# Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Geography question paper from the Eastern Cape June 2023 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2023-afrikaans/7dea3eff-4bdd-4785-8c65-013c46635acf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2023-afrikaans/7dea3eff-4bdd-4785-8c65-013c46635acf)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape June · 2023 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                            JUNIE 2023

                           GEOGRAFIE

PUNTE: 150

TYD:   3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 21 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE                                  (EC/JUNIE 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Die Atmosfeer (40)
      VRAAG 2: Geomorfologie (40)
      VRAAG 3: Skikking (40)

      AFDELING B:
      VRAAG 4: Geografiese vaardighede en tegnieke (30)

2.    Beantwoord al VIER vrae.

3.    ALLE diagramme is ingesluit in die VRAESTEL.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer opdrag gegee word om dit te
      doen.

9.    Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of
      lys.

10.   Meeteenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy kan ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   In AFDELING B word jy voorsien van ŉ 1 : 50 000 uittreksel van die topografiese
      kaart (2527 DB/DD HARTBEESPOORT DAM) en ŉ ortofotokaart (2527 DB 23
      ortofoto) van ŉ deel van die gekarteerde gebied.

15.   Die area wat in ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
      verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge. Punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die opsiener inhandig.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                       GEOGRAFIE                                         3

VRAAG 1: WEER EN KLIMAAT

1.1     Pas die stellings in KOLOM A by die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z
        langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
        byvoorbeeld 1.1.6 Y.

                            KOLOM A                          KOLOM A
        1.1.1     Winde wat middelbreedte-siklone Y     Oostewind
                  oor die algemeen in ŉ oostelike Z     Westewinde
                  rigting laat beweeg.

        1.1.2     Veroorsaak die ontwikkeling van Y     koue digte lug wat die
                  cumulonimbus-wolke     in    die      warmer ligter lug dwing om
                  middelbreedte-sikloon.                op te styg
                                                   Z    warmer ligter lug wat stadig
                                                        oor die koue digte lug
                                                        beweeg

        1.1.3     Tipe okklusie by A aangedui       Y   warm

                                                    Z   koud

        1.1.4     Weerstasie wat krimping van die Y
                  wind in Suidelike Halfrond aandui
                                                    Z

        1.15      Lugdruk van A tot B in die skets Y    Verminder dan neem toe
                  hieronder

                                                    Z   Neem toe dan verminder

                                         Warm lug

                   Koue lug

                                                                             (5 x 1)   (5)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       GEOGRAFIE                                     (EC/JUNIE 2023)

1.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf,
      wat op die sinoptiese weerkaart hieronder gebaseer is. Kies die korrekte
      antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.2.1 tot
      1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 D.

       [Bron: https://www.weathersa.co.za/home/synopticcharts. Toegang op 12 Februarie 2023
                                                                                    verkry.]

      1.2.1    Die lugdruk by A (Walvisbaai) is ongeveer … hPa.

               A      1020
               B      1018
               C      1016
               D      1014

      1.2.2    Die hoogdruk by B staan as die … -hoogdruk bekend.

               A      Suid-Atlantiese
               B      Kalahari
               C      Kontinentale
               D      Suid-Indiese

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                           GEOGRAFIE                                    5

         1.2.3    Die sinoptiese weerkaart beeld wintertoestande uit as gevolg van
                  … dalende lug en … toestande oor die binneland van Suid-Afrika.

                  (i)     swak
                  (ii)    sterk
                  (iii)   wolklose
                  (iv)    bewolkte

                  A       (i) en (iii)
                  B       (i) en (iv)
                  C       (ii) en (iii)
                  D       (ii) en (iv)

         1.2.4    Die weerstoestande van Port Elizabeth (vergroot) by C, word deur
                  … winde beïnvloed.

                  A       aflandige
                  B       aanlandige
                  C       adiabatiese
                  D       termiese

         1.2.5    Watter weerstasie .... hieronder sal D       (op die sinoptiese
                  weerkaart)verteenwoordig      as     daar      die    volgende
                  weersveranderinge in die area plaasvind?

