# Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2015-afr/aa102a96-6e5b-4441-b423-0c733443f4cb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2015-afr/aa102a96-6e5b-4441-b423-0c733443f4cb)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2015. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2015

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

                Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 12 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.        Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.        Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.        Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

7.        OMKRING die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad van die
          ANTWOORDEBOEK.

8.        MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.        Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Bestudeer FIGUUR 1.1 wat twee algemene lugdrukstelsels (A en B) toon wat
         oor Suid-Afrika voorkom. Pas elk van die stellings hieronder by lugdruksel A
         of B.

         1.1.1         Staan bekend as die hitte-laagdruksel

         1.1.2         Word ook na verwys as 'n antisikloon

         1.1.3         Geassosieer met onstabiele weerstoestande

         1.1.4         Veroorsaak suidoostelike winde wat oor die ooskus van Suid-Afrika
                       waai

         1.1.5         Lug divergeer vanuit hierdie lugdruksel

         1.1.6         Domineer die land in die somer

         1.1.7         Word met konveksiedonderstorms geassosieer                     (7 x 1)       (7)

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Strome wat hul oorsprong in hoë-reënval-    A   episodies
                     gebiede het en deur woestyngebiede
                     vloei                                       B   permanent

         1.2.2       Riviervloei wat in dun lagies voorkom       C   turbulent

         1.2.3       Boonste limiet van grondwater               D   watertafel

         1.2.4       Riviere wat slegs na swaar reënval vloei    E   mond

         1.2.5       Punt waar twee of meer strome ontmoet       F   bron

         1.2.6       Riviervloei wat 'n malende beweging toon    G   samevloeiing

         1.2.7       Riviere wat regdeur die jaar vloei          H   laminêr

         1.2.8       Plek van oorsprong van 'n rivier            I   eksoties
                                                                                       (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

1.3      Verwys na die skets in FIGUUR 1.3 wat aspek in 'n vallei in die Suidelike
         Halfrond toon en beantwoord die vrae wat volg.

         1.3.1        Definieer die begrip aspek.                                   (1 x 1)       (1)

         1.3.2        Watter bewys toon dat hierdie vallei in die Suidelike Halfrond geleë
                      is?                                                           (1 x 1)       (1)

         1.3.3        Verduidelik waarom daar na gebied A as die skadusone verwys
                      word.                                                (1 x 2)                (2)
         1.3.4        Verduidelik hoe wind B bedags sal ontwikkel.                  (2 x 2)       (4)
         1.3.5        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee raad aan 'n
                      boer oor hoe om die benutting van die grond by plek C en plek D
                      doeltreffend te beplan deur die invloed van aspek en gevolglike
                      winde in ag te neem.                                     (4 x 2)            (8)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n sinoptiese weerkaart toon.

         1.4.1        Stel die kaart 'n tipiese somer- of wintertoestand voor?      (1 x 1)       (1)

         1.4.2        Teken die simbool op die sinoptiese weerkaart wat die oog van
                      Tropiese Sikloon Haruna aandui.                         (1 x 1)             (1)

         1.4.3        Watter bewys dui daarop dat Tropiese Sikloon Haruna in sy
                      volwasse stadium is?                               (1 x 2)                  (2)

         1.4.4        Beskryf die weer wat met die oog van die sikloon geassosieer
                      word.                                                 (2 x 2)               (4)

         1.4.5        Hoe dra warm oseane by tot die ontwikkeling van hierdie siklone?
                                                                                  (1 x 2)         (2)

         1.4.6        Stel TWEE voorkomingsmaatreëls voor wat die inwoners van
                      Maputo binne die volgende 24 uur moet tref.       (2 x 2)                   (4)

1.5      FIGUUR 1.5 is 'n skets wat op stroomroof gebaseer is.

         1.5.1        Wat is 'n waterskeiding?                                      (1 x 1)       (1)

         1.5.2        Waarom is die waterskeiding nie 'n permanente verskynsel nie?
                                                                                (1 x 2)           (2)

         1.5.3        Wat beteken dit wanneer 'n stroom terugwaarts erodeer?        (1 x 2)       (2)

         1.5.4        Gee TWEE redes waarom sytak C energiek is.                    (2 x 2)       (4)

         1.5.5        Teken 'n boaansig-skets (soos van bo af gesien) om die landskap
                      na stroomroof te toon. Gee byskrifte vir minstens TWEE kenmerke
                      van stroomroof.                                           (2 x 2)           (4)

         1.5.6        Watter van die strome sal verjonging ondergaan nadat stroomroof
                      plaasgevind het?                                         (1 x 2)            (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n rivierkronkel toon.

