# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-power-systems-afr/31d4c99a-5f60-4235-8220-9f859b85eb2f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-power-systems-afr/31d4c99a-5f60-4235-8220-9f859b85eb2f)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                     ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                  NOVEMBER 2022

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels          2                          DBE/November 2022
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.     Beantwoord AL die vrae.

3.     Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.     Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale
       plekke af.

5.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

6.     Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.     Berekeninge moet die volgende insluit:

       7.1       Formules en manipulasies waar nodig

       7.2       Korrekte vervanging van waardes

       7.3       Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.     'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             3                         DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskillende opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1       'n ... is 'n gebeurtenis waartydens 'n ernstige of onverwagte gevaarlike
          toestand plaasvind wat onmiddellike aandag benodig.

          A      Ontruimingsprosedure
          B      Nie-kritieke insident
          C      Kritieke insident
          D      Onveilige toestand                                                              (1)

1.2       Die totale teenstand teen die vloei van wisselstroom in 'n RLC-kringbaan is
          die ...

          A      induktiewe reaktansie.
          B      impedansie.
          C      kapasitiewe reaktansie.
          D      induktansie.                                                                    (1)

1.3       Wanneer die frekwensie tot onder resonansie in 'n serie-RLC-resonansie-
          kringbaan daal, sal die ...

          A      impedansie toeneem en die kringbaan induktief word.
          B      spanningsval oor die induktor en kapasitor toeneem.
          C      impedansie daal en die kringbaan kapasitief word.
          D      impedansie toeneem en die kringbaan kapasitief word.                            (1)

1.4       Die teenstand teen WS-stroomvloei wat deur 'n kapasitor veroorsaak word,
          sal toeneem wanneer die ...

          A      kapasitansie daal.
          B      frekwensie toeneem.
          C      spanning daal.
          D      stroomvloei toeneem.                                                            (1)

1.5       'n Voordeel van 'n driefasestelsel is dat ...

          A      dit orals beskikbaar is.
          B      dit vir die meeste residensiële toepassings geskik is.
          C      die toestelle goedkoper is.
          D      dit meer ekonomies is.                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               4                         DBE/November 2022
                                                 NSS

1.6       Drywing wat heen en weer tussen die toevoer en die induktor of kapasitor
          oorgedra word sonder om enige werk te verrig, staan as ... drywing bekend.

          A      skyn-
          B      reaktiewe
          C      ware
          D      aktiewe                                                                            (1)

1.7       In 'n elektriese kragstelsel trek 'n las met 'n lae drywingsfaktor ... stroom vanaf
          die toevoer in vergelyking met 'n las met 'n hoë drywingsfaktor.

          A      minder
          B      dieselfde
          C      geen
          D      meer                                                                               (1)

1.8       Wanneer       driefasetransformators    met   enkelfasetransformators     vergelyk
          word, ...

          A      het 'n enkelfasetransformator hoër rendement.
          B      word 'n driefasetransformator in alle huise gebruik.
          C      kan 'n driefasetransformator beide enkelfase- en driefaselaste aandryf.
          D      gebruik enkelfasetransformators drie wikkelinge.                                   (1)

1.9       'n Buchholz-relê sal die transformator aktiveer en dit van die toevoer isoleer
          wanneer ...

          A      'n ernstige fout veroorsaak dat 'n groot hoeveelheid gas in die olie van 'n
                 transformator vorm.
          B      die las 'n oop kring word.
          C      'n klein foutjie veroorsaak dat 'n klein hoeveelheid gas in die olie van die
                 transformator vorm.
          D      'n klein foutjie veroorsaak dat die boonste vlotter binne die relê die
                 sirene aktiveer.                                                                   (1)

1.10      'n Voordeel van 'n driefasemotor bo 'n enkelfasemotor is dat 'n
          driefasemotor ...

          A      'n laer aansitwringkrag het.
          B      minder effektief is.
          C      meer bewegende dele het.
          D      minder instandhouding benodig.                                                     (1)

1.11      Verwys na die tipiese spoed versus die wringkragkenkromme van 'n driefase-
          induksiemotor. Die deurslagwringkrag is... die vollaswringkrag.

