# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-qp-afr-nov2013/ad83d539-5554-4373-99c2-f508617db87f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-qp-afr-nov2013/ad83d539-5554-4373-99c2-f508617db87f)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                        GRAAD 11

                 NOVEMBER 2013

                   GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GEOGRAFIE V1                         (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
     AFDELING B.

2.   Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word:

     EEN vraag uit AFDELING A
     EEN vraag uit AFDELING B
     Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B (Wat nog NIE
     beantwoord is NIE.)

3.   Alle diagramme is in die bylaag ingesluit.

4.   Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.

5.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.   Omring die nommer van jou antwoorde op die voorkant van die
     ANTWOORDEBOEK.

9.   Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

10. Skryf netjies en leesbaar.

11. Puntetoekenning:      Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                          3 x 2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
                          vir TWEE punte elk.
                          Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                          3 x 1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
                          vir EEN punt elk.
                          Opsteltipe en paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE
                          beantwoord word. Enige LYS van antwoorde gaan
                          veroorsaak dat punte afgetrek word.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                           GEOGRAFIE V1                                        3

 AFDELING A:         FISIESE AARDRYKSKUNDE: DIE ATMOSFEER EN
                     GEOMORFOLOGIE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 1

 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs Waar of
     Onwaar teenoor die vraagnommer (1.1.1–1.1.15), byvoorbeeld 1.1.16 Waar.

       1.1.1      Die suidwes moesonwinde bring swaar reën na Indië gedurende die
                  winter van die Noorde.

       1.1.2      El Niño is die verandering in klimaat weens die koeler toestande in die
                  oostelike Pasifiese oseaan.

       1.1.3      Die Tropiese Reënwoud bioom is warm deur die jaar met hoë reënval.

       1.1.4      ŉ Föhnwind is ŉ reënskadu wind wat deur adiabatiese daling verwarm
                  is.

       1.1.5      Oseane koel die land af wanneer dit warm is en verwarm die land
                  wanneer dit koud is.

       1.1.6      ŉ Seebries is ŉ aflandige wind wat die land verwarm gedurende die
                  nag en in die winter.

       1.1.7      Die aarde absorbeer langgolf hitte en straal kortgolf sonlig terug na die
                  atmosfeer.

       1.1.8      ŉ Geostrofiese wind waai parallel met die isobare wanneer die
                  drukgradiëntkrag en Corioluskrag gebalanseer is.

       1.1.9      Erosie is die stadige afbreek van gesteentes wat aan die aarde se
                  atmosfeer blootgestel is.

       1.1.10     Plaatvloei verwys na die wydverspreide oppervlak-erosie veroorsaak
                  deur afloop tydens swaar reënval.

       1.1.11     ŉ Basaltiese plato is ŉ hoogliggende gebied wat gevorm is deur die
                  horisontale vloei van lawa.

       1.1.12     Die geleidelike konkawe hang aan die basis van ŉ heuwel is die
                  pedivlakte.

       1.1.13     ŉ Skerprugbult is ŉ rug wat teen ŉ hoek van meer as 45° hel.

       1.1.14     Regoliet bestaan uit vaste rots en grond.

       1.1.15     Bodemvloei is die stadige vloei van waterversadigde grond in koue
                  streke.                                                       (15 x 1)      (15)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2013)

1.2   FIGUUR 1.2 twee seisoenale posisies van die aarde aan. Bestudeer die
      diagram en beantwoord die volgende vrae.

      1.2.1   Gee EEN woord om die pad van die aarde om die son te beskryf.
                                                                      (1 x 2)         (2)

      1.2.2   Met verwysing na X, noem die spesifieke posisie van die aarde se
              pad om die son in die Noordelike en die Suidelike Halfronde
              onderskeidelik.                                             (2 x 1)     (2)

      1.2.3   Deur te verwys na Y gee die datum en die seisoen wanneer dit in
              Suid-Afrika voorkom.                                     (2 x 1)        (2)

      1.2.4   Deur die loop van die jaar sal gebiede naby die ewenaar meer
              insolasie as gebiede naby die pole ontvang.
              Verduidelik TWEE maniere waarop die oppervlak seestrome sal
              bydra om die hitte-energiebalans te herstel tussen die gebiede.
                                                                          (2 x 3)     (6)

