# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2019-power-system-afr/c7b0857c-5309-48a1-98fb-8af6a263bc2d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2019-power-system-afr/c7b0857c-5309-48a1-98fb-8af6a263bc2d)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2019. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                 NOVEMBER 2019

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, 'n 2 bladsy-formuleblad en
                                  1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           2                        DBE/November 2019
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Beantwoord VRAAG 2.3.4 op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

4.        Skryf jou SENTRUMNOMMER en EKSAMENNOMMER op die
          ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het
          jy dit nie gebruik nie.

5.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

6.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
          plekke af.

7.        Nommer al die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

8.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          9.1          Formules en manipulasies waar nodig

          9.2          Korrekte vervanging van waardes

          9.3          Korrekte antwoorde en relevante eenhede waar van toepassing.

10.       'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                3                         DBE/November 2019
                                                  NSS

VRAAG 1: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID
1.1       Beskryf hoe spanwerk werksetiek verbeter.                                                 (2)
1.2       Met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993
          (Wet 85 van 1993):
          1.2.1        Noem TWEE doelwitte van die Wet op Beroepsgesondheid en
                       Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                                          (2)
          1.2.2        Definieer die term werkplek.                                                 (2)
1.3       'n Werkgewer het 'n verantwoordelikheid om inligting oor sake rakende
          beroepsveiligheid en gesondheid te gee. Noem EEN persoon wat in kennis
          gestel moet word wanneer:
          1.3.1        Die aangewese taak gevaarlik is                                              (1)
          1.3.2        'n Ernstige voorval plaasvind                                                (1)
1.4       Noem TWEE algemene noodprosedures wat gevolg moet word wanneer die
          noodsirene by die skool afgaan.                                                           (2)
                                                                                                    [10]
VRAAG 2: RLC-KRINGBANE
2.1       Definieer die volgende met verwysing na RLC-kringbane:
          2.1.1        Drywingsfaktor                                                               (2)
          2.1.2        Q-faktor van 'n induktor in 'n resonante kringbaan                           (2)
2.2       Noem TWEE toepassings van RLC-kringbane.                                                  (2)
2.3       FIGUUR 2.3 hieronder toon 'n RLC-seriekring. Beantwoord die vrae wat volg.

                                          R             L         C

                                      VR = 12 V     VL = 16 V    VC = 24 V

                               IT = 3 A

                                                        60 Hz

                                       FIGUUR 2.3: RLC-SERIEKRING
          Gegee:
          IT      =   3A
          VR      =   12 V
          VL      =   16 V
          VC      =   24 V
          f       =   60 Hz

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              4                         DBE/November 2019
                                                NSS

          2.3.1        Bereken die totale toevoerspanning.                                        (3)

          2.3.2        Bereken die waarde van die induktiewe reaktansie.                          (3)

          2.3.3        Noem of die kringbaan kapasitief of induktief is. Motiveer jou
                       antwoord.                                                                  (2)

          2.3.4        Voltooi die fasordiagram op die ANTWOORDBLAD                      vir
                       VRAAG 2.3.4 en dui die rigting van rotasie aan.                            (4)

          2.3.5        Beskryf hoe 'n toename in impedansie, terwyl die weerstand
                       konstant bly, die fasehoek en drywingsfaktor sal beïnvloed.                (2)

2.4       FIGUUR 2.4 hieronder toon 'n RLC-parallelkring wat bestaan uit 'n
          20 Ω-weerstand, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van 30 Ω en
          'n kapasitor met 'n kapasitiewe reaktansie van 40 Ω wat almal aan 'n
          120 V/60 Hz-toevoer gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                         IT

                                              IR = 6 A    IL = 4 A          IC = 3 A

            120 V                             R = 20 Ω     XL = 30 Ω          XC = 40 Ω
            60 Hz

                                      FIGUUR 2.4: RLC-PARALLELKRING

          Gegee:

          R       =    20 Ω
          XL      =    30 Ω
          XC      =    40 Ω
          VS      =    120 V
          f       =    60 Hz

          2.4.1        Bereken die totale stroomvloei in die kringbaan.                           (3)

          2.4.2        Bereken die fasehoek.                                                      (3)

          2.4.3        Noem of die fasehoek voorlopend of nalopend is. Motiveer jou
                       antwoord.                                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            5                         DBE/November 2019
                                              NSS