          A      hoër as
          B      gelyk aan
          C      laer as
          D      50% van                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           5                              DBE/November 2022
                                             NSS

1.12      'n Driefasemotor met 18 pole het ... poolpare per fase.

          A      6
          B      3
          C      9
          D      4                                                                                  (1)

1.13      'n ... is 'n voorbeeld van 'n uitsettoestel in 'n PLB-stelsel wat 'n
          hoëstroommotor outomaties kan aanskakel.

          A      Skakelaar
          B      Sensor
          C      Relê
          D      Vervormingsmeter                                                                   (1)

1.14      By pulswydte-modulasie           (PWM)    veroorsaak      langer    AAN-tye      'n
          ... uitsetgolflengte.

          A      hoëfrekwensie-uitset met 'n kort
          B      laefrekwensie-uitset met 'n lang
          C      hoëfrekwensie-uitset met 'n lang
          D      laefrekwensie-uitset met 'n kort                                                   (1)

1.15      Remming wat plaasvind wanneer die las op die motor vinniger as die motor
          roteer, staan as ... remming bekend.

          A      regeneratiewe
          B      vektor-
          C      transistor-
          D      veranderlikefrekwensie-                                                            (1)
                                                                                                    [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Noem TWEE menseregte in die werkplek wat verseker dat die werkgewer se
          waardigheid nie aangetas word nie.                                                        (2)

2.2       Noem TWEE ontruimingstappe wat gedoen moet word wanneer 'n noodalarm
          in 'n werkswinkel afgaan.                                                                 (2)

2.3       Verduidelik waarom die misbruik van toerusting in 'n werkswinkel 'n
          gesondheids- of veiligheidsgevaar kan veroorsaak.                                         (2)

2.4       Verwys na viktimisering en noem TWEE handelinge deur die werkgewer wat
          verbied word.                                                                             (2)

2.5       Noem TWEE tipes risiko-analiseverslae wat deur die gesondheids- en
          veiligheidsverteenwoordiger gedoen word.                                                  (2)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                   6                              DBE/November 2022
                                                     NSS

VRAAG 3: RLC-KRINGBANE

3.1       Verduidelik die term induktansie met verwysing na RLC-kringbane wat aan 'n
          WS-toevoer gekoppel is.                                                                            (2)

3.2       Teken die fasordiagramme                   vir   FIGUUR 3.2.1    en        3.2.2   in    die
          ANTWOORDEBOEK.

          3.2.1
                                                 VR
                                      +V

                                                 1800              3600
                                           0                                     t

                                                               I

                                      -V

                         FIGUUR 3.2.1: SPANNINGS- EN STROOMGOLFVORME                                         (2)

          3.2.2
                                      +V         Vc
                                                                      I

                                                               2700       3600
                                      0
                                               900     1800

                                      -V
                           FIGUUR 3.2.2: SPANNINGS- EN STROOMGOLFVORME                                       (2)

3.3       'n Serie-RLC-kringbaan met 'n weerstand van 25 Ω, 'n induktiewe reaktansie
          van 94 Ω en 'n kapasitiewe reaktansie van 13 Ω is aan 'n 150 V/60 Hz-WS-
          toevoer gekoppel. Beantwoord die vrae wat volg.

          Gegee:
          R       =       25 Ω
          XC      =       13 Ω
          XL      =       94 Ω
          VT      =       150 V
          f       =       60 Hz

          3.3.1       Bereken die impedansie van die kringbaan.                                              (3)

          3.3.2       Bereken die fasehoek van die kringbaan.                                                (3)

          3.3.3       Bereken die waarde van die induktor.                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            7                         DBE/November 2022
                                              NSS

          3.3.4       Verduidelik wat met 'n nalopende drywingsfaktor bedoel word.               (1)

          3.3.5       Verduidelik waarom die stroom- en spanningsgolfvorme in 'n
                      serie-RLC-resonansiekringbaan in fase is.                                  (2)

