# Geography Grade 12 Geography 2021 Exam Guideline (Afrikaans)

> Grade 12 Geography exam guideline from the Geography 2021 (Afrikaans), 23 pages. Read online or get the free PDF download.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/790182cf-1049-4848-a3bf-714e6e68795d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Exam guideline
- Year: 2021
- Exam period: Geography
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Geography 2021 Exam Guideline (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/790182cf-1049-4848-a3bf-714e6e68795d)

## About this document

Geography · Grade 12 · Geography · 2021. Exam guideline, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              GEOGRAFIE

                          EKSAMENRIGLYNE

                                  GRAAD 12

                                       2021

                        Hierdie riglyne bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                                     2                                                                   DBE/2021
                                                         Eksamenriglyne

                                                    INHOUDSOPGAWE
1.    INLEIDING ....................................................................................................................... 3

2. GRAAD 12 ASSESSERING ............................................................................................ 4
2.1 VRAESTEL 1 .................................................................................................................... 4
2.2 VRAESTEL 2 .................................................................................................................... 4

3. UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE ................................................................ 5
3.1 VRAESTEL 1 ................................................................................................................... 5
3.1.1  Klimaat en Weer ........................................................................................................ 5
3.1.2  Geomorfologie: .......................................................................................................... 7
3.1.3  Geografiese vaardighede -tegnieke ........................................................................... 9

3.2 VRAESTEL 2 ................................................................................................................. 10
3.2.1  Landelike- en Stedelike Nedersettings ..................................................................... 10
3.2.2  Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika .............................................................. 13
3.2.3  Geografiese vaardighede -tegnieke ................................................................... 16

3.3 STRUKTUUR VAN EKSAMENVRAESTEL ................................................................... 18
3.3.1  Besonderhede van eksamenvraestelle ............................................................... 18
3.3.2  Kognitiewe Vlakke............................................................................................ 19

4.    ALGEMENE NASIENRIGLYNE ..................................................................................... 19

5.    SLOT .............................................................................................................................. 20

6.    BYLAE A: AKSIEWOORDE........................................................................................... 21

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                 3                                         DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

1.     INLEIDING

Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Geografie beskryf die aard en doel
van die vak Geografie. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig en
assessering van die vak in graad 12.

Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:

    Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
     Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Geografie geassesseer gaan word.
    Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.

Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.

Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:

    Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
     (KABV): Geografie
    Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die
     Nasionale Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale
     Kwalifikasieraamwerk (NKR) rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
    Die nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die
     Nasionale Kurrikulumstelling, graad R–12
    Die Verkorte en Gewysigde Afdeling 4 van VOO-KABV in Graad 12.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  4                                           DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

2. GRAAD 12 ASSESSERING

2.1     VRAESTEL 1

2.1.1   Dit is 'n 3 uur-vraestel wat NIE op dieselfde dag as Vraestel 2 geskryf word NIE.
2.1.2   Die puntetoekenning vir hierdie vraestel is 150 punte.
2.1.3   Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings naamlik, AFDELNG A en AFDELING B:
        AFDELING A:         Klimaat en Weer en Geomorfologie (Teorie)
        AFDELING B:         Geografiese Vaardighede en Tegnieke

2.1.4   AFDELING A bestaan uit TWEE vrae van 60 punte elk.
        AFDELING B bestaan uit EEN vraag van 30 punte.
2.1.5   Al DRIE vrae is VERPLIGTEND.

2.2     VRAESTEL 2

2.2.1   Dit is 'n 3 uur-vraestel wat NIE op dieselfde dag as Vraestel 1 geskryf word NIE.
2.2.2   Die puntetoekenning vir die vraestel is 150 punte.
2.2.3   Hierdie vraestel bestaan uit twee afdelings, naamlik AFDELNG A en AFDELING B:
        AFDELING A:         Nedersettings en Suid-Afrikaanse Ekonomiese Geografie (Teorie)
        AFDELING B:         Geografiese Vaardighede en Tegnieke

2.2.4   AFDELING A bestaan uit TWEE vrae van 60 punte elk.
        AFDELING B bestaan uit EEN vraag van 30 punte.
2.2.5   Al DRIE vrae is VERPLIGTEND.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                 5                                         DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

3.      UITBREIDING VAN INHOUD/ONDERWERPE

3.1     VRAESTEL 1

3.1.1   Klimaat en Weer

Middelbreedte-siklone (frontale depressies, ekstra-tropiese siklone)
 Algemene kenmerke
 Gebiede waar middelbreedte-siklone gevorm word
 Gunstige toestande vir ontwikkeling
 Ontwikkelingstadiums
 Deursnit van 'n middelbreedte-sikloon
 Verwante weerpatrone:
   o Kouefronttoestande
   o Warmfronttoestande
   o Okklusiefronttoestande
 Impak/Invloed op menslike aktiwiteite (sosiale- en ekonomiese-) en die omgewing
 Moontlike voorsorgmaatreëls en bestuurstrategieë
 Identifikasie op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde:
   o Identifikasie van ontwikkelingstadiums op sinoptiese weerkaarte
   o Impak van die Suid Indiese Hoogdruksel en Suid Atlantiese Hoogdruksel op die beweging
      van siklone
   o Lees en interpretasie van weersimbole, impak van voorspelde weer

Tropiese siklone
 Algemene kenmerke
 Gebiede van tropiese siklone gevorm word en benaming in verskillende dele van die wêreld
 Gunstige faktore vir ontwikkeling
 Ontwikkelingstadiums
 Verwante weerpatrone
 Dersnit van 'n tropiese sikloon (interpretasie)
 Impak op menslike aktiwiteite (sosiale- en ekonomiese-) en die omgewing (die impak van die
   weer met tropiese siklone geassosieer)
 Voorsorgmaatreëls- en bestuurstrategieë om die gevolge van tropiese siklone te beheer
 Identifikasie op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde:
   o Identifikasie van ontwikkelingstadium op sinoptiese weerkaarte
   o Lees en interpretasie van toepaslike weersimbole
 Gevallestudie van EEN onlangse tropiese sikloon enige plek in die wêreld

