# Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2016-afr/e25869e0-66da-48ce-b0dd-8c6566a661dc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2016-afr/e25869e0-66da-48ce-b0dd-8c6566a661dc)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2016. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                       GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  2                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.        Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.        Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.        Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.        Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.        OMKRING die vraagnommers wat jy beantwoord het op die voorblad van die
          ANTWOORDEBOEK.

9.        MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

10.       Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Gebruik FIGUUR 1.1, 'n satellietbeeld van 'n tropiese storm, en beantwoord
         die vrae wat volg.

         1.1.1        Identifiseer die tipe sikloon wat in die satellietbeeld voorgestel
                      word.

         1.1.2        Is dit 'n hoog- of 'n laagdrukstelsel?

         1.1.3        In watter seisoen kom hierdie weerstelsel voor?

         1.1.4        Noem die heersende winde wat hierdie sikloon aandryf.

         1.1.5        Noem die globale lugsirkulasiesel waarin hierdie stelsel voorkom.

         1.1.6        Watter EEN, Réunion of Mauritius, sal minder ernstige weer
                      ondervind?

         1.1.7        Wat vertel die naam Edilson oor die getal siklone wat in hierdie
                      seisoen ervaar is?

         1.1.8        Benoem die wolk wat rondom die oog van hierdie sikloon voorkom.
                                                                                (8 x 1)          (8)

1.2      Verwys na FIGUUR 1.2 en benoem die diagram deur die stellings hieronder
         te voltooi. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) in
         die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.2.1        A is 'n …, wat 'n bergreeks is wat een opvangsgebied van 'n ander
                      opvangsgebied skei.

         1.2.2        B is 'n …, wat 'n hoogliggende gebied binne 'n opvangsgebied is
                      wat sytakke van mekaar skei.

         1.2.3        C is die …, wat die oorsprong van 'n rivierstelsel in bergagtige,
                      hoogliggende gebiede aantoon.

         1.2.4        D is die … waar twee of meer strome by mekaar aansluit.

         1.2.5        E is 'n …, wat water aan die hoofrivier voorsien.

         1.2.6        F is in die …-loop van die rivier.

         1.2.7        G is die … waar die rivier in die see invloei.               (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.3      FIGUUR 1.3 toon die volwasse (warmsektor-) stadium in die ontwikkeling van
         'n middelbreedte-sikloon aan.

         1.3.1        Gee 'n ander naam vir hierdie weerstelsel.                   (1 x 1)       (1)

         1.3.2        Gee redes vir die lae lugtemperatuur by D.                   (2 x 1)       (2)

         1.3.3        Teken 'n deursnit van front A vanaf punt E tot punt F. Toon die
                      hoofwolktipe en lugbewegings duidelik aan.               (4 x 1)           (4)

         1.3.4        Gee die       breedtegrade     waartussen    middelbreedte-siklone
                      ontwikkel.                                                  (1 x 2)        (2)

         1.3.5        Gee 'n bewys om die stelling dat hierdie middelbreedte-sikloon in
                      die volwasse (warmsektor-) stadium van ontwikkeling is, te
                      ondersteun.                                                (1 x 2)         (2)

         1.3.6        Verduidelik hoe die Suid-Indiese hoogdruksel die beweging van die
                      middelbreedte-sikloon sal beïnvloed.                       (2 x 2)         (4)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4, wat antisiklone oor Suid-Afrika aantoon.

         1.4.1        Benoem elk van antisiklone A, B en C.                        (3 x 1)       (3)

         1.4.2        Antisiklone word met stabiele weerstoestande oor die
                      Suid-Afrikaanse binneland geassosieer, veral in die winter. Teken
                      'n benoemde skets om die invloed van die binnelandse antisikloon
                      op Suid-Afrika se weer te illustreer.                       (4 x 1)        (4)

         1.4.3        Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed
                      van die intertropiese konvergensiesone (ITKS) op die
                      veranderende ligging van die drie antisiklone, relatief tot Suid-
                      Afrika.                                                    (4 x 2)         (8)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5, wat die veranderinge in dreineerdigtheid van 'n
         dreineerbekken gedurende die verloop van die jaar aantoon.

