# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             SEPTEMBER 2020

                                GEOGRAFIE V2

PUNTE:   75

TYD:     1½ uur

NAAM:

                                                                                 TOTALE
                                                                                          MOD.
                                                                                 PUNTE
                           PUNT        HVD       GROEP     PROVINSIAAL

          V1        15

          V2        20                                                            75      75

          V3        25

          V4        15

              Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye, insluitend 1 bladsy vir
                                 rofwerk en berekeninge.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V2                                (EC/SEPTEMBER 2020)

 BRONMATERIAAL

 1.    ŉ Uittreksel uit topografiese kaart 3319 CB WORCESTER.

 2.    Ortofotokaart 3319 CB 15 WORCESTER.

 3.    LET WEL:       Die bronmateriaal moet deur die skole vir hul eie gebruik
                      ingeneem word.

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Skryf jou NAAM in die spasies wat op die voorblad voorsien is.

 2.    Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien is.

 3.    Jy word van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (3319 CB WORCESTER) en ŉ
       ortofotokaart (3319 CB 15 WORCESTER) van 'n gedeelte van die gekarteerde
       gebied voorsien.

 4.    Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
       eksamensessie aan die toesighouer oorhandig.

 5.    Jy mag die blanko bladsy aan die einde van hierdie vraestel vir alle rofwerk en
       berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak NIE.

 6.    Toon ALLE berekeninge en gebruik die formules, waar van toepassing. Punte
       sal hiervoor toegeken word.

 7.    Dui die korrekte maateenheid in die finale antwoord van berekeninge aan,
       byvoorbeeld 10 km; 2,1 cm.

 8.    Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar en 'n vergrootglas gebruik.

 9.    Die gebied wat met SWART EN ROOI op die topografiese kaart afgebaken is,
       stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

 10.   Die volgende Engelse begrippe en hul Afrikaanse vertalings word op die
       topografiese kaart getoon:

                 AFRIKAANS                                    ENGLISH
       Vliegveld                             Aerodrome
       Gholfbaan                             Golf course
       Modelvliegtuigklub                    Model aircraft club
       Hospitaal                             Hospital
       Rioolwerke                            Sewerage works
       Renbaan                               Race track
       Kanaal                                Canal
       Begraafplaas                          Cemetery
       Wynkelder                             Wine cellar
       Perdryklub                            Horse riding club
       Steenwerke                            Brickworks

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GEOGRAFIE V2                                          3

                        ALGEMENE INLIGTING OOR WORCESTER

Worcester is 'n poortdorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 120 kilometer noord-oos van
Kaapstad op die N1-snelweg deur die Hugenote-tonnel of om deur skouspelagtige
bergpasse na Johannesburg te ry, geleë.

Worcester ervaar meer temperatuuruiterstes as die naburige Kaapstad, omdat die invloed
van die oseaan deur die Du Toitskloof- en Slanghoekbergreekse na die weste geblokkeer
word. Somer is oor die algemeen droog met die skaars laat-somer-donderstorm. Winters
is oor die algemeen baie winderig en dikwels koel tot koud, met sneeu wat algemeen op
die hoërliggende grond bo 1 500 m voorkom. Bedags wissel maksimums van 10 °C‒17 °C,
met minimums net bokant vriespunt. Die winter lewer die meeste van Worcester se jaarlikse
reënval van 175 mm.

Koördinate: 33°38ʹʹ42ʹS 19°26ʹʹ37ʹO
                                               [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Worcester]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GEOGRAFIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Die vrae hieronder is op die 1 : 50 000 topografiese kaart (3319CB WORCESTER)
 sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied gebaseer.
 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
 antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die blokkie langs elke vraag neer.

 1.1 Die kaartindeksvel van die ortofotokaart noord van Worcester is …

      A     3319 CB 9.
      B     3319 DA 6.
      C     3319 CB 10.
      D     3319 CB 20.

 1.2 Die primêre aktiwiteit wat by 1 op die ortofotokaart aangetref word, is/ŉ …

      A     boorde en wingerde.
      B     mynbou.
      C     bewerkte landerye.
      D     steengroewe.

 1.3 Die gebou by 2 op die ortofotokaart is ŉ …

      A     winkel.
      B     hospitaal.
      C     skool.
      D     fabriek.

 1.4 Die tipe pad wat 3 op die ortofotokaart gemerk is, is ŉ ... -pad.

      A     ander
      B     hoof
      C     sekondêre
      D     hoofverkeer

 1.5 Die verskynsel wat by 4 op die ortofotokaart aangetref word, is ŉ ...

      A     monument.
      B     gholfbaan.
      C     begraafplaas.
      D     stadium.

