# Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC Supplementary Exam 2018 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2018-afr/0646d4c0-996d-456c-ae3e-640b1e3dc10b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC Supplementary Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC Supplementary 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2018-afr/0646d4c0-996d-456c-ae3e-640b1e3dc10b)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC Supplementary Exam · 2018. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                                   GEOGRAFIE V1

                             FEBRUARIE/MAART 2018

PUNTE: 225

TYD: 3 uur

             Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                           NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is by die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Bestudeer FIGUUR 1.1 wat 'n uittreksel uit 'n sinoptiese weerkaart van
         Suid-Afrika is.

         1.1.1       Oor watter oseaan kom lugdrukstelsel A voor?

         1.1.2       Dui die weerverskynsel aan wat deur die verlengde isobare van
                     lugdruksel A ondervind word.

         1.1.3       Noem die lugdruk in gebied C.

         1.1.4       Benoem die hoogdrukstelsel by C.

         1.1.5       Is die weer wat met lugdruksel A geassosieer word, stabiel of
                     onstabiel?

         1.1.6       Beskryf die lugsirkulasie by weerstelsel D soos dit styg.

         1.1.7       Wat is die lugtemperatuur by weerstasie F?

         1.1.8       Beeld hierdie sinoptiese weerkaart somer- of wintertoestande uit?
                                                                                  (8 x 1)              (8)

1.2      Bestudeer die dreineerbekken in FIGUUR 1.2 en pas die letters A tot H by
         ELKE beskrywing hieronder.

         1.2.1       Hoogliggende gebied wat twee dreineerbekkens van mekaar skei

         1.2.2       Die bolope of bron van 'n rivier

         1.2.3       'n Tweede-orde-stroom

         1.2.4       Waar twee of meer strome by mekaar aansluit, vorm dit 'n
                     samevloeiing

         1.2.5       'n Sytak is 'n enkele stroom wat by 'n hoofrivier aansluit

         1.2.6       Die mond van 'n rivier vorm waar dit die see binnevloei

         1.2.7       Water wat ondergronds insyfer en die basisvloei van 'n rivier vorm
                                                                                    (7 x 1)            (7)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                               NSS

1.3      Verwys na FIGUUR 1.3 wat die baan van 'n tropiese sikloon toon.

         1.3.1       In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone?                  (1 x 1)       (1)

         1.3.2       Watter bewyse dui daarop dat hierdie tropiese sikloon in die
                     Suidelike Halfrond voorkom?                           (2 x 1)                      (2)

         1.3.3       Wat veroorsaak dat die gevaarlike kwadrant/halfsirkel vorm? (1 x 2)                (2)

         1.3.4       Gee EEN rede vir die moontlike terugbuiging (rigtingverandering)
                     van die tropiese sikloon.                                (1 x 2)                   (2)

         1.3.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     weer wat met die gevaarlike kwadrant/halfsirkel geassosieer word
                     en die waarskynlike impak daarvan op kusstreke.             (4 x 2)                (8)

1.4      FIGUUR 1.4 toon 'n katabatiese wind in 'n vallei.

         1.4.1       Kom hierdie wind bedags of snags voor?                               (1 x 1)       (1)

         1.4.2       Watter rol speel aardstraling in die ontwikkeling van katabatiese
                     winde?                                                     (1 x 2)                 (2)

         1.4.3       Waarom word        katabatiese    winde    met    temperatuurinversies
                     geassosieer?                                                    (2 x 2)            (4)

         1.4.4       Gee 'n rede vir die posisie van stralingsmis in die vallei.          (2 x 2)       (4)

         1.4.5       Verwys na die foto in FIGUUR 1.4 en verduidelik waarom 'n
                     ontwikkelaar meer waarskynlik 'n vakansieoord halfpad teen die
                     valleihang op sal bou.                                  (2 x 2)                    (4)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 wat 'n vloedvlakte na verjonging toon.

