# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-nov2017-afrikaans/89ac8d61-719b-4d38-93ba-6889666e1540)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2017-afrikaans/10b0dd7d-9d9a-4ae3-b582-711f550187e6) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 11

                        NOVEMBER 2017

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE: 225

TYD:   3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ŉ 12 bladsye BYLAE.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V1                      (EC/NOVEMBER 2017)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

3.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die reël.

5.    Laat ŉ reël oop tussen onder-afdelings van vrae wat beantwoord word.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

9.    Puntetoekenning is soos volg:      2 x 1 = 2 beteken dat TWEE feite vir EEN
                                         punt elk vereis word
                                         2 x 2 = 4 beteken dat TWEE feite vir TWEE
                                         punte elk vereis word.

10.   Indien woorde/aksie-werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf,
      Klassifiseer, in ŉ vraag gebruik word, is EEN woord-antwoorde aanvaarbaar.
      Indien woorde/aksie-werkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik,
      Lewer kommentaar, Evalueer, Verklaar, Stel voor en Staaf in ŉ vraag
      gebruik word, word VOLLEDIGE sinne of frases vereis.
      Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
      Wanneer paragraafvrae beantwoord, word EENWOORD-antwoorde en
      ‘BULLETS’ nie toegelaat nie.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                           3

AFDELING A:          FISIESE GEOGRAFIE: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1

1.1    Verwys na FIGUUR 1.1, wat die ontwikkeling van El Niño toestande
       verteenwoordig. Verskaf die letter uit die figuur waarna die onderstaande
       beskrywings verwys. Elke letter/beskrywing verwys na prosesse in die
       ontwikkeling van die El Niño verskynsel.

       1.1.1     Stygende lug en reënval kom oor die sentrale Stille Oseaan voor

       1.1.2     Die vasteland waar die visserybedryf negatief deur hierdie toestande
                 geraak word

       1.1.3     Gedurende El Niño jare raak die tropiese oostewinde swakker

       1.1.4     Die Walker-sirkulasie word versteur gedurende El Niño jare

       1.1.5     Dalende en droë lug kom aan die oostelike dele van Australië voor

       1.1.6     Opstuwing (Opwelling) in die oostelike Stille oseaan neem af

       1.1.7     Warm lug wat gewoonlik oor die westelike Stille oseaan konvergeer,
                 konvergeer nou oor die sentrale en oostelike Stille oseaan gedurende
                 El Niño jare                                                  (7 x 1)      (7)

1.2    FIGUUR 1.2 illustreer helling elemente. Verskaf die korrekte helling-element vir
       die beskrywings hieronder. ŉ Helling-element kan meer as een keer gebruik
       word.

       1.2.1     Die helling-element met die minste grondbedekking

       1.2.2     Die helling-element met ŉ konstante gradiënt

       1.2.3     Die helling-element waar die konstruksie van geboue en infrastruktuur
                 moontlik is

       1.2.4     Die verskynsel wat die oorgang van een helling-element na ŉ ander
                 aandui

       1.2.5     Die helling-element waar die blootgestelde rotse gewoonlik ongelyk
                 is, soos verwering die nate en krake in die rotse vergroot

       1.2.6     Rotsstortings is die hoof-massabewegings-proses by hierdie helling-
                 element

       1.2.7     Die helling-element met ŉ konvekse vorm

       1.2.8     Die helling element waar die opeenhoping van verweerde materiaal
                 nie moontlik is nie                                      (8 x 1)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2017)

1.3   Bestudeer FIGUUR 1.3, wat globale lugsirkulasie aantoon.

      1.3.1     Noem die atmosferiese selle A en B onderskeidelik.              (2 x 1)    (2)

      1.3.2     Gee EEN kenmerk van sel A.                                      (1 x 1)    (1)

      1.3.3     Stel EEN rede voor waarom die suidelike halfrond winter ervaar op die
                skets.                                                        (1 x 2)      (2)

      1.3.4     Verwys na windgordels C en D.

                (a)   Noem die windgordel wat die pyltjies C en D aandui.       (1 x 1)    (1)

