# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2012 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2012 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOG P1 N12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-memo-afr/23ad5b55-3deb-44d9-8ea6-c393236c2c2d) — Memo · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                      EASTERN CAPE
                      EDUCATION

                               NASIONALE
                           SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                            NOVEMBER 2012

                              GEOGRAFIE V1

PUNTE:      300

TYD:        3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ŉ aanhegsel van 14 bladsye.

### Page 2

2                                  GEOGRAFIE V1                          (NOVEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
      AFDELING B.

2.    Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word:

      EEN vraag uit AFDELING A
      EEN vraag uit AFDELING B
      Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B
      (Wat nog NIE beantwoord is NIE.)

3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Omring die nommer van jou vrae op die voorkant van die
      ANTWOORDEBOEK.

9.    Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

11.   Puntetoekenning: Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                       3x2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir
                       TWEE punte elk.

                         Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
                         3x1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word vir
                         EEN punt elk.

                         Opsteltipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
                         Enige LYS van antwoorde gaan veroorsaak dat punte
                         afgetrek word.

### Page 3

(NOVEMBER 2012)                          GEOGRAFIE V1                                         3

 AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE: DIE BELANGRIKEID VAN WATER EN
             EKOSISTEME

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 1          [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2]

 1.1    Kies die korrekte term tussen hakies vir elk van die volgende stellings. Skryf
        slegs die term teenoor die vraagnommer (1.1.1. – 1.1.5)
        byvoorbeeld 1.1.6 golfenergie.

        1.1.1      Die water wat oor die land in strome en riviere vloei
                   (infiltrasie/afloop)                                                      (2)

        1.1.2      Die opwekking van elektrisiteit van lopende water
                   (hidroëlektrisiteit/golfenergie)                                          (2)

        1.1.3      ŉ Verdronke riviervallei (fjord/ria)                                      (2)

        1.1.4      Die skuur van rotsstukke en sand teen rotse as gevolg van
                   brander-aksie (hidrouliese werking/abrasie)                               (2)

        1.1.5      Vorme waar sand afgeset word in ŉ vlak see (sandtong/strandhoof)          (2)

 1.2    Pas die korrekte term in KOLOM B met die beskrywing in KOLOM A.
        Skryf slegs die letter van die term uit KOLOM B teenoor die vraagnommer
        (1.2.1 – 1.2.5) byvoorbeeld 1.2.6 X.

                                     KOLOM A                               KOLOM B
        1.2.1      Die natuurlike plek waar ŉ spesie of ŉ           A      Biomassa
                   gemeenskap woon
        1.2.2      ŉ Verskeidenheid van spesies                     B Simbiose
        1.2.3      Die voeding van een dier op ŉ ander              C Habitat
        1.2.4      Die interaksie tussen lewende organismes in      D Biodiversiteit
                   ŉ ekosisteem vir voedsel, lig en skuiling
        1.2.5      Die oordrag van voedselenergie deur              E      Herbivoor
                   aaneengeskakelde voedselkettings
                                                                   F       Predasie
                                                                   G       Voedselketting
                                                                   H       Kompetisie
                                                                   I       Voedselweb
                                                                   J       Ekosisteem
                                                                                     (5x2)   (10)

### Page 4

4                                   GEOGRAFIE V1                            (NOVEMBER 2012)

1.3   Bestudeer die uittreksel en die gepaardgaande kaart (FIGUUR 1.3) om die
      volgende vrae te beantwoord.

      1.3.1   Wat is marikultuur?                                              (1x2)    (2)

      1.3.2   Beskryf die uitwerking van besoedelingsdeeltjies op die
              marikultuurbedryf in die gebied.                                 (1x2)    (2)

      1.3.3   Op watter wyse kan die meule die toeriste-bedryf in die gebied
              bedreig?                                                      (1x2)       (2)

      1.3.4   Wat verhoed dat die soutwatervlakke in die baai en strandmeer te
              hoog raak?                                                  (1x2)         (2)