3.4       Verwys na FIGUUR 3.4 en beantwoord die vrae wat volg.

                       Ic 7 A

                                                    IR = 11 A
                                                                    VT = 110 V
                                      θ
                                                          IX

                                                         IT

                        IL    9A

                             FIGUUR 3.4: PARALLEL-RLC-FASORDIAGRAM

          Gegee:

          IL      =          9A
          IC      =          7A
          IR      =          11 A
          VT      =          110 V

          3.4.1       Bereken die totale stroom.                                                 (3)

          3.4.2       Bereken die drywingsfaktor.                                                (3)

          3.4.3       Bereken die totale drywing.                                                (3)

          3.4.4       Noem, met 'n rede, of die kringbaan 'n voorlopende of nalopende
                      drywingsfaktor het.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           8                        DBE/November 2022
                                             NSS

3.5       Verwys na FIGUUR 3.5 en beantwoord die vrae wat volg.

             Z                                     I

                                         f                                       f
                                  fr                              fr

                                 A                                B

                  FIGUUR 3.5: IMPEDANSIE- EN STROOMRESPONS-KURWES

          3.5.1      Noem die kringbaan wat die weergawe by A en B in FIGUUR 3.5
                     lewer.                                                                   (2)

          3.5.2      Bespreek die verskil tussen die impedansie en stroom by
                     resonansiefrekwensie.                                                    (2)

          3.5.3      Beskryf wat met impedansie gebeur wanneer die frekwensie in
                     FIGUUR 3.5 A toeneem.                                                    (2)
                                                                                              [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             9                                    DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Verwys na FIGUUR 4.1 en beantwoord die vrae wat volg.

                                VBR          VBN                               VRG
                                                     120º
                                       30º

                                                                       30º
                                                                             VRN
                                        120º
                                                            120º

                                               30º
                                      VGN                          Draairigting

                                                       VGB

                              FIGUUR 4.1: DRIEFASE-FASORDIAGRAM

          4.1.1       Noem of die fasordiagram positiewe fasevolgorde of negatiewe
                      fasevolgorde voorstel. Motiveer jou antwoord.                                         (2)

          4.1.2       Bepaal of fasor VRN 'n lynspanning of 'n fasespanning voorstel.
                      Motiveer jou antwoord.                                                                (2)

4.2       Verduidelik die term aktiewe drywing.                                                             (1)

4.3       Verduidelik die invloed van verhoogde spanning in transmissielyne.                                (2)

4.4       Teken 'n diagrammatiese voorstelling van 'n vierdraad-driefase- sterverbinde
          stelsel.                                                                                          (4)

4.5       Verwys na spannings en verduidelik wat in die verspreidingstadium van die
          nasionale kragnetwerk gebeur.                                                                     (3)

4.6       'n Gebalanseerde driefase-las is in delta aan 'n driefase- sterverbinde
          alternator gekoppel. Die las trek 'n stroom van 15 A van die 400 V-toevoer.
          Die las het 'n drywingsfaktor van 0,85. Beantwoord die vrae wat volg.

          Gegee:
          IL      =     15 A
          VL      =     400 V
          df      =     0,85

          Bereken die:

          4.6.1       Fasestroom van die las                                                                (3)

          4.6.2       Impedansie van die las                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                     10                                  DBE/November 2022
                                                       NSS

          4.6.3      Fasehoek                                                                                      (3)

          4.6.4      Aktiewe drywing                                                                               (3)

          4.6.5      Teken 'n diagram van 'n drywingsfaktor-verbeteringskapasitorgroep
                     wat aan die driefasetoevoer in FIGUUR 4.6.5 gekoppel is.

