# Geography Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Geography question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                             JUNIE 2022

                            GEOGRAFIE

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 20 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE                                (EC/JUNIE 2022)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

       VRAAG 1: Klimaat en Weer (40)
       VRAAG 2: Geomorfologie (40)
       VRAAG 3: Nedersettings (40)
       VRAAG 4: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

 2.    Beantwoord al VIER vrae.

 3.    Alle diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

 4.    Laat ŉ reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

 5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 7.    MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

 9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
       moet maak.

 10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv.
       1 020 hPa, 14 °C en 45 m.

 11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

 SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR VRAAG 4

 14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart 2820CB AUGRABIES en ŉ ortofotokaart
       1 : 10 000 2820CB 7 AUGRABIES word voorsien.

 15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
       stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

 16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

 17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
       eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                               GEOGRAFIE                                     3

 VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

 1.1   Die onderstaande skets illustreer die deursnee en weer kenmerke van ŉ
       middelbreedte-sikloon in sy volwasse stadium.Verskeie opsies word as
       moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
       en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

       1.1.1      Die area by A sal deur … in die suidelike halfrond, beïnvloed word.

                  A     die koue front
                  B     die warm front
                  C     beide die koue- en warm front
                  D     geeneen van die koue, of warm front

       1.1.2      Die lugmassa by B het vanuit die … -winde ontstaan.

                  A     weste
                  B     ekwatoriale
                  C     polêre
                  D     passaat

       1.1.3      Wanneer die koue front by die warm front aansluit, is die
                  middelbreedte-sikloon in die … -stadium.

                  A     golf
                  B     frontale
                  C     okklusie
                  D     warm sektor

       1.1.4      Lugdruk sal ... vanaf A na B.

                  A     toeneem
                  B     afneem
                  C     stagneer
                  D     krimp

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE                               (EC/JUNIE 2022)

       1.1.5   ŉ Lys van redes waarom die koue lug/sektor vinniger as die warm
               lug/sektor beweeg, word hieronder verskaf:

               (i)     Die koue lug agter die koue front
               (ii)    Die koue lug is digter
               (iii)   Sterker drukgradiënt
               (iv)    Swaar reënval by die warm front

               Watter EEN van die volgende kombinasies is die redes waarom die koue
               front vinniger as die warm front beweeg?

               A       (i) en (ii)
               B       (iii) en (iv)
               C       (i) en (iii)
               D       (ii) en (iv)                                             (5 x 1)    (5)

 1.2   Kies die korrekte letter uit dié wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs die
       letter (A of B) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       1.2.1   Die wind by (A/B) waai gedurende die dag.

       1.2.2   Wind (A/B) is ŉ katabatiese wind.

       1.2.3   ŉ Hoogdruk ontwikkel op die valleivloer gedurende die ontwikkeling
               van wind (A/B).

       1.2.4   Rypbestande gewasse is by X as gevolg van die invloed van
               wind (A/B) geplant.

       1.2.5   Wind (A/B) word met temperatuur-inversies geassosieer.           (5 x 1)    (5)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                GEOGRAFIE                                       5

 1.3 Verwys na die infografiek (FIGUUR 1.3) oor die hoof tropiese sikloonsones.

       1.3.1      Hoeveel tropiese siklone het in die westelike Noord Stille Oseaan
                  ontwikkel?                                                  (1 x 1)          (1)

       1.3.2      Verskaf TWEE redes vir die roete/beweging van tropiese siklone in
                  die suidelike halfrond.                                    (2 x 1)           (2)

       1.3.3      Noem bewyse vanaf die kaart wat die voorkoms van Eloise rondom
                  Suider-Afrika verbind.                                   (1 x 2)             (2)

       1.3.4      Waarom was Eloise toe dit in Suid-Afrika land bereik, as ŉ tropiese
                  storm beskou en nie ŉ tropiese sikloon nie?                  (1 x 2)         (2)

       1.3.5      Verduidelik die belangrikheid van Coriolis-krag in die ontwikkeling van
                  tropiese siklone.                                                (2 x 2)     (4)

       1.3.6      Lewer kommentaar oor die negatiewe impak van die verhoogde
                  reënval van Eloise op die infrastruktuur van sekere provinsies in Suid-
                  Afrika.                                                       (2 x 2)        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             GEOGRAFIE                        (EC/JUNIE 2022)