1.3   Bestudeer die klimaatgrafieke van Afrika, FIGUUR 1.3 om die volgende vrae
      te beantwoord.

      1.3.1   Wat veroorsaak dat die temperature van die ekwatoriale
              klimaatstreek regdeur die jaar met meer as 2‒3 °C wissel?
              (Douala, Kameroen)                                        (1 x 2)       (2)

      1.3.2   Watter faktor beïnvloed die middagtemperature in die ekwatoriale
              klimaatstreek?                                             (1 x 2)      (2)

      1.3.3   Waarom het die vogtig-tropiese klimaatstreek nat en vogtige
              toestande? (Kampala, Uganda)                                (1 x 2)     (2)

      1.3.4   Noem die belangrikste faktor wat warm, droë dalende lug oor die
              woestyn-klimaatstreek veroorsaak. (Sabha, Libië )         (1 x 2)       (2)

      1.3.5   Verduidelik die faktore wat veroorsaak dat Khartoem in Soedan
              verlengde droogte-toestande ervaar. (half-woestyn klimaat) (2 x 2)      (4)

      1.3.6   Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om te
              verduidelik waarom die middelbreedte sikloon winterreëns aan die
              Mediterreense klimaatstreek bring (Kaapstad, Suid-Afrika). (3 x 2)      (6)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V1                                       5

 1.4    Verwys na die struktuurlandvorm, FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende
        vrae.

        1.4.1     Identifiseer die landvorme A, B en C en noem die proses wat
                  verantwoordelik is vir die vorming van hierdie landvorme. (4 x 1)       (4)

        1.4.2     Gee EEN verskil tussen landvorme B en C.                     (2 x 1)    (2)

        1.4.3     Verduidelik waarom landvorm E nie vir menslike aktiwiteite geskik
                  is nie.                                                     (2 x 2)     (4)

        1.4.4     Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om die menslike en
                  ekonomiese belangrikheid van landvorm D te bespreek.        (3 x 2)     (6)

 1.5    Bestudeer FIGUUR 1.5 wat massa-bewegings voorstel en beantwoord die
        volgende vrae.

        1.5.1     Verduidelik die proses van massa-bewegings.                  (1 x 2)    (2)

        1.5.2     Verwys na die diagram en meld faktore wat die stabiliteit van die
                  hang bedreig.                                                (2 x 2)    (4)

        1.5.3     Beskryf die impak van massa-bewegings op die omgewing. (2 x 2)          (4)

        1.5.4     Watter strategieë moet in plek gesit word om die uitwerking van
                  massa-bewegings te minimaliseer?                             (2 x 2)    (4)
                                                                                         [75]

 VRAAG 2

 2.1    Kies die korrekte term tussen hakies om die volgende stellings te voltooi.
        Skryf slegs die term neer teenoor die vraagnommer (2.1.1–2.1.15),
        byvoorbeeld 2.1.16 Reën.

        2.1.1     Die langtermyn verandering in weerpatrone regoor die wêreld word
                  (aardverwarming/klimaatsverandering) genoem.

        2.1.2     ŉ (Hittegolf/Droogte) is ŉ verlengde periode van baie warm en droë
                  weer.

        2.1.3     Helder lug word geassosieer met (dalende/konvergerende) lug.

        2.1.4     (Straalstrome/Konveksiestrome) is hoë spoed winde wat in ŉ smal
                  lintvormige gordels in die boonste tropopouse waai.

        2.1.5     (Weer/Klimaat) beskryf die veranderinge in die toestand van die
                  atmosfeer naby die aarde se oppervlak.

        2.1.6     ŉ (Bioom/Klimaatstreek) is die tuiste van spesifieke soorte plante
                  en diere.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      GEOGRAFIE V1                            (NOVEMBER 2013)

      2.1.7    (Verwoestyning/Diversifikasie) verwys na die gronddegradasie in
               droë lande weens die verlies van grondvrugbaarheid en
               biodiversiteit.