                  (i)     Verlaging in temperatuur van 4 °C
                  (ii)    Verhoging in doupunttemperatuur van 8 °C
                  (iii)   Windrigting verander na suidwes
                  (iv)    Windspoed neem met 10 knope toe

                  A                                   B

                  C                                   D

                                                                           (5 x 1)   (5)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GEOGRAFIE                                     (EC/JUNIE 2023)

1.3    Verwys na die stadiums en dwarssnit van ŉ tropiese sikloon hieronder.

                            STADIUMS VAN ONTWIKKELING

                        DWARSSNIT VAN ’N TROPIESE SIKLOON

         [Aangepas uit https://www.google.com/search?q=cross+section+of+a+tropical+cyclone]

       1.3.1   In watter halfrond het die tropiese sikloon ontwikkel?              (1 x 1)     (1)

       1.3.2   Noem die stadium van ontwikkeling by A.                             (1 x 1)     (1)

       1.3.3   Watter EEN van die stadiums A of B word deur die deursnee van die
               tropiese sikloon voorgestel?                               (1 x 1)              (1)

       1.3.4   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3.                         (1 x 2)     (2)

       1.3.5   Verwys na die Oog- en Oogmuur op die dwarssnit.

               (a)    Onderskei tussen die lugbeweging in die oog en die oogmuur.
                                                                            (2 x 1)            (2)

               (b)    Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe die
                      lugbeweging die weerstoestande in die oog en oogmuur
                      beïnvloed het.                                     (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                          GEOGRAFIE                                                7

1.4     Verwys na die infografika hieronder oor bergwinde in Suid-Afrika.

        Inwoners van Oos-Londen was verlede Saterdag onderhewig aan snikhete
        hitte nadat ŉ rekordbrekende hittegolf ŉ maksimum temperatuur van 43,9 ºC
        tot gevolg gehad het.
        Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) was die hittegolf die gevolg
        van Bergwindtoestande, toe warm droë winde na die kus vanaf die land se
        hoë sentrale plato gewaai het.
        “Soos die lug daal, word dit warmer en teen die tyd dat dit by die kus kom,
        is dit uiters warm.” het Garth Sampson, SAWD-woordvoerder in Gqeberha
        (voorheen Port Elizabeth), Maandag aan die Daily Dispatch gesê.
        Volgens statistieke wat deur SAWD vrygestel is, was Oos-Londen se
        temperatuur Saterdag die tweede hoogste in die hele Oos-Kaap op die dag,
        minder as Kenton-on-Sea 44,2 ºC en meer as die 42,6 ºC wat in Gqeberha
        aangeteken is.
           [Aangepas van:https://www.goexpress.co.za/2021/record-breaking-heatwave-hits-east-
                                                                                    london/]

                                     [Aangepas uit                             [Aangepas uit
         https://www.goexpress.co.za/2021//record-       https://www.google.com/maps/place/]
               breaking-heatwave-hits-east-london/]

        1.4.1     Wat, volgens die uittreksel, was die gevolg van die rekordbrekende
                  hittegolf in Oos-Londen?                                     (2 x 1)           (2)

        1.4.2     Waarom word lug warmer soos dit na die kusstreke daal?             (1 x 2)     (2)

        1.4.3     Hoe lank het die maksimum temperatuur van 44 °C volgens die
                  grafiek geduur?                                      (1 x 2)                   (2)

        1.4.4     Verduidelik die rede vir die noordwestelike rigting van die bergwinde
                  in die satellietbeeld.                                          (1 x 2)        (2)

        1.4.5     Teken ŉ weerstasie van Oos-Londen wat die windrigting,
                  wolkbedekking en lugtemperatuur teen 13h00 illustreer. (3 x 1)                 (3)

        1.4.6     Hoe sal die fisiese (natuurlike) omgewing beïnvloed word, as gevolg
                  van die tyd (antwoord op VRAAG 1.4.3) wat dit aan die 44 °C van
                  die bergwind blootgestel is?                                 (2 x 2)           (4)
                                                                                                [40]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    GEOGRAFIE                                    (EC/JUNIE 2023)

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Pas die stellings in KOLOM A by die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z
      langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
      2.1.6 Y.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
      2.1.1    ŉ Gebied wat deur ŉ rivierstelsel    Y:   Opvangsgebied
               gedreineer word                      Z:   Dreineringsbekken
      2.1.2    Die letter A op die skets            Y:   Interfluviale skeiding
               hieronder is die                     Z:   waterskeiding

      2.1.3    Illustreer die bron van die rivier   Y:

                                                    Z:

      2.1.4    Die boonste laag van die             Y:   watertafel
               versadigde sone van grondwater       Z:   deur vloei
      2.1.5    Die tempo van infiltrasie sal hoër   Y:   evaporasie stadig is
               wees in gebiede waar ...             Z:   evaporasie vinnig is
                                                                                  (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                           GEOGRAFIE                                        9

2.2     Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf, wat
        gebaseer is op dreineringspatrone. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die
        letter (A–D) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
        neer, bv. 2.2.6 D.

