# Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-qp-gr11-nov-2015-afr/d12f5741-9808-47be-9267-c4eea2e9a870
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-qp-gr11-nov-2015-afr/d12f5741-9808-47be-9267-c4eea2e9a870)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                           NASIONALE
                       SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                         NOVEMBER 2015

                          GEOGRAFIE V2

PUNTE:   75

TYD:     1½ uur

NAAM:

                                         PUNTE    MOD

                           V1      15
                                                             TOTALE
                                                                      MOD
                           V2      20                         PUNT

                           V3      25
                                                               75     75
                           V4      15

                             *IGEOGA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    GEOGRAFIE V2                      (EC/NOVEMBER 2015)

HULPBRONMATERIAAL

1.   ŉ Uittreksel uit topografiese kaart 2827DD FICKSBURG.

2.   Ortofotokaart 2827DD 13 FICKSBURG.

3.   LET WEL:        Die hulpbronmateriaal moet deur die skole ingeneem word vir
                     hul eie gebruik.

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou NAAM in die spasie voorsien op die dekblad van hierdie vraestel.

2.   Beantwoord AL die vrae in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien
     word.

3.   Jy word voorsien van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart 2827DD van
     FICKSBURG en ŉ ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde
     gebied.

4.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die toesighouer aan
     die einde van hierdie eksamensessie oorhandig.

5.   Jy moet die blanko bladsy agterin hierdie vraestel vir alle rofwerk en
     berekeninge gebruik. MOENIE hierdie bladsy van die vraestel losmaak
     NIE.

6.   Toon ALLE berekeninge en formules, waar van toepassing. Punte sal
     hiervoor toegeken word.

7.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.   ŉ Woordelys van sommige van die Afrikaanse en Engelse woorde en hulle
     vertalings verskyn hieronder.

                                 WOORDELYS
             (SOMMIGE VAN DIÉ TERME MAG OP DIE KAARTE VERSKYN.)
     AFRIKAANS                                   ENGLISH
     Kanaal/Voor                                 Canal/Furrow
     Begraafplaas                                Cemetery
     Vliegveld                                   Aerodrome
     Gholfbaan                                   Golf course
     Skietbaan                                   Rifle range
     Rivier                                      River
     Rioolwerke                                  Sewerage works
     Uitgrawings                                 Excavation/Diggings
     Graansuier                                  Silo

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V2                                    3

                      POSISIE VAN FICKSBURG IN SUID-AFRIKA

       Geleë in die Oos-Vrystaat, Ficksburg lê tussen die voet van die Imperani berge
       en die oewer van die Caledonrivier, die grens met Lesotho. Ficksburg se
       ekonomie is hoofsaaklik op kersies en gemengde landbou gebaseer.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GEOGRAFIE V2                        (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING A

 VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 Die volgende stellings is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2827DD
 FICKSBURG, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde
 gebied, gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende
 stellings gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) in die
 blokkie langs elke stelling neer.

 1.1    Die natuurlike verskynsel wat die internasionale grens gemerk J, in
        blok H4, op die topografiese kaart van Ficksburg vorm, is ŉ ....

        A      bergreeks.
        B      pad.
        C      rivier.
        D      spoorlyn.

 1.2    Die internasionale grens wat op die topografiese kaart gevind word is
        tussen ...

        A      Suid-Afrika en Swaziland.
        B      Suid-Afrika en Lesotho.
        C      Suid-Afrika en Mosambiek.
        D      Suid-Afrika en Botswana.

 1.3    ŉ Ortofotokaart is ŉ … lugfoto wat kontoerlyne en ander gemerkte
        verskynsels daarop geteken het.

        A      hoë skuins
        B      lae skuins
        C      horisontale
        D      vertikale

 1.4    Die topografiese kaartnommer 2827 verwys na die ...

        A      lengtegraad en breedtegraad.
        B      breedtegraad en lengtegraad.
        C      kontoerlyne en isobare.
        D      lengtegraad en kontoerlyne.

 1.5    Die verskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is ŉ …

        A      uitloper.
        B      vallei.
        C      saal.
        D      tafelkop.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                         GEOGRAFIE V2                                         5

 1.6    Die tipe helling gemerk 2 op die ortofotokaart is ŉ ... helling.

        A      terrasvormige
        B      geleidelike
        C      steil
        D      konkawe

 1.7    Die mensgemaakte waterverskynsel by 28°49'20''S 28°49,33'S /
        27°56'55''O 27°56,9'O op die topografiese kaart is ŉ …

        A      nie-standhoudende rivier.
        B      windpomp.
        C      dam.
        D      rivier.