 FIGUUR 1.3

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
7                                 GEOGRAFIE                                      (EC/JUNIE 2022)

1.4   FIGUUR 1.4 is ŉ tipiese Suid-Afrikaanse winter sinoptiese weerkaart.

      1.4.1   Bepaal die isobariese druk van isobaar A.                        (1 x 1)      (1)

      1.4.2   Verklaar die posisie van antisiklone B en C in die seisoen wat deur die
              sinoptiese weerkaart verteenwoordig word.                       (1 x 2)       (2)

      1.4.3   Die posisie van die Kalahari-hoog veroorsaak baie min kanse vir
              reënval gedurende winter. Teken ŉ benoemde dwarsprofiel vanaf D na
              E om die redes vir hierdie gebrek aan wolke en reënval in die winter te
              illustreer.                                                     (4 x 1)       (4)

      1.4.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die verskille in
              humiditeit/vogvlakke wat by weerstasies F en G ervaar word. (4 x 2)           (8)
                                                                                           [40]

Kopiereg voorbehou
                                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           GEOGRAFIE                         (EC/JUNIE 2022)

 FIGUUR 1.4

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                             GEOGRAFIE                                            9

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1     Dui aan of elk van die stellings in KOLOM A van toepassing is op SLEGS X
        of SLEGS Y van die terme/begrippe in KOLOM B. Skryf SLEGS X of
        SLEGS Y langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die
        ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 2.1.6 X.

                             KOLOM A                                  KOLOM B
        2.1.1     Grondwater wat ŉ rivier voed                   X   Afloop
                                                                 Y   Basisvloei

        2.1.2     Harde rots wat nie water toelaat om deur te X      Poreus
                  vloei nie                                   Y      Ondeurdringbaar

        2.1.3     Die punt waar twee sytakke ontmoet             X   Samevloeiing
                                                                 Y   Riviersisteem

        2.1.4     Die gebied waar reënval naby ŉ rivier X            Bron
                  ophoop                                Y            Opvanggebied

        2.1.5     Die hoogste vlak van grondwater                X   Watertafel
                                                                 Y   Plaatvloei
                                                                                   (5 x 1) (5)

2.2     Die FIGUUR hieronder illustreer rivierstelsels voor en na stroomroof. Kies die
        korrekte term/konsep tussen hakies om die stelling WAAR te maak. Skryf
        slegs die term/konsep langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in jou
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.2.6 stroomroof.

                                                                      [Bron: Eksaminator]

        2.2.1     (Rivier A/Rivier B) vloei oor sagter gesteentes.

        2.2.2     ŉ Knakpunt sal by C as gevolg van (vertikale/terugwaartse) erosie
                  ontwikkel.

        2.2.3     Die hoogliggende gebied by D, staan as die (interfluviale
                  skeiding/waterskeiding) bekend.

        2.2.4     Stroom E staan as ŉ (verarmde/geroofde) stroom bekend.

        2.2.5     (Gepaarde terrasse/windsaal) mag by F ontwikkel.                (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou
                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE                                   (EC/JUNIE 2022)

2.3   Verwys na die diagram van ŉ dreineringspatroon.

                                                           [Bron: coolgeography.co.za]

      2.3.1 Identifiseer die dreineringspatroon sigbaar in die skets.         (1 x 1)    (1)

      2.3.2 Noem TWEE kenmerke van die onderliggende rotsstruktuur van die
            dreineringspatroon in VRAAG 2.3.1 genoem.               (2 x 1)              (2)

      2.3.3 Bepaal die stroomorde by A.                                       (1 x 2)    (2)

      2.3.4 Beskryf die verhouding tussen stroomorde en die volume water.
                                                                       (1 x 2)           (2)

      2.3.5 Behuisingsontwikkeling word in die afgebakende area, gemerk B,
            beplan. Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls die invloed
            van hierdie ontwikkeling op die stroomorde, sowel as die watertafel.
                                                                           (4 x 2)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                GEOGRAFIE                                      11

2.4    Die onderstaande FIGUUR toon ŉ ongegradeerde lengteprofiel van ŉ rivier.

                                                                 [Bron: sageography.co.za]

