# Engineering Graphics and Design Grade 12 2021 Guideline

> Grade 12 Engineering Graphics and Design exam guideline from the Engineering Graphics And Design 2021 (Afrikaans). Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/engineering-graphics-design-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/122367fa-f95a-4bf2-bbaa-7e87f7bd6da3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Engineering Graphics and Design
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Engineering Graphics And Design
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Engineering Graphics and Design](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/engineering-graphic-and-design) › [Engineering Graphics and Design Grade 12 2021 Guideline](https://www.hlayiso.com/library/engineering-graphics-design-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/122367fa-f95a-4bf2-bbaa-7e87f7bd6da3)

## About this document

Engineering Graphic And Design · Grade 12 · Engineering Graphics and Design · 2021. Exam guideline, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                2                                     DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

INHOUDSOPGAWE
                                                                                  Bladsy

1.   INLEIDING                                                                      3

2.   ASSESSERING IN GRAAD 12
     2.1 Formaat en samestelling van die Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle         4
     2.2 Algemene instruksies van Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle                4
     2.3 Gewigtoekenning van die kognitiewe vlakke vir die gekombineerde totale
         van die Graad 12 IGO-NSS-eksamen                                           4

3.   UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12-IGO-NSS                                5

4.   SLOT                                                                           10

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                 3                                     DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

1.      INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Ingenieursgrafika en -ontwerp
beskryf die aard en doel van die vak Ingenieursgrafika en -ontwerp. Dit gee leiding aan die
filosofie wat die basis is van die onderrig en assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die
     graad 12 Nasionale Seniorsertifikaat(NSS)-eksamen in Ingenieursgrafika en -ontwerp
     geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op
geen vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA), praktiese assesseringstake (PAT'e) of finale
eksterne praktiese eksamens nie aangesien dit in 'n aparte PAT-dokument is, wat jaarliks
bygewerk word.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleids-verklaring
     (KABV): Ingenieursgrafika en -ontwerp
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
     Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                   4                                    DBE/2021
                                          Eksamenriglyne

2.        ASSESSERING IN GRAAD 12

          2.1   Formaat en samestelling van die Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle

                 VRAESTEL 1: SIVIEL                      VRAESTEL 2: MEGANIES
                          (3 uur)                                  (3 uur)
        In eerstehoekse ortografiese projeksie     In derdehoekse ortografiese projeksie
     V1    Siviel-analities                ±15% V1    Meganies-analities             ±15%
     V2    Vaste liggame                   ±20% V2    Lokus van 'n nok               ±20%
           EN/OF                                      EN/OF
           Deurdringing en                            Lokus van 'n punt(e) van
           ontwikkeling                               'n meganisme
     V3    2-puntperspektieftekening       ±20% V3    Isometriese tekening           ±20%
     V4    Siviele werkstekening wat       ±45% V4         Meganiese samestelling         ±45%
           elektriese toebehore insluit
     Totale puntetoekenning                 200    Totale puntetoekenning                  200
     Totale NSS-bydrae                      100    Totale NSS-bydrae                       100

          2.2   Algemene instruksies vir beide Graad 12-IGO-NSS-eksamenvraestelle
                    Die vraestel bestaan uit VIER vrae.
                    Beantwoord AL die vrae.
                    ALLE tekene is in eerstehoekse ortografiese projeksie vir VRAESTEL 1 en
                     derdehoekse ortografiese projeksie vir VRAESTEL 2, tensy anders
                     aangedui.
                    ALLE tekene moet met potlood en instrumente voltooi word, tensy anders
                     aangedui.
                    ALLE antwoorde moet akkuraat en netjies geteken word.
                    AL die vrae moet, soos voorgeskryf, op die VRAESTEL beantwoord word.
                    AL die bladsye moet weer in nommervolgorde in SLEGS die BOONSTE
                     LINKERKANTSTE HOEK vasgekram word, ongeag of die vraag
                     beantwoord is of nie.
                    Tydsbestuur is noodsaaklik om al die vrae te voltooi.
                    Drukskryf jou eksamennommer in die blokkie wat op elke bladsy verskaf is.
                    Enige besonderhede of afmetings wat nie gegee is nie, moet in goeie
                     verhouding veronderstel word.

                LET WEL:
                Alhoewel dit nie as 'n algemene instruksie ingesluit is nie, is bykomende
                uitlegbeplanning noodsaaklik vir tekeninge, bv. deurdringings- en ontwikkelinge,
                vaste liggame, meganiese samestellings, waar 'n verwysings-/beginpunt of posisie
                nie gegee word nie.

