# Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2025 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-question-paper/a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

JUNIE EKSAMEN
  GRAAD 12

     2025

   GEOGRAFIE

  (VRAESTEL 1)

                 TYD:        3 uur

                 PUNTE:      150

                 20 bladsye

                        Blaai om asseblief

### Page 2

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                   2
                                                                GR12 0625

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS:

     AFDELING A:
     VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
     VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

     AFDELING B:
     VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.   Beantwoord AL DRIE vrae.

3.   Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.   Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.   Begin ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

7.   MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

8.   Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.   Antwoord in VOLLE SINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
     moet maak.

10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
    14 °C en 45 m.

11. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik

12. Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13. Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14. ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart 2821AD UPINGTON en ŉ 1 : 10 000 ortofotokaart
    2821 AD 16 & 21 UPINGTON word voorsien.

15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die
    gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
    eksamensessie by die toesighouer inlewer.

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                      3
                                                                 GR12 0625

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A.

      Verwys na die stedelike hitte-eiland-isotermkaart hieronder om VRAAG 1.1.1 tot
      1.1.4 te beantwoord.

                                                   SSK

            LANDELIK

                                      VOORSTEDELIK

             [Aangepas uit Die Verenigde State se Omgewingsbeskermingsagentskap]

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                 4
                                                            GR12 0625

1.1.1   Die temperatuurspeling tussen die middestad en die landelike gebied
        is:

        A       2 °C
        B       3 °C
        C       4 °C
        D       5 °C

1.1.2   … verhoog die oppervlakte vir die absorpsie van sonstraling en beperk
        die verkoelende effek van wind in die SSK.

        A       Motorvoertuie
        B       Teerpaaie
        C       Hoë geboue
        D       Natuurlike oppervlaktes

1.1.3   Landelike gebiede het laer temperature omdat hulle ŉ ... albedo en ...
        watermassas as stedelike gebiede het.

        (i)     hoër
        (ii)    laer
        (iii)   minder
        (iv)    meer

        A       (i) en (iii)
        B       (ii) en (iii)
        C       (i) en (iv)
        D       (ii) en (iv)

1.1.4   Voorstedelike gebiede is koeler as die SSK omdat hulle ... kunsmatige
        oppervlaktes en ... evapotranpirasie het.

        (i)     minder
        (ii)    meer
        (iii)   hoër
        (iv)    laer

        A       (i) en (iv)
        B       (ii) en (iii)
        C       (i) en (iii)
        D       (ii) en (iv)

                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       5
                                                        GR12 0625

Verwys na die foto van ŉ besoedelingskoepel oor Johannesburg hieronder om
VRAAG 1.1.5 tot 1.1.7 te beantwoord.

                                                     [Bron: Joburgetc.com]

1.1.5   Die foto verteenwoordig ŉ besoedelingskoepel tydens ŉ …

        A       nag in die somer.
        B       nag in die winter.
        C       dag in die winter.
        D       dag in die somer.

1.1.6   In die foto is besoedelingstowwe gekonsentreer ... die Aarde se
        oppervlak as gevolg van ŉ ... in die bolug.

        (i)     verder van
        (ii)    nader aan
        (iii)   laagdruksel
        (iv)    hoogdruksel

        A       (i) en (iv)
        B       (ii) en (iii)
        C       (i) en (iii)
        D       (ii) en (iv)

1.1.7   Besoedelingstowwe, in die besoedelingskoepel, meng met stralingsmis
        om ... te vorm.

        A       suurreën
        B       rookmis
        C       mis
        D       adveksiemis
                                                                             (7 x 1)   (7)

                                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                      6
                                                               GR12 0625

1.2   Kies die korrekte term/konsep oor valleiklimaat in KOLOM B wat ooreenstem
      met die beskrywings/stellings in KOLOM A. Skryf slegs Y of Z langs die
      vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK, neer, bv. 1.2.9 Y.

