# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/40cd4d00-154d-463b-9acd-892b8172eeac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-qp-nov2019-afr-d/40cd4d00-154d-463b-9acd-892b8172eeac)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2019

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD      3 uur

                               *IGEOGA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.    Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN
                                        punt elk verwag word
                                        (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir
                                        TWEE punte elk verwag word

9.    As woorde/aksiewerkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer
      in ŉ vraag gebruik word, is EENwoord-antwoorde aanvaarbaar.
      As woorde/aksiewerkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer
      Kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ŉ vraag gebruik
      word, word VOLSINNE of frases verwag.
      Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                            GEOGRAFIE V1                                  3

 AFDELING A: KLIMATOLOGIE EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Kies ŉ term in KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM A
       pas. Skryf slegs die letter (A–I) van jou keuse langs die vraagnommer
       (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 J.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
       1.1.1    Die hoek van die aardas soos die aarde        A   omwenteling
                roteer
       1.1.2    Beweging van die aarde rondom die son         B   wentelbaan
       1.1.3    Inkomende sonstraling                         C   ewening
       1.1.4    Die roete wat die aarde rondom die son        D   insolasie
                beweeg
       1.1.5    Bestraling vanaf die aarde                    E   terrestriële radiasie
       1.1.6    As die een halfrond na die son gekantel is F      breedtelyn
                op 21 Desember
       1.1.7    Wanneer nie een van die halfronde na die G        parallellisme
                son of weg vanaf die son gekantel is nie
       1.1.8    Die lyn tussen die ligte en donker helftes    H   sirkel van verligting
                van die aarde
                                                              I   sonstilstand
                                                                                  (8 x 1) (8)

 1.2   Verwys na FIGUUR 1.2 wat hellingelemente toon. Pas die beskrywings
       hieronder by die hellingselemente A, B, C of D. Kies die antwoord en skryf
       slegs die letter A, B, C of D langs die vraagnommers (1.2.1–1.2.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.8 A. Jy mag dieselfde letter meer
       as een keer kies.

       1.2.1    Hierdie hellingelement het gewoonlik ŉ konvekse vorm

       1.2.2    Die steilste hellingelement

       1.2.3    Knakpunte vorm op die basis van hierdie hellingelement

       1.2.4    Die hoek is 40° en min plantegroei kom daarop voor

       1.2.5    Die vorm van die helling element is konkaaf

       1.2.6    Die geleidelike gradiënt van hierdie hangelement is geskik vir boerdery
                en nedersettings

       1.2.7    Hierdie hellingelement staan oor die algemeen bekend as die talus,
                scree of puinhang                                          (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 1.3   FIGUUR 1.3 toon ŉ moesonwind.

       1.3.1   Waarom is ŉ moesonwind ŉ voorbeeld van ŉ streekswind?            (1 x 1)     (1)

       1.3.2   Waarom word daar na moesonwinde as seisoenale winde verwys?
                                                                        (1 x 2)             (2)

       1.3.3   Bespreek die rol wat die Himalaja-gebergtes in die wintermoeson speel.
                                                                              (2 x 2)       (4)

       1.3.4   Hoe ontwikkel die somermoeson?                                   (2 x 2)     (4)

       1.3.5   Verduidelik die negatiewe impak wat die somermoeson op die mense
               van Indië het.                                             (2 x 2)           (4)

 1.4   Verwys na die strokiesprent in FIGUUR 1.4 wat droogte in Kaapstad uitbeeld.

       1.4.1   Wat is ŉ droogte?                                                (1 x 1)     (1)

       1.4.2   Watter bewyse in die strokiesprent stel voor dat Kaapstad ŉ
               hidrologiese en ŉ meteorologiese droogte ervaar?      (2 x 1)                (2)

       1.4.3   Verduidelik hoe ŉ hidrologiese droogte landbou tekorte kan veroorsaak.
                                                                               (2 x 2)      (4)

       1.4.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel moontlike strategieë voor
               wat die munisipaliteit van Kaapstad kan implementeer om te verhoed
               dat Kaapstad in die toekoms watertekorte ervaar.               (4 x 2)       (8)

 1.5   Bestudeer FIGUUR 1.5 A en B wat topografie wat met massiewe
       stollingsgesteentes geassosieer word, illustreer.