        Verwys na die dreineringspatroon hieronder om vrae 2.2.1 tot 2.2.3 te
        beantwoord.

                                              [Bron: https://sageography.co.za]

        2.2.1     Die dreineringspatroon staan as die … -patroon bekend.

                  A       tralie
                  B       sentripetale
                  C       parallelle
                  D       radiale

        2.2.2     Hierdie patroon ontwikkel op die volgende onderliggende rotsstruktuur:
                  (i)     Rots met eenvormige weerstand teen erosie
                  (ii)    Geplooide berge
                  (iii)   Gebiede waar vulkane uitgebars het
                  (iv)    Harde en sagte rotsformasies

                  A       (i) en (ii)
                  B       (i) en (iii)
                  C       (ii) en (iii)
                  D       (ii) en (iv)

        2.2.3     Die sytakke sluit … -hoekig by die hoofstroom aan.

                  A       skerp
                  B       reg
                  C       skuins
                  D       stomp

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                       GEOGRAFIE                              (EC/JUNIE 2023)

 Verwys na die dendritiese dreineringspatroon om vrae 2.2.4 en 2.2.5 te
 beantwoord.

                                        [Bron: https://sageography.co.za]

        2.2.4   Die stroomorde by A is …

                A       1.
                B       2.
                C       3.
                D       4.

        2.2.5   Hierdie dreineringspatroon vloei gewoonlik op … hellings en in …
                valleie.

                (i)     sag
                (ii)    steil
                (iii)   V-vormige
                (iv)    U-vormige

                A       (i) en (iii)
                B       (i) en (iv)
                C       (ii) en (iii)
                D       (ii) en (iv)                                          (5 x 1)      (5)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        GEOGRAFIE                                               11

2.3     Verwys na die rivierprofiele hieronder.

                        Weerstandbiedende

                                                           [Bron: Eksaminator se eie skets]

        2.3.1     Identifiseer die TWEE tipes rivierprofiele wat in die skets aangedui
                  word.                                                         (2 x 1)       (2)

        2.3.2     Onderskei tussen die vorms van profiele A en B.                  (2 x 1)    (2)

        2.3.3     Verduidelik waarom daar ŉ verskil tussen die vorms van profiele A
                  en B voorkom.                                             (1 x 2)           (2)

        2.3.4     Verwys na die rivierprofiel C–D.                                            (2)

                  (a)    Is die profiel gegradeerd of ongegradeerd?                (1 x 1)    (1)

                  (b)    Waarom word die meer as ŉ tydelike basisvlak van erosie
                         beskou?                                          (1 x 2)             (2)

                  (c)    Verduidelik waarom die riviergradering by X en Y verskil.
                                                                              (2 x 2)         (4)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     GEOGRAFIE                                      (EC/JUNIE 2023)

 2.4    Verwys na die skets hieronder wat stroomroof aantoon.

                      Aangepas uit https://www.easyelimu.com/qa/843/with-well-]

        2.4.1   Wat is stroomroof?                                                  (1 x 2)      (2)

        2.4.2   Watter letters verteenwoordig die volgende kenmerke van
                stroomroof?

                (a)    Rowerstroom

                (b)    Verarmde stroom                                              (2 x 1)      (2)

        2.4.3   Noem ŉ fluviale landvorm wat by die roofelmboog aangetref kan
                word.                                                  (1 x 1)                   (1)

        2.4.4   Wat is die ekonomiese belangrikheid van die landvorm wat deur
                terugwaartse erosie by E veroorsaak word?              (1 x 2)                   (2)

        2.4.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die prosesse
                van stroomroof.                                           (4 x 2)                (8)
                                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                         GEOGRAFIE                                                   13

VRAAG 3: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

3.1      Kies die korrekte konsep/woord/proses tussen hakies.

         3.1.1    Die beweging van mense weg van stede na landelike gebiede word
                  (landelik-stedelike migrasie/teen-verstedeliking) genoem.

