# Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/27a2ce66-b3ee-4251-bce1-25749849d7e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/geography) › [Geography Grade 10 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2017-afrikaans/27a2ce66-b3ee-4251-bce1-25749849d7e1)

## About this document

Geography · Grade 10 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P1 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-memo-nov2017-afrikaans/e0654598-e7e6-463a-85c5-d8c6b852c26b) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 10

                            NOVEMBER 2017

                             GEOGRAFIE V1

PUNTE:     225

TYD:       3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ŉ addendum van 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

3.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word.

5.    Los ŉ lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme, waar moontlik.

9.    Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1)(2) beteken dat TWEE feite vir EEN
                                        punt elk verwag word.
                                        (2 x 2)(4) beteken dat TWEE feite vir
                                        TWEE punte elk verwag word.

10.   As woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf, klassifiseer in
      ŉ vraag gebruik word, is EENWOORD antwoorde aanvaarbaar.
      As woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik, lewer
      kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ŉ vraag gebruik word,
      word volsinne of frases verwag.
      Alle paragraaf vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                                   3

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1   Verwys na FIGUUR 1.1 wat die struktuur van die atmosfeer aantoon en
      beantwoord die vrae wat volg.

      1.1.1     Benoem lae A, B en C.

      1.1.2     Noem EEN permanente gas wat in laag A voorkom.

      1.1.3     In watter laag word osoon aangetref?

      1.1.4     Laag B begin by ongeveer 16 km bokant die aardoppervlakte.

                Tot watter hoogte strek hierdie laag?

      1.1.5     Noem die grens wat die troposfeer vanaf die stratosfeer skei.       (7 x 1)    (7)

1.2   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
      SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
      1.2.1     Die punt in die aardkors waar ŉ              A      Opening
                aardbewing begin
                                                             B      Tsunami
      1.2.2     Gewelddadige skud van die aarde se kors
                wat deur ŉ verskuiwing veroorsaak word       C      Seismograaf

                                                             D      Seismogram
      1.2.3     Die studie van die aarde se fisiese
                verskynsels en die prosesse wat dit vorm
                                                             E      Magma
      1.2.4     Vloeibare gesteentes wat op die              F      Lawa
                aardoppervlakte vloei
                                                             G      Geomorfologie
      1.2.5     Vloeibare gesteentes binne die aardkors
                                                             H      Aardbewing
      1.2.6     Die illustrasie van die seismiese
                golfpatroon wat deur ŉ aardbewing            I      Fokus
                veroorsaak word

      1.2.7     ŉ Watergolf wat deur ŉ aardbewing onder
                die oseaan veroorsaak word

      1.2.8     Pyp wat deur ŉ vulkaniese koepel na die
                oppervlak lei
                                                                                    (8 x 1)    (8)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2017)

1.3   Bestudeer FIGUUR 1.3 wat aardverwarming uitbeeld en beantwoord die vrae
      wat volg.

      1.3.1    Wat is aardverwarming?                                             (1 x 1)    (1)

      1.3.2    Identifiseer DRIE oorsake van aardverwarming wat deur FIGUUR 1.3
               uitgebeeld word.                                            (3 x 1)           (3)

      1.3.3    Noem EEN gas, wat nie in die diagram ingesluit is nie, wat
               aardverwarming kan veroorsaak.                                     (1 x 1)    (1)

      1.3.4    Bespreek TWEE gevolge van aardverwarming.                          (2 x 2)    (4)

      1.3.5    Stel ENIGE DRIE strategieë voor wat deur mense gebruik kan word om
               aardverwarming te verminder.                                 (3 x 2)          (6)

1.4   Bestudeer FIGUUR 1.4 wat ŉ tipe reënval illustreer en beantwoord die vrae wat
      volg.

      1.4.1    Watter tipe reënval word deur FIGUUR 1.4 uitgebeeld?               (1 x 1)    (1)

      1.4.2    In watter provinsie in Suid-Afrika is die tipe reënval in FIGUUR 1.4
               algemeen?                                                          (1 x 1)    (1)