         1.6.1        Watter begrip word gebruik om 'n rivierkanaal te beskryf wat draai
                      en kronkel?                                                (1 x 1)             (1)

         1.6.2        Noem TWEE dimensies van 'n rivier wat in die dwarsprofiel sigbaar
                      is.                                                        (2 x 1)             (2)

         1.6.3        Noem die helling van die rivier by B.                            (1 x 2)       (2)

         1.6.4        Waarom dink die vis dat beide die seuns idiote is?               (1 x 2)       (2)

         1.6.5        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en gee 'n volledige
                      verduideliking om die verskil in die ontwikkeling van helling A en
                      helling B te verklaar.                                       (4 x 2)           (8)
                                                                                                     [75]

VRAAG 2

2.1      FIGUUR 2.1 is 'n uittreksel van 'n sinoptiese weerkaart wat weerstoestande
         vir Marion-eiland toon.

         2.1.1        Skryf die aangetekende lugtemperatuur neer.

         2.1.2        Noem die doupunttemperatuur.

         2.1.3        Wat is die windrigting wat op die eiland ervaar word?

         2.1.4        Hoe vinnig waai die wind op die eiland?

         2.1.5        Skryf die lugdruk neer wat op die eiland ervaar word.

         2.1.6        Beskryf die wolkbedekking.

         2.1.7        Noem die tipe neerslag wat op die eiland ervaar word.            (7 x 1)       (7)

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 wat drie verskillende tipes riviere toon en beantwoord
         die vrae wat volg.

         2.2.1        Watter rivier (A, B of C) is 'n episodiese rivier?

         2.2.2        Watter rivier (A, B of C) is periodies?

         2.2.3        Watter rivier (A, B of C) is eksoties in sy benedeloop?

         2.2.4        In watter prent (A, B of C) is die rivierbedding altyd laer as die
                      watertafel?

         2.2.5        In watter prent (A, B of C) dra die grondwater nooit tot
                      stroomafloop by nie?

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

         2.2.6        In watter prent (A, B of C) vloei die rivier slegs tydens die
                      reënseisoen?

         2.2.7        In watter prent (A, B of C) vloei die rivier slegs na swaar reënval?

         2.2.8        In watter prent (A, B of C) sny die rivier altyd deur die watertafel?
                                                                                    (8 x 1)        (8)

2.3      Bestudeer die boaansig van en die dwarssnit deur 'n middelbreedte-sikloon in
         FIGUUR 2.3.

         2.3.1        In watter algemene rigting beweeg hierdie sikloon in die Suidelike
                      Halfrond?                                                  (1 x 1)           (1)

         2.3.2        Gee TWEE bewyse om die stelling te ondersteun dat die sikloon in
                      sy volwasse stadium is.                                   (2 x 2)            (4)

         2.3.3        Waarom het die warm front (C) 'n baie klein invloed op die weer
                      van Suid-Afrika?                                          (1 x 2)            (2)

         2.3.4        Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die
                      okklusieproses en gepaardgaande weerstoestande van 'n
                      middelbreedte-sikloon.                           (4 x 2)                     (8)

2.4      FIGUUR 2.4 toon 'n vogfront oor Suid-Afrika.

         2.4.1        Wat is 'n vogfront?                                            (1 x 1)       (1)

         2.4.2        Onderskei tussen die voginhoud van die winde by A en B.        (2 x 1)       (2)

         2.4.3        Noem die tipe donderstorm wat langs die vogfront voorkom. (1 x 2)            (2)

         2.4.4        Aan watter kant van die vogfront ontwikkel die donderstorms?
                                                                                 (1 x 2)           (2)

         2.4.5        Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.4.4.                       (2 x 2)       (4)

         2.4.6        Beskryf die gevare wat met hierdie donderstorms verband hou vir
                      boere in die binneland.                                 (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                              DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

2.5      FIGUUR 2.5 is op 'n dreineerbekken met 'n hoë oppervlakafloop/-vloei
         gebaseer.

         2.5.1        Definieer die begrip dreineerbekken.                             (1 x 1)       (1)

         2.5.2        Wat beteken die begrip oppervlakafloop/-vloei?                   (1 x 1)       (1)

         2.5.3        Gee TWEE moontlike redes vir die hoë oppervlakafloop/-vloei wat
                      in 'n dreineerbekken ervaar word.                                              (4)