2.5       FIGUUR 2.5 hieronder toon 'n RLC-serie-resonansiekringbaan bestaande uit
          'n 12 Ω-weerstand, 'n induktor met 'n induktiewe reaktansie van 50 Ω en 'n
          verstelbare kapasitor wat almal aan 'n 120 V/2 kHz-toevoer gekoppel is.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                                R = 12 Ω        XL = 50 Ω          C

                                               120 V/2 kHz
                            FIGUUR 2.5: RLC-SERIE-RESONANSIEKRING

          Gegee:

          VT      =   120 V
          f       =   2 kHz
          R       =   12 Ω
          XL      =   50 Ω

          2.5.1        Bereken die waarde van C wanneer die kringbaan by 2 kHz
                       resoneer.                                                                 (4)

          2.5.2        Bereken die waarde van die stroomvloei in die kringbaan.                  (4)

          2.5.3        Noem hoe die stroom beïnvloed sal word indien die weerstand
                       verdubbel word.                                                           (1)

          2.5.4        Maak 'n lys van DRIE eienskappe van 'n RLC-seriekring by                  (3)
                       resonansie.                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               6                        DBE/November 2019
                                                 NSS

VRAAG 3: DRIEFASE-WS-OPWEKKING
3.1       Maak 'n lys van DRIE voordele van drywingsfaktorverbetering vir die
          verbruiker.                                                                             (3)
3.2       Verduidelik waarom die kragverspreiding na verbruikers in ster gekoppel is.             (2)
3.3       Noem die verskil tussen 'n wattmeter en 'n kilowatt-uur-meter.                          (2)
3.4       Noem die doel van die volgende:
          3.4.1          Nasionale kragnetwerk                                                    (1)
          3.4.2          Eskom se nasionale beheersentrums                                        (1)
3.5       Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 +V        VR          2     3

                                      0
                                                                   t

                                  -V

                          FIGUUR 3.5: DRIEFASE-SPANNINGSGOLFVORM
          3.5.1          Benoem die opgewekte spanningsgolfvorms genommer 2 en 3
                         volgens die universeel erkende volgorde.
                         LET WEL: Neem VR as verwysing.                                           (2)
          3.5.2          Noem die faseverskuiwing tussen die drie golfvorms wat in
                         FIGUUR 3.5 opgewek is.                                                   (1)
3.6       'n 380 V-, driefase-, sterverbinde WS-motor het 'n uitsetdrywing van 25 kW en
          dit werk teen 'n nalopende drywingsfaktor van 0,87. Die rendement van die
          motor is 85%.
          Gegee:
          VL         =     380 V
          ƞ          =     85%
          Cos ө      =     0,87 nalopend
          Puit       =     25 kW
          Bereken die:
          3.6.1          Insetdrywing                                                             (3)
          3.6.2          Lynstroom                                                                (3)
          3.6.3          Fasestroom                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 7                               DBE/November 2019
                                                   NSS

3.7       Verwys na FIGUUR 3.7 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Gegee:

          P1      =    14 kW
          P2      =    18 kW

                      L1                                       Terminaal A
                                            Stroomspoel 1

                                      P1
                                             Spanningspoel 1

                      L2                             Terminaal B
                                                                              LAS

                                           Spanningspoel 2

                                   P2                           Terminaal C
                      L3                    Stroomspoel 2

                                                 FIGUUR 3.7

          3.7.1            Identifiseer die metode wat in FIGUUR 3.7 gebruik word om die
                           drywing na die las te meet.                                                     (1)

          3.7.2            Bereken die totale drywing deur die las gebruik.                                (3)

          3.7.3            Bereken die drywingsfaktor van die stelsel.                                     (3)

3.8       'n Deltaverbinde driefaselas word deur 'n 20 kVA-generator met 'n
          fasespanning van 220 V voorsien. Die drywingsfaktor van die las word as
          0,85 nalopend gegee. Bereken die lynstroom teen vollas.