      1.3.5   Dink jy die oprigting van ŉ verskeepingskaai vir erts waarskynlik
              die sirkulasie van water in die baai sal beperk? Regverdig jou
              antwoord.                                                      (2x2)      (4)

1.4   Bestudeer die uittreksel en gepaardgaande kaart (FIGUUR 1.4) om die
      volgende vrae te beantwoord.

      1.4.1   Identifiseer die groot reservoir stroomaf van die Aswandam.      (1x1)    (1)

      1.4.2   Bespreek die voordele van die jaarlikse oorstroming van die
              Nylrivier voordat die dam gebou was.                             (2x2)    (4)

      1.4.3   Hoe kan landbou voordeel trek uit die bou van die dam?           (2x1)    (2)

      1.4.4   Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) oor die negatiewe uitwerking
              van die dam op die omgewing asook hoe die dam gebruik kan
              word om die oorstroming van die Nylrivier te beheer.           (6x2)      (12)

1.5   Verwys na die diagram (FIGUUR 1.5) om die volgende vrae te beantwoord.

      1.5.1   Kuslangse drif vind langs Durban se strandfront plaas. Die strand
              beweeg letterlik suidwaarts. Verduidelik die proses van kuslangse
              drif.                                                          (2x2)      (4)

      1.5.2   Verduidelik die invloed van kuslangse drif op:

              (a)   Die ligging van nedersettings (geboue) langs die kus.      (1x2)    (2)

              (b)   Die toerisme-aktiwiteite in die gebied.                    (1x2)    (2)

      1.5.3   Stel ŉ oplossing vir die probleem van kuslangse drif, sonder om die
              plaaslike ekosisteem te versteur, voor.                       (1x1)       (1)

### Page 5

(NOVEMBER 2012)                       GEOGRAFIE V1                                         5

 1.6    Verwys na die ekosisteem (FIGUUR 1.6) om die volgende vrae te
        beantwoord.

        1.6.1     Identifiseer EEN biotiese en EEN abiotiese komponent in hierdie
                  ekosisteem.                                                              (2)

        1.6.2     Gee ŉ voorbeeld van ŉ ontbinder in hierdie ekosisteem.         (1x2)     (2)

        1.6.3     Verduidelik die belangrikheid van ontbinders in ŉ ekosisteem. (2x2)      (4)

        1.6.4     Watter toestande is gunstig vir die proses van ontbinding?     (2x2)     (4)

        1.6.5     Identifiseer ŉ simbiotiese verhouding (wisselwerking) in hierdie
                  ekosisteem.                                                     (1x2)    (2)

 1.7    Bestudeer die uittreksel (FIGUUR 1.7) wat die uitwerking van menslike
        aktiwiteite op ekosisteme voorstel om die volgende vrae te beantwoord.

        Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) oor die negatiewe uitwerking van
        menslike aktiwiteite op ekosisteme deur te verwys na:

        1.7.1     Versteuring van die voedselketting                             (2x2)     (4)

        1.7.2     Vergiftiging van die voedselketting                            (2x2)     (4)

        1.7.3     Oorsaak van verlies van habitat en biodiversiteit              (2x2)     (4)

 1.8    Verwys na die uittreksel en die gepaardgaande diagram (FIGUUR 1.8) om
        die volgende vrae te beantwoord.

        1.8.1     Wat, dink jy, word uit die ekosisteem onttrek?                 (1x2)     (2)

        1.8.2     Hoe vervang ŉ ekostelsel dit wat daaruit geneem is?            (1x2)     (2)

        1.8.3     Gee voorbeelde van wisselwerkinge in ŉ ekosisteem om sy
                  ewewig te handhaaf.                                            (2x2)     (4)

        1.8.4     Wat sal gebeur as daar te veel uit ŉ ekosisteem geneem word en
                  nie genoeg terug geplaas word om dit te vervang nie?       (2x2)         (4)

        1.8.5     Gee voorbeelde van menslike aktiwiteite wat ŉ negatiewe
                  uitwerking kan het op ŉ ekosisteem se vermoë tot self-regulering.
                                                                                (2x1)      (2)
                                                                                          [100]

### Page 6

6                                  GEOGRAFIE V1                             (NOVEMBER 2012)

VRAAG 2       [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2]

2.1   Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf slegs Waar
      of Onwaar teenoor die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.5) byvoorbeeld
      2.1.6 Waar.