 1.6 Die gemiddelde jaarlike verandering op die topografiese kaart is ...

      A     2’ Ooswaarts.
      B     23°12’ Wes.
      C     2’ Weswaarts.
      D     23°12’ Oos.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V2                                      5

 1.7    Die verskynsel wat by 33°39’45”S en 19°25’45”O op die topografiese kaart
        aangetref word is ŉ ...

        A     motorwedrenbaan.
        B     karavaanpark.
        C     perdryklub.
        D     modelvliegtuigklub.

 1.8    Die fluviale landvorm langs die Breërivier in blok E6 op die topografiese kaart
        is ŉ ...

        A     waterval.
        B     verjonging.
        C     stroomversnelling.
        D     gevlegte stroom.

 1.9    Die rioolwerke wat in blok D8 aangetref word, is in die ... geleë.

        A     industriële sone
        B     residensiële sone
        C     landelik-stedelike oorgang
        D     kommersiële sone

 1.10   Die dominante dreineringspatroon in blok E8 op die topografiese kaart is ...

        A     radiaal.
        B     sentripetaal.
        C     tralie.
        D     parallel.

 1.11   Die vernaamste straatplan by K in blok C7 op die topografiese kaart is ŉ ...
        -patroon.

        A     radiale
        B     onbeplande onreëlmatige
        C     rooster
        D     beplande onreëlmatige

 1.12   Die ware peiling van padhoogte 214,8 in blok C3 vanaf punthoogte 471, (L),
        in blok A4 op die topografiese kaart is ...

        A     16°.
        B     216°.
        C     46°.
        D     164°.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GEOGRAFIE V2                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.13   `n Menslike faktor wat verantwoordelik is vir die ligging van die industriële-
        gebied by 5 op die ortofotokaart is ...

        A      stabiele grond.
        B      klimaat.
        C      vervoer.
        D      SSK.

 1.14   Die steenwerke in blok A1 op die topografiese kaart is ŉ voorbeeld van ŉ ...
        aktiwiteit.

        A    kwaternêre
        B    tersiêre
        C    primêre
        D    sekondêre

 1.15   Die landvorm by M in blok G8 op die topografiese kaart is ŉ ...

        A    saal.
        B    uitloper.
        C    koppie.
        D    vallei.
                                                                              (15 x 1)   [15]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      GEOGRAFIE V2                                         7

 VRAAG 2: KAARTBEREKENINGE EN -TEGNIEKE

 2.1 Die magnetiese deklinasie in 2020 vir die topografiese kaart is 23°58' W van
     WN.

       2.1.1    Sal die deklinasie groter of kleiner word vanaf die tyd van die opname?

                                                                                (1 x 1) (1)

       2.1.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 2.1.1.

                                                                                (1 x 1) (1)

 2.2   Verwys na die lyn vanaf N (blok E3) tot O (blok C6) op die topografiese kaart.

       2.2.1    Voltooi ŉ dwarsprofiel vanaf peilbaken 59 (E3) tot peilbaken 207 (C6).
                Gebruik die vertikale interval 1 cm = 20 m.

                                                                                (3 x 1)    (3)

       2.2.2    Dui die posisies van die volgende op die dwarsprofiel in VRAAG 2.2.1
                geteken, aan:

                • Sekondêre pad (sien grafiek)
                • Skietbaan
                • Breërivier
                                                                                (3 x 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GEOGRAFIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2020)

      2.2.3    Bereken die vertikale vergroting van die dwarsprofiel. Toon ALLE
               berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                                     𝑽𝒆𝒓𝒕𝒊𝒌𝒂𝒍𝒆 𝑺𝒌𝒂𝒂𝒍
               Formule: 𝑽𝒆𝒓𝒕𝒊𝒌𝒂𝒍𝒆 𝑽𝒆𝒓𝒈𝒓𝒐𝒕𝒊𝒏𝒈 =
                                                    𝑯𝒐𝒓𝒊𝒔𝒐𝒏𝒕𝒂𝒍𝒆 𝑺𝒌𝒂𝒂𝒍

                                                                               (4 x 1)    (4)

      2.2.4    Sal die vertikale vergroting van die dwarsprofiel die interpretasie van
               die landskappe makliker of moeiliker maak?
               Gee ŉ rede vir jou antwoord.

               Antwoord:
                                                                               (1 x 1)    (1)

               Rede:

                                                                               (1 x 1)    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     GEOGRAFIE V2                                        9

 2.3 Verwys na gebied 6 op die ortofotokaart.

       2.3.1    Bereken die area van die spoorwegskuur 6 op die ortofotokaart in km².
                Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.
                Toon die meeteenheid duidelik in jou finale antwoord aan.

                                                                              (5 x 1)     (5)

       2.3.2    Die area 6 op die ortofotokaart is dieselfde as die area van die
                spoorwegskuur P op die topografiese kaart. Verduidelik waarom dit
                kleiner op die topografiese kaart lyk.

