# Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Geography Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79) — QP · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
               GRAAD 12

                  2025
             NASIENRIGLYNE

                GEOGRAFIE

               (VRAESTEL 2)

22 bladsye

### Page 2

GEOGRAFIE
                                                   NASIENRIGLYNE
                                                                                    GR12 0625

BEGINSELS VIR DIE NASIEN VAN GEOGRAFIE - 2025

Die volgende nasienbeginsels is ontwikkel om nasienprosesse te standardiseer.
NASIEN:
• ALLE vrae MOET nagesien word, ongeag of dit korrek of verkeerd is.
• Waar die maksimum punte vir 'n spesifieke vraag toegeken is, plaas 'n M oor die res van
  die teks om aan te dui dat die maksimum punte behaal is.
• 'n Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word: 
   o Indien EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word: 
   o Indien TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word: 
   o Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waar 'n punt toegeken word.
   o Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskillende vlakke moderering kan
      plaasvind.
•   Verkeerde antwoorde moet met 'n duidelike, netjiese kruisie gemerk word: X
     o Gebruik MEER as een kruis oor 'n paragraaf/besprekingstyl vraag om aan te dui dat
        alle feite oorweeg is.
     o Moenie 'n streep deur 'n verkeerde antwoord trek nie.
     o Moenie die verkeerde feite onderstreep nie.
LET OP DIE VOLGENDE:
•   As die nommering verkeerd is of weggelaat word, kan kandidate gekrediteer word solank
    die volgorde van antwoorde op vrae gevolg word.
•   Indien herkenbaar by spelfoute kan punte toegeken word, mits die betekenis korrek is.
•   Wees sensitief vir die betekenis van 'n antwoord, wat op 'n ander manier gestel kan word
•   In vrae waar 'n letter die aanvaarde antwoord is, maar die leerder die werklike antwoord
    skryf, word punte toegeken.
TOTAAL EN OORDRAG VAN PUNTE:
• Elke subvraag moet opgetel word.
  o Vrae in Afdeling A het vyf onderafdelings, dus word vyf subtotale per vraag vereis.
      Afdeling B het drie onderafdelings en drie subtotale.
  o Onderafdelingtotale moet in die regterkantlyn aan die einde van die onderafdeling
      geskryf word.
  o Subtotale moet leesbaar geskryf word.
  o Laat ruimte oop om gemodereerde punte op verskillende vlakke in te skryf.
• Totaliseer subtotale en dra totale oor na die boonste linkerkantse katlyn langs
  vraagnommer.
• Dra totaal oor na omslag van antwoordboek.
MODERERING:
Nasien op elke vlak van moderering word op dieselfde manier as die aanvanklike nasien
gedoen. Alle riglyne vir nasien moet nagekom word.

Indien 'n punt vir 'n subvraag na moderering verander word, moet die moderator deur die
merker se punt ‘n streep trek en die nuwe punt neerskryf. 12 16

                                               2

### Page 3

GEOGRAFIE
                                                  NASIENRIGLYNE
                                                                                    GR12 0625

Die totaal vir die vraag moet herbereken word en eweneens afgehaal word. Die nuwe totaal
moet neergeskryf word: 26 36

                                                                                            •
 VRAAG 1 22

 1.1.1    'n (Suid-Atlantiese Hoog) 

 1.1.2    B (Kalahari Hoog) 

 1.1.3    B (Suid-Indiese) X

 1.2.1    Smeltende sneeu 

 1.2.2    Mond X

 1.2.3    Derde orde 

 1.3.1    Katabatiese X

 1.3.2    1 kom gedurende die dag voor, terwyl 2 snags voorkom          
                         
 1.3.3    Koue lug daal in die vallei af en vorm 'n inversie
                                           Lug vloei afwaarts √√

 1.4.1    Vorm van front konkaaf X
          Steil helling van die front 
 1.4.2    Warm lug ondersny die koue lug X
 1.4.3    Lug agter die koue front is kouer as die lug voor. Koue lug beweeg
          vinniger as warm lug voor dit. Koue front haal die warm front in.
 1.5.1    (a) 'n Rivier wat net die hele jaar deur vloei X
          (b) Die rivierkanaal is wyd X
                                                   
          (c) Reëlmatigheid van reënval en die grondtipe waaroor die strome
              vloei.
                                X
 1.5.2    Gauteng en die Oos-Kaap

 1.5.3    Die koste van voedselproduksie sal styg aangesien dit duur is om
          gesuiwerde water te koop. Boere sal meer chemikalieë moet koop om
          water te suiwer.  Chemikalieë kos baie, en dit sal produksiekoste
          verhoog. Dit sal duur wees om gesuiwerde M    water te gebruik vir
          elektrisiteitsopwekking. Hierdie koste sal in elektrisiteitspryse wees.
          Koste sal die prys van elektrisiteit tydens produksie verhoog. Daar sal
          minder skoon water wees om hidro-elektrisiteit op te wek.
                                              3

### Page 4

GEOGRAFIE
                                            NASIENRIGLYNE
                                                                        GR12 0625

AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

VRAAG 1: LANDELIKE NEDERSETTINGS

1.1.1    B (1)/ standplaas
1.1.2    B (1)/ Droëpunt-nedersetting
1.1.3    C (1)/ (i) en (iii)
1.1.4    B (1)/ ligging
1.1.5    A (1)/ natpunt nedersetting
1.1.6    C (1)/ (i) en (iii)
1.1.7    D (1)/ funksie
                                                                         (7 x 1) (7)

 1.2.1   A (1)
 1.2.2   A / B (1)
 1.2.3   C (1)
 1.2.4   D (1)
 1.2.5   B (1)
 1.2.6   D (1)
 1.2.7   A (1)
 1.2.8   C (1)
                                                                         (8 x 1) (8)

                                        4

### Page 5

GEOGRAFIE
                                                        NASIENRIGLYNE
                                                                                           GR12 0625

1.3   Verwys na die infografika wat landelike ontvolking toon.

                             SUID-AFRIKA SE LANDELIKE
                                    BEVOLKING

                                  [Bron: https://www.macrotrends.net/global-metrics/
               countries/zaf/south-africa/rural-population?utm_source= chatgpt.com]

                                           [Bron: Eksaminator se eie skets op ChatGPT]

                                                    5

### Page 6

GEOGRAFIE
                                              NASIENRIGLYNE
                                                                                GR12 0625

1.3.1 Definieer die konsep landelike ontvolking.                           (1 x 2)   (2)

       Die afname in die bevolking van landelike gebiede as gevolg van
       mense wat na stede verhuis. (KONSEP) (2)

1.3.2 Verwys na die infografika en dui die neiging in die bevolkingsgrootte in
      landelike gebiede van 2020 – 2023 aan.                              (1 x 1)    (1)

       Dit neem af (1)

1.3.3 Volgens die infografika, wat kan die rede vir landelike ontvolking
      wees.                                                                (1 x 2)   (2)

       Mense in die landelike gebiede trek na die stedelike gebiede (2)
       Grond degradasie (2)
       Grond is onvrugbaar (2)
       Droogtes (2)
       Gebrek aan vermaak / isolasie (2)
       Gebrek aan werksgeleenthede (2)
       Meganisasie (2)
       [Enige EEN]

1.3.4 Verduidelik hoekom die jongmens in die infografika hartseer is.      (1 x 2)   (2)

       Hy het geen werk nie (2)
       Sy vriende en familie het hom agter gelaat. (2)
       Daar is geen vermaak-geleenthede nie (2)
       [Enige EEN]

1.3.5 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe landelike
      ontvolking die ekonomiese ontwikkeling van landelike gebiede negatief
      sal beïnvloed.                                                   (4 x 2)       (8)

       Verlies aan geskoolde arbeid sal lei tot 'n daling in produksie en dus
       minder inkomste. (2)
       Winkels sal sluit weens minder klante en dit sal inkomsteverlies tot
       gevolg hê. (2)
       Besighede sluit weens 'n gebrek aan werkers, dit lei tot minder
       inkomste. (2)
       Die sluiting van winkels en besighede lei tot verlies aan werk en
       inkomste. (2)
       Minder regeringstoelae sal aan gebiede met minder mense gegee
       word en dit sal minder geld vir landelike ontwikkeling tot gevolg
       hê. (2)
       Afname in salarisse en lone, dus is daar ‘n laer koopkrag vir
       besighede. (2)
       Grondwaarde neem af wat die eiendomswaarde negatief gaan
       beïnvloed. (2)
       Min tot geen ekonomiese beleggings in die landelike gebiede nie as
       gevolg van die verlies aan gespesialiseerde “skilled” werkers (2)

                                          6

### Page 7

GEOGRAFIE
                                                       NASIENRIGLYNE
                                                                                          GR12 0625

               Afname in die bydrae van belasting wat dit moeiliker maak om
               dienste te lewer en infrastruktuur op te bou (2)
               Mense verloor hul werk en daarom lei dit tot armoede (2)
               Verouderde bevolking kan nie aan die ekonomie van die landelike
               nedersetting bydrae nie.
               [NB: 'n leerder moet na 'n faktor en 'n kwalifiseerder verwys]
               [ENIGE VIER]

1.4      Verwys na die diagram van grondgebruik in landelike nedersettings en beantwoord die
         vrae wat volg.

                                                             [Bron: Eksaminator se eie skets van ChatGPT]

      1.4.1   Definieer die konsep grondgebruik.                                   (1 x 2)         (2)

              Die spesifieke funksie waarvoor die grond gebruik word (2)
              [KONSEP]

      1.4.2   Identifiseer die grondgebruik wat in die diagram uitgebeeld word.    (1 x 1)         (1)

              Boerdery (aanvaar voorbeelde) (1)
              Weiding (aanvaar voorbeelde) (1)
              Bewaring (1)
              Vee-teelt (die teel met vee) (1)
              [Enige EEN]

                                                   7

### Page 8

GEOGRAFIE
                                             NASIENRIGLYNE
                                                                                 GR12 0625

1.4.3   Verduidelik hoe landelike-stedelike migrasie grondgebruik in landelike
        gebiede negatief sal beïnvloed.                                    (2 x 2)     (4)