          2.3   Gewigtoekenning van die kognitiewe vlakke vir die gekombineerde totale
                van Graad 12

                 Toepassing van Bloom se Taksonomie
                  Kognitiewe vlak                                         Gewigstoekenning
                  Laer orde (Begrip/Verstaan en onthou)                        ±30%
                  Middel-orde (Analisering en toepassing)                      ±40%
                  Hoër orde (Skep en evalueer)                                 ±30%

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                     5                                      DBE/2021
                                            Eksamenriglyne

3.       UITBREIDING VAN DIE IGO EKSAMINEERBARE INHOUD VIR GRAAD 12
         Onderwysers word aangeraai om spesifiek aandag te gee aan die aantekeninge aan die
         einde van elke afdeling van die voorgeskrewe inhoud om die gehalte van hulle
         slaagsyfers te verbeter.
             Soos voorgeskryf op bladsy 12 en 13 van die IGO-KABV-dokument, bly die
              inhoud van die volgende onderwerpe op alle Graad 12-onderwerpe van
              toepassing:
     Van toepassing op ALLE vrae in beide vraestelle
          ONDERWERP                              VOORGESKREWE INHOUD
     Algemene teken-          Relevante lyntipes, soos in die SANS (SABS) 10111 en 10143
     beginsels                 Riglyne vervat
     relevant vir alle tipes
     tekeninge                IGO-RIGLYNE vir POTLOOD-LYNWERK:
                              LET WEL: 'n 0,3/0,5-drukpotlood met 'n 2H-, 3H- of 4H-lood
                              behoort gebruik te word.
                               A-tipe lyn (donkerste lyn): Raam en titel-/naamblok/-
                                  paneel; buitelyne en sigbare dele; antwoorde van, bv.
                                  lokusse, projeksiesimbool, tabelle
                               B-tipe lyn (medium lyn): Alle skryfwerk en nommering,
                                  afmetings, projeksievlakke, hulpaansigte, arsering,
                                  skroefdraad, voulyne, breeklyne, vaste liggaamsnyvlakke
                               C-tipe lyn (ligste lyn): Konstruksies, beplanning, projeksies,
                                  gidslyne (vir skryfwerk)
                               Medium hartlyn (B-tipe): Middelpunte van sirkels en boë;
                                  senterlyne (middelasse), snyvlakke, meganiese tekening
                                  snitte/snyvlakke, samestellings-diagramme; bou-/grenslyne
                                  (serwitute)
                               Donker hartlyn (A-tipe): Riool; waterpype; dreinering;
                                  dienste; besproeiingstelsels
                               Kort gebroke lyn (B-tipe): Verborge besonderhede; items
                                  wat op siviele tekene verwyder moet word
                               Medium dubbel-streep hartlyn (B-tipe): Buitelyne van
                                  aangrensende komponente/objekte; alternatiewe en
                                  buitengewone posisies van beweegbare
                                  komponente/onderdele
                                 Algemene skryfwerk- en aantekening-vereistes, soos vervat
                                    in die SANS (SABS) 0111 en 0143 Riglyne
                                 Algemene afmetingvereistes, soos vervat in die SANS (SABS)
                                    0111 en 0143-riglyne
     Vryhandtekeninge           Die basiese handbewegings wat nodig is om proporsionele enkel-,
                                multi-aansig en prenttekeninge op gewone papier en/of geruite
                                ('grid') blaaie te teken
     Skale                       Oefen en pas verskillende skale toe, bv. 1 : 1, 5 : 1, 2 : 1,
                                    1 : 2, 1 : 25 1 : 50, 1 : 75, 1 : 100 ens.
                                 Die toepassing van enige skaal op alle tipes tekeninge
     Geometriese                 Oefen en pas die volgende konstruksies toe: verdeling van
     konstruksie                    lyne en hoeke, loodregte lyne, hoeke, verdeling van 'n lynstuk,
                                    sirkelverdelings, binnerondings, ens.
                                 Konstrueer reëlmatige veelhoeke met 3, 4, 5, 6 en 8 kante
                                 Konstruksie van 'n Ellips
     Beskrywende                 Ortografiese aansigte van punte, lynstukke en vlakfigure
     meetkunde                      wat loodreg, hellend of skuins tot die projeksievlakke is
                                 Die ware lengte van die lynstukke

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                  6                                    DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

