# Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-afr/fbb299b3-2757-4d37-8fdc-17d1dc9643a7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-afr/fbb299b3-2757-4d37-8fdc-17d1dc9643a7)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2017. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                  GEOGRAFIE V1

                            FEBRUARIE/MAART 2017

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                 2                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                       3                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                  NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n sinoptiese weerkaart van suidelike Afrika toon.
         Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.
         1.1.1       Die sinoptiese weerkaart is om (12:00/14:00) saamgestel.
         1.1.2       Die seisoen wat die sinoptiese weerkaart voorstel, is (somer/winter).
         1.1.3       Gebied A op die sinoptiese weerkaart is 'n (rug/trog).
         1.1.4       Die weerstelsel wat met die gebied by A geassosieer word, lei tot
                     (stabiele/onstabiele) weerstoestande.
         1.1.5       Die wind by weerstasie B is 'n (NNO/SSW)-wind.
         1.1.6       Die windspoed by weerstasie B is (20/10) knope.
         1.1.7       Die lugdruk in die middel van die Suid-Atlantiese antisikloon is
                     (laer/hoër) as 1 032 hPa/mb.                              (7 x 1)                 (7)
1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
                               KOLOM A                                 KOLOM B
          1.2.1      Plek langs 'n rivier waar twee of       A    dreineerbekken
                     meer riviere ontmoet
                                                             B    waterskeiding
          1.2.2      'n Stroom wat by die hoofstroom
                                                             C    samevloeiing
                     aansluit
          1.2.3      'n Hoogliggende gebied wat twee         D    oorsprong/bron
                     strome in dieselfde dreineerbekken      E    interfluviale rif
                     van mekaar skei
                                                             F    riviermond
          1.2.4      Totale oppervlakte wat deur 'n
                     rivierstelsel gedreineer word           G    sytak

          1.2.5      Hiërargie van strome in 'n              H    stroomordes
                     dreineerbekken
                                                             I    niestandhoudende rivier
          1.2.6      Hoogliggende gebiede wat
                     rivierstelsels in verskillende
                     dreineerbekkens onderverdeel
          1.2.7      Punt waar 'n rivier in die oseaan
                     invloei
          1.2.8      Hoogliggende gebied waar 'n rivier
                     sy ontstaan het
                                                                                           (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     4                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

1.3      FIGUUR 1.3 is 'n driedimensionele voorstelling van 'n middelbreedte-sikloon
         oor die Verenigde State van Amerika.

         1.3.1       Benoem front A en B.                                              (2 x 1)    (2)

         1.3.2       In watter ontwikkelingstadium is hierdie middelbreedte-sikloon?
                                                                                       (1 x 1)    (1)

         1.3.3       Gee 'n bewys in die diagram ter stawing dat hierdie middelbreedte-
                     sikloon in die Noordelike Halfrond voorkom.                 (1 x 2)          (2)

         1.3.4       Gee 'n rede waarom front B met meer wydverspreide reënval as
                     front A geassosieer word.                             (1 x 2)                (2)

         1.3.5       Beskryf die waarskynlike weerstoestande wat met die wolktipe by
                     front A geassosieer word.                                 (2 x 2)            (4)

         1.3.6       Bespreek TWEE verwagte weersveranderings wat kan plaasvind
                     wanneer die middelbreedte-sikloon die okklusiestadium bereik. (2 x 2)        (4)

1.4      Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n spotprent oor 'n stedelike hitte-eiland toon.

         1.4.1       Voltooi die stelling wat die stedelike hitte-eiland in skets A beskryf:
                     'n Stedelike hitte-eiland beskryf die verskynsel waar ...       (1 x 1)      (1)

         1.4.2       Verwys na B en gee TWEE redes vir hitte wat in die stad ontwikkel.
                                                                                (2 x 1)           (2)

         1.4.3       Wat is die uitwerking van die verhoogde temperature op mense wat in
                     die stad woon?                                              (2 x 2)          (4)

         1.4.4       Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare metodes
                     wat ingestel kan word in 'n poging om die temperatuur in die stad te
                     beheer.                                                      (4 x 2)          (8)