        Verlate landbougrond aangesien minder individue in landelike
        gebiede bly om landbougrond te bewerk en te bestuur. (2)
        Verlies aan arbeidsmag put die arbeidsmag uit, wat dit uitdagend
        maak om grootskaalse landboubedrywighede te handhaaf. (2)
        Verskuiwing na minder produktiewe grondgebruik kan ekosisteme
        benadeel en die land se volhoubaarheid verminder. (2)
        Afname in grondbelegging - dus minder aansporing om in
        infrastruktuur, besproeiing en grondbewaringstegnieke te belê. (2)
        Inbreuk op natuurlike ekosisteme - verminderde monitering van die
        land, wat onwettige aktiwiteite soos ontbossing of stropery toelaat
        om te floreer. (2)
        Fragmentasie van grond verminder die doeltreffendheid van
        grondgebruik, wat dit moeiliker maak om grootskaalse,
        samehangende landbouprojekte te implementeer. (2)
        Kulturele en tradisionele grondgebruikpraktyke wat tot ontwrigting
        kan lei, tot minder omgewingsvriendelike grondgebruik en die
        agteruitgang van landelike landskappe. (2)
        [Enige TWEE]

1.4.4   Verduidelik die belangrikheid van die volhoubaarheid van grondgebruik in
        landelike gebiede.                                                (2 x 2)      (4)

        Verseker voedselsekerheid (2)
        Bewaring van natuurlike hulpbronne (2)
        Ondersteuning van landelike lewensbestaan (2)
        Die handhawing van biodiversiteit (2)
        Bestuur klimaatsverandering (2)
        Voorkoming van grondagteruitgang en verwoestyning (2)
        Verbetering van waterbestuur (2)
        Bevordering van sosiale stabiliteit (2)
        Kulturele bewaring (2)
        Bydrae tot nasionale ekonomieë (2)
        [Enige TWEE]

1.4.5   Stel strategieë voor om volhoubaarheid van grondgebruik in landelike
        gebiede te bevorder.                                              (2 x 2)      (4)

        Neem volhoubare landboupraktyke aan (aanvaar voorbeelde) (2)
        Bevorder grondgebruikbeplanning. (2)
        Beskerm en herstel natuurlike ekosisteme. (2)
        Moedig volhoubare lewensbestaan aan. (2)
        Verbeter hulpbrondoeltreffendheid. (2)
        Bevorder onderwys en opleiding. (2)
        Gebruik tegnologie tot jou voordeel. (2)
        Ondersteuningsbeleide en aansporings (2)
        Bevorder plaaslike en streeks ekonomieë. (2)
        Monitor en evalueer grondgebruik. (2)
        Gemeenskapsbetrokkenheid. (2)
        [Enige TWEE]
                                         8

### Page 9

GEOGRAFIE
                                                           NASIENRIGLYNE
                                                                                                    GR12 0625

1.5     Verwys na die artikel oor grondhervorming en beantwoord die vrae wat volg.

          BYNA R2 MILJARD BESTEE AAN MISLUKTE GRONDHERVORMING

Ten spyte daarvan dat die Suid-Afrikaanse regering sedert 1994, 432 038 ha grond in die
Vrystaat onder verskeie grondhervormingsprogramme verkry het, teen 'n koste van
R1 881 miljard vir die belastingbetaler, is hierdie grond nie vir kommersiële
voedselproduksie gebruik nie. Dit is volgens dr. Roy Jankielsohn, die DA se koukusleier
in die Vrystaat.

"Daarbenewens besit munisipaliteite in die provinsie 203 erwe leë grond wat 245 379 ha
beloop, wat beteken dat 'n totaal van 677 417 ha potensieel produktiewe grond dormant
lê."

Die Vrystaat is 'n gevallestudie van wat in die res van die land gebeur, het hy gesê. Daar
kan met gerustheid aanvaar word dat hierdie tendens van mislukking in al die ander
provinsies, behalwe in die Wes-Kaap, voortduur.

Jankielsohn het aan Farmer's Weekly gesê dit lyk asof die regering onbewus is van die
bedreiging wat dit vir voedselsekerheid in die land inhou.
[Bron: https://www.farmersweekly.co.za/agri-news/south-africa/nearly-r2-billion-spent-on-failed-land-
reform/]

1.5.1 Definieer die konsep grondhervorming.                                                         (1 x 2)   (2)

        Grondhervorming verwys na die beleide wat die ongeregtighede van
        apartheidsregeringstelsel regstel (KONSEP) (2)

1.5.2 Identifiseer, volgens die artikel, ŉ uitdaging wat verband hou met
      grondhervorming.                                                                              (1 x 2)   (2)

        (Daarbenewens besit munisipaliteite in die provinsie 203 erwe leë grond wat
        245 379 ha beloop, wat beteken dat 'n totaal van 677 417 ha) potensieel
        produktiewe grond lê dormant. (2)
        Grond is nie vir kommersiële voedselproduksie gebruik nie. (2)
        Potensieel produktiewe grond lê dormant. (2)
        (Grondherverdelingsprogramme sedert 1994, teen 'n koste van R1 881
        miljard vir die belastingbetaler, is hierdie grond) nie vir kommersiële
        voedselproduksie gebruik nie.
        [Enige EEN]

                                                       9

### Page 10

GEOGRAFIE
                                               NASIENRIGLYNE
                                                                                   GR12 0625

