# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2021 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2021-power-systems-afr/a56a3179-a16f-4590-a908-59a089f3de5a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2021-power-systems-afr/a56a3179-a16f-4590-a908-59a089f3de5a)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2021. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT
                                       S

                                   GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          2                          DBE/November 2021
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.     Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
       plekke af.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die numering wat in hierdie vraestel
       gebruik is.

6.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.     Berekeninge moet die volgende insluit:

       7.1       Formules en manipulasies waar nodig

       7.2       Korrekte vervanging van waardes

       7.3       Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.     'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           3                          DBE/November 2021
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in
die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 E.

1.1       Kies die korrekte voorbeeld van 'n onveilige toestand wat waarskynlik skade
          aan eiendom of 'n besering kan veroorsaak:

          A      Hardloop in die werkswinkel
          B      Mors vloeistof of olie sonder om dit skoon te maak
          C      Foutiewe gereedskap of toerusting
          D      Oorbelasting van elektriese sokke wanneer baie toestelle verbind word           (1)

1.2       'n RLC-seriekring is oorwegend induktief wanneer ...

          A      XC > XL
          B      XL > XC
          C      XL = XC
          D      VC > V L                                                                        (1)

1.3       Die fasehoek van 'n oorwegend kapasitiewe RLC-seriekring is ...

          A      voorlopend.
          B      nalopend.
          C      in fase.
          D      nul.                                                                            (1)

1.4       Die ... van 'n resonante kringbaan is die mate van hoe goed dit op 'n reeks
          frekwensies reageer.

          A      geleiding
          B      verplasingsfaktor
          C      resonansiefrekwensie
          D      selektiwiteit                                                                   (1)

1.5       Die standaard- internasionale fasevolgorde vir 'n driefasestelsel is …

          A      rooi, geel, blou.
          B      rooi, blou, geel.
          C      blou, geel, rooi.
          D      geel, blou, rooi.                                                               (1)

1.6       Die fasehoek tussen enige twee fases van 'n gebalanseerde driefasestelsel
          is …

          A      150 grade.
          B      180 grade.
          C      120 grade.
          D      90 grade.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            4                          DBE/November 2021
                                              NSS

1.7       'n Meetinstrument wat gebruik word om elektriese energie te meet, word
          'n … genoem.
          A      wattmeter.
          B      kWh-meter.
          C      arbeidsfaktormeter.
          D      voltmeter.                                                                       (1)
1.8       'n Verhogingstransformator word gebruik om die …
          A      drywing te verhoog.
          B      drywing te verlaag.
          C      stroom te verhoog.
          D      spanning te verhoog.                                                             (1)
1.9       In driefasetransformators vind die oordrag van elektriese energie vanaf die
          primêre winding na die sekondêre winding deur … plaas.
          A      wedersydse induksie
          B      selfinduksie
          C      elektriese verbinding
          D      sentrifugale krag                                                                (1)
1.10      Watter EEN van die volgende hou verband met 'n meganiese inspeksie van 'n
          driefasemotor?
          A      Isolasieweerstandstoets tussen die spoele en aarde
          B      Isolasieweerstandstoets tussen spoele
          C      Kontinuïteitstoets van die statorwikkelinge
          D      Stator moet vir krake nagegaan word                                              (1)
1.11      Die funksie van 'n oorbelastingspoel in die beheerkring van 'n motoraansitter
          is om …
          A      die motor aan te skakel.
          B      die beheerkring te deaktiveer en die hoofstroomkring te isoleer wanneer
                 oormatige stroom deur die motor vloei.
          C      te voorkom dat die kringbaan na 'n kragonderbreking outomaties
                 aanskakel.
          D      as 'n uithoukontak op te tree.                                                   (1)
1.12      Die rotasiespoed van die magnetiese veld in die statorwikkelings word …
          genoem.
          A      rotorspoed
          B      glipspoed
          C      sinchrone spoed
          D      rendementspoed                                                                   (1)
1.13      Die chronologiese werksvolgorde vir die skandeersiklus van 'n PLB is …
          A      skandeer insette, bywerking van uitsette, verwerking van insette.
          B      bywerking van uitsette, skandeer insette, verwerking van insette.
          C      verwerking van insette, skandeer insette, bywerking van uitsette.
          D      skandeer insette, verwerking van insette, bywerking van uitsette.                (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 5                     DBE/November 2021
                                                   NSS

1.14      'n Halfgeleiertoestel wat lig gebruik om 'n elektriese sein tussen twee elektries
          geïsoleerde kringe te koppel, word 'n … genoem.