         1.5.1       Wat is 'n vloedvlakte?                                               (1 x 1)       (1)

         1.5.2       Watter bewys dui daarop dat verjonging plaasgevind het?              (1 x 1)       (1)

         1.5.3       In watter loop van die rivier is die vloedvlakte in die skets geleë?
                                                                                       (1 x 1)          (1)

         1.5.4       Vloedvlaktes is gewoonlik vir die verbouing van gewasse geskik.

                     (a)    Waarom is vloedvlaktes geskikte gebiede vir die verbouing
                            van gewasse?                                       (2 x 2)                  (4)

                     (b)    Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die
                            negatiewe impak van verjonging op boerderyaktiwiteite in die
                            geïllustreerde landskap.                             (4 x 2)                (8)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

1.6      Bestudeer FIGUUR 1.6 wat die lengteprofiel van 'n gegradeerde rivier toon.

         1.6.1       Wat word met die term basisvlak van 'n rivier bedoel?            (1 x 1)      (1)

         1.6.2       Waarom word die see as 'n permanente basisvlak beskou?           (1 x 2)      (2)

         1.6.3       Watter bewys in FIGUUR 1.6 dui aan dat hierdie rivier gegradeer is?
                                                                                  (1 x 2)          (2)

         1.6.4       Waarom sal 'n verlaging in die seevlak die gradering van die rivier
                     verander?                                                   (2 x 2)           (4)

         1.6.5       Teken 'n eenvoudige lengteprofiel om die impak van die verlaging in
                     die seevlak, in VRAAG 1.6.4 genoem, op die vorm van die
                     lengteprofiel te toon.                                      (1 x 2)           (2)

         1.6.6       Verduidelik hoe die interaksie tussen erosie en afsetting in die
                     bo- en benedeloop van 'n rivier help om 'n gegradeerde profiel te
                     handhaaf.                                                 (2 x 2)             (4)
                                                                                                   [75]

VRAAG 2

2.1      FIGUUR 2.1 toon 'n kuslaagdruksel (L) wat met bewegende versteurings
         geassosieer word.

         2.1.1       Gebruik die isobare om te bewys dat L 'n laagdrukstelsel is.

         2.1.2       Waar ontstaan laagdruksel L?

         2.1.3       In watter rigting beweeg laagdruksel L tussen Langebaan en
                     Kaapstad?

         2.1.4       Watter tipe neerslag word met laagdruksel L langs die Weskus
                     geassosieer?

         2.1.5       Noem die lugtemperatuur wat met die aanlandige vloei van
                     laagdruksel L by Langebaan geassosieer word.

         2.1.6       Hoe roteer lug rondom laagdruksel L?

         2.1.7       Met watter bewegende versteuring          word    die    warm,     droë
                     noordoostelike wind geassosieer?                                 (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

2.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae
         gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
         vraagnommer (2.2.1–2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
         2.2.9 A.

         2.2.1       Water wat oor land teen 'n helling af vloei, staan as … vloei bekend.

                     A    kanaal-
                     B    plaat-
                     C    turbulente
                     D    basis-

         2.2.2       Die opgehefde oewers van 'n rivier as gevolg van aanhoudende
                     oorstromings en afsetting is 'n …

                     A    delta.
                     B    alluviale waaier.
                     C    levée/oewerwal.
                     D    meandermerk.

         2.2.3       Ondergrondse water wat 'n rivier voed, staan as … bekend.

                     A    laminêre vloei
                     B    infiltrasie
                     C    basisvloei
                     D    afloop

         2.2.4       'n Rivier wat heeljaar vloei omdat die rivierbedding in die watertafel
                     insny, is 'n … rivier.

                     A    eksotiese
                     B    permanente
                     C    periodiese
                     D    episodiese

         2.2.5       'n … dreineerpatroon ontwikkel in die valleie tussen parallelle rûens
                     of bergreekse.

                     A    Tralie-
                     B    Rotsbeheerde
                     C    Reghoekige
                     D    Radiale

         2.2.6       Die rangskikking van strome in 'n dreineerbekken staan as die …
                     bekend.

                     A    dreineerpatroon
                     B    stroomorde
                     C    stroomdigtheid
                     D    stroomprofiel

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     7                              DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

         2.2.7       Waar water oor 'n vertikale krans stort, vorm dit 'n ...

                     A     stroomversnelling.
                     B     kloof.
                     C     waterval.
                     D     levée/oewerwal.