         2.5.4        Daar is 'n derde-orde-rivier waar die rivier die see invloei.

                      (a)   Sal die stroomorde toeneem of afneem tydens periodes van
                            hoë reënval?                                      (1 x 2)                (2)

                      (b)   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.4(a).                (2 x 2)       (4)

2.6      Rivierdeltas ontwikkel dikwels waar die rivier die see binnevloei.

         2.6.1        In watter loop van 'n rivier onwikkel 'n delta?                  (1 x 1)       (1)

         2.6.2        Skryf 'n term neer vir die plek waar 'n rivier die see binnevloei.
                                                                                      (1 x 1)        (1)

         2.6.3        Verduidelik waarom die rivier sy vrag afset as dit die see
                      binnevloei.                                         (2 x 2)                    (4)

         2.6.4        Noem TWEE toestande wat tot die ontwikkeling van 'n delta lei.
                                                                            (2 x 2)                  (4)

         2.6.5        Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die ekonomiese
                      belang van deltas vir baie lande oor die hele wêreld.    (4 x 2)               (8)
                                                                                                     [75]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                            DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                               NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                                   EN   SUID-
            AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Bestudeer FIGUUR 3.1 wat die hiërargie van nedersettings toon.
         3.1.1         Noem die tipe nedersetting wat by A gevind sal word.

         3.1.2         Waarom sal B 'n groter reikwydte hê?

         3.1.3         Watter een is die kleinste nedersetting in die hiërargie?

         3.1.4         Sal die dorp of die stad 'n groter bevolkingsdrempel hê?

         3.1.5         Wat is die naam van die nedersetting wat groter as 'n konurbasie
                       is?

         3.1.6         Gee 'n rede waarom die konurbasie 'n groot invloedsfeer het.

         3.1.7         Sal nedersetting A of B meer hoë-orde funksies hê?

         3.1.8         Watter stedelike nedersetting bied die minste dienste?           (8 x 1)      (8)

3.2      Kies 'n tipe nywerheid uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.8 I.

                              KOLOM A                                  KOLOM B
         3.2.1       Regoor die geografiese gebied geleë       A    swaar
                     sonder konsentrasie in een spesifieke
                     gebied                                    B    lig

         3.2.2       Naby die bron van grondstowwe geleë,      C    onafhanklike
                     want dit produseer bederfbare
                     produkte                                  D    alomteenwoordige

         3.2.3       Vervaardig kleiner produkte met min of    E    brug
                     geen besoedeling nie
                                                               F    grondstof-georiënteerd
         3.2.4       Produseer groot produkte en is naby
                     die mark geleë                            G    markgerig
         3.2.5       Vereis gelyke grond wat langs             H    gedesentraliseerd
                     gespesialiseerde vervoergeriewe
                     geleë is
         3.2.6       Nywerhede wat na gebiede buite 'n
                     bestaande nywerheidsgebied verskuif
         3.2.7       Geleë waar een tipe vervoer deur 'n
                     ander vervang word
                                                                                        (7 x 1)      (7)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  9                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n kerndorpie toon.

         3.3.1        Beskryf die buitelynvorm van die dorpie.                    (1 x 1)       (1)

         3.3.2        Bespreek TWEE nadele vir boere wat in hierdie dorpie woon.
                                                                                (2 x 2)         (4)

         3.3.3        Bespreek EEN voordeel vir boere wat in hierdie dorpie woon.
                                                                                (1 x 2)         (2)

         3.3.4        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy volhoubare
                      maatreëls voorstel om te voorkom dat mense hierdie dorpie verlaat
                      om in stede te gaan woon.                                 (4 x 2)         (8)

3.4      Lees die uittreksel in FIGUUR 3.4 oor grondgebruikbestuur en beantwoord die
         vrae wat volg.

         3.4.1        Gee die betekenis van die begrip grondgebruikbestuur.       (1 x 1)       (1)

         3.4.2        Hoe kan jy verseker dat die grond behoorlik bestuur word?   (1 x 2)       (2)

         3.4.3        Waarom is oopruimte-sones in stede belangrik?               (2 x 2)       (4)

         3.4.4        Noem TWEE sones in die lys in FIGUUR 3.4 wat versoenbaar is
                      (langs mekaar kan bestaan).                         (1 x 2)               (2)

         3.4.5        Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.5.                (1 x 2)      (2)

         3.4.6        Verduidelik waarom vervoersones goed in stand gehou en gereeld
                      opgegradeer moet word.                                  (2 x 2)           (4)

3.5      Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5 oor die Saldanhabaai-NOS en beantwoord
         die vrae wat volg.

