# Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the NSC November Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: NSC November Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 NSC November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-power-systems-afr/7aa35e6b-ee15-404c-8359-7db3c0952f41)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · NSC November Exam · 2023. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                NOVEMBER 2023

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           2                        DBE/November 2023
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
          af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          7.1        Formules en manipulasies waar nodig

          7.2        Korrekte vervanging van waardes

          7.3        Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           3                             DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.

1.1       Die volgende kan as gevaarlike praktyke beskou word:

          A       Die gebruik (of misbruik) van kraggereedskap
          B       Die verkeerde gebruik en hantering van handgereedskap
          C       Die etsing van gedrukte stroomborde
          D       Al die bogenoemde                                                                (1)

1.2       … is die verwysingswaarde in 'n parallelle RLC-kring.

          A       Stroom
          B       Weerstand
          C       Reaktansie
          D       Spanning                                                                         (1)

1.3       Die reaktansie van 'n … moet gelyk wees vir 'n kring om te resoneer.

          A       weerstand en 'n induktor
          B       weerstand en 'n kapasitor
          C       kapasitor en 'n induktor
          D       omskakelaar en 'n kapasitor                                                      (1)

1.4       Die volgende toestand is algemeen vir beide serie- en parallelresonansie:

          A       Die impedansie is minimum.
          B       Die stroom is maksimum.
          C       Die bandwydte word deur die kwaliteitsfaktor beïnvloed.
          D       Die Q-faktor hang van spanningsversterking af.                                   (1)

1.5       Die spanning wat by kragstasies in Suid-Afrika opgewek word, word tot …
          verhoog vir transmissie oor lang afstande.

          A       22 kV
          B       40 kV
          C       110 kV
          D       220 kV                                                                           (1)

1.6       … bepaal hoeveel elektrisiteit regoor Suid-Afrika opgewek moet word.

          A       Munisipaliteite
          B       Substasies
          C       Beheersentra
          D       Intermediêre substasies                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            4                          DBE/November 2023
                                              NSS

1.7       'n … dui aan of 'n las meer induktief of meer kapasitief is.

          A       Wattmeter
          B       Arbeidsfaktormeter
          C       Kilowatt-uur-meter
          D       Voltmeter                                                                         (1)

1.8       In 'n driefase- kerntipe transformator …

          A       verberg die kern die grootste gedeelte van die wikkelinge.
          B       is die kern deur die wikkelinge omhul.
          C       is die wikkelinge deur die kern omhul.
          D       het die kern 5 bene.                                                              (1)

1.9       Wanneer 'n las gekoppel word, is die primêre fasestroom van 'n
          verlagingstransformator … die sekondêre fasestroom.

          A       hoër as
          B       gelyk aan
          C       laer as
          D       √ keer                                                                            (1)

1.10      Wanneer 'n induksiemotor aangeskakel word, is die glip … soos wat die
          motor spoed optel.

          A       minimum en neem toe
          B       eksponensieel toenemend
          C       maksimum en neem af
          D       aanhoudend konstant                                                               (1)

1.11      … is skakelaars wat elektromagneties werk en 'n veilige en maklike manier vir
          die verbinding en onderbreking van kringe bied.

          A       Sleutelskakelaars
          B       Stopknoppies
          C       Aansitknoppies
          D       Kontaktors                                                                        (1)

1.12      'n Outomatiese ster-delta-motoraansitter verminder die aansitstroom deur
          die …

          A       spanning oor die motorspoele na fasespanning te verminder.
          B       spanning oor die motorspoele by lynspanning te hou.
          C       spanning oor die motorspoele tot √ keer die lynspanning te verhoog.
          D       lynstroom te verdeel.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           5                           DBE/November 2023
                                             NSS

1.13      'n Halfgeleiertoestel wat lig gebruik om 'n sein te stuur tussen twee kringe wat
          elektries geïsoleer is, word 'n … genoem.

