# Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)

> Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/cd39c9e3-506b-4990-ab13-e3b46704a6e0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/geography) › [Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/cd39c9e3-506b-4990-ab13-e3b46704a6e0)

## About this document

Geography · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEO P1 Gr10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-annex-nov2020-afrikaans/a0a28adf-d617-40ab-b33c-7ec1bfbeee78) — Addendum · 2020 · Afr
- [GEO P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/fc32e551-210c-4140-894b-92d4a668b162) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
               SENIOR SERTIFIKAAT

                     GRAAD 10

                 NOVEMBER 2020

                  GEOGRAFIE V1
                  (EKSEMPLAAR)

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

               Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

2                                   GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.

 2.    Beantwoord AL die vrae in hierdie vraestel.

 3.    Beantwoord VRAAG 3 (KAARTWERK) in die ruimtes wat in hierdie vraestel
       verskaf is.
       Maak VRAAG 3 los van die vraestel en heg dit aan jou ANTWOORDEBOEK
       vas.

 4.    Gebruik die volgende materiaal:
       ŉ Uittreksel van die topografiese kaart        3424BB   HUMANSDORP
       Ortofotokaart 3424 BB 1 HUMANSDORP

 5.    Al die diagramme is by die BYLAE ingesluit.

 6.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

 7.    Begin ELKE vraag op ‘n NUWE bladsy.

 8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hiedrie
       vraestel gebruik word.

 9.    Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

 10.   Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 11.   Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

 12.   Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of ŉ lys maak.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                      3

 AFDELING A: DIE ATMOSFEER

 VRAAG 1

 1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

       1.1.1    ŉ Proses waarby gebiede meer aried en droog word, soos ŉ woestyn
                is ...

                A     droogte.
                B     verwoestyning.
                C     klimaatsverandering.
                D     osoonuitputting.

       1.1.2    Die verplasing van hitte deur vertikale beweging is ...

                A     konveksie.
                B     geleiding.
                C     coriolis-krag.
                D     latente hitte.

       1.1.3    Gasse in die atmosfeer wat langgolfradiasie absorbeer en tot
                aardverwarming lei, staan bekend as/die ...

                A     stralingsgasse (‘radiation gases’).
                B     termosfeer.
                C     kweekhuiseffek.
                D     kweekhuisgasse.

       1.1.4    Die laag van die atmosfeer wat die naaste aan die aardoppervlakte
                is, is die ...

                A     mesosfeer.
                B     tropopouse.
                C     stratosfeer.
                D     troposfeer.

       1.1.5    Chemikalieë wat in sommige spuitkannetjies, vrieskaste,
                lugverkoelers en industriële skoonmaakmateriaal gebruik word, staan
                bekend as ...

                A     suurstofatome.
                B     chloorkoolstowwe.
                C     besoedelingstowwe.
                D     chloorfluoorkoolstowwe.

       1.1.6    Vog wat vanaf die atmosfeer op die aardoppervlakte val, is ...

                A      donderstorms.
                B      mis.
                C      neerslag.
                D      reënval.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                   GEOGRAFIE V1                               (EC/NOVEMBER 2020)

      1.1.7    Ys wat op plante en die grondoppervlakte versamel, is ...

               A      ryp.
               B      dou.
               C      cirrus.
               D      stratus.

      1.1.8    ŉ Kaart wat ‘n opsomming van die weerstoestande van ŉ plek aandui
               is ...

               A      meteorologie.
               B      weervoorspelling.
               C      ŉ sinoptiese weerkaart.
               D      klimatologie.                                              (8 x 1)     (8)

 1.2 Pas die terme in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf slegs die
     letter (A–I) langs die ooreenstemmende vraagnommers (1.2.1–1.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 K.

                                 KOLOM A                             KOLOM B
      1.2.1    Groot, digte toringwolke wat donderstorms A         insolasie
               veroorsaak
      1.2.2    Die permanente gas wat 21% van die B                aardstraling
               atmosfeer uitmaak en nodig is vir asemhaling
      1.2.3    ŉ Molekuul van drie suurstofatome wat C             tropopouse
               ultravioletstrale absorbeer
      1.2.4    Inkomende sonstraling                          D    cumulonimbus-
                                                                   wolke
      1.2.5    Die hitte-energie   wat   deur   die   aarde E      verstrooiing
               uitgestraal word
      1.2.6    Die boonste laag van die troposfeer            F    osoon

      1.2.7    Bestraling stuit stofdeeltjies in die atmosfeer G   refleksie
               af

                                                              H    suurstof
                                                                                  (7 x 1)    (7)