1.5      FIGUUR 1.5 toon die hoeveelheid water in 'n rivier tydens die droë seisoen en
         reënseisoen.

         1.5.1       Noem die tipe rivier in die foto.                                 (1 x 1)    (1)

         1.5.2       Gee 'n bewys in die foto om jou antwoord op VRAAG 1.5.1 te
                     ondersteun.                                         (1 x 1)                  (1)

         1.5.3       Definieer die term watertafel.                                    (1 x 1)    (1)

         1.5.4       Teken TWEE benoemde diagramme om die verskillende posisies van
                     die watertafel in die droë seisoen en die reënseisoen te toon.
                                                                             (2 x 2)              (4)

         1.5.5       Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die invloed van
                     neerslag en gradiënt op die hoeveelheid afgesette materiaal wat op
                     die rivierbodem waargeneem kan word.                         (4 x 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat twee tipes riviervloei, A en B, toon.

         1.6.1       Identifiseer die tipes riviervloei A en B.                        (2 x 1)       (2)

         1.6.2       In watter loop van die rivier verwag jy om riviervloei B aan te tref?
                                                                                       (1 x 1)       (1)

         1.6.3       Gee 'n rede vir riviervloei A in die foto.                        (1 x 2)       (2)

         1.6.4       Waarom word riviervloei A met meer erosie geassosieer?            (1 x 2)       (2)

         1.6.5       Verduidelik die verskil in die kleur van die water wat met riviervloei A
                     en B in die foto's geassosieer word.                             (2 x 2)        (4)

         1.6.6       Waarom is riviervloei A meer geskik vir avontuurtoerisme?         (2 x 2)        (4)
                                                                                                     [75]

VRAAG 2

2.1      Lees die volgendes stellings. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen
         hakies gegee word wat elke sin geografies KORREK sal maak. Skryf slegs
         die   woord(e)   langs     die    vraagnommer     (2.1.1–2.1.8)    in    die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         2.1.1       (Warm/Koue) lug styg as gevolg van konveksiestrome en lei tot 'n
                     laagdruk op die aarde se oppervlak.

         2.1.2       Die Coriolis-krag veroorsaak dat lug wat in die Suidelike Halfrond
                     horisontaal oor die aardoppervlak beweeg, na (links/regs)
                     gedeflekteer word.

         2.1.3       Die (tropiese oostewinde/westewinde) is globale windstelsels wat
                     die bewegingsrigting van middelbreedte-siklone beïnvloed.

         2.1.4       'n (Laag/Hoog)-drukstelsel word 'n antisikloon genoem.

         2.1.5       'n Verandering in die windrigting wat in die Noordelike Halfrond met
                     ŉ middelbreedte-sikloon verband hou, word (krimping/ruiming)
                     genoem.

         2.1.6       Hoogdrukstelsels word met (stabiele/onstabiele) weerstoestande
                     geassosieer.

         2.1.7       'n Vertikaal ontwikkelde wolk langs die koue front van 'n
                     middelbreedte-sikloon word 'n (nimbostratus/cumulonimbus)-wolk
                     genoem.

         2.1.8       'n Styging in seevlak, wat met ŉ tropiese sikloon verband hou en wat
                     tot kusoorstromings lei, word 'n (stormstuwing/tsoenami) genoem.
                                                                                   (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                           DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 oor verskillende dreineerpatrone en pas ELK van die
         beskrywings hieronder by een van die dreineerpatrone A tot E. Jy kan
         dieselfde dreineerpatroon meer as een keer kies.

         2.2.1       Die stroompatroon wat met rotse wat dieselfde weerstand teen
                     erosie bied, geassosieer word

         2.2.2       Hoofstrome wat parallel aan mekaar vloei

         2.2.3       Hoofstrome wat 90°-verbuigings langs die loop het

         2.2.4       Strome met 'n onreëlmatige patroon

         2.2.5       Riviere wat weg van 'n sentrale punt vloei

         2.2.6       'n Dreineerpatroon wat oor rotse vorm wat verskillende weerstande
                     teen erosie het as gevolg van plooiing

         2.2.7       Sytakke sluit teen skerphoeke by die hoofstroom aan           (7 x 1)       (7)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat waarneembare bane van tropiese siklone in die
         VSA toon.