          A       skakelaar
          B       sensor
          C       optiese koppelstuk
          D       vervormingsmeter                                                               (1)

1.14      Die … word gebruik om van oortollige regeneratiewe energie ontslae te raak,
          met verwysing na VSB.

          A       filter
          B       omkeerder
          C       omsetter
          D       remweerstand                                                                   (1)

1.15      'n Stelsel wat baie funksies digitaal uitvoer om die hoeveelheid bedrading in 'n
          motoraansitterkringbaan te verminder, word 'n … stelsel genoem.

          A       sagbedrade
          B       hardbedrade
          C       dikbedrade
          D       kompakbedrade                                                                  (1)
                                                                                                 [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Noem TWEE voorvalle wat uit die bedrywighede van persone by die werkplek
          voortspruit, wat aan die gesondheids- en veiligheidsinspekteur gerapporteer
          moet word.                                                                             (2)

2.2       Definieer die term gevaar met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
          en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                                                 (2)

2.3       Verduidelik waarom die posisie van die noodhoofskakelaar vir die veiligheid in
          en om die werkswinkel belangrik is.                                                    (2)

2.4       Noem TWEE gevolge wat 'n derdegraadse brandwond op 'n mens se liggaam
          het.                                                                                   (2)

2.5       Noem TWEE eerstehulpstappe wat gedoen moet word nadat 'n persoon deur
          'n elektriese stroom geskok is.                                                        (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                6                           DBE/November 2023
                                                  NSS

VRAAG 3: RLC-KRINGE
3.1       Noem die verwantskap tussen induktiewe reaktansie en frekwensie.                                (1)
3.2       Verwys na FIGUUR 3.2 hieronder en noem die faseverhouding tussen die
          stroom- en spanningsgolfvorme.

                      +V               V
                                                    I

                      0
                                 90º       180º         270º      360º                  t

                      -V
                       FIGUUR 3.2: STROOM- EN SPANNINGSGOLFVORME                                          (1)
3.3       FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n RLC-seriekring wat uit 'n weerstand van 6 Ω, 'n
          induktor met 'n induktansie van 0,02 H en 'n kapasitor met 'n kapasitansie van
          80 µF bestaan, wat almal aan 'n wisselstroomtoevoer van 100 V/100 Hz
          verbind is.

                                                   L = 0,02 H
                                                                         C = 80 µF
                              R=6Ω

                  VR = 63,42 V                    VL = 132,86 V            VC = 210,24 V

               IT = 10,57 A

                                                  VT = 100 V/100 Hz
                                       FIGUUR 3.3: RLC-SERIEKRING
          Gegee:
          R       =    6Ω
          L       =    0,02 H
          C       =    80 µF
          VR      =    63,42 V
          VC      =    210,24 V
          VL      =    132,86 V
          VT      =    100 V
          IT      =    10,57 A
          f       =    100 Hz

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                7                              DBE/November 2023
                                                  NSS

          3.3.1        Noem of die toevoerstroom vir die toevoerspanning voorlopend of
                       nalopend is. Motiveer jou antwoord.                                               (2)

          3.3.2        Teken die fasordiagram van die kringdiagram in FIGUUR 3.3 in die
                       ANTWOORDEBOEK oor en voltooi hierdie fasordiagram.

                                      VL = 132,86 V

                                                           IT = 10,57 A
                                                                          VR = 63,42 V

                                      VC = 210,24 V

                                             FIGUUR 3.3.2: FASORDIAGRAM                                  (4)
          3.3.3        Bewys dat die resultaat van VR, VL en VC gelyk is aan die
                       toevoerspanning.                                                                  (3)

          3.3.4        Bereken die frekwensie waarteen die kring sal resoneer.                           (3)

3.4       Verwys na FIGUUR 3.4 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         3A                R

                                                           C
                                         5A

                                                           L

                                         5A

                                        IT

                                                      VT
                                        FIGUUR 3.4: KRINGDIAGRAM
          3.4.1        Bereken die totale stroom van die kring.                                          (3)