          A      optiese koppelstuk
          B      relê
          C      transformator
          D      induktiewe nabyheidsensor                                                         (1)

1.15      Die doel van die gelykrigterstadium van 'n verstelbare spoedbeheerder is
          om …

          A      WS na GS om te skakel.
          B      rimpelspanning af te vlak.
          C      GS na WS om te skakel.
          D      die elektriese lading te stoor.                                                   (1)
                                                                                                   [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Noem TWEE funksies van 'n gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger.                    (2)

2.2       Gee TWEE voorbeelde van menseregte in die werkplek.                                      (2)

2.3       Onderskei tussen 'n onveilige handeling en 'n onveilige toestand.                        (2)

2.4       Risiko-analise kan in verskillende kategorieë verdeel word. Noem EEN
          kategorie.                                                                               (1)

2.5       Definieer gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid en
          Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                                                      (2)

2.6       Noem EEN persoonlikebeskerming-item wat jy sal gebruik wanneer jy 'n
          stroombord (PCB) ets.                                                                    (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               6                       DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1     Definieer kapasitiewe reaktansie met verwysing na RLC-kringe.                            (2)

3.2     Noem die faseverwantskap tussen die stroom en spanning in 'n suiwer
        induktiewe WS-kring.                                                                     (1)

3.3     Verwys na FIGUUR 3.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  XL = 150 Ω XC = 120 Ω
                                      R = 60 Ω

                                                  110 V/60 Hz
                                       FIGUUR 3.3: RLC-SERIEKRING

        Gegee:

        R       =    60 Ω
        XC      =    120 Ω
        XL      =    150 Ω
        VT      =    110 V
        f       =    60 Hz

        3.3.1       Bereken die induktansie van die induktor.                                    (3)

        3.3.2       Bereken die impedansie van die kring.                                        (3)

        3.3.3       Bereken die drywingsfaktor.                                                  (3)

        3.3.4       Noem DRIE toestande wat sal ontstaan indien die drywingsfaktor in 'n
                    RLC-seriekring eenheidswaarde bereik.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels         7                        DBE/November 2021
                                           NSS

3.4     Verwys na FIGUUR 3.4 A en FIGUUR 3.4 B hieronder om die vrae wat volg, te
        beantwoord.

          WS                               C                   L              R

                          FIGUUR 3.4 A: PARALLELRESONANSIEKRING

                           f       XL       XC        IXL      IXC
                         (Hz)     (Ω)       (Ω)       µA       µA
                         200      250      4 000      2,0    0,125
                         400      500      2 000      1,0     0,25
                         600      750      1 333     0,66     0,33
                         800     1 000     1 000      0,5      0,5
                        1 000    1 250      800       0,4    0,625
                        1 200    1 500      666      0,33     0,75
                        1 600    2 000      500      0,25     1,00
                      FIGUUR 3.4 B: DATA VAN DIE RLC-PARALLELKRING

        3.4.1     Bepaal die resonansiefrekwensie in FIGUUR 3.4 B.                          (1)

        3.4.2     Vergelyk die waardes van die induktiewe reaktansie en kapasitiewe
                  reaktansie wanneer die frekwensie van 200 Hz na 1 600 Hz toeneem.         (2)

        3.4.3     Bereken die spanningsval oor die induktor as die frekwensie
                  600 Hz is.                                                                (3)

        3.4.4     Bereken die waarde van die kapasitor deur die reaktansiewaarde by
                  600 Hz te gebruik.                                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             8                           DBE/November 2021
                                               NSS

