# Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)

> Grade 12 Electrical Technology question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2024-power-systems-afr/5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Electrical Technology
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Electrical Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/electrical-technology) › [Electrical Technology Grade 12 November 2024 NSC QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-nov-2024-power-systems-afr/5f2b4850-fffb-4024-8f24-d74bd8677a25)

## About this document

Electrical Technology · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE: KRAGSTELSELS

                                NOVEMBER 2024

PUNTE: 200

TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye en 'n 2 bladsy-formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           2                        DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae.

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Sketse en diagramme moet groot, netjies en VOLLEDIG BENOEM wees.

4.        Toon ALLE berekeninge en rond antwoorde korrek tot TWEE desimale plekke
          af.

5.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

7.        Berekeninge moet die volgende insluit:

          7.1        Formules en manipulasies waar nodig

          7.2        Korrekte vervanging van waardes

          7.3        Korrekte antwoord en relevante eenhede waar van toepassing

8.        'n Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           3                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.15) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.16 D.          Nov

1.1       'n Rampspoedige gebeurtenis as gevolg van die gebruik van toerusting of
          masjinerie, of as gevolg van bedrywighede by 'n werkplek, staan as 'n ...
          bekend.

          A       geringe voorval
          B       ernstige voorval
          C       ongeluk
          D       risiko                                                                         (1)

1.2       Die impedansie in 'n RLC-seriekring is minimum wanneer die ...

          A      induktiewe reaktansie gelyk aan die kapasitiewe reaktansie is.
          B      induktiewe reaktansie groter as die kapasitiewe reaktansie is.
          C      kapasitiewe reaktansie groter as die induktiewe reaktansie is.
          D      weerstand maksimum is.                                                          (1)

1.3       In 'n suiwer kapasitiewe kring wat aan 'n WS-toevoer gekoppel is, …

          A      lei die spanning die stroom met 90°.
          B      lei die stroom die spanning met 90°.
          C      is die spanning en stroom in fase.
          D      lei die stroom die spanning met 180°.                                           (1)

1.4       Die kwaliteitsfaktor van 'n RLC-parallelkring is … aan die bandwydte (nie).

          A      omgekeerd eweredig
          B      direk eweredig
          C      gelyk
          D      nie verwant                                                                     (1)

1.5       … beweeg heen en weer tussen die toevoer, induktor of kapasitor en doen
          geen werk nie.

          A       Skyndrywing
          B       Reële drywing
          C       Reaktiewe drywing
          D       Ware drywing                                                                   (1)

1.6       Die doel van die neutrale geleier in 'n driefase-WS-stelsel is om …

          A       die hoogste spanning te dra.
          B       'n terugleibaan vir ongebalanseerde strome te bied.
          C       vir faseverskuiwing gebruik te word.
          D       stroom in 'n gebalanseerde stelsel te dra.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            4                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

1.7       Die doel van 'n arbeidsfaktormeter in 'n elektriese stelsel is om ...

          A       die energie te meet.
          B       die spanningsverskil tussen fases te meet.
          C       die harmonika van stroom te monitor.
          D       die faseverwantskap tussen spanning en stroom aan te dui.                            (1)

1.8       'n …-konfigurasie word baie as verlagingstransformators in verspreiding-
          stelsels gebruik waar 'n vierdraadstelsel benodig word.

          A       Ster-ster
          B       Ster-delta
          C       Delta-delta
          D       Delta-ster                                                                           (1)

1.9       Indien daar 'n aardfout in een van die fases van 'n driefasetransformator is,
          sal die verskil in spanning tussen fases die … aktiveer.

          A       Buchholtz-relê
          B       beperkte aardfoutrelê
          C       gebalanseerde aardfoutrelê
          D       bystandsaardfoutrelê                                                                 (1)

1.10      Wanneer 'n driefase-induksiemotor aan 'n driefase-WS-toevoer gekoppel is,
          word 'n roterende magneetveld in die … geskep.