                (b)   Verduidelik waarom daar ŉ verskil in rigting tussen die winde by
                      C en D voorkom.                                           (1 x 2)    (2)

      1.3.5     Lewer kommentaar oor die rede waarom die winde by E van rigting
                verander.                                               (1 x 2)            (2)

      1.3.6     Verwys na sone F.

                (a)   Identifiseer die sone by F.                               (1 x 1)    (1)

                (b)   Beskryf hoe hierdie sone by F die swaar wolke in die atmosfeer
                      bokant dit veroorsaak.                                  (2 x 2)      (4)

1.4   Verwys na die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.4.

      1.4.1     Benoem die lyne wat plekke met dieselfde druk op sinoptiese
                weerkaarte verbind.                                  (1 x 1)               (1)

      1.4.2     Wat is die atmosferiese druk van die lyn gemerk B?              (1 x 1)    (1)

      1.4.3     Noem die atmosferiese verskynsel by C en die atmosferiese druk-
                sisteem by D.                                               (2 x 1)        (2)

      1.4.4     Verskaf TWEE redes waarom die sinoptiese                    weerkaart
                verteenwoordigend van somer in Suid-Afrika is.                 (2 x 1)     (2)

      1.4.5     Verwys na weerstasie E:

                (a)   Wat is die windrigting van weerstasies E?                 (1 x 1)    (1)

                (b)   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe Coriolis-
                      en lug drukgradiëntkragte die windrigting by hierdie weerstasies
                      by E beïnvloed het.                                       (4 x 2)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                        5

1.5    Verwys na die foto van die Grand Canyon in FIGUUR 1.5.

       1.5.1    Noem die tipe gesteentes waarmee die canyon geassosieer word.
                                                                          (1 x 1)          (1)

       1.5.2    Beskryf die hellings van die landvorm in die foto.             (1 x 2)     (2)

       1.5.3    Verduidelik waarom die hellings van die landvorm nie ŉ gladde
                konkawe of konvekse vorm het nie.                      (2 x 2)             (4)

       1.5.4    Verwys na die gebied by A:

                (a) Watter tipe erosie kom by A voor?                          (1 x 1)     (1)

                (b) Verduidelik hoe die erosie (antwoord by VRAAG 1.5.4(a))
                    uiteindelik tot die ontstaan van ŉ kloof sal lei. (2 x 2)              (4)

       1.5.5    Lewer kommentaar op die nut van die rivier, in hierdie landskap, vir
                landbou-aktiwiteite.                                         (1 x 2)       (2)

1.6    Bestudeer FIGUUR 1.6, wat die ontwikkeling van ŉ massiewe
       stollingsgesteente illustreer, en die gevolglike ontstaan van ŉ granietkoepel.

       1.6.1    Noem die intrusiewe stollingsgesteente by A.                   (1 x 1)     (1)

       1.6.2    Verskaf TWEE kenmerke van die intrusie by A.                   (2 x 1)     (2)

       1.6.3    Verwys na die granietkoepel in stadium 4:

                (a) Noem die tipe verwering waaraan granietkoepels blootgestel
                    word.                                              (1 x 1)             (1)

                (b) Verduidelik hoe hierdie tipe verwering plaasvind.          (2 x 2)     (4)

       1.6.4    Skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls om te beskryf hoe
                graniet koepels aan die aardoppervlak te blootgestel word. (4 x 2)        (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2017)

VRAAG 2

2.1    Verwys na FIGUUR 2.1 in verband met moeson toestande oor Indië. Kies die
       korrekte term/woord tussen hakies.

       2.1.1   Die atmosferiese druk oor die Himalaja-gebergtes is (hoog/laag).

       2.1.2   Die (Atlantiese/Indiese) Oseaan word by A aangetref.

       2.1.3   Die (ewenaar/Kreefskeerkring) is die breedtelyn wat by B gevind word.

       2.1.4   (April tot Mei / Junie tot September) is die maande wat deur die kaart
               voorgestel word.