       1.5.1   Wat is die verskil tussen intrusiewe en ekstrusiewe stollingsgeteentes?
                                                                                (2 x 1)     (2)

       1.5.2   Identifiseer stollingslandvorme X en Y.                          (2 x 1)     (2)

       1.5.3   Hoe ontstaan landvorm X?                                         (2 x 1)     (2)

       1.5.4   Noem TWEE kenmerke sigbaar in skets A, wat tipies van ŉ batoliet is.
                                                                           (2 x 1)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         GEOGRAFIE V1                                       5

       1.5.5    Verwys na foto B, ŉ koepelvormige landvorm.

                (a)   Watter tipe stollingsgesteente is kenmerkend van hierdie
                      koepelvormige landvorm?                          (1 x 1)                    (1)

                (b)   Is hierdie koepelvormige landvorm ŉ voorbeeld van ŉ intrusiewe
                      of ekstrusiewe stollingsgesteente?                      (1 x 1)             (1)

                (c)   Noem die tipe verwering wat op hierdie koepelvormige landvorm
                      voorkom.                                                (1 x 1)             (1)

                (d)   Verduidelik hoe hierdie koepelvormige landvorm ontstaan het.
                                                                              (2 x 2)             (4)

 1.6   FIGUUR 1.6 toon hellingterugtrekking wat ŉ teorie van hellingontwikkeling is.

       1.6.1    Noem die Suid-Afrikaner wat          die   teorie   van   helling/parallel-
                terugtrekking geformuleer het.                                     (1 x 1)        (1)

       1.6.2    Gee bewyse om voor te stel dat die teorie van helling/parallel-
                terugtrekking op die skets aangetoon word.             (2 x 1)                    (2)

       1.6.3    Bespreek die rol wat ŉ verskil in klimaat kan speel in die bepaling van
                die verskillende teorieë van hellingontwikkeling.                (2 x 2)          (4)

       1.6.4    Skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls om te verduidelik hoe die
                teorie van hellingafname met die teorie van hellingterugtrekking verskil.
                                                                                  (4 x 2)      (8)
                                                                                              [75]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GEOGRAFIE V1                                 (EC/NOVEMBER 2019)

VRAAG 2

2.1 Kies ŉ term in KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM A
    pas. Skryf slegs die letter (A–H) van jou keuse langs die vraagnommer
    (2.1.1–2.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 J.

                           KOLOM A                                   KOLOM B
     2.1.1   Hierdie krag deflekteer winde na links in die    A     verwoestyning
             suidelike halfrond

     2.1.2   Dit is ŉ teoretiese wind wat die resultaat van   B     Mediterreens
             ŉ presiese balans tussen twee kragte is

     2.1.3   ŉ Warme, droë wind, wat by die                   C     woestyn
             Rotsgebergtes van Amerika daal

     2.1.4   Warm, droë somers en koel, nat winters           D     coriolis
             beskryf hierdie klimaatstreek

     2.1.5   Word deur menslike aktiwiteite en                E     drukgradiënt
             klimaatverandering veroorsaak

     2.1.6   Die krag wat veroorsaak dat lug vanaf ŉ          F     Chinook
             hoogdruk na ŉ laagdruk beweeg

     2.1.7   Hoë daaglikse temperatuurspeling, met baie       G     Savannah
             min reënval beskryf hierdie klimaatstreek

                                                              H     geostrofies
                                                                                  (7 x 1)    (7)

2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat ŉ cuesta en ŉ hogsback illustreer. Pas elk van die
    onderstaande beskrywings by skets A of B.