          A       rotor
          B       stator
          C       anker
          D       kommutator                                                                           (1)

1.11      In 'n driefase- vorentoe-en-agtertoe-motoraansitterbeheerkring voorkom die
          …-kontakte van elke kontaktor dat die vorentoe- en agtertoe-kontaktors op
          dieselfde tyd bekrag word.

          A       N/O
          B       grendel
          C       inhou
          D       N/T-grendel                                                                          (1)

1.12      In 'n outomatiese sekwensiële aansitterbeheerkring, word die aansitknoppie
          van motor 2 deur 'n … vervang om die tweede kontaktor na 'n voorafbepaalde
          tyd te bekrag.

          A       N/O-kontak van 'n AAN-vertragingtydskakelaar
          B       N/T-kontak van 'n AAN-vertragingtydskakelaar
          C       N/O-inhoukontak van HK1.
          D       N/T-grendelkontak van HK2.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels           5                           DBE/November 2024
                                         NSS Vertroulik

1.13      'n Leerlogikadiagram in PLB-sagteware word van … uitgevoer.

          A       regs na links en bo na onder
          B       links na regs en bo na onder
          C       links na regs en onder na bo
          D       regs na links en onder na bo                                                     (1)

1.14      'n Toestel wat gebruik word om 'n vertraging in die werking van 'n PLB se
          program te verskaf, staan as 'n ... bekend.

          A       transistor
          B       relê
          C       kontaktor
          D       tydskakelaar                                                                     (1)

1.15      Gedurende die proses van regeneratiewe remming word 'n remweerstand in
          die kring gekoppel om …

          A       die laaitempo van die kapasitors te verminder.
          B       die laai van die kapasitors te voorkom.
          C       van die oortollige regeneratiewe energie ontslae te raak.
          D       die toevoer na die motor te verminder.                                           (1)
                                                                                                   [15]

VRAAG 2: BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID

2.1       Definieer die term werkplek met verwysing na die Wet op Beroepsgesondheid
          en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993).                                                   (2)

2.2       Noem TWEE menseregte in die werkplek.                                                    (2)

2.3       Verduidelik waarom swak ventilasie 'n onveilige toestand in 'n werkswinkel is.           (2)

2.4       Noem TWEE tipes viktimisasie deur 'n werkgewer wat verbied word.                         (2)

2.5       Verduidelik waarom 'n persoon nie moet inmeng/peuter met toerusting in die
          werkswinkel wat vir veiligheid verskaf is nie.                                           (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels              6                          DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

VRAAG 3: RLC-KRINGE

3.1       Verduidelik die volgende terme met verwysing na RLC-kringe:

          3.1.1        Induktiewe reaktansie                                                       (2)

          3.1.2        Bandwydte                                                                   (2)

3.2       FIGUUR 3.2 hieronder toon 'n RLC-seriekring met 'n verstelbare frekwensie-
          toevoer. Beantwoord die vrae wat volg.

                                      R       XL = 150       XC = 113,6

                                             VL = 3,45 V      VC = 2,61 V

                                               2,5 V/50 Hz

                                      FIGUUR 3.2: RLC-SERIEKRING

          Gegee:

          XL           = 150 Ω
          XC           = 113,6 Ω
          VT           = 2,5 V
          VL           = 3,45 V
          VC           = 2,61 V

          3.2.1        Noem of die kring verteenwoordig in FIGUUR 3.2 'n voorlopende of
                       nalopende drywingsfaktor het.                                               (1)

          3.2.2        Bereken die stroomvloei deur die induktor.                                  (3)

          3.2.3        Bereken die waarde van die induktor.                                        (3)

          3.2.4        Bereken die waarde van weerstand R indien die impedansie
                       Z = 106,42 Ω is.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             7                                     DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

          3.2.5        Voltooi die fasordiagram in FIGUUR 3.2.5 hieronder in jou
                       ANTWOORDEBOEK.

                                                            IT         VR

                                           FIGUUR 3.2.5: FASORDIAGRAM                                          (4)

          3.2.6        Nadat die frekwensie verlaag is, het die stroom effens toegeneem.
                       Verduidelik waarom dit gebeur het.                                                      (3)

3.3       FIGUUR 3.3 hieronder toon 'n RLC-parallelkring en sy impedansie vs.
          frekwensiekromme. Beantwoord die vrae wat volg.