      2.1.8    In ŉ homoklinale rug is die hoek van die (duikhelling/eskarphelling)
               tussen 25°‒45°.

      2.1.9    Grondkruip word aangevoer deur (waterbeweging/swaartekrag).

      2.1.10   Die hoof vorm van eskarpterugtrekking in vogtige streke is (parallelle
               terugtrekking/hangafname)

      2.1.11   Eksfoliasie is ŉ vorm van (erosie/verwering).

      2.1.12   Die hang waarop die rotspuin versamel word die (talushang/
               skarphelling) genoem.

      2.1.13   ŉ (Lakkoliet/Lopoliet) is ŉ intrusie met ŉ plat vloer en ŉ
               koepelvormige dak.

      2.1.14   ŉ (Knakpunt/Waterval) dui die skielike verandering in gradiënt aan
               waar die talushang en die pediment ontmoet.

      2.1.15   (Heuwellandskappe/Canyonlandskappe) bestaan uit geronde
               heuwels met geleidelike hellings.                     (15 x 1)            (15)

2.2   Bestudeer die diagram, FIGUUR 2.2 om die volgende vrae te beantwoord.

      2.2.1    Noem die lugdrukgordels by 0°S, 30°S, 60°S en 90°S asook die
               lugsirkulasie-selle by nommers 2 en 3.                    (6 x 1)           (6)

      2.2.2    Verduidelik hoe die lugsirkulasie-sel by nommer 1 gevorm word.
                                                                           (2 x 1)         (2)

      2.2.3    Waar op die diagram sal die ITKS geleë wees?                    (1 x 1)     (1)

      2.2.4    Noem die globale winde wat tussen 30°S en 60°S op die diagram
               waai.                                                      (1 x 1)          (1)

      2.2.5    Watter kragte is vir die windsterkte en windrigting van die winde
               genoem in VRAAG 2.2.4 verantwoordelik?                          (2 x 1)     (2)

      2.2.6    Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om die invloed
               van die winde genoem in VRAAG 2.2.4 op die weerstoestande in die
               Wes-Kaap te bespreek.                                         (3 x 2)       (6)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                             GEOGRAFIE V1                                     7

2.3    Verwys na die gevallestudie, FIGUUR 2.3 om die volgende vrae te
       beantwoord.

       2.3.1       Verduidelik wat met ŉ droogte bedoel word.                     (1 x 2)    (2)

       2.3.2       Gee bewyse vanuit die uittreksel wat daarop dui dat die lande in die
                   Horing van Afrika ŉ sosio-ekonomiese droogte ervaar. (2 x 1)              (2)

       2.3.3       Noem TWEE atmosferiese toestande wat tot die droogte in die
                   Horing van Afrika gelei het.                               (2 x 1)        (2)

       2.3.4       Beskryf maniere hoe hierdie lande die gevolge van droogte kan
                   verminder.                                                  (2 x 2)       (4)

       2.3.5       Watter uitwerking het droogtes op die omgewing en ekosisteme?
                                                                              (2 x 1)        (2)

2.4    Verwys na FIGUUR 2.4 om die volgende vrae te beantwoord.

       2.4.1       Identifiseer landvorme A en B.                                 (2 x 1)    (2)

       2.4.2       Noem die stollingsintrusie waaruit A en B gevorm het.          (1 x 2)    (2)

       2.4.3       Verduidelik kortliks hoe A gevorm word.                        (3 x 2)    (6)

       2.4.4       Beskryf die kenmerke van A.                                    (2 x 2)    (4)

       2.4.5       Watter tipe massaverplasing sal plaasvind indien die helling by
                   landvorm A deur mensgemaakte uitgrawings weggesny word?
                                                                                  (1 x 2)    (2)

2.5    Verwys na FIGUUR 2.5 wat gebaseer is op struktuurlandskappe. Landvorm B
       is ŉ cuesta. Beantwoord die volgende vrae.