         2.3.1       Hoeveel tropiese siklone het in die 2015-seisoen voorgekom? (1 x 1)         (1)

         2.3.2       Waarom beweeg tropiese siklone in 'n westelike rigting?       (1 x 1)       (1)

         2.3.3       Gee die term wat gebruik word om na tropiese siklone in hierdie
                     gedeelte van die wêreld te verwys.                      (1 x 1)             (1)

         2.3.4       Bespreek TWEE toestande wat die ontwikkeling van tropiese siklone
                     bevorder.                                                  (2 x 2)          (4)

         2.3.5       Die baan van 'n tropiese sikloon kan baie onvoorspelbaar wees.
                     Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, moontlike redes vir
                     die onvoorspelbare baan wat dit volg en waarom dit probleme vir
                     rampbestuurspanne skep om die impak van tropiese siklone
                     effektief te bestuur.                                    (4 x 2)            (8)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4 wat antisiklone oor suidelike Afrika toon.

         2.4.1       Benoem hoogdruksel B.                                         (1 x 1)       (1)

         2.4.2       Waarom domineer hoogdruksel B die binneland van Suid-Afrika in
                     die winter?                                            (1 x 2)              (2)

         2.4.3       Gee 'n rede vir die gebrek aan reënval wat met hoogdruksel A
                     geassosieer word.                                      (1 x 2)              (2)

         2.4.4       Verduidelik die verandering in die posisie van die antisiklone oor
                     Suid-Afrika tussen somer en winter.                         (2 x 2)         (4)

         2.4.5       Verduidelik waarom die Suid-Indiese Hoogdruksel meer vogtige lug
                     in die somer as in die winter oor die binneland invoer.   (3 x 2)           (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

2.5      Bestudeer FIGUUR 2.5 wat rivierverjonging voorstel.

         2.5.1       Definieer die term rivierverjonging.                               (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Noem EEN toestand wat rivierverjonging tot gevolg het.             (1 x 2)       (2)

         2.5.3       Wat dui 'n knakpunt op 'n rivierprofiel aan?                       (1 x 2)       (2)

         2.5.4       Wat is die invloed van rivierverjonging op die gradering van 'n rivier?
                                                                                     (1 x 2)          (2)

         2.5.5       Beskryf, met redes, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die
                     veranderinge wat in die fluviale verskynsels in die benedeloop van
                     die rivier as gevolg van rivierverjonging sal voorkom.      (4 x 2)              (8)

2.6      Lees die uittreksel in FIGUUR 2.6 wat op rivieropvangsgebiede in Suid-Afrika
         gebaseer is.

         2.6.1       Wat is 'n opvangsgebied?                                           (1 x 1)       (1)

         2.6.2       Watter bewys in die artikel            dui   daarop   dat   droogte 'n
                     alomteenwoordige risiko is?                                     (1 x 2)          (2)

         2.6.3       Gee EEN rede vir die vernietiging van opvangsgebiede.              (1 x 2)       (2)

         2.6.4       Stel TWEE stappe voor wat deur die regering en
                     nieregeringsorganisasies (NRO's/NGO's) gedoen moet word om
                     opvangsgebiede wat in gevaar is, te bestuur.         (2 x 2)                     (4)

         2.6.5       Bespreek die negatiewe impak van swak opvangsbestuurspraktyke
                     vir Suid-Afrika.                                       (3 x 2)                    (6)
                                                                                                      [75]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     8                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

AFDELING B:           LANDELIKE    EN   STEDELIKE   NEDERSETTINGS                             EN
                      SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Dui aan of ELK van die stellings hieronder 'n STEDELIKE of 'n LANDELIKE
         nedersetting beskryf. Skryf slegs STEDELIK of LANDELIK langs die
         vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         3.1.1        Enkelfunksionele nedersetting

         3.1.2        Sluit dorpe, stede, 'n metropool en 'n megalopolis in

         3.1.3        Geassosieer met sekondêre, tersiêre en kwaternêre aktiwiteite

         3.1.4        Sluit plaasopstalle, gehuggies en boeredorpies in

         3.1.5        Toon 'n verspreide nedersettingspatroon

         3.1.6        Het 'n verskeidenheid         funksies,   soos   winkels,     skole     en
                      aanbiddingsplekke