                                      IT        IR                IL               IC
                                                                                 9,2 A
                       230 V                      R                    XL
                       50 Hz                                                          C
                                                 60 Ω                 25 Ω

                                 Z

                                               f1     fr         f2          f (Hz)

                  FIGUUR 3.3: RLC-PARALLELKRING EN FREKWENSIEKROMME

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            8                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

          Gegee:

          VT      =    230 V
          IC      =    9,2 A
          R       =    60 Ω
          XL      =    25 Ω
          f       =    50 Hz

          3.3.1        Bereken die stroomvloei deur die weerstand.                                 (3)

          3.3.2        Bereken die kapasitiewe reaktansie.                                         (3)

          3.3.3        Bepaal die totale stroomvloei. Gee 'n rede vir jou antwoord.                (2)

          3.3.4        Bereken die Q-faktor van die kring.                                         (3)

          3.3.5        Bereken die bandwydte van die kring.                                        (3)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            9                           DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 4: DRIEFASE-WS-OPWEKKING

4.1       Noem TWEE voordele van driefasestelsels.                                                (2)

4.2       Verwys na die opwekking van elektrisiteit by kragstasies in Suid-Afrika en
          beantwoord die volgende vrae:

          4.2.1        Noem die spanning EN frekwensie waarteen elektrisiteit in
                       Suid-Afrika opgewek word.                                                  (2)

          4.2.2        Noem TWEE energiebronne, behalwe steenkool,                wat    vir
                       elektrisiteitsopwekking in Suid-Afrika gebruik word.                       (2)

          4.2.3        Verduidelik die transmissieproses met verwysing na spannings in
                       die nasionale netwerk.                                                     (3)

4.3       FIGUUR 4.3 hieronder toon die spoelkoppeling in 'n gebalanseerde driefase-
          kragopwekker. Beantwoord die vrae wat volg.

                                                             L1

                                                             N

                                                             L2

                                                             L3

                              FIGUUR 4.3: DRIEFASE-KRAGOPWEKKER

          4.3.1        Identifiseer die konfigurasie van die spoele in FIGUUR 4.3 hierbo.         (1)

          4.3.2        Teken die spanningsgolfvorms van 'n driefase-WS-kragopwekker.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             10                       DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

4.4       FIGUUR 4.4 hieronder toon 'n gebalanseerde driefaselas wat deur 'n
          driefase-alternator bekrag word. Die alternator verskaf 'n lynspanning van
          400 V aan die las met 'n arbeidsfaktor van 0,85. Die skyndrywing van die
          stelsel is 14 kVA. Beantwoord die vrae wat volg.

                      Alternator            S = 14 kVA               LAS
                                           L1
                                                 IL                          IF

                             N
                                          VL= 400 V
                                                                    ZF

                                           L2
                                           L3
                                                                af = 0,85

                                      FIGUUR 4.4: DRIEFASESTELSEL

          Gegee:

          VL      =    400 V
          S       =    14 kVA
          af      =    0,85

          Bereken die:

          4.4.1        Aktiewe drywing                                                          (3)

          4.4.2        Lynstroom                                                                (3)

          4.4.3        Fasestroom                                                               (3)

          4.4.4        Fase-impedansie                                                          (3)

          4.4.5        Fasehoek                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               11                     DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

4.5       FIGUUR 4.5 hieronder toon hoe 'n driefasetoevoer aan 'n driefaselas
          gekoppel is.

                                        L1

                            TOEVOER
                                        L2
                                                                        LAS
                                        L3

                                      FIGUUR 4.5: DRIEFASESTELSEL

          4.5.1        Noem     EEN      metode,     behalwe    kapasitors,      wat      vir
                       arbeidsfaktorverbetering gebruik word.                                      (1)

