# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept2014-qp-afr/8d93aef3-4ef8-4c94-9c87-d68f57d3af3b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept2014-qp-afr/8d93aef3-4ef8-4c94-9c87-d68f57d3af3b)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2014

                      GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                              *GEOGA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                     GEOGRAFIE V1                        (SEPTEMBER 2014)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

3.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn.

5.    Laat ŉ reël tussen onderafdelings van die vrae wat beantwoord word oop.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet NIE in die kantlyn van jou ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

 Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GEOGRAFIE V1                                           3

AFDELING A:         FISIESE AARDRYKSKUNDE: KLIMAAT EN WEER EN
                    GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1   Verskeie keuses word as moontlike antwoorde uit die onderstaande
      meervoudigekeuse-vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die
      letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK
      neer.

      1.1.1        Lug … in ŉ hoogdruksisteem.

                   A    styg antikloksgewys
                   B    daal met ŉ roterende aksie
                   C    beweeg na die sentrum
                   D    styg kloksgewys

      1.1.2        Die warm Mosambiekseestroom affekteer die ooskus van Suid-Afrika
                   se weer deur …

                   A    hoë temperature te veroorsaak en reënval te verminder.
                   B    temperature oor die plato te verhoog.
                   C    temperature en reënval te vermeerder.
                   D    temperature te verminder en reënval te vermeerder.

      1.1.3        Die westewindgordel met frontale depressies beweeg noordwaarts in
                   die winter as gevolg van …

                   A    wintertemperature.
                   B    koue seestrome.
                   C    die beweging van die direkte sonstrale vanaf die
                        Steenbokskeerkring na die Kreefskeerkring.
                   D    die beweging van die direkte sonstrale vanaf die ewenaar na die
                        trope.

      1.1.4        Siklogenese ontstaan as gevolg van …

                   A    ŉ wanbalans in energie tussen die polêre en tropiese streke.
                   B    ŉ georganiseerde sisteem van swaar donderstorms.
                   C    ŉ afname in temperatuur en druk.
                   D    ŉ sisteem van tropiese siklone.

      1.1.5        ŉ Koue front-okklusie ontstaan wanneer …

                   A    lug voor die kouefront kouer as die lug agter die kouefront is.
                   B    lug voor die kouefront ŉ bietjie warmer as die lug agter die
                        kouefront is
                   C    die koue lug op die oppervlakte agtergelaat word.
                   D    die koue lug voor die warmfront is.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GEOGRAFIE V1                             (SEPTEMBER 2014)

      1.1.6     Tropiese siklone in die noordelike halfrond roteer …

                A     ewenaarwaarts.
                B     kloksgewys.
                C     antikloksgewys.
                D     steenbokskeerkringwaarts.

      1.1.7     Die … is die bewegende lug wat rondom die oog van ŉ tropiese
                sikloon voorkom.

                A     straalstroom
                B     vorteks
                C     geostrofiese wind
                D     okklusie

      1.1.8     … is die plaaslike naam van tropiese siklone in Japan.

                A     Siklone
                B     Orkane
                C     Tornado’s
                D     Tifone
                                                                               (8 x 1)     (8)

1.2   Verwys na FIGUUR 1.2, wat algemene dreineringspatrone in Suid-Afrika
      illustreer. Kies ŉ letter vanaf die skets wat by die onderstaande beskrywings
      pas:

      1.2.1     Daar is geen duidelike patroon wat na die riviere en mere vloei nie

      1.2.2     Strome vloei binne in ŉ laagliggende meer of pan

      1.2.3     Riviere wat parallel of langs mekaar vloei, met min sytakke

      1.2.4     Boomtakpatroon waar sytakke met skerphoeke by die hoofstroom
                aansluit

      1.2.5     Strome straal vanuit ŉ sentrale hoogland

      1.2.6     Die hoofstroom vloei in die sinklien en die sytakke sluit vanaf die
                antiklien by die hoofstroom aan

      1.2.7     Strome het reghoekige buigings in hul loop                    (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                          GEOGRAFIE V1                                          5

1.3    Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3(a) en beantwoord die
       volgende vrae.

