# Physical Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Physical Sciences question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/fisiese-wet-v1-gr12-qp-sept2013/36e18aee-dde8-4d94-8183-d16f5608b929
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/fisiese-wet-v1-gr12-qp-sept2013/36e18aee-dde8-4d94-8183-d16f5608b929)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2013

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                                  *PHSCA1*

          Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye ingesluit, ŉ datablad,
                        formuleblad en ŉ antwoordblad.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                            FISIESE WETENSKAPPE V1                       (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig voordat jy die vrae beantwoord.

1.   Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike ruimtes op die
     ANTWOORDBLAD en ANTWOORDEBOEK.

2.   Beantwoord AL die vrae.

3.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

     AFDELING A: 25 punte
     AFDELING B: 125 punte

4.   Beantwoord AFDELING A op die ANTWOORDBLAD en AFDELING B in
     die ANTWOORDEBOEK.

5.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.   Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
     hierdie vraestel gebruik word.

8.   Inligtingsblaaie is vir jou gebruik aangeheg.

9.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                    FISIESE WETENSKAPPE V1                                3

 AFDELING A

 Beantwoord hierdie afdeling op die aangehegte ANTWOORDBLAD.

 VRAAG 1: EENWOORDITEMS

 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
 WOORD/TERM langs die vraagnommer (1.1–1.5) op die aangehegte
 ANTWOORDBLAD.

 1.1    Die SI-eenheid van die hoeveelheid wat bereken word deur die produk van
        krag en snelheid                                                                (1)

 1.2    Elektriese potensiële energie per eenheid lading                                (1)

 1.3    Die vermoë van ŉ golf om uit te sprei in golffronte en dus om ŉ skerp hoek te
        beweeg                                                                          (1)

 1.4    Die spektrum wat geproduseer word wanneer lig van sekere frekwensies
        deur koeler damp geabsorbeer word                                               (1)

 1.5    Hierdie verskynsel verklaar hoekom elektrone uit ŉ metaal vrygestel word as
        lig daarop skyn                                                                 (1)
                                                                                        [5]

 VRAAG 2: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag
 het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die beste antwoord en merk die letter (A–
 D) langs die vraagnommer (2.1–2.10) met ŉ kruisie (X) op die aangehegte
 ANTWOORDBLAD.

 2.1 Wanneer ŉ projektiel vertikaal opwaarts beweeg, sal dit ...

       A      zero versnelling hê.
       B      afwaarts versnel met ŉ konstante versnelling.
       C      sy massa verloor.
       D      maksimum snelheid op sy hoogste punt hê.                                  (2)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              FISIESE WETENSKAPPE V1                           (SEPTEMBER 2013)

2.2   Goederetrein A beweeg teen ŉ snelheid van 11 m.s-1 oos en beweeg verby
      goederetrein B wat teen 23 m.s-1 wes op aangrensende spore ry.
                B   23 m.s-1

                                                        A   11 m.s-1

      Die grootte en rigting van die snelheid van goederetrein A relatief tot B is ...

      A    12 m.s-1 weswaarts.
      B    34 m.s-1 weswaarts.
      C    12 m.s-1 oos.
      D    34 m.s-1 oos.                                                                   (2)

2.3   Die hoeveelheid wat KONSTANT BLY vir ŉ voorwerp wat grond toe val is ...
      (Ignoreer lugweerstand).

      A    potensiële energie.
      B    kinetiese energie.
      C    meganiese energie.
      D    momentum                                                                        (2)

      Verwys na die volgende diagram om VRAE 2.4 en 2.5 te beantwoord.

2.4   Die bostaande patroon toon ewewydig gespasieerde donker en ligte bande.
      Die eksperiment waartydens dit verkry is word ... genoem.

      A      enkelspleet-diffraksie
      B      dubbelspleet-diffraksie
      C      enkelspleet-inteferensie
      D      dubbelspleet-inteferensie                                                     (2)

2.5   Die bostaande patroon lewer bewys dat lig optree soos ...

      A    deeltjies.
      B    golwe.
      C    beide.
      D    geen.                                                                           (2)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                            5

 2.6

        Die toestel in die diagram word gebruik om gebiede waar die bloedvate
        vernou het op te spoor. Dit is ŉ toepassing van ŉ sekere verskynsel in ŉ
        sekere gebied, soos ...