                             KOLOM A                              KOLOM B
      1.2.1   Hierdie helling is geskik vir bosbou in Y      Noordwaarts
              die Suidelike Halfrond.                 Z      Suidwaarts

      1.2.2   Hierdie neerslag vorm wanneer die Y            Dou
              temperatuur in die vallei bo vriespunt is. Z   Ryp

      1.2.3   Dit vang besoedeling in die vallei vas Y       Termiese gordel
              gedurende die nag.                     Z       Inversielaag

      1.2.4   Die neerslag wat boerderyprodukte sal Y        Ryp
              beïnvloed.                            Z        Mis

      1.2.5   Vorm wanneer lug afkoel tot doupunt as Y       Rypholte
              gevolg van aardstraling.               Z       Stralingmis

      1.2.6   Mense wat op die valleihange woon, Y           Katabatiese wind
              ervaar hierdie wind gedurende die dag. Z       Anabatiese wind

      1.2.7   ŉ Wind wat gedurende die nag in ŉ Y
              vallei ontwikkel.

                                                        Z

      1.2.8   Huise word op hierdie plek gebou om
              elektrisiteitrekeninge te verlaag.

                                                                               (8 x 1)       (8)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       7
                                                                  GR12 0625

1.3     Verwys na die sinoptiese weerkaart hieronder oor middelbreedte siklone.

                                                    [Bron: Suid-Afrikaanse Weerdienste]

      1.3.1   Wat noem ons ŉ reeks opeenvolgende middelbreedte-siklone?           (1 x 1)        (1)

      1.3.2   Benoem front A en sektor B op die sinoptiese weerkaart.             (2 x 1)        (2)

      1.3.3   Watter invloed het die Suid-Indiese Antisikloon, soos aangedui op die
              sinoptiese weerkaart, op die pad wat middelbreedte-siklone volg? (1 x 2)           (2)

      1.3.4   Die middelbreedtesikloon by C is in die koue okklusiestadium. Teken ŉ
              benoemde deursneeskets by C op die sinoptiese weerkaart. Punte sal
              toegeken word vir die volgende:

              (a)   Dwarssnit                                                      (1 x 1)       (1)
              (b)   Koue lug                                                       (1 x 1)       (1)
              (c)   Koel lug                                                       (1 x 1)       (1)
              (d)   Warm sektor                                                    (1 x 1)       (1)

      1.3.5   Verklaar die ontwikkeling van die weer wat Kaapstad op 3 Julie 2024
              ervaar het.                                                        (3 x 2)         (6)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       8
                                                                       GR12 0625

1.4       Verwys na die infografika hieronder oor die Tropiese Sikloon Gamane.

                           PAD GENEEM DEUR TROPIESE SIKLOON GAMANE

                                                [Bron: GDACS, METEO Madagascar]

          Die Tropiese Sikloon (TC) Gamane het op 27 Maart in die Ampisikinana-gemeenskap,
          Sava-streek, aan land gekom wat swaar reën en vloede na die noorde en noordooste
          gebring het. Die negende tropiese depressiestelsel van die huidige sikloonseisoen het op
          25 Maart langs die noordoostelike kus van Madagaskar begin ontwikkel. Sommige
          distrikte in die noordooste het die afgelope paar dae groot reënval ontvang. Die Sambava-
          distrik het net op 26 Maart 300 mm reën aangeteken. Op 27 Maart het Madagaskar ŉ rooi
          waarskuwing uitgereik vir dreigende gevaar in die Diana- en Sava-streke; en ŉ geel
          waarskuwing van bedreiging in die Ambatosoa- en Analanjirofo-streke.
      [Aangepas uit VN-kantoor vir die koördinering van humanitêre sake, verkrygbaar op 19 November 2024]

          1.4.1     Hoeveel tropiese siklone het voor Tropiese Sikloon Gamane
                    ontwikkel?                                                          (1 x 1)       (1)

          1.4.2     Wanneer het Tropiese Sikloon Gamane die land bereik, volgens die
                    infograpfika?                                               (1 x 1)               (1)

          1.4.3     Beskryf die algemene rigting wat deur Tropiese Sikloon Gamane
                    gevolg is.                                                  (1 x 1)               (1)

          1.4.4     Bespreek die negatiewe omgewingsimpak (natuurlike impak) van Tropiese
                    Sikloon Gamane op die kusstreke wat in die gevallestudie genoem
                    word.                                                        (2 x 2) (4)

          1.4.5     Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom
                    Madagaskar steeds kwesbaar is vir die gevolge van tropiese siklone,
                    ten spyte van groot verbetering in vroeë waarskuwingstelsels en
                    ramphulpprogramme.                                             (4 x 2)            (8)