         1.5.1        Definieer die term dreineerdigtheid.                         (1 x 1)       (1)

         1.5.2        Watter EEN van die dreineerbekkens, A of B, toon die
                      dreineerdigtheid gedurende die droë seisoen en reënseisoen
                      onderskeidelik aan?                                 (2 x 1)                (2)

         1.5.3        Verduidelik waarom die dreineerdigtheid van die dreineerbekkens
                      deur die loop van die jaar verander.                     (2 x 2)           (4)

         1.5.4        Die verandering in dreineerdigtheid verander die stroomorde van
                      die dreineerbekken binne die verloop van 'n jaar. Verduidelik, in 'n
                      paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom dit die geval is. (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                              DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6, 'n foto van 'n rivierkanaalpatroon, en beantwoord die
         vrae wat volg.

         1.6.1        Benoem die rivierkanaalpatroon in die foto.                     (1 x 1)       (1)

         1.6.2        Noem EEN stroomproses wat tot die ontwikkeling van hierdie
                      stroomkanaalpatroon sou bydra.                     (1 x 1)                    (1)

         1.6.3        In watter loop van die rivier sou jy die stroomkanaalpatroon in die
                      foto aantref?                                               (1 x 1)           (1)

         1.6.4        Beskryf die proses wat by die opbreek van die rivier in kleiner
                      kanale betrokke is.                                     (2 x 2)               (4)

         1.6.5        Ontleed die rol wat die bome in die stroomafloop sou speel. (2 x 2)           (4)

         1.6.6        Stel voor, met 'n rede, of die stroomkanaalpatroon in die foto
                      permanent of seisoenaal in riviere in Suid-Afrika se binneland
                      sou voorkom.                                            (2 x 2)               (4)
                                                                                                    [75]

VRAAG 2

2.1      FIGUUR 2.1 toon die invloed van hellingsrigting op verskillende valleihange
         wat op 24°16'S geleë is.

         2.1.1        Is die invloed van hellingsrigting op die valleihange meer
                      waarneembaar in die somer of in die winter?

         2.1.2        Sal helling X of helling Y direkte sonstrale ontvang?

         2.1.3        Watter helling, X of Y, sal die hoogste grondwaterinhoud hê?

         2.1.4        Sal helling X of helling Y die geskikste vir saaiboerdery wees?

         2.1.5        Watter helling, X of Y, word die skadusone genoem?

         2.1.6        Sal nedersettings die waarskynlikste by A of B voorkom?

         2.1.7        Sal valleihange nader aan die ewenaar meer of minder deur die
                      hellingsrigting beïnvloed word?

         2.1.8        Sal woude die waarskynlikste op helling X of helling Y voorkom?
                                                                                   (8 x 1)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

2.2      Bestudeer FIGUUR 2.2, wat 'n gedeelte van 'n rivierloop aantoon, en
         beantwoord die vrae wat volg.

         2.2.1        Benoem die rivierloop tussen A en C.

         2.2.2        Toon A die bron of die monding van die rivier aan?

         2.2.3        Noem die tipe erosie by B.

         2.2.4        Benoem die fluviale verskynsel by C.

         2.2.5        Watter tipe erosie vind by C plaas?

         2.2.6        Benoem die helling wat op die buiteoewer by D ontwikkel het.

         2.2.7        Sal hierdie rivier 'n gegradeerde of ongegradeerde rivierprofiel hê?
                                                                                    (7 x 1)        (7)

2.3      Verwys na FIGUUR 2.3, wat 'n boaansig en 'n deursnit van 'n Suid-Afrikaanse
         bergwind aantoon.

         2.3.1        Gee TWEE bewyse uit die skets om die stelling te ondersteun dat
                      FIGUUR 2.3 'n bergwind aantoon.                          (2 x 1)             (2)