         3.1.7        Gekenmerk deur primêre ekonomiese aktiwiteite

         3.1.8        Vervul die rol van 'n sentrale plek                                (8 x 1)       (8)

3.2      Verwys na FIGUUR 3.2 en pas die tipes nywerhede in die diagram by die
         stellings hieronder.

        3.2.1        Nywerhede wat bederfbare produkte vervaardig

        3.2.2        Nywerhede wat enige plek geleë kan wees en nie deur die ligging van
                     markte of grondstowwe beperk word nie

        3.2.3        Nywerhede wat enige plek geleë kan wees en nie deur faktore soos
                     hulpbronne of vervoer beïnvloed word nie

        3.2.4        Nywerhede wat swaar grondstowwe verwerk

        3.2.5        Nywerhede wat aan die buitewyke van beboude gebiede geleë is as
                     gevolg van geraas- en lugbesoedeling

        3.2.6        Nywerhede wat tussen die grondstofbron en die mark (klante)
                     geleë is

        3.2.7        Nywerhede wat klein gebiede beslaan en wat in die stadskern geleë
                     kan wees                                                   (7 x 1)                (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                              NSS

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n satellietbeeld van 'n landelike nedersetting
         toon wat op die binnelandse plato in Suid-Afrika geleë is.

         3.3.1       Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3. (1 x 1)        (1)

         3.3.2       Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                   (1 x 2)       (2)

         3.3.3       Waarom word hierdie tipe nedersettingspatroon met grootskaalse
                     boerdery geassosieer?                                   (1 x 2)               (2)

         3.3.4       Waarom maak hierdie tipe nedersettingspatroon boere kwesbaar vir
                     plaasaanvalle?                                           (1 x 2)              (2)

         3.3.5       Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die moontlike
                     faktore wat die ligging van hierdie nedersetting kon beïnvloed het.
                                                                                    (4 x 2)        (8)

3.4      FIGUUR 3.4 toon data oor grondrestitusie in die verskillende provinsies in
         Suid-Afrika.

         3.4.1       Definieer die term grondrestitusie.                             (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Gee die totale getal grondeise wat tot op hede gemaak is.       (1 x 1)       (1)

         3.4.3       Watter provinsie het tot dusver die grootste hoeveelheid grond vir
                     grondrestitusie toegeken?                                  (1 x 1)            (1)

         3.4.4       Lewer kommentaar op die totale grondkoste in verhouding tot die
                     totale hoeveelheid wat vir die grondrestitusieproses toegestaan is.
                                                                                   (1 x 2)         (2)

         3.4.5       Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.4.4.                 (2 x 2)       (4)

         3.4.6       Verduidelik die belangrike rol wat grondrestitusie in die sosiale
                     regsproses in 'n demokratiese Suid-Afrika speel.           (3 x 2)            (6)

3.5      FIGUUR 3.5 is 'n artikel oor informele handel in Suid-Afrika.

         3.5.1       Noem TWEE algemene kenmerke van informele handel wat in die
                     foto sigbaar is.                                    (2 x 1)                   (2)

         3.5.2       Gee 'n rede waarom die bydrae van die informele sektor tot die BBP
                     'n geskatte 29% is.                                         (1 x 2)           (2)

         3.5.3       Waarom het klein ondernemings nie effektiewe sakemodelle
                     en uitbreidingstrategieë soos wat in die artikel genoem word nie?
                                                                                    (2 x 2)        (4)

         3.5.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die voordele en
                     nadele van informele handel op die Suid-Afrikaanse ekonomie te
                     verduidelik.                                            (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     10                       DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                                NSS

3.6      Lees die uittreksel in FIGUUR 3.6 oor voedselonsekerheid.

         3.6.1        Wat is voedselonsekerheid?                                    (1 x 1)      (1)

         3.6.2        Waarom, volgens die artikel, kom die meeste mense wat aan
                      voedselonsekerheid ly, uit Asië en Afrika?         (1 x 1)                 (1)

         3.6.3        Verduidelik waarom kleinboere in Asië en Afrika ekonomies
                      kwesbaar is.                                        (1 x 2)                (2)

         3.6.4        Bespreek TWEE kenmerke van bestaansboere wat hulle kwesbaar
                      maak.                                                (2 x 2)               (4)

         3.6.5        Gee oplossings om die probleem van globale hongersnood te
                      verminder.                                          (3 x 2)                 (6)
                                                                                                 [75]

VRAAG 4

4.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.