       2.4.1      Noem die stroomvloei wat die bo-loop sal domineer.              (1 x 1)     (1)

       2.4.2      Beskryf die verskil in die vorm van die rivierkanale in die bo- en die
                  middel-loop.                                                    (2 x 1)     (2)

       2.4.3      Verwys na die helling vanaf A na B van die ongegradeerde
                  lengteprofiel:

                  (a)    Wat is ŉ knakpunt?                                       (1 x 2)     (2)

                  (b)    Waarom is daar ŉ afwesigheid van knakpunte in die benede-
                         loop van die rivier?                                (1 x 2)          (2)

                  (c)    Hoe sal die knakpunte (in die skets) verwyder word om te
                         veroorsaak dat die lengteprofiel uiteindelik gegradeer word?
                                                                                (1 x 2)       (2)

       2.4.4      Verduidelik hoe die geleidelike gradiënt in die benede-loop en die
                  see die ontwikkeling van die delta by C bevorder.           (3 x 2)         (6)
                                                                                             [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GEOGRAFIE                                      (EC/JUNIE 2022)

VRAAG 3: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

3.1   Die foto’s hieronder klassifiseer verskillende landelike nedersettings. Pas die
      beskrywings in VRAE 3.1.1 tot 3.1.5 by foto's A, B of C in die
      ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.1.6 A.

                                                                    [Bron: opentext.wsu.edu]

      3.1.1    Nedersetting wat die afstand wat na die sentrum afgelê moet word,
               verminder.

      3.1.2    Ontwikkel as gevolg van ekstensiewe boerdery.

      3.1.3    Nedersetting wat langs ŉ pad/rivier ontwikkel het.

      3.1.4    Nedersetting wat die meeste sosiale nadele het.

      3.1.5    Versnippering van die boerderygrond beperk intensiewe kommersiële
               boerdery.                                                 (5 x 1)               (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                               GEOGRAFIE                                  13

 3.2   Die volgende vrae verwys na die kenmerke van straatpatrone. Verskeie opsies
       word as moontlike antwoorde op die vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
       en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.6 D.

       3.2.1      Die ... -straatpatroon beskik oor paaie wat vanaf ŉ sentrale punt
                  beweeg.

                  A       rooster
                  B       onreëlmatige
                  C       radiale
                  D       reghoekige

       3.2.2      Die straatpatroon waar minder kruisings as die ander straatpatrone
                  gevind kan word, is die … -straatpatroon.

                  A       reghoekige
                  B       rooster
                  C       onreëlmatige
                  D       radiale

       3.2.3      Die straatpatroon wat die duurste is om te bou:

                  A       Radiale
                  B       Reghoekige
                  C       Rooster
                  D       Onreëlmatige

       3.2.4      Voordele van die onreëlmatige straatpatroon is:

                  (i)     Maklik om te beplan
                  (ii)    Akkommodeer topografie
                  (iii)   Verbeter verkeersvloei
                  (iv)    Onderverdeling van erwe is makliker

                  Kies die korrekte kombinasie:

                  A       (i) en (ii)
                  B       (ii) en (iii)
                  C       (iii) en (iv)
                  D       (i) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                      GEOGRAFIE                                 (EC/JUNIE 2022)

      3.2.5    Nadele van die rooster-straatpatroon is:

               (i)     Daar is groot onverbruikte spasie
               (ii)    Baie moeilik om uit te lê
               (iii)   Dit verhoog die kanse dat ongelukke kan gebeur
               (iv)    Eentonig en oud

               Kies die korrekte kombinasie:

               A        (i) en (ii)
               B        (ii) en (iii)
               C       (iii) en (iv)
               D        (i) en (iv)                                                 (5 x 1)    (5)

3.3   Verwys na die hiërargie van stedelike nedersettings in die skets.

                                                            [Bron: Eksaminator se eie skets]

      3.3.1    Definieer die konsep stedelike hiërargie.                            (1 x 2)    (2)

      3.3.2    Wat sal die dorp verhinder om in ŉ noordelike rigting uit te brei?
                                                                                    (1 x 1)    (1)

      3.3.3    Sal meer gespesialiseerde goedere by stad A, eerder as stad B gevind
               word?                                                         (1 x 1)           (1)