       1.3.1       Benoem die seisoen wat deur die sinoptiese weerkaart voorgestel
                   word.                                                   (1 x 1)            (1)

       1.3.2       Watter bewyse toon dat A ŉ hoogdruksel is?                     (1 x 1)     (1)

       1.3.3       Met verwysing na middelbreedte siklone D en B:

                   (a)   Is middelbreedte sikloon D of B ouer?                    (1 x 1)     (1)

                   (b)   Verskaf ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 1.3.3(a).       (1 x 2)     (2)

       1.3.4       Noem waarom kouefrontsisteme meer gereeld gedurende kouer
                   maande van die jaar oor Suid-Afrika voorkom.       (1 x 2)                 (2)

       1.3.5       FIGUUR 1.3(b) illustreer die weersveranderinge wat plaasvind soos
                   die kouefront oor Kaapstad beweeg. Beskryf en verklaar die
                   veranderinge in:

                   (a)   Temperature wat ervaar word

                   (b)   Winde                                                    (2 x 2)     (4)

       1.3.6       Evalueer die belangrikheid van die gebruik van sinoptiese
                   weerkaarte en satellietbeelde as waarskuwingsisteme. (2 x 2)               (4)

1.4    Bestudeer die sketse (FIGUUR 1.4) wat die verskille tussen die stedelike
       hitte-eiland gedurende die dag en nag toon, en beantwoord die volgende
       vrae.

       1.4.1       Definieer die term hitte-eiland.                               (1 x 1)     (1)

       1.4.2       Lys TWEE moontlike effekte wat hitte-eilande op mense het. (2 x 1)         (2)

       1.4.3       Verskaf TWEE redes vir die verskille in vertikale dimensies van die
                   hitte-eiland durende die dag en nag.                         (2 x 1)       (2)

       1.4.4       Daar is verskeie maniere om die hitte-eiland effek in stedelike
                   gebiede te verminder. Soos die hitte-eiland effek verminder, so sal
                   die besoedelingskoepel ook afneem. In ŉ paragraaf van ongeveer 8
                   reëls, verskaf strategieë wat geïmplementeer kan word om die
                   hitte-eilande te verminder.                                    (4 x 2)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GEOGRAFIE V1                            (SEPTEMBER 2014)

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5, wat fluviale landvorme aantoon en beantwoord die
      volgende vrae.

      1.5.1     Identifiseer die fluviale landvorm genommer B.                  (1 x 1)    (1)

      1.5.2     Hoe word water in die landvorm wat in VRAAG 1.5.1 genoem word,
                behou?                                                  (2 x 1)            (2)

      1.5.3     Die letter A stel ŉ vloedvlakte voor. Verduidelik die belangrikheid
                van hierdie landvorm vir landboukundige doeleindes.         (2 x 2)        (4)

      1.5.4     Verduidelik die belangrikheid van landvorm D gedurende lang
                periodes van hoë reënval.                            (1 x 2)               (2)

      1.5.5     Teken ŉ dwarsprofiel van die rivier langs die F–G lyn. In jou
                dwarsprofiel, dui die stil- en stootoewers aan.        (3 x 1)             (3)

1.6   Bestudeer die diagram, FIGUUR 1.6, wat die lengteprofiel van ŉ rivier
      voorstel en beantwoord die volgende vrae.

      1.6.1     Identifiseer die OORSPRONG van die rivier wat met die letter A
                genommer is.                                            (1 x 1)            (1)

      1.6.2     Beskik die rivier oor ŉ KONKAWE of MULTI-KONKAWE profiel?
                                                                       (1 x 1)             (1)

      1.6.3     Wat is die verskil tussen ŉ lengte- en ŉ dwarsprofiel van ŉ rivier?
                                                                                (2 x 2)    (4)

      1.6.4     Bespreek EEN kenmerk van ŉ gegradeerde rivier.                  (1 x 2)    (2)

      1.6.5     Lewer kommentaar oor die feit dat ŉ gegradeerde rivier steil hellings
                in sy bo-loop en meer geleidelike hellings in sy benedeloop het.
                                                                              (2 x 2)      (4)

      1.6.6     Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls hoe rivier
                verjonging die fluviale verskynsels langs die loop van die rivier kan
                verander.                                                      (4 x 2)     (8)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                       GEOGRAFIE V1                                              7

VRAAG 2

2.1   FIGUUR 2.1 is ŉ eenvoudige diagram wat lugbeweging by ŉ hoogdruk en ŉ
      laagdruk illustreer. Voltooi die volgende sinne deur slegs HOOG of LAAG in
      te vul. Skryf die woord langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.6), bv. 2.1.7 hoog.