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  6                                             DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Subtropiese antisiklone (hoogdrukselle) en die gepaardgaande weerstoestande oor
Suid-Afrika
 Ligging en identifisering van die DRIE hoogdrukselle wat Suid-Afrika beïnvloed:
   o Suid-Atlantiese hoogdruksel
   o Suid-Indiese hoogdruksel
   o Kalahari-hoogdruksel
 Algemene kenmerke van die DRIE hoogdrukselle
 Invloed van antisiklone op Suid-Afrika se weer en klimaat (integreer met plato, inversielaag,
  seestrome en die inwig van die SAH)- ligging tydens somer en winter
 Die lees en interpretasie van inligting rakende die DRIE hoogdrukselle op die sinoptiese
  weerkaart
 Ontwikkeling van bewegende versteurings wat verband hou met antisikloniese sirkulasie:
   o Vogfront en lyndonderstorms
   o Kuslaagdrukstelsel
   o Suid-Afrikaanse bergwind
 Gepaardgaande weerstoestande en impak (en strategieë om die impak te verminder)
  geassosieer met bewegende versteurings
 Identifikasie van bewegende versteurings op sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde
 Die lees en interpretasie van sinoptiese weerkaarte en satellietbeelde, wat weer geassosieer
  met antisikloniese toestande illustreer/uitbeeld
Valleiklimate
 Hellingrigting:
  o Definisie
  o Invloed op die verspreiding van temperatuur in 'n vallei
 Definisie en ontwikkeling van:
  o Anabatiese winde
  o Katabatiese winde
  o Inversie
  o Rypholtes
  o Stralingsmis
 Invloed/impak op menslike aktiwiteite (ekonomiese, sosiale en omgewing):
  o Nedersetting
  o Landbou
Stedelike klimate
 Redes vir verskille tussen landelike en stedelike klimate
 Stedelike hitte-eilande:
   o Definisie
   o Oorsake van stedelike hitte-eilande/faktore wat tot hoër temperature in stede lei
  o Gevolge van stedelike hitte-eilande (ekonomiese, sosiale en omgewing)
  o Strategieë om die stedelike hitte-eilandeffek te verminder
 Besoelingskoepels:
   o Definisie
   o Oorsake van besoedelingskoepels
  o Effek van besoedelingskoepels (ekonomiese, sosiale en omgewing)
   o Strategieë om die besoedelingskoepels-effek te verminder
Interpretasie van sinoptiese weerkaarte (integreer met relevante inhoud)
 Gebruik van internasionale weersimbole
 Identifikasie en kenmerke van hoog- en laagdrukselle
 Interpretasie van die impak van hoog- en laagdrukselle
 Die lees en vertolking van weerstasiemodelle
 Satellietbeelde – lees en vertolking
 Vergelyk satellietbeelde met sinoptiese weerkaarte

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                               7                                      DBE/2021
                                   Eksamenriglyne

3.1.2   Geomorfologie

Dreineerbekkens in Suid-Afrika
 Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van:
  o Dreineerbekken
  o Opvanggebied
  o Rivierstelsel/-sisteem
  o Sytak
  o Samevloeiing
  o Waterskeiding
  o Interfluviale/Tussenrivierse waterskeiding
  o Bron/Oorsprong
  o Riviermond
  o Oppervlakafloop
  o Infiltrasie
  o Grondwater
  o Watertafel
 Soorte riviere (definisie, identifisering en toepassing):
  o Permanent
  o Periodies
  o Episodies
  o Eksoties
 Identifisering, onderliggende rotsstrukture, ontwikkeling en kenmerke van die volgende
  stroompatrone/dreineringspatrone:
  o Dendrities
  o Tralie
  o Reghoekig
  o Radiaal
  o Sentripetaal
  o Ontwrig
  o Parallel
 Definisie en faktore wat dreineerdigtheid beïnvloed: (hoë/lae dreineerdigtheid):
  o Neerslag
  o Verdamping
  o Voginhoud van die grond/Grondvogtigheid
  o Plantegroei
  o Helling/Gradiënt
  o Porositeit
  o Permeabiliteit/Deurlaatbaarheid
      LET WEL: Die bogenoemde moet verduidelik word met die begrip van infiltrasie
 Bepaling van stroomorde (definisie, identifikasie en interpretasie)
 Afloop van 'n rivier: (definisie, identifisering en toepassing)
  o Laminêre vloei
  o Turbulente vloei

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                8                                        DBE/2021
                                    Eksamenriglyne

Fluviale prosesse
 Rivierprofiele:
   o Definisie, beskrywing en geassosieerde kenmerke, insluitend stroomvrag
   o Dwars-/Kruisprofiel
   o Lengteprofiel
   o Bo-aansig van albei profiele
   o Verband van beide profiele met die ontwikkelingstadiums van 'n rivier (bo-, middel- en
       benedeloop)
 Identifisering, beskrywing, ontwikkeling, betekenis en impak van fluviale landvorms:
    o Meanders/Rivierkronkels
          Stootoewer
          Gly-oewer
    o Hoefystermeer
    o Vlegstroom
    o Vloedvlakte
    o Natuurlike levée/Oewerwal
    o Waterval
    o Stroomversnelling
    o Delta
 Riviergradering:
   o Definisie (gegradeerde- en ongegradeerde riviere)
   o Prosesse vir rivier om gegradeerd te word
   o Onderskei tussen gegradeerde en ongegradeerde strome
   o Erosiebasisvlak
   o Tydelike erosiebasisvlak
   o Permanente erosiebasisvlak
 Rivierverjonging:
   o Definisie
   o Redes vir verjonging
   o Verskynsels van verjonging
         Knakpunt
         Terrasse
         Vallei in 'n vallei
         Ingekerfde meanders/rivierkronkels
   o Betekenis van verjongde landskap (ekonomiese, sosiale en omgewing)
 Stroomroof:
   o Konsep (definisie, identifikasie en toepassing) van:
        Stroomroof
        Abstraksie
        Terugkerwing/Terugsnydende erosie
   o Verskynsels geassosieer met stroomroof (identifikasie, beskrywing en toepassing):
        Roofstroom
        Geroofde stroom
        Verarmde stroom
        Roofelmboog
        Windsaal/Riviergruis
   o Impak van stroomroof op die roofstroom en geroofde stroom
   o Implikasies van stroomroof op menslike aktiwiteite, nedersettings, ontspanning, landbou
       en ekosisteme
   o Identifikasie van verskynsels geassosieer met stroomroof op topografiese kaarte
 Geërfde en antesedente dreineerpatrone (definisie, beskrywing en oorsake)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  9                                           DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Opvangsgebied en bestuur van rivier
 Definisie van rivierbestuur
 Oorsake van swak rivierbeheer
 Belangrikheid van die bestuur van dreineerbekkens en opvangsgebiede
 Impak van mense op dreineerbekkens en opvangsgebiede:
  o Rivierbesoedeling (bv. eutrofikasie)
  o Oorbeweiding
  o Ontbossing
  o Menslike nedersetting
 Bestuurstrategieë van dreineerbekkens en opvangsgebiede
 Gevallestudie oor die bestuurstrategie van EEN opvangsgebied in Suid-Afrika