                  Verwys na die staafgrafiek, wat die stedelike bevolking van ŉ land
                  aantoon, en beantwoord vrae 3.1.2 en 3.1.3.

                  [Bron: https://www.forbes.com/sites/judeclemente/urbanization-reducing-poverty-
                                                                  and-helping-the-environment/?]

         3.1.2    Die waarde by A dui stedelik- (groei/uitbreiding) aan.

         3.1.3    Die persentasie by B toon die (koers/vlak) van verstedeliking.

                  Verwys na die tipe dorpe hieronder om vrae 3.1.4 en 3.1.5 te
                  beantwoord.

                                                                [Aangepas uit Google-bronne]

         3.1.4    (Aansluiting/Poort) -dorpe ontwikkel by die kruising van twee groot
                  vervoerroetes.

         3.1.5    Die letter (A/B) verteenwoordig ŉ vragverbrekingspunt..                (5 x 1)    (5)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                  GEOGRAFIE                               (EC/JUNIE 2023)

3.2   Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y
      of Z langs die vraagnommers (3.2.1 tot 3.2.5) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 3.2.6 Y.
      Verwys na die sketse hieronder wat op die sentrale plekteorie gebaseer is.

               Kos(voedsel)-winkels                Motorvoertuig-handelaars

                   KOLOM A                               KOLOM B
      3.2.1    Die rangorde van          Y:     nedersettings
               stedelike gebiede         Z:     hiërargie
               volgens grootte,
               funksie en graad van
               spesialisasie
      3.2.2    Die reikwydte van die     Y:     daar meer koswinkels is.
               koswinkels is korter as   Z:     daar meer voertuighandelaars is
               dié van die voertuig-
               handelaars omdat ...
      3.2.3    Die drempelbevolking      Y:     meer
               van die motorvoertuie     Z:     minder
               winkels is ... as die
               koswinkels
      3.2.4    Illustreer die            Y:
               invloedsfeer van die
               koswinkels

                                         Z:

      3.2.5    Tipe goedere gevind Y:           Laer
               waar     daar   minder Z:        hoër
               stedelike sentrums is
                                                                            (5 x 1) (5)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                              GEOGRAFIE                                                  15

3.3      Verwys na die uittreksel hieronder oor grondhervorming in Suid-Afrika.

                              GRONDHERVORMING: BEPLAN VIR GROEI

         Herverdeling van landbougrond is ŉ belangrike rede vir landbou
         transformasie en -groei in Suid-Afrika.

         Maar watter hervormings en ingrypings is nodig om dit te bewerkstellig?
         Die uitkoms vir grondhervorming vanuit ŉ maatskaplike geregtigheid-
         oogpunt en vir ŉ meer regverdige verdeling van produktiewe landbougrond
         bied ŉ belangrike groei geleentheid indien dit toepaslik uitgevoer word.

         Verhoogde deelname van die private sektor aan grondherverdeling,
         ondersteun     deur    bemagtigende beleide,  aansporings     en
         moniteringsmeganismes van die staat, is ŉ kritieke manier om
         landbougroei te bevorder.

         As dit saam met ŉ reeks ingrypings gedoen word, is dit waarskynlik dat die
         werklike landbou-bruto toegevoegde waarde teen 2030 aansienlik kan
         toeneem.

         Dit is duidelik dat die voorsiening van grond alleen (deur grondhervorming)
         waarskynlik nie die verwagte groei sal behaal nie.