      2.1.1    Wanneer ŉ rivier vloei in ŉ meer of vlei vorm dit ŉ binnelandse
               dreineerbekken.                                                          (2)

      2.1.2    Kariba-meer is die kleinste mensgemaakte meer in Afrika.                 (2)

      2.1.3    Die voorstrand is die deel van die strand tussen die laagwater- en
               die hoogwater merke.                                                     (2)

      2.1.4    ŉ Riakus is ŉ verrysende riviervallei wat altyd vorm rondom ŉ
               estuarie of ŉ riviermonding.                                             (2)

      2.1.5    ŉ Tombolo is ŉ sandtong, wat agter ŉ eiland naby die kus vorm,
               wat die eiland met die kus verbind.                                      (2)

2.2   Kies die ontbrekende woord(e), vanuit die onderstaande lys, om die
      volgende stellings te voltooi. Skryf slegs die woord(e) teenoor die
      vraagnommer (2.2.1 – 2.2.5) byvoorbeeld, 2.2.6 Springgety

      Inheems; Organies; Eksoties; Mineraal; Salinasie; Afkapping; Siltasie; Jag;
                               Ontbossing; Gestroop

      2.2.1    Die Protea is ŉ voorbeeld van ŉ plant wat ... aan die Fynbos-bioom
               is.                                                                      (2)

      2.2.2    Die afsaag van bome om te gebruik as brandhout word ... genoem.          (2)

      2.2.3    ... materie word gevorm deur die ontbinding van plant- en
               diermateriaal.                                                           (2)

      2.2.4    ... versadig grond in droë streke met sout wat dit ongeskik maak vir
               landbou.                                                                 (2)

      2.2.5    Gedurende burgeroorloë in Afrika word bedreigde spesies ... vir
               voedsel en onwettige handel.                                             (2)

### Page 7

(NOVEMBER 2012)                       GEOGRAFIE V1                                         7

 2.3    Bestudeer die diagramme A en B in FIGUUR 2.3 wat die temperatuurprofiel
        van die Tropiese Stille-oseaanwaters onder verskillende toestande voorstel
        om die volgende vrae te beantwoord.

        2.3.1     Watter diagram, A of B, verteenwoordig El Nino-toestande?       (1x1)   (1)

        2.3.2     In watter diagram, A of B, is die ooste-winde sterker?          (1x1)   (1)

        2.3.3     Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 2.3.2, verduidelik
                  waarom die sterker ooste-winde die visbedryf sal bevorder.      (1x2)   (2)

        2.3.4     Vir watter verskynsel, A of B, sal Afrika waarskynlik droogte
                  ervaar? Regverdig jou antwoord.                                 (2x2)   (4)

        2.3.5     Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om die uitwerking van
                  droogtes op boerdery-aktiwiteite in Afrika te bespreek en stel
                  maatreëls voor wat boere kan implementeer om te beplan vir
                  droogtes en om die uitwerking van droogtes te verminder.       (6x2)    (12)

 2.4    Verwys na die grafieke (FIGUUR 2.4) en beantwoord die volgende vrae.

        2.4.1     Watter dorp ervaar die grootste verskil tussen die daaglikse
                  maksimum en minimum temperature?                                (1x1)   (1)

        2.4.2     Watter dorp ervaar die grootste verskil tussen die somer- en winter
                  temperature?                                                  (1x1)     (1)

        2.4.3     Wat is die verskil tussen die Junie maksimum en minimum
                  temperature in:

                  (a)   Durban                                                    (1x2)   (2)

                  (b)   Pietermaritzburg                                          (1x2)   (2)

        2.4.4     Verduidelik die verskil in temperatuur tussen die twee dorpe. (1x2)     (2)

 2.5    FIGUUR 2.5 is ŉ eenvoudige skets van die ‘Hole in the Wall’ in die landelike
        gebied van Transkei. Bestudeer die skets en beantwoord die volgende vrae.