                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                        9
                                                                  GR12 0625

1.5   Bestudeer die volgende diagram en gevallestudie oor bergwinde.
                               SAWD WAARSKUWING VIR DURBAN
      Durban – 4 Augustus 2024
      Nhlanhla Sithole, ŉ weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD),
      voorspel dat die provinsie Sondag skadelike binnelandse winde kan ervaar. ŉ Geel vlak
      2-waarskuwing is uitgereik, weens ŉ kouefront wat oor die suidelike binneland van die
      land beweeg.
      “Voor die kouefront het ons noordwestelike bergwinde. Hierdie winde lei tot warmer
      temperature, veral oor die sentrale en oostelike dele van die provinsie. As gevolg van
      hierdie sterk winde en warm temperature, is ŉ BGI (Brand Gevaar Indeks) waarskuwing
      ook vir Sondag uitgereik.”
        [Aangepas vanaf https://www.iol.co.za/dailynews/news/immediate-warning-of-extreme-heat-and-
                                 elevated-fire-risk-across-kzn-3d15d9db-86f1-4d58-a085-167a03c648ac]

                                    VEREENVOUDIGDE WEERKAART

                                               [Bron: Eksaminator se eie skets]

      1.5.1    Definieer die konsep bergwind.                                       (1 x 2)       (2)

      1.5.2    Volgens die weerkaart, watter TWEE lugdrukselle is verantwoordelik
               vir die voorkoms van bergwinde?                               (2 x 1)              (2)

      1.5.3    ŉ Bergwind is ŉ (aanlandige/aflandige) wind wat ontwikkel as gevolg
               van die lugsirkulasie in die drukselle wat in VRAAG 1.5.2
               geïdentifiseer is.                                             (1 x 1)             (1)

      1.5.4    Verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Weerdiens ŉ Brandgevaar-
               indeks op 4 Augustus 2024 uitgereik het.                    (2 x 2)                (4)

      1.5.5    Stel strategieë voor wat die plaaslike regering kan implementeer om
               die impak van bergwinde op die natuurlike omgewing van die
               kusstreke van KwaZulu-Natal te verminder.                       (3 x 2)         (6)
                                                                                              [60]

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       10
                                                                 GR12 0625

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Verwys na die diagram hieronder oor stroomroof.

      Lees die volgende stellings en kies die toepaslike letter/woord tussen hakies om die
      stellings WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte letter/woord langs die vraagnommers
      (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 2.1.8 H.

                     [Aangepas uit https://digitalteachers.co.ug/river-capture-meaning/]

      2.1.1   Rivier F is die (geroofde/roof) stroom.

      2.1.2   (Terugwaartse/Sywaartse) erosie is dominant by D.

      2.1.3   Die roofelmboog sal heel waarskynlik by (E/C) plaasvind.

      2.1.4   ŉ Windgaping sal heel waarskynlik by (E/A) ontwikkel.

      2.1.5   ŉ Verarmde stroom sal in rivier (F/G) vorm.

      2.1.6   Nadat stroomroof plaasvind, sal (erosie/afsetting) by A toeneem.

      2.1.7   Die snelheid van rivier G sal (toeneem/afneem) by B na stroomroof.
                                                                            (7 x 1) (7)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                         11
                                                                GR12 0625

2.2   Verskeie opsies word verskaf as moontlike antwoorde op die volgende vrae. Kies die
      antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in
      die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.9 A.

      2.2.1   Die water wat by X in die skets hieronder, vloei word beskryf as ...
              vloei.

                                           DREINERINGS-
                                           BEKKEN

                                                RIVIER

                                        [Aangepas uit https://www.researchgate.net/figure]
              A       plaat
              B       basis
              C       laminêre
              D       kanaal

      2.2.2   Die kenmerk by A in die onderstaande foto dui ŉ ... aan.

                    [Aangepas uit https://stock.adobe.com/za/search/images?k=river]

              A       gevlegte stroom
              B       sytak
              C       samevloeiing
              D       tussenloop

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                        12
                                                         GR12 0625

Verwys na die diagram hieronder om VRAAG 2.2.3 en 2.2.4 te beantwoord.