          4.5.2        Teken FIGUUR 4.5 hierbo oor en toon hoe 'n driefase-arbeids-
                       faktorverbetering-kapasitorbank aan hierdie stelsel gekoppel sal
                       word.                                                                       (3)

          4.5.3        Noem die wattmetermetode wat verkieslik gebruik sal word om die
                       totale drywing van die las te meet. Motiveer jou antwoord.                  (2)
                                                                                                   [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels            12                            DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

VRAAG 5: DRIEFASETRANSFORMATORS

5.1       Verduidelik die funksie van transformators met verwysing na spanning en
          stroom.                                                                                   (2)

5.2       Beskryf kortliks die beginsel waarop 'n transformator werk.                               (2)

5.3       Verwys na FIGUUR 5.3 hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                Wikkelinge

                                                                      Kern

                           FIGUUR 5.3: DRIEFASETRANSFORMATOR

          5.3.1        Identifiseer die tipe kernkonstruksie in FIGUUR 5.3 hierbo.                  (1)

          5.3.2        Verduidelik die doel van die gelamineerde ysterkern in 'n
                       transformator.                                                               (2)

          5.3.3        Vergelyk die konstruksie van 'n driefasetransformator             met
                       verwysing na 'n kern-tipe en 'n dop-tipe transformator.                      (2)

          5.3.4        Beskryf hoe histereseverliese in die ysterkern van 'n transformator
                       voorkom.                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             13                  DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

5.4      FIGUUR 5.4 hieronder toon 'n 200 kVA-driefasetransformator. Die primêre
         lynspanning is 6 kV en die sekondêre lynspanning is 380 V met 80 draaie aan
         die sekondêre kant.

                                            N1        N2 = 80

                   VL1 = 6 kV
                                                                   VL 2 = 380 V

                                                                         N

                          FIGUUR 5.4: DRIEFASETRANSFORMATOR

         Gegee:

         S               = 200 kVA
         VL1             = 6 kV
         VL2             = 380 V
         N2              = 80

         Bereken die volgende:

         5.4.1           Sekondêre fasespanning                                              (3)

         5.4.2           Getal primêre draaie                                                (3)

         5.4.3           Draaiverhouding                                                     (3)

         5.4.4           Toevoerstroom teen vollas                                           (3)

5.5       Noem TWEE algemene defekte wat waarskynlik as gevolg van oorbelading in
          transformators plaasvind.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               14                    DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

5.6       FIGUUR 5.6 hieronder toon die skematiese diagram van 'n transformator.
          Beantwoord die vrae wat volg.

                                         A

                          Buchholz-
                            relê                                        Asemhaler

                                                                    Verkoelings-
                                                                       buise
                                                                    Kabelentkas

                                      FIGUUR 5.6: TRANSFORMATOR

          5.6.1        Identifiseer komponent A in FIGUUR 5.6 hierbo.                          (1)

          5.6.2        Noem EEN funksie van die diëlektriese olie in 'n transformator
                       behalwe dat dit isolasie tussen die windinge en raamwerk bied.          (1)

          5.6.3        Beskryf kortliks die funksie van die Buchholtz-relê in 'n olie-
                       gedompelde transformator.                                               (2)
                                                                                               [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             15                        DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 6: DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
6.1       Noem TWEE tipiese toepassings (gebruike) van 'n driefase-induksiemotor in
          'n werkswinkel.                                                                         (2)
6.2       FIGUUR 6.2 hieronder toon die terminaalkas van 'n driefase-induksiemotor en
          'n isolasieweerstandstoetser wat 'n lesing van 100 kΩ aandui. Beantwoord die
          vrae wat volg.