        2.5.1     Was die ‘Hole in the Wall’ gevorm deur konstruktiewe- of
                  destruktiewe golwe?                                             (1x1)   (1)

        2.5.2     Was die ‘Hole in the Wall’ gevorm deur afsetting of erosie?     (1x1)   (1)

        2.5.3     Identifiseer die verskynsel gemerk A.                           (1x2)   (2)

        2.5.4     Wat sal uiteindelik gebeur met die ‘Hole in the Wall’ na ŉ lang
                  tydperk van verwering?                                          (1x2)   (2)

        2.5.5     Die ‘Hole in the Wall’ is ŉ toeriste aantreklikheid. Lys TWEE
                  positiewe gevolge van toerisme in die gebied.                   (2x2)   (4)

### Page 8

8                                  GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2012)

2.6   Bestudeer die grondprofiel (FIGUUR 2.6) en beantwoord die volgende vrae.

      2.6.1   Watter horison bevat die moedergesteente?                      (1x2)    (2)

      2.6.2   In watter horison het alle plante hul wortels?                 (1x2)    (2)

      2.6.3   Watter horison is vatbaar tot erosie?                          (1x2)    (2)

      2.6.4   Watter horison is grondagtig, maar bevat geen humus?           (1x2)    (2)

      2.6.5   Identifiseer die prosesse gemerk A en B.                       (2x1)    (2)

      2.6.6   Watter proses, A of B, sal heel waarskynlik ŉ uitwerking het op die
              grond van die Tropiese reënwoude van die Kongo?                (1x2)    (2)

      2.6.7   Noem die probleem wat veroorsaak word deur die proses by B.
                                                                        (1x2)         (2)

      2.6.8   ŉ Boer het die grond op sy plaas swaar met fosfaat- of
              nitraatkunsmisstowwe bemes. Wat sal die uitwerking op die
              waterkringloop en water-ekosisteme wees?                       (3x2)    (6)

2.7   Lees die uittreksel oor die Graslandbioom (FIGUUR 2.7) en beantwoord die
      volgende vrae.

      2.7.1   Waar in Suid-Afrika word die graslandbioom gevind?             (1x2)    (2)

      2.7.2   Wat is die name van die graslandstreke in Suid-Amerika en Noord-
              Amerika onderskeidelik?                                     (2x1)       (2)

      2.7.3   Waarom het die graslandbioom min of geen bome nie?             (1x2)    (2)

      2.7.4   Waarom is die graslandbioom gunstig vir boerdery?              (1x2)    (2)

      2.7.5   Wat het die vernietiging van groot dele van hierdie bioom
              veroorsaak?                                                    (2x1)    (2)

      2.7.6   Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om die voordele van
              veldbrande op hierdie bioom te verduidelik en stel maniere voor om
              die vernietiging van die grasland deur veldbrande aan te spreek.
                                                                            (6x2)     (12)
                                                                                     [100]

### Page 9

(NOVEMBER 2012)                         GEOGRAFIE V1                                    9

 MENSLIKE GEOGRAFIE: MENSE EN HUL BEHOEFTES

 AFDELING B: ONTWIKKELING, VOLHOUBAARHEID, MENSE EN HUL
             BEHOEFTES

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.