      2.1.1   Lug daal in die sentrum van ŉ … -druk.

      2.1.2   Skoon, wolklose en droë toestande word met ŉ … -druk geassosieer.

      2.1.3   Lug sirkuleer in ŉ anti-klokse rigting in ŉ … -druk.

      2.1.4   Isobaarwaardes daal tot in die middel by ŉ … -druk.

      2.1.5   Lug konvergeer in die middel van ŉ … -druksel.

      2.1.6   Winde waai vanaf ŉ (a) … -druksel na ŉ (b) … -druksel.
                                                                                   (7 x 1)   (7)

2.2   Kies die konsep uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter van KOLOM B (A–K) langs die vraagnommer
      (2.2.1–2.2.8) neer, bv. 2.2.9 L.

                          KOLOM A                                     KOLOM B
      2.2.1   ŉ stroom wat by ŉ groot rivier aansluit           A    skalie

      2.2.2   proses waar een rivier deur middel van            B    episodies
              hoofwaartse erosie die water van ŉ ander
              rivier roof

      2.2.3   die tipe dreineringspatroon wat voorkom           C    sytak
              wanneer die rivier ouer as die landskap is

      2.2.4   ŉ rivier wat elke jaar alleenlik in die           D    abstraksie
              reënseisoen vloei

      2.2.5   die proses waarby baie klein deeltjies deur       E    stroomroof
              die rivier vervoer word

      2.2.6   wanneer die waterskeiding in die rigting van      F    geërfde stroom
              die minder energieke rivier beweeg

      2.2.7   die rivier ontwikkel ŉ patroon op ŉ               G    periodies
              oppervlakte wat oor ŉ tydperk erodeer het

      2.2.8   die boonste vlak van ondergrondse                 H    suspensie
              versadigde gesteentes

                                                                I    watertafel

                                                                J    antesedente rivier

                                                                K    abrasie
                                                                 (8 x 1)                     (8)
2.3   Bestudeer die kaart, FIGUUR 2.3, wat die pad van ORKAAN KATRINA

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                            (SEPTEMBER 2014)

      aantoon en beantwoord die volgende vrae.

      2.3.1    Verskaf die aantal ORKANE wat oor die Atlantiese oseaan teen die
               25 Augustus ontstaan het.                                 (1 x 1)         (1)

      2.3.2    Lys TWEE belangrike toestande wat              noodsaaklik   vir die
               ontwikkeling van ORKAAN KATRINA was.                          (2 x 2)     (4)

      2.3.3    Verduidelik die bron van energie wat die voortbestaan van orkane
               veroorsaak                                                  (1 x 2)       (2)

      2.3.4    Verduidelik waarom ORKAAN KATRINA baie vinnig sal ontbind
               wanneer dit New Orleans bereik.                    (2 x 2)                (4)

      2.3.5    Skryf ŉ verslag (nie meer as 8 reëls) waar die sosiale effekte van
               ORKAAN KATRINA op die inwoners van New Orleans sal het,
               uiteengesit word.                                           (4 x 2)       (8)

2.4   Bestudeer FIGUUR 2.4 wat ŉ temperatuurinversie gedurende die nag in ŉ
      vallei uitbeeld, en beantwoord die volgende vrae.

      2.4.1    Definieer die term temperatuur inversie.                       (1 x 1)    (1)

      2.4.2    Verskaf ŉ rede vir die ontwikkeling van temperatuurinversies in die
               vallei.                                                     (1 x 2)       (2)

      2.4.3    Noem EEN effek wat temperatuurinversies op die weer van ŉ vallei
               kan het.                                                 (1 x 2)          (2)

      2.4.4    Beskryf TWEE toestande wat noodsaaklik is vir die ontstaan van
               ryp op die valleivloer gedurende die winter.               (2 x 1)        (2)

      2.4.5    Lewer kommentaar oor die tipe akkerbou-produkte wat boere op
               die onderskeie hellings A en B sal plant.             (2 x 2)             (4)

2.5   Verwys na die sketse in FIGUUR 2.5, wat die aard van rivierafloop illustreer,
      om die volgende vrae te beantwoord.