                                         L1                                                  R
                                         L2                                                  G
                                         L3                                                  B

                                              FIGUUR 4.6.5: DRIEFASETOEVOER                                        (3)

4.7       FIGUUR 4.7 toon drie wattmeters wat aan 'n gebalanseerde driefase-las
          gekoppel is. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                    W1 = 450 W
                                                             I
                                          R                      R

                                                         V

                                                                        Gebalanseerde las
                                                  W2
                                                         V

                               Toevoer
                                          G                      G
                                                             I

                                                  W3     V

                                              B                   B
                                                             I

                               FIGUUR 4.7: DRIEWATTMETERMETODE

          4.7.1      Noem TWEE voordele van die gebruik van die driewattmeter-
                     metode.                                                                                       (2)

          4.7.2      Noem EEN nadeel van die gebruik van die driewattmetermetode.                                  (1)

          4.7.3      Bereken die totale drywing indien die lesing op W 1 = 450 W.                                  (3)
                                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              11                      DBE/November 2022
                                                NSS

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Verduidelik die beginsel van wedersydse induksie met verwysing na
          transformators.                                                                       (3)

5.2       Enkelfasetransformators kan gebruik word om 'n driefasetransformator-
          eenheid te skep. Beantwoord die vrae wat volg.

          5.2.1      Noem DRIE eienskappe van enkelfasetransformators wat identies
                     moet wees.                                                                 (3)

          5.2.2      Noem die verbinding aan die sekondêre kant                 van    'n
                     driefasetransformator wat 'n neutrale punt sal skep.                       (1)

5.3       Bespreek die hoof- bydraende faktore vir die volgende verliese in
          transformators:

          5.3.1      Koperverliese                                                              (2)

          5.3.2      Ysterverliese                                                              (2)

5.4       Beskryf hoe die onklaarraking van isolasie in droë-tipe transformators beheer
          word.                                                                                 (2)

5.5       Onderskei tussen dop-tipe en kern-tipe transformators met verwysing na die
          kern.                                                                                 (2)

5.6       Beskryf hoe 'n gebalanseerde aardfoutrelê 'n driefasetransformator beskerm.           (3)

5.7       FIGUUR 5.7 hieronder toon 'n 200 kW- deltaverbinde las met 'n
          drywingsfaktor van 0,8 wat aan 'n delta-ster-transformator gekoppel is. Die
          primêre lynspanning is 6 kV en die sekondêre lynspanning is 400 V.

                                      N1   N2
                                                                                Plas = 200 kW
                                                                                    df = 0,8

       VL1 = 6 kV
                                                           VL2 = 400 V

                              FIGUUR 5.7: DRIEFASETRANSFORMATOR

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           12   DBE/November 2022
                                             NSS

          Gegee:
          Plas    =       200 kW
          df      =       0,8
          VL1     =       6 kV
          VL2     =       400 V

          Bereken die:

          5.7.1       Sekondêre lynstroom                                 (3)

          5.7.2       Sekondêre fasestroom                                (3)

          5.7.3       Skyndrywing                                         (3)

          5.7.4       Primêre lynstroom                                   (3)
                                                                          [30]

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             13                       DBE/November 2022
                                               NSS

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1       Noem die TWEE tipes rotorkonstruksie wat in induksiemotors gebruik word.               (2)

6.2       Verwys na die spoed van induksiemotors en beantwoord die vrae wat volg.

          6.2.1      Verduidelik die verskil tussen aanslagspoed en vollasspoed.                 (2)

          6.2.2      Bereken die sinchrone spoed van 'n driefasemotor met vier poolpare
                     per fase wat aan 'n 400 V/50 Hz-toevoer gekoppel is.                        (3)

          6.2.3      Bereken die persentasie glip indien die rotor teen 725 r/min (opm)
                     draai.                                                                      (3)

6.3       Noem TWEE meganiese inspeksies wat op die rotor en laers van 'n motor
          uitgevoer kan word.                                                                    (2)

6.4       'n Driefase- deltaverbinde motor trek 'n lynstroom van 5 A van 'n 380 V/50 Hz-
          toevoer. Die fasehoek is 20°.

          Gegee:
          IL   =         5A
          VL   =         380 V
          θ    =         20°

          Bereken die:

          6.4.1      Insetdrywing                                                                (3)

          6.4.2      Reaktiewe drywing                                                           (3)

          6.4.3      Uitsetdrywing indien die motor 90% effektief is                             (3)

6.5       FIGUUR 6.5 toon die terminaalkas van 'n driefasemotor. Teken die
          terminaalkas in die ANTWOORDEBOEK oor en dui aan hoe die motor in
          delta verbind kan word.