         2.3.2        Waarom ontstaan bergwinde hoofsaaklik in die winter?           (2 x 1)       (2)

         2.3.3        Gee redes vir die hoë temperatuur en lae humiditeit van 'n
                      bergwind wanneer dit die kus bereik.                (2 x 2)                  (4)

         2.3.4        Verduidelik waarom die invloed van bergwinde op mense en
                      boerdery as negatief beskou word.                  (3 x 2)                   (6)

2.4      FIGUUR 2.4 toon 'n temperatuurinversie bo 'n stad aan.

         2.4.1        Wat is 'n temperatuurinversie?                                 (1 x 1)       (1)

         2.4.2        Watter bewys op die grafiek toon aan dat 'n temperatuurinversie
                      voorkom?                                                 (1 x 1)             (1)

         2.4.3        Watter boodskap dra die deksel op die rookmis oor?             (1 x 2)       (2)

         2.4.4        Noem TWEE maniere waarop rookmis die lewenskwaliteit van
                      mense beïnvloed.                                  (2 x 2)                    (4)

         2.4.5        Stel, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare metodes
                      voor wat gebruik kan word om die hoeveelheid rookmis wat oor 'n
                      stad geproduseer word, te verminder.                      (4 x 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   7                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

2.5      FIGUUR 2.5 toon stroomroof aan.

         2.5.1        Benoem S en Y onderskeidelik met die terme 'rowerstroom' en
                      'geroofde stroom'.                                    (2 x 1)             (2)

         2.5.2        Benoem die stroomroofverskynsels by A en B onderskeidelik.
                                                                               (2 x 1)          (2)

         2.5.3        Gee TWEE redes waarom rivier S teen 'n vinniger tempo erodeer.
                                                                               (2 x 2)          (4)

         2.5.4        Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed
                      van stroomroof op die watervolume en die erosievermoë van
                      rivier B en S onderskeidelik.                                  (4         (8)

2.6      Bestudeer FIGUUR 2.6, wat 'n lys met wenke van die Departement van
         Waterwese gee om opvangsgebiede en dreineerbekkens in Suid-Afrika
         volhoubaar te bestuur, en beantwoord dan die vrae wat volg.

         2.6.1        Definieer die term oorbenutting.                            (1 x 1)       (1)

         2.6.2        Wat is 'n opvangsgebied?                                    (1 x 1)       (1)

         2.6.3        Verduidelik hoe die verwydering van uitheemse plantegroei die
                      oorbenutting van waterhulpbronne in Suid-Afrika sal voorkom.
                                                                                 (2 x 2)        (4)

         2.6.4        Hoe dra die bewaring van vleilande by tot die volhoubare bestuur
                      van 'n dreineerbekken?                                    (1 x 2)         (2)

         2.6.5        Bespreek die belangrikheid van die bewaring van plantegroei-
                      bedekking in 'n dreineerbekken.                       (3 x 2)             (6)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    8                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

AFDELING B:          LANDELIKE    EN    STEDELIKE   NEDERSETTINGS                            EN
                     SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1, 'n foto van 'n nedersetting. Kies die korrekte
         woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e)
         langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer,
         byvoorbeeld 3.1.8 tersiêr.

         3.1.1         Die foto is 'n voorbeeld van 'n (landelike/stedelike) nedersetting.

         3.1.2         Hierdie nedersetting     staan   as   'n   (geïsoleerde    plaasopstal/
                       boeredorpie) bekend.

         3.1.3         Die fisiese faktor wat vir die keuse van die nedersetting se
                       standplaas verantwoordelik is, is die (gelyk grond/rivier).