        A     weerkaatsing in sterrekunde.
        B     foto-elektriese effek in Lewenswetenskappe.
        C     Doppler-effek in medisyne.
        D     diffraksie in vervoer en nywerheid.                                  (2)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          FISIESE WETENSKAPPE V1                         (SEPTEMBER 2013)

2.7   Watter van die volgende grafieke verteenwoordig potensiaalverskil versus
      stroom vir ŉ nie-ohmiese geleier?
      A
             V

                                           I
      B
             V

                                               I

      C
             V

                                               I
      D
             V

                                                   I                                   (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                             7

 2.8

        ŉ POSITIEWE toetslading word in ŉ elektriese veld tussen parallelle plate van
        ŉ kapasitor geplaas. Die toetslading beweeg van plaat B na plaat A. Hieruit
        kan afgelei word dat ...

        A     plaat A positief gelaai is.
        B     plaat B positief gelaai is.
        C     plaat B negatief gelaai is.
        D     plaat A ŉ isolator is.                                                    (2)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        FISIESE WETENSKAPPE V1           (SEPTEMBER 2013)

2.9   ŉ Eenvoudige skets van ŉ generator (kragopwekker) word onder getoon.

      Watter EEN van die volgende potensiaalverskil versus tyd grafieke
      verteenwoordig die uitset van hierdie kragopwekker?
      A

      B

                 Potensiaalverskil (v)

      C

      D

             V

                                                             t (s)
                                                                                     (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  FISIESE WETENSKAPPE V1                               9

2.10   ŉ 200 W UV-lig word op sinkmetaal geskyn en elektrone word uit die
       metaal verwyder. Die 200 W UV-lig word met ŉ 40 W van dieselfde UV-lig
       vervang. Watter van die volgende is die korrekte beskrywing van die
       elektrone wat vrygestel word?

       Aantal foto-elektrone vrygestel per   Kinetiese energie van die foto-
       sekonde                               elektrone
       A   Verminder                         Verminder

       B     Vermeerder                      Vermeerder

       C     Verminder                       Bly dieselfde

       D     Vermeerder                      Verminder
                                                                                 (2)
                                                                                [20]

                                                       TOTAAL AFDELING A:        25

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                            FISIESE WETENSKAPPE V1                           (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

2.     Laat een reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAE 3.1 en
       3.2.

3.     Die formules en vervangings moet in ALLE berekeninge getoon word.

4.     Rond jou finale numeriese antwoorde tot TWEE desimale plekke af.

5.     Beantwoord hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 3        (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder toon die beweging van ŉ gholfbal, met massa
150 g, wat vertikaal opwaarts gegooi word vanaf ŉ platform bokant die grond.
Die bal tref die grond en bons terug boontoe.

Die botsing van die bal met die grond is elasties.

v (m.s-1)
       12

           0             1,24                        3
                                                          4           4,7 t(s)

     -17

3.1 Skryf die fisiese hoeveelheid neer wat deur die gradiënt van die grafiek
    voorgestel word.                                                                      (1)

3.2 Skryf die beginsnelheid van die gholfbal neer.                                        (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        FISIESE WETENSKAPPE V1                           11

 3.3 Skryf die posisie van die bal by die volgende tye gedurende sy beweging neer:

       3.3.1       t = 1,24 s                                                            (1)

       3.3.2       t=3s                                                                  (1)

       3.3.3       t = 4,7 s                                                             (1)

 3.4 Bereken elk van die volgende, SONDER DIE GEBRUIK VAN
     BEWEGINGSVERGELYKINGS:

       3.4.1       Die hoogte van die bal bo die grond net toe dit die gooier se hand
                   verlaat het                                                           (4)

       3.4.2       Die hoogte wat die bal bons                                           (3)

 3.5 Bereken die impuls van die bal wanneer dit terugbons vanaf die grond.               (3)

 3.6 Teken die ooreenstemmende posisie teenoor tyd grafiek vir die algehele
     beweging van die bal.
     NEEM OP AS POSITIEF EN DIE GROND AS NULVERWYSING                                    (3)
                                                                                        [18]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            FISIESE WETENSKAPPE V1                          (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4       (Begin op ŉ nuwe bladsy.)
ŉ 5 kg blok gly teen ŉ growwe skuinste op wat ŉ hoek van 16° met die horisontaal
maak. Die blok gly verby punt A en beweeg 8,4 m totdat dit sy maksimum hoogte
by punt B bereik.