1.5.3 Stel moontlike redes voor vir die uitdaging wat in VRAAG 1.5.2 geïdentifiseer
      is.                                                                       (2 x 2)   (4)

       Gebrek aan finansiële hulpbronne, tegniese vaardighede en landbou-
       opleiding. (2)
       Beperkte toegang tot saad, toerusting, water en ander
       boerderybenodigdhede. (2)
       Burokratiese ondoeltreffendheid en lang regsprosesse wat die oordrag
       van grondtitels vertraag. (2)
       Geskille oor grondeienaarskap of gemeenskaplike eienaarskap. (2)
       Grond wat deur hervormings toegeken word, is ongeskik vir landbou-
       aktiwiteite. (2)
       Gebrek aan finansiering. (2)
       Baie landelike gebiede is ver van markte af, wat dit moeilik maak om
       produkte of goedere te verkoop. (2)
       Inkonsekwente of onduidelike beleide rakende grondhervorming. (2)
       Grondkonflikte binne gemeenskappe of families. (2)
       Landelike-stedelike migrasie. (2)
       Klimaatsverandering. (2)
       Gronddegradasie. (2)
       [Enige EEN]

1.5.4 Identifiseer die maatskaplike uitdaging wat deur grondhervorming veroorsaak
      word,soos in die artikel genoem.                                        (1 x 1)     (1)

       Voedselsekerheid (1)

1.5.5 Stel strategieë voor om die proses van grondhervorming in die land te
      verbeter.                                                                 (3 x 2)   (6)

       Vereenvoudig regsprosedures. (2)
       Dwing duidelike grondregte af. (2)
       Grondgebruikbeplanning. (2)
       Inklusiewe besluitneming. (2)
       Erkenning van gebruiklike regte. (2)
       Toegang tot krediet. (2)
       Kapasiteitsbou. (2)
       Infrastruktuurontwikkeling. (2)
       Maatreëls teen korrupsie. (2)
       Plaaslike bemiddelingskomitees om geskille op te los. (2)
       Versterk regstelsels om grondverwante sake doeltreffender te hanteer. (2)
       Koppel grondhervormingsbegunstigdes aan markte vir hul produkte. (2)
       Moedig landbouverwerking, koöperasies en waardetoegevoegde
       aktiwiteite aan om inkomstegenerering te verhoog. (2)
       Monitering van die prosesse (2)
       [ENIGE DRIE]
                                                                                            [60]

                                             10

### Page 11

GEOGRAFIE
                                                 NASIENRIGLYNE
                                                                                    GR12 0625

VRAAG 2: STEDELIKE NEDERSETTINGS

2.1.1     Z (1)/ Drempelbevolking
2.1.2     Z (1)/ meer; minder
2.1.3     Y (1)/ Konurbasie
2.1.4     Z (1)/ Sentrale plek teorie
2.1.5     Y (1)/ Reikwydte van goedere
2.1.6     Z (1)/ Stadspreiding
2.1.7     Y (1)/ Laer-orde funksies en dienste
                                                                                    (7 x 1) (7)
2.2.1     B (1)/ Veelvuldige kern-model
2.2.2     B (1)/ E word ver weg van enige besoedeling gevind
2.2.3     A (1)/ hoë-inkomste woongebiede
2.2.4     B (1)/ (ii) en (iv)
2.2.5     A (1)/ Streng segregasie van stedelike gebiede gebaseer op ras
2.2.6     C (1)/ Sosio-ekonomiese ongelykhede en ruimtelike segregasie.
2.2.7     D (1)/ Gefragmenteerde stedelike ruimtes met gesegregeerde informele
               nedersettings
2.2.8     D (1)/ (ii) en (iv)
                                                                             (8 x 1) (8)
 2.3      Bestudeer die volgende DIAGRAM en beantwoord die vrae wat volg.

 LUXURY CONDO’S = LUUKSE WOONSTELLE

                                 LUUKSE
                              WOONSTELLE
                                  KOM
                               BINNEKORT

                                                   [Bron: Eksaminator se eie skets vanaf ChatGPT]

                                             11

### Page 12

GEOGRAFIE
                                            NASIENRIGLYNE
                                                                           GR12 0625

2.3.1   Definieer die term gentrifikasie.                              (1 x 2)   (2)

        Die modernisering en verbetering van ou huise naby die
        stadskern. (Konsep) (2)

2.3.2   Gee 'n voorbeeld van gentrifikasie uit die DIAGRAM.            (1 x 1)   (1)

        Luukse woonstelle KOM BINNEKORT (1)

2.3.3   Identifiseer uit die DIAGRAM 'n ekonomiese rede waarom stedelike
        vernuwing moet plaasvind.                                  (1 x 2)       (2)

        Geboue moet nie leeg staan nie, maar inkomste kan uit die
        gebou verkry word. (2)
        Kan ander besighede teruglok na die middestad. (2)
        Besigheid in 'n eens verlate gebied sal die besigheid lok en geld
        vir daardie inwoners inbring. (2)
        Lok ryk inwoners terug na die stad en verhoog dus besteding (2)
        [Enige EEN – moet ekonomies wees]