         3.1.4         Die landbougrond in hierdie foto word deur (masjiene/arbeiders)
                       bewerk.

         3.1.5         Die nedersetting wat uitgebeeld word, is (geïsoleerd/kernagtig).

         3.1.6         Die landbouproduk wat in hierdie gebied verbou word, is
                       waarskynlik (graan/vrugte).

         3.1.7         Hierdie nedersetting is (enkelfunksioneel/multifunksioneel). (7 x 1)           (7)

3.2      Kies 'n voorbeeld uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs
         die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
          3.2.1      Primêre aktiwiteit         A    inligtingstegnologie

          3.2.2      Sekondêre aktiwiteit       B    paaie, spoorweë en kommunikasie

          3.2.3      Uitvoermark                C    mynbou

          3.2.4      Kwaternêre aktiwiteit      D    plaaslike handel

          3.2.5      Kleinskaalse boerdery      E    bruto binnelandse produk

          3.2.6      Tuismark                   F    groentetuin

          3.2.7      Grootskaalse boerdery      G    vervaardiging

          3.2.8      Infrastruktuur             H    internasionale handel

                                                I    suikerrietplantasie
                                                                                          (8 x 1)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    9                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

3.3      Lees die artikel oor verstedeliking in FIGUUR 3.3 en beantwoord dan die vrae
         wat volg.

         3.3.1       Definieer die term verstedeliking.                              (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Noem die persentasie mense wat in stedelike gebiede in
                     Suid-Afrika woon.                                (1 x 1)                      (1)

         3.3.3       Wat is die oorsake van verstedeliking in Suid-Afrika?           (2 x 1)       (2)

         3.3.4       Noem VIER probleme wat met verstedeliking verband hou.          (4 x 1)       (4)

         3.3.5       Verwys na die 'slegte' geboue in die artikel.

                     (a)   Bespreek TWEE oorsake van 'slegte' geboue.                (2 x 2)       (4)

                     (b)   Stel TWEE moontlike oplossings vir die probleem van 'slegte'
                           geboue voor.                                        (2 x 2)             (4)

3.4      FIGUUR 3.4 is 'n artikel uit die International Business Times oor informele
         wonings (behuising). Lees die artikel en beantwoord die vrae wat volg.

         3.4.1       Definieer die term informele nedersetting.                      (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Beskryf die tendens wat met informele nedersettings in Suid-Afrika
                     geassosieer word deur syfers uit die artikel aan te haal.  (1 x 2)            (2)

         3.4.3       Waarom is daar meer informele nedersettings in mynbou- en
                     nywerheidskerne?                                    (1 x 1)                   (1)

         3.4.4       Waarom word hierdie nedersettings as onooglik (nie mooi om na te
                     kyk nie) vir die landskap beskou?                         (1 x 2)             (2)

         3.4.5       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die sosiale
                     probleme en kwesbaarheid van mense wat in informele
                     nedersettings woon.                                      (4 x 2)              (8)

3.5      FIGUUR 3.5 is 'n staafgrafiek wat Suid-Afrika se invoere en uitvoere van
         landbouprodukte vanaf 2008 tot 2013 vergelyk, met 'n meegaande stelling.

         3.5.1       Dui aan of Suid-Afrika meer van sy landbouprodukte in 2008/2009
                     ingevoer of uitgevoer het.                               (1 x 1)              (1)

         3.5.2       Dui die algemene tendens van invoere/uitvoere vanaf 2009/2010 tot
                     2012/2013 aan.                                            (1 x 1)             (1)

         3.5.3       Watter landbouproduk het in 2012/2013 vir die grootste inkomste vir
                     Suid-Afrika gesorg?                                         (1 x 1)           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    10                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

         3.5.4       Suid-Afrika kan meer geld verdien deur die landbouproduk in
                     VRAAG 3.5.3 in 'n verwerkte vorm uit te voer. Verduidelik waarom
                     dit die geval is.                                          (1 x 2)          (2)

         3.5.5       Verduidelik TWEE handelsfaktore wat mense aangemoedig het om
                     Suid-Afrikaanse landbouprodukte te koop.              (2 x 2)               (4)