          3.4.2        Bereken die fasehoek.                                                             (3)
          3.4.3        Teken 'n volledig benoemde fasordiagram vir die kring in
                       FIGUUR 3.4 hierbo in die ANTWOORDEBOEK.                                           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             8                             DBE/November 2023
                                               NSS

3.5       'n Seriekring bestaan uit 'n weerstand van 30 ohm, 'n induktor met 'n
          induktansie van 10 mH en 'n kapasitor met 'n kapasitiewe reaktansie van
          300 ohm. Hierdie kombinasie is aan 'n wisselstroomtoevoer van 30 V verbind
          en resoneer teen 'n frekwensie van 4,77 kHz.

                                                                     L = 10 mH
                                 R = 30 Ω      XC = 300 Ω

                                 VR                  VC                  VL

                      IT = 1 A

                                             30 V/fr = 4,77 kHz

                                 FIGUUR 3.5: RESONANTE RLC-SERIEKRING

          Gegee:

          R       =      0Ω
          Xc      =      00 Ω
          L       =     10 mH
          VT      =     30 V
          fr      =     4,77 kHz
          IT      =     1A

          3.5.1         Bereken die Q-faktor van die kring.                                           (3)

          3.5.2         Bereken die bandwydte van die kring.                                          (3)

          3.5.3         Bereken die spanningsval oor die induktor.                                    (3)

          3.5.4         Verduidelik waarom die spanning oor die induktor groter as die
                        waarde van die toevoerspanning is.                                            (2)
                                                                                                      [35]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            9                       DBE/November 2023
                                              NSS

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Verduidelik die volgende terme met verwysing na driefasestelsels:

          4.1.1        Rendement                                                               (2)

          4.1.2        Arbeidsfaktorverbetering                                                (2)

4.2       Noem TWEE voordele van arbeidsfaktorverbetering vir die verskaffer.                  (2)

4.3       Onderskei tussen kragtransmissie en kragverspreiding.                                (4)

4.4       'n Alternator verskaf krag aan 'n driefase- deltaverbinde las teen 400 V. Die
          uitsetdrywing is 5 kW met 'n arbeidsfaktor van 0,85.

          Gegee:

          VL      =    400 V
          P       =    5 kW
          af      =    0,85

          Bereken die:

          4.4.1        Lynstroom                                                               (3)

          4.4.2        Skyndrywing                                                             (3)

          4.4.3        Reaktiewe drywing                                                       (5)

          4.4.4        Teken 'n fasordiagram van die stelsel wat die korrekte
                       fasevolgorde van lynspannings en die hoek tussen spannings
                       aandui.                                                                 (5)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            10                         DBE/November 2023
                                              NSS

4.5       FIGUUR 4.5 hieronder toon die diagram van 'n analoog-wattmeter wat aan 'n
          fase van 'n driefase- sterverbinde stelsel gekoppel is. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                                           SKAAL

                                                              W
                                      A1   ISPOEL    A2
                     A
                                                    VSPOEL

             TOEVOER
                                                    RS
                                                                        LAS
                     B

                     C
                     D
                                 FIGUUR 4.5: ANALOOG-WATTMETER

          4.5.1        Noem TWEE metodes wat gebruik word om die totale drywing van
                       'n driefasestelsel te meet.                                                 (2)

          4.5.2        Benoem die terminale by A en B.                                             (2)

          4.5.3        Onderskei tussen 'n wattmeter en 'n kilowatt-uur-meter.                     (3)

4.6       Verduidelik wat 'n lesing van 0,9 op 'n arbeidsfaktormeter beteken met
          verwysing na die volgende:

          4.6.1        Die las                                                                     (1)

          4.6.2        Die toevoer                                                                 (1)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              11                        DBE/November 2023
                                                NSS