         Om landbougroei te verbeter, moet die grondhervormingsproses deur ŉ
         sentrale agentskap uitgevoer word en, sodra die grond herverdeel is, moet
         finansiële en tegniese ondersteuning sowel as afname-ooreenkomste of -
         kontrakte aan begunstigdes verskaf word.
                  [Bron: https://www.news24.com/citypress/voices/joha\n-kirsten-land-reform-plan-for-
                                                                                   growth-20230129]

         3.3.1        Wat is grondherverdeling?                                              (1 x 2)    (2)

         3.3.2        Noem EEN ander beleid (pilaar), wat nie in die uittreksel genoem
                      word nie, wat deel vorm van Suid-Afrika se grondhervormings-
                      vooruitsigte.                                              (1 x 1)                (1)

         3.3.3        Noem volgens die uittreksel TWEE maniere om landbougroei ná
                      grondherverdeling te bevorder.                       (2 x 1)                      (2)

         3.3.4        Waarom is tegniese ondersteuning belangrik nadat grond
                      herverdeel is?                                   (1 x 2)                          (2)

         3.3.5        In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik waarom die
                      implementering van grondhervorming as ŉ maatskaplike
                      geregtigheidskwessie in Suid-Afrika beskou word.       (4 x 2)                    (8)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                    GEOGRAFIE                                       (EC/JUNIE 2023)

 3.4    Verwys na die skets hieronder wat grondgebruiksones illustreer.

                      [Aangepas uit chrome-extension://efaidnbmnnnibpcajpcglclefindmkaj/https]

        3.4.1   Identifiseer grondgebruiksone A.                                      (1 x 1)      (1)

        3.4.2   Noem TWEE kenmerke van grondgebruiksone A.                            (2 x 1)      (2)

        3.4.3   Hoe verlig die pad               by    B     verkeersopeenhopings by
                grondgebruiksone A?                                             (1 x 2)            (2)

        3.4.4   Beskryf die fisiese voorkoms van geboue in die vervalsone. (1 x 2)                 (2)

        3.4.5   Verduidelik die kontras verskil tussen die grondwaardes en die
                fisiese voorkoms van geboue in die vervalsone.          (1 x 2)                    (2)

        3.4.6   Waarom is die ligging van die kragstasie geskik (ideaal)?             (3 x 2)     (6)
                                                                                                 [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                  GEOGRAFIE                                                     17

 VRAAG 4: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN -TEGNIEKE

                  AGTERGROND INLIGTING OOR HARTBEESPOORT DAM

 Koördinate:25°43′32″S 27°50′54″O

 Hartbeespoortdam (ook bekend as Harties) is ŉ boogtipe dam geleë in die
 Noordwes-Provinsie van Suid-Afrika. Dit lê in ŉ vallei ten suide van die
 Magaliesbergreeks en noord van die Witwatersrand-bergreeks, sowat 35 kilometer
 noordwes van Johannesburg en 20 kilometer wes van Pretoria. Die naam van die
 dam beteken “dam by die kloof van die hartebees”. Wanbestuur van
 afvalwaterbehandeling uit stedelike sones binne die Hartbeespoortdam-
 opvanggebied is grootliks te blameer vir die swak toestand van die water.

                                    [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/ Hartbeespoort_Dam]

 Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese
 en ortofotokaarte gewys:

        ENGLISH                               AFRIKAANS
        Agricultural holdings                 Landbouhoewes
        Archaeological site                   Argeologiese terrein
        Diggings                              Delwery
        Estate                                Landgoed
        Sewerage works                        Rioolwerke

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                   GEOGRAFIE                                 (EC/JUNIE 2023)

4.1   KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      4.1.1    Die kaartindeksblad suidoos van 2527 DB/DD is …

               A      2527 CC.
               B      2528 CC.
               C      2725 CC.
               D      2825 CC.                                                (1 x 1)     (1)

      4.1.2    Bepaal die volgende vanaf die argeologiese terrein F in blok A5 tot
               by die winkel by G in blok B5.

               (a)    Ware peiling (TB)                                       (1 x 2)     (2)

               (b)    Die magnetiese peiling (MB) as die magnetiese deklinasie
                      (MD) 24°36' wes van ware noord is.

                      Formule: MP = WP+ MD                                    (2 x 1)     (2)

               (c)    Gee EEN rede waarom dit belangrik is om die magnetiese
                      peiling eerder as die ware peiling te gebruik om jou weg vanaf
                      die argeologiese terrein te vind.                       (1 x 1)     (1)

      4.1.3    Die gemiddelde gradiënt van 1 tot 2 op die ortofotokaart is 1 : 2,56.
               Gee die volgende:

               (a)    Vertikale interval (VI)                                 (1 x 1)     (1)

               (b)    Horisontale ekwivalent (HE)                             (2 x 1)     (2)

               (c)    Hoe dui die ortofotokaart aan dat die gradiënt nie gunstig is
                      om ŉ pad te bou nie?                                  (1 x 1)       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                           GEOGRAFIE                                       19

4.2     KAARTINTERPRETASIE

        Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf,
        gebaseer op die topografiese en ortofotokaarte. Kies die antwoord en skryf
        slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.2.1 tot 4.2.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.4 D.

