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2018 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2018-power-systems-afr/fb20ccd8-a161-46cc-8f82-61cf2d788665) — Electrical Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [Electrical Technology (Power Systems) (English) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-power-systems-english-june-2025-question-paper/5422e67a-03a4-4202-ba9b-1b9ec9872537) — QP · 2025 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-digital-english/cb603860-b00d-40c2-a36b-aa5e97b7d1e5) — Memo · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-electronics-afrikaans/6fc3719e-6eab-469e-baf1-ca1645c8ebad) — QP · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-power-systems-afrikaans/928e510b-68c2-4670-a7c7-fe20b388befb) — QP · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2024 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2024-digital-english/9fcfef2b-6d5e-4601-853a-24a2a3993617) — QP · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