3.5     Verwys na FIGUUR 3.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                 XL= 50 Ω
                               R = 20 Ω                         XC = 50 Ω

                                                 220 V WS

                                      FIGUUR 3.5: RLC-SERIEKRING

        3.5.1     Bereken die totale stroomvloei deur die kringbaan.                               (3)

        3.5.2     Bereken die spanningsval oor die induktor.                                       (3)

        3.5.3     Bereken die Q-faktor van die kringbaan.                                          (3)

        3.5.4     Verduidelik waarom die fasehoek van die kringbaan in FIGUUR 3.5 nul
                  sal wees.                                                                        (2)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                 9                                 DBE/November 2021
                                                   NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1     FIGUUR 4.1 hieronder is 'n blokdiagram van die nasionale kragnetwerk.
        Beantwoord die vrae wat volg.

                     A                               B                                 C

                                                                        380 V/230 V
                                                 22 kV              11 kV

                               Transformator 1           Transformator 2   Transformator 3
                                  Verhoging                 Verlaging         Verlaging

                            FIGUUR 4.1: NASIONALE KRAGNETWERK

        4.1.1    Noem die prosesse by A, B en C.                                                                  (3)

        4.1.2    Teken die spanningsgolfvorme wat by A opgewek word.                                              (4)

        4.1.3    Verduidelik waarom Transformator 1 'n verhogingstransformator is.                                (2)

        4.1.4    Bepaal die tipe verbinding wat op die sekondêre wikkelings van
                 Transformator 3 gebruik word en motiveer jou antwoord.                                           (2)

4.2     'n Deltaverbinde driefasestelsel trek 'n lynstroom van 15 A en 'n lynspanning van
        380 V. Dit werk teen 'n arbeidsfaktor van 0,9 nalopend.

        Beantwoord die vrae wat volg.

        Gegee:
        IL     = 15 A
        VL     = 380 V
        cos θ = 0,9

        Bereken die:

        4.2.1    Fasestroom                                                                                       (3)

        4.2.2    Skyndrywing                                                                                      (3)

        4.2.3    Fasehoek                                                                                         (3)

        4.2.4    Reaktiewe drywing                                                                                (3)

4.3     Noem TWEE voordele van arbeidsfaktorverbetering vir die verbruiker.                                       (2)

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                     10                          DBE/November 2021
                                                       NSS

4.4     FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n analoog-arbeidsfaktormeter. Beantwoord die vrae
        wat volg.

                                                                             Ind.
                                                                           0,5
                                                                     0,7
                                        Cos θ
                                                           0,9

                                                       1

                                                 0,9

                                           0,7

                                          0,5
                                        Kap.
                               FIGUUR 4.4: ARBEIDSFAKTORMETER

        4.4.1     Toon die lesing 'n voorlopende of nalopende arbeidsfaktor?                               (1)

        4.4.2     Noem die oorsaak van hierdie tipe lesing.                                                (1)

        4.4.3     Noem hoe die meterlesing nader aan eenheidsfaktor gebring kan word.                      (1)

4.5     Verwys na FIGUUR 4.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                               L1

                                                           N        P1 =250 W

                                                               L2

                                                                    P2 = 460 W
                                                             L3

                                      FIGUUR 4.5: DRIEFASELAS

        4.5.1     Bereken die totale drywing van die las.                                                  (3)

        4.5.2     Noem TWEE hoeveelhede, buiten drywing, wat bepaal kan word deur
                  die tweewattmetermetode te gebruik.                                                      (2)

        4.5.3     Verduidelik waarom die tweewattmetermetode bo die driewattmeter-
                  metode verkies word.                                                                     (2)
                                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               11                          DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1        FIGUUR 5.1 hieronder toon 'n driefasetransformator. Beantwoord die vrae
           wat volg.