         2.2.8       Waar dit lyk asof die rivier in baie kleiner stroompies opbreek,
                     ontwikkel 'n … stroomkanaalpatroon.

                     A     kronkelende
                     B     rotsbeheerde
                     C     gevlegte
                     D     dendritiese                                                  (8 x 1)       (8)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3, 'n deursnit van 'n middelbreedtesikloon.

         2.3.1       Benoem front A.                                                    (1 x 1)       (1)

         2.3.2       (a)    Benoem wolktipe B.                                          (1 x 1)       (1)

                     (b)    Gee 'n rede vir die tipe wolk by B wat met hierdie weerstelsel
                            geassosieer word.                                      (1 x 2)            (2)

         2.3.3       Waarom beïnvloed die warm front (D) selde die weer van
                     Suid-Afrika?                                     (1 x 2)                         (2)

         2.3.4       Tabuleer TWEE verskille tussen 'n middelbreedtesikloon en
                     'n tropiese sikloon ten opsigte van die plek van oorsprong en die
                     hoofwindgordel wat dit aandryf.                            (2 x 2)               (4)

         2.3.5       Verduidelik waarom die volgende ontwikkelingstadium van hierdie
                     middelbreedtesikloon 'n warmfrontokklusie sal wees.     (2 x 2)                  (4)

2.4      Verwys na FIGUUR 2.4 wat op binnelandse temperatuurinversie gebaseer is.

         2.4.1       Wat is temperatuurinversie?                                        (1 x 1)       (1)

         2.4.2       Watter seisoen word deur die posisie van die inversielaag in skets A
                     verteenwoordig?                                               (1 x 1)            (1)

         2.4.3       Teken 'n eenvoudige deursnit wat               die   posisie    van die
                     temperatuurinversie in skets B sal toon.                          (2 x 1)        (2)

         2.4.4       Verduidelik waarom die posisie van die inversielaag tussen winter
                     en somer sal verskil.                                      (2 x 2)               (4)

         2.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die invloed
                     van die posisie van die inversielaag in skets A op die klimaat en hoe
                     dit 'n negatiewe impak op ekonomiese aktiwiteite in die
                     binneland van Suid-Afrika het.                                 (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     8                         DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                                NSS

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 oor dreineerdigtheid.

         2.5.1       Definieer die term dreineerdigtheid.                           (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Watter bewys dui aan dat A 'n hoër dreineerdigtheid as B het?
                                                                                  (1 x 1)         (1)

         2.5.3       Bepaal die stroomorde by punt X.                               (1 x 2)       (2)

         2.5.4       Waarom sal die stroomorde by punt Y hoër wees?                 (1 x 2)       (2)

         2.5.5       Verduidelik die invloed van plantegroei op dreineerdigtheid.   (2 x 2)       (4)

         2.5.6       Soos stedelike ontwikkeling plaasvind, sal die dreineerdigtheid van
                     die omliggende natuurlike omgewing toeneem. Verduidelik waarom
                     dit die geval is.                                            (2 x 2)         (4)

2.6      Verwys na FIGUUR 2.6 wat op 'n rivierstelsel gebaseer is.

         2.6.1       Definieer die begrip rivierstelsel.                            (1 x 1)       (1)

         2.6.2       Watter doel dien die interfluviale rif/rivierskeiding by A in hierdie
                     rivierstelsel?                                                (1 x 1)        (1)

         2.6.3       Watter bewys dui daarop dat B 'n dendritiese dreineerpatroon is?
                                                                                  (1 x 2)         (2)

         2.6.4       Noem TWEE eienskappe van die onderliggende gesteentes in
                     gebied B.                                         (2 x 2)                    (4)

         2.6.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy verduidelik
                     waarom 'n kronkelende stroomkanaalpatroon gewoonlik in die
                     benedeloop van 'n rivierstelsel aangetref word.         (4 x 2)              (8)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-AFRIKAANSE
            EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1 wat die stedelike profiel van 'n stad toon.

         3.1.1       Benoem grondgebruiksone A.

         3.1.2       Benoem grondgebruiksone F.

         3.1.3       Watter grondgebruiksone beslaan die meeste ruimte?

         3.1.4       Is nywerheidsgebied B 'n ligte- of swaarnywerheidsgebied?

         3.1.5       Watter EEN van die twee residensiële gebiede (C of D) is
                     waarskynlik die hoë-inkomste-gebied?