 1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die effekte van aardverwarming aantoon.
      1.3.1    Definieer die term aardverwarming.                                (1 x 1)     (1)
      1.3.2    Identifiseer TWEE uitwerkings van aardverwarming in FIGUUR 1.3.
                                                                         (2 x 1)             (2)
      1.3.3    Lys enige TWEE gasse wat tot aardverwarming bydra.                (2 x 1)     (2)
      1.3.4    Verduidelik TWEE faktore wat die uitwerkings veroorsaak het wat in
               VRAAG 1.3.2 geïdentifiseer is,.                              (2 x 2)          (4)
      1.3.5    Bespreek DRIE volhoubare strategieë (maniere) om aardverwarming
               te verminder.                                            (3 x 2)              (6)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                      5

 1.4 Verwys na FIGUUR 1.4 wat konveksie-reënval aantoon en beantwoord die
     volgende vrae.

       1.4.1    Konveksie-reënval is algemeen in die (somer/winter).           (1 x 1)     (1)

       1.4.2    Hierdie tipe reënval is algemeen in die (Wes-Kaap/Gauteng) provinsie
                van Suid-Afrika.                                             (1 x 1)       (1)

       1.4.3    (a)   Noem die tipe wolk wat met die letter A aangedui is.     (1 x 1)     (1)

                (b)   Beskryf TWEE weerstoestande wat met die tipe wolk, in
                      VRAAG 1.4.3(a) genoem, geassosieer word.              (2 x 1)        (2)

       1.4.4    Noem TWEE voordele van konveksie-reënval vir veeboere.         (2 x 1)     (2)

       1.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die negatiewe
                impakte van donderstorms op mense en die omgewing.     (4 x 2)             (8)

 1.5 Verwys na FIGUUR 1.5, wat ŉ sinoptiese weerkaart aantoon, en beantwoord
     die volgende vrae.

       1.5.1    Lyne op ŉ sinoptiese weerkaart wat plekke met dieselfde druk aandui,
                is (isobare/isohiëte).                                       (1 x 1)       (1)

       1.5.2    Identifiseer die volgende tipe druk by:

                (a)   A                                                        (1 x 1)     (1)

                (b)   B                                                        (1 x 1)     (1)

       1.5.3    Wat is die druklesing by Kaapstad?                             (1 x 2)     (2)

       1.5.4    (a)   Is hierdie kaart verteenwoordigend van die somer of die
                      winter?                                                 (1 x 1)      (1)

                (b)   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.5.4 (a).          (1 x 2)     (2)

       1.5.5    Beskryf die weer van Port Elizabeth deur die onderstaande tabel oor
                te trek en te voltooi:

                Lugtemperatuur
                Windrigting
                Windspoed
                Neerslag
                Wolkdekking
                                                                               (5 x 1)     (5)

       1.5.6    Teken die simbool wat donderstorms op ŉ sinoptiese weerkaart
                verteenwoordig.                                      (1 x 2)              (2)
                                                                                         [60]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

6                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

 2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 2.1.9 D.

      2.1.1    Die studie van die aarde se fisiese kenmerke en die prosesse wat dit
               gevorm het, is ...

               A     meteorologie.
               B     klimatologie.
               C     geomorfologie.
               D     demografie.

      2.1.2    ŉ Sampioenvormige struktuur wat ontstaan wanneer magma die
               oorliggende gebiede op forseer, is ŉ ...

               A     lakkoliet.
               B     batoliet.
               C     mesa.
               D     butte.

      2.1.3    Die teorie dat die vastelande eers een landmassa was, maar dat hulle
               mettertyd uitmekaar gedryf het, word ... genoem.

               A     maritieme drywing
               B     kontinentale geomorfologie
               C     maritieme kontinentaal
               D     kontinentale drywing

      2.1.4    Die enkele landmassa wat miljoene jare gelede bestaan het, is ...

               A     Australië.
               B     Pangaea.
               C     Laurasië.
               D     Afrika.

      2.1.5    Die buitenste laag van die aarde wat uit soliede gesteentes bestaan, is
               (die) ...

               A     kors.
               B     magma.
               C     kristalle.
               D     binnekern.

      2.1.6    … is die grootste van alle stollingsintrusies.

               A     Gange
               B     Plate
               C     Batoliete
               D     Lakkoliete

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V1                                        7

       2.1.7    Watter van die volgende landvorme             word   met    ekstrusiewe
                stollingsgesteentes geassosieer?

                A    Mesa, butte en koniese heuwels
                B    Batoliete en lakkoliete
                C    Dyke en mesa
                D    Plate en koniese heuwels

       2.1.8    Die siklus van gesteente-formasie, erosie van gesteentes, neerlating
                van sedimente en die formasie van nuwe gesteentes, staan bekend as
                die ...

                A    metamorfiese siklus.
                B    hidrologiese siklus.
                C    geologiese siklus.
                D    gesteentesiklus.                                             (8 x 1)     (8)

 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2, wat die struktuur van ŉ aardbewing aantoon.