          Gegee:

          S       =    20 kVA
          VF      =    220 V
          DF      =    0,85                                                                                (3)
                                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             8                      DBE/November 2019
                                               NSS

VRAAG 4: DRIEFASETRANSFORMATORS

4.1       Noem DRIE eksterne toestande wat kan veroorsaak dat 'n transformator
          onklaar raak.                                                                       (3)

4.2       Verduidelik wat kan gebeur indien 'n aardfout by een van die drie fases van
          'n beskermde transformator voorkom.                                                 (3)

4.3       Beskryf hoe 'n toename in die las die magneto- motoriese krag in die primêre
          wikkelings sal beïnvloed.                                                           (3)

4.4       Noem TWEE tipes verkoelingmetodes vir 'n droë transformator.                        (2)

4.5       Noem waarom die uitsetdrywing van 'n transformator effens minder as die
          insetdrywing is.                                                                    (1)

4.6       Beskryf die konstruksie van 'n driefase-kerntransformator.                          (3)

4.7       'n Ster-deltaverbinde transformator het 600 draaie op die primêre wikkelings
          en 80 draaie op die sekondêre wikkelings. Die transformator is aan 'n
          6 kV-toevoer gekoppel.

          Gegee:

          NP      =    600 draaie
          NS      =    80 draaie
          VL(F)   =    6 kV

          Bereken die:

          4.7.1        Windingsverhouding                                                     (3)

          4.7.2        Primêre fasespanning                                                   (3)

          4.7.3        Sekondêre fasespanning                                                 (3)

          4.7.4        Sekondêre lynspanning                                                  (2)

4.8       Met verwysing na Faraday se wet, beskryf hoe wedersydse induksie in 'n
          transformator plaasvind.                                                            (4)
                                                                                              [30]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            9                         DBE/November 2019
                                              NSS

VRAAG 5: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

5.1       Maak 'n lys van DRIE elektriese inspeksies wat op 'n driefasemotor uitgevoer
          moet word voordat dit in werking gestel word.                                         (3)

5.2       Beskryf waarom dit nodig is om beskermingstoestelle as deel van
          motorbeheer te hê.                                                                    (2)

5.3       Bestudeer FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  L

                      O/B1

                                            HK1
                Stopknop
                                            N/O2

            Aansitknop                     HK1                                   T
                                           N/O1                                 N/O

                                                                         O/B2

                                          Tyd-
                      HK1               skakelaar                                 HK2
                                           (T)

                  N

                                      FIGUUR 5.3: BEHEERKRING

          5.3.1        Identifiseer die motoraansitter in FIGUUR 5.3.                           (2)

          5.3.2        Beskryf wat met kontaktor HK1 sal gebeur indien kontak HK1 N/O1
                       foutief en permanent toe was.                                            (4)

          5.3.3        Beskryf die aansitvolgorde van die beheerkring.                          (4)

          5.3.4        Beskryf die hoofdoel van kontaktor HK1.                                  (2)

5.4       Verduidelik waarom die aansitstroom in 'n ster-delta-motoraansitter verminder
          word.                                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             10                         DBE/November 2019
                                               NSS

5.5       'n 16 kW-driefase-sterverbinde motor met 12 pole, is aan 'n
          380 V/50 Hz-toevoer gekoppel en trek 'n fasestroom van 29 A met 'n
          drywingsfaktor van 0,85.

          Gegee:

          Aantal pole          =      12
          Cos θ                =      0,85
          PUIT                 =      16 kW
          VL                   =      380 V
          IF                   =      29 A
          f                    =      50 Hz

          Bereken die:

          5.5.1        Skyndrywing                                                                  (3)

          5.5.2        Sinchrone spoed                                                              (5)

          5.5.3        Persentasie glip indien die rotorspoed 1 400 r/min is                        (3)
                                                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              11                           DBE/November 2019
                                                NSS

VRAAG 6: PROGRAMMEERBARE LOGIESE BEHEERDERS (PLB's)

6.1       Met verwysing na PLB's:

          6.1.1        Noem die stelsel wat vir outomatiese masjienbeheer vir industriële
                       produksie gebruik is voordat PLB's ontwikkel is.                              (1)

          6.1.2        Noem DRIE veiligheid- en gesondheidskwessies om in ag te neem,
                       behalwe    stuwingsonderdrukking-beskerming,   wanneer     met
                       PLB-toerusting en -installasies gewerk word.                                  (3)

6.2       Verduidelik die term sagteware met verwysing na die werking van 'n PLB.                    (3)

6.3       Verduidelik waarom dit belangrik is om stuwingsonderdrukking-beskerming te
          installeer wanneer met PLB's gewerk word.                                                  (2)