       2.1.5   Die windrigting van die winde by C is (suidwes/noordoos).

       2.1.6   Die gebied tussen B en D is bekend as die (tropiese/middelbreedte)
               streek.

       2.1.7   Moeson-winde bedek die aardoppervlak op ŉ (mikro-/makro-) skaal.

       2.1.8   Die lugbeweging op die kaart veroorsaak (vloede/droogtes).        (8 x 1)    (8)

2.2    Verskaf EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur ŉ woord/term uit
       onderstaande lys te kies. Skryf SLEGS die korrekte term langs die
       vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       mesa; butte; koniese koppie; tektoniese aktiwiteit; basalt plato; grondkruip;
                                 dongaveld; kaprots

       2.2.1   Die beweging en prosesse in die aarde se kors

       2.2.2   Baie ruwe landskap in semi-droë en droë streke

       2.2.3   Die hellings van hierdie landvorm is baie reëlmatig en bestaan uit
       .       konsentriese kontoere wat reëlmatig gespasieer is

       2.2.4   ŉ Hoogliggende area wat duisende meters bokant die aardoppervlakte
               opgelig is

       2.2.5   Platkopberge met ŉ groter hoogte as breedte

       2.2.6   Platkopberge met ŉ groter breedte as hoogte

       2.2.7   Harder en meer weerstandbiedende            rots   wat   die     minder
               weerstandbiedende gesteentes bedek                               (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                          7

2.3    Bestudeer FIGUUR 2.3 wat gebaseer is op ŉ diagram wat warm, droë winde
       oor die Noord-Amerikaanse en Europese kontinente voorstel.

       2.3.1    Verskaf die plaaslike name van die warm, droë winde aangedui deur A
                en B op die verskillende kontinente.                         (2 x 1)         (2)

       2.3.2    Word die nat adiabatiese vervaltempo aan die windkant of lykant
                aangetref?                                               (1 x 1)             (1)

       2.3.3    Verduidelik waarom die wind in gebiede A en B droog is.          (2 x 2)     (4)

       2.3.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die invloed van
                hierdie warm, droë winde op ekonomiese aktiwiteite in die gebiede op
                die kaarte aangedui.                                          (4 x 2)        (8)

2.4    Bestudeer FIGUUR 2.4, gebaseer op ŉ kaart van Suid-Afrika, en ŉ tabel wat
       temperatuur en reënvaldata van geselekteerde stede/dorpe uitbeeld.

       2.4.1    Waarvoor staan die afkorting mT?                                 (1 x 1)     (1)

       2.4.2    Noem die redes waarom die mT lug van Port Nolloth en Durban verskil.
                                                                             (2 x 1)         (2)

       2.4.3    Verduidelik hoe die seestrome langs die wes- en ooskus van Suid-
                Afrika die klimaat van Port Nolloth en Durban onderskeidelik beïnvloed.
                                                                                 (2 x 2)     (4)

       2.4.4    Bespreek hoe die beweging van die ITKS die verskillende Januarie- en
                Julie-temperature van die plekke op die kaart aangedui, beïnvloed.
                                                                               (2 x 2)       (4)

       2.4.5    Gee redes vir die groter temperatuurvariasies van Bloemfontein, in
                vergelyking met die temperatuurvariasies van Port Nolloth en Durban.
                                                                              (2 x 2)        (4)

2.5    Bestudeer FIGUUR 2.5 wat hellende strata voorstel.

       2.5.1    Noem die landvorme A en B.                                       (1 + 1)     (2)

       2.5.2    Eskarpterugwyking sal voorkom by beide landvorme.

                (a) Wat is eskarpterugwyking?                                    (1 x 1)     (1)

                (b) In watter rigting sal eskarpterugwyking (in die diagramme)
                    voorkom?                                              (1 x 1)            (1)

                (c) Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.5.2(b).                  (1 x 2)     (2)

       2.5.3    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor die
                betekenis van beide landvorme (AenB) vir menslike aktiwiteite.
                                                               (4 x 2)                       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2017)