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Noem TWEE onderdele van die verkoelingstelsel in driefasetransformators.                (2)

5.2       Noem die tipe verlies wat die grootste bydrae tot hitte in driefase-
          transformators lewer.                                                                   (1)

5.3       Noem EEN toepassing van 'n ster-delta-transformator in 'n transmissie-
          netwerk.                                                                                (1)

5.4       Verklaar hoe werwelstroomverliese in transformators verminder word.                     (1)

5.5       Verduidelik waarom hitte in transformators verlore moet gaan.                           (2)

5.6       Noem die verkoelingsmetode wat vir baie groot transformators van etlike
          honderde MVA (megavolt-ampère) verkies word.                                            (1)

5.7       Noem die funksie van die Buchholz-relê in 'n transformator.                             (1)

5.8       'n 100 kVA driefase- delta-ster-transformator met 'n transformatorverhouding
          van 48 : 1 lewer krag aan 'n industriële las. Die primêre lynspanning is 11 kV
          en die totale verliese in die transformator word as 5 kW gegee. Die las werk
          teen 'n arbeidsfaktor van 0,9.

          Gegee:

          S            =    100 kVA
          TR           =    48 : 1
          VL1          =    11 000 V
          Verliese     =    5 kW
          af           =    0,9

          Bereken die:

          5.8.1        Primêre lynstroom                                                          (3)

          5.8.2        Sekondêre fasespanning                                                     (3)

          5.8.3        Aktiewe (ware) drywing                                                     (3)

          5.8.4        Teken 'n diagrammatiese voorstelling van die transformatorspoele.          (7)

          5.8.5        Bepaal of dit 'n verlagings- of verhogingstransformator is. Motiveer
                       jou antwoord.                                                              (2)

5.9       Verduidelik, met 'n rede, die verwantskap tussen spanning en stroom van 'n
          verlagingstransformator.                                                                (3)
                                                                                                  [30]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                   12                         DBE/November 2023
                                                     NSS

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS

6.1       Noem TWEE onderdele van 'n stator met verwysing na induksiemotors.                             (2)

6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon die naamplaat van 'n induksiemotor. Beantwoord
          die vrae wat volg.

                                       S/N                    MO85SA26Z
                                         V                      400 V
                                        IVL                       5A
                                         ƞ                       85%
                                         P                      2,5 kW
                                        ns
                                      n(vollas)               1 250 r/min
                                         f                       50 Hz
                                         p                         2
                                       glip
                                        FIGUUR 6.2: NAAMPLAAT

          6.2.1        Motiveer waarom hierdie naamplaat aan 'n driefasemotor behoort.                   (1)

          6.2.2        Identifiseer die rendement van die motor.                                         (1)

          6.2.3        Bereken die sinchrone spoed van die motor.                                        (3)

          6.2.4        Bereken die glip in r/min.                                                        (3)

6.3       Verduidelik hoe drywing in 'n driefase-induksiemotor vanaf die stator na die
          rotor oorgedra word.                                                                           (4)

6.4       FIGUUR 6.4 hieronder toon die spoed vs. wringkragkromme van 'n
          induksiemotor. Beantwoord die vrae wat volg.

                       Wringkrag
                         (Nm)    Geklemde
                                 rotor/Aansit-                        A
                         200%                      Optrek-
                                  wringkrag
                                                  wringkrag

                        100%

                                              Spoed (r/min)
                                                                            B   Nullas-
                                                                                spoed

                          FIGUUR 6.4: SPOED VS. WRINGKRAGKROMME

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            13                          DBE/November 2023
                                              NSS

          6.4.1        Skryf die byskrifte vir A en B in die ANTWOORDEBOEK neer.                  (2)

          6.4.2        Noem hoe die spoed en wringkrag van die motor in FIGUUR 6.4
                       beïnvloed word wanneer die las verby die vollaswaarde toeneem.             (2)

          6.4.3        Noem wanneer die motor wat in FIGUUR 6.4 verteenwoordig word,
                       sal ophou werk.                                                            (1)

6.5       FIGUUR 6.5 hieronder toon die beheerkring van 'n vorentoe-agtertoe-
          motoraansitter. Beantwoord die vrae wat volg.