 VRAAG 3          [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2]

 3.1    Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord in te vul. Skryf
        slegs die ontbrekende woord teenoor die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.5)
        byvoorbeeld 3.1.6 Hersikuleer

        …3.1.1…-hulpbronne word in die fisiese omgewing gevind en word
        …3.1.2…-stowwe genoem wanneer dit in hul natuurlike toestand gebruik
        word.                                                              (2x2)        (4)

        …3.1.3…-hulpbronne is die vaardighede en kennis wat mense bydra terwyl
        …3.1.4…-hulpbronne is die kapitaal wat benodig word om hulpbronne uit
        die fisiese omgewing te ontgin en te gebruik.                      (2x2)        (4)

        …3.1.5…-hulpbronne is die hulpbronne wat nie so vinnig in die natuur
        hervorm kan word soos wat dit opgebruik word nie.                    (1x2)      (2)

 3.2    Die volgende stellings is onwaar. Korrigeer elke stelling en skryf die
        antwoord teenoor die vraagnommer (3.2.1 – 3.2.5) byvoorbeeld, BBP staan
        vir Bruto Binnelandse Produk (Waar).

        3.2.1      Kwaternêre aktiwiteite sluit alle primêre-, sekondêre- en tersiêre
                   aktiwiteite in.                                                      (2)

        3.2.2      Die VN is al die ontwikkelende lande wat met hulpverlening
                   bystaan.                                                             (2)

        3.2.3      Een van die Millenniumontwikkelingsdoelwitte wat teen 2015 bereik
                   moet word is om uiterse armoede en honger te verhoog.                (2)

        3.2.4      Stedelike ontwikkeling behels die voorsiening van ŉ beter lewe vir
                   mense wat woon en werk in landelike gebiede.                         (2)

        3.2.5      Geslagsongelykheid is wanneer mans en vroue gelyke
                   geleenthede het om hul potensiaal te verwesenlik om by te dra tot
                   en om voordeel uit ontwikkeling te trek.                             (2)

### Page 10

10                                  GEOGRAFIE V1                          (NOVEMBER 2012)

3.3   Verwys na die spotprent (FIGUUR 3.3) wat verskille in globale ontwikkeling
      voorstel om die volgende vrae te beantwoord.

      3.3.1    Definieer die Brandt-lyn.                                     (1x2)    (2)

      3.3.2    Deur na jou antwoord in VRAAG 3.3.1 en die spotprent te verwys,
               onderskei tussen ontwikkelde- en ontwikkelende lande.       (2x2)      (4)

      3.3.3    Verwys na die spotprent en dui aan watter simbole en woorde
               verteenwoordig ontwikkelde- en watter verteenwoordig
               ontwikkelende lande onderskeidelik.                         (2x2)      (4)

      3.3.4    Identifiseer TWEE ontwikkelingsaanwysers wat in die spotprent
               voorgestel word.                                            (2x2)      (4)

      3.3.5    Watter boodskap oor die globale ekonomie lees jy in die spotprent?
                                                                            (1x2)     (2)

      3.3.6    Verwys na die Brandt-verslag om jou antwoord in VRAAG 3.3.5 te
               regverdig.                                                (1x2)        (2)

3.4   Verwys na die uittreksel (FIGUUR 3.4) wat landelike ontwikkeling voorstel
      om die volgende vrae te beantwoord.

      3.4.1    Verduidelik wat met landelike ontwikkeling bedoel word.       (1x2)    (2)

      3.4.2    Waar is Qumbu geleë?                                          (1x1)    (1)

      3.4.3    Noem die tipe ekonomiese aktiwiteit wat die ontwikkelingsprogram
               wil verbeter.                                                (1x1)     (1)

      3.4.4    Noem TWEE faktore wat ontwikkeling in Qumbu vertraag.         (2x2)    (4)

      3.4.5    Verduidelik die benadering wat die program gebruik om
               ontwikkeling in Qumbu te verbeter.                            (1x2)    (2)

      3.4.6    Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om te verduidelik waarom
               vroue in hierdie landelike gebied opgehef word en hoe die program
               beoog om die situasie vir vroue te verbeter.                  (6x2)    (12)

### Page 11

(NOVEMBER 2012)                       GEOGRAFIE V1                                      11

 3.5    Bestudeer die uittreksel en gepaardgaande diagram wat grondgebruik-
        konflikte in nasionale parke (FIGUUR 3.5) voorstel om die volgende vrae te
        beantwoord.