                                  [Aangepas uit https://speedeck.uk/news/]

2.2.3   … word deur die boorgat in die skets onttrek.

        A       Afloopwater
        B       Grondwater
        C       Plaatvloei
        D       Kanaalvloei

2.2.4   Die vlak van die watertafel sal ... by A wees as gevolg van die ...
        van plantegroei bedekking.

        (i)     hoër
        (ii)    laer
        (iii)   teenwoordigheid
        (iv)    afwesigheid

        A       (i) en (iii)
        B       (i) en (iv)
        C       (ii) en (iii)
        D       (ii) en (iv)

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                         13
                                                                 GR12 0625

2.2.5     Die skets hieronder toon ŉ ... rivierprofiel.

                  RIVIEROEWER                                           RIVIEROEWER

                                              RIVIER

                                                             [Bron: Eksaminator se eie skets]

          A         dwars
          B         universele
          C         longitudinale
          D         breedtegraad

 2.2.6         Die dominante fluviale proses in die boloop van die rivier is ...

               A     afsetting.
               B     sultasie.
               C     erosie.
               D     abrasie.

 2.2.7        Die teenwoordigheid van ŉ ... in die rivierprofiel dui aan dat hierdie rivier
              ongegradeer is.

                                        [Aangepas uit https://www.coolgeography.co.uk/A-
                                                              level/AQA/Year%2012/Rivers]

              A      mond
              B      bron
              C      delta
              D      meer

  2.2.8       Die teenwoordigheid van ŉ knakpuntwaterval in ŉ rivierloop dui daarop
              dat ... plaasgevind het.

              A      onderkerwing
              B      abstraksie
              C      vernuwing
              D      afsetting
                                                                                    (8 x 1)     (8)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       14
                                                                   GR12 0625

2.3   Verwys na die volgende diagramme wat verskillende dreineringsbekkens toon.

              DREINERINGSBEKKEN A                             DREINERINGSBEKKEN B

      [Aangepas uit https://sageography.co.za/wiki/grade-12-caps/geomorphology/drainage-systems-in-
                                                                     south-africa/drainage-patterns/]

      2.3.1    Noem die dreineringspatroon wat in dreineringsbekken A sigbaar is.
                                                                           (1 x 1)            (1)

      2.3.2    Noem EEN kenmerk van die dreineringspatroon wat in
               dreineringsbekken A sigbaar is.                                      (1 x 2)   (2)

      2.3.3    Beskryf die onderliggende rotsstruktuur wat die ontwikkeling van die
               dreineringspatroon in dreineringsbekken A beïnvloed het.       (2 x 2)         (4)

      2.3.4    Vergelyk die dreineringsdigtheid van dreineringsbekkens A en B.
                                                                            (1 x 2)           (2)

      2.3.5    Bespreek hoe plantegroei bydra tot ŉ laer dreineringsdigtheid in ŉ
               dreineringsbekken.                                              (3 x 2)        (6)

                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                        15
                                                                 GR12 0625

2.4   Verwys na die diagram van ŉ meander (rivierkronkel) hieronder.

                                     [Aangepas uit https://link.springer.com/chapter/
                                                      10.1007/978-3-642-52338-0_34]

      2.4.1   Benoem die loop van die rivier waar ŉ rivierkronkel gewoonlik sou vorm.
                                                                               (1 x 1)        (1)

      2.4.2   Teken ŉ benoemde dwarsdeursnit van die meanderboog langs lyn
              A – B. Punte sal vir die volgende toegeken word:

              (a) Deursneeskets                                                    (1 x 1)    (1)
              (b) Glyoewer                                                         (1 x 1)    (1)
              (c) Stootoewer                                                       (1 x 1)    (1)
              (d) Oppervlakte van die vinnigste stroomvloei                        (1 x 1)    (1)

      2.4.3   Verduidelik hoe die voortgesette erosie- en afsettingsprosesse in die
              meanderboog tot die ontwikkeling van ŉ hoefystermeer by C sal lei.
                                                                            (3 x 2)           (6)

      2.4.4   ŉ Ontwikkelaar het gekies om ŉ vakansieoord by area D te bou.
              Verduidelik waarom hierdie keuse van terrein ŉ gunstige (goeie) plek
              vir konstruksie is.                                          (2 x 2)            (4)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                     16
                                                                GR12 0625

2.5   Verwys na die volgende uittreksel oor rivierbestuur.

               DWS OPEN AMPTELIK DIE BOOTSEISOEN OP DIE VAALRIVIER

      Die DWS het die bootseisoen op Saterdag 7 September 2024 amptelik op die Vaalrivier
      geopen. Hierdie gebeurtenis was ŉ belangrike prestasie in die stryd teen indringer
      (uitheemse) waterplante wat die rivier beskadig het.