      1.4.3    Word die lykant by A of C in die diagram aangetref?                (1 x 1)    (1)

      1.4.4    Reënval kom oor die algemeen by kant A van die berg voor.

               Regverdig hierdie stelling.                                        (1 x 2)    (2)

      1.4.5    Verduidelik waarom die temperatuur styg soos jy vanaf B na C, afwaarts
               beweeg.                                                         (1 x 2)       (2)

      1.4.6    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe hierdie reënval in
               FIGUUR 1.4 gevorm word.                                        (4 x 2)        (8)

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5 wat die gesteentesiklus uitbeeld en beantwoord die vrae
      wat volg.

      1.5.1    Definieer die gesteentesiklus.                                     (1 x 1)    (1)

      1.5.2    Verskaf die korrekte name van die gesteentes gemerk A, B en C.
                                                                            (3 x 1)          (3)

      1.5.3    Watter gesteente wat in VRAAG 1.5.2 genoem word, is die oudste?
                                                                            (1 x 1)          (1)

      1.5.4    Beskryf hoe die volgende sedimentêre gesteentes ontstaan het en
               verskaf ook EEN voorbeeld van elk:

               (a)     Meganiese sedimentêre gesteentes                           (2 + 1)    (3)

               (b)     Organiese sedimentêre gesteentes                           (2 + 1)    (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                   GEOGRAFIE V1                                               5

       1.5.5    Meld of die volgende gesteentes as metamorfiese-, sedimentêre- of
                stollingsgesteentes geklassifiseer word.

                (a)    Doleriet                                                            (1)

                (b)    Skalie                                                              (1)

                (c)    Gneiss                                                              (1)

                (d)    Dolomiet                                                            (1)

1.6    Verwys na FIGUUR 1.6 wat sewe grense van die vernaamste plate illustreer en
       beantwoord die en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

       1.6.1    Benoem die plaat waarop Australië aangetref word.              (1 x 1)     (1)

       1.6.2    Wat was die naam van die eerste super kontinent wat voorheen bestaan
                het?                                                          (1 x 1)      (1)

       1.6.3    Verskaf die naam van die wetenskaplike wat die beweging van die aarde
                se kors voorgestel het.                                        (1 x 1)     (1)

       1.6.4    Verduidelik wat met plate by konvergerende plaatgrense gebeur. (1 x 2)     (2)

       1.6.5    Teken ŉ eenvoudige skets diagram wat ŉ passiewe plaatgrens aantoon.
                                                                             (2 x 2)       (4)

       1.6.6    Die teorie van kontinentale drywing het voorgestel dat kontinente
                ongeveer 200 miljoen jaar gelede aanmekaar geheg was.

                Bespreek DRIE bewyse wat bevestig dat kontinente voorheen
                aanmekaar geheg was.                                (3 x 2)                (6)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 2

2.1   Verwys na FIGUUR 2.1 wat verskillende tipes plooiings uitbeeld.

      Pas die volgende stellings/beskrywings by die korrekte etiket vanaf die diagram.

      2.1.1    ŉ Afplooi

      2.1.2    ŉ Opplooi

      2.1.3    Die kant van óf ŉ opplooi of ŉ afplooi

      2.1.4    ŉ Plooi waar die een kant steiler as die ander kant is

      2.1.5    ŉ Plooi waar die een kant oor die boonste gedeelte van die ander kant
               gestoot word

      2.1.6    ŉ Plooi waar die een kant oor die boonste gedeelte langs ŉ verskuiwing
               gestoot word                                                    (6 x 1)        (6)

2.2   Die krag wat plooiing veroorsaak staan bekend as (kompressie/spanning) krag.
                                                                           (1 x 1)            (1)

2.3   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
      die letter (A–I) langs die vraagnommer (2.3.1–2.3.8) in jou ANTWOORDEBOEK
      neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.