     2.2.1   Kan in ŉ koepel of bekken vorm

     2.2.2   Dit het ŉ steil eskarphelling en ŉ geleidelike duikhelling

     2.2.3   Die eskarphelling is meer as 45°

     2.2.4   Dit is ŉ geskikte ligging vir damme

     2.2.5   ŉ Voorbeeld van hierdie rug kan by Alice in die Oos-Kaap gevind word

     2.2.6   Die geleidelike duikhelling kan vir boerdery gebruik word

     2.2.7   Bestaan uit steil skuins rotslae

     2.2.8   Gevorm deur geleidelik gekantelde rotslae                            (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        GEOGRAFIE V1                                    7

 2.3   Bestudeer FIGUUR 2.3 wat met die El Niño -gebeurtenis verband hou.

       2.3.1    Wat is die El Niño-gebeurtenis?                               (1 x 1)     (1)

       2.3.2    Noem die volgende vanaf die sketse:

                (a)   Die globale winde by A.                                 (1 x 1)     (1)

                (b)   Die lugsirkulasie-sel by B.                             (1 x 1)     (1)

       2.3.3    Verduidelik hoe die El-Niño-gebeurtenis ontwikkel.            (2 x 2)     (4)

       2.3.4    Bespreek die invloed van die koue water by C op die vissery-industrie
                van die weskus van Suid-Amerika.                              (2 x 2)     (4)

       2.3.5    Beskryf hoe die El-Niño-gebeurtenis die akkerbou aan die oostelike
                dele van Australië beïnvloed.                              (2 x 2)        (4)

 2.4   FIGUUR 2.4 toon ŉ diagram van die driesel-rangskikking.

       2.4.1    Wat is globale winde?                                         (1 x 1)     (1)

       2.4.2    Noem die verhouding tussen globale winde en die driesel-
                rangskikking.                                    (1 x 2)                  (2)

       2.4.3    Bespreek hoe corioliskrag die horisontale beweging in die skets
                affekteer.                                               (2 x 2)          (4)

       2.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf hoe die sirkulerende
                selle tussen die ewenaar en die pole ontwikkel.               (4 x 2)     (8)

 2.5   Bestudeer FIGUUR 2.5, ŉ foto van rotsstortings wat ŉ tipe massabeweging
       is.

       2.5.1    Wat is massabeweging?                                         (1 x 1)     (1)

       2.5.2    Noem enige EEN faktor sigbaar op die foto wat massabeweging
                bevorder.                                            (1 x 1)              (1)

       2.5.3    Watter bewyse op die foto dui aan dat rotsstortings voorgekom het?
                                                                            (1 x 1)       (1)

       2.5.4    Hoe verskil rotsstortings van grondverskuiwings met betrekking tot
                die bewegingspoed?                                         (1 x 2)        (2)

       2.5.5    Stel TWEE redes voor waarom rotsstortings as gevaarlik vir menslike
                aktiwiteite beskou word.                                     (2 x 2)      (4)

       2.5.6    Bespreek strategieë wat geïmplementeer kan word om die effek van
                rotsstortings te verminder.                               (3 x 2)         (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

 2.6   FIGUUR 2.6 toon twee verskynsels van die Karoo-landskap wat met
       horisontaalliggende gesteentes geassosieer word.

       2.6.1   Pas die tipes Karoo-landskap (butte en mesa) by die volgende
               stellings:

               (a) Plat kruin het ŉ groter breedte as hoogte                (1 x 1)     (1)

               (b) Plat kruin het ŉ groter hoogte as breedte                (1 x 1)     (1)

       2.6.2   Waarom het beide hierdie landvorme steil, konkawe hellings? (1 x 1)      (1)

       2.6.3   Beskryf die kaprots van hierdie landskappe.                  (1 x 2)     (2)

       2.6.4   Verduidelik die betekenis van die kaprots op hierdie landskappe.
                                                                            (1 x 2)     (2)

       2.6.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe topografie
               geassosieer met horisontaalliggende gesteentes voordelig en ook ŉ
               struikelblok vir menslike aktiwiteit kan wees.             (4 x 2)       (8)
                                                                                       [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        GEOGRAFIE V1                                      9

AFDELING B:          ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE EN HULPBRONNE EN
                     VOLHOUBAARHEID
VRAAG 3
3.1 Pas die onderstaande ontwikkelingsmodelle by die beskrywing wat daarop volg.
    Kies die antwoord en skryf slegs die naam van die korrekte model langs die
    vraagnommer (3.1.1– 3.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