         3.1.6       Identifiseer grondgebruiksone E.

         3.1.7       Watter grondgebruiksone het die hoogste grondwaarde?          (7 x 1)       (7)

3.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
         slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         3.2.1       Die ontginning van       grondstowwe   is   'n   (primêre/sekondêre)
                     ekonomiese aktiwiteit.

         3.2.2       Die Suid-Afrikaanse ekonomie verskaf dienste en menslike
                     vaardighede as 'n kommoditeit binne die (sekondêre/tersiêre) sektor.

         3.2.3       Die prosessering van grondstowwe word in die (sekondêre/tersiêre)
                     sektor aangetref.

         3.2.4       Die (tersiêre/kwaternêre) sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie
                     is hoofsaaklik by hoëtegnologiese navorsingsaktiwiteite betrokke.

         3.2.5       (Handelskwotas/Handelstariewe) is regulasies wat plaaslike boere
                     teen goedkoper invoertariewe beskerm.

         3.2.6       (Grootskaalse/Kleinskaalse) boerdery is hoofsaaklik kommersieel
                     van aard in Suid-Afrika.

         3.2.7       (Mielies/Koring) is die grootste grootskaalse gewas wat in
                     Suid-Afrika verbou word.

         3.2.8       Suid-Afrika het die wêreld se grootste (goud/mangaan)-hulpbronne.
                                                                                 (8 x 1)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

3.3      Voordat 'n boer 'n standplaas vir sy/haar plaas kies, sal die boer verskeie
         standplaas- en liggingsfaktore in berekening bring.

         3.3.1       Onderskei duidelik tussen die terme standplaas en ligging.     (2 x 1)       (2)

         3.3.2       Water kan beide 'n trekpleister of 'n afskrikmiddel wees wanneer
                     'n standplaas vir die plaasopstal gekies word. Verduidelik hierdie
                     stelling.                                                  (2 x 2)           (4)

         3.3.3       Noem en bespreek EEN ander fisiese faktor wat 'n boer sal oorweeg
                     wanneer hy/sy 'n standplaas vir 'n plaas kies.              (2 x 2)          (4)

         3.3.4       Bespreek die rol van marktoeganklikheid as 'n liggingsfaktor
                     wanneer 'n standplaas vir 'n plaas gekies word.      (2 x 2)                 (4)

3.4      Bestudeer FIGUUR 3.4 wat die neiging van die landelike bevolking vanaf
         2004 tot 2015 in Suid-Afrika toon.

         3.4.1       Lewer kommentaar op die neiging van 2004 tot 2015 in die grafiek
                     ten opsigte van mense wat in landelike gebiede in Suid-Afrika woon.
                                                                                   (1 x 1)        (1)

         3.4.2       Watter persentasie Suid-Afrikaners het in 2015 in landelike gebiede
                     gewoon?                                                      (1 x 1)         (1)

         3.4.3       Gee 'n geprojekteerde persentasie vir die Suid-Afrikaanse landelike
                     bevolking in 2018.                                           (1 x 2)         (2)

         3.4.4       Watter impak sal die neiging in VRAAG 3.4.1 in die toekoms op
                     landelike gebiede hê?                                   (2 x 2)              (4)

         3.4.5       Indien die neiging in VRAAG 3.4.1 voortduur, kan Suid-Afrika in die
                     nabye toekoms 'n voedseltekort in die gesig staar. In 'n paragraaf
                     van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke volhoubare
                     maatreëls om volgehoue voedselsekerheid te verseker.
                                                                                 (4 x 2)          (8)

3.5      Verwys na FIGUUR 3.5 wat statistiek met betrekking tot Wes-Kaap se
         uitvoerprodukte toon.

         3.5.1       Noem EEN produk in FIGUUR 3.5 wat die primêre en sekondêre
                     ekonomiese sektor verteenwoordig.                    (2 x 1)                 (2)

         3.5.2       Watter primêre produk toon 'n toename in waarde nadat dit verwerk
                     is?                                                        (1 x 2)           (2)