2.3.4   Onderskei tussen sentripetale en sentrifugale kragte deur duidelik
        benoemde sketse te gebruik.                                      (4x1)   (4)

           SENTRIPETALE KRAGTE (1)              SENTRIFUGALE KRAGTE (1)

                    STAD                            STAD

2.3.5   Voorspel wat met 'n middestad kan gebeur as desentralisasie
        voortduur.                                                  (1 x 2)      (2)

        Negatief:
        SSK kan vervalle raak (2)
        Besighede en woongebiede sal uit SSK moet trek weens 'n
        gebrek aan kliënte (2)
        Middestad verloor kliënte (2)
        Onwettige okkupasie van verlate geboue (2)
        Moedig stedelike verval aan (2)
        Verhoog sosiale euwels – dwelmhandel (aanvaar voorbeelde) (2)
        Afname in dienslewering in die middestad (2)

        Positief:
                                      12

### Page 13

GEOGRAFIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                                          GR12 0625

        Geleentheid vir stedelike vernuwing/gentrifikasie (2)
        Verminderde verkeer in die middestad (2)
        Verminder oorbevolking in die middestad (2)
        Misdaad sal laer wees in die middestad aangesien daar minder
        mense in die middestad is (2)
        Minder kompetisie (2)
        Beter dienslewering in die middestad (2)
        [Enige EEN]

2.3.6   Evalueer die sukses van stedelike vernuwing in Suid-Afrikaanse
        middestede.                                                   (2 x 2)   (4)

        Ja, dit was suksesvol:
        Markte word in die middestad gehou om mense terug te lok na
        die stad (2)
        Kaapstad bewaar die erfenis van ons land en fasades word hier
        beoefen (2)
        New Town in Johannesburg waar geboue opgeknap word (2)
        Nuwe restaurante in Maboneng (2)

        Dit was nie suksesvol nie:
        Geboue in Johannesburg en Pretoria se middestad is steeds
        verval (2)
        Sommige stede toon steeds nie 'n vorm van stedelike vernuwing
        nie, bv. Marabastad (2)
        Korrupsie van munisipaliteite wat nie geld aan stedelike
        vernuwing bestee nie (2)

        (Leerder moet 'n voorbeeld gee van hoekom dit suksesvol was /
        nie suksesvol is nie)
        (Leerder kan voorbeelde gebruik.)
        [Enige TWEE]

                                    13

### Page 14

GEOGRAFIE
                                                NASIENRIGLYNE
                                                                                        GR12 0625

2.4   Bestudeer die gevallestudie oor informele nedersettings.

                                  JOE SLOVO, KAAPSTAD

      Joe Slovo is een van die grootste informele nedersettings in Suid-Afrika. Dit is in
      die vroeë 1980's in Kaapstad se oudste Afrika-nedersetting, Langa, gestig. Die
      relatief goeie ligging van vervoer en werksgeleenthede het dit een van die vinnigste
      groeiende informele nedersettings in die stad gemaak tussen 1994 and 2004. Die
      gefaseerde herontwikkeling sedert 2004 is 'n voorbeeld van die evolusie van die
      post-apartheid-behuisingsbeleid en wys hoe dit moontlik is om die nalatenskap van
      die segregasie van die nie-wit armbevolking in afgeleë gebiede, lae digtheid,
      onderbediende en omgewingsbroos gebiede te oorkom.

      Die projek, wat begin het soos enige ander "top-down" (bo-na-onder) beleid waar
      gesag afgedwing is, het verander in 'n geleentheid om te leer oor hoe om die
      ontwikkeling van behuising vir laer inkomste sektore die beste te verseker. Dit
      demonstreer ook dat verskillende beginsels van behuising (bestaan, veiligheid,
      veerkragtigheid en selfbestuur) so onderling verwant is dat hulle nie in isolasie van
      mekaar funksioneer nie.
                                         [Bron: Aangepas vanaf: https://rchi.mit.edu/joe-slovo]

      2.4.1    Definieer die term informele nedersetting.                            (1 x 2)      (2)

               Dit is 'n onbeplande woongebied van selfgeboude huise wat
               gebou is van herwonne en geredde materiaal op grond waarop
               die bewoners gewoonlik geen regseis het nie. (KONSEP) (2)

      2.4.2    Verskaf ŉ aanhaling uit die leesstuk wat aandui watter faktor aanleiding
               gegee het tot die vinnige groei van die Joe Slovo informele
               nedersetting.                                                    (1 x 1)           (1)

               "goeie ligging in terme van vervoer en werkshulpbronne" (1)

      2.4.3    Verduidelik die belangrikheid van sosiale ontwikkeling in 'n informele
               nedersetting soos Joe Slovo.                                      (1 x 2)          (2)

               Ontwikkeling van behuising (2)
               Toegang tot skoon water (2)
               Toegang tot sanitasie (2)
               Om die waardigheid van mense te herstel (2)
               Gee mense 'n gevoel van eienaarskap en behoort (sosiale
               betrokkenheid) (2)
               Toegang tot elektrisiteit (2)
               [Enige EEN]

      2.4.4    Verduidelik die voordeel van 'n "onder na bo" beleid vir die ontwikkeling
               van informele nedersettings.                                       (1 x 2)         (2)