                                  U1          V1         W1

                                 W2           U2         V2

                                       FIGUUR 6.5: TERMINAALKAS                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              14                         DBE/November 2022
                                                NSS

6.6       FIGUUR 6.6 toon die beheerkring van 'n outomatiese ster-delta-aansitter.
          Beantwoord die vrae wat volg.

              L
                  STOP

                          A                    HK1
                                               N/O2

                 AANSIT                 HK1
                                        N/O1                    HK3               HK2
                                                                N/T               N/T

                                                                  T                T
                                                                 N/T              N/O

                     HK1                 TYD-                 HK2               HK3
                                      SKAKELAAR                Y                 Δ
             N
                      FIGUUR 6.6: OUTOMATIESE STER-DELTA-AANSITTER

          6.6.1      Identifiseer komponent A.                                                      (1)

          6.6.2      Verduidelik die doel van HK1N/O2.                                              (3)

          6.6.3      Verduidelik die belangrikheid van 'n grendelverbinding ('interlocking')
                     in hierdie kringbaan.                                                          (2)

          6.6.4      Beskryf die werking van die kringbaan nadat die tydskakelaar
                     deurgetel het.                                                                 (5)
                                                                                                    [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            15                          DBE/November 2022
                                              NSS

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Maklike foutopsporing is een van die voordele van harde bedrading.
          Verduidelik waarom.                                                                        (2)

7.2       Verwys na sensors as insettoestelle van 'n PLB en beantwoord die vrae wat
          volg.

          7.2.1      Verduidelik die term sensor.                                                    (2)

          7.2.2      Verduidelik wat die PLB doen nadat dit                data       van   'n
                     temperatuursensor as 'n insettoestel ontvang het.                               (2)

          7.2.3      Noem TWEE toepassings van temperatuursensors.                                   (2)

7.3       Verwys na FIGUUR 7.3 en beantwoord die vrae wat volg.

                           L

                         OB/NT

                           STOP

                        AANSIT                         AANSIT
                         HK1                            HK2
                                           HK1/NO                        HK2/NO

                         HK2/NT                        HK1/NT

                       HK1                            HK2

                       N

                                      FIGUUR 7.3: BEHEERKRING

          7.3.1      Identifiseer die beheerkring in FIGUUR 7.3.                                     (1)

          7.3.2      Verduidelik grendeling    ('latching')   met   verwysing    na    motor-
                     beheerkringe.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                     16                      DBE/November 2022
                                                       NSS

          7.3.3      Teken die leerlogikadiagram in FIGUUR 7.3.3 oor en voltooi dit
                     in die ANTWOORDEBOEK sodat dit dieselfde funksie as in
                     FIGUUR 7.3 sal verrig.

                               O/B     Stop

                                      FIGUUR 7.3.3: LEERLOGIKADIAGRAM                               (8)

7.4       Teken ŉ leerlogikadiagram met twee uitsette. Elke uitset word deur 2 insette
          beheer. Inset 1 en inset 2 moet gesluit wees sodat uitset 1 hoog is. Inset 3 óf
          inset 4, of beide, moet gesluit wees sodat uitset 2 hoog is.                              (6)

7.5       Verwys na PLC's en verduidelik die konsep merker.                                         (2)

7.6       FIGUUR 7.6 is 'n blokdiagram van 'n VSB. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                           GS-
                                                        geleistam
                        Omsetter              Filter                Omkeerder        Motor

         FIGUUR 7.6: BLOKDIAGRAM VAN 'N VERSTELBARE SPOEDBEHEERDER

          7.6.1      Verduidelik hoe die omsetter sy funksie verrig.                                (2)

          7.6.2      Noem die doel van die filter.                                                  (2)

          7.6.3      Beskryf die werkbeginsel van die omkeerderstadium.                             (4)

          7.6.4      Noem TWEE voordele van die gebruik van VSB's bo konvensionele
                     motoraandrywing.                                                               (2)