                              KOLOM A                              KOLOM B
         4.1.1       Toename in die getal mense wat in    A   stedelike morfologie
                     stedelike gebiede woon
                                                          B   ongebreidelde/
         4.1.2       Sone aan die buitewyke van die           onplanmatige stedelike
                     stad waar stedelike en landelike         uitbreiding
                     funksies met mekaar vermeng
                                                          C   landelik-stedelike
         4.1.3       Veroudering en agteruitgang van          oorgangsone
                     geboue in die stadskern
                                                          D   stedelike profiel
         4.1.4       Vormlose uitbreiding van stedelike
                     gebiede na die omliggende            E   stedelike groei
                     landelike gebied
                                                          F   stedelike verval
         4.1.5       Interne struktuur van 'n stedelike
                     gebied                               G   stedelike uitbreiding

         4.1.6       Stelsel waarvolgens nedersettings    H   stedelike hiërargie
                     volgens grootte en funksies in 'n
                     rangorde geplaas word

         4.1.7       Toename in die grootte van
                     stedelike gebiede
                                                                                    (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  11                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                             NSS

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 D.

         4.2.1       Die hoë-tegnologiesektor van die ekonomie wat met navorsing en
                     ontwikkeling verband hou:

                     A    Primêre
                     B    Sekondêre
                     C    Tersiêre
                     D    Kwaternêre

         4.2.2       'n Ekonomiese aktiwiteit wat met vervoer, die bankwese en ander
                     dienste geassosieer word:

                     A    Kwaternêre
                     B    Tersiêre
                     C    Sekondêre
                     D    Primêre

         4.2.3       'n Term wat goedere beskryf wat hoofsaaklik vervaardig word om
                     aan ander lande te verkoop:

                     A    Tuismark
                     B    Invoermark
                     C    Uitvoermark
                     D    Streeksmark

         4.2.4       Totale waarde van produkte en dienste wat in een jaar in 'n land
                     vervaardig word:

                     A    Bruto nasionale produk
                     B    Bruto geografiese produk
                     C    Bruto binnelandse produk
                     D    Bruto provinsiale produk

         4.2.5       Die kleinste kernnywerheidsgebied wat die meeste tot die jaarlikse
                     BBP van Suid-Afrika bydra:

                     A    PWV-Gauteng
                     B    Durban-Pinetown
                     C    Port Elizabeth-Uitenhage
                     D    Suidwes-Kaap

         4.2.6       Die agglomerasie van nywerhede in 'n paar kerngebiede:

                     A    Nywerheidsdesentralisasie
                     B    Ruimtelike ekonomiese sones
                     C    Nywerheidsontwikkelingsones
                     D    Nywerheidsentralisasie

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                          DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

         4.2.7       Die verwerking van grondstowwe om hulle waarde te verhoog:

                     A    Primêre aktiwiteite
                     B    Sekondêre aktiwiteite
                     C    Tersiêre aktiwiteite
                     D    Kwaternêre aktiwiteite

         4.2.8       Die kernnywerheidsgebied waar die diepste hawe in Suid-Afrika
                     onlangs voltooi is:

                     A    PWV-Gauteng
                     B    Durban-Pinetown
                     C    Suidwes-Kaap
                     D    Port Elizabeth-Uitenhage                                   (8 x 1)       (8)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3, 'n uittreksel oor landelik-stedelike migrasie.