                                                                          B

                   A
                                                                               Spoele

                             Waaier

                                                              Verkoeler
                                                              ¶
                              FIGUUR 5.1: DRIEFASETRANSFORMATOR

           5.1.1       Benoem onderdele A en B.                                                      (2)

           5.1.2       Noem TWEE moontlike afkoelingsmetodes van hierdie transformator.              (2)

           5.1.3       Maak 'n lys van DRIE beskermingstoestelle wat in driefase-
                       transformators gebruik word.                                                  (3)

           5.1.4       Beskryf die werking van 'n verlagingstransformator.                           (5)

5.2        Noem TWEE fisiese eienskappe van 'n driefase- manteltipe transformator.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              12                             DBE/November 2021
                                                NSS

5.3        FIGUUR 5.3 hieronder toon 'n driefasetransformator. Beantwoord die vrae
           wat volg.

                                                                                   PUIT = 450 kW
                                                               IL1 = 40 A
                                            N1 : N2

            VL1 = 22 kV                                            VL2 = 7,7 kV

                                                                            N          LAS

                              FIGUUR 5.3: DRIEFASETRANSFORMATOR

           Gegee:

           VL1     =      22 kV
           VL2     =      7,7 kV
           IL1     =      40 A
           PUIT    =      450 kW

           5.3.1       Identifiseer die konfigurasie van die driefasetransformator in
                       FIGUUR 5.3.                                                                     (1)

          Bereken die:

          5.3.2        Sekondêre fasespanning                                                          (3)

          5.3.3        Transformatorverhouding                                                         (3)

          5.3.4        Skyndrywing                                                                     (3)

          5.3.5        Rendement indien die koperverliese 1 kW en die kernverliese 500 W
                       is                                                                              (3)

          5.3.6        Arbeidsfaktor                                                                   (3)
                                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                   13                                      DBE/November 2021
                                                     NSS

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1        Verwys na FIGUUR 6.1 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                                 As

               Entplaat

                                            Statorspoele
                                                     Waaierlemme
                                                                                 Entplaat
                     FIGUUR 6.1: UITSKUIFAANSIG VAN 'N DRIEFASEMOTOR

           6.1.1      Benoem onderdele A, B en C.                                                                    (3)

           6.1.2      Verduidelik hoe 'n roterende magneetveld in die statorspoele
                      geskep word.                                                                                   (3)

           6.1.3      Noem TWEE gebruike van kourotorinduksiemotors.                                                 (2)

           6.1.4      Noem TWEE bydraende faktore wat die rotasiespoed in 'n driefase-
                      induksiemotor bepaal.                                                                          (2)

6.2        Verwys na FIGUUR 6.2 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                             Kragdrade
                                                                               aan die
                                                                           toevoer verbind.
                                              L1
                                                                L3
                                                    L2

                                  U1           V1          W1

                                                                                 E

                                                                          Verbindings-
                                                                             plate
                                       W2           U2               V2

                       FIGUUR 6.2: VERBINDING VAN 'N DRIEFASEMOTOR

           6.2.1      Is hierdie motor in ster of in delta verbind?                                                  (1)

           6.2.2      Noem hoe die draairigting van hierdie motor verander kan word.                                 (1)

           6.2.3      Noem TWEE belangrike prosedures om te volg voordat die
                      isolasieweerstand van die motor in FIGUUR 6.2 getoets word.                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            14                             DBE/November 2021
                                              NSS

6.3        'n Sterverbinde driefasemotor met vier poolpare per fase trek 'n lynstroom
           van 6 A wanneer dit aan 'n 380 V/50 Hz-toevoer verbind word. Die
           arbeidsfaktor is 0,85 en die rendement is 90%.