                  U1            V1         W1

                                                            E

                                                                     100 k
                  W2            U2         V2
                                                                Isolasieweerstands-
                                                                       toetser

                                  FIGUUR 6.2: TERMINAALKAS
          6.2.1        Noem waarom hierdie motor NIE veilig vir gebruik is NIE.                   (1)
          6.2.2        Verduidelik die gevaar van die fout in FIGUUR 6.2 hierbo wanneer
                       die krag na die motor aangeskakel word.                                    (1)
          6.2.3        Teken die terminaalpunte van die spoele in jou ANTWOORDEBOEK
                       oor en dui aan hoe jy die verbindingsplate sal plaas om hierdie
                       motor in delta te koppel.                                                  (3)
6.3       'n Driefase-induksiemotor met ses pole word aan 'n 400 V/50 Hz-toevoer
          gekoppel. Die motor ondergaan 6%-glip by vollas.
          Gegee:
          f    = 50 Hz
          VL   = 400 V
          Glip = 6%
          Bereken die:
          6.3.1        Poolpare per fase                                                          (3)
          6.3.2        Sinchrone spoed                                                            (3)
          6.3.3        Rotorspoed                                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                16                       DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

6.4       FIGUUR 6.4 hieronder toon die beheerkring van 'n outomatiese ster-delta-
          motoraansitter met kontaktor T op 5 sekondes gestel. Beantwoord die vrae
          wat volg.

                  L1

                        O/B
                        N/T

                         Stop

                       Aansit           HK1
                                        N/O

                                                                     T              T
                                                                    N/T            N/O

                                                                    HK3         HK2
                                                                    N/T         N/T

                       HK1              T                 HK2         HK3

                   N
               FIGUUR 6.4: OUTOMATIESE STER-DELTA-BEHEERKRING

          6.4.1          Noem die funksie van HK1N/O.                                               (1)

          6.4.2          Verduidelik die funksie van kontaktor T.                                   (2)

          6.4.3          Verduidelik waarom dit veilig is om aan te neem dat HK2 die
                         kontaktor sal wees wat die motorspoele in die hoofkring in ster sal
                         koppel.                                                                    (2)

          6.4.4          Beskryf die werking van die kring 5 sekondes nadat die aansitknop
                         gedruk word.                                                               (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels             17                     DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

6.5       Die naamplaat van 'n driefase-induksiemotor dui aan dat dit in staat is om 'n
          30 kW meganiese las aan te dryf wanneer dit aan 'n 400 V-toevoer gekoppel
          is. Die motor het 'n arbeidsfaktor van 0,87. Die totale verliese is as 5 kW
          bepaal.

          Gegee:

          PUIT         = 30 kW
          VL           = 400 V
          af           = 0,87
          verliese     = 5 kW

          Bereken die:

          6.5.1        Rendement                                                               (3)

          6.5.2        Lynstroom                                                               (3)

          6.5.3        Reaktiewe drywing                                                       (5)
                                                                                               [35]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels               18                      DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

VRAAG 7: PROGRAMMEERBARE LOGIKABEHEERDERS (PLB's)

7.1       Verwys na die geprogrammeerde aftastingsiklus van 'n PLB en beantwoord
          die vrae wat volg.

          7.1.1        Noem die TWEE stappe, behalwe die prosesaftasting, van 'n
                       geprogrammeerde aftastingsiklus.                                          (2)

          7.1.2        Verduidelik die prosesaftasting.                                          (3)

7.2       Verwys na FIGUUR 7.2 hieronder van die simbool van 'n logikahek en
          beantwoord die vrae wat volg.

                                        A
                                                                 X
                                        B

                                      FIGUUR 7.2: LOGIKAHEK

          7.2.1        Identifiseer die logikahek in FIGUUR 7.2 hierbo.                          (1)

          7.2.2        Teken die leerlogika van hierdie logikahek.                               (3)

          7.2.3        Voltooi die waarheidstabel in FIGUUR 7.2.3 hieronder deur slegs
                       die toestand van die uitset in jou ANTWOORDEBOEK neer te
                       skryf.