                                 L

                                  OB
                                  N/T

                                STOP

                            AANSIT                AANSIT
                           VORENTOE          HK1 AGTERTOE            HK2
                                             N/O                     N/O

                                 HK2                 B   HK1
                            A
                                 N/T                     N/T

                              HK1                      HK2
                           VORENTOE                 AGTERTOE

                                 N
                       FIGUUR 6.5: VORENTOE-AGTERTOE-BEHEERKRING

          6.5.1        Noem die doel van kontakte A en B.                                         (1)

          6.5.2        Verduidelik die funksie van HK2N/O.                                        (2)

          6.5.3        Verduidelik hoe die werking van die kring beïnvloed sal word indien
                       HK1N/O foutief raak en permanent toe is.                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            14                        DBE/November 2023
                                              NSS

6.6       'n 5 kW driefase- deltaverbinde motor word aan 'n 400 V/50 Hz-toevoer
          gekoppel. Wanneer dit teen vollas werk, trek die motor 8,59 A vanaf die
          toevoer.

          Gegee:

          P       =      5 kW
          VL      =      400 V
          IL      =      8,59 A

          Bereken die volgende:

          6.6.1        Die fasestroom van die motor                                             (3)

          6.6.2        Die arbeidsfaktor van die motor                                          (4)

          6.6.3        Die uitsetdrywing indien die rendement van die motor 90% is              (3)
                                                                                                [35]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           15                         DBE/November 2023
                                             NSS

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Verduidelik die voordele van PLB-stelsels met verwysing na die volgende:

          7.1.1        Spasie                                                                   (2)

          7.1.2        Aanpasbaarheid                                                           (2)

7.2       FIGURE 7.2 hieronder toon die leerlogika van 'n logikahek. Beantwoord die
          vrae wat volg.

                                      A         B          Uitset

                                      FIGUUR 7.2: LEERLOGIKA

          7.2.1        Noem die logikahek wat deur FIGUUR 7.2 hierbo verteenwoordig
                       word.                                                                    (1)

          7.2.2        Teken die ekwivalente logikaheksimbool van FIGUUR 7.2 hierbo.            (3)

          7.2.3        FIGUUR 7.2.3 hieronder toon twee insettoestande van die kring in
                       FIGUUR 7.2. Voltooi die waarheidstabel in FIGUUR 7.2.3 deur
                       slegs die toestand van die uitset in die ANTWOORDEBOEK neer
                       te skryf.

                                       A             B        UITSET
                                       0             0          (W)
                                       0             1          (X)
                                      FIGUUR 7.2.3: WAARHEIDSTABEL                              (2)

7.3       Verwys na insette op 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

          7.3.1        Noem die tipe nabyheidsensor wat gebruik maak van 'n elektro-
                       statiese veld (e-veld) om nabyheid te bepaal.                            (1)

          7.3.2        Verduidelik die doel van 'n ligsensor in 'n geoutomatiseerde
                       motorhuisdeurstelsel.                                                    (2)

          7.3.3        Verduidelik hoe 'n temperatuursensor gebruik word om te voorkom
                       dat 'n mynboor breek.                                                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             16                         DBE/November 2023
                                               NSS

7.4       Verwys na die uitsette van 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

          7.4.1        Noem die funksie van 'n tydskakelaar in PLB-stelsels.                        (2)

          7.4.2        Verduidelik waarom kontaktors op die uitset van 'n PLB gebruik
                       word wanneer dit hoëstroom-driefaselaste beheer.                             (2)

7.5       Verwys na FIGUUR 7.5 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         L

                                      O/B

                             Stop-
                            knoppie

                         Aansit-                 HK/     HK/         HK/
                         knoppie                 NO1     NT          NO2