           Gegee:

           p         =   4
           IL        =   6A
           VL        =   380 V
           f         =   50 Hz
           cos θ     =   0,85
           η         =   90%

           Bereken die:

           6.3.1      Sinchrone spoed                                                                   (3)

           6.3.2      Persentasie glip indien die rotorspoed 700 r/min is                               (3)

           6.3.3      Uitsetdrywing                                                                     (3)

6.4        Verwys na FIGUUR 6.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             L

                                 O/B1

                                 O/B2

                             STOP                   HK1
                                                    N/O2

                          AANSIT 1                    AANSIT 2
                                            HK1                             HK2
                                            N/O1                            N/O1

                            HK1                            HK2

                            N

                          FIGUUR 6.4: HAND- SEKWENSIËLE AANSITTER

           6.4.1      Noem die komponent wat voorkom dat HK1 outomaties bekrag
                      wanneer die krag ná 'n kragonderbreking herstel word.                             (1)

           6.4.2      Noem die funksie van HK1 N/O2.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                   15                    DBE/November 2021
                                                     NSS

           6.4.3      Verduidelik die doel daarvan om O/B1 en O/B2 in serie met die
                      toevoer te bedraad.                                                          (2)

           6.4.4      Verduidelik die werking van die kring.                                       (5)

           6.4.5      Verduidelik hoe die kringwerking beïnvloed sal word indien kontak
                      HK2 N/O1 foutief en permanent toe is.                                        (2)
                                                                                                   [35]

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1     Verwys na die hardeware van 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

        7.1.1      Noem TWEE tipes hardewaremodules wat in 'n PLB gebruik word,
                   behalwe die SVE.                                                                (2)

        7.1.2      Noem DRIE funksies van die sentrale verwerkingseenheid (SVE).                   (3)

        7.1.3      Noem die komponent wat gebruik word om die las van 'n PLB te
                   skakel.                                                                         (1)

7.2     Verduidelik die term skandeertyd met verwysing na die skandeersiklus van die
        PLB.                                                                                       (2)

7.3     Verduidelik die term sagteware met verwysing na die PLB.                                   (3)

7.4     Verwys na sensors as insettoestelle van 'n PLB en beantwoord die vrae wat
        volg.

        7.4.1      Definieer die term sensor.                                                      (2)

        7.4.2      Maak 'n lys van DRIE tipes sensors, behalwe die oorbelastingsensor.

                              Onsensitiewe
                                                                       Filament
                                 rigting

                                                               Sensitiewe
                                                                 rigting

                                      Soldeerpunte

                                      FIGUUR 7.4.3: OORBELASTINGSENSOR                             (3)

        7.4.3      Verduidelik waarom die oorbelastingsensor in FIGUUR 7.4.3 aan 'n
                   analooginset op 'n PLB verbind word.                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels         16                        DBE/November 2021
                                           NSS

7.5      FIGUUR 7.5 hieronder toon 'n beheerkring van 'n vorentoe-agtertoe-aansitter.
         Teken die PLB-leerlogikaprogram wat dieselfde funksie in 'n PLB-stelsel sal
         verrig.

                          L

                          O/B
                          N/T

                        STOP

                   AANSIT                      AANSIT
                  VORENTOE                    AGTERTOE
                                        HK1                          HK2
                                        N/O                          N/O

                        HK2N/T                    HK1N/T

                      HK1                        HK2
                   VORENTOE                   AGTERTOE
                         N

         FIGUUR 7.5: BEHEERKRING VAN 'N VORENTOE-AGTERTOE-AANSITTER                           (10)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                    17                          DBE/November 2021
                                                      NSS

7.6     FIGUUR 7.6 hieronder toon die verskillende stadiums in 'n verstelbare
        spoedbeheerder. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                                                       PWM-uitset

                    Driefase-WS-toevoer
                                                                                        Motor

                                          WS-na-GS-
                                                        Filter               A
                                           omsetter

                FIGUUR 7.6: VERSTELBARESPOEDBEHEERDER-STADIUMS

        7.6.1     Identifiseer stadium A.                                                              (1)

        7.6.2     Noem 'n halfgeleierkomponent wat die skakelaars wat by A gebruik
                  word, kan vervang.                                                                   (1)

        7.6.3     Noem TWEE voordele                   van       die   gebruik   van   verstelbare
                  spoedbeheerders.                                                                     (2)