        3.5.1     Verwys na die diagram en gee redes waarom plaaslike
                  gemeenskappe in konflik met nasionale parke is.               (2x2)    (4)

        3.5.2     Verduidelik hoe ŉ toename in besoekers en toeriste na die
                  nasionale parke ŉ negatiewe uitwerking op die omgewing het. (2x2)      (4)

        3.5.3     Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om die belangrikheid van die
                  stigting van nasionale parke en die geleenthede wat nasionale
                  parke aan die plaaslike gemeenskappe bied te verduidelik.     (6x2)   (12)

 3.6    Verwys na FIGUUR 3.6 wat aandui hoe steenkool-ontginning die
        omgewing beskadig om die volgende vrae te beantwoord.

        3.6.1     Identifiseer die tipe mynboumetode wat in die diagram gebruik
                  word.                                                         (1x2)    (2)

        3.6.2     Is steenkool ŉ hernubare of nie-hernubare hulpbron? Gee ŉ rede
                  vir jou antwoord.                                           (2x1)      (2)

        3.6.3     Verwys na die diagram en noem die proses waardeur:

                  (a)   Reënwater die grondwaterbronne binnedring               (1x2)    (2)

                  (b)   Reënwater in riviere en mere vloei                      (1x2)    (2)

        3.6.4     Lys TWEE negatiewe gevolge wat steenkool-ontginning op die
                  omgewing het.                                             (2x2)        (4)

        3.6.5     Stel maatreëls voor wat mynbou-maatskappye kan implementeer
                  om die omgewing te herstel na die ontginning van die
                  steenkoolerts.                                          (2x2)          (4)

        3.6.6     “Omgewingsbewustes is van mening dat die omgewing nie
                  heeltemal kan herstel na die ontginning van die erts nie …”
                  Regverdig die stelling.                                       (2x2)    (4)
                                                                                        [100]

### Page 12

12                                 GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2012)

VRAAG 4       [LU 1.2 – LU 1.5] [LU 2.1 – LU 2.4] [LU 3.1 – LU 3.2]

4.1   Gee EEN woord vir die volgende stellings. Skryf slegs die woord teenoor die
      vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) byvoorbeeld 4.1.6 Ontbossing.

      4.1.1    Die vermindering of opgebruik van hulpbronne soos die vraag na
               hulpbronne toeneem                                                     (2)

      4.1.2    Die gebruik van hernubare hulpbronne in ŉ onbeheersde manier
               dat daar nie genoeg tyd is om te hervorm nadat dit gebruik word
               nie                                                                    (2)

      4.1.3    Die beheerde en verstandige gebruik van hulpbronne wat verseker
               dat toekomstige generasies toegang sal het tot genoeg hulpbronne
               vir hul eie voortbestaan                                               (2)

      4.1.4    Die proses om te verseker dat natuurlike spesies nie bedreig word
               nie                                                                    (2)

      4.1.5    Die herhaaldelike gebruik van afval of hulpbronne wat afgebreek
               en weer opgebou kan word                                               (2)

4.2   Voltooi die volgende paragraaf deur die ontbrekende woord(e) in te vul.
      Skryf slegs die ontbrekende woord(e) teenoor die vraagnommer
      (4.2.1 – 4.2.5) byvoorbeeld 4.2.6 Globalisering

      4.2.1    … is ŉ deurlopende proses van ekonomiese-, sosiale- en
               omgewingsgroei, wat die lewensgehalte van die mense van ŉ land
               verbeter.                                                              (2)

      4.2.2    … word gebruik om die vlak van ontwikkeling tussen lande te
               vergelyk.                                                              (2)

      4.2.3    … word gebruik om die menslike ontwikkeling van die bevolking
               van ŉ land te meet.                                                    (2)

      4.2.4    … vergelyk die sosiale welstand van ŉ land deur die vlak van
               indiensneming, gesinslewe, ens. in ag te neem.                         (2)