                                                          Lamp         Lamp
                                  HK                      (Rooi)      (Groen)

                        N

                                       FIGUUR 7.5: BEHEERKRING

          7.5.1        Teken die PLB-leerlogikadiagram wat dieselfde funksie in 'n PLB-
                       stelsel sal uitvoer.                                                         (9)

          7.5.2        Noem die toestande van die rooi en groen lampe nadat die
                       aansitknoppie gedruk en gelos word.                                          (2)

          7.5.3        Beskryf die funksie van die HK-kontaktor wat in serie met die
                       aansitdrukknoppie verbind is.                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            17                        DBE/November 2023
                                              NSS

7.6       FIGUUR 7.6 hieronder toon die basiese blokdiagram van 'n verstelbare
          spoedbeheerder. Beantwoord die vrae wat volg.

                                      Verstelbare Spoedbeheerder               D
                                      A          B            C

               Driefase-                            +
                toevoer                                                      Motor

                         FIGUUR 7.6: VERSTELBARE SPOEDBEHEERDER

          7.6.1        Noem die proses wat by C plaasvind om die uitset by D te lewer.       (1)

          7.6.2        Noem TWEE voorsorgmaatreëls wat by die toepassing van 'n
                       verstelbare spoedbeheerder (VSB) in ag geneem moet word.              (2)

          7.6.3        Verduidelik die werkbeginsel van die VSB.                             (4)
                                                                                             [40]

                                                                               TOTAAL:       200

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                                               DBE/November 2023
                                                                               NSS

                                                                          FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                                                           DRIEFASE-WS-OPWEKKING
                    os                                                               STER
            f                                                                              √

                f
                                                     f       f
  fr                                OF          fr                                   DELTA
                    √
           fr
                                    OF                   f       f

SERIE

                                                                                           √
                                                                                     DRYWING
                                                                                     S( skyn )     √

                                                                                      ( r)     √            Sin
                                OF
                                                                                           √           os

       √                (               )                                             os
                                                                                               S
       √                    (       -       )        OF                              RENDEMENT

 os                                         OF                       os                              00

                                                         √
                                                                                     TWEEWATTMETERMETODE

PARALLEL

                                                                                     tan       √ (            )

                                                                                     DRIEWATTMETERMETODE

       √                (       )

 os

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                      DBE/November 2023
                                      NSS

DRIEFASETRANSFORMATORS                DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                  STER
    √                                     √

DELTA                                 DELTA

      √                                      √

DRYWING                               DRYWING
S( skyn )     √                       S( skyn )        √

 ( r)     √         Sin                ( r)        √          Sin

      √           os                        √              os

 os                                         √              os
          S

                                       os
                                                   S

Draaiverhouding                       RENDEMENT
                                                   verliese
                          00                                        00
              verliese
                                                         00

                                      SPOED
                                             60 f
                                      ns
                                               p
                                                                ns nr
                                       er eenheid glip
                                                                  ns
                                                  ns nr
                                             lip            00
                                                    ns
                                      nr     ns (     glip)
                                       lip       ns nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology Nov 2023 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-digital-eng/4a107a27-0591-497e-b467-344367a396a8) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2023 (Electronics) Eng](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2023-electronics-eng/638455b8-55d9-4382-ac07-555358342bf4) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Power Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-power-afrikaans/f439f817-47a3-42b4-8762-e49f2c6ca1f2) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-afrikaans/f94a8c28-7fd6-4556-9263-d3c58461df27) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Digital Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-digital-afrikaans/70991b22-194b-42c5-a61f-97cf808eb68d) — Electrical Technology · QP · 2023 · Afr
- [ELEC TECH QP SEPT2023 Electronics English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-qp-sept2023-electronics-english/867c1cd7-df12-484d-93b7-8812de59d0db) — Electrical Technology · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