                                      A              B        UITSET
                                      0              0          (W)
                                      0              1          (X)
                                      1              0          (Y)
                                      1              1           (Z)
                                      FIGUUR 7.2.3: WAARHEIDSTABEL                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                19                    DBE/November 2024
                                              NSS Vertroulik

7.3       Verwys na insette op 'n PLB en beantwoord die vrae wat volg.

          7.3.1        Noem TWEE kategorieë van insettoestelle.                                 (2)

          7.3.2        Noem TWEE toepassings (gebruike) van 'n vlaksensor.                      (2)

          7.3.3        Onderskei tussen die toepassing van 'n induktiewe nabyheidsensor
                       en 'n kapasitiewe nabyheidsensor.                                        (4)

7.4       FIGUUR 7.4 hieronder toon die relêdiagram van 'n vorentoe-agtertoe-
          motoraansitter. Teken en voltooi die PLB-leerlogikadiagram in FIGUUR 7.4.1
          in jou ANTWOORDEBOEK wat dieselfde funksie in 'n PLB-stelsel sal uitvoer.

                                        L
                                        O/B
                                        N/T

                                 STOP

                              AANSIT                   AANSIT
                             VORENTOE                AGTERTOE
                                                   HK1            HK2
                                                   N/O            N/O
                                      HK2                  HK1
                                      N/T                  N/T
                              HK1                      HK2
                           VORENTOE                AGTERTOE

                                        N

                      FIGUUR 7.4: VORENTOE-AGTERTOE-BEHEERKRING                                 (8)

                     O/B         STOP

                            FIGUUR 7.4.1: PLB-LEERLOGIKADIAGRAM

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                    20                           DBE/November 2024
                                                  NSS Vertroulik

7.5       FIGUUR 7.5 hieronder toon 'n verstelbare-spoedbeheerder(VSB)-kring.
          Bestudeer die kring en beantwoord die vrae wat volg.

                                                            1           2            3
                                                            1
                                                            2
                                                            3
                                              Verstelbare
                                      +          spoed-                                          Motor
      A                                        beheerder-
                                                  kring     4
                                                            5
                                                            6
                                                            4           5            6

                      B                   C                         GS-na-WS-omkeerder
                                                                   GS-na-WS-mkeerder

                FIGUUR 7.5: VERSTELBARE-SPOEDBEHEERDER(VSB)-KRING

          7.5.1        Benoem blokke A, B en C.                                                         (3)

          7.5.2        Noem TWEE tipes motors wat saam met 'n VSB gebruik word.                         (2)

          7.5.3        Verduidelik die funksie van die GS-na-WS-omkeerder.                              (3)

          7.5.4        Verduidelik pulswydte-modulasie (PWM) wanneer daar na VSB
                       verwys word.                                                                     (3)
                                                                                                        [40]

                                                                                         TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou

### Page 21

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                                DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

                                             FORMULEBLAD
RLC-KRINGE                                               DRIEFASE-WS-OPWEKKING
P = V I Cos θ                                            STER
XL = 2πfL                                                VL = √3 VF
        1                                                VF = IF ZF
XC =
      2πfC                                               IL = IF
          1                        f1 + f2
  fr =                OF    fr =                         DELTA
       2π√LC                         2
       fr
BW =                  OF    BW = f2 - f1                 VL = VF
        Q
SERIE                                                    VF = IF ZF

VR = IR                                                  IL = √3 IF
VL = IXL                                                 DRYWING
VC = IXC                                                 S(Pskyn ) = √3 VL IL

       VT                                                Q(Pr ) = √3 VL IL Sin θ
IT =               OF       IT = IR = IC = IL
       Z                                                 P = √3 VL IL Cos θ
      2                                                          P
Z = √R + (XL - XC )2                                     Cos θ =
                                                                 S
VT = √VR 2 + (VL - VC )2        OF       VT = IZ         RENDEMENT
            R                                   VR            PUIT
Cos θ =                    OF           Cos θ =          η=        × 100
            Z                                   VT            PIN
       XL XC VL VC 1    L
Q=       =   =   =  = √
       R   R   VT VT R C                                 TWEEWATTMETERMETODE

PARALLEL                                                 PT = P1 + P2
VT = VR = VC = VL
                                                                      P1 - P2
     VT                                                  tan θ = √3 (         )
IR =                                                                  P1 + P2
      R
     VT
IC =                                                     DRIEWATTMETERMETODE
     XC
     VT
IL =                                                     PT = P1 + P2 + P3
     XL