      Die Vaalrivier is etlike maande lank geteister deur die vinnige verspreiding van
      waterblaarslaai en waterhiasinte. Hierdie indringerspesies het groot dele van die rivier
      oorgeneem en die inheemse plant- en dierelewe verstik. Die situasie is vererger deur
      hoë vlakke van besoedeling in die opvangsgebied, wat die groei van hierdie plante
      versnel het.

      Die DWS het die erns van die probleem erken en opgetree om die probleem aan te
      spreek. Deur gesamentlike pogings is die waterblaarslaai en waterhiasinte suksesvol
      verwyder, sodat die rivier die herstelproses kon begin.

      Deur ŉ proaktiewe benadering te volg, hoop die DWS om toekomstige besmettings te
      voorkom en die gesondheid van die rivier te beskerm.
                        [Aangepas uit https://www.dws.gov.za/Communications/PressReleases/2024]

      2.5.1    Wat is rivierbestuur?                                           (1 x 2)    (2)

      2.5.2    Waarvoor staan die afkorting DWS ?                              (1 x 1)    (1)

      2.5.3    Verskaf ŉ aanhaling uit die uittreksel wat wys hoe waterblaarslaai en
               waterhiasinte die Vaalrivier-ekosisteem ontwrig het.            (1 x 2)    (2)

      2.5.4    Verduidelik waarom dit belangrik is om die gesondheid van die
               Vaalrivier vir Gauteng te verseker.                           (1 x 2)      (2)

      2.5.5    Stel in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls maatreëls voor wat die
               DWS kan implementeer om die toekomstige gesondheid van die
               Vaalrivier te verseker.                                      (4 x 2)       (8)
                                                                                         [60]

                                                             TOTAAL AFDELING A:          120

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                      17
                                                                  GR12 0625

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                          ALGEMENE INLIGTING OOR UPINGTON

Koördinate: 28,45°S; 21.25°O

Upington is ŉ dorp geleë in die Noord-Kaap provinsie van Suid-Afrika, aan die oewer van die
Oranjerivier. Dit sit op ŉ hoogte van 835 meter bo seespiëel. Upington is die naaste groot
sentrum aan die Augrabies-waterval (waarskynlik die grootste van die Suid-Afrikaanse
watervalle) en die Kgalagadi-oorgrenspark. Die landskap is baie droog, maar die grond is
vrugbaar sodat gewasse soos vrugte in besproeiingslande verbou kan word. Upington het ŉ
warm woestynklimaat met lang, warm somers en kort, matige winters. Neerslag bereik ŉ
hoogtepunt gedurende die laat somer.
                           [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Upington#Geography_and_climate]

ENGLISH                                       AFRIKAANS

Rifle range                                   Skietbaan
Sewage works                                  Rioolwerke
Furrow                                        Voor
Canal                                         Kanaal

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 18

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                     18
                                                                  GR12 0625

3.1    KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      3.1.1   Die kontoerinterval op die topografiese kaart is …

              A       5 m.
              B       10 m.
              C       15 m.
              D       20 m.                                                      (1 x 1)    (1)

      3.1.2   Upington is geleë in die ... provinsie, wat ŉ ... klimaat het.

              (i)     Wes-Kaap
              (ii)    Noord-Kaap
              (iii)   woestynagtige
              (iv)    subtropiese

              A       (i) en (iii)
              B       (ii) en (iii)
              C       (ii) en (iv)
              D       (iii) en (iv)                                              (1 x 1)    (1)

      3.1.3   Identifiseer die kaart wat wes van 2821 AD geleë is.               (1 x 1)    (1)

      3.1.4   Verwys na die ortofotokaart.

              Bereken die oppervlakte van die ontspanningsgrond wat aangedui
              word as 6 in blokke A3/A4 en B3/B4, in meter. Gebruik die volgende
              inligting: Breedte is 80 m.