      2.5.1    Definieer die term rivier-afloop.                              (1 x 1)    (1)

      2.5.2    Benoem die tipe stroomvloei by A en B onderskeidelik.          (2 x 1)    (2)

      2.5.3    Verskaf ŉ rede vir die tipe stroomvloei wat in rivier B voorkom.
                                                                              (1 x 2)    (2)

      2.5.4    Waarom sal die vloeispoed van die rivier waarskynlik hoër wees by
               A?                                                         (1 x 2)        (2)

      2.5.5    Verduidelik die verhouding tussen die snelheid van stroom B en
               die vervoer van sediment.                                (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GEOGRAFIE V1                                        9

2.6   FIGUUR 2.6 illustreer die vernaamste verskynsels van ŉ dreineringsbekken.
      Bestudeer die diagram en beantwoord die volgende vrae.

      2.6.1        Definieer die term dreineringsbekken.                      (1 x 1)      (1)

      2.6.2        Verduidelik die verskil tussen ŉ waterskeiding en ŉ interfluviale
                   skeiding.                                                (2 x 1)        (2)

      2.6.3        Watter hooffaktor beïnvloed die bestaande tipe rivier?     (1 x 2)      (2)

      2.6.4        Hoe sal die stedelike omgewing die tempo van afloop affekteer?
                                                                              (1 x 2)      (2)

      2.6.5        Verskaf TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 2.6.4.        (2 x 2)      (4)

      2.6.6        “As gevolg van menslike aktiwiteite word die natuurlike balans wat
                   binne rivierstelsel versteur en word die natuurlike opvangsgebied
                   sodoende gedegradeer.”

                   Skryf ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, waarin die negatiewe
                   impak van menslike aktiwiteite op dreineringsbekkens duidelik
                   uiteengesit word.                                     (4 x 2)           (8)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GEOGRAFIE V1                          (SEPTEMBER 2014)

AFDELING B: LANDELIK EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN DIE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 3

3.1   Verskaf EEN term vir die beskrywings (3.1.1–3.1.7) hieronder.

      3.1.1    ŉ Gebied waarin daar ŉ mengsel van grondgebruikfunksies, soos
               lughawens, rioolwerke en gholfbane, voorkom

      3.1.2    Welgestelde gemeenskappe wat in ŉ omheinde behuisings-
               landgoed woon

      3.1.3    Die tipe nedersetting wat ontstaan wanneer een soort vervoer deur
               ŉ ander soort vervang word

      3.1.4    Die stratepatroon waar paaie mekaar reghoekig sny

      3.1.5    ŉ Woongebied in die binnestad waarin daar mense van ŉ spesifieke
               kulturele of etniese groep in onaantreklik omstandighede woon

      3.1.6    Hierdie is die omgekeerde neiging van landelik-stedelike migrasie,
               waar mense terug na die landelike gebiede verhuis

      3.1.7    Die ongekontroleerde proses waardeur die stedelike gebied binne in
               die omliggende landelike gebied in uitbrei
                                                                         (7 x 1)        (7)

3.2   Vier opsies word as moontlike antwoorde verskaf. Kies die korrekte antwoord
      en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer. bv. 3.2.9 B.

      3.2.1    Die verskaffing van vervoer is ŉ … ekonomiese aktiwiteit.

               A      primêre
               B      sekondêre
               C      tersiêre
               D      kwatenêre

      3.2.2    Markgeoriënteerde industrieë …

               A      word naby grondstowwe aangetref.
               B      het ŉ vrye keuse vir hulle ligging.
               C      vervoer goedere in kleiner vervoer-eenhede.
               D      produseer produkte wat naby die verbruiker vervaardig moet
                      word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                         GEOGRAFIE V1                                        11

      3.2.3        Die mees belangrike vervaardigings-industrie in die Suidwes-Kaap
                   is …

                   A    yster en staal.
                   B    olieraffinaderye.
                   C    kleding en tekstiel.
                   D    montering van motors.