      4.2.5    … bereken hoe mense se lewens positief of negatief geraak sal
               word deur die verskillende aspekte van die omgewing waarin hulle
               woon.                                                                  (2)

### Page 13

(NOVEMBER 2012)                        GEOGRAFIE V1                                      13

 4.3    Bestudeer die spotprent (FIGUUR 4.3) om die volgende vrae te beantwoord.

        4.3.1     Verduidelik die belangrikheid van die spotprent deur te verwys na:

                  (a)   Die kern-periferie model                                (2x2)    (4)

                  (b)   Die afhanklikheidsmodel                                 (2x2)    (4)

        4.3.2     Stem jy saam met wat die spotprent sê oor die G8-lande?

                  Watter implikasies het dit vir die ontwikkelende lande?       (3x2)    (6)

        4.3.3     Waar en wanneer het die konferensie plaasgevind?              (2x1)    (2)

        4.3.4     Wat was die agenda van die konferensie?                       (1x2)    (2)

 4.4    Lees die artikel (FIGUUR 4.4) om die volgende vrae te beantwoord.

        4.4.1     Definieer die term globalisering.                             (1x2)    (2)

        4.4.2     Verwys na die artikel en dui EEN faktor aan wat die proses van
                  globalisering beïnvloed het.                                 (1x2)     (2)

        4.4.3     Waarom is die suidelike lande in ŉ armoede-strik vasgevang? (1x2)      (2)

        4.4.4     Is die ekonomiese pad wat in die artikel gevolg word volhoubaar?
                  Verklaar jou antwoord.                                       (2x2)     (4)

        4.4.5     Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om die positiewe- en
                  negatiewe uitwerking van globalisering op die arm lande van die
                  suide te verduidelik.                                        (6x2)     (12)

 4.5    Verwys na die sektorgrafiek (sirkel) oor ontbossing (FIGUUR 4.5) om die
        volgende vrae te beantwoord.

        4.5.1     Watter bydrae het die ontwikkelde lande in die suide tot
                  wêreldontbossing gelewer? Regverdig jou antwoord.             (2x2)    (4)

        4.5.2     Watter ontwikkelende streek het die kleinste bydrae gelewer tot
                  wêreldontbossing?                                             (1x2)    (2)

        4.5.3     Lys sosio-ekonomiese faktore wat tot ontbossing in Afrika gelei het.
                                                                                (3x2)    (6)

        4.5.4     Beskryf die uitwerking van ontbossing op die grondtoestande in
                  Afrika.                                                      (1x2)     (2)

        4.5.5     Wat kan gedoen word om die uitwerking van ontbossing in Afrika te
                  verminder?                                                  (2x2)      (4)

### Page 14

14                                GEOGRAFIE V1                           (NOVEMBER 2012)

4.6   Lees die uittreksel (FIGUUR 4.6) om die volgende vrae te
      beantwoord.

      4.6.1   Waarom word wind-opgewekte krag geklassifiseer as ŉ hernubare
              kragbron?                                                (1x1)          (1)

      4.6.2   Waarom word die woord ‘skoon’ gebruik om hierdie tipe elektrisiteit
              te beskryf?                                                  (1x2)      (2)

      4.6.3   Waar is die windplaas wat in die uittreksel voorgestel word geleë?
                                                                             (1x1)    (1)

      4.6.4   Verduidelik hoe windkrag by die windplaas opgewek sal word. (2x2)       (4)

      4.6.5   Verduidelik wat met ‘groen’-kragvoorsiening bedoel word.      (1x2)     (2)

      4.6.6   Skryf ŉ opstel (nie meer as 12 reëls) om die voordele en nadele
              van wind-opgewekte krag te beskryf.                           (6x2)     (12)
                                                                                     [100]

                                                                 GROOTTOTAAL:        300

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2020-afrikaans/384423e3-a08d-4e6b-904e-3bd309c19863) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/355b8de3-5ced-4d5e-96be-a064532cc824) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/10b0dd7d-9d9a-4ae3-b582-711f550187e6) — Geography · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