       2.5.1      Identifiseer helling C.                                         (1 x 1)    (1)

       2.5.2      Verskaf bewyse vanaf die diagram vir jou antwoord in VRAAG 2.5.1.
                                                                              (1 x 2)        (2)

       2.5.3      Beantwoord die volgende vrae deur te verwys na hang-elemente:              (2)

                  (a) Identifiseer hang-element A.                                (1 x 1)    (1)

                  (b) Noem TWEE kenmerke van hang-element A.                      (2 x 2)    (4)

       2.5.4      Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om maniere voor te
                  stel hoe ruê soos cuestas van belang vir die mens kan wees. (6 x 1)        (6)
                                                                                            [75]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GEOGRAFIE V1                               (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: ONTWIKKELING, VOLHOUBAARHEID EN HULPBRONNE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

VRAAG 3

3.1 Kies die korrekte woord(e) van die onderstaande lys om die volgende stellings
    te voltooi. Skryf slegs die woord(e) teenoor die vraagnommer (3.1.1–3.1.15),
    byvoorbeeld 3.1.16 Geografie.

     gronddegradasie; sonenergie; omgewingsvernietiging; koolstofdioksied;
     kernkrag; steenkool; aardverwarming; suurreën; volhoubare energie; nie-
     konvensionele energie; topografie; humus; koolstofvoetspoor; water; nie-
     hernieubare hulpbronne; regverdige handel; vrye handel; Rostow;
     Brandt; kwotas; subsidies; BBP; BNP; fossielbrandstowwe; biomassa;
     menslike ontwikkelingsindeks; demografiese aanwysers; invoer; uitvoer;
     handelsoorskot; handelstekort

     3.1.1    ... vind plaas wanneer swaweldioksied en stikstofoksied in die
              atmosfeer vrygestel word en sure vorm.

     3.1.2    Die moedermateriaal, klimaat en ... is abiotiese faktore wat grond
              vorm.

     3.1.3    Gedeeltelik ontbinde organiese materiaal in die grond word ...
              genoem.

     3.1.4    Ons ... is ŉ maatstaf van al die kweekhuisgasse wat ŉ individu
              produseer.

     3.1.5    Energiebronne verkry van natuurlike organiese plant- en diermateriaal
              word ... genoem.

     3.1.6    ... is die skade en agteruitgang van grond veroorsaak deur menslike
              aktiwiteite.

     3.1.7    ... hulpbronbestuur is die beheer van die gebruik van energie
              hulpbronne om te voorkom dat dit uitgebuit word.

     3.1.8    Geotermiese energie is ŉ ... bron van energie.

     3.1.9    ... verwys na die situasie waar lande nie die pryse of die hoeveelhede
              van goedere wat ingevoer en uitgevoer word beperk nie.

     3.1.10   ... gebruik die Noord-Suid skeiding om die gaping tussen die
              ontwikkelde lande van die Noorde en die ontwikkelende lande van die
              Suide aan te toon.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                          GEOGRAFIE V1                                       9

       3.1.11      Invoer ... verwys na die beperking op ingevoerde goedere in terme
                   van bedrag, volume en hoeveelheid.

       3.1.12      ... toon die totale monetêre waarde van alle goedere en dienste wat in
                   ŉ jaar deur ŉ land geproduseer word.

       3.1.13      Armer lande is betrokke by die ... van vervaardigde goedere van ŉ
                   hoë waarde.

       3.1.14      Wanneer die geldelike waarde van die uitvoere meer is as die
                   geldelike waarde van die invoere word dit ... genoem.

       3.1.15      ... fokus op die lewensgehalte en lewenstandaard van ŉ land se
                   bevolking.                                                   (15 x 1)    (15)

 3.2 Bestudeer die spotprent, FIGUUR 3.2 om die volgende vrae te beantwoord.

       3.2.1      Wat sê die spotprent oor ontwikkeling regoor die wêreld?        (1 x 2)       (2)

       3.2.2      Noem EEN faktor in die spotprent wat ontwikkeling beïnvloed.    (1 x 2)       (2)

       3.2.3      Watter vorm van ontwikkeling word onderskeidelik deur paneel 1 en 2
                  van die spotprent voorgestel?                                 (2 x 1)         (2)

       3.2.4      Watter paneel stel ŉ ekonomies meer ontwikkelde land en watter
                  paneel ŉ ekonomies minder ontwikkelde land voor? Staaf jou
                  antwoord deur grondige geografiese teorie te gebruik.        (2 x 2)          (4)