        4.2.1     Die grafiek wat die algemene temperatuurverandering van 3 na 4 op
                  die ander ortofotokaart illustreer, is …

                  A                                   B

                  C                                   D

                                                                                (1 x 1) (1)

        4.2.2     Die algemene noordwestelike vloeirigting van die nie-standhoudende
                  rivier in blok B3, by J, op die topografiese kaart word aangedui deur
                  … en …

                  (i)  sytakke wat vanaf die noordweste en noordooste aansluit
                  (ii) sytakke wat vanaf die suidweste en suidooste aansluit
                  (iii)die buiging van die kontoerlyne in ŉ noordoostelike en
                       noordwestelike rigting
                  (iv) Die buiging van die kontoerlyne in 'n suidoostelike en
                       suidwestelike rigting

                  A       (i) en (iii)
                  B       (ii) en (iii)
                  C       (i) en (iv)
                  D       (ii) en (iv)                                          (1 x 1)   (1)

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                   GEOGRAFIE                                  (EC/JUNIE 2023)

      4.2.3 Die nedersetting by L in blok A1 is … en …

             (i)     kernvormig
             (ii)    verspreid
             (iii)   enkelfunksioneel
             (iv)    multifunksioneel

             A       (i) en (iii)
             B       (i) en (iv)
             C       (ii) en (iii)
             D       (ii) en (iv)                                               (1 x 1)    (1)

      Verwys na die nedersetting by H in blok E4 op die topografiese kaart.

      4.2.4 (a)      Noem die klimaatsfaktor wat die ligging van die nedersetting by H
                     (blok E4), wat teen die hange van die vallei geleë is, beïnvloed
                     het.                                                       (1 x 1) (1)

             (b)     Wat is die klimatologiese belangrikheid van die ligging van die
                     nedersetting by H, vir die mense wat in die area woon?   (1 x 2) (2)

      Verwys na die afgebakende area by K in blokke B2/C2 op die topografiese
      kaart.

      4.2.5 (a)      Identifiseer die stadium van die rivier in die afgebakende area by
                     K in blokke B2/C2?                                          (1 x 1) (1)

             (b)     Gee bewyse om jou antwoord op VRAAG 4.2.5(a) te ondersteun.
                                                                          (1 x 1) (1)

      Verwys na die dorp Melodie in blok C5 op die topografiese kaart.

      4.2.6 (a)      Is die straatplan (patroon) in Melodie ŉ rooster (reghoekig) of
                     onreëlmatige plan (patroon)?                            (1 x 1) (1)

             (b)     Noem EEN voordeel van die straatplan (patroon) in Melodie
                     (antwoord op VRAAG 4.2.6(a).                       (1 x 1) (1)

             (c)     Waarom was dit maklik om hierdie (antwoord op VRAAG 4.2.6(a)
                     straatplan (patroon) in Melodie te beplan en uit te lê? (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2023)                        GEOGRAFIE                                         21

4.3     GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

        4.3.1     Is die topografiese of die ortofotokaart ŉ primêre bron?   (1 x 1)    (1)

        4.3.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.1.                (1 x 1)    (1)

        4.3.3     Verwys na M in blok E1, op die topografiese kaart.

                  (a)   Noem die omgewingsongeregtigheid wat sigbaar is.     (1 x 1)    (1)

                  (b)   Identifiseer die tipe vektordata wat gebruik is om die
                        omgewingsongeregtigheid te illustreer.           (1 x 1)        (1)

                  (c)   Wat is die belangrikheid om die vektordata wat by
                        VRAAG 4.3.3(b) genoem is, te gebruik?                (1 x 2)    (2)

                  (d)   Hoe kan ŉ buffersone help om die omgewingsongeregtigheid
                        by M te verminder?                              (1 x 2)         (2)
                                                                                       [30]

                                                                  GROOTTOTAAL:         150

## Related documents

- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