                            KOLOM A                        KOLOM B
      2.3.1    Die kategorie van gasse wat in verskillende A  Konveksie reën
               hoeveelhede op verskillende tye voorkom
                                                           B  Insolasie
      2.3.2    Lyne wat alle plekke met dieselfde lugdruk
               verbind                                     C  Frontale reën

      2.3.3    Die verandering vanaf gas na solied               D      Isoterme

      2.3.4    Hierdie gas beslaan 78% van gasse in die E               Stikstof
               atmosfeer
                                                              F         Kristallisering
      2.3.5    Lyne wat alle plekke met dieselfde temperatuur
               verbind                                        G         Veranderende
                                                                        gasse
      2.3.6    Die tipe reënval wat gewoonlik in Kaapstad
               voorkom                                    H             Suurstof

      2.3.7    Die tipe reënval wat gewoonlik in Gauteng I              Isobare
               voorkom

      2.3.8    Die totale hoeveelheid energie vanaf die son
                                                                                   (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                               7

2.4   Verwys na FIGUUR 2.4 wat ŉ sinoptiese weerkaart aandui en beantwoord die
      vrae daarop.

      2.4.1     Benoem die onderskeie druksisteme A en C as óf ŉ laagdruk óf ŉ
                hoogdruk.                                               (2 x 1)            (2)

      2.4.2     Verskaf die naam van die druksel wat as B gemerk is.            (1 x 1)    (1)

      2.4.3     (a)   Stel die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.4, klassieke winter of
                      somer toestande voor?                                     (1 x 1)    (1)

                (b)   Regverdig jou antwoord in VRAAG 2.4.3(a) deur TWEE bewyse
                      te verskaf.                                         (2 x 2)          (4)

      2.4.4     Area D ervaar sterker winde as area E.

                Omskryf EEN bewys sigbaar op die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 2.4
                om hierdie stelling te ondersteun.                           (1 x 2)       (2)

      2.4.5     Verwys na stasiemodel F en identifiseer die volgende weerpatrone:

                (a)   Neerslag                                                             (2)

                (b)   Wolkdekking                                                          (2)

                (c)   Windspoed in knope                                                   (2)

2.5   FIGUUR 2.5(X) toon die manier hoe die sonstrale die aardoppervlakte tref en
      FIGUUR 2.5(Y) wys die ligging van Saldanha en Durban.

      2.5.1     Noem EEN faktor in FIGUUR 2.5(X) en FIGUUR 2.5(Y) onderskeidelik
                wat temperatuurverspreiding affekteer.                   (2 x 1)           (2)

      2.5.2     Verskaf enige ander faktor nie aangetoon in FIGUUR 2.5 wat
                temperatuur beïnvloed.                               (1 x 1)               (1)

      2.5.3     (a)   Sal die temperature in FIGUUR 2.5(X) hoër by area A of area B
                      wees?                                                  (1 x 1)       (1)

                (b)   Verskaf TWEE redes om jou antwoord in VRAAG 2.5.3(a) te
                      ondersteun.                                     (2 x 2)              (4)

      2.5.4     Saldanha kom voor aan die westelike kus en Durban aan die oostelike
                kus dele van Suid-Afrika, met dieselfde benaderde breedteligging en
                ervaar verskillende weerstoestande.

                Bespreek waarom Durban hoër temperature, meer reënval en meer
                vogtigheid as Saldanha ervaar.                          (3 x 2)            (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2017)

2.6   Bestudeer die skets in FIGUUR 2.6, wat die interne struktuur van die aarde
      aantoon en beantwoord die vrae daarop.