           VRAESTEL 1-onderwerpe en voorgeskrewe inhoud
     VRAAG 1: ±15% (±30 punte)
     EN
     VRAAG 4: ±45% (±90 punte)
          ONDERWERP                                  VOORGESKREWE INHOUD
     Siviele tekeninge           Beperk tot enkelverdiepingwonings/-geboue, eerstehoekse
                                 ortografiese werkstekeninge met gedetailleerde vloerplanne,
                                 volledige gedetailleerde aansigte en deursnee-aansigte wat die
                                 besonderhede vanaf die fondasie tot die dak toon.
                                 Sluit die volgende in:
                                  Aantekeninge (notas), byskrifte, afmetings, skale
                                  Relevante afkortings, tekensimbole, grafiese simbole en
                                    voorstellings
                                  Op ALLE relevante aansigte: besonderhede van spits- en
                                    platdakke (dakkappe, kaplatte, dakdekking, fassieborde,
                                    windvere, muurplaat, plafonne, ens.), geute,
                                    reënwaterafvoerpype en rioolputte, loodgieterswerk en
                                    dreineringsbesonderhede, elektriese toebehore (installasies)
                                    en bedradingsdiagramme, sowel as al die ander kenmerke en
                                    toebehore wat in Graad 10 en 11 behandel is
                                  Arseringsbesonderhede en die toepassing van kleure
                                  Formaat en inhoud van werkstekening-titelpanele
                                  Gedetailleerde terreinplanne wat alle relevante kenmerke en
                                    afmetings, elektriese-, loodgieter- en rioleringbesonderhede
                                    ingesluit, sowel as alle natuurlike kenmerke ens., toon
                                  Berekening van omtrekke en oppervlaktes
                                  Die noordpunt op alle relevante tekeninge
                                 LET WEL:
                                  ALLE aspekte van alle tekeninge moet aan die riglyne,
                                    tekensimbole, grafiese simbole en voorstellings vervat in
                                    SANS 10143 voldoen.
                                    ALLE kenmerke moet dus, waar van toepassing, as simbole
                                    geteken word en, waar afmetings gegee word of waar relevant,
                                    volgens skaal wees. Kenmerke mag slegs in vryhand geteken
                                    word as so 'n instruksie gegee word.
                                  ALLE, en slegs onderbou-arsering moet netjies vryhand
                                    gedoen word.
     LET WEL:
      VRAAG 1 kan ander inhoud van die siviele tekening insluit wat nie betrekking het op die
       tekening vir die spesifieke vraag nie.
      Alhoewel die primêre fokus van VRAAG 1 op die voorgeskrewe inhoud van siviele
       tekeninge sal wees, kan aspekte van ander VRAESTEL 1 onderwerpe ook ingesluit word.
      VRAAG 4 kan ÓF slegs EEN multi-aansig vraag wees ÓF dit kan in meer as EEN vraag
       onderverdeel word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                  7                                     DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

      VRAESTEL 1 vervolg
     VRAAG 2: ±20% (±40 punte)
       ONDERWERP                                VOORGESKREWE INHOUD
     Vaste meetkunde Eerstehoekse ortografiese aansigte van vaste liggame of 'n
                         kombinasie van vaste liggame, wat vaste liggame met gate insluit.
                         Die vaste liggame en vorm van die gate kan óf regte reëlmatige
                         prismas óf piramides, met slegs 3, 4, 5, 6 en 8 sye, sowel as regte-
                         reëlmatige silinders of keëls wees. Die asse van die vaste liggame kan
                         loodreg, parallel of skuins ten opsigte van slegs een hoof-projeksievlak
                         wees.
                         Sluit die volgende in:
                          o Snit-/Deursneeaansigte
            en/of         o Die ware vorm van die gesnyde vlak
                          o ALLE verborge besonderhede van gesnyde en nie-gesnyde
                             aansigte.
     Deurdringings en     Eerstehoekse ortografiese aansigte wat die kurwe van deurdringing
     ontwikkelinge        gevorm tussen twee vaste liggame of pype, wat teen 30°, 45°, 60° of
                          90° aansluit, toon.
                           Die vaste liggame of pype moet slegs regte reëlmatige
                             prismas, met 3, 4, 5, 6 en 8 sye, en/of silinders wees.
                           Die asse van die twee vaste liggame of pype moet in 'n
                             gemeenskaplike vlak ontmoet, m.a.w. slegs inlyn gerig, maar
                             die deurdringingskurwe kan nie-simmetries wees.
                           ALLE verborge besonderhede moet getoon word, tensy anders
                             vermeld.
                          Sluit ook die oppervlakontwikkelinge van die dele van die
                          deurdringende vaste liggame of pype in
     LET WEL:
      Pype verwys ook na prismatiese vorms wat hol is met mure (kante) van niksbeduidende
        dikte.
      Uitlegbeplanning is belangrik.
      ALLE konstruksies, wiskundige bewerkings (indien benodig) projeksies en voulyne moet
        getoon word.
      Meganiese tekeningarsering en die reëls daarvan, moet toegepas word by die
        oppervlaktes van gesnyde vaste liggame, sowel as by die ware oppervlaktes van gesnyde
        vlakke.
      Slegs die kurwes van onreëlmatige boë kan in netjiese vryhand geteken word.
        Onakkurate en/of slordige kurwes sal egter gepenaliseer word.