3.1.3 Geografiese Vaardighede en Tegnieke
(Topografiese kaart- en ortofotokaartlees en vertolking)

Kaartwerktegnieke
 Kontoerlyne, kontoerinterval en -hoogte en konvensionele tekens
 Kompasrigting peiling
 Ware/Geografiese
 Magnetiese deklinasie en -peiling
 Kaartskale – tipe skale en vergelyking van skale van topografiese kaarte, ortofotokaarte en
   lugfoto's
 Berekening van reguitlynafstande in werklikheid
 Berekening van oppervlakte van reëlmatige verskynsels
 Kaartverwysingnommers/Kaartindeks
 Alfanumeriese verwysings/Ruitverwysing
 Kaartkoördinate/Presiese ligging – bepaling van koördinate
 Berekening en interpretasie van gradiënt
 Dwarssnitte – teken van dwarssnitte, dui die posisies van verskynsels aan en die identifikasie
   van verskynsels wat deur dwarssnitte voorgestel word
 Intersigbaarheid
 Berekening van vertikale vergroting

Topografiese Kaarte
 Interpretasie van 1: 50 000 topografiese kaarte:
   o Identifikasie en interpretasie van fisies verskynsels, bv. reliëf, dreinering, klimaat en
       plantegroei
 Toepassing van al die inhoud oor Klimaat, Weer en Geomorfologie wat gedek word in
   die graad 12-vraestel, tot kaartwerk
 Interpretasie van temperatuur, reënval, klimaatstreke en -biome, grafieke en tabelle wat
   betrekking het op die 1: 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart wat
   geassesseer word
 Identifisering van die verskillende tipes riviere, dreineerpatrone, bepaling van stroomorde en
   dreineerdigtheid op die 1 : 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat
   geassesseer word.
 Identifikasie en interpretasie van struktuurlandvorms en hangelemente op die 1 : 50 000
   topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat geassesseer word.

Lugfoto's en Ortofotokaart
 Skuins- en vertikale lugfoto's – identifikasie van landvorms en verskynsels
 Die gebruik van grootte, vorm, kleurskakering, tekstuur, skaduwee en patrone op vertikale
   lugfoto's om verskynsels, landvorms en aktiwiteite op foto's en ortofotokaarte te identifiseer
 Oriëntering van ortofotokaart met topografiese kaart
 Vergelyk ortofotokaarte met topografiese kaarte

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                 10                                        DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

Geografiese Inligtingstelsels (GIS)
 GIS (definisie)
 Komponente van GIS
 Inligtingsbronne van GIS
 Konsepte (definisie, identifikasie en toepassing) van:
   o Afstandwaarneming
        Resolusie
        Beeldelement/Pixels
  o Ruimtelike resolusie
  o Ruimtelike- en attribuutdata
  o Vektor- en rasterdata
  o Ruimtelike voorwerpe
        Punte/Nodusse
        Lyne
        Oppervlakte/Poligone
 Inligtinglae/tematiese inligtingslae
 Inligtinglae (identifikasie en interpretasie)
 Datamanipulasie en -analise:
  o Datamanipulasie
  o Data-integrasie
  o Bufferskepping
  o Bevraagtekening
  o Statistiese analise
 Datastandaardisering
 Deel van data
 Databeveiliging
 Toepassing van GIS deur die:
  o Regering
  o Privaat sektor
 Ontwikkeling van 'n 'papier-GIS' vanaf bestaande kaarte, foto's en ander inligtingsbronne op
  lae natrekpapier
 Identifiseer en interpreteer konsepte deur gegewe data soos satellietbeelde. topografiese
  kaarte, lugfoto's, prente en statistieke in grafieke en tabelle te gebruik

3.2     VRAESTEL 2

3.2.1   Landelike- en Stedelike Nedersettings

Nedersettingstudie
 Definisie van:
   o Nedersetting
   o Standplaas
   o Ligging
 Landelike- en stedelike nedersettings
 Klassifikasie van nedersettings volgens:
   o Grootte en kompleksiteit
   o Patroon
   o Funksie

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                   11                                             DBE/2021
                                       Eksamenriglyne

Landelike nedersettings
 Hoe standplaas en ligging die vestiging van landelike nedersettings beïnvloed
 Klassifisering van landelike nedersettings volgens:
   o Patroon
       Identifikasie van verskillende patrone
       Voordele en nadele
   o Funksie
 Identifikasie en redes vir die verskillende buitelynvorme van landelike nedersettings:
   o Rond
   o Lineêr
   o Kruispad
   o T-vormig
 Grondgebruik in landelike nedersettings
  o Identifikasie van grondgebruik: landbou, bosbou en bewaring

Landelike nedersettingskwessies
 Konsep van landelike-stedelike migrasie (definisie en toepassing)
   o Stoot- en trekfaktore
 Definisie van landelike ontvolking:
   o Oorsake en gevolge van landelike ontvolking op mense en die ekonomie
   o Strategieë om landelike ontvolking te hanteer
   o Gevallestudie wat die gevolge van landelike ontvolking illustreer en strategieë om dit te
      hanteer
 Sosiale geregtigheid-kwessies wat met landelike gebiede geassosieer word:
 Definisie, doel, uitdagings met implementering, suksesstories en impak op die gemeenskap:
   o Toegang tot hulpbronne (natuurlike: water en mensgemaakte: beperkte beleggings en
      gebrek aan infrastruktuur)
   o Grondhervorming (grondbesit, herverdeling van grond en grondeise/restitusie)

Stedelike nedersettings
 Die oorsprong en ontwikkeling van stedelike nedersettings
 Verstedeliking van die wêreldbevolking
 Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van:
   o Verstedeliking
   o Stedelike groei
   o Stedelike uitbreiding
   o Ongebreidelde/Onplanmatige stedelike uitbreiding
   o Tempo van verstedeliking
   o Vlak van verstedeliking
   o Teenverstedeliking
 Hoe standplaas en ligging die vestiging van stedelike nedersettings beïnvloed
 Klassifikasie (identifisering, beskrywing en doel) van stedelike nedersettings volgens funksie:
   o Sentrale plekke
   o Handels- en vervoerstede (Vragbrekingspunte, Aansluitingsdorpe en Poortdorpe)
   o Gespesialiseerde stede

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  12                                      DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Stedelike hiërargieë
 Konsepte (identifisering, beskrywing en interpretasie) van:
   o Stedelike hiërargieë
   o Sentrale plekke
   o Drempelbevolking
   o Invloedsfeer
   o Reikwydte van goedere
 Konsepte (identifisering, beskrywing en interpretasie) van:
   o Lae-en hoë-orde-funksies/-dienste
   o Lae-en hoë-orde-sentrums