      2.6.1    Identifiseer die lae wat deur die letters A, B, C en D aangetoon word.
                                                                                 (4 x 1)     (4)

      2.6.2    Identifiseer die laag wat vir menslike lewe geskik is.            (1 x 1)     (1)

      2.6.3    Laag B is warmer as laag A.

               Verskaf ŉ rede hiervoor.                                          (1 x 2)     (2)

      2.6.4    Verduidelik hoe laag C vanaf laag D verskil.                      (2 x 2)     (4)

      2.6.5    Onderskei tussen die kontinentale kors en die oseaniese kors.     (2 x 2)     (4)

2.7   Verwys na FIGUUR 2.7, wat ŉ saamgestelde vulkaan illustreer en beantwoord
      die vrae daarop.

      2.7.1    Definieer die term aktiewe vulkaan.                               (1 x 1)     (1)

      2.7.2    Onderskei tussen magma en lawa.                                   (2 x 1)     (2)

      2.7.3    Vulkaniese as is ŉ gevaar vir mense.

               Ondersteun hierdie stelling.                                      (1 x 2)     (2)

      2.7.4    Verduidelik hoe die vulkaniese uitbarsting gevaarlik vir vliegtuie kan
               wees.                                                           (1 x 2)       (2)

      2.7.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe en
               negatiewe gevolge van vulkaniese uitbarstings op mense en die
               omgewing.                                                  (4 x 2)            (8)
                                                                                            [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                                 9

AFDELING B:          BEVOLKING EN WATERMASSAS

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1   Pas die bevolkingsaanwysers in KOLOM B by ŉ beskrywing in KOLOM A. Skryf
      SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.

                            KOLOM A                    KOLOM B
      3.1.1     Die aantal gebore babas per 1000 van ŉ A Persentasie van die
                bevolking per jaar                       stedelike bevolking

      3.1.2     Die aantal sterftes per jaar per 1000 van ŉ B       BBP per capita
                bevolking
                                                            C       Geletterdheid
      3.1.3     Die gemiddelde aantal jare wat ŉ persoon
                verwag om te leef
                                                            D       Vrugbaarheidskoers
      3.1.4     Die aantal sterftes van kinders onder een
                jaar per 1 000 lewendige geboortes          E       Natuurlike toename

      3.1.5     Die persentasie van die totale bevolking wat F      Kindersterftesyfer
                kan lees en skryf
                                                                G   Lewensverwagting
      3.1.6     Die tempo waarteen die land se bevolking
                groei, uitsluitende migrasie in of uit die land H   Sterftesyfer
      3.1.7     Die gemiddelde aantal kinders wat ŉ
                                                             I      Geboortesyfer
                gemiddelde vrou sal voortbring as sy tot die
                einde van haar vrugbare jare sou leef

      3.1.8     Die persentasie van die totale bevolking wat
                in dorpe en stede woon
                                                                                    (8 x 1)   (8)

3.2   Verwys na FIGUUR 3.2 wat die verspreiding van die wêreld se water uitbeeld.
      Gebruik die staafgrafiek en die geskikte persentasie soos voorsien in die boonste
      regterkantste hoek om die volgende waterbronne met die gegewe persentasies
      af te paar, bv. plante – 50%.

      3.2.1     Oseane

      3.2.2     Ysdekke

      3.2.3     Riviere

      3.2.4     Grondvog

      3.2.5     Vleie

      3.2.6     Grondwater

      3.2.7     Atmosfeer                                                           (7 x 1)   (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2017)

3.3   Verwys na FIGUUR 3.3 wat ŉ tipe migrasie illustreer en beantwoord die vrae
      daarop.

      3.3.1    Klassifiseer QIMA WOONBUURT as ŉ landelike of stedelike gebied.
                                                                           (1 x 1)          (1)

      3.3.2    Benoem die tipe migrasie wat in FIGUUR 3.3 plaasvind.             (1 x 1)    (1)

      3.3.3    Verskaf die term wat die afname in landelike bevolking beskryf. (1 x 1)      (1)

      3.3.4    Noem TWEE stootfaktore wat veroorsaak dat mense hulle boeredorpies
               soos QIMA verlaat, om in stede te gaan woon.                (2 x 1)          (2)

      3.3.5    Stel EEN rede voor waarom die landelike gebiede hoofsaaklik met
               bejaarde mense oorbly.                                    (1 x 2)            (2)

      3.3.6    Bespreek TWEE probleme wat stede ervaar as gevolg van ŉ groot getal
               mense wat daarheen verhuis.                                 (2 x 2)          (4)

      3.3.7    Stel TWEE oplossings voor wat gebruik kan word om die aantal mense
               wat landelike gebiede verlaat, te verminder.                 (2 x 2)         (4)

3.4   Verwys na FIGUUR 3.4 wat verskillende lande met hul MIV/Vigs-infeksiekoers
      aandui en beantwoord die vrae daarop.

