# Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-qp-sept2013/97e6f9c1-ace1-4b58-adeb-2496f3c10bfb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-qp-sept2013/97e6f9c1-ace1-4b58-adeb-2496f3c10bfb)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                        GEOGRAFIE V2

PUNTE:   100

TYD:     1½ uur

NAAM:

                                         PUNTE   MOD

                         V1         20
                                                              TOTALE
                                                                       MOD
                         V2         20                         PUNT

                         V3         40
                                                               100     100
*GEOGA2*                 V4         20

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V2                         (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou NAAM in die spasie voorsien op die dekblad van hierdie vraestel.

2.   Beantwoord AL die vrae in die spasies wat OP HIERDIE VRAESTEL
     voorsien is.

3.   Jy word van ŉ 1:50 000 topografiese kaart (2527CA RUSTENBURG-WES)
     asook ŉ ortofotokaart (2527CA 20 RUSTENBURG) van ŉ deel van die
     kaart voorsien.

4.   Die topografiese kaart en ortofotokaart moet na afloop van die
     eksamensessie aan die toesighouer oorhandig word.

5.   NOTA: Die hulpbronmateriaal (topografiese kaart en ortofotokaart) moet
           deur die skool vir toekomstige gebruik ingeneem word.

6.   ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

7.   ŉ Woordelys van sommige van die Afrikaanse en Engelse woorde en hulle
     vertalings verskyn op die volgende bladsy.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  GEOGRAFIE V2                     3

                                   WOORDELYS
               (SOMMIGE VAN DIÉ TERME MAG OP DIE KAARTE VERSKYN)
       AFRIKAANS                          ENGLISH
       Skag                               Shaft
       Slykdam                            Slimes Dam
       Uitgrawings                        Diggings
       Natuurreservaat                    Nature Reserve
       Beboste Gebied/Plantasie           Woodland / Plantation
       Begraafplaas                       Cemetery
       Karavaanpark                       Caravan Park
       Gholfbaan                          Golf Course
       Voor                               Furrow
       Hospitaal                          Hospital
       Skietbaan                          Shooting Range
       Modelvliegveld-klub                Model Aircraft Club
       Voetslaanpad                       Hiking Trail
       Rioolverwerkingsaanleg             Sewage Disposal Works

                   LIGGING VAN GEKARTEERDE GEBIED IN SUID-AFRIKA

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   GEOGRAFIE V2                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING A

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Die volgende stellings is op die 1:50 000 topografiese kaart 2527CA
RUSTENBURG-WES, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die
gekarteerde gebied, gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir
die volgende stellings gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) in die blokkie langs elke stelling neer.

1.1   Die belangrikste mineraal ontginning rondom die Rustenburg-gebied is ...

      A      platinum.
      B      steenkool.
      C      diamante.
      D      ystererts.

1.2   Die kontoerinterval op die ortofotokaart is …

      A      5 m.
      B      10 m.
      C      20 m.
      D      2 m.

1.3   By 5 op die ortofotokaart is die grondgebruik vir ŉ …

      A      park.
      B      hospitaal.
      C      gholfbaan.
      D      nywerheid.

1.4   Die fisiese verskynsel gemerk E in ruit F4 op die topografiese kaart is ŉ …

      A      mesa.
      B      rug.
      C      vallei.
      D      plato.

1.5   Die pad wat Rustenburg-Wes met Ventersdorp verbind is ŉ ...

      A      nasionale pad.
      B      hoofpad.
      C      hoofverkeersweg.
      D      ander pad.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                           GEOGRAFIE V2                                  5

 1.6    Die hang-element gemerk A in blok G5 op die topografiese kaart is die ...
        helling.

        A          eskarp/krans
        B          kruin
        C          pediment
        D          talus/puinhang

 1.7    Die skaal van die ortofotokaart is ...

        A          dieselfde as dié van die kaart.
        B          kleiner as dié van die kaart.
        C          groter as dié van die kaart.
        D          onmoontlik om af te lei van die beskikbare inligting.

 1.8    Die verskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is, is ŉ ...

        A          dam.
        B          sportveld.
        C          reservoir.
        D          uitgrawing.

 1.9    Die modelvliegveld-klub in blok F7 kom in die ... voor.

        A          SSK
        B          landelik-stedelike oorgangsone
        C          residensiële gebied
        D          krotbuurt-sone

 1.10   Die dreineringspatroon, gemerk M in blok D2 op die topografiese kaart,
        is ...

        A          sentripetaal.
        B          tralie.
        C          radiaal.
        D          reghoekig.

                                                                             (10 x 2)   (20)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:      20

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V2                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B

VRAAG 2: KAARTWERKTEGNIEKE EN BEREKENINGS

2.1   Teken vryhand ŉ dwarsprofiel, met byskrifte, vanaf punthoogte •241 (K3)
      tot by punthoogte •666 (J5) om te illustreer dat die Magaliesberg ŉ goeie
      voorbeeld van ŉ cuesta is.

                                                                                     (4)

2.2   Bereken die magnetiese deklinasie vir die jaar 2013.
      Toon ALLE berekeninge aan.

                                                                                     (5)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                       GEOGRAFIE V2                                 7

 2.3    Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf punthoogte •1153 by (4) na
        punthoogte •1162 by (5) op die ortofotokaart.
        Toon ALLE berekeninge aan.