Stedelike struktuur en -patrone
 Interne struktuur en patrone van stedelike nedersettings (insluitend buitelynvorms van
   stedelike nedersettings)
 Neem kennis van die verskil tussen grondgebruik (bv. groengordel en rekreasie) en
   grondgebruiksone
   o Grondgebruiksones, insluitend redes vir ligging, doel en kenmerke
        Kommersieel (SSK, Afgeleë Sakekern, tipes kommersiële desentralisasie)
        Residensieel
        Nywerhede
        Vervalsone/Oorgangsone
        Landelike-stedelike oorgangsone
   o Faktore wat die morfologiese struktuur van 'n stad beïnvloed
        Grondplan/Straatplan
        Digtheid van bebouing
   o Stedelike profiele
        Konsepte (definisie, identifisering en toepassing) van stedelike profiel
        Redes vir die vorm van stedelike profiel
 Modelle van stedelike struktuur (beskrywing en kenmerke):
   o Veelvuldige kerne (Harris en Ullman)
   o Moderne Amerikaanse-Westerse stad
   o Derdewêreld-stad
   o Suid-Afrikaanse stad
   o Veranderende stedelike patrone en grondgebruik in Suid-Afrika (buffersone, groen gordel)

Stedelike nedersettingskwessies
 Onlangse verstedelikingspatrone in Suid-Afrika
 Stedelike kwessies wat met snelle verstedeliking verband hou: (definisie, oorsake, impak,
   moontlike oplossings soos teenverstedeliking)
   o Besoedeling
   o Stedelike verval
   o Verkeersopeenhoping
   o Gebrek aan beplanning/Ongebreidelde uitbreiding
   o Oorbesetting
   o Behuisingstekorte
   o Dienslewering (basiese dienste)
   o Maatskaplike kwessies
 Informele nedersettings:
   o Konsep (definisie en identifisering)
   o Groei van informele nedersettings
   o Kwessies verwant aan informele nedersettings
   o Strategieë om kwessies rakende informele nedersettings te benader
   o Gevallestudies van oor die wêreld en Suid-Afrika
 Gevallestudies oor hoe geselekteerde stedelike gebied in Suid-Afrika stedelike uitdagings
   bestuur
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  13                                         DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

   Ongeregtighede in stedelike gebiede
    Definisie van omgewings-, sosiale- en ekonomiese ongeregtighede
    o Omgewingsongeregtighede
        Lugbesoedeling
        Geraasbesoedeling
        Vernietiging van ekosisteme
    o Ekonomiese ongeregtighede
         Armoede
         Swak openbare vervoerstelsels
    o Sosiale ongeregtighede
         Ongelyke toegang tot dienste
         Ongelyke toegang tot hulpbronne (oorsig)

3.2.2   Ekonomiese Geografie van Suid-Afrika

LET WEL: Hierdie afdeling het onderwerpe wat wissel en is geldig vir die volgende vier (4) jaar.
         Alhoewel al hierdie gespesifiseerde onderwerpe gedek moet word beteken dit nie dat
         almal geëksamineer gaan word nie.

Die struktuur van die ekonomie
 Ekonomiese sektore – definisies en voorbeelde:
   o Primêre aktiwiteite
   o Sekondêre aktiwiteite
   o Tersiêre aktiwiteite
   o Kwaternêre aktiwiteite
 Bydrae van ekonomiese sektore tot die Suid-Afrikaanse ekonomie:
   o Definisie, interpretasie van, waarde en bydrae tot die BNP en BBP
   o Indiensneming (verbind met verskillende sektore, interpretasie en toepassing)
 Gebruik/Interpretasie van statistiese en grafiese inligting

Landbou
 Bydrae van landbou tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
 Kleinboere en grootskaal boere: definisie, kenmerke en interpretasie
 Vernaamste landbouprodukte verbou (definisie en voorbeelde) – tuismarkte en uitvoermark

LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie
EKSAMEN                 JAAR      VOORGESKREWE LANDBOUPRODUK
November 2021           2021/22 Beesvleis
Mei/Junie 2022
November 2022           2022/23 Suikerriet
Mei/Junie 2023
November 2023           2023/24 Mielies
Mei/Junie 2024

   Produksiegebiede op 'n kaart, identifisering en interpretasie
   Pas faktore wat landbou in Suid-Afrika begunstig en verhinder op die voorgeskrewe
    landbouprodukte toe
   Bydrae van voorgeskrewe landbouproduk tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
   Voedselsekerheid/-onsekerheid:
    o Definisie van voedselsekerheid en -onsekerheid
    o Belangrikheid van voedselsekerheid in Suid-Afrika
    o Faktore wat voedselsekerheid in Suid-Afrika beïnvloed
    o Strategieë om voedselsekerheid in Suid-Afrika te verbeter
   Gevallestudie met betrekking tot voedselsekerheid en -onsekerheid in Suid-Afrika

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                 14                                         DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

Mynbou
 Bydrae van mynbou tot Suid-Afrika se ekonomie
 Betekenis van mynbou vir ontwikkeling in Suid-Afrika
 Gevallestudie van een van Suid-Afrika se vernaamste mynprodukte

LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie
EKSAMEN                 JAAR      VOORGESKREWE MYNBOUPRODUK
November 2021           2021/22 Steenkool
Mei/Junie 2022
November 2022           2022/23 Goud
Mei/Junie 2023
November 2023           2023/24 Platinum
Mei/Junie 2024

   Produksiegebied van mynbouproduk op 'n kaart, identifisering en interpretasie
   Pas faktore wat mynbou in Suid-Afrika begunstig en verhinder op die voorgeskrewe
    mynbouprodukte toe
   Bydrae van voorgeskrewe mynbouprodukte tot Suid-Afrika se ekonomie

Sekondêre en Tersiêre Sektore
 Bydrae van sekondêre aktiwiteite tot die Suid-Afrikaanse ekonomie
 Tipes nywerhede (definisie, beskrywing, voorbeelde en kenmerke):
   o Swaar en ligte
   o Grondstof-georiënteerde
   o Markgerigte
   o Onafhanklike
   o Alomteenwoordige
   o Brug (Vragverbrekings)
 Faktore wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika bevoordeel:
   o Grondstowwe
   o Arbeidsvoorsiening
   o Watervoorsiening
   o Energievoorsiening
   o Vervoer
   o Politieke ingryping
   o Mededinging/Kompetisie
   o Handel
 Faktore wat nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika benadeel:
   o Oorkonsentrasie
   o Vervoer
   o Lugbesoedeling
   o Arbeidsvoorsiening
   o Watervoorsiening
   o Energievoorsiening
   o Grondstowwe
   o Politieke ingryping
   o Mededinging/Kompetisie
   o Handel
 Kernnywerheidsgebiede van Suid-Afrika:
   o Gauteng (PWV), Durban-Pinetown, Port Elizabeth-Uitenhage, Suidwes-Kaap
   o Ligging van die bogenoemde VIER kernnywerheidsgebiede op 'n kaart