      3.4.1    Waarvoor staan die afkorting MIV?                                  (1 x 1)   (1)

      3.4.2    Noem DRIE lande met hoë infeksiekoerse.                            (3 x 1)   (3)

      3.4.3    Identifiseer die land met die laagste infeksiekoers.               (1 x 1)   (1)

      3.4.4    Verwys na Mosambiek se infeksiekoers.

               (a)    Stel EEN rede voor vir die neiging in Mosambiek se infeksiekoers.
                                                                                 (1 x 2)    (2)

               (b)    Bespreek TWEE sosiale impakte van MIV/Vigs op Mosambiek se
                      bevolkingstruktuur.                                 (2 x 2)           (4)

      3.4.5    Verduidelik TWEE metodes wat in plek gestel word om die wêreld se
               MIV/Vigs infeksiekoers te verminder.                       (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                             11

3.5   Verwys na FIGUUR 3.5 wat ŉ uittreksel met ŉ foto oor oorstromings in Kaapstad
      illustreer en beantwoord die vrae daarop.

      3.5.1     Definieer die term oorstroming.                                    (1 x 1)    (1)

      3.5.2     Lys TWEE natuurlike oorsake van oorstromings.                      (2 x 1)    (2)

      3.5.3     Stel ŉ rede voor waarom die Kaapse Vlakte ŉ groot oorstromingsrisiko
                inhou.                                                       (1 x 2)          (2)

      3.5.4     Verduidelik TWEE negatiewe effekte van oorstromings op die omgewing
                mense van Kaapstad.                                           (2 x 2)         (4)

      3.5.5     Stel DRIE strategieë voor wat geïmplementeer kan word om
                oorstromings in die area te verminder.              (3 x 2)                   (6)

3.6   Verwys na FIGUUR 3.6 wat oseaanbesoedeling aantoon en beantwoord die vrae
      daarop.

      3.6.1     Definieer die term oorbevissing.                                   (1 x 1)    (1)

      3.6.2     Lys TWEE maniere uit FIGUUR 3.6 wat aandui hoe die oseaan besoedel
                word.                                                       (2 x 1)           (2)

      3.6.3     Oseane is nuttig vir mense.

                Noem TWEE maniere waarop mense die see gebruik.                    (2 x 1)    (2)

      3.6.4     Verduidelik kortliks hoe die industrieë ons oseane besoedel.       (1 x 2)    (2)

      3.6.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die strategieë wat
                geïmplementeer kan word om ons oseane te bestuur.            (4 x 2)          (8)
                                                                                             [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 4

4.1   Kies die korrekte woord(e) tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf
      SLEGS die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) in jou
      ANTWOORDEBOEK neer.

      4.1.1    Koolstofdioksied maak seewater (minder/meer) suuragtig.

      4.1.2    Besoedeling van die oseaan staan bekend as (omgewings/mariene)
               besoedeling.

      4.1.3    Meer as die helfte van die suurstof op aarde word geproduseer deur
               mikroskopiese plante in die oseane genoem (soöplankton/fitoplankton).

      4.1.4    Die tipe seestrome wat in werking gestel word deur wind wat deur die
               rotasie     van      die     aarde      geaffekteer     word,     is
               (oppervlakstrome/diepwaterstrome)

      4.1.5    (Ontsouting/Omgekeerde osmose) is ŉ proses om soutwater in vars
               water te verander.