      3.3.4    Verduidelik jou antwoord by VRAAG 3.3.3.                             (1 x 2)    (2)

      3.3.5    Verwys na die winkelsentrum.

               (a)     Is die nuwe winkelsentrum ŉ streek- of buurtwinkelsentrum?
                                                                                (1 x 1)        (1)

               (b)     Lewer kommentaar oor die geskiktheid van die ligging van
                       hierdie winkelsentrum (antwoord by VRAAG 3.3.5(a)).     (2 x 2)         (4)

               (c)     Verduidelik die impak van hierdie winkelsentrum (antwoord by
                       VRAAG 3.3.5 (a)) op die drempelbevolking van STAD A. (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                  GEOGRAFIE                                          15

 3.4    Verwys na die infografiek wat op stedelike verval gebaseer is.

        President Cyril Ramaphosa het onlangs sy stem gevoeg by oproepe om
        die ernstige verval van historiese middestede in die meeste van die land
        se groot stede en dorpe aan te spreek. Binnestedelike vernuwing was
        belangrik, het hy aangedui, as deel van die ekonomiese herstelproses,
        veral aangesien die Covid-19-inperking die land se ekonomiese krisis
        vererger het.
          [Vry vertaal en aangepas uit: https://www.news24.com/citypress/voices/reversing-inner-
                                                                          city-decay-20201129]

        3.4.1     Wat is stedelike verval?                                              (1 x 2)     (2)

        3.4.2     Volgens president Ramaphosa, wat het die land se ekonomiese
                  krisis vererger?                                      (1 x 1)                     (1)

        3.4.3     Noem TWEE bewyse vanuit die foto wat aandui dat stedelike
                  verval plaasgevind het.                            (1 x 2)                        (2)

        3.4.4     Hoe kan middestadsvernuwing met ekonomiese herstel in Suid-
                  Afrika help?                                         (1 x 2)                      (2)

        3.4.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die hoof
                  oorsake van stedelike verval in Suid-Afrikaanse stede. (4 x 2)                    (8)
                                                                                                   [40]

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 GEOGRAFIE                                        (EC/JUNIE 2022)

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                     AGTERGROND INLIGTING OOR AUGRABIES

 Koördinate: 28°35'S; 20°20'O

 Augrabies is ŉ klein dorpie in die Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika, op die suider
 oewer van die Oranjerivier wat sowat 100 kilometer stroomaf van Upington geleë is.
 Dit is op die R359-pad net buite die Augrabieswaterval nasionale park, wat die
 Augrabieswaterval insluit, waarna die dorp vernoem, is geleë.

                                [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Augrabies,_Northern_Cape]

 Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings verskyn op die topografiese
 en ortofotokaarte:

 ENGLISH                                     AFRIKAANS
 Holiday resort                              Vakansie-oord
 Island                                      Eiland
 National park                               Nasionale park
 Mission station                             Sendingstasie

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                GEOGRAFIE                                     17

 4.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.
       4.1.6 A.

       4.1.1      Die verskynsel wat by 28°36'13''S; 20°20'27''O, aangetref word
                  is/ŉ …

                  A       punthoogte.
                  B       boord en wingerd.
                  C       rye bome.
                  D       murasie.                                                 (1 x 1) (1)

       4.1.2      Augrabies is geleë:

                  (i)      In die Wes-Kaap provinsie
                  (ii)     In die Noord-Kaap provinsie
                  (iii)    Stroom-op vanaf Upington
                  (iv)     Stroom-af vanaf Upington

                  Kies die korrekte kombinasie:

                  A        (i) en (ii)
                  B        (ii) en (iii)
                  C        (ii) en (iv)
                  D        (i) en (iii)                                            (1 x 1) (1)

       4.1.3      Kies die waarskynlike rowwe dwarsprofiel vanaf 6 tot 7 op die
                  ortofotokaart.

                                                                                   (1 x 1)    (1)

       4.1.4      Bepaal die magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 74 (blok
                  E4) tot punthoogte 652 (blok C5) in 2022. Toon ALLE berekeninge.
                  Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                  Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie
                                                                               (3 x 1)        (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                     GEOGRAFIE                                     (EC/JUNIE 2022)

     4.1.5    Die vertikale interval is 4 m van die gradiënt van lyn 8 op die
              ortofotokaart.

              (a)     Wat is die horisontale ekwivalent (HE) van lyn 8?                  (2 x 1)   (2)

              (b)     Bereken die gemiddelde gradiënt van lyn 8 deur die inligting van
                      VRAAG 4.3.1(a) te gebruik.