       3.2.5      Hoe verskil die ontwikkelingsaanwyser ‘toegang tot voedsel’ tussen
                  panele 1 en 2 van die spotprent?                                (2 x 1)       (2)

       3.2.6      Deur te verwys na Rostow se ontwikkelingsmodel, dui die fase aan wat
                  deur panele 1 en 2 van die spotprent voorgestel word.         (2 x 1)         (2)

 3.3 Lees die onderstaande frase om die volgende vrae te beantwoord.

       “Regerings kan nie ontwikkeling op hul eie doen nie en vorm sodoende
       vennootskappe met privaat besighede in Suid-Afrika om meer suksesvolle
       ontwikkeling te verseker.”

       3.3.1      Gee TWEE voorbeelde van ontwikkelingsprojekte in Suid-Afrika wat
                  die vennootskap tussen die staat en private besighede uitbeeld. (2 x 1)       (2)

       3.3.2      Wat behoort die staat te doen om ekonomiese ontwikkeling te
                  bevorder?                                                       (2 x 2)       (4)

       3.3.3      Verduidelik waarom die privaatsektor by ekonomiese ontwikkeling
                  betrokke moet wees.                                           (2 x 2)         (4)

       3.3.4      Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om te verduidelik
                  waarom die vennootskap tussen die staat en die privaatsektor tot die
                  mislukking van ontwikkelingsprojekte kan lei.                   (3 x 2)       (6)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2013)

3.4 Bestudeer die uittreksel en die diagram, FIGUUR 3.4 en beantwoord die
    volgende vrae.

     3.4.1   Lys TWEE natuurlike grondstowwe wat in die DRK voorkom.          (2 x 1)    (2)

     3.4.2   Verduidelik waarom die reënwoude van die DRK bedreig word. (1 x 2)          (2)

     3.4.3   Waarom is daar so ŉ groot aanvraag na brandhout in hierdie
             land?                                                            (1 x 2)    (2)

     3.4.4   Beskryf die uitwerking van die toenemende aanvraag na brandhout op
             die omgewing in hierdie deel van die DRK.                    (2 x 2)        (4)

     3.4.5   Waarom is landbou en kommersiële boerdery ŉ bedreiging vir die
             volhoubaarheid van die reënwoude?                             (1 x 2)       (2)

     3.4.6   Daar kan verklaar word dat brandhout nie langer ŉ hernubare hulpbron
             is nie. Verduidelik waarom.                                   (1 x 2)       (2)

3.5 Bestudeer die grafiek, FIGUUR 3.5 en beantwoord die volgende vrae.

     3.5.1   Waarom is Suid-Afrika so afhanklik van steenkool as ŉ bron van
             energie?                                                       (1 x 1)      (1)

     3.5.2   Verwys na die uitdrukking “koolstofvoetspoor” om die uitwerking van
             steenkool op die omgewing te verduidelik.                       (2 x 2)     (4)

     3.5.3   Waarom het kernkrag ŉ slegte naam?                               (1 x 1)    (1)

     3.5.4   Gebruik hidro-elektrisiteit ŉ hernubare of nie-hernubare hulpbron?
             Verskaf ŉ rede vir jou antwoord.                                 (2 x 1)    (2)

     3.5.5   Waarom is die opwekking van krag uit hernubare hulpbronne
             onbetroubaar?                                                    (1 x 2)    (2)

     3.5.6   Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls) om bestuurstrategieë
             voor te stel wat die Suid-frikaanse regering in plek kan sit om
             verbruikers te help om hul koolstofvoetspoor te verminder.      (3 x 2)     (6)
                                                                                        [75]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                           GEOGRAFIE V1                               11

 VRAAG 4

 4.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
     gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) teenoor die
     vraagnommer (4.1.1–4.1.15), byvoorbeeld 4.1.16 C.

       4.1.1      Koeberg is ŉ ... kragstasie.

                  A    hidro-elektriese
                  B    steenkool-
                  C    kern-

       4.1.2      Masjinerie, gereedskap en infrastruktuur is voorbeelde van ...
                  hulpbronne.

                  A    menslike
                  B    vervaardigde
                  C    finansiële

       4.1.3      Die oor-verbruik van die tropiese reënwoude vir die doel van
                  ekonomiese ontwikkeling word na as ... verwys.