         3.5.3       Bereken die totale inkomste uit die uitvoer van vars vrugte in die
                     Wes-Kaap.                                                  (1 x 2)           (2)

         3.5.4       Waarom is vrugteverwerking so 'n groot bedryf in die Suidwestelike
                     Kaap?                                                      (2 x 2)           (4)

         3.5.5       Bespreek TWEE faktore wat die uitvoer van produkte uit die Wes-
                     Kaap ondersteun.                                          (2 x 2)            (4)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

3.6      Bestudeer FIGUUR 3.6, 'n foto van kleinskaalse boerdery.

         3.6.1       Definieer die term kleinskaalse boerdery.                      (1 x 1)       (1)

         3.6.2       Watter bewys in die foto dui daarop dat hierdie kleinskaalse
                     boere is?                                            (1 x 1)                 (1)

         3.6.3       Waarom kan 'n mens sê dat hierdie kleinskaalse boere die grond
                     intensief bewerk?                                       (1 x 2)              (2)

         3.6.4       Die winsgrens van die boere in die foto in FIGUUR 2.6 sal laag
                     wees. Verduidelik hierdie stelling.                     (2 x 2)              (4)

         3.6.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     probleme wat kleinskaalse boere ervaar, soos in die foto gesien.
                                                                                   (4 x 2)        (8)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   12                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

VRAAG 4

4.1      Kies 'n term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 J.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
         4.1.1       Landelike nedersettings met een        A   sentrale plek
                     hooffunksie
                                                            B   kernnedersetting
         4.1.2       'n Nedersetting wat uit 'n paar
                     geboue bestaan wat deur een gesin      C   lineêr
                     bewoon word
                                                        D       kruispadnedersetting
         4.1.3       'n Nedersettingspatroon waar
                     geboue ver uit mekaar geplaas word E       enkelfunksioneel

         4.1.4       Plaashuise wat langs 'n pad geleë is   F   verspreid

         4.1.5       'n Nedersetting wat in die stedelike   G   geïsoleerde plaasopstal
                     behoeftes van die omliggende
                     landelike gemeenskap voorsien          H   poortdorp

         4.1.6       'n Nedersetting wat by 'n natuurlike
                     deurgang in 'n bergreeks/-ketting
                     ontwikkel

         4.1.7       'n Nedersettingspatroon wat
                     beïnvloed word deur die manier
                     waarop paaie by mekaar aansluit
                                                                                    (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                          DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

4.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf
         slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer.

         4.2.1       'n Konsentrasie van aktiwiteite, gewoonlik nywerhede na aan
                     mekaar, staan as (agglomerasie/billike handel) bekend.

         4.2.2       (Voedselsekerheid/Voedselonsekerheid) is wanneer mense nie
                     hongersnood vrees nie omdat hulle toegang tot genoegsame
                     voedsame kos het aangesien daar 'n balans tussen vraag en
                     aanbod is.

         4.2.3       Die totale waarde van goedere en dienste wat in een jaar in 'n land
                     geproduseer word, staan as die (bruto nasionale produk/
                     bruto binnelandse produk) bekend.

         4.2.4       (NOS'e/ROI's) is nywerheidsgebiede wat ten doel het om
                     ekonomiese groei aan te moedig deur nuwe beleggings vir
                     nywerheids-ontwikkeling te lok en uitvoere te verhoog.

         4.2.5       (Sagtevrugte/Suikerriet) is    die    dominante    gewas     wat     in
                     KwaZulu-Natal verbou word.

         4.2.6       (Sosio-ekonomiese ongeregtigheid/Grondrestitusie) is wanneer
                     almal nie gelyke toegang tot fasiliteite, hulpbronne en dienste in 'n
                     spesifieke plek het nie.

         4.2.7       Die uitruil van goedere en dienste tussen lande vir geldelike gewin
                     staan as (tariewe/handel) bekend.

         4.2.8       (Nywerheidsentralisasie/Nywerheidsdesentralisasie) is die proses
                     wanneer nywerhede op die periferie of in landelike gebiede weg van
                     die kern- stedelike gebiede geleë is.                       (8 x 1)          (8)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3, 'n artikel oor grondhervorming.