     VRAAG 3: ±20% (±40 punte)
       ONDERWERP                            VOORGESKREWE INHOUD
     Perspektief-    2-puntperspektieftekeninge van ingewikkelde gietstukke, wonings en
     tekeninge       siviele strukture met oorhange, diepte-besonderhede, sirkels en boë.
                      Die HL, PV en SP kan gewysig word om enige gewenste aansig te
                         toon.
                     LET WEL:
                      ALLE nodige konstruksies moet getoon word.
                      Diepte by deure, vensters en openinge moet getoon word tensy
                         anders versoek.
                      Interne besonderhede moet slegs getoon word indien so vereis.
                      Verborge besonderhede moet slegs getoon word indien so vereis.
                      Slegs       die    kurwes    van    sirkels    en     boë    op  die
                         perspektiefantwoord/tekening kan in netjiese vryhand geteken word.
                         Onakkurate en/of slordige kurwes sal egter gepenaliseer word.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                  8                                    DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

        VRAESTEL 2-onderwerpe en voorgeskrewe inhoud
     VRAAG 1: ±15% (±30 punte)
     EN
     VRAAG 4: ±45% (±90 punte)
         ONDERWERP                                  VOORGESKREWE INHOUD
     Meganiese tekeninge        Derdehoekse ortografiese werkstekeninge met nie-gesnyde,
                                deursnee-, half-deursnee- en gedeeltelike snitaansigte van
                                ingewikkelde meganiese samestellings.
                                Sluit die volgende in:
                                 Titel, skaal, verborge besonderhede, senterlyne, verborge
                                      besonderhede, snyvlakke, arseringsbesonderhede, afmetings,
                                      notas en projeksiesimbool
                                 Seskantige boute, moere en sluitmoere, wasters, spye en
                                      spygleuwe sowel as geskikte byskrifte
                                 Verskillende soorte snitte, bv. gerigte snit, gewentelde snit,
                                      verwyderde snit, ens.
                                 Konvensionele aanbieding van algemene kenmerke
                                 Formaat en inhoud van werkstekeningnaam-/titelblokke
                                 Gedetailleerde tekeninge van individuele komponente
                                 Basiese sweis-, masjinering- en oppervlakbehandelings-
                                      simbole
                                 Toleransies
                                LET WEL:
                                 ALLE aspekte van alle tekeninge moet aan die riglyne en
                                     konvensionele voorstellings, vervat in die SANS 10111,
                                     voldoen.
                                 Alle nodige konstruksies moet, waar vereis, getoon word.
                                 Verborge besonderhede moet slegs getoon word indien dit
                                     vereis word.
     LET WEL:
      VRAAG 1 kan ander inhoud van die meganiese tekening insluit wat nie betrekking het op
        die tekening vir die spesifieke vraag nie.
      Alhoewel die primêre fokus van VRAAG 1 op die voorgeskrewe inhoud van meganiese
        tekeninge sal wees, kan aspekte van ander VRAESTEL 2 onderwerpe ook ingesluit word.
      VRAAG 4 kan óf EEN multi-aansig-vraag wees óf dit kan in meer as EEN vraag
        onderverdeel word.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                  9                                     DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

        VRAESTEL 2 vervolg

     VRAAG 2: ±20% (±40 punte)
          ONDERWERP                           VOORGESKREWE INHOUD
     Lokus van 'n nok       Die beginsels van die nok in ingewikkelde toepassings waar
                                die volgende getoon moet word:
                                o Die nokas- en volgerbesonderhede
                                o Die volledige verplasingsgrafiek/-diagram
                                o Die volledige nokprofiel
                            Die beweging kan eenvormig en/of eenvoudig harmonies
                                en/of eenvormige versnelling en vertraging wees.
                            Die rigting moet beklemtoon word.
                            Die volger kan teen enige hoek geplaas word, mits dit heen
                                en weer beweeg op 'n senterlyn wat deur die middel van die
                                nokas beweeg.
             EN/OF          Die volger kan wigvormig of 'n rollervolger wees.
     Lokus van 'n punt(e)   Die beginsels van die lokus van 'n punt(e) op skematiese
     op 'n meganisme           tekeninge van die bewegende komponente van
                               meganismes
                            Maksimum DRIE punte
     LET WEL:
      ALLE konstruksies moet getoon word.
      Slegs onreëlmatige kurwes, bv. die profiel van die lokus, kan in netjiese vryhand geteken
        word. Onakkurate en/of slordige kurwes/profiele sal egter gepenaliseer word.