         KERN-PERIFERIE                 VRYEMARK                 VOLHOUBAARHEID

     3.1.1      Hierdie model sluit die ekonomie, gemeenskap en omgewing in
     3.1.2      Friedman het hierdie model ontwikkel en dit kan op verskillende skale
                toegepas word
     3.1.3      Lande moet deur vyf fases van ontwikkeling in hierdie model gaan
     3.1.4      Hoë massaverbruik word gesien as die uiteindelike doelwit van hierdie
                model
     3.1.5      Hierdie model is miskien die mees inklusiewe van al drie modelle
                deesdae
     3.1.6      ŉ Hoofstad met ŉ hawe en industrieë is sentraal in hierdie model

     3.1.7      Modernisering en kapitalisme is kenmerkend van hierdie model
     3.1.8      Een van die veronderstelde sterk punte van hierdie model is dat
                ekonomiese ontwikkeling sal versprei                     (8 x 1)                (8)
3.2 Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
    die letter (A–H) van jou keuse langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
    ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.8 J.

                          KOLOM A                                   KOLOM B
     3.2.1    Kan nie vervang word as uitgeput is nie        A     Kioto-protokol
     3.2.2    ŉ Tipe besoedeling wat plantlewe kan           B     hulpbron
              verswak of doodmaak
     3.2.3    ŉ Mineraal wat gebruik word om kernkrag        C     nie-hernieubaar
              op te wek
     3.2.4    Water, lug en sonenergie is voorbeelde van     D     hernieubaar
              hierdie tipe hulpbron
     3.2.5    Hoeveelheid koolstofdioksied wat deur ŉ        E     radio-aktiewe afval
              persoon in die atmosfeer vrygestel word
     3.2.6    ŉ Ooreenkoms om die aantal                     F     koolstofvoetspoor
              kweekhuisgasse te verminder
     3.2.7    Materiaal of ŉ produk wat mense nuttig vind    G     uraan

                                                             H     suurrreën
                                                                                 (7 x 1)        (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                             (EC/NOVEMBER 2019)

3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 wat ŉ spotprent oor ontwikkelingshulp aantoon.

     3.3.1   Wat is ontwikkelingshulp?                                        (1 x 1)     (1)

     3.3.2   Noem enige vorm van ontwikkeling wat tussen lande uitgeruil kan word.
                                                                              (1 x 1)     (1)

     3.3.3   Verteenwoordig die man by A 'n ontwikkelde land (MDC) of 'n
             ontwikkelende land (LDC)?                            (1 x 1)                 (1)

     3.3.4   Stel ŉ moontlike rede vir jou antwoord by VRAAG 3.3.3 voor.      (2 x 1)     (2)

     3.3.5   Bespreek waarom hierdie strokiesprent ŉ voorbeeld van voorwaardelike
             ontwikkelingshulp is.                                        (1 x 2)         (2)

     3.3.6   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom tegniese
             ontwikkelingshulp meer voordele vir ontwikkelende lande (LDC) inhou.
                                                                              (4 x 2)     (8)

3.4 FIGUUR 3.4 is ŉ infografika wat die afhanklikheid van Sub-Sahara lande op
    Chinese handel, aantoon.

     3.4.1   Definieer die term uitvoer-gedrewe ontwikkeling.                 (1 x 1)     (1)

     3.4.2   Wat word meestal deur China ...

             (a)      vanaf sub-Sahara Afrika ingevoer?                       (1 x 1)     (1)

             (b)      na sub-Sahara Afrika uitgevoer?                         (1 x 1)     (1)

     3.4.3   Lewer kommentaar oor die verhouding tussen Suid-Soedan en Angola
             aangaande hulle handelsblootstelling aan China.           (1 x 2)            (2)

     3.4.4   Beskryf die handelsverhouding tussen sub-Sahara Afrika en China in
             2010 en 2016 onderskeidelik.                               (2 x 2)           (4)

     3.4.5   Verduidelik hoe invoervervanging (ontwikkeling van industrieë) die
             plaaslike ekonomie van sub-Sahara lande sal bevoordeel.     (3 x 2)          (6)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                        GEOGRAFIE V1                                  11

 3.5   Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5 wat na Eskom en beurtkrag verwys.