               Gemeenskappe kan aan belanghebbendes verduidelik wat die
               probleme in hul eie gemeenskap is (2)
                                              14

### Page 15

GEOGRAFIE
                                             NASIENRIGLYNE
                                                                               GR12 0625

              Probleme kan meer direk aangespreek word (2)
              Gemeenskap koop in (2)
              Gee mense van die gemeenskap 'n gevoel van betrokkenheid (2)
              Gee die mense 'n gevoel van eienaarskap (2)
              [Enige EEN]

      2.4.5   In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls evalueer die impak van die
              vinnige uitbreiding van informele nedersettings op die
              omgewing.                                                     (4 x 2)   (8)

              Ontbossing kan plaasvind om plek te maak vir behuising (2)
              Bome word afgekap vir vuurmaakhout of om huise mee te bou (2)
              Besoedeling van waterbronne as gevolg van 'n verlies aan die
              nodige infrastruktuur (2)
              Gronderosie is meer geneig om voor te kom as gevolg van die
              gebrek aan plantegroei (2)
              Vernietiging van natuurlike habitat / omgewings van diere (2)
              Onderbreking van ekosisteme (2)
              Toename in lug/omgewing-besoedeling (2)
              Verbranding van fossielbrandstowwe, verhoog aardverwarming (2)
              Uitbreiding van informele nedersetting plaas druk op natuurlike
              dreineringstelsels (infiltrasie) (2)
              Uitbreiding van informele nedersettings plaas 'n druk op vleilande
              of laat vleilande verminder (2)
              Die verwydering van plantegroei verhoog die risiko van erosie en
              oorstromings tydens reën. (2)
              Informele nedersettings groei vinniger as wat stede dienste kan
              lewer. (2)
              Lei tot oorbenutting of afbreek van bestaande water-, riool- en
              vervoerstelsels. (2)
              Vuil water en swak sanitasie veroorsaak siektes soos cholera,
              tifus en diarree. (2)
              Huise is naby mekaar gepak en gemaak van vlambare materiale.
              Brande kan vinnig versprei en lewensverlies en eiendom
              veroorsaak. (2)
              Informele nedersettings word dikwels op onveilige grond gebou
              (bv. vloedvlaktes, steil hellings). (2)
              Maak inwoners meer kwesbaar vir vloede, grondverskuiwings of
              sterk winde. (2)
              Skole, klinieke en paaie raak oorvol en swak onderhou. - Dit
              verlaag die gehalte van onderwys, gesondheidsorg en vervoer. (2)
              Inwoners van informele nedersettings staar dikwels stigma of
              diskriminasie in die gesig. - Hulle kan beperkte politieke stem of
              wettige regte hê. (2)
              [Antwoord kan op beide die natuurlike en mensgemaakte
              omgewing van toepassing wees]

2.5   Bestudeer die infografika en beantwoord die vrae wat volg.

                                           15

### Page 16

GEOGRAFIE
                                                                 NASIENRIGLYNE
                                                                                                           GR12 0625

                        EKONOMIESE ONGEREGTIGHEDE IN STEDELIKE GEBIEDE IN SUID-AFRIKA
                                               (2015–2020)
Gedurende hierdie tydperk het stedelike gebiede in Suid-Afrika toenemende ekonomiese
ongeregtighede ervaar as gevolg van volgehoue werkloosheid, armoede en sistemiese
ongelykheid. Ekonomiese ongelykhede was veral problematies in stede soos Johannesburg,
Kaapstad en Durban, wat strukturele uitdagings en beperkte ekonomiese geleenthede vir
gemarginaliseerde groepe weerspieël.
                                                                          [Bron: Eksaminator se eie teks van ChatGPT]

                                     Stedelike Werkloosheidsyfer in Suid-Afrika (2015 – 2020)
                                                                                                    Werkloosheidsyfer

Werkloosheidsyfer (%)

                                                                   Jaar

                        2.5.1   Verduidelik wat met die term ekonomiese geregtigheid bedoel
                                word.                                                                   (1 x 2)         (2)

                                Die regverdigheid van 'n naasbestaan met betrekking tot die
                                verdeling van rykdom/inkomste/salarisse. (Konsep) (2)

                        2.5.2   Bereken die verskil in werkloosheidsyfer tussen 2015 en 2020.           (1 x 1)         (1)

                                31% - 26% = 5% (1) [Speling: 30,5 – 31]

                        2.5.3   Identifiseer TWEE moontlike redes waarom die werkloosheidsyfer van
                                2015 tot 2020 gestyg het.                                     (2 x 2)                   (4)

                                Vinnige verstedeliking beteken dat daar te min werksgeleenthede
                                is (2)
                                2019 en 2020 was die tydperk waartydens COVID mense se werk
                                geëis het (2)
                                Sistemiese ongelykhede (2)
                                                            16

### Page 17

GEOGRAFIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                          GR12 0625

        Beperkte ekonomiese geleenthede (2)
        Strukturele uitdagings (2)
        Gebrek aan vaardighede vir spesifieke poste (2)
        Vierde industriële rewolusie / kunsmatige intelligensie neem werk
        oor (2)
        Ekonomiese resessie – sommige maatskappye het gesluit (2)
        [Any TWO]