                  A    uitputting
                  B    uitbuiting
                  C    ontbossing

       4.1.4      Die ... is ryk aan humus en minerale en bevat plantwortels.

                  A    B-horison
                  B    A-horison
                  C    O-horison

       4.1.5      Die 2011 COP 17-vergadering oor klimaatverandering was in ...
                  gehou.

                  A    Durban
                  B    Kaapstad
                  C    Johannesburg

       4.1.6      Die volgende is nie-hernubare konvensionele energie-hulpbronne.

                  A    Steenkool en olie
                  B    Kernkrag en hidro-elektrisiteit
                  C    Olie en hidro-elektrisiteit

       4.1.7      ... het ŉ klein koolstofvoetspoor en bevat die drie pilare van
                  volhoubare ontwikkeling.

                  A    Eskom
                  B    ŉ Groen ekonomie
                  C    ŉ Multinasionale korporasie

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                       GEOGRAFIE V1                       (NOVEMBER 2013)

     4.1.8    Die kern-periferiemodel gebruik die term ...

              A    rugsteun.
              B    ondervloei.
              C    terugspoel.

     4.1.9    Gemeenskapsgebaseerde ontwikkeling beteken ...

              A    bou van gemeenskapsale.
              B    bo-na-onderontwikkeling.
              C    onder-na-bo ontwikkeling.

     4.1.10   Multilaterale hulp beteken ... is betrokke.

              A    twee lande
              B    slegs plaaslike hulp organisasies
              C    internasionale organisasies

     4.1.11   ... is ŉ maatstaf om die vlak van ongelykheid in of tussen lande aan
              te dui op grond van inkomste.

              A    Ekonomiese aanwysers
              B    Gini-koëffisient
              C    Kindersterftesyfer

     4.1.12   ŉ Voorbeeld van sentrale staatsbeheer in ekonomiese ontwikkeling
              in Suid-Afrika is ...

              A    Hi-Fi korporasie.
              B    Vodacom.
              C    Eskom.

     4.1.13   Die stelling: Primêre ekonomiese aktiwiteite is oorheersend in
              minder ekonomies ontwikkelde lande.
              Die rede: Groot getalle van die bevolking werk in die gesondheids-,
              opvoedings- en toerismesektore.

              A    Die stelling en die rede is waar
              B    Die stelling en die rede is onwaar
              C    Die stelling is waar en die rede is onwaar

     4.1.14   Ekonomies ontwikkelde lande het ŉ ...

              A    hoë geboortesyfer; hoë lewensverwagting en hoë sterftesyfer.
              B    lae geboortesyfer; hoë lewensverwagting en hoë sterftesyfer.
              C    lae geboortesyfer; hoë lewensverwagting en lae sterftesyfer.

     4.1.15   Die faktore wat ontwikkeling beïnvloed is: (i) toegang tot hulpbronne
              (ii) energie (iii) handelswanbalanse. Kies die korrekte EEN van die
              volgende:

              A    Slegs (i)
              B    (i), (ii) en (iii)
              C    Slegs (ii) en (iii)                                     (15 x 1)   (15)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                           GEOGRAFIE V1                                         13

 4.2 Bestudeer die kunswerk, FIGUUR 4.2 wat ŉ minder ontwikkelde land voor en
     na globalisering voorstel om die volgende vrae te beantwoord.

       4.2.1      Verduidelik die proses van globalisering.                          (1 x 2)        (2)

       4.2.2      Gee bewyse uit die kunswerk wat aandui dat globalisering plaasgevind
                  het.                                                           (1 x 2)            (2)

       4.2.3      Verwys na paneel A van die kunswerk en dui aan watter
                  Milleniumdoelwit bereik is met die daarstelling van die fabriek    (1 x 2)        (2)

       4.2.4      Die bestuurshoofkantore van die fabriek in paneel B is in die VSA. Wat
                  word die fabriek in hierdie land genoem?                         (1 x 2)          (2)

       4.2.5      Indien die fabriek produkte vervaardig vir die uitvoermark, watter vorm
                  van ontwikkeling sal in hierdie land plaasvind?                    (1 x 2)        (2)