         3.5.1        In watter Suid-Afrikaanse provinsie is Saldanhabaai geleë? (1 x 1)        (1)

         3.5.2        Waarom is NOS'e weg van groot metropolitaanse gebiede geleë?
                                                                              (1 x 2)           (2)

         3.5.3        Gee TWEE redes waarom die Saldanhabaai-NOS die potensiaal
                      vir ekonomiese groei het.                         (2 x 2)                 (4)

         3.5.4        As 'n nyweraar, identifiseer enige TWEE aansporings wat jou sal
                      lok om jou nywerheid binne 'n NOS te vestig.             (2 x 2)          (4)

         3.5.5        Noem TWEE voordele wat die ontwikkeling van die windenergie-
                      projekte vir hierdie gebied sal inhou.               (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  10                           DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                             NSS

3.6      Verwys na FIGUUR 3.6 wat 'n kaart van Suid-Afrika is wat toon waar
         verskillende minerale ontgin word en hoofnywerheidsgebiede gevind word.

         3.6.1        Watter nywerheidsgebied is in die middel van 'n aantal myne
                      geleë?                                               (1 x 1)               (1)

         3.6.2        Hoe ondersteun die myne nywerheidsgroei in die gebied wat in
                      VRAAG 3.6.1 genoem is?                                (2 x 2)              (4)

         3.6.3        Gee EEN rede waarom drie van die vier nywerheidstreke langs die
                      kuslyn geleë is.                                         (1 x 2)           (2)

         3.6.4        Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe
                      nywerheidsgebied 4 tot die ekonomiese ontwikkeling van Suid-
                      Afrika bydra.                                         (4 x 2)              (8)
                                                                                                 [75]

VRAAG 4

4.1      FIGUUR 4.1 verteenwoordig 'n stedelike profiel en straatpatrone.

         4.1.1        Noem die straatpatroon by A.

         4.1.2        Noem die straatpatroon by B.

         4.1.3        Gee EEN historiese rede vir die spesifieke uitleg van die
                      straatpatroon by B.

         4.1.4        Gee EEN rede waarom stadsbeplanners straatpatroon A in
                      moderne tye gekies het.

         4.1.5        Noem EEN kenmerk van die grondgebruiksone by C.

         4.1.6        Gee EEN rede waarom die hoogte van die geboue vanaf C tot by
                      die periferie (buitewyke) afneem.

         4.1.7        Is die geboudigtheid by C hoog of laag?                      (7 x 1)       (7)

4.2      Bestudeer FIGUUR 4.2 wat 'n tabel met statistiek is wat die bydrae van
         verskillende ekonomiese aktiwiteite tot die bruto binnelandse produk van
         Suid-Afrika toon.

         4.2.1        Watter ekonomiese aktiwiteit het die minste tot Suid-Afrika se BBP
                      bygedra?

         4.2.2        Watter persentasie het die primêre sektor bygedra?

         4.2.3        Dra die primêre of die tersiêre sektor 'n groter persentasie tot die
                      ekonomie by?

         4.2.4        Noem die ekonomiese aktiwiteit wat binne die sekondêre sektor
                      val.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      11                      DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                                 NSS

         4.2.5        Watter ekonomiese sektor moet die hoogste persentasie hê om
                      aan te dui dat 'n land 'n ontwikkelde ekonomie het?

         4.2.6        Dui die statistiek vir Suid-Afrika op 'n ontwikkelde land of op 'n
                      ontwikkelende land?

         4.2.7        Noem die ekonomiese aktiwiteit wat die grootste bydrae binne die
                      tersiêre sektor lewer.

         4.2.8        Gee 'n ander naam vir die tersiêre sektor.                   (8 x 1)       (8)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3 wat op sentrale plekke gebaseer is.