2.5.4   Verskaf 'n aanhaling uit die teks wat op ekonomiese ongeregtighede
        aandui wat in Durban, Kaapstad en Johannesburg voorkom.         (1 x 2)   (2)

        "aanhoudende werkloosheid, armoede en sistemiese
        ongelykheid" (2)

2.5.5   Stel DRIE maniere voor waarop ekonomiese ongeregtighede in
        stedelike gebiede in Suid-Afrika reggestel kan word.            (3 x 2)   (6)

        Skep werk wat gelyke geleenthede vir alle rassegroepe bied (2)
        Ongelykhede binne die werkplek moet verdwyn (2)
        Skep werk wat stabiliteit skep vir die gemeenskappe in minder
        bevoorregte gebiede (2)
        Raak ontslae van korrupte amptenare wat omkoopgeld aanvaar (2)
        Moedig entrepreneurskap aan om werk vir almal te verskaf
        (aanvaar voorbeelde) (2)
        Vaardigheidsontwikkeling vir mense wat in stedelike gebiede woon
        (2)
        Infrastruktuurontwikkeling / instandhouding (aanvaar voorbeelde)
        (2)
        Lok buitelandse en plaaslike beleggings om meer
        werksgeleenthede te skep (2)
        Subsidies vir water- en elektrisiteitsgebruik vir klein ondernemings
        (2)
        Finansiële bystand om nuwe besighede te begin (2)
        [Enige DRIE]
                                                                                  [60]

                                                            TOTAAL AFDELING A: 120

                                     17

### Page 18

GEOGRAFIE
                                                          NASIENRIGLYNE
                                                                                                     GR12 0625

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                       AGTERGRONDINLIGTING OOR POTCHEFSTROOM

                                                                Potchefstroom

  Koördinate: 26° 42' 52"S; 27° 5' 49"O

 Potchefstroom is 'n akademiese stad in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika. Dit huisves
 die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Potchefstroom is aan die
 Mooirivier, ongeveer 120 km wes-suidwes van Johannesburg en 45 km oos-noordoos van
 Klerksdorp.

 Die stad het baie min nywerhede en is bekend vir sy skoon lug en 'n lae misdaadsyfer. Dit is
 'n belangrike nywerheids-, diens- en landbougroeipunt van die Noordwes-provinsie.
 Nywerhede in Potchefstroom sluit staal-, voedsel- en chemiese verwerking in. Die
 hoenderbedryf is van kardinale belang.

        [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Potchefstroom ; https://www.iinfo.co.za/content/about-potchefstroom]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
gebruik.
ENGLISH                                  AFRIKAANS

Diggings                                          Uitgrawings
Purification plant                                Watersuiweringsaanleg
Golf course                                       Gholfbaan
Sewerage works                                    Rioolwerke
Aerodrome                                         Lughawe/Vliegveld
University                                        Universiteit

                                                       18

### Page 19

GEOGRAFIE
                                                 NASIENRIGLYNE
                                                                                   GR12 0625

3.1   KAARTVAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE

      3.1.1   Die kontoerinterval op die topografiese kaart is ... meter.

              A          5
              B          10
              C          15
              D          20                                                     (1 x 1)   (1)

              D/20 (1)

      3.1.2   Die lengte van die brug in blok B5 is ... meter.

              A          100
              B          125
              C          150
              D          200                                                    (1 x 1)   (1)

              C/150 (1)

      3.1.3   (a)   Die ware peiling vanaf die hoogtemerk in blok A2 tot
                    trigonometries baken 174 by F in blok B1 is …               (1 x 1)   (1)
              (b)   Die rigting van die hoogtemerk in blok A2 na die
                    trigonometriese baken 174 by F in blok B1 is ...            (1 x 1)   (1)

              (a)   207° (speling: 206°-208°) (1)
              (b)   Suid-suid wes / SSW (1)

      3.1.4   Bereken die oppervlakte van die swembad by 5 op die ortofotokaart in
              meter. Die lengte van die swembad is 1 cm op die ortofotokaart.

              Formule: lengte x breedte                                         (4 x 1)   (4)

              Breedte = 0,7 cm (1) (speling: 0,6-0,8)
                       1 cm x 0,7 cm
                       100 m (1) x 70 m (1) (speling: 60 – 80)
                       7000 m² (1) (speling: 6000 – 8000)

      3.1.5   Die swembad op die ortofotokaart verskyn (kleiner/groter) as op die
              topografiese kaart as gevolg van die verskil in skaal.            (1 x 1)   (1)

              groter (1)

      3.1.6   Gee die breedtegraad vir die begraafplaas by G in blok B1 as die
              lengtegraadinligting 27°03'40'' O is.                            (1 x 1)    (1)

              26°40´25´´ S (1)
              (NB: Die sekondes kan wissel tussen 22´´ - 28´´)
                                                                                          [10]

                                               19

### Page 20

GEOGRAFIE
                                                   NASIENRIGLYNE
                                                                                       GR12 0625

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      3.2.1    Potchefstroom kan geklassifiseer word as 'n ... nedersetting en 'n ... dorp.