2.6   Verwys na FIGUUR 2.6 wat ŉ tipe massabeweging illustreer.

      2.6.1     Noem die tipe massabeweging wat in die skets geïllustreer word.
                                                                             (1 x 1)     (1)

      2.6.2     Verskaf TWEE bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 2.6.1
                te staaf.                                                 (2 x 1)        (2)

      2.6.3     Verwys na die insetsel by X.

                (a)   Is die bewegingspoed van sandkorrels by X, 15 km per jaar of
                      1 cm per jaar?                                         (1 x 1)     (1)

                (b)   Verduidelik TWEE maniere waarop uitsetting en krimping van
                      grondkorrels kan geskied.                            (2 x 2)       (4)

                (c)   Evalueer hoe die hoeveelheid reënval en hellingsteilte die
                      beweging by X sal beïnvloed.                        (2 x 2)        (4)

      2.6.4     Beskryf TWEE maniere hoe om          hierdie tipe massabeweging te
                verminder of te voorkom.                                    (2 x 2)      (4)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                           9

AFDELING B:          ONTWIKKELING EN NATUURLIKE HULPBRONNE

VRAAG 3

3.1    Kies ŉ term uit KOLOM B wat pas by die beskrywing in KOLOM A. Skryf
       SLEGS die letter (A–I) langs die vraagnommer neer (3.1.1–3.1.8),
       byvoorbeeld 3.1.9 J.

                           KOLOM A                               KOLOM B
       3.1.1    Die ontwikkeling van industrieë in ŉ land   A   Globalisering

       3.1.2    Ekonomiese aktiwiteite waar natuurlike B        Selfversorgend
                hulpbronne direk uit die natuur ontgin word

       3.1.3    Behels die vinnige uitbreiding in die C         Vermenigvuldiger-
                beweging van goedere, dienste, kapitaal,        effek
                idees en mense regoor die wêreld

       3.1.4    Die tipe landbou waar dit wat geproduseer D     Informele sektor
                word deur die boer en sy gesin gebruik
                word

       3.1.5    ŉ Toename in aktiwiteit en belegging in E       Industrialisering
                een area lei tot aktiwiteit en belegging in
                ander areas

       3.1.6    Die ekonomiese aktiwiteit waar die F            Buitelandse
                verskaffing van dienste en handeldryf die       valuta
                vernaamste aktiwiteite is

       3.1.7    Wanneer ŉ land of streek op homself G           Primêre
                staatmaak en nie hulp nodig het uit ander       aktiwiteite
                streke of lande nie

       3.1.8    Hierdie sektor is nie deel van die formele H    Bestaans
                ekonomiese sektor nie, en bestaan
                gewoonlik uit individue wat vir hulself werk

                                                            I   Tersiêre aktiwiteit
                                                                            (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                     GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2017)

3.2 Gebruik FIGUUR 3.2 wat grondvormingsfaktore en grondhorisonne illustreer.
    Beantwoord die vrae hieronder deur die verskaffing van ŉ term/woord uit die
    figuur wat die beste by die beskrywing pas.

     3.2.1   Noem ŉ passiewe grondvormingsfaktor.

     3.2.2   In watter horison kom die moederrots voor?

     3.2.3   Noem die horison wat uit verweerde moedermateriaal bestaan.

     3.2.4   Die horison wat bestaan deur die hulp van ontbinde dier-en
             plantmateriaal.

     3.2.5   Die horison waar uitloging voorkom.

     3.2.6   Die horison wat die tekstuur, minerale samestelling en verweringspoed
             van die grond bepaal.

     3.2.7   Die aktiewe grondvormingfaktor wat die proses van salinasie bepaal.
                                                                            (7 x 1)         (7)

3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, wat aanwysers van ontwikkeling illustreer.

     3.3.1   Waarvoor staan die afkorting MOI?                                   (1 x 1)    (1)

     3.3.2   Naam een van die MOI-aanwysers van ontwikkeling.                    (1 x 1)    (1)

     3.3.3   Verwys na die foto wat Ontwikkelde vs. Ontwikkelende lande aandui en
             die MOI- en GINI-koëffisiëntdata.