         4.3.1       Wat is landelik-stedelike migrasie?                             (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Die uittreksel impliseer 'hoop' uit landelik-stedelike migrasie. Wat
                     verwag die migrante in die stedelike gebiede?                 (1 x 2)         (2)

         4.3.3       Verduidelik waarom landelik-stedelike migrasie nie altyd tot 'n
                     verbetering in lewenstandaard van landelike migrante lei nie. (2 x 2)         (4)

         4.3.4       Evalueer in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe
                     uitwerking van landelik-stedelike migrasie op stede.   (4 x 2)                (8)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op die stedelike profiel gebaseer is.

         4.4.1       Wat beeld 'n stedelike profiel uit?                             (1 x 1)       (1)

         4.4.2       Gee 'n rede vir die gebouedigtheid in die SSK.                  (1 x 2)       (2)

         4.4.3       Waarom word daar dikwels na die oorgangsone as die vervalsone
                     verwys?                                                (1 x 2)                (2)

         4.4.4       Bespreek TWEE probleme in die SSK wat tot die massa-uitstroming
                     (verlaat) van kommersiële funksies gelei het.             (2 x 2)             (4)

         4.4.5       Evalueer die invloed wat hierdie uitstroming van funksies op die
                     SSK se status gehad het.                                       (3 x 2)        (6)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    13                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                               NSS

4.5       Lees die artikel in FIGUUR 4.5 wat op die kwynende mynbousektor in
          Suid-Afrika gebaseer is.

          4.5.1      Haal uit die artikel aan waarom Suid-Afrika se mynbousektor 'in die
                     moeilikheid' is.                                            (1 x 1)        (1)

          4.5.2      Watter persentasie van die bruto binnelandse produk dra mynbou
                     tot die Suid-Afrikaanse ekonomie by?                     (1 x 1)           (1)

          4.5.3      Watter sektore van die ekonomie, volgens die artikel, dink die
                     regering moet ontwikkel word om Suid-Afrika se ekonomie te laat
                     groei?                                                  (1 x 2)            (2)

          4.5.4      Verduidelik kortliks waarom die 'onlangse verswakking in die
                     metaalnywerheid en die afname in China se vraag' 'n negatiewe
                     uitwerking op die Suid-Afrikaanse mynbousektor gehad het. (2 x 2)          (4)

          4.5.5      Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls faktore wat tot die
                     onstabiliteit in Suid-Afrika se mynbousektor bygedra het.   (4 x 2)        (8)

4.6       Bestudeer die kaart in FIGUUR 4.6 wat die ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
          in Suid-Afrika toon.

          4.6.1      Wat is 'n ruimtelike-ontwikkelingsinisiatief (ROI)?           (1 x 1)      (1)

          4.6.2      Noem 'n Suider-Afrikaanse land in die diagram wat deel het aan
                     of met Suid-Afrika aan die Maputo-ontwikkelingskorridor-ROI
                     saamwerk.                                               (1 x 1)            (1)

          4.6.3      Gee EEN rede waarom die Wildekus gekies is om as 'n ROI
                     ontwikkel te word.                                (1 x 2)                  (2)

          4.6.4      Bespreek TWEE maniere waarop die ontwikkeling van die Maputo-
                     ontwikkelingskorridor-ROI toerisme sal bevoordeel.     (2 x 2)             (4)

          4.6.5      Verduidelik hoe die Maputo-ontwikkelingskorridor en die Wildekus-
                     ROI die omliggende plaaslike gemeenskappe bevoordeel het. (3 x 2)           (6)
                                                                                                [75]

                                                                               TOTAAL:          225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Feb March 2017 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-annexure-afr/81849509-906c-40aa-b003-95dc067a7783) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [Geography P1 Feb March 2017 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-annexure-eng/15c60b87-2fa2-4612-8693-2fd3f8edd84d) — Geography · Addendum · 2017 · Eng
- [Geography P1 Feb March 2017 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2017-memo-eng/f28e6f7d-3655-469b-a7b4-51c7f834ce53) — Geography · Memo · 2017 · Eng
- [Grade 12 NSC Geography P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-preparatory-2017-question-paper/d13a6739-748f-4c3e-a691-c03fb1ad130c) — Geography · QP · 2017
- [2017 KZN Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-kzn-prelim-p1-qp/54e84d65-ff3b-44b1-80f0-12e777efb21a) — Geography · QP · 2017
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