      3.2.4        Die Maputo-korridor is ŉ voorbeeld van …

                   A    ŉ ruimtelike ontwikkelingsinisiatief.
                   B    ŉ grensindustrie.
                   C    Swart ekonomiese bemagtiging.
                   D    ŉ industriële ontwikkelingsindustrie.

      3.2.5        Suid-Afrika se mees belangrikste akkerbou-produk in terme van
                   produksie is …

                   A    suikerriet.
                   B    mielies.
                   C    koring.
                   D    druiwe.

      3.2.6        Industrieë wat as “ongebonde” oorweeg word …

                   A    is oornag-operasies.
                   B    maak skoene.
                   C    word nie deur vervoerkoste geaffekteer nie.
                   D    vereis veelvoudige bronne van grondstowwe.

      3.2.7        Koeberg, Suid-Afrika se kernkragstasie is … geleë.

                   A    in Gauteng
                   B    naby Johannesburg
                   C    in Mpumalanga
                   D    buite Kaapstad

      3.2.8        ŉ Probleem met vervaardiging in Gauteng is …

                   A    die groeiende druk op waterbronne.
                   B    ŉ tekort aan infrastruktuur.
                   C    agglomerasie.
                   D    die groot afstand vanaf die elektriese produseerders.
                                                                                (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   GEOGRAFIE V1                           (SEPTEMBER 2014)

3.3   Bestudeer FIGUUR 3.3 noukeurig wat grondgebruiksones in ŉ stedelike
      nedersetting uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

      3.3.1    Noem die grondgebruiksones genommer A en B.                  (2 x 1)      (2)

      3.3.2    Lys TWEE funksies wat in grondgebruiksone A voorkom.         (2 x 1)      (2)

      3.3.3    Verduidelik waarom die meeste geboue in grondgebruiksone A
               hoog is.                                                (1 x 2)           (2)

      3.3.4    Verskaf ŉ rede vir die redelike hoë pryse van grond in sone B.
                                                                            (1 x 2)      (2)

      3.3.5    Dinamiese veranderinge in grondgebruik sone A is voortdurend
               deur middel van inname en vervanging. Bespreek enige TWEE
               programme wat hierdie grondgebruiksone kan transformeer
               (verander).                                               (2 x 2)         (4)

      3.3.6    Evalueer TWEE strategieë wat die stadsraad kan implementeer om
               die morele en sosiale degenerering wat in grondgebruiksone B
               voorkom, aan te spreek.                                   (2 x 2)         (4)

3.4   Verwys na FIGUUR 3.4, wat die beweging van boere vanaf plase na stede
      beklemtoon en beantwoord die volgende vrae.

      3.4.1    Wat word die proses wat die beweging van mense vanaf plase na
               stede beskryf, genoem?                                  (1 x 1)           (1)
               .
      3.4.2    Lys TWEE redes waarom mense die plase verlaat (stootfaktore)
                                                                        (2 x 1)          (2)

      3.4.3    Verduidelik waarom jong mense die meeste deur die stootfaktore
               in landelike gebiede geaffekteer word.                  (2 x 2)           (4)

      3.4.4    Evalueer in ongeveer 8 reëls die ekonomiese gevolge vir landelike
               gebiede as gevolg van landelike ontvolking.               (4 x 2)         (8)

3.5   TABEL 3.5 verskaf besonderhede van die ekonomiese sektore se bydrae
      tot Suid-Afrika se BBP vir 2012. Bestudeer hierdie tabel en beantwoord die
      volgende vrae.