         4.3.1       Definieer die term grondhervorming.                            (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Waarom het die grondhervormingsprogram misluk, volgens die
                     artikel?                                            (1 x 1)                  (1)

         4.3.3       Bespreek kortliks TWEE faktore wat verduidelik               waarom
                     grondhervorming in Suid-Afrika noodsaaklik is.                (2 x 2)        (4)

         4.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek metodes wat die
                     regering kan gebruik om die mense wat na grondhervorming
                     hervestig is, te ondersteun.                              (4 x 2)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                              NSS

4.4      FIGUUR 4.4 toon ongeregtighede wat met verstedeliking verband hou.
         4.4.1       Definieer die term ongeregtigheid.                              (1 x 1)       (1)
         4.4.2       Watter tipe ongeregtigheid word in die spotprent uitgebeeld? (1 x 1)          (1)
         4.4.3       Watter bewyse in die spotprent dui daarop dat die armes
                     onregverdig behandel word?                        (2 x 1)                     (2)
         4.4.4       Bespreek wat bedoel word met die frase: 'die ARMES ... kry hulle
                     afvalprodukte'.                                          (2 x 2)              (2)
         4.4.5       Verduidelik die impak van afvalprodukte op die gesondheid en
                     omgewingswelstand van die armes.                      (2 x 2)                 (4)
         4.4.6       Stel DRIE maniere voor waarop die geïllustreerde ongeregtigheid in
                     stedelike gebiede opgelos kan word.                        (3 x 2)            (6)

4.5      Ten opsigte van mynbou se bydrae tot 'n land se BBP, word Suid-Afrika vyfde
         op die wêreldranglys geplaas.
         4.5.1       Waarom word mynbou as 'n primêre aktiwiteit beskou?             (1 x 1)       (1)
         4.5.2       Watter mineraal dra die meeste tot Suid-Afrika se BBP by?       (1 x 1)       (1)
         4.5.3       Bespreek TWEE fisiese faktore wat mynbou in Suid-Afrika bevorder.
                                                                                (2 x 2)            (4)
         4.5.4       Stel EEN manier voor waarop Suid-Afrika arbeidskwessies kan
                     oplos om sodoende sy posisie op die wêreldranglys te verbeter.
                                                                                 (1 x 2)           (2)
         4.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die
                     ekonomiese belang van mynbou vir infrastruktuur- en
                     nywerheidsontwikkeling in Suid-Afrika.            (4 x 2)                     (8)

4.6      Verwys na FIGUUR 4.6 wat bydraes tot Suid-Afrika se BBP toon.
         4.6.1       Watter ekonomiese aktiwiteit in FIGUUR 4.6 het die meeste tot Suid-
                     Afrika se BBP bygedra?                                      (1 x 1)           (1)
         4.6.2       Watter ekonomiese sektor het die meeste tot Suid-Afrika se BBP
                     bygedra?                                                 (1 x 1)              (1)
         4.6.3       Verduidelik die primêre        sektor   se   swak   bydrae    tot die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie.                                       (2 x 2)       (4)
         4.6.4       Waarom is dit belangrik om die sekondêre sektor in Suid-Afrika te
                     versterk?                                                 (2 x 2)             (4)
         4.6.5       Gee 'n rede vir die swak bydrae wat elektrisiteit, gas en water tot die
                     tersiêre sektor gemaak het.                                     (2 x 2)       (4)
                                                                                                   [75]

                                                                         GROOTTOTAAL:              225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 Feb March 2018 Annexure Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-feb-march-2018-annexure-eng/138aca6b-2048-495b-bc3a-c7f3428a6333) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [Geography P2 Feb March 2018 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-eng/0f565421-a16f-4c91-aa1d-1a60c42738ff) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [Geography P2 Feb March 2018 Memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-feb-march-2018-memo-afr/b8a6a1bf-8ef6-45b8-8f6a-ee6fc6290504) — Geography · Memo · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ADDENDUM SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-addendum-sept2018-english/832c2d21-7b1d-4b62-84b4-7ca284585303) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-memo-sept2018-english/66551d14-a0be-4338-accf-f25bd373c188) — Geography · Memo · 2018 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