             (a)     Pas X en Y by óf ontwikkelde óf ontwikkelende lande
                     onderskeidelik.                               (2 x 2)                  (4)

             (b)     Onderskei duidelik tussen MOI-en GINI-koëffisiëntdata.
                                                                                 (2 x 2)    (4)

     3.3.4   Verduidelik hoe die bevolkingsgroei van ontwikkelende lande ŉ
             negatiewe invloed op ontwikkeling sal hê.               (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                          11

3.4    FIGUUR 3.4 toon ŉ handelsbalanssituasie.

       3.4.1     Definieer die term handelsbalans.                             (1 x 1)     (1)

       3.4.2     Die spotprenttekenaar toon ŉ negatiewe handelsbalans.

                 (a)   Hoekom sou jy saamstem met die stelling dat die
                       handelsbalans negatief is?                (1 x 1)                   (1)

                 (b)   Verskaf TWEE proteksionistiese(beskermings)-beleide wat
                       meer ontwikkelde lande implementeer om invoere te beperk.
                                                                          (2 x 1)          (2)

       3.4.3     Proteksionistiese beleide beperk billike handel. Verduidelik hoe
                 billike handel sukkelende lande kan help om ŉ beter balans in hul
                 handel te hê.                                              (2 x 2)        (4)

       3.4.4     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die belangrikheid
                 van ŉ positiewe handelsbalans vir lande.                  (4 x 2)         (8)

3.5    Bestudeer FIGUUR 3.5, wat data-inligting oor Suid-Afrika se energieverbruik
       en-behoeftes aantoon.

       3.5.1     Watter huishoudelike eenheid verbruik die meeste energie in Suid-
                 Afrika?                                                    (1 x 1)        (1)

       3.5.2     Noem hoe die geprojekteerde bevolking vanaf 2010 tot 2030
                 energieverbruik sal beïnvloed.                      (1 x 1)               (1)

       3.5.3     Beskryf die tendens in die grafiek wat Suid-Afrika se huishoudings
                 met en sonder elektrisiteit illustreer.                     (1 x 2)       (2)

       3.5.4     Verduidelik hoe die inligting in die grafieke die ekonomie van Suid-
                 Afrika nadelig sal beïnvloed.                                 (2 x 2)     (4)

       3.5.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor hoe
                 individue in huishoudings in Suid-Afrika elektrisiteit meer
                 volhoubaar kan gebruik.                                  (4 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2017)

3.6   Verwys na FIGUUR 3.6, ŉ spotprenttekenaar se indruk van die gebruik van
      ŉ konvensionele energiebron.

      3.6.1    Noem die tipe energie wat die nywerhede in die spotprent van
               gebruik maak.                                         (1 x 1)            (1)

      3.6.2    Die vraag wat in die spotprent gevra word, is die teenoorgestelde
               as wat in die nywerhede uitgebeeld word. Staaf hierdie stelling.
                                                                            (1 x 2)     (2)

      3.6.3    Verwys na die gasse by A, wat deur die nywerhede uitgelaat word.

               (a)    Noem EEN tipe gas wat deur die nywerhede uitgelaat word.
                                                                        (1 x 1)         (1)

               (b)    Verklaar TWEE tipes atmosferiese gevolge wat deur hierdie
                      gasse veroorsaak kan word.                        (2 x 1)         (2)

      3.6.4    Verduidelik waarom die antwoord 'ONTKENNING' gepas is.
                                                                            (2 x 2)     (4)

      3.6.5    Ten spyte van die situasie wat in die illustrasie uitgebeeld word, is
               die hulpbron wat gebruik word om energie te genereer nog steeds
               belangrik en noodsaaklik vir Suid-Afrika se ekonomie. Verduidelik
               TWEE redes waarom dit die geval is.                          (2 x 2)     (4)
                                                                                       [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                         13

VRAAG 4

4.1    Ontwikkeling modelle, alhoewel erg gekritiseer, gee ons ŉ idee van die
       ontwikkeling van plekke binne ŉ tydsraamwerk. Kies die ontwikkeling model
       wat die beskrywings hieronder verwys na. Skryf SLEGS een model langs
       die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) neer.