                     5 kg
          B

                          8,4 m
                                                          5 kg

                                            16°                    A

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder toon hoe die snelheid van die blok verander van
die oomblik dat dit verby punt A beweeg tot dit sy maksimum hoogte by punt B
bereik.

                    12

                    0
                                  1,4                      t (s)
              v (m.s-1)

4.1 Beskryf die beweging van die blok van A tot B.                                         (2)
4.2 Gebruik die inligting uit die grafiek om die verandering in die kinetiese energie
    van die blok tussen A en B te bereken.                                                 (3)
4.3 Skryf die grootte neer van die netto arbeid op die blok verrig tussen A en B.          (1)
4.4 Skryf die arbeid-energie beginsel in woorde neer.                                      (2)
4.5 Teken ŉ vryliggaamdiagram wat al die kragte toon wat op die blok inwerk
    terwyl dit van A na B gly. Benoem die kragte duidelik.                                 (3)
4.6 Bereken die werk wat deur die gravitasiekrag op die blok gedoen is as dit van
    punt A na punt B beweeg.                                                               (3)
4.7 Gebruik die arbeid-energie-stelling en bereken die arbeid wat deur die
    wrywingskrag verrig word as die blok van punt A na B beweeg.                          (5)
                                                                                         [19]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (SEPTEMBER 2013)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                              13

VRAAG 5       (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Vragmotor B wat teen ŉ snelheid van 30 km.h-1 oos beweeg, nader ŉ stilstaande trok A.
Op ŉ afstand van 2 km vanaf A, druk die bestuurder van trok B die toeter wat ŉ klank
met ŉ frekwensie van 13 kHz voortbring. Die spoed van klank in lug op daardie dag is
343 m.s-1

                                                                            N

                    B                                   A                       O

                                      2 km

5.1   Sal die frekwensie wat die bestuurder in trok A waarneem hoër of laer wees as
      13 kHz? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                               (2)

5.2   Bereken die frekwensie van die klank wat die bestuurder in vragmotor A hoor.       (4)

5.3   ŉ Vrou staan 1 km oos van die aankomende trok B. Wanneer sal sy die werklike
      frekwensie van die vragmotor hoor?                                                 (1)

5.4   Noem en verduidelik die verskynsel in woorde wat die verandering in
      waargenome frekwensie verduidelik soos bereken in VRAAG 5.2.                       (3)

5.5   Trok B nader steeds die stilstaande trok A teen dieselfde snelheid. Die
      bestuurder druk weer die toeter as dit 1,5 km van trok A is. Hoe vergelyk die
      frekwensie wat die bestuurder van trok A hoor van jou antwoord soos bereken in
      VRAAG 5.2. Skryf slegs HOËR AS, DIESELFDE of LAER AS.                              (2)
                                                                                        [12]

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                          FISIESE WETENSKAPPE V1                        (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 6       (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Rooi lig met ŉ golflengte van 664 nm word deur ŉ enkelspleet met ŉ wydte van
1,20 x 10-4 m geskyn. ŉ Patroon bestaande uit nodale en antinodale lyne word op
die skerm 2,75 m van die spleet, waargeneem.

                                                 y

                    Ө
                    Ө

                                                 y

                          2,75 m

6.1   Definieer die term nodale lyne.                                                (2)

6.2   Teken die waargenome diffraksiepatroon en dui die posisies aan waar golwe
      in fase en uit fase ontmoet.                                                   (4)

6.3   Bereken:

      6.3.1   Die hoek waarteen die 3de minimum op die skerm waargeneem word         (4)

      6.3.2   Die afstand, y, van die sentrale maksimum tot die 3de minimum          (2)
                                                                                    [12]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                      FISIESE WETENSKAPPE V1                          15

 VRAAG 7           (Begin op ŉ nuwe bladsy.)
 Twee metaal sfere, A en B, op geïsoleerde staanders word met hulle middelpunte
 10 cm uit mekaar geplaas soos in die skets hieronder getoon. A het ŉ lading van
 -15 nC en B het ŉ onbekende positiewe lading X.