       2.2.1   Die vibrasie van die aarde se kors, word (aardbewing/plooiing)
               genoem.                                                        (1 x 1)         (1)

       2.2.2   Benoem die stollings-intrusies wat deur letters A, B, C en D aangedui
               word as die fokus, episentrum, seismiese golwe en verskuiwingslyn.
                                                                               (4 x 1)        (4)

       2.2.3   ŉ Aardbewing van meer as 8,0 op die Richterskaal, dui (minder
               vernietiging/meer vernietiging) aan.                          (1 x 1)          (1)

       2.2.4   ŉ (Seismograaf/Barometer) is ŉ instrument wat die grootte van
               seismiese golwe meet.                                         (1 x 1)          (1)

 2.3 Verwys na FIGUUR 2.3 wat tipes plooie en verskuiwings aantoon.

       2.3.1   Onderskei tussen plooiing en verskuiwings.                         (2 x 1)     (2)

       2.3.2   Skryf die korrekte term vir elk van die volgende tipes plooie.

               (a)    ŉ Opplooi                                                   (1 x 1)     (1)

               (b)    ŉ Afplooi                                                   (1 x 1)     (1)

       2.3.3   Noem die tipe verskuiwings vir die volgende byskrifte.

               (a)    X                                                           (1 x 1)     (1)

               (b)    Y                                                           (1 x 1)     (1)

       2.3.4   Die tipe krag wat gelei het tot landvorm X, is (druk-/spanning-) krag.
                                                                                 (1 x 1)      (1)

       2.3.5   Verskuiwings het gelei tot die vorming van mere soos die Victoria-meer
               en die vorming van die Kilimanjaro-berge. Bespreek in ŉ paragraaf van
               ongeveer AGT reëls die belangrikheid van die Victoria-meer en
               Kilimanjaro-berg vir die inwoners van Oos-Afrika.               (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                   GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2020)

 2.4 Verwys na FIGUUR 2.4 waarin verskillende versamelings stollingsgesteentes
     uiteengesit word en beantwoord die vrae wat volg.

      2.4.1    Definieer die term stollingsgesteentes.                       (1 x 1)     (1)

      2.4.2    Noem enige DRIE tipes stollingsgesteentes uit FIGUUR 2.4.     (3 x 1)     (3)

      2.4.3    Stollingsgesteentes vorm uit magma. Wat is magma?             (1 x 1)     (1)

      2.4.4    Verduidelik hoe stollingsgesteentes gevorm word.              (2 x 2)     (4)

      2.4.5    Bespreek DRIE gebruike van stollingsgesteentes.               (3 x 2)     (6)

 2.5 Bestudeer die uittreksel in FIGUUR 2.5 oor tsoenami’s en beantwoord die
     vrae wat volg.

      2.5.1    Noem die persentasies van die bevolking wat hul lewens verloor het in:

               (a)   2004                                                    (1 x 1)     (1)

               (b)   2011                                                     (1 x 1)    (1)

      2.5.2    Noem EEN vroeë waarskuwingstelsel wat Japan ingestel het om die
               impak van tsoenami's te verminder.                        (1 x 1)         (1)

      2.5.3    Bespreek die impak van tsoenami’s op die mense wat langs die kus
               van die Indiese Oseaan woon.                                (3 x 2)       (6)

      2.5.4    Watter raad sou jy kusgemeenskappe gee, om vooraf gereed te maak
               sodat hulle gedurende en na ŉ tsoenami kan voortbestaan? (3 x 2)          (6)
                                                                                        [60]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            60

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)                          GEOGRAFIE V1                                          9

 AFDELING B: KAARTWERK

 Die volgende vrae is gebaseer op die 1: 50 000 topografiese kaart 3424 BB
 HUMANSDORP asook die ortofotokaart 3424 BB 1 HUMANSDORP van 'n gedeelte
 van die gekarteerde gebied.

 VRAAG 3

 3.1 KAARTWERKBEREKENINGE EN TEGNIEKE

       3.1.1    Kies die korrekte woord/frase tussen hakies.

                (a) Die kontoerinterval van die ortofotokaart is (20 meter/5 meter).
                                                                                (1 x 1)          (1)

                (b) Die skaal 1: 50 000 van die topografiese kaart is vyf keer
                    (groter/kleiner) as die skaal 1: 10 000 van die ortofotokaart. (1 x 1)       (1)

                (c) Die verskynsel wat by ruitverwysing 34°04′55″S/24°45′ 57″O
                    voorkom, is ‘n (dam/peilbaken).                           (1 x 1)            (1)

       3.1.2    Verwys na die verskynsel genommer 1 op die ortofotokaart.

                Bereken in km2, di oppervlakte van die verskynsel genommer 1 op die
                ortofotokaart. Toon ALLE berekeninge. Punte sal toegeken word
                volgens jou berekeninge                                      (4 x 1)             (4)