                                        MODELLE

                                    Rostow se model
                                   Kern-periferie model
                              Volhoubare ontwikkelingsmodel

       4.1.1    Hierdie model is uit die afhanklikheids teorie ontwikkel.

       4.1.2    Hierdie model het ŉ ‘onder-na-bo’ eerder as ŉ ‘bo-na-onder’
                benadering tot ontwikkeling.

       4.1.3    Hierdie model is in die 1950's ontwikkel en bestaan uit lineêre
                ontwikkelingstadiums.

       4.1.4    Hierdie model is gebaseer op die idee dat as daar wêreldwye groei
                in rykdom is, slegs die ryker lande voordeel uit hierdie rykdom trek.

       4.1.5    Hierdie model is gebaseer op die Europese ervaring en
                akkommodeer nie ontwikkelende lande se ontwikkeling nie.

       4.1.6    Hierdie model is gebaseer op die feit dat ontwikkeling nie kan
                plaasvind as daar nie ŉ balans tussen ekonomiese, sosiale en
                omgewingsontwikkeling is nie.

       4.1.7    Volgens hierdie model, is ekonomiese groei toegespits op ŉ paar
                gebiede en die minder ontwikkelde gebiede is afhanklik van hierdie
                ontwikkelde sentrums.                                      (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2017)

 4.2   Identifiseer die gebruik van die volgende natuurlike hulpbronne as hernubare
       of nie-hernubare. Skryf slegs hernubare of nie-hernubare langs die
       vraagnommer (4.2.1–4.2.8) neer.

       4.2.1 ŉ Maatskappy wat bio-termiese metodes gebruik om energie te
             genereer.

       4.2.2 ŉ Ystermaatskappy wat geriffelde yster vir dakke maak.

       4.2.3 ŉ Kommersiële boer wat organiese groente kweek.

       4.2.4 ŉ Saagmeule wat hout vir die meubelbedryf sny.
       .

       4.2.5 ŉ Maatskappy wat filters op hul             skoorstene   gebruik   om
             koolstofdioksiedvrystelling te verminder.

       4.2.6 ŉ Mynboumaatskappy wat goud vir die juweliersware-bedryf
             produseer.

       4.2.7 ŉ Petrochemiese maatskappy wat brandstof vir motorvoertuie
             vervaardig.

       4.2.8 ŉ Nutsmaatskappy wat groot hoeveelhede water aan die
             munisipaliteit verskaf.                                        (8 x 1)     (8)

   4. Verwys na FIGUUR 4.3, ŉ uittreksel oor die inisiatief van die Umsizi-
 3    organisasie in gemeenskapsontwikkeling.

       4.3.1 Wat is gemeenskapsontwikkeling?                                (1 x 1)     (1)

       4.3.2 Noem EEN fokus area en EEN doelwit, uit die uittreksel, van die
             gemeenskaps ontwikkeling projekte georganiseer deur Umsizi.
                                                                        (2 x 1)         (2)

       4.3.3 Noem waarom landbouproduksie-opleiding volhoubaar en
             wydverspreid binne die Umsizi-raamwerk is.                     (1 x 2)     (2)

       4.3.4 Verduidelik waarom monitering van gemeenskapsgebaseerde
             projekte belangrik is vir suksesvolle volhoubare ontwikkeling. (2 x 2)     (4)

       4.3.5 Verskaf redes waarom gemeenskapsontwikkeling belangrik vir ŉ
             land se breër ontwikkelingsdoelwitte is.                  (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                         GEOGRAFIE V1                                        15

 4.4    Bestudeer FIGUUR 4.4, wat die uitwerking van hulp op die ontwikkeling van
        Derdewêreldlande illustreer.

        4.4.1        Sou jy die tipe hulp in die illustrasie as bilateraal of multilateraal
                     beskou?                                                        (1 x 1)    (1)

        4.4.2        Verskaf ŉ rede vir jou keuse in VRAAG 4.4.1.                   (1 x 1)    (1)

        4.4.3        Verduidelik waarom die hulp wat verskaf word, onvolhoubaar is,
                     soos dit in die illustrasie uitgebeeld word.           (1 x 2)            (2)

        4.4.4        Drie vorme van hulp, tegniese, voorwaardelike of humanitêre kan aan
                     ontvangerlande voorsien word.