       -15 nC             P                          X

                   2 cm        8 cm

                              10 cm
 Die netto elektriese veld by punt P is 3,943 x 105 N.C-1

 7.1     Definieer ŉ elektriese veld by ŉ punt.                                       (2)

 7.2     Bereken die grootte van die onbekende lading X.                              (6)

 Die twee sfere word aan mekaar geraak en dan op hul oorspronklike posisies
 teruggesit.

 7.3     Bereken die grootte en rigting van die nuwe elektrostatiese krag wat elke
         sfeer op die ander uitoefen.                                                 (6)

 7.4     Gee TWEE maniere waarop jy jouself teen weerlig kan beskerm wanneer jy
         buite is tydens ŉ donderstorm.                                               (2)
                                                                                     [16]

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          FISIESE WETENSKAPPE V1                           (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 8      (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Rekenaar-sleutelbord

                                                                               sleutel

                                                                              suier

                                                                      bewegende
                                                                      metaalplaat

Een algemene soort rekenaarsleutelbord is gebaseer op die idee van kapasitansie.
Elke sleutel is gemonteer op die een kant van die suier, die ander kant verbind aan
ŉ bewegende metaalplaat. Die twee plate van die sleutel vorm ŉ kapasitor.
Wanneer ŉ sleutel gedruk word, word die bewegende plaat nader aan die vaste
plaat gestoot. Die oppervlakte van elk van die plate van die sleutel wat deel vorm
van ŉ kapasitor is 33,25 x 10-5 m2 en die plate is 0,015 mm uitmekaar.

8.1   Watter effek sal ŉ kleiner afstand tussen die plate op die kapasitansie hê?
      Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                        (2)

8.2   Bereken die kapasitansie van hierdie kapasitor.                                     (3)

Die bogenoemde kapasitor word verander deur die invoeging van ŉ diëlektrikum
tussen die plate en dan te verbind soos tevore.

8.3   Sal die potensiaalverskil oor die plate VERHOOG, VERLAAG of DIESELFDE
      BLY? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                   (2)
                                                                                          [7]

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                     FISIESE WETENSKAPPE V1                         17

 VRAAG 9           (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Vier resistors van verskillende weerstande word in ŉ stroombaan soos hieronder
 getoon. Die battery ŉ emk van 30 V en ŉ interne weerstand van 2 Ω. Die weerstand
 van die verbindingsdrade is weglaatbaar.

 9.1    Definieer die konsep emk van ŉ battery.                                      (2)

 9.2    Bereken die stroomsterkte deur die battery.                                  (6)

 9.3    Bereken die potensiaalverskil tussen punte X en Y.                           (3)
                                                                                    [11]

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                          FISIESE WETENSKAPPE V1                          (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 10    (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

10.1   Baie van ons huishoudelike toestelle, soos byvoorbeeld stofsuiers, waaiers en
       wasmasjiene maak gebruik van ŉ wisselstroom (WS) elektriese motor.

       Skryf neer:
       10.1.1   Die tipe energie-omsetting wat in ŉ elektriese motor plaasvind            (2)

       10.1.2   Die belangrikste verskil tussen ŉ WS en GS-motor                          (2)

       10.1.3   ŉ Rede waarom ŉ motorkar se ruitveër deur gelykstroom gedryf
                word                                                                      (1)

10.2   Die volgende diagram stel ŉ eenvoudige WS-kragopwekker (alternator) voor.
       Die rigting van die aanvanklik geïnduseerde stroom word op die skets
       aangedui.