      3.5.1    Noem die ekonomiese sektor wat die grootste bydrae tot die
               ekonomie maak.                                     (1 x 1)                (1)

      3.5.2    Wat beteken die term bruto binnelandse produk (BBP)?         (1 x 1)      (1)

      3.5.3    Stel TWEE maniere voor hoe die BBP in Suid-Afrika verhoog kan
               word.                                                    (2 x 1)          (2)

      3.5.4    Lewer kommentaar oor die feit dat finansies en behuising so goed
               in Suid-Afrika gevestig is.                               (1 x 2)         (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                        GEOGRAFIE V1                                           13

       3.5.5       “Landbou dra slegs 2,4% tot die primêre sektor by, maar bly
                   steeds belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.” Verduidelik
                   waarom dit die geval is.                                    (2 x 2)          (4)

       3.5.6       In ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik waarom handel
                   en grondeienaarskap landbou-ontwikkeling in Suid-Afrika
                   bevoordeel het.                                            (4 x 2)           (8)

3.6    Lees deur die gevallestudie, ‘Neliswa oorwin werkloosheid en
       weduweeheid’ in FIGUUR 3.6, en beantwoord die volgende vrae.

       3.6.1       Verduidelik wat jy onder die term informele sektor verstaan.
                                                                                  (1 x 1)       (1)

       3.6.2       Noem EEN probleem (vermeld in die gevallestudie) waaraan
                   mense soos Neliswa blootgestel word tydens verkope van hulle
                   produkte.                                            (1 x 2)                 (2)

       3.6.3       Bespreek enige TWEE redes waarom mense soos Neliswa
                   gedwing word om in die informele sektor werk te bekom. (2 x 2)               (4)

       3.6.4       Verduidelik TWEE maniere waaraan daar veranderinge aan die
                   informele sektor gemaak kan word om die Suid-Afrikaanse
                   ekonomie te versterk.                               (2 x 2)                  (4)
                                                                                               [75]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    GEOGRAFIE V1                        (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 4

4.1   Verskaf ŉ term/woord uit KOLOM B, wat by die beskrywing in KOLOM A
      pas. Skryf slegs die letter (A–H) uit KOLOM B, teenoor die vraagnommer
      (4.1.1–4.1.8) neer, bv. 4.1.9 J.

                        KOLOM A                               KOLOM B
      4.1.1     verandering van die huidige          A   Waterpunt standplaas
                struktuur van grondeienaarskap

      4.1.2     boerdery om ŉ wins te maak           B   Droëpunt standplaas

      4.1.3     groei van nedersettings waar         C Reikwydte
                roetes die rivier kruis

      4.1.4     grond word deur die gemeenskap       D Grondhervorming
                besit

      4.1.5     ŉ klein landelike nedersetting       E   Gemeenskaplike
                                                         eienaarskap

      4.1.6     nedersettings   wat      naby    ŉ F     Brugpunt
                waterbron gebou is

      4.1.7     nedersettings wat weg vanaf ŉ G Gehuggie
                waterbron gebou is

      4.1.8     maksimum afstand wat mense H             Kommersiële boerdery
                reis om goedere te koop
                                                                               (8 x 1)   (8)

4.2   Kies ŉ term uit die onderstaande lys wat die by die daaropvolgende stellings
      pas. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in
      die ANTWOORDEBOEK neer.

      Kwaternêre aktiwiteite; Veredeling; Tersiêre sektor; GEAR; Uitkringende
      effek; Agglomerasie; Kern; Periferie; SEB; Industriële inersie

      4.2.1    Die onwilligheid van gevestigde industrieë om te beweeg

      4.2.2    ŉ Regeringsplan vir ekonomiese ontwikkeling en werkskepping

      4.2.3    ŉ Proses waarby laegraadse ertse by ŉ myn verryk word

      4.2.4    Daardie deel van die ekonomie wat betrokke is met navorsing,
               versameling van inligting, ens.

      4.2.5    Nuwe ekonomiese aktiwiteit in ŉ gebied wat verdere ekonomiese
               ontwikkeling en meer werksgeleenthede stimuleer

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                        GEOGRAFIE V1                                         15

       4.2.6       ŉ Gebied van lae ekonomiese ontwikkeling

       4.2.7       ŉ Gebied waar ekonomiese aktiwiteite gekonsentreer is         (7 x 1)      (7)

4.3    Verwys na FIGUUR 4.3, wat ŉ gebied in die Suidelike Halfrond uitbeeld en
       beantwoord die volgende vrae.

       4.3.1       Onderskei tussen die terme standplaas en ligging van ŉ
                   nedersetting.                                    (2 x 1)                   (2)