               (i)     kern
               (ii)    verspreid
               (iii)   gespesialiseerde
               (iv)    handel en vervoer

               A       (i) en (iii)
               B       (i) en (iv)
               C       (ii) en (iii)
               D       (iii) en (iv)                                              (1 x 1)     (1)

                       A ((i) en (iii)) (1)

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.2    (a)     Identifiseer die landelike grondgebruik in blok A5 by H.    (1 x 1)    (1)

                       Boerdery / Landbou / Verbouiing (1)

               (b)     Verskaf ŉ bewys vanaf die topografiese kaart vir die keuse van die
                       terrein van die grondgebruik wat in VRAAG 3.2.2(a)
                       geïdentifiseer is.                                          (1 x 1)    (1)

                       Gelyke grond (1)
                       Beskikbaarheid van water (1)
                       (Enige EEN)

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.3    Identifiseer die nedersettingspatroon van "Wag 'n bietjie" by I in blok A4.
                                                                                    (1 x 1)   (1)

               Kernvormige nedersetting (1)

      3.2.4    Verduidelik hoe nabyheid aan die mark 'n voordeel is vir die
               nedersetting "Wag 'n bietjie" in VRAAG 3.2.3.                       (1 x 2)    (2)

               Bederfbare produkte om naby die mark te wees (2)
               Bespaar op vervoerkoste na die mark (2)
               [Enige EEN]

                                                 20

### Page 21

GEOGRAFIE
                                                 NASIENRIGLYNE
                                                                                    GR12 0625

      Verwys na die ortofotokaart.

      3.2.5    (a)   Identifiseer die grondgebruiksones by 6 en 7.               (2 x 1)   (2)

                     6 – Industriële grondgebruiksone / Swaar nywerhede (1)
                     7 – Residensiële grondgebruiksone (1)

               (b)   Gee 'n rede vir die ligging van grondgebruiksone 6.         (1 x 2)   (2)

                     Gelyk grond (2)
                     Naby die spoorlyn (2)
                     Naby die nasionale roetes (2)
                     Water naby (2)
                     Langs die lae-inkomste woongebied – arbeidsmag (2)
                     Grond is goedkoper (2)
                     Beskikbaarheid van groot grondoppervlak (2)
                     [Enige EEN]

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.6    Gee 'n rede vir die keuse van die straatpatroon vir Grimbeekpark in blok
               E4 by J.                                                          (1 x 2)   (2)

               Dit is 'n nuwe ontwikkelde woongebied (2)
               Verminder verkeersopeenhopings (2)
               Beperkte spasie (2)
               Maklik om te bou (2)
               Maklik om te onderhou (2)
               Topografie in die omgewing (2)
               [Enige EEN]

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      3.3.1    Definieer die term geografiese inligtingstelsel.                  (1 x 2)   (2)

               'n Rekenaarstelsel van hardeware, sagteware en metodes om data
               vas te lê, te bestuur, te manipuleer, te ontleed, te modelleer en te
               vertoon (KONSEP) (2)

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.3.2    (a) Watter GIS-komponente is gebruik om die topografiese kaart saam
                   te stel?                                                  (1 x 1)       (1)

                     Hardeware (1)
                     Sagteware (1)
                     Data (1)
                     Mense (1)
                     Prosesse/Metodes (1)
                                               21

### Page 22

GEOGRAFIE
                                           NASIENRIGLYNE
                                                                                GR12 0625

               [Enige EEN]

         (b) Noem die GIS-bron wat gebruik is om die topografiese kaart te
             skep.                                                     (1 x 1)        (1)

               (Vertikale) lugfoto (1)
               Ortofotokaart (1)

         (c)   Identifiseer die tipe GIS-data wat op die topografiese kaart
               uitgebeeld word.                                             (1 x 1)   (1)

               Vektor data (1)
               Ruimtelike data (1)
               Attribuutdata (1)
               [Enige EEN]

Verwys na die ortofotokaart.

3.3.3    (a) Die ortofotokaart is 'n voorbeeld van (ruimtelike data/
             afstandswaarneming).                                           (1 x 1)   (1)

               afstandswaarneming (1)

         (b) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3 (a).               (1 x 2)   (2)

               Foto word van ‘n afstand af geneem (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B: 30

                                                                             TOTAAL: 150

                                         22

## Related documents

- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P1 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-kzn/b87141de-a060-4504-8e9a-a5a35821df42) — Geography · QP · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans-final/5c09b0e9-7425-4953-aef8-2f62807e265c) — Geography · Memo · 2022 · Afr
- [2023 WC Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-wc-prelim-p1-memo/7cb77a3f-7944-45bf-955a-79b2f53d0231) — Geography · Memo · 2023

## More from Grade 12 Geography

- [Geography Grade 12 NSC P2 QP September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-kzn/50385845-0827-427a-b5e1-25ab349d4e0f) — QP · 2025
- [HARTBEESPOORT DAM1 D FINAL](https://www.hlayiso.com/library/hartbeespoort-dam1-d-final/f3569cb0-ade1-40df-81a0-ce8310309dd4) — QP · 2023
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2023-afrikaans/7dea3eff-4bdd-4785-8c65-013c46635acf) — QP · 2023 · Afr
- [2023 GAU June QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-gau-june-qp/f50ff343-2787-464c-b8a6-0321cf90253e) — QP · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