                                                               Vertikale Interval (VI)
                      Formule: Gemiddelde Gradiënt =
                                                            Horisontale Ekwivalent (HE)
                                                                                         (2 x 1)   (2)

4.2 KAARTINTERPRETASIE

     4.2.1    Die algemene windrigting in die gebied wat deur blok B4 in die
              topografiese kaart gedek word, is …

              A        suidwes.
              B        suidoos.
              C        noordwes.
              D        noordoos.                                                         (1 x 1)   (1)

     4.2.2    Die eilande wat deur G op die topografiese kaart aangedui word, was
              veroorsaak deur ... en ... .

              (i)      slikking
              (ii)     vlegting
              (iii)    erosie
              (iv)     verwering

              Kies die korrekte kombinasie:

              A        (i) en (ii)
              B        (i) en (iii)
              C        (iii) en (iv)
              D        (i) en (iii)                                                      (1 x 1)   (1)

     4.2.3    Die tipe nedersetting volgens grootte en kompleksiteit by F in blok E1
              op die topografiese kaart, is/ŉ …

              A        gehuggie.
              B        dorp.
              C        verspreid.
              D        kern.                                                             (1 x 1)   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022)                                 GEOGRAFIE                                    19

       4.2.4      Verwys na die fluviale landvorm wat tussen blokke B1 en C3 op die
                  ortofotokaart gevind word.

                  (a)     Identifiseer die fluviale landvorm.                    (1 x 1)     (1)

                  (b)     Beskryf die hellings van hierdie landvorm (antwoord op
                          VRAAG 4.2.4(a)) deur na bewyse op die ortofotokaart te
                          verwys.                                               (1 x 2)      (2)

                  (c)     Sal die Augrabies-waterval by 9 in ŉ suidoostelike of
                          noordwestelike rigting terugtrek? Gee ŉ rede vir jou keuse.
                                                                                 (1 + 1)     (2)

       4.2.5      Verwys na nedersetting H op die topografiese kaart.

                  (a)     Identifiseer die patroon van die nedersetting by H.    (1 x 1)     (1)

                  (b)     Wat is die vorm van hierdie nedersetting by H?         (1 x 1)     (1)

                  (c)     Verduidelik EEN faktor wat die patroon van hierdie
                          nedersetting by H, beïnvloed het.          (1 x 2)                 (2)

 4.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

       4.3.1      Die datalae wat in blok A4 op die ortofotokaart gevind word, is:

                  (i)     Dreinering
                  (ii)    Infrastruktuur
                  (iii)   Reliëf/topograaf
                  (iv)    Vervoer

                  Kies die regte kombinasie:

                  A       (i) en (ii)
                  B       (ii) en (iii)
                  C       (iii) en (iv)
                  D       (i) en (iii)                                           (1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                GEOGRAFIE                                    (EC/JUNIE 2022)

      4.3.2    Verwys na die skets hieronder wat ŉ GIS-proses illustreer.

                                  [Bron: https://www.google.com/search?qgis&rlz=1C1GCEU]

               (a)     Noem die GIS-proses wat by A geïllustreer word.           (1 x 1)     (1)

               (b)     Verduidelik die GIS-proses wat jy in VRAAG 4.3.2(a) genoem
                       het.                                                 (1 x 2)          (2)

      4.3.3    Noem die poligoon-verskynsel in blok E2 op die topografiese kaart.
                                                                             (1 x 1)         (1)

      4.3.4    Is die poligoon-verskynsel genoem by VRAAG 4.3.3, raster- of vektor-
               data?                                                        (1 x 1)          (1)

      4.3.5    Lewer kommentaar oor die belangrikheid van die poligoon-verskynsel
               (genoem by VRAAG 4.3.3) vir die inwoners van die Brabeesmond-
               nedersetting.                                               (1 x 2)          (2)
                                                                                           [30]

                                                                             TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