       4.2.6      Verwys na die kunswerk en skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES
                  reëls) oor die positiewe en negatiewe uitwerking van globalisering in
                  hierdie land.                                                    (6 x 1)          (6)

 4.3 Lees die gevallestudie, FIGUUR 4.3 om die volgende vrae te beantwoord.

       4.3.1      Wat is humanitêre hulp?                                            (1 x 2)        (2)

       4.3.2      Stel TWEE voordele en TWEE nadele van humanitêre hulpverlening
                  voor.                                                      (4 x 2)                (8)

       4.3.3      Verwys na die uittreksel en beskryf die rol van vroue in die ontwikkeling
                  van Haiti.                                                         (1 x 2)        (2)

       4.3.4      Gee bewyse uit die uittreksel wat voorstel dat geslagsgelykheid in Haiti
                  bevorder word.                                                   (1 x 2)          (2)

 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat 2 plase in dieselfde gebied voorstel. Die een boer
     poog om gronderosie te verminder terwyl die ander boer geen belangstelling
     toon nie. Beantwoord die volgende vrae.

       4.4.1      Wat is gronderosie?                                                (1 x 2)        (2)

       4.4.2      Verwys na die diagram en gee DRIE oorsake van gronderosie. (3 x 1)                (3)

       4.4.3      Watter boer (A of B) het nie maatreëls in plek gesit om gronderosie te
                  voorkom nie?                                                    (1 x 1)           (1)

       4.4.4      Beskryf die maatreëls wat die ander boer geïmplementeer het om die
                  uitwerking van gronderosie te minimaliseer.                   (2 x 2)             (4)

       4.4.5      Skryf ŉ kort paragraaf (nie meer as SES reëls nie) om die impak van
                  gronderosie op die mens en die omgewing te beskryf.             (6 x 1)           (6)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2013)

4.5 Bestudeer die kaart wat insolasie data in mega joule per vierkante meter
    voorstel (FIGUUR 4.5) om die volgende vrae te beantwoord.

     4.5.1   Verduidelik waarom die noordelike dele van die Noord-Kaap meer
             geskikte terreine vir die opwekking van sonkrag het.         (1 x 2)       (2)

     4.5.2   Waarom is die noordoostelike kus van Suid-Afrika minder geskik vir die
             opwekking van sonkrag?                                         (1 x 2)     (2)

     4.5.3   Vir watter vorm van nie-konvensionele krag is die noordoostelike kus
             van Suid-Afrika meer geskik?                                    (1 x 2)    (2)

     4.5.4   Beskryf die voordele van sonkrag vir die omgewing van Suid-Afrika.
                                                                            (2 x 2)     (4)

     4.5.5   Beskryf die invloed van nie-konvensionele kragbronne op die ekonomie
             van Suid-Afrika.                                               (2 x 2)     (4)
                                                                                       [75]

                                                                  GROOTTOTAAL:         300

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GEOG P1 GR11 QP (Eng) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-qp-eng-nov2013/b8e3d999-2fdd-49e9-900c-8a48487bcaa8) — Geography · QP · 2013 · Eng
- [GEOG P1 GR11 MEMO (Eng) NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-memo-eng-nov2013/b1782585-07be-4c5d-a782-0ebd6a34d6db) — Geography · Memo · 2013 · Eng
- [GEOG-P1 GR11 MEMO (Afr)-NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr11-memo-afr-nov2013/5e6fbc6a-dfc3-4701-9de9-94c4395aaaef) — Geography · Memo · 2013 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2022-english/f5a68a16-6a2a-4b2d-ba45-65cef0f8f16a) — Geography · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 NOV2025 ENGLISH MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-nov2025-english-marking-guideline-watermark/9b7f40b8-89c5-49a9-9b4b-ddaff098de70) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11-nov-2023-english/f52423da-7382-46d7-95f3-acda9a797f0e) — Memo · 2023 · Eng
- [IMG 20231013 WA0020](https://www.hlayiso.com/library/img-20231013-wa0020/f2c2375a-4a33-4c6e-a27d-95cec3c162d9) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