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                 15                                            DBE/2021
                                     Eksamenriglyne

LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie
EKSAMEN                 JAAR      VOORGESKREWE KERNNYWERHEIDSGEBIED
November 2021/          2021/22 Gauteng (PWV)/Suidwes-Kaap
Mei/Junie 2022
November 2022/          2022/23 Gauteng (PWV)/Durban-Pinetown (eThekwini)
Mei/Junie 2023
November 2023/          2023/24 Gauteng (PWV)/Port Elizabeth-Uitenhage
Mei/Junie 2024

LET WEL:      Die TWEE voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede moet elke jaar behandel/gedek
              word.
Belangrike aspekte om op te konsentreer met betrekking tot die voorgeskrewe
kernnywerheidsgebied:
 Kaart wat ligging toon
 Faktore wat die ligging van die voorgeskrewe nywerheidsgebied beïnvloed
 Belangrikste nywerheidsaktiwiteite van die voorgeskrewe nywerheidsgebied
 Faktore wat die voortgesette sukses van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede
   bevoordeel en benadeel
 Ekonomiese- en sosiale impak van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede
 Gevallestudie om bostaande te illustreer

Strategieë vir Nywerheidsontwikkeling
 Oorsig oor apartheid- en post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë:
    o Die Goeie Hoop-plan
 Oorsig oor apartheid- en post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë:
    o Die Heropbou-en Ontwikkelingsprogram (HOP/'RDP')
    o Groei, Werkskepping en Herverdeling (GEAR)
 Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e/'IDZs') en Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
   (ROI'e/'SDIs'):
 Gevallestudies van TWEE Nywerheidsontwikkelingsones (NOS'e/'IDZs') en Ruimtelike-
   ontwikkelingsinisiatiewe (ROI'e/'SDIs'):

LET WEL: Instruksie aan die begin van die afdeling oor Ekonomiese Geografie
EKSAMEN              JAAR     NOS                               ROI
November 2021        2021/22 Saldanhabaai                       Weskus
Mei/Junie 2022
November 2022        2022/23 Dube Handelshawe                   Maputo-
Mei/Junie 2023                                                  ontwikkelingskorridor
November 2023        2023/24 Koega                              Wildekus
Mei/Junie 2024

LET WEL: Die voorgeskrewe NOS en ROI vir die spesifieke jaar moet behandel word.

Belangrike aspekte om op te konsentreer met betrekking tot die voorgeskrewe NOS'e en
ROI'e
 Definisie en verskil tussen NOS en ROI
 Kaart wat ligging toon van voorgeskrewe NOS en ROI
 Faktore wat die ligging van voorgeskrewe NOS en ROI beïnvloed
 Belangrikste nywerheidsaktiwiteite
 Faktore wat die ontwikkeling van die voorgeskrewe kernnywerheidsgebiede bevoordeel en
   benadeel
 Ekonomiese- en sosiale impak
 Gevallestudie om bostaande te illustreer

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  16                                          DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

   Nywerheidsentralisasie en -desentralisasie
    o Definisie, oorsake, voordele/nadele en oplossings
   Bydrae van tersiêre aktiwiteite tot Suid-Afrika se ekonomie:
    o Definisie van tersiêre aktiwiteite
    o Voorbeelde van tersiêre aktiwiteite
    o Die rol van handel (plaaslike en internasionale) in ekonomiese ontwikkeling (definisie,
      handelsbalans, handelsooreenkomste)
    o Die rol van vervoer (openbare/private) in ekonomiese ontwikkeling
    o Interpretasie van grafieke en tabelle van tersiêre aktiwiteite
    o Gevallestudies oor die bydrae van tersiêre aktiwiteite tot Suid-Afrika se ekonomie

Die informele sektor
 Konsep van informele sektor
 Eienskappe van die informele sektor
 Redes vir hoë indiensneming binne informele sektor in Suid-Afrika
 Uitdagings wat die informele sektor van Suid-Afrika in die gesig staar
 Belangrikheid/Rol van die informele sektor in die ekonomie
 Strategieë vir die bemagtiging van die informele sektor
 Gevallestudies om die bostaande binne die Suid-Afrikaanse konteks te illustreer

3.2.3 Geografiese vaardighede -tegnieke
(Topografiese kaart- en ortofotolees en vertolking)

Kaartwerktegnieke
 Kontoerlyne, kontoerinterval en -hoogte en konvensionele tekens
 Kompasrigting
 Ware peiling/Geografiese peiling
 Magnetiese deklinasie en -peiling
 Kaartskaal – tipes skale en vergelyking van die skale van topografiese kaarte, ortofotokaarte
   en lugfoto's
 Berekening van reguitlynafstand in die werklikheid
 Berekening van oppervlakte van reëlmatige verskynsels
 Kaartverwysingsnommers/Kaartindeks
 Alfanumeriese verwysing/Ruitverwysing
 Kaartkoördinate/Presiese ligging – bepaling van koördinate
 Berekening en interpretasie van gradiënt
 Dwarssnitte – teken van dwarssnitte, dui posisie van verskynsels op dwarssnitte aan en die
   identifikasie van verskynsels wat deur dwarssnitte voorgestel word
 Intersigbaarheid
 Berekening van vertikale vergroting

Topografiese Kaarte
 Gebruik van 1: 50 000 topografiese kaarte:
   o Identifikasie en interpretasie van fisiese verskynsels, bv. reliëf, dreinering, klimaat en
       plantegroei, en hoe dit nedersetting en grondgebruik beïnvloed
   o Identifikasie en interpretasie van kulturele verskynsels, bv. nedersetting, grondgebruik en
       vervoernetwerke
 Toepassing van alle aspekte van die sillabus oor Nedersettings, Ekonomiese Geografie en
   kaartwerk wat in Vraestel 2 gedek word
 Interpretasie van nedersetting- en ekonomiese statistieke, grafieke en tabelle wat betrekking
   het op die 1 : 50 000 topografiese kaart en die 1 : 10 000 ortofotokaart, wat geassesseer word