        7.6.4     Beskryf vektorbeheerders as 'n metode van spoedbeheer.                               (3)

7.7     Verduidelik die proses van regeneratiewe remming in 'n VSB-stelsel wanneer
        die momentum van 'n las die motor begin aandryf.                                               (3)

7.8     Noem die komponent wat gebruik word om die oortollige energie gedurende die
        proses van regeneratiewe remming te verkwis.                                                   (1)
                                                                                                       [40]

                                                                                        TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                          DBE/November 2021
                                                            NSS

                                                        FORMULEBLAD

RLC-KRINGE                                                        DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P  V  I  cos θ                                                 STER
XL  2 fL                                                        VL  3  VF
          1                                                       VF  IF  ZF
XC 
        2 fC                                                     IL  IF
            1                          f f
fr                 OF            fr  1 2                        DELTA
   2 LC                                 2
     f                                                            VL  VF
BW  r              OF            BW  f2  f1
     Q                                                            VF  IF  ZF
SERIE                                                             IL  3  IF
VR  I R
                                                                  DRYWING
VL  I XL
VC  I XC                                                         S (Pskyn )  3  VL  IL
       VT                                                         Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ
IT                 OF             IT  IR  IC  IL
       Z                                                          P  3  VL  IL Cos θ
                                                                            P
Z  R 2  X L  X C                                             Cos θ 
                          2

                                                                            S
VT  VR  VL  VC 
                2             2
                                     OF          VT = I Z         RENDEMENT
            R                               VR                         uisetdrywing
Cos θ              OF            Cos θ                          η=                × 100
            Z                               VT                         insetdrywing
       XL XC VL VC 1 L
Q                                                            TWEEWATTMETERMETODE
       R   R   VT VT R C
PARALLEL
                                                                  PT  P1  P2
VT  VR  VL  VC
       VT                                                                    P - P 
IR                                                               tan θ  3  1 2 
       R                                                                      P1  P2 
    VT
IC                                                               DRIEWATTMETERMETODE
    XC
    V
IL  T                                                            PT  P1  P2  P3
    XL
IT  IR  IL  IC 
            2         2

       VT
Z
       IT
       I
Cos θ  R
       IT
       R    R   I  I    1 L
Q            L  C 
       X L X C IT IT R C

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                            DBE/November 2021
                                             NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                           DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                             STER

VL  3  VF      en IL  IF                      VL  3  VF      en IL  IF

DELTA                                            DELTA

IL  3  IF en      VL  VF                      IL  3  IF en      VL  VF

DRYWING                                          DRYWING

S (Pskyn )  3  VL  IL                         S (Pskyn )  3  VL  IL

Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ                    Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ

P  3  VL  IL Cos θ                            P      3  VL  IL Cos θ

                                                 P = 3 × VL × IL × Cosθ × η

          P
Cos θ                                                      P
          S                                      Cos θ 
                                                            S

                                                 RENDEMENT
Vf(1) N    I f(2)
      1 
Vf(2) N 2 I f(1)                                      uitsetdrywing
                                                 η=                 × 100
                                                      insetdrywing

                                      N1                60 × f
Transformatorverhouding: TR                     ns =
                                      N2                 p

                    PUIT                                    n s - nr
η                                        100   % glip              100
     PUIT  koperverliese  kernverliese                       ns

                                                                       n s  nr
                                                 Per eenheid glip 
                                                                          ns

                                                 Glip  n s  nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2021 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2021-electronics-eng/fc61477e-f472-4e85-9460-13014dacc912) — Electrical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2021 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2021-electronics-afr/b64b1972-e848-4315-914a-33ae2adfe7bd) — Electrical Technology · QP · 2021 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2021 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2021-power-systems-eng/1f6d698d-cd31-4e9d-8b14-1f0cf8809640) — Electrical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Electrical Technology May June 2021 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2021-digital-eng/c3a468e5-d3ba-4a27-b30b-3dc5074ce0fc) — Electrical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Electrical Technology May June 2021 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-may-june-2021-power-systems-eng/f9d127bc-4db0-4b30-875a-c9b86afeacdd) — Electrical Technology · QP · 2021 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