       3.5.1    Wat is beurtkrag?                                             (1 x 1)        (1)

       3.5.2    Volgens die uittreksel, stel TWEE moontlike oorsake van beurtkrag
                voor.                                                      (2 x 1)           (2)

       3.5.3    Hoe benadeel die kragstasies (foto) die omgewing?             (2 x 2)        (4)

       3.5.4    Waarom is Suid-Afrika so afhanklik van steenkool as ŉ vorm van
                elektrisiteit?                                           (2 x 2)             (4)

       3.5.5    Verduidelik waarom die vermindering van die land se
                steenkoolafhanklikheid ŉ negatiewe uitwerking op die ekonomie sal hê.
                                                                              (2 x 2)        (4)

 3.6   FIGUUR 3.6 toon illustrasies oor grondbewaring.

       3.6.1    Wat is gronderosie?                                           (1 x 1)        (1)

       3.6.2    Noem die strategieë wat gebruik word om gronderosie by A en B te
                verminder.                                                (2 x 1)            (2)

       3.6.3    Verduidelik hoe die roterende strategie by C sal help om gronderosie
                te verminder.                                                 (2 x 2)        (4)

       3.6.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek redes waarom
                grondbestuur belangrik vir boere is.                   (4 x 2)            (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4

 4.1 Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die
     letter (A–H) van jou keuse langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 J.

                         KOLOM A                               KOLOM B
      4.1.1    ŉ Ekonomiese aanwyser wat lewens-      A      bruto binnelandse
               verwagting en opvoedingsvlak kombineer        produk

      4.1.2    Die totale waarde van alle goedere en   B     betalingbalans
               dienste wat binne ŉ jaar deur ŉ land
               geproduseer word, insluitende
               buitelandse verdienste

      4.1.3    Die indeks wat die mate van             C     handelsbalans
               ongelykheid tussen mans en vroue in ŉ
               land aandui

      4.1.4    Die verhouding tussen die waarde van ŉ D      Gini-koëffisiënt
               land se invoere en uitvoere

      4.1.5    Finansiële opsomming van alle           E     bruto nasionale
               betalings wat deur ŉ land gemaak is           produk

      4.1.6    Die totale waarde van goedere en        F     geslagsgelykheid-
               dienste geproduseer binne die grense          indeks
               van ŉ land in ŉ jaar

      4.1.7    ŉ Ekonomiese aanwyser waar ŉ telling    G    demografiese
               van 1 algehele ongelykheid in ŉ land         aanduider
               aantoon

                                                       H     menslike
                                                             ontwikkelings-
                                                             indeks
                                                                              (7 x 1)   (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                         GEOGRAFIE V1                                   13

 4.2   Verwys na FIGUUR 4.2 oor verskillende nie-konvensionele energiebronne.
       Pas die beskrywings hieronder by een van die energiebronne. Jy mag meer
       as een keer ŉ bron van energie gebruik. Kies die antwoord en skryf slegs die
       korrekte bron van energie langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer.

       4.2.1    Energie wat uit natuurlike organiese materiaal gevorm word

       4.2.2    Hierdie energiebron is onbetroubaar op kalm dae

       4.2.3    Fotovoltaïese panele omskep die son se lig in elektrisiteit

       4.2.4    Energie wat van onder die aardoppervlak afkomstig is

       4.2.5    Hierdie tipe energiebron kan voedseltekorte veroorsaak

       4.2.6    Die Noord-Kaap in Suid-Afrika is een van die beste plekke vir hierdie
                energiebron

       4.2.7    Hierdie energiebron kan akwatiese (water) ekosisteme beskadig

       4.2.8    Die nadeel van hierdie energiebron is dat dit die voëllewe op die
                platteland bedreig                                         (8 x 1)             (8)

 4.3   Bestudeer FIGUUR 4.3 wat ŉ strokiesprent oor handelsverhoudings aantoon.

       4.3.1    Definieer ŉ handelsversperring.                                (1 x 1)         (1)

       4.3.2    Noem TWEE voorbeelde van handelsversperrings.                  (2 x 1)         (2)

       4.3.3    Waarom, dink jy, wil die man by A, ‘Weg met handelsversperrings’
                hê?                                                      (2 x 1)               (2)

       4.3.4    Waarom protesteer die groep mense by B teen die verwydering van
                handelsversperrings?                                     (2 x 1)               (2)