       4.3.2       Beskryf die nedersettingspatroon by A en B onderskeidelik.
                                                                                 (2 x 2)      (4)

       4.3.3       Verskaf TWEE faktore wat moontlik die patroon by A beïnvloed
                   het.                                                      (2 x 2)          (4)

       4.3.4       Verduidelik die klimatologiese faktor wat verantwoordelik vir die
                   ligging van nedersetting C mag wees.                     (1 x 2)           (2)

       4.3.5       Regverdig waarom dit nie hedendaags nodig is vir nedersettings
                   soos D, om naby ŉ waterbron te wees nie.               (1 x 2)             (2)

4.4    Lees deur die koerantartikel met die titel, ‘PLAKKERS EIS HUISE in
       FIGUUR 4.4, wat klem lê op konflik oor grondgebruik in Suid-Afrika en
       beantwoord die volgende vrae.

       4.4.1       Definieer die term informele nedersetting.                    (1 x 2)      (2)

       4.4.2       Verskaf die vernaamste grief van die          plakkers   teen die
                   munisipaliteit.                                             (1 x 1)        (1)

       4.4.3       Beskryf enige TWEE probleme wat plakkers oor die algemeen
                   ervaar.                                                 (2 x 2)            (4)

       4.4.4       In ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls verskaf TWEE redes (behalwe
                   behuising) vir konflikte oor grondgebruik en verskaf TWEE
                   moontlike oplossings vir behuisingskonflikte wat ontstaan. (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   GEOGRAFIE V1                          (SEPTEMBER 2014)

4.5    Lees deur die gevallestudie van die Richardsbaai Industriële Ontwikkelings-
       sone in FIGUUR 4.5 en beantwoord die volgende vrae.

       4.5.1    Wat is ŉ industriële ontwikkelingsone?                     (1 x 1)       (1)

       4.5.2    Waarom is Richardsbaai ŉ ideale ligging vir industrieë wat goedere
                uitvoer?                                                    (2 x 1)      (2)

       4.5.3    Noem EEN ander industriële ontwikkelingsone wat operasioneel in
                                                                                         (1)
                Suid-Afrika is.                                        (1 x 1)

       4.5.4    Verduidelik hoe Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatiewe beoog om die
                beginsel van desentralisasie van ekonomiese aktiwiteite uit
                kerngebiede, te bereik.                                   (3 x 2)        (6)

       4.5.5    Skryf ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, om die impak van die
                ontwikkeling van ŉ IOS op ŉ gebied te evalueer. Oorweeg die
                positiewe impak van die ontwikkeling.                 (4 x 2)            (8)

4.6    FIGUUR 4.6 toon die tipe industrieë wat aangetref word in een van die
       ekonomiese streke wat julle hierdie jaar bestudeer het. Verwys na die
       sketse om die volgende vrae te beantwoord.

       4.6.1    Benoem die kern industriële streek wat oor die algemeen vir die
                produksie van die goedere wat in FIGUUR 4.6 getoon word,
                verantwoordelik is.                                     (1 x 1)          (1)

       4.6.2    Lewer kommentaar oor die ligging van die petro-chemiese- en
                suikerindustrieë in hierdie gebied.                  (2 x 2)             (4)

       4.6.3    Bespreek TWEE voordele wat hierdie industriële streek bo die
                PWV-industriële streek geniet.                        (2 x 2)            (4)

       4.6.4    Skryf enige TWEE probleme neer,            wat   die   ekonomiese
                ontwikkeling in hierdie streek belemmer.                    (2 x 2)      (4)
                                                                                        [75]

                                                                 GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOG P1 GR12 SEPT14 QP Eng adapted](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept14-qp-eng-adapted/ed4de9c8-4a5d-417a-9445-88a8ee28be51) — Geography · QP · 2014 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-english/163e5499-d825-458c-9f96-f94970355b77) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 MEMO SEPT2014 .FINAL](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-memo-sept2014-final/b94397cc-6620-4447-ae33-790d68ecb017) — Geography · Memo · 2014
- [Geography P1 Nov 2014 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2014-memo-afr/485cae08-bf91-4b58-81c7-39e8e226dff2) — Geography · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