                     (a)   Noem die tipe hulp in die illustrasie uitgebeeld.        (1 x 1)    (1)

                     (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.4(a).                 (1 x 2)    (2)

        4.4.5        In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf hoe hulp ŉ positiewe
                     impak op die ontwikkeling van Derdewêreldlande kan hê.      (4 x 2)       (8)

 4.5    Verwys na FIGUUR 4.5 wat die gebruik van ŉ nie-konvensionele
        energiemetode aantoon.

        4.5.1        Watter nie-konvensionele energie word deur die spotprenttekenaar
                     geïllustreer?                                             (1 x 1)         (1)

        4.5.2        Noem TWEE nadele, in die diagram geïllustreer, van hierdie tipe
                     energie wat opgewek word.                               (2 x 1)           (2)

        4.5.3        Beskryf TWEE voordele van hierdie tipe energie wat opgewek word.
                                                                               (2 x 2)         (4)

        4.5.4        Verwys na die opskrif ‘Vergroen die land’.

                     (a)   Wat word bedoel met die opskrif ‘Vergroen die land’? (1 x 2)        (2)

                     (b)   Verduidelik hoe vergroening van die land tot voordeel van die
                           ekonomie van Suid-Afrika sal wees.                     (3 x 2)      (6)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2017)

 4.6    Bestudeer FIGUUR 4.6 wat die belangrikheid van herwinning en herverbruik
        aantoon.

        4.6.1    Wat word bedoel met volhoubare gebruik van hulpbronne?     (1 x 1)       (1)

        4.6.2    Onderskei tussen herwin en herverbruik.                    (1 x 2)       (2)

        4.6.3    Bespreek hoe herwinning ekonomiese ontwikkeling kan veroorsaak.
                                                                          (2 x 2)         (4)

        4.6.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van
                 herwinning en herverbruik vir omgewingsvolhoubaarheid. (4 x 2)          (8)
                                                                                        [75]

                                                               GROOTTOTAAL:              225

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 memo GR11 NOV 2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-memo-gr11-nov-2017-afrikaans/c234ee46-cdfc-4e5d-87dc-14c463cd9dd7) — Geography · Memo · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEXURE NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annexure-nov2020-afrikaans/e1e5f43f-215e-4aa7-aaaf-ec0b52010a5c) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2020-afrikaans/384423e3-a08d-4e6b-904e-3bd309c19863) — Geography · Memo · 2020 · Afr
- [GEOG-P2 GR11-QP-Afrikaans Vryheid](https://www.hlayiso.com/library/geog-p2-gr11-qp-afrikaans-vryheid/566f5869-acdc-4a17-9971-559ede8abd5d) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [Geography P1 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-geography-2013-national-exemplar-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/ea1538b3-8df1-40aa-9727-485fa49748b9) — Geography · QP · 2013 · Afr
- [GEOG P1 N12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-n12-qp-afr/4827bbe8-9fd3-470b-88a2-00977899d40e) — Geography · QP · 2012 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-watermark/e6324f24-57af-4b23-b2d9-462fb7bb9917) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie/853b0cd2-7ba3-41cc-bed8-c96e88083662) — QP · 2023
- [2730DD VRYHEID Gr11 P2 2023 print Debbie watermark](https://www.hlayiso.com/library/2730dd-vryheid-gr11-p2-2023-print-debbie-watermark/daddea19-5a2d-4856-ae19-2d590275773f) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