      4.1.6    Die groot eskarp       verdeel   Suid-Afrika   in   (twee/vier)     vername
               dreineringbekkens.

      4.1.7    (Kwota/Ontspanning) is ŉ beperking wat op ŉ aktiwiteit geplaas word om
               te verseker dat dit nie uitgebuit word nie.

      4.1.8    Die vloei van water oor land staan as (afloop/infiltrasie) bekend. (8 x 1)       (8)

4.2   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
      die letter (A–I) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in jou ANTWOORDEBOEK
      neer. Jy moet elke letter slegs EEN KEER gebruik.

                            KOLOM A                                     KOLOM B
      4.2.1    Die beweging van mense weg vanaf hulle              A   Immigrasie
               tuisland
                                                                   B   Antiretrovirale
      4.2.2    Gedeeltes van die aarde wat geskik is vir
               mense om in te lewe                                 C   Bevolkings-
                                                                       piramide
      4.2.3    Mense wat gedwing word om uit hul tuislande
               te vlug om te oorleef                               D   Xenofobie

      4.2.4    Die studie van bevolkingstatistieke                 E   Ekumene
      4.2.5    ŉ Sterk afkeer vir mense vanaf ander lande          F   Vlugteling
      4.2.6    ŉ Tipe grafiek wat ŉ land se bevolkingstruktuur
               volgens geslag en ouderdom aantoon                  G   Emigrasie

      4.2.7    Medikasie wat mense wat MIV-positief is, help       H   Demografie
               om gesond te bly
                                                                                      (7 x 1)   (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                          13

4.3    Verwys na FIGUUR 4.3, wat ŉ bevolkingspiramide van Afghanistan (2015)
       aandui en beantwoord die vrae daarop.

       4.3.1    Gebruik die bevolkingspiramide om die volgende te bepaal:

                (a)   Aantal mans tussen 25 tot 29 jaar                         (1 x 1)    (1)

                (b)   Aantal vroue tussen 45 tot 49 jaar                        (1 x 1)    (1)

                (c)   Totale aantal mense tussen 0 tot 4 jaar                   (1 x 1)    (1)

       4.3.2    Identifiseer die ouderdomsgroep wat die grootste deel van die totale
                bevolking uitmaak.                                           (1 x 1)       (1)

       4.3.3    Sal jy Afghanistan as ŉ ontwikkelende of ontwikkelde land beskou?
                                                                                (1 x 1)    (1)

       4.3.4    Verskaf EEN bewysstuk vanaf die piramide om jou antwoord in
                VRAAG 4.3.3 te ondersteun.                           (1 x 2)               (2)

       4.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls beskryf die negatiewe effekte
                van oorbevolking vir ŉ land soos Afganistan.                (4 x 2)        (8)

4.4    Lees die uittreksel in FIGUUR 4.4 (Xenofobiese aanvalle) sorgvuldig en
       beantwoord die vrae daarop.

       4.4.1    Definieer die volgende terme:

                (a)   Xenofobie                                                 (1 x 1)    (1)

                (b)   Vlugteling                                                (1 x 1)    (1)

       4.4.2    Noem Brian se geboorteland.                                      (1 x 1)   (1)

       4.4.3    Verskaf TWEE redes, uit die uittreksel, waarom Brian sy geboorteland
                verlaat het.                                                  (2 x 1)      (2)

       4.4.4    Verduidelik ŉ moontlike rede waarom Suid-Afrikaners nie van vlugtelinge
                hou nie.                                                        (1 x 2)    (2)

       4.4.5    Bespreek TWEE positiewe impakte wat vlugtelinge op Suid-Afrika mag
                het.                                                         (2 x 2)       (4)

       4.4.6    Stel TWEE strategieë voor wat deur die Suid-Afrikaanse regering
                geïmplementeer kan word om vlugtelinge te ondersteun.    (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2017)

4.5    Verwys na FIGUUR 4.5 wat ŉ hidrograaf aantoon en beantwoord die vrae
       daarop.

       4.5.1   Noem die TWEE tipes grafieke wat op hierdie hidrograaf aangetref word.
                                                                               (2 x 1)        (2)