         3.5.6       Bespreek die belangrikheid van landbou vir die Suid-Afrikaanse
                     ekonomie.                                               (3 x 2)             (6)
3.6      Informele handel is 'n algemene verskynsel in ontwikkelende lande.
         3.6.1       Definieer die term informele sektor.                          (1 x 1)       (1)

         3.6.2       Noem die verhouding tussen die werkloosheidsyfer en die
                     persentasie mense wat in die informele sektor werk. (1 x 2)                 (2)

         3.6.3       Waarom kom informele handel algemeen in ontwikkelende lande
                     voor?                                                (1 x 2)                (2)

         3.6.4       Hoe kon die formalisering van besighede 'n positiewe invloed op die
                     ekonomie hê?                                                 (1 x 2)        (2)

         3.6.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maniere
                     voorstel waarop informele handelaars bemagtig kan word om 'n
                     sinvolle bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie te lewer.  (4 x 2)              (8)
                                                                                                 [75]
VRAAG 4
4.1      Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         woord/term langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
         neer.
         4.1.1       'n Groep mense, geboue, infrastruktuur en kommunikasie-
                     verbindings wat saam as 'n enkele, geïntegreerde stelsel
                     funksioneer
         4.1.2       Die ligging van 'n nedersetting in verhouding tot die omliggende
                     landskap
         4.1.3       Die stuk grond waarop 'n nedersetting gebou is
         4.1.4       Hierdie nedersetting kom voor in 'n gebied waar water skaars is en
                     mense naby aan die watervoorraad bly
         4.1.5       Die naam wat gegee word aan 'n stad met afhanklike dorpe wat dit
                     omring
         4.1.6       'n Nedersetting wat naby aan 'n deurgang deur 'n fisiese versperring
                     ontwikkel
         4.1.7       Die punt waar een tipe vervoer met 'n ander vervang word
         4.1.8       'n Dorp wat by 'n brug oor 'n rivier ontwikkel                (8 x 1)       (8)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  11                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

4.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.8 tersiêr.

         4.2.1        'n (Grootskaalse/Kleinskaalse) boer het 'n klein, maar ekonomies
                      lewensvatbare stuk grond wat winsgewend is en intensief verbou
                      word.

         4.2.2        Die gebrek aan toegang tot voedsel en water wat tot chroniese
                      verhongering en verwante siektes aanleiding kan gee, staan as
                      (voedselsekerheid/voedselonsekerheid) bekend.

         4.2.3        Wanneer 'n regering eienaarskap en mynbou-aktiwiteite by myne
                      oorneem, word dit (privatisering/nasionalisering) genoem.

         4.2.4        Die prosessering van grondstowwe na verwerkte produkte staan as
                      die (primêre/sekondêre) sektor bekend.

         4.2.5        'n Nywerheid wat ontwikkel wanneer grondstowwe eweredig
                      versprei is en geen invloed op die ligging van die nywerheid het
                      nie, word 'n (brug-/alomteenwoordige) nywerheid genoem.

         4.2.6        (Sentralisasie/Desentralisasie) is die groepering van nywerhede in
                      een gebied.

         4.2.7        (Brug-/Alomteenwoordige) nywerhede is tussen die bron van die
                      grondstof en die verbruiker geleë.                     (7 x 1)             (7)

4.3      FIGUUR 4.3 toon die invloedsfeer en reikwydte van voedselwinkels en
         motorhandelaars in nedersetting A en B aan.