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  17                                          DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

Lugfoto's en Ortofotokaarte
 Skuins en vertikale lugfoto's – identifisering van landvorms en verskynsels
 Die gebruik van grootte, vorm, kleurskakering, tekstuur, skaduwee en patrone op vertikale
   lugfoto's om verskynsels, landvorms en aktiwiteite op foto's en ortofotokaarte te identifiseer
 Oriëntering van ortofotokaarte met topografiese kaarte
 Vergelyk ortofotokaarte met topografiese kaarte

Geografiese Inligtingstelsels (GIS)
 GIS (definisie)
 Komponente van GIS
 Inligtingsbronne van GIS
 Konsepte (definisie, identifikasie en toepassing) van:
   o Afstandwaarneming
        Resolusie
        Beeldelement/Pixels
  o Ruimtelike resolusie
  o Ruimtelike en attribuutdata
  o Vektor en rasterdata
  o Ruimtelike voorwerpe
        Punte/Nodusse
        Lyne
        Oppervlakte/Poligone
 Inligtinglae/tematiese inligtingslae
 Inligtingslae (identifikasie en interpretasie)
 Datamanipulasie en analise:
  o Datamanipulasie
  o Data-integrasie
  o Bufferskepping
  o Bevraagtekening
  o Statistiese analise
 Datastandaardisering
 Deel van data
 Databeveiliging
 Toepassing van GIS deur die:
  o Regering
  o Privaat sektor
 Ontwikkeling van 'n 'papier-GIS' vanaf bestaande kaarte, foto's en ander inligtingsbronne op
  lae natrekpapier
 Identifiseer en interpreteer konsepte deur gegewe data soos satellietbeelde. topografiese
  kaarte, lugfoto's, prente en statistieke in grafieke en tabelle te gebruik

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                    18                                           DBE/2021
                                        Eksamenriglyne

3.3    STRUKTUUR VAN EKSAMENVRAESTEL
3.3.1 Besonderhede van vraestelle
1.   Elke vraestel tel 150 PUNTE, wat beide teorie en kaartwerk assesseer.
2.   Albei vraestelle is 'n 3 UUR-eksamen.
3.   Die vraestelle mag NIE op dieselfde dag geskryf word NIE.
4.   Elke vraestel bestaan uit 3 vrae wat VERPLIGTEND is en moet beantwoord word:
     AFDELING A bestaan uit Vraag 1 en Vraag 2 en Afdeling B bestaan uit Vraag 3.
     AFDELING A:
          Vraag 1 en 2 is gebaseer op teorie vir 60 punte elk.
          Elk van die twee vrae sal met 'n verskeidenheid kort/objektiewe tipe vrae van 15 punte
           begin. Die formaat van hierdie vrae gaan wissel. Dit sal gevolg word met 3 subvrae
           van 15 punte elk.
          Elk van die twee vrae sal 'n paragraaftipevraag van 8 punte insluit, d.w.s. (4 x 2) = (8).
           Hierdie paragraafvrae mag NIE puntsgewys beantwoord word NIE en dit sal analitiese
           denke en insig vereis. Die paragraaftipevrae kan in enige van die subvrae ingesluit
           word
          'n Verskeidenheid bronmateriaal sal gebruik word, bv. satellietbeelde, sinoptiese
           weerkaarte, grafieke, tabelle, sketskaarte, infografika, strokiesprente, foto's
           gevallestudies en koerantartikels.
          Kandidate moet in staat wees om alle geografiese konsepte wat onderrig word, te
           illustreer. Illustrasies kan eenvoudige benoemde diagramme/sketse wees of
           diagramme/sketse met verklarings in besonderhede (met verduidelikende byskrifte).
          Let wel dat die inhoud wat getoets word in die 15 punt-subvrae, meer as een aspek
           van die onderwerp kan dek.
     AFDELING B:
     LET WEL: 'n 1:50 000 topografiese kaartuittreksel en 'n 1:10 000 ortofotokaart gaan
     gebruik word vir assesseringsdoeleindes.
          Vraag 3 is gebaseer op kaartwerk, naamlik kaartvaardighede en –tegnieke vir
           30 punte en word soos volg onderverdeel:
             o Kaartvaardighede en berekenings (10 punte)
             o Kaartvertolking(12 punte)
             o GIS (8 punte)
          LET WEL: Meervoudigekeuse-vrae kan met al die bostaande geïntegreer word.
5.   Die volgende instruksies en inligting sal op die tweede bladsy van die vraestel verskyn.
     Kandidate moet van die begin van die jaar van hierdie instruksies ingelig word omdat baie
     van die kandidate nie gehoor gee aan hierdie instruksies nie:
          Die vraestel bestaan uit DRIE vrae.
          ALLE diagramme/sketse is by die bylae ingesluit.
          Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.
          Laat 'n reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.
          Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.
          Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
           gebruik.
          MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.
          Skryf netjies en leesbaar.
          Jy mag 'n vergrootglas gebruik.
          Dui die maateenheid moet in die finale antwoord aangedui word, waar van toepassing,
           bv. 10 km, 4 °C, oos.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                     19                                          DBE/2021
                                         Eksamenriglyne

3.3.2    Kognitiewe Vlakke
Die kognitiewe vlakke van albei vraestelle is soos volg:

            Lae orde                      Middel-orde                       Hoë-orde
              25%                             50%                             25%
          (37/38 punte                     (75 punte)                     (37/38 punte)

Dit is belangrik om daarop te let dat kort objektiewe tipe vrae ook hoë-orde-vrae kan wees.
Paragraaftipevrae is altyd middel-orde of hoë-orde-vrae aangesien dit analitiese denke en insig
vereis.