       4.5.2   Benoem X en Y op die grafiek as die dalende been en stygende been
               onderskeidelik.                                             (2 x 1)            (2)

       4.5.3   Verskaf die term wat die tyd interval tussen die reënvalpiek en die
               aflooppiek beskryf.                                          (1 x 1)           (1)

       4.5.4   Verduidelik hoe die hidrograaf van ŉ landelike gebied verskil vanaf ŉ
               hidrograaf in die stedelike gebied.                            (1 x 2)         (2)

       4.5.5   Die hidrograaf in FIGUUR 4.5, het steil stygende been, steil vallende
               been en ŉ kort vertragingstydperk.

               Bespreek TWEE faktore wat die vorm van die grafiek kan affekteer.
                                                                             (2 x 2)          (4)

       4.5.6   Watter moontlike impak sal die vermindering van plantegroei op die
               oewer op oorstromings sal het?                              (2 x 2)            (4)

4.6    Verwys na FIGUUR 4.6 wat die volume water wat na verskillende industrieë in
       Suid-Afrika versprei was in 2010 en beantwoord die vrae daarop.

       4.6.1   Identifiseer die onderskeie industrieë wat die minste en meeste volume
               water onderskeidelik ontvang.                                    (2 x 1)       (1)

       4.6.2   Noem die eenheid wat gebruik word om die volume water te meet.
                                                                           (1 x 1)            (2)

       4.6.3   Hoeveel is die totale volume water wat in 2010 versprei was?        (1 x 1)    (1)

       4.6.4   Bereken die totale volume water wat vir huishoudings en industrie in m 3
               versprei was.                                                    (3 x 1)       (3)

       4.6.5   Een van die individuele strategieë om huishoudelike watertoevoer te
               vermeerder is gryswater.

               Verduidelik kortliks hoe om die ‘gryswater’-strategie te gebruik, om water
               te bespaar.                                                         (1 x 2)    (2)

       4.6.6   Bespreek DRIE volhoubare strategieë om die nasionale watertoevoer te
               vermeerder.                                                  (3 x 2)           (6)
                                                                                             [75]

                                                                      GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/3f1160c6-acbd-40b0-a189-974c662d4eb5) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr10-qp-nov2018-afrikaans/54e2ee45-d729-4f25-9317-d95f6fe505c3) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR10 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-geography-2017-national-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/26255c47-dd42-466b-8cb7-d4b0069f1b76) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [GEO P1 Gr10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-annex-nov2020-afrikaans/a0a28adf-d617-40ab-b33c-7ec1bfbeee78) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEO P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-memo-nov2020-afrikaans/fc32e551-210c-4140-894b-92d4a668b162) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEO P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-gr10-memo-nov2019-afrikaans/a9d6d3ef-f286-4a4b-a523-1430825a5c41) — Geography · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Geography

- [Gr10-Geografie-OG-studyguide LR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-geografie-og-studyguide-lr/2ab1d1d1-d663-402d-95b1-0d6300b5f44b) — Guide
- [Gr 10 Geo ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-geo-atp-2023-24/3c6b7f67-534b-4a7c-9268-0464a4b829f8) — ATP
- [FS Geography Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-10-march-2025-qp-and-memo/1140962c-f861-493f-a8fc-7fc29994a5e2) — QP + Memo · 2025
- [LP Geography Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-geography-grade-10-june-2025-p1-and-memo/a1991f99-db75-463a-8559-ab3f8f66bd67) — QP + Memo · 2025
- [EC Geography Grade 10 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-geography-grade-10-june-2024-qp-and-memo/75f06c3e-9c6b-48f3-bcc2-4be18c48492e) — QP + Memo · 2024
- [GEOGRAPHY P2 GR10 ANNEX NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr10-annex-nov2020-afrikaans/37f19dc3-15db-4721-94fb-670a8183658b) — Addendum · 2020 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