       4.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die positiewe impak
                wat regverdige handel op ŉ ontwikkelende land sal hê.        (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                                 GEOGRAFIE V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

4.4   FIGUUR 4.4 toon globalisering.

      4.4.1   Definieer die term globalisering.                                 (1 x 1)      (1)

      4.4.2   Noem EEN voordeel wat globalisering aan migrante bied.            (1 x 1)      (1)

      4.4.3   (a)     Waarvoor staan die afkorting MNK?                         (1 x 1)      (1)

              (b)     Noem TWEE voorbeelde van MNK’s wat in FIGUUR 4.4
                      uitgebeeld word.                           (2 x 1)                     (2)

              (c)     Lewer kommentaar op die verhouding tussen globalisering en
                      MNK’s.                                               (1 x 2)           (2)

              (d)     Verduidelik hoe ontwikkelende lande voordeel kan trek uit MNK’s
                      wat in hul land gevestig is.                              (2 x 2)      (4)

      4.4.4   Hoe kan die ekonomiese effekte van globalisering die omgewing
              benadeel?                                               (2 x 2)                (4)

4.5   Lees die inligting oor die Groen Ekonomie in FIGUUR 4.5.

      4.5.1   Definieer die term Groen Ekonomie.                                (1 x 1)      (1)

      4.5.2   Lewer kommentaar op die verhouding tussen die Groen Ekonomie en
              volhoubare ontwikkeling.                                 (1 x 2)               (2)

      4.5.3   Bespreek TWEE veranderinge wat in ons huidige gebruik van
              energiebronne geïmplementeer kan word om ons ekonomie groener te
              maak.                                                    (2 x 2)               (4)

      4.5.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
              Departement van Omgewingsake nywerhede kan aanmoedig om deel
              van die Groen Ekonomie te word.                       (4 x 2)                  (8)

4.6   Verwys na FIGUUR 4.6 wat kernkrag as ŉ energiebron illustreer.

      4.6.1   Is kernkrag ŉ voorbeeld van ŉ konvensionele of ŉ nie-konvensionele
              energiebron?                                                (1 x 1)            (1)

      4.6.2   Verskaf ŉ rede vir jou antwoord by VRAAG 4.6.1.                   (1 x 1)      (1)

      4.6.3   Haal bewyse uit die tekenprent aan wat aandui dat die man teen die
              afbreek van die kernkragsentrale gekant is.                 (1 x 1)            (1)

      4.6.4   Onderskei tussen fossielbrandstof en kernkrag aangaande hulle
              kweekhuisgasvrystelling.                               (1 x 2)                 (2)

      4.6.5   Bespreek TWEE redes waarom fossielbrandstof se pryse hoog is.
                                                                         (2 x 2)             (4)

      4.6.6   Verduidelik DRIE voordele vir die ekonomie van ‘n land, wat kernkrag
              gebruik.                                                      (3 x 2)          (6)
                                                                                            [75]

                                                                             TOTAAL:        225

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-qp-nov2019-eng-d/f97f6f86-ffe1-4142-af95-8ad36780b5dd) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR11 ANNEX NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-annex-nov2019-eng-d/65947954-ae71-40be-87b6-acceb58718aa) — Geography · Addendum · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR11 MEMO NOV2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-memo-nov2019-eng-d/5be3e735-c58f-48a0-90f0-7cdf73d7faf1) — Geography · Memo · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-qp-nov-2019-eng-d/d378197d-fa0c-4e78-a632-880b41409ee5) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 QP NOV 2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-qp-nov-2019-afr-d/c63a2a0b-220c-4806-9e61-214f2352311e) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography GR 11 Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/geography-gr-11-paper-1/5abb8cdd-8613-461e-861c-fdaec221243d) — Geography · QP · 2019

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 NOV2025 ENGLISH MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-nov2025-english-marking-guideline-watermark/9b7f40b8-89c5-49a9-9b4b-ddaff098de70) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11-nov-2023-english/f52423da-7382-46d7-95f3-acda9a797f0e) — Memo · 2023 · Eng
- [IMG 20231013 WA0020](https://www.hlayiso.com/library/img-20231013-wa0020/f2c2375a-4a33-4c6e-a27d-95cec3c162d9) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