                                                                              (1 x 1)     (1)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  GEOGRAFIE V2                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRRAG 3: TOEPASSING EN INTERPRETASIE

 3.1   Verwys na die gebied in blokke A6 tot B8 op die topografiese kaart.

       3.1.1 Noem die nagwind wat tussen X en Y voorkom.

                                                                                   (1 x 1) (1)

       3.1.2 Dui die volgende op die onderstaande dwarsprofiel aan:
               (a) Windrigting van die wind in VRAAG 3.1.1 genoem
               (b) Posisie van Altona

                           X

                                                                             Y

                                                                                   (2 x 1) (2)

       3.1.3 Verduidelik hoe ryp die tipe gewasse wat by Altona verbou word, sal
             beïnvloed.

                                                                                   (1 x 2)     (2)

 3.2   Verwys na blokke D4 en E5 op die topografiese kaart.

       3.2.1 Noem EEN landvorm van fluviale neerlating (deponering) in blokke D4
             en E5.

                                                                                   (1 x 1)     (1)

       3.2.2 Word laminêre of turbulente riviervloei in blokke D4 en E5 aangetref?
             Motiveer met bewyse om jou antwoord te ondersteun.

               Antwoord:

               Bewys:

                                                                             (1 + 1 x 2)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     GEOGRAFIE V2                                       11

 3.3    Worcester het ŉ uitstekende ligging as ŉ poortdorp. Met verwysing na hierdie
        stelling:

        3.3.1 Verduidelik die betekenis van die term poortdorp.

                                                                               (1 x 2)    (2)

        3.3.2 Gee TWEE kaartbewyse om die stelling dat Worcester ŉ poortdorp is,
              te ondersteun.

                                                                               (2 x 2)    (4)

 3.4    Verwys na 7 op die ortofotokaart.

        3.4.1 Is die residensiële gebied 7 ŉ hoë- of lae-inkomste residensiële
              gebied? Gee ŉ rede vir jou antwoord.

                Antwoord:

                Rede:

                                                                           (1 + 1 x 2)    (3)

 3.5    Verwys na die gebied wat met ŉ wit lyn in die noord-oostelike hoek van die
        ortofotokaart, afgebaken is.

        3.5.1 Is die wynkelder / fabriek by 8 op die ortofotokaart markgeoriënteerd of
              grondstofgeoriënteerd? Gee 'n rede vir jou antwoord.

                Antwoord:

                Rede:

                                                                           (1 + 1 x 2)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GEOGRAFIE V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

       3.5.2 Stel voor hoe die wynkelder / fabriek in VRAAG 3.5.1 genoem, die
             plaaslike ekonomie van Worcester kan verbeter.

                                                                       (2 x 2)    (4)
                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    GEOGRAFIE V2                                    13

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 4.1    Tydens ŉ ernstige oorstromingsramp sal die toeganklikheid tot die
        Brandvleidam in blokke E6 en F6 op die topografiese kaart beperk wees. Om
        die omvang van die skade te bepaal, kan afstandwaarneming ŉ nuttige
        hulpmiddel wees.

        4.1.1 Gee 'n voorbeeld van 'n afstandwaarnemingsapparaat wat gebruik kan
              word om die omvang van die skade as gevolg van oorstromings op te
              vang.

                                                                          (1 x 1)     (1)

        4.1.2 Verduidelik hoe afstandwaarneming kan help met die monitering van
              die omgewingsimpak van oorstromings in die gebied.

                                                                          (2 x 2)     (4)

 4.2    'n Boer besluit om datamanipulasie op sy plaas in blokke G9 en G10 te
        gebruik.

        4.2.1 Verduidelik die term datamanipulasie.

                                                                          (1 x 1)     (1)

        4.2.2 Evalueer hoe datamanipulasie boere in blokke G9 en G10 help om
              volhoubare boerderymetodes te beoefen.

                                                                          (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GEOGRAFIE V2                            (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.3   Die sketskaart hieronder is 'n plan-aansig van die Aan de Doons-nedersetting
       en sy attribuutdata in blokke F10 en G10.

                                                      SLEUTEL
                                                            Wingerde / Boorde
                                                            Bewerkte landerye

                                                             Damme

       4.3.1 Definieer die term attribuutdata.

                                                                                (1 x 1)    (1)

       4.3.2 Gebruik die simbole (letters van die alfabet) wat in die sleutel hieronder
             getoon word om die posisie van die volgende attribuutdata vir die Aan
             de Doons-nedersetting op die sketskaart aan te toon.

               A – Wynkelder

               B – Skool
                                                                                (2 x 1)    (2)

       4.3.3 Noem TWEE attribute van B ‒ Skool in VRAAG 4.3.2.

                                                                                (2 x 1)    (2)
                                                                                          [15]

                                                                            TOTAAL:        75

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                GEOGRAFIE V2                                   15

ROFWERK EN BEREKENINGE
(LET WEL: MOENIE hierdie bladsy vanaf die vraestel losmaak nie.)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