IT = √I2R + (IL - IC )2
       VT
Z=
       IT
            IR
Cos θ =
            IT
       R   R
Q=       =
       XL XC

Kopiereg voorbehou

### Page 22

Elektriese Tegnologie: Kragstelsels                                          DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

DRIEFASETRANSFORMATORS                     DRIEFASEMOTORS EN -AANSITTERS
STER                                       STER
VL = √3 VF                                 VL = √3 VF
IL = IF                                    IL = IF

DELTA                                      DELTA
VL = VF                                    VL = VF
IL = √3 IF                                 IL = √3 IF

DRYWING                                    DRYWING
S(Pskyn ) = √3 VL IL                       S(Pskyn ) = √3 VL IL

Q(Pr ) = √3 VL IL Sin θ                    Q(Pr ) = √3 VL IL Sin θ

P = √3 VL IL Cos θ                         P = √3 VL IL Cos θ
       P
Cos θ =                                    P = √3 VL IL Cos θ η
       S
VF(1) N1 IF(2)                                         P
     =   =                                 Cos θ =
VF(2) N2 IF(1)                                         S
                           N1
Draaiverhouding: TR =                      RENDEMENT
                           N2
                                              PIN - verliese
                                           η=                × 100
                                                    PIN
                                                    PUIT
                                           η=                  × 100
                                              PUIT + verliese
                                              PUIT
                                           η=       × 100
                                              PIN

                                           SPOED
                                                            pole per fase
                                           (poolpare) p=
                                                                  2
                                                  60 × f
                                           ns =
                                                    p
                                                                  ns - n r
                                           Per eenheid glip =
                                                                    ns
                                                     ns - nr
                                           % glip =          × 100
                                                        ns
                                           nr = ns (1 - % glip)
                                           Glip = ns - nr

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Electrical Technology May-June 2024 (Power Systems) Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/0d8d71f4-5725-40ea-9e29-a19e1c8a7867) — Electrical Technology · QP · 2024 · Eng
- [Electrical Technology May-June 2024 (Digital) Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2024-nsc-june-exam-question-paper-english/2b227e9b-0513-468e-8b1a-d4df808071cd) — Electrical Technology · QP · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-afrikaans/1a395c97-b838-42e6-9bd6-30a85a714b11) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Afr
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Power Systems English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-power-systems-english/bea78337-b137-406a-9b4a-c6e631a84c9d) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Electronics English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-electronics-english/c80784c8-a9c8-49f8-b740-a29558fe2de9) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Eng
- [ELEC TECH GR12 MEMO SEPT2024 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-gr12-memo-sept2024-digital-english/cb603860-b00d-40c2-a36b-aa5e97b7d1e5) — Electrical Technology · Memo · 2024 · Eng

## More from Grade 12 Electrical Technology

- [Gr 12 Dig Elec ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-dig-elec-atp-2023-24/8d3b2ee7-1d14-498d-a86b-d9fc34674531) — ATP
- [ELECTRIC TECH (Digital) MEMO GR12 SEPT 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/electric-tech-digital-memo-gr12-sept-2025-eng-watermark/0a867070-2654-43cf-8e48-5037555e0c3d) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology P1 (Electronics) (English) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/electrical-technology-p1-electronics-english-june-2025-possible-answers/4302563e-89b7-4f54-8a21-63b2020e985f) — Memo · 2025 · Eng
- [Electrical Technology Nov 2025 (Digital) MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-electrical-technology-2025-nsc-november-exam-memorandum/3b862a0c-6a87-4296-b5b6-09b072c7d1e9) — Memo · 2025 · Afr
- [ELEC TECH MEMO SEPT2023 Digital English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-memo-sept2023-digital-english/1d2b04e7-c486-4f4e-9494-b0ccbcaf2ebb) — Memo · 2023 · Eng
- [ELEC TECH MEMO SEPT2023 Electronics English](https://www.hlayiso.com/library/elec-tech-memo-sept2023-electronics-english/5630ca3e-e352-4f96-81d0-64ec0103c0e9) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