                                                                                   (6)

 2.4    Is die gradiënt wat jy in VRAAG 2.3 bereken het, steil of geleidelik?

        Antwoord:                                                                  (1)

 2.5    Verduidelik jou antwoord by VRAAG 2.4.

        Rede:

                                                                                   (1)

 2.6    Gee die rigting van die spoorwegstasie (blok F9) vanaf E op die
        topografiese kaart.

        Antwoord:                                                                  (1)

 2.7    Gee EEN rede waarom dit nie ekonomies sal wees om ’n aansluitingspad
        tussen ruit H7 en ruit K5 te bou nie.

                                                                                   (1)

 2.8    Verwys na trigonometriese stasie 228 (ruit J6) en trigonometriese stasie
        217 (ruit K8):

        Noem die verskil in hoogte tussen hierdie twee punte.

                                                                                   (1)

                                                           TOTAAL AFDELING B:      20

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V2                        (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C

VRAAG 3: KAART INTERPRETASIE EN ONTLEDING

3.1 “Reënval oor die gekarteerde gebied is seisoenaal en onbetroubaar.”
    Gee TWEE bewyse vanaf die kaart, van maniere hoe die boere die
    probleem van watertekort gedurende periode van lae reënval kan oplos.

                                                                        (2 x 2)    (4)

3.2 Voorspel TWEE maniere waarop watervoorsiening vir die toekoms in
    hierdie gebied verseker kan wees.

                                                                        (2 x 2)    (4)

3.3 Kommersiële boerdery word op die groep plase (blok E5) op die
    topografiese kaart bedryf. Gee TWEE redes om hierdie stelling te staaf.

                                                                        (2 x 2)    (4)

3.4 Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart om aan te toon dat
    natuurbewaring ŉ prioriteit in die gekarteerde gebied is.

                                                                        (1 x 2)    (2)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                        GEOGRAFIE V2                                      9

 3.5 Vind die gebied gemerk 3 op die ortofotokaart.

      3.5.1 Hierdie gebied is ŉ laekoste behuisingskema. Gee EEN bewys van
            vanaf die ortofotokaart om hierdie stelling te ondersteun.

                                                                               (1 x 2)   (2)

      3.5.2 Die plaaslike regering in beheer van die gebied gemerk 3 word voor
            baie uitdagings gestel ten opsigte van dienslewering. Verskaf
            TWEE moontlike uitdagings waarmee die owerhede gekonfronteer
            sal word.

                                                                               (2 x 2)   (4)

 3.6 Die uitbreiding van die dorp Rustenburg na die weste word beperk.
     Verskaf EEN fisiese faktor vanaf die kaart, wat die uitbreiding van die dorp na
     hierdie rigting beperk.

                                                                               (1 x 2)   (2)

 3.7 Die menslike aktiwiteite (blok B9) op die topografiese kaart veroorsaak
     omgewingsvernietiging (skade). Noem TWEE maatreëls wat getref kan
     word om hierdie probleem te bekamp.

                                                                               (2 x 2)   (4)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 GEOGRAFIE V2                      (SEPTEMBER 2013)

3.8 Vind Rustenburg-Noord in blok G9 op die topografiese kaart en beantwoord
    die vrae wat volg.

     3.8.1 Identifiseer die straatpatroon in Rustenburg-Noord.

                                                                      (1 x 2)     (2)

     3.8.2 Noem EEN voordeel van die tipe straatpatroon in Rustenburg-Noord.

                                                                      (1 x 2)     (2)

     3.8.3 Noem TWEE nadele van die straatpatroon in Rustenburg-Noord.

                                                                      (2 x 2)     (4)

3.9 Verwys na die topografiese kaart.

     3.9.1 Wat is die oorheersende (hoof) ekonomiese aktiwiteit wat in die
           landelike gebiede van Rustenburg beoefen word? Gee ŉ rede vir
           jou antwoord.

            Aktiwiteit:

            Rede:

                                                                      (2 x 2)     (4)

     3.9.2 Wat is die produk wat geproduseer word deur die ekonomiese
           aktiwiteit in VRAAG 3.9.1 hierbo genoem?

                                                                      (1 x 2)     (2)

                                                       TOTAAL AFDELING C:         40

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                       GEOGRAFIE V2                                11

 AFDELING D

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 4.1 Geografiese inligting kan op verskeie maniere bekom word.

        4.1.1 Wat is ŉ databasis?

                                                                         (1 x 2)   (2)

        4.1.2 Waarom is dit soms noodsaaklik om data in ŉ databasis te
              manipuleer?

                                                                         (2 x 2)   (4)

 4.2 Klassifiseer die volgende as ruimtelike- of attribuut-data.

        4.2.1 ŉ Kaart wat behuisingsdigtheid toon.

                                                                         (1 x 2)   (2)

        4.2.2 Die buitelynvorm van ŉ dam.

                                                                         (1 x 2)   (2)

 4.3 Definieer die term afstandwaarneming.

                                                                         (1 x 2)   (2)

 4.4 Noem enige TWEE natuurlike kenmerke op die topografiese kaart wat
     bestudeer kan word met behulp van afstandwaarneming.

                                                                         (2 x 2)   (4)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GEOGRAFIE V2                      (SEPTEMBER 2013)

4.5 Noem enige TWEE lae wat jy oor mekaar kan plaas om ŉ realistiese
    datastel van die Rustenburg natuurreservaat te bekom.

                                                                       (2 x 2)   (4)

                                                    TOTAAL AFDELING D:            20
                                                        GROOTTOTAAL:             100

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 QP ENG SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-eng-sept2013/efe53e42-9ddb-403c-9709-4ea195540146) — Geography · QP · 2013 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-eng-d/810cce74-63ae-424c-bfaf-e4bd26f82869) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-english/bcc61d35-ac9f-4bd1-af49-9ae6fe6241f0) — Geography · QP · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