4.        ALGEMENE NASIENRIGLYNE
       Definisies moet nagesien word deur na die konsep te kyk en nie woordeliks soos wat dit in
        die handboeke gegee word nie. Puntetoekenning is (1 x 2) (2).
       Maak 'n regmerkie langs die feit/inligting waarvoor punte toegeken word. Een regmerkie
        word vir een punt toegeken, bv. waar daar twee punte toegeken word moet daar twee
        regmerkies wees.
       Die hele antwoord moet nagesien word. Moenie net na die eerste feite/inligting kyk en
        punte, bv. 0 (nul), toeken nie. Daar mag korrekte feite/inligting in die antwoord verskyn en
        punte moet daarvoor toegeken word.
       Lees die antwoord deeglik. Korrekte antwoorde kan gegee word wat nie in die
        memorandum/nasienriglyne verskyn nie. Kandidate moet punte kry vir hierdie antwoorde.
       Wanneer paragraaftipevrae nagesien word, maak seker dat kandidate in volsinne antwoord
        en nie puntsgewys nie.
       GEEN negatiewe nasien word toegelaat NIE>
       Berekeninge:
       LET WEL: Berekeninge hoef nie noodwendig in die geheel getoets te word, soos aangedui
        in die voorgestelde puntetoekenning, nie.
        o Punte mag toegeken word as die korrekte formule verskaf is, as die formule nie gegee
             is nie.
        o Punte sal toegeken word vir die korrekte vervanging van waardes in die formule.
        o Punte sal vir berekenings toegeken word.
        o As 'n fout tydens vervanging in 'n korrekte formule gemaak word, sal 'n punt vir die
             korrekte formule toegeken word, maar geen verdere punte sal toegeken word nie.
        o Punte sal vir die korrekte antwoord toegeken word.
        o As die antwoord verkeerd is, moet die berekening van die begin af nagesien word en
             punte moet toegeken word tot by die stap waar die kandidaat verkeerd bereken het.
        o As 'n eenheid, bv. kilometer, gevra word, moet die antwoord verkeerd nagesien word as
             dit nie verskaf word nie. Punte moet egter vir al die berekeningstappe toegeken word
             wat tot die antwoord lei.
        o Punte word slegs vir 'n formule toegeken indien 'n poging aangewend is om die
             berekening te doen, m.a.w. vervangings is gedoen of 'n numeriese antwoord is gegee.
        o Alle berekenings, as dit nie in die vraag gespesifiseer is nie, moet tot 'n minimum van
             EEN desimale plek gedoen word.
        o As 'n finale antwoord van 'n berekening korrek is, mag volpunte toegeken word indien
             die kandidaat die formule, vervangings en berekeningstappe toon, en die maateenheid
             aangedui is. As die kandidaat slegs die antwoord neerskryf, sal punte slegs vir die
             antwoord toegeken word.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                  20                                         DBE/2021
                                      Eksamenriglyne

    Voorgestelde puntetoekenning vir graad 12-berekenings:
     o Afstand (2 punte) – soos vir afstandsberekening van gradiënt
          vir korrekte mate op kaart (cm/mm)
          vir korrekte antwoord indien korrekte mate aangedui word (m/km)
     o Area/Oppervlakte (5 punte)
          vir korrekte mate van lengte op kaart (cm/mm)
          vir korrekte mate van breedte op kaart (cm/mm)
          vir korrekte lengte op kaart in werklikheid
          vir korrekte breedte op kaart in werklikheid
          vir korrekte antwoord indien korrekte mate aangedui word (m2/km2)
     o Gemiddelde gradiënt (5 punte)
        vir korrekte vertikale interval
         vir korrekte mate van kaartafstand tussen twee punte
        vir korrekte horisontale ekwivalent
        vir korrekte vervanging van waardes in formule
        vir korrekte antwoord as 'n verhouding
     o Vertikale vergroting (5 punte)
        vir korrekte omskakeling tot die korrekte eenheid
         vir korrekte vertikale skaal gegee as 'n verhouding
        vir korrekte horisontale skaal gegee as 'n verhouding
        vir korrekte vervanging van waardes in formule – kan 'n verhouding- of 'n breukskaal
            wees
        vir korrekte antwoord en eenheid (in geval van vertikale vergroting is die eenheid
            keer, bv. 20 keer))
     o Magnetiese deklinasie (5 punte)
        vir korrekte verskil in jaar
        vir korrekte gemiddelde jaarlikse verandering
        vir korrekte jaarlikse verandering
        vir korrekte berekening met korrekte eenheid (magnetiese deklinasie vir
            jaar waarin kaart gedruk is + () totale jaarlikse verandering)
     o Magnetiese peiling (5 + 2 punte)
            Die vyf punte soos hierbo aangedui
        vir die korrekte afmeting van ware peiling
        vir die korrekte antwoord en korrekte eenheid

5.     SLOT

Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.

Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                               21                                             DBE/2021
                                   Eksamenriglyne

BYLAE A

AKSIEWOORDE (WERKWOORDE/BEVELSWOORDE) VIR ASSESSERING

 WERKWOORDE             BETEKENIS                                    HOE OM TE
                                                                     BEANTWOORD
 Verantwoording         om te antwoord vir – verduidelik die         Volsinne
                        oorsaak vir – om te verduidelik waarom
 Analiseer              om af te sonder, ondersoek en krities te     Volsinne
                        interpreteer
 Annoteer               Om verduidelikende byskrifte op skets,       Voeg byskrifte by skets
                        kaart of tekening by te voeg
 Evalueer               om opinie te lug hoe suksesvol/effektief     Volsinne
                        iets is
 Argumenteer/Redes      Om redes aan te voer vir of teen 'n          Volsinne
 aanvoer                voorstel/proposisie
 Assesseer              om versigtig te oorweeg voordat jy die       Volsinne
                        sukses daarvan beoordeel
 Kategoriseer           om dinge volgens hulle kenmerke in           Een woord-
                        groepe te plaas/in klasse te verdeel         antwoorde/frases
 Klassifiseer           om in groepe of tipe te verdeel sodat        Eenwoord-antwoorde/
                        dinge met dieselfde kenmerke in dieselfde    frases
                        groep is – om volgens soort of tipe te
                        rangskik
 Kommentaar lewer       om oor die algemeen te skryf                 Volsinne
 Vergelyk               Om beide ooreenkomste en verskille uit te    Volsinne
                        wys
 Konstrueer             om 'n vorm/diagram te teken                  'n Diagram word
                                                                     benodig
 Vergelyk               Om verskille, ooreenkomste of                Volsinne
                        ongelykhede van dinge, kwaliteite of
                        probleme te beklemtoon

 Ontwerp                om 'n nuwe of oorspronklike idee te          Volsinne
                        ontwikkel
 Kritiseer              om kommentaar te lewer oor die positiewe     Volsinne
                        en negatiewe aspekte
 Besluit                om iets versigtig te oorweeg en tot 'n       Volsinne
                        gevolgtrekking kom
 Verdedig               om dinge te sê om iets te                    Volsinne
                        regverdig/beskerm
 Definieer              om 'n beknopte en duidelike betekenis te     Volsinne
                        gee/korrek te beskryf/vermoëns of
                        eienskappe aan te dui
 Ontwerp                om 'n metode te ontwikkel om iets te doen    Volsinne
 Demonstreer            om te wys hoe iets gedoen word -of           Volsinne
                        duidelik te maak – om te verduidelik en te
                        illustreer– om te bewys deur redenasie en
                        bewyse – voorbeelde kan gegee word
 Beskryf                om die vernaamste kenmerke van iets te       Volsinne
                        lys - om weergawe te gee
 Ontwikkel              om 'n nuwe idee of metode suksesvol te       Volsinne
                        ontwerp
 Onderskei              om verskille tussen dinge uit te wys         Volsinne