       3.1.3    Verwys na blok A5 op die topografiese kaart.

                (a) Bereken die verskil in hoogte tussen punthoogte 209 en peilbaken
                    139.                                                       (2 x 1)           (2)

                (b) Is die helling steil of geleidelik tussen die twee punte in
                    VRAAG 3.1.3 (a) genoem?                                         (1 x 1)      (1)

 3.2 KAART- EN FOTOTOEPASSING EN INTERPRETASIE

       3.2.1    Verwys na beide die topografiese kaart en ortofotokaart.

                (a) Identifiseer die mensgemaakte verskynsel wat tussen punte 3 en
                    4 aangetref word.                                       (1 x 1)              (1)

                (b) Noem die rivier wat die oseaan in blok I6 verbind.              (1 x 1)      (1)

                (c) Wat is die bron van die water wat in blok B2 aangetref word?
                                                                               (1 x 1)           (1)

       3.2.2    Bestudeer die temperatuurgrafiek van Jeffreysbaai, in FIGUUR 3.2.2
                saam met blok C/D11 op die topografiese kaart.

                (a) Noem die maand met die minimum temperatuur.                     (1 x 1)      (1)

                (b) In watter maand is die laagste maandelikse temperatuurspeling
                    aangeteken?                                            (1 x 2)               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

10                                   GEOGRAFIE V1                             (EC/NOVEMBER 2020)

      3.2.3    Beskryf hoe uitgrawings in blok B6 skadelik vir omgewing en menslike
               aktiwiteite kan wees.                                        (2 x 2)            (4)

      3.2.3    Stel EEN rede voor waarom die mense van die KwaNomzamo
               nedersetting die damme in blok C3 as ŉ bedreiging vir hul lewens
               tydens oorstromings sou beskou.                                 (1 x 2)         (2)

 3.3 GIS

      3.3.1    Skryf die akroniem GIS voluit.                                      (1 x 1)     (1)

      3.3.2    Is die ortofotokaart ‘n voorbeeld van ‘n vertikale lugfoto of skuinslugfoto?
                                                                                    (1 x 1)    (1)

      3.3.3    Verwys na blok C3 op die topografiese kaart. Klassifiseer die volgende
               verskynsels onder node (punt), linieêr (lyn) en poligoon (area).

               Teken die onderstaande tabel in die ANTWOORDEBOEK en maak ŉ X
               in die spasie wat ooreenstem met die verskynsel in blok C3.

                 VERSKYNSEL                NODE            LINIEÊR         POLIGOON
                Bewerkte landerye
                Reservoir
                Hoofpad/-weg
                                                                                   (3 x 1)     (3)

      3.3.4    Bestudeer die diagram in FIGUUR 3.3.3 wat datalae aantoon, tesame
               met blok D2.

               (a) In GIS word datalae ... genoem.                                 (1 x 1)     (1)

               (b) Verduidelik die noodsaaklikheid om GIS in die hedendaagse
                   vinnigveranderde wêreld te gebruik.                       (1 x 2)           (2)
                                                                                              [30]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30
                                                                     GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/54e2ee45-d729-4f25-9317-d95f6fe505c3) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/27a2ce66-b3ee-4251-bce1-25749849d7e1) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-annex-nov2020-afrikaans/37f19dc3-15db-4721-94fb-670a8183658b) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-memo-nov2020-afrikaans/2a2a5e96-085b-4653-b940-93f3bd208bcc) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEO P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/a9d6d3ef-f286-4a4b-a523-1430825a5c41) — Geography · Memo · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 ANNEX NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-annex-nov2018-afrikaans/f70cc58f-d42e-4ef3-90be-7f23a24f44ea) — Geography · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Geography

- [Gr10-Geografie-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-geografie-og-studyguide-lr/2ab1d1d1-d663-402d-95b1-0d6300b5f44b) — Guide
- [Gr 10 Geo ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-geo-atp-2023-24/3c6b7f67-534b-4a7c-9268-0464a4b829f8) — ATP
- [FS Geography Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1140962c-f861-493f-a8fc-7fc29994a5e2) — QP + Memo · 2025
- [LP Geography Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-geography-grade-10-june-2025-p1-and-memo/a1991f99-db75-463a-8559-ab3f8f66bd67) — QP + Memo · 2025
- [EC Geography Grade 10 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-geography-grade-10-june-2024-qp-and-memo/75f06c3e-9c6b-48f3-bcc2-4be18c48492e) — QP + Memo · 2024
- [GEOGRAPHY P1 GR10 ANNEXURE NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-annexure-nov2019-eng-d/45652be5-43b2-42fc-86f7-7f721d1e73e2) — Addendum · 2019 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