6.4       Met verwysing na die insettoestelle van PLB's:

          6.4.1        Definieer die term sensor.                                                    (2)

          6.4.2        Maak 'n lys van DRIE tipes sensors behalwe 'n vlaksensor.                     (3)

          6.4.3        Noem 'n toepassing van 'n vlaksensor.                                         (1)

          6.4.4        Beskryf die funksie van 'n analoogtoestel.                                    (2)

6.5       Verwys na FIGUUR 6.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Inset A    Inset B  Uitset (F)
                                         0          0         0
                                         0          1         1
                                         1          0         1
                                         1          1         1
                                      FIGUUR 6.5: WAARHEIDSTABEL

          6.5.1        Teken die logikaheksimbool          wat      hierdie   waarheidstabel
                       verteenwoordig.                                                               (3)

          6.5.2        Teken die leerlogikasimbool         wat      hierdie   waarheidstabel
                       verteenwoordig.                                                               (3)

          6.5.3        Skryf die logikafunksie van FIGUUR 6.5 neer.                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                    12             DBE/November 2019
                                                      NSS

6.6       FIGUUR 6.6 hieronder toon 'n PLB-logikaprogram met 'n tydvertraging van
          10 sekondes. Beantwoord die vrae wat volg.

                              L                                         N

                                        I1                  TD1

                                      Drukknop              10 sek

                                        TD1                  Q

                                                             Uitset

                         I1

                        Q
                                             10 sek

                     FIGUUR 6.6: TYDVERTRAGING-PLB-LOGIKAPROGRAM

          6.6.1        Noem of die logikaprogram 'n AAN-tydvertragingskakelaar of 'n
                       AF-tydvertragingskakelaar gebruik.                                    (1)

          6.6.2        Beskryf die sekwensiële werking van die logikaprogram wanneer
                       die drukknop (I1) gedruk word.                                        (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                             13                       DBE/November 2019
                                                               NSS

6.7       Teken 'n leerlogikadiagram wat dieselfde funksie as die beheerkring in
          FIGUUR 6.7 hieronder sal uitvoer.

                                            L

                                                 O/L

                                                Stop-
                                                knop

                                                Aansit-              HK1
                                                 knop                N/O1
                                                                                  HK1
                                                                                  N/O2

                                                 HK1                              LAMP

                                            N
                                                       FIGUUR 6.7: BEHEERKRING                                  (7)

6.8       FIGUUR 6.8 hieronder toon 'n verstelbarespoedbeheerder-(VSB)-kring.
          Bestudeer die kringbaan en beantwoord die vrae wat volg:

               Driefase-WS-toevoer
                                                                                                Motor

                             EERSTE STADIUM TWEEDE DERDE STADIUM
                                             STADIUM
                         FIGUUR 6.8: VERSTELBARESPOEDBEHEERDER-(VSB)-KRING

          6.8.1                       Beskryf die doel van die eerste stadium van die VSB-kring.                (2)

          6.8.2                       Verduidelik hoe spoedbeheer behaal word deur die skakelaars in
                                      die derde stadium te gebruik.                                             (2)

          6.8.3                       Verduidelik hoe die uitsetgolfvorm en die frekwensie van die
                                      toevoer beïnvloed sal word as die skakelaars vir 'n langer tydperk
                                      'AAN' bly.                                                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                    14                               DBE/November 2019
                                                      NSS

6.9       Met verwysing na die gebruik van die VSB om die spoed van 'n motor te
          beheer, beantwoord die vrae wat volg:

          6.9.1        Noem DRIE produksievoordele vir nywerhede en vervaardigers
                       wanneer 'n VSB gebruik word om die spoed van 'n motor
                       te beheer.                                                                           (3)

          6.9.2        Noem EEN toepassing van 'n VSB.                                                      (1)

          6.9.3        Noem DRIE VSB-metodes wat gebruik kan word om die spoed van
                       'n motor te beheer.                                                                  (3)

6.10      Met verwysing na die regeneratiewe remmingsproses:

          6.10.1       Gee DRIE voorbeelde waar terugvoerremming toegepas word
                       behalwe by hysbakke.                                                                 (3)

          6.10.2       Verduidelik hoe regeneratiewe remming behaal word.                                   (2)

6.11      FIGUUR 6.11 hieronder toon die kenkromme van spoed versus wringkrag
          wanneer die VSB gebruik word om die spoed van 'n driefase-induksiemotor te
          beheer. Bestudeer die kenkromme en beantwoord die vrae wat volg.