 1.8    Die verhoudingskaal van die ortofotokaart dui aan dat 1 cm op die kaart ...
        op die grond verteenwoordig.

        A      0,01 km
        B      0,1 km
        C      10 km
        D      1 km

 1.9    Die benaderde tyd wat die ortofofotokaart geneem was, sou ... wees.

        A      tussen 06:00–08:00
        B      tussen 10:00–12:00
        C      tussen 14:00–16:00
        D      na 17:00

 1.10   Die gebou gemerk 3 op die ortofotokaart is ŉ ...

        A      skool.
        B      fabriek.
        C      silo.
        D      Kleinhoewe.

 1.11   Ficksburg is in die … geleë.

        A       Noord-Kaap
        B       Oos-Kaap
        C       Vrystaat
        D       Wes-Kaap

 1.12   Bewyse dat grondwater, in blok G3, rondom Ficksburg vir
        landboudoeleindes gebruik word, is die voorkoms van ...

        A       riviere.
        B       damme
        C       vore.
        D       windpompe.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GEOGRAFIE V2                       (EC/NOVEMBER 2015)

 1.13   Watter primêre ekonomiese aktiwiteit kom by 4 op die ortofotokaart voor?

        A      Uitgrawings
        B      Boorde en wingerde
        C      Mynbou
        D      Vissery

 1.14   Die mensgemaakte verskynsel gemerk 5 op die ortofotokaart is ŉ ...

        A      damwal.
        B      rivier.
        C      brug.
        D      silo.

 1.15   Die verwysingsnommer van die ortofotokaart direk noord-oos van
        Ficksburg is ...

        A      2827 DD 14.
        B      2827 DD 9.
        C      2827 DD 12.
        D      2827 DD 8.
                                                                             (15 x 1)   [15]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V2                                      7

 AFDELING B

 VRAAG 2: KAARTWERKTEGNIEKE EN -BEREKENINGE

 Raadpleeg die topografiese kaart en beantwoord die volgende vrae. Jy kan die
 ortofotokaart gebruik.

 2.1    Bereken die lengte van die skietbaan, in blok D4, op die topografiese
        kaart in meter.
        Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                                                           (1 x 2)      (2)

  2.2 Vind die karavaanpark, in blok E3, op die topografiese kaart. Jy besluit
      om van die karavaanpark na trigonometriese baken Δ338, in blok E4, te
      loop.

        2.2.1 Sal jou wandeling maklik of moeilik wees? Verduidelik jou
              antwoord.

                                                                           (2 x 1)      (2)

        2.2.2 Na afloop van die wandeling, bereken die vertikale vergroting van
              ŉ dwarssnit geteken op ŉ topografiese kaart met ŉ vertikale skaal
              van 1 cm = 20 m. Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
              berekeninge toegeken word.

                                                                           (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                   GEOGRAFIE V2                       (EC/NOVEMBER 2015)

 2.3     Bereken die magnetiese deklinasie vir die jaar 2015.
         Toon ALLE berekenings. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                                                          (5 x 1)     (5)

    2.4 Bereken die oppervlakte van blok E5 in km² op die topografiese kaart.
        Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

         Oppervlak = lengte x breedte

                                                                          (5 x 1)     (5)

    2.5 Wat is die gemiddelde hoogte van die Ficksburg-vliegveld, in blok B7?
        (Geen punte as finale antwoord geen eenhede het nie.)

                                                                          (1 x 1)     (1)
                                                                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                   GEOGRAFIE V2                                     9

 AFDELING C

 VRAAG 3: KAARTINTERPRETASIE EN -ONTLEDING

 3.1 Gee TWEE bewyse vanaf die topografiese kaart wat aandui dat die boere
     in Ficksburg besproeiing in blok A9/10 en B9/10 beoefen.

                                                                        (2 x 2)      (4)

 3.2 Massabewegings kan geklassifiseer word volgens die spoed van die
     beweging en die hoeveelheid water wat nodig is om die beweging aan te
     help.

       3.2.1 Noem TWEE tipes massabeweging wat die hange by 2 op die
             ortofotokaart kan ondervind.

                                                                        (2 x 1)      (2)

       3.2.2 Beskryf TWEE strategieë wat Spoornet (spoorweg) sou doen om
             die effek van massa-verwering geïdentifiseer in VRAAG 3.2.1
             hierbo, te minimaliseer.