              Formule: Lengte x Breedte                                          (3 x 1)    (3)

      3.1.5   Verwys na die topografiese kaart.

              Bereken die gradiënt vanaf hoogtepunt 815 in blok C4 tot
              trigonometriese stasie 71 in blok D5. Gebruik die volgende inligting:
              Hoogtemeting is 24,2m.

              Formule: Vertikale interval (VI)
                       Horisontale afstand (HE)                                  (3 x 1)    (3)

      3.1.6   Verwys na die gebied tussen kolhoogte 815 (blok C4) tot by
              trigonometriese stasie 71 (blok D5).

              Die gebied is ongeskik vir gewasboerdery. Verskaf bewyse vanaf die
              topografiese kaart om hierdie stelling te ondersteun.          (1 x 1)        (1)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       19
                                                                  GR12 0625

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.1    (a)   Die temperature by die beboude gebied in blok B1 is warmer as
                     die omliggende plattelandse gebiede in blok D3. Die konsep wat
                     hierdie verskynsel beskryf, is …

                     A    besoedelingskoepel.
                     B    stedelike profiel.
                     C    stedelike hitte-eiland.
                     D    temperatuur inversie.                                    (1 x 1)    (1)

               (b)   ŉ Oplossing vir hierdie verskynsel, antwoord op VRAAG 3.2.1 (a), is
                     om meer groengordels in hierdie beboude gebied te skep.

                     Definieer die konsep groengordel.                             (1 x 2)    (2)

               (c)   Lewer bewyse van groengordels in blok B1.                     (1 x 1)    (1)

      3.2.2    Verwys na blok C4 en blok D4 op die topografiese kaart.

               (a)   Bereken die stroomorde by X in blok D4.                       (1 x 2)    (2)

               (b)   Waar is die dreineringsdigtheid hoër, in blok C4 of in blok
                     D4?                                                           (1 x 1)    (1)

      3.2.3    Verwys na die ortofoto en topografiese kaart.

               (a)   Die stroomkanaal wat tussen 7 in blok D1 en 8 in blok E2 vloei, is
                     gevleg. Verskaf bewyse van die ortofoto om hierdie stelling te
                     regverdig.                                                   (1 x 2)     (2)

               (b)   Wat is die naam van hierdie gevlegte stroom?                  (1 x 1)    (1)

               (c)   Verduidelik met bewyse, die hoofrede vir die ontwikkeling van die
                     gevlegte stroom wat in VRAAG 3.2.3 (a) geïdentifiseer is.   (1 x 2)      (2)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 20

GEOGRAFIE (VRAESTEL 1)                       20
                                                                GR12 0625

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      3.3.1   Kies die korrekte opsie om hierdie stellings waar te maak.

              (a)   Daar word ook na beskrywende data op ŉ kaart verwys as
                    (ruimtelike data/attribute data).                      (1 x 1)              (1)

              (b)   (Datamanipulasie/Data-integrasie) behels die kombinasie van
                    data uit verskillende bronne om ŉ meer omvattende siening te
                    skep.                                                 (1 x 1)               (1)

      3.3.2   Verwys na blok C5 op die topografiese kaart en identifiseer die volgende
              kenmerke:

              (a)   ŉ Natuurlike lyn (water) kenmerk                             (1 x 1)        (1)

              (b)   ŉ Mensgemaakte poligoonfunksie                               (1 x 1)        (1)

              (c)   ŉ Puntkenmerk                                                (1 x 1)        (1)

      3.3.3   (a)   Verwys na die stelling hieronder oor die Oranjerivier, geleë in blok
                    B4 op die topografiese kaart.

                    Bufferskepping is waarneembaar aan weerskante van die
                    Oranjerivier. Definieer die konsep buffering.         (1 x 2)               (2)

              (b)   Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart dat bufferskepping
                    aan weerskante van die Oranjerivier in blok B4 plaasvind. (1 x 1)           (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING B: 30

                                                                               TOTAAL: 150

                                                                                            EINDE

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY GR12 QP JUNE 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr12-qp-june-2022-afrikaans/36b731da-d306-4290-8182-9cb2db76db85) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