7.7       Gee TWEE voorbeelde waar regeneratiewe energie weer gebruik kan word.                     (2)
                                                                                                    [40]
                                                                                     TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                              DBE/November 2022
                                                                NSS

                                                       FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                                     DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P  V  I  cos θ                                              STER
XL  2π fL                                                     VL  3  VF
          1                                                    VF  IF  ZF
XC 
        2π fC                                                  IL  IF
            1                               f f
fr                      OF            fr  1 2                       DELTA
   2π LC                                      2
     f                                                                VL  VF
BW  r                   OF             BW  f2  f1
     Q                                                                VF  IF  ZF
SERIE                                                                 IL  3  IF
VR  I R
                                                                      DRYWING
VL  I XL
VC  I XC                                                             S (Pskyn )  3  VL  IL
       VT                                                             Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ
IT                 OF        IT  IR  IC  IL
       Z                                                              P     3  VL  IL Cos θ
                                                                                P
Z  R 2  X L  X C                                                 Cos θ 
                              2

                                                                                S
VT  VR  VL  VC 
                2                 2
                                         OF          VT = I Z         RENDEMENT
                R                               VR                         uitsetdrywing
Cos θ               OF               Cos θ                          η                  100
                Z                               VT                         insetdrywing
       XL X C VL VC 1 L
Q                                                                TWEEWATTMETERMETODE
       R   R   VT VT R C
PARALLEL
                                                                      PT  P1  P2
VT  VR  VL  VC
       VT                                                                        P - P 
IR                                                                   tan θ  3  1 2 
       R                                                                          P1  P2 
     VT
IC                                                                   DRIEWATTMETERMETODE
    XC
    V
IL  T                                                                PT  P1  P2  P3
    XL
IT  IR  IL  IC 
            2            2

       VT
Z
       IT
       I
Cos θ  R
       IT
       R    R   I  I
Q            L  C
       X L X C IT IT

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                DBE/November 2022
                                             NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                           DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                             STER

VL  3 VF en IL  IF                             VL  3 VF        en IL  IF

DELTA                                            DELTA

IL  3 IF en        VL  VF                      IL  3 IF en       VL  VF

DRYWING                                          DRYWING

S (Pskyn )  3  VL  IL                         S (Pskyn )  3  VL  IL

Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ                    Q (Pr )  3  VL  IL  Sin θ

P  3  VL  IL Cos θ                            P  3  VL  IL Cos θ

                                                 P  3  VL  IL Cos θ  η
        P
Cos θ 
        S                                                   P
                                                 Cos θ 
                                                            S
                                                 RENDEMENT
Vf(1) N    I f(2)
      1                                             uitsetdrywing
Vf(2) N 2 I f(1)                                 η                  100
                                                      insetdrywing

                                      N1                60 × f
Transformatorverhouding: TR                     ns =
                                      N2                 p

                    PUIT                                     n s  nr
η                                        100   % glip              × 100
     PUIT  koperverliese  kernverliese                        ns

                                                                        n s  nr
                                                 Per eenheid glip 
                                                                           ns

                                                 Glip  ns  nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-electronics-eng/13c7b3df-a693-4e59-8ee2-bcf846a2c62d) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-power-systems-eng/e9b1f586-997a-433b-9070-be649e13a78c) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2022 (Digital) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-digital-afr/f4fe639c-3719-4b46-b7e9-b9e79a9833ac) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [Electrical Technology Nov 2022 (Electronics) Afr](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2022-electronics-afr/3c249735-08dd-490c-934a-34d7d68d84fe) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-digital-afrikaans/f569ad75-66e9-41b4-b833-cbbbe275bb53) — Electrical Technology · QP · 2022 · Afr
- [ELEC TECH GR12 QP SEPT2022 Power English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-qp-sept2022-power-english/5dde0506-b8db-4a28-a65d-02c30160901e) — Electrical Technology · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