         4.3.1        Definieer die terme invloedsfeer en reikwydte.               (2 x 1)       (2)

         4.3.2        Watter produk, voedsel of motors, het die grootste reikwydte?
                                                                                   (1 x 1)       (1)

         4.3.3        Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 4.3.2.                 (1 x 2)       (2)

         4.3.4        Lewer kommentaar op die drempelbevolking wat vir motorverkope
                      benodig word.                                          (1 x 2)             (2)

         4.3.5        Beskryf TWEE kenmerke van nedersetting A, wat 'n lae-orde-
                      sentrum is.                                        (2 x 2)                 (4)

         4.3.6        Verduidelik wat die invloedsfeer van 'n nedersetting soos B
                      beïnvloed.                                            (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

4.4      FIGUUR 4.4 toon 'n vereenvoudigde model en grondgebruiksones van 'n stad
         in Suid-Afrika aan.
         4.4.1        Benoem grondgebruiksone A.                                     (1 x 1)     (1)

         4.4.2       Gee 'n moontlike rede waarom die oorgangsone (B) nie sone A ten
                     volle omring nie.                                       (1 x 2)             (2)

         4.4.3       Waarom is grondgebruiksone D waarskynlik 'n lae-inkomste
                     residensiële gebied?                              (1 x 2)                   (2)

         4.4.4        Noem EEN faktor wat die ligging van winkelsentrum C sou
                      begunstig het.                                    (1 x 2)                  (2)

         4.4.5        Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die negatiewe
                      faktore in grondgebruiksone A bespreek wat daartoe gelei het dat
                      besighede na C en die omliggende omgewing toe verskuif het.
                                                                                 (4 x 2)         (8)

4.5      Lees die uittreksel in FIGUUR 4.5 oor steenkoolontginning in Suid-Afrika.
         4.5.1        Noem die provinsie waarin die meeste van Suid-Afrika se
                      steenkoolvelde voorkom.                           (1 x 1)                  (1)

         4.5.2        Noem TWEE van Suid-Afrika se hoofnywerhede wat van steenkool
                      as 'n grondstof afhanklik is.                         (2 x 1)              (2)

         4.5.3        Noem TWEE omgewingsprobleme as gevolg van steenkool-
                      ontginning in Suid-Afrika.                   (2 x 2)                       (4)

         4.5.4        Mynbou- en steenkoolafhanklike maatskappye moet saamwerk om
                      die omgewingsprobleme wat met steenkoolontginning geassosieer
                      word, reg te stel. Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT
                      reëls, hoe dit gedoen kan word.                            (4 x 2)         (8)

4.6      Bestudeer FIGUUR 4.6, wat inligting verskaf                  oor    die    Coega-
         nywerheidsontwikkelingsone (NOS) in Suid-Afrika.
         4.6.1        In watter provinsie in Suid-Afrika is Coega geleë?             (1 x 1)     (1)

         4.6.2        Coega is die grootste nywerheidsontwikkelingsone in Suid-Afrika.
                      Wat is die grootte daarvan?                              (1 x 1)           (1)

         4.6.3        Noem die diepwaterhawe by Coega.                               (1 x 1)     (1)

         4.6.4        Gee EEN rede waarom hierdie hawe so belangrik is.              (1 x 2)     (2)

         4.6.5        Verduidelik waarom kragvoorsiening in hierdie gebied nie 'n
                      probleem sal wees nie.                               (2 x 2)               (4)

         4.6.6        Bespreek DRIE faktore wat in berekening gebring is om die ligging
                      van die Coega-NOS te bepaal.                              (3 x 2)          (6)
                                                                                                 [75]

                                                                                   TOTAAL:       225
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Feb March 2016 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2016-annexure-eng/84f91391-44f2-4687-8239-0a2ec8395d54) — Geography · Addendum · 2016 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [Geo P1 June 2016 Qp (English)](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-june-2016-qp-english/c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2016 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2016-memo-afr/1177f0e2-a15f-4668-be49-6391149820fb) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 MEMO SEPT2016 Engl](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-memo-sept2016-engl/15ce369f-2328-4724-bb00-797878595d1c) — Geography · Memo · 2016
- [Geography P1 May June 2016 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-annexure-afr/11e2e4e9-5320-4893-ab00-735d23a77eea) — Geography · Addendum · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