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                               22                                              DBE/2021
                                   Eksamenriglyne

 WERKWOORDE             BETEKENIS                                     HOE OM TE
                                                                      BEANTWOORD
 Diskrimineer           om oneweredig te behandel/om op grond         Volsinne
                        van 'n spesifieke rede (bv. geslag) uit te
                        sluit
 Bespreek               om deur middel van redenering te              Volsinne
                        ondersoek waar beide standpunte gestel
                        word en 'n slotsom bereik word.
 Onderskei              om verskille tussen dinge uit te wys          Volsinne
 Teken                  om d.m.v. 'n skets aan te toon                'n Diagram word
                                                                      benodig
 Evalueer               om te oorweeg of 'n opinie te lug rakende     Volsinne
                        die waarde – om te definieer, analiseer en
                        te bespreek
 Ondersoek              om versigtig na iets te kyk – om te           Volsinne
                        analiseer en te bespreek
 Verduidelik            om 'n moeilike begrip so te beskryf dat       Volsinne
                        iemand dit maklik kan verstaan
 Bevinding              om 'n formele besluit oor iets te neem        Volsinne
 Formuleer              om 'n idee of opinie uit te druk op 'n        Volsinne
                        georganiseerde manier
 Gee/Noem               om feite kortliks te gee sonder 'n            Een word antwoorde
                        bespreking
 Identifiseer           om vas te stel wie of wat iets of iemand is   Een word antwoorde
                        bv. identifiseer die vernaamste kenmerke
                        van
 Illustreer             om te wys hoe iets lyk/om te bewys iets       Volsinne
                        waar is
 Interpreteer           om 'n verduideliking te gee vir – om          Volsinne
                        betekenis te gee vir
 Onderskei              om die verskil tussen iets raak te sien       Volsinne
 Regverdig              om logiese argumente te gebruik om iets       Volsinne
                        te bewys of redes te gee vir 'n besluit of
                        slotsom
 Lys                    om kort stellings netjies onder mekaar te     Eenwoord-antwoorde
                        skryf
 Ligging/opspoor        om die presiese plek te vind                  Eenwoord-antwoorde
 Noem                   om relevante feite te gee                     Volsinne
 Gee                    om iets te noem - identifiseer of noem        Eenwoord-antwoorde
 Uiteensetting          om 'n opsomming te gee van die                Volsinne
                        hoofpunte en die fynere besonderhede uit
                        te laat
 Plan                   om versigtig te dink watter aksies word       Volsinne
                        benodig vir 'n sekere uitkoms/resultaat
 Voorspel               om te sê wat jy dink gaan gebeur - om te      Volsinne
                        profeteer – om vooraf te sê wat gaan
                        gebeur

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Geografie                                23                                        DBE/2021
                                    Eksamenriglyne

 WERKWOORDE                 BETEKENIS                                WERKWOORDE
 Voorstel                   om 'n plan voor te lê – om 'n            Volsinne
                            formele plan in te dien
 Voorsien                   om feite sonder 'n verduideliking te     Volsinne/Eenwoord-
                            gee                                      antwoorde
 Bevraagteken               om bedenkinge oor iets te hê             Volsinne
 Bepaal/Gradeer/Beraam/Rate om te oorweeg of iets 'n sekere          Volsinne/Eenwoord-
                            kwaliteit of vlak het                    antwoorde
 Herroep                    om iets te onthou                        Volsinne/Eenwoord-
                                                                     antwoorde
 Herken                        om te aanvaar dat iets waar of        Volsinne/Eenwoord-
                               belangrik is – om goedkeuring te      antwoorde
                               gee
 Aanbeveel                     om aan te beveel dat iets gedoen      Volsinne
                               moet word
 Verslag doen                  om 'n amptelike stelling of           Volsinne
                               geskrewe dokument daar te stel
 Selekteer                     om te kies van 'n groot geheel        Eenwoord-antwoorde
 Skets                         om te illustreer met 'n eenvoudige    'n Diagram word
                               diagram                               benodig
 Oplossing                     om vas te stel wat die probleem       Volsinne
                               veroorsaak en 'n manier vind om
                               dit aan te spreek
 Gee                           om inligting weer te gee sonder 'n    Eenwoord-antwoorde
                               bespreking
 Voorstel                      om 'n oplossing of verduideliking     Volsinne
                               daar te stel
 Wys                           om duidelik te maak – om uit te       Volsinne
                               wys – om te verduidelik
 Ondersteun                    om aan te toon dat 'n stelling/idee   Volsinne
                               waar is
 Tabuleer                      om terme of aktiwiteite onder         Eenwoord-antwoorde/
                               spesifieke opskrifte te groepeer      frases
 Vertel                        om iets te herken op grond van        Eenwoord-antwoorde
                               kennis
 Toets                         om iets te ondersoek en te bepaal     Volsinne
                               of dit bevredigend is of 'n sekere
                               kwaliteit het
 Gebruik                       om 'n spesifieke metode of            Volsinne
                               vaardigheid te gebruik om iets te
                               doen
 Waarde                        om die belangrikheid van iets te      Volsinne
                               oorweeg
 Verifieer                     om te bevestig/bewys dat iets         Volsinne
                               korrek is
 Skryf                         om 'n formele dokument te skep        Volsinne

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT 2021 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept-2021-english/4b7c4988-8463-4466-b302-7d8911ddb1c9) — Geography · Addendum · 2021 · Eng
- [Geography Grade 12 Trial 2021 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-trial-2021-p2-and-memo/8594d365-a1ab-42b6-9e6d-a3b1f8ab2d54) — Geography · Memo · 2021
- [2021 KZN June P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-p1-qp/6738f615-2f3d-4931-92e0-6ba5f300837a) — Geography · QP · 2021
- [Geography P1 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2021-eng/2d122178-69e5-4bd5-9915-c780e26aca2b) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P2 May June 2021 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-eng/499f6ee6-d3a9-4e2b-81ac-b06c168cb10c) — Geography · QP · 2021 · Eng
- [Geography P2 May June 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2021-afr/7ab47572-a87d-4063-a7c1-e6eaae30e1df) — Geography · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 May-June 2025 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2025-eng/bbabb3ad-00bf-45d9-aa3b-76a0d89ca2b6) — QP · 2025 · Eng
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