         4.3.1        Wat is 'n sentrale plek?                                     (1 x 1)       (1)

         4.3.2        Wat is die hooffunksie van 'n markdorp?                      (1 x 1)       (1)

         4.3.3        Wat is die verwantskap tussen die grootte van sentrale plekke en
                      die getal sentrale plekke?                                (1 x 2)          (2)

         4.3.4        Noem TWEE verskille tussen 'n hoë-orde-diens en 'n lae-orde-
                      diens.                                                (2 x 2)              (4)

         4.3.5        'n Drempelbevolking is die minimum getal klante wat nodig is om 'n
                      diens of 'n funksie te ondersteun.

                      (a)   Bepaal die verwantskap tussen die drempelbevolking en die
                            orde van diens.                                    (1 x 2)           (2)

                      (b)   Verduidelik die impak van die plasing van 'n hoë-orde-diens
                            binne 'n gebied met 'n lae drempelbevolking.         (2 x 2)         (4)

4.4      Verwys na die grondgebruikmodel in FIGUUR 4.4.

         4.4.1        Benoem die grondgebruikmodel in FIGUUR 4.4.                  (1 x 1)       (1)

         4.4.2        Is die residensiële grondgebruiksone by C 'n lae-, middel- of hoë-
                      inkomste-gebied?                                            (1 x 1)        (1)

         4.4.3        Verduidelik waarom die grondwaarde by A hoog is.             (2 x 2)       (4)

         4.4.4        Gee 'n rede waarom die nywerheidsone en sone B nie
                      versoenbaar is nie.                          (1 x 2)                       (2)

         4.4.5        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en analiseer hoe
                      hierdie model met 'n tipiese Suid-Afrikaanse stad vergelyk.
                                                                          (4 x 2)                (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                          DBE/Feb.–Mrt. 2015
                                              NSS

4.5      Bestudeer FIGUUR 4.5 wat 'n spotprent is wat toon hoe die wêreldleiers van
         die agt lande wat ekonomies die meeste ontwikkel het, die probleem van
         voedselsekerheid beskou.

         4.5.1        Wat noem ons die groep lande wat om die tafel sit?           (1 x 1)      (1)

         4.5.2        Watter bewys in die spotprent toon dat die agt mense om die tafel
                      min van voedselsekerheid dink?                           (1 x 1)          (1)

         4.5.3        Noem TWEE faktore wat die agt lande met mekaar gemeen het.
                                                                            (2 x 1)             (2)

         4.5.4        Verduidelik TWEE redes waarom sommige lande probleme met
                      voedselsekerheid ervaar.                           (2 x 2)                (4)

         4.5.5        Hoe kan die gebruik van geneties           aangepaste      gewasse
                      voedselsekerheid in arm lande verbeter?                      (3 x 2)      (6)

4.6      Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 oor apartheid- en post-apartheid-
         nywerheidsontwikkelingstrategieë en beantwoord die vrae wat volg.

         4.6.1        Definieer die begrip desentralisasie.                        (1 x 1)      (1)

         4.6.2        Wat is 'n groeipunt?                                         (1 x 1)      (1)

         4.6.3        Gee EEN rede waarom werkloosheid as 'n groot probleem in die
                      tuislande voorspel is.                               (1 x 2)              (2)

         4.6.4        Bespreek die hoofdoelwitte waarom die regering groeipunte
                      gevestig het.                                      (2 x 2)                (4)

         4.6.5        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die
                      voordele van post-apartheid-nywerheidsontwikkelingstrategieë,
                      soos nywerheidsontwikkelingsones, vir ekonomiese ontwikkeling in
                      Suid-Afrika.                                             (4 x 2)          (8)
                                                                                                [75]

                                                                     GROOTTOTAAL:               225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Feb March 2015 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2015-addendum-eng/994a2232-d6e8-43e0-9b59-27ff84286fee) — Geography · Addendum · 2015 · Eng
- [Geography P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-eng/b7aa24ee-5d84-4d50-a348-b575b258253b) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Geography P1 June July 2015 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-annexure-afr/132cbc8b-5450-4f13-ab70-449bd2085d50) — Geography · Addendum · 2015 · Afr
- [Geography P1 June July 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-memo-eng/2ae1fd3d-9cad-439b-acb8-6e6016d199a3) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [Geography P1 Feb March 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2018-annexure-eng/138aca6b-2048-495b-bc3a-c7f3428a6333) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [Geography P1 Feb March 2017 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-annexure-afr/81849509-906c-40aa-b003-95dc067a7783) — Geography · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