                                           400
                                                                                A

                             % Wringkrag
                                           300

                                           200                                      B

                                           100

                                                 20   40      60     80   100
                                                           % Spoed
                         FIGUUR 6.11: SPOED-WRINGKRAG-KENKROMME

          6.11.1       Benoem gebied A.                                                                     (1)

          6.11.2       Beskryf die aansit-en-loop-profiel van die induksiemotor in
                       FIGUUR 6.11.                                                                         (3)
                                                                                                            [60]

                                                                                             TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                              DBE/November 2019
                                                           NSS

                                                    FORMULEBLAD
RLC-KRINGBANE                                                    DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P  V  I  cos θ                                                STER
XL  2 fL                                                       VL  3 VF
          1                                                      VF  IF  ZF
XC 
        2 fC                                                    IL  IF
         1
fr                                                              DELTA
   2 LC
     f                                                           VL  VF
BW  r
     Q                                                           VF  IF  ZF
SERIE                                                            IL  3 IF
VR  I R
                                                                 DRYWING
VL  I XL
VC  I XC                                                        S (Pskyn )       3  VL  IL
    V                                                            Q (Pr )        3  VL  IL  Sin θ
IT  T              OF       IT  IR  IC  IL
     Z                                                           P    3  VL  IL Cos θ
                                                                             P
Z  R 2  X L  X C                                            Cos θ 
                             2
                                                                             S
VT  VR  VL  VC                             VT  I Z
                2                2
                                       OF                        RENDEMENT
            R                                  VR                     uitsetdrywing
Cos θ               OF              Cos θ                      η                  100%
            Z                                  VT                     insetdrywing
       XL X C VL VC 1 L
Q                                                           TWEEWATTMETERMETODE
       Z   Z   VT VT R C
PARALLEL
                                                                 PT  P1  P2
VT  VR  VL  VC
    VT                                                                      P - P 
IR                                                              tan θ  3  1 2 
     R                                                                       P1  P2 
    V
IC  T                                                           DRIEWATTMETERMETODE
    XC
       VT
IL                                                              PT  P1  P2  P3
       XL
IT  IR  IL  IC 
            2            2

       VT
Z
       IT
       I
Cos θ  R
       IT
       XL X C IL IC 1 L
Q            
       Z   Z  IT IT R C

Kopiereg voorbehou

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                             DBE/November 2019
                                          NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                    DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                      STER

VL  3 VF              en IL  IF         VL  3 VF          en IL  IF

DELTA                                     DELTA

IL  3 IF en                 VL  VF      IL  3 IF en         VL  VF

DRYWING                                   DRYWING
S (Pskyn )          3  VL  IL          S (Pskyn )       3  VL  IL

Q (Pr )         3  VL  IL  Sin θ      Q (Pr )        3  VL  IL  Sin θ

P      3  VL  IL Cos θ                 P     3  VL  IL Cos θ

             P                                        P
Cos θ                                    Cos θ 
             S                                        S
                                          RENDEMENT
Vf(p)       Np       If(s)
                                              uitsetdrywing
Vf(s)       Ns       If(p)                η                   100%
                                                insetdrywing

   Transformat orverhouding (TR)                 60 × f
                                          ns =
    N                                             p
TR  p
    Ns                                                ns  nr
                                          % glip              100
                                                        ns

                                                                    ns  nr
                                          Per Eenheid Glip 
                                                                      ns

                                          Glip  n s  nr

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                          DBE/November 2019
                                             NSS

SENTRUMNOMMER:

EKSAMENNOMMER:

ANTWOORDBLAD

2.3.4         VL = 16 V

                                      VR = 12 V

                                                  IT = 3 A

                                                              Dra punt oor na
                                                              antwoordeboek

               VC = 24 V
                                                                         MOD

                                           FIGUUR 2.3.4                          (4)

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2019 (Electronics) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2019-electronics-memo-afr/84306089-a8b7-46a3-b855-e11cdd05618d) — Electrical Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2019 (Power System) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2019-power-system-memo-afr/5793f054-5622-4770-bc38-b451ab9fa3ca) — Electrical Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2019 (Digital) Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2019-digital-memo-afr/205975a5-6c23-4617-b4af-a89e1a36dd92) — Electrical Technology · Memo · 2019 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Power Systems) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-electronics-eng/638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