     VRAAG 3: ± 20% (± 40 punte)
         ONDERWERP                            VOORGESKREWE INHOUD
     Isometriese tekeninge  Ingewikkelde isometriese tekeninge met isometriese en nie-
                            isometriese lyne sowel as hulpaansigte, sirkels en snitte
                            LET WEL:
                             ALLE nodige hulpaansigte en konstruksies, sirkels ingesluit,
                                 moet getoon word
                             Verborge besonderhede moet slegs getoon word dit vereis is.

    Die volgende is van toepassing op beide VRAESTEL 1 en VRAESTEL 2:

        Omdat akkuraatheid 'n fundamentele en noodsaaklike komponent van IGO-tekeninge
         is, word 'n afwyking van slegs 1 mm of 1° toegelaat op die akkuraatheid van ALLE
         aspekte van ALLE tekeninge. Die beginsels van 'sien na volgens die fout' en 'gee die
         leerder die voordeel van die twyfel' moet ook toegepas word as die vereiste vlak van
         bewys van kennis getoon word.
        Met uitsondering van die toegewings waarna in die tabelle hierbo verwys word, of
         wanneer opdrag gegee word om so te doen, sal alle ander tekeninge of aspekte van
         tekeninge wat in vryhand geteken is, nie geassesseer word nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ingenieursgrafika en -ontwerp                  10                                    DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

4.     SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die
KABV-dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulumdekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GR12 IGO V2 SEP 2021 NASIENRIGLYN AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr12-igo-v2-sep-2021-nasienriglyn-afr/173ad26e-655b-49ad-a85d-ae49b644cc2a) — Engineering Graphic and Design · Memo · 2021 · Afr
- [Front Page](https://www.hlayiso.com/library/front-page/49b02d9e-be15-4e0b-8824-7a635d26b964) — Engineering Graphic and Design · QP · 2021
- [Vraag 2](https://www.hlayiso.com/library/vraag-2/5aac2e1c-8eca-4331-99d2-2431a9f7ba16) — Engineering Graphic and Design · QP · 2021
- [Vraag 1](https://www.hlayiso.com/library/vraag-1/69d4e45c-c278-40ea-bd2a-865f30b58ce2) — Engineering Graphic and Design · QP · 2021
- [Voorblad](https://www.hlayiso.com/library/voorblad/90cc00d7-a819-4c7f-bbd4-f5c8ac614815) — Engineering Graphic and Design · QP · 2021
- [Question 1](https://www.hlayiso.com/library/question-1/e2d44346-3e29-4851-9092-03493fee2cb2) — Engineering Graphic and Design · QP · 2021

## More from Grade 12 Engineering Graphics and Design

- [EGD P1 SEP AFR QP](https://www.hlayiso.com/library/egd-p1-sep-afr-qp/7d047bec-7cce-4511-a669-aa644aa52d01) — QP · 2024 · Afr
- [EGD P2 SEP AFR QP D](https://www.hlayiso.com/library/egd-p2-sep-afr-qp-d/801f2051-294e-4c42-84bb-3e2fcf153206) — QP · 2024 · Afr
- [Engineering Graphics & Design P1 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/engineering-graphics-design-p1-nov-2024-afr/9e12f86e-1027-404b-a851-90f9217639a4) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 EDG P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-edg-p2-english-june-2024-question-paper/5258bc0e-6828-4661-a7e7-9553fbae9844) — QP · 2024 · Eng
- [EGD P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afr+Engl](https://www.hlayiso.com/library/egd-p1-gr12-memo-sept2023-afr-engl/f0ef5f18-cddf-486c-9131-1f3fc1806ba4) — Memo · 2023 · Afr
- [Pages from Exam Paper September 2023 Final-5](https://www.hlayiso.com/library/pages-from-exam-paper-september-2023-final-5/ce3ac88f-c3a8-47ff-81b7-09ccce136455) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