                                                                        (2 x 2)      (4)

 3.3 Die berge in die omgewing van die topografiese kaart is almal soortgelyk
     in vorm en hoogte.

       3.3.1 Teken ŉ kant-uitsig (profiel) van die berg, langs die lyn gemerk
             P–Q in blok A7 en A8 om die tipiese vorm van die berge en hul
             hangelemente te illustreer.

                                                                        (2 x 1)      (2)
Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V2                      (EC/NOVEMBER 2015)

      3.3.2 Benoem jou diagram om die vier hangelemente te wys.

                                                                        (4 x 1)     (4)

      3.3.3 Op die skets dui die posisie van die weerstandige horisontale laag
            rotse aan.

                                                                        (1 x 1)     (1)

 3.4 Met behulp van bewyse van die kaart, skets TWEE uitdagings wat die
     landelike vroue wat in hutte, in blok H7, woon kan ervaar.

                                                                        (2 x 2)     (4)

 3.5 Gee TWEE moontlike redes waarom mense van die buurland moontlik
     Ficksburg sal besoek.

                                                                        (2 x 2)     (4)
                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                        GEOGRAFIE V2                                     11

 AFDELING D

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 4.1 Watter terminologie word gebruik van die verwerking van ŉ papierkaart vir
     rekenaargebruik te beskryf?

                                                                              (1 x 1)      (1)

 4.2 Onderskei tussen vektor -en rasterdata.

       Vektor:

       Raster:

                                                                              (2 x 1)      (2)

 4.3 Beantwoord die volgende vrae oor data-oorlegging.

       4.3.1     Verduidelik die betekenis van die begrip data-oorlegging in GIS.

                                                                              (1 x 1)      (1)

       4.3.2     Deur die gebruik van GIS-tegnologie, kan ŉ boer in Ficksburg
                 sekere oorleggings kombineer om ŉ hele ruimtelike databasis van
                 sy plaas te bekom. Dit kan hom help om ingeligte besluite te neem
                 oor die uitleg van die plaas. Stel DRIE oorleggings voor wat die
                 boer, in blok B11, kan gebruik.

                                                                              (3 x 1)      (3)

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  GEOGRAFIE V2                       (EC/NOVEMBER 2015)

 4.4 Twee munisipale amptenare van Ficksburg moet foto’s van die landskap
     neem. Een het ŉ 2,0 megapiksel-kamera en die ander het ŉ 6,0
     megapiksel-kamera. Die resolusie van die foto’s wat deur die amptenare
     geneem word, sal verskil.

      4.4.1    Verduidelik die betekenis van die term resolusie.

                                                                             (1 x 1)    (1)

      4.4.2    Watter EEN van die kameras sal beter kwaliteit foto’s neem?
               Verduidelik jou antwoord.

                                                                             (1 + 2)    (3)

 4.5 Definieer die term attribuutdata.

                                                                             (1 x 1)    (1)

 4.6 Identifiseer ŉ punt, ŉ poligoon- en ŉ lynverskynsel, in blok B9, op die
     topografiese kaart.

      Puntverskynsel:

      Poligoonverskynsel:

      Lynverskynsel:
                                                                             (3 x 1)    (3)
                                                                                       [15]

                                                                      TOTAAL:           75

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)             GEOGRAFIE V2                        13

ROFWERK EN BEREKENINGE

Kopiereg voorbehou                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov-2015-eng/6546c7c9-debb-478f-beec-c0460596fdb3) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [GEOGRAFIE P2 MEMO NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-memo-nov-2015-afr/5f23b327-f9cd-4fc8-862e-b745c089a422) — Geography · Memo · 2015 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 MEMO GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov-2015-eng/4664687c-7a92-4673-8c75-c3ee259f6a23) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [Gr11 geog 1 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-qp-eng/6583d00b-b830-4d97-beb7-7024bcbdaca0) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 geog 1 N15 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-qp-afr/153c73b3-ee9a-4e4c-8378-98e3c8d20df2) — Geography · QP · 2015 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11 NOV2022 English Final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov2022-english-final/869f0308-3589-46b1-985f-7cad292d766e) — Geography · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 NOV2025 ENGLISH MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-nov2025-english-marking-guideline-watermark/9b7f40b8-89c5-49a9-9b4b-ddaff098de70) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11-nov-2023-english/f52423da-7382-46d7-95f3-acda9a797f0e) — Memo · 2023 · Eng
- [IMG 20231013 WA0020](https://www.hlayiso.com/library/img-20231013-wa0020/f2c2375a-4a33-4c6e-a27d-95cec3c162d9) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