       10.2.1   Identifiseer die komponente gemerk 1 en 2.                                (2)

       10.2.2   In watter rigting word die spoel gedraai?                                 (1)

       10.2.3   Skryf die naam van die reël neer wat jy gebruik het om die rigting
                van rotasie in VRAAG 10.2.2 te bepaal.                                    (1)

       10.2.4   Teken ŉ grafiek om te illustreer hoe die geïnduseerde stroom
                verander met tyd vir een volledige siklus.                                (3)

       10.2.5   Is die geïnduseerde emk en geïnduseerde stroom in fase of uit
                fase? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                        (3)

       10.2.6   Wat is die funksie van die komponente gemerk 3 en 4 in die
                bostaande figuur?                                                         (2)

       10.2.7   Skryf EEN strukturele verandering neer wat aan die bogenoemde
                WS-kragopwekker aangebring kan word om dit na ŉ GS generator
                (dinamo) te verander.                                                     (1)
                                                                                         [18]

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                         FISIESE WETENSKAPPE V1                        19

 VRAAG 11          (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

 Die elektromagnetiese golwe word gerangskik om die elektromagnetiese spektrum
 te vorm.

 Radio-        Mikro-        Infrarooi    Sigbare    Ultra-       X-strale   Gamma-
 golwe         golwe         straling     lig        violet lig              strale

 Sommige van die eienskappe van elektromagnetiese straling (soos golflengte en
 frekwensie) kan verduidelik word deur middel van die golfmodel.

 Verwys na die inligting hierbo om die volgende vrae te beantwoord:

 11.1     Gee EEN kommersiële gebruik vir elk van die volgende:

          11.1.1 X-strale                                                             (1)

          11.1.2 Infrarooi                                                            (1)

          11.1.3 Gamma strale                                                         (1)

 Twee leerders het verskillende menings oor die frekwensie en energie van
 elektromagnetiese golwe soveel so dat hulle uiteindelik verskillende hipoteses
 maak:

 Leerder A: Hoe laer die frekwensie van die elektromagnetiese golwe, hoe hoër is
            die energie en deurdringingsvermoë.

 Leerder B: Hoe hoër die frekwensie, hoe hoër die energie en hoe laer die
            deurdringingsvermoë.

 11.2     Watter veranderlike word in hierdie hipoteses gemanipuleer?                 (1)

 11.3     Sal die hoeveelheid wat deur die produk van frekwensie en golflengte van
          elektromagnetiese golwe verkry word ŉ AFHANKLIKE, ONAFHANKLIKE of
          KONSTANTE VERANDERLIKE wees?                                                (1)

 11.4     Watter hipotese, indien enige, is korrek volgens jou kennis van
          elektromagnetiese golwe? Verduidelik.                                       (2)
                                                                                      [7]

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                            FISIESE WETENSKAPPE V1                               (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 12      (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Foto-elektriese sel word bestraal met ŉ lae intensiteit blou lig en die mikro-
ammeter toon ŉ klein stroom:

12.1    Wat is die draers van lading:

        12.1.1    Binne-in die fotosel?                                                       (1)

        12.1.2    In die geleidingsdrade?                                                     (1)

12.2    Wat is die naam wat aan die invallende ligkwanta gegee word wat
        verantwoordelik is vir hierdie verskynsel?                                            (1)

12.3    Hierdie sel word nou bestraal met ŉ hoër intensiteit van dieselfde blou lig.

        12.3.1    Wat gebeur met die mikro-ammeter lesing?                                    (1)

        12.3.2    Verduidelik hierdie verskynsel kortliks.                                    (1)
                                                                                              [5]

                                                             TOTAAL AFDELING B:              125
                                                                 GROOTTOTAAL:                150

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                             FISIESE WETENSKAPPE V1                                     21

                                              DATA/GEGEWENS

            TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

                                             SYMBOL/
         NAME/NAAM                                                   VALUE/WAARDE
                                             SIMBOOL
Acceleration due to gravity
Swaartekragversnelling
                                                g                             9,8 m·s-2
Speed of light in a vacuum
Spoed van lig in ŉ vakuum
                                                c                       3,0 x 108 m·s-1
Planck's constant
Planck se konstante
                                                h                       6,63 x 10-34 J·s
Coulomb's constant
Coulomb se konstante
                                                k                     9,0 x 109 N·m2·C-2
Charge on electron
Lading op elektron
                                                e                        -1,6 x 10-19 C
Electron mass
Elektronmassa
                                               me                       9,11 x 10-31 kg
Permittivity of free space
Permittiwiteit van vry ruimte
                                               0                     8,85 x 10-12 F·m-1

                            TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION / BEWEGING

vf  vi  a t                                      x  vi t  21 at 2 or/of y  vi t  21 at 2
                                                          v  vi                 v  vi 
v f 2  vi2  2ax or/of v f  v i  2ay
                                2      2
                                                    x   f       t or/of y   f       t
                                                          2                      2 

FORCE/KRAG

Fnet  ma                                           p mv
Fnet t  p
                                                    w  mg
p  mv f  mvi

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID/ENERGIE EN DRYWING

W  Fx cos                                        U  mgh or/of EP  mgh
   1                                1               Wnet  K       or/of Wnet  Ek
K    mv2          or/of E k         mv 2
   2                                2               K  K f  Ei     or/of      Ek  Ekf  Eki
   W
P                                                  P  Fv
   t

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                        FISIESE WETENSKAPPE V1                               (SEPTEMBER 2013)

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG
                             1
vf                      T
                             f
                                                Ehf
       v  vL                      v  vL
fL           fs      or/of fL           fb            c
       v  vs                      v  vb       E h
                                                     
                                                E  W0  Ek
           m                                  where/waar
sin  
            a
                                                                                      1
                                                E  hf and / en W0  hf0 and / en Ek  mv2
                                                                                      2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA
   kQ Q                    kQ
F  12 2                E 2
      r                     r
    V                      F
E                      E
    d                      q
   kQ Q                      W
U 1 2                  V=
       r                      q
    Q                       ε A
C=                      C= 0
    V                          d

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE
R
   V                      emf ( ε ) = I(R + r)
   I                      emk ( ε ) = I(R + r)
Rs  R1  R2  ...
 1   1   1                                     q = It
          ...
Rp R1 R 2
W = Vq                                              W
                                               P
                                                    t
W = VIt
                                               P  VI
W = I²Rt
                                               P = I²R
         V t
           2
                                                    V2
W                                             P      
          R                                         R

ALTERNATING CURRENT/WISSELSTROOM

                 I              I              Paverage = VrmsIrms   /   Pgemiddeld = VwgkIwgk
         I rms  max / I w g k  mak s
                   2               2           Paverage = I2rmsR     /   Pgemiddeld = I2rmsR
                Vmax              Vmaks                       2                           2
       Vrms         / Vwgk                   Paverage =
                                                            Vrms
                                                                     /   Pgemiddeld =
                                                                                        Vrms
                   2                 2                       R                           R

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)           FISIESE WETENSKAPPE V1                        23

 FISIESE WETENSKAPPE: ANTWOORDBLAD

 GRAAD 12

 NAAM:       …………………………………………………………………….

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1                                                                    (1)
 1.2                                                                    (1)
 1.3                                                                    (1)
 1.4                                                                    (1)
 1.5                                                                    (1)
                                                                        [5]

 VRAAG 2

 2.1       A       B   C   D
 2.2       A       B   C   D
 2.3       A       B   C   D
 2.4       A       B   C   D
 2.5       A       B   C   D
 2.6       A       B   C   D
 2.7       A       B   C   D
 2.8       A       B   C   D
 2.9       A       B   C   D
 2.10      A       B   C   D                                (10 x 2)   [20]

                                                TOTAAL AFDELING A:      25

## Related documents

- [Physical Science P1 (HG) 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-hg-2013-qp/2d73ae33-e783-4ff5-9a3f-bb6feca1676d) — Physical Sciences · QP · 2013
- [Physical Science P1 (SG) (English) 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/physical-science-p1-sg-english-2013-qp/ed268f35-b433-4e08-9d31-c9740a72299f) — Physical Sciences · QP · 2013 · Eng
- [Physical Sciences P2 Nov 2013 Eng](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-nov-2013-eng/ec4c75e3-2668-402e-8d70-44213fbe283e) — Physical Sciences · QP · 2013 · Eng
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR12 SEPT 2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr12-sept-2023-xhosa/2bbd2fc3-2b94-4d0c-9012-591942a529e4) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 Xhosa](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-xhosa/13f21dbf-3361-4d61-a76b-ac8c43587a07) — Physical Sciences · QP · 2023
- [PHYS SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2023 English](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p2-gr12-qp-sept2023-english/f017d6ca-bfcd-44e3-bc0c-14bcf23396c8) — Physical Sciences · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
