# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2023 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/ba25195c-aa4f-4fc6-b00e-cb5e6b08e94a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept-2023-afrikaans/ba25195c-aa4f-4fc6-b00e-cb5e6b08e94a)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIORSERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                   SEPTEMBER 2023

                     GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye.

### Page 2

2                                  GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A:
      VRAAG 1: Klimaat en Weer (60)
      VRAAG 2: Geomorfologie (60)

      AFDELING B:
      VRAAG 3: Geografiese Vaardighede en Tegnieke (30)

2.    Beantwoord al DRIE vrae.

3.    ALLE diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe as jy moet noem, benoem, identifiseer of
      moet lys.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (3224BC GRAAFF-REINET (SUID) en ŉ
      1 : 10 000 ortofotokaart (3224 BC 1 GRAAFF-REINET) word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Toon ALLE berekeninge punte sal hiervoor toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2023)                       GEOGRAFIE V1                                    3

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 D.

       1.1.1    ŉ Sone van konstante druk tussen twee siklone of antisiklone staan
                as ŉ ... bekend.

                A       rug
                B       trog
                C       front
                D       saal

       1.1.2    ŉ Noordwestelike wind van 20 knope is sigbaar in …

                A                                  B

                C                                  D

       1.1.3    Antisiklone word geassosieer met ... weerstoestande en ... van lug.

                (i)     onstabiele
                (ii)    stabiel
                (iii)   divergensie
                (iv)    konvergensie

                A       (i) en (iii)
                B       (i) en (iv)
                C       (ii) en (iii)
                D       (ii) en (iv)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    GEOGRAFIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2023)

     1.1.4   Bergwinde kom voor wanneer daar ŉ ... hoogdruksel en ŉ ... laagdruksel
             teenwoordig is.

             (i)     Kalahari
             (ii)    Indiese
             (iii)   hitte-
             (iv)    kus-

             A       (i) en (iii)
             B       (i) en (iv)
             C       (ii) en (iii)
             D       (ii) en (iv)

     1.1.5   Die hoë temperature geassosieer met bergwinde word veroorsaak deur
             ... verhitting en die droë toestande is as gevolg van lug wat van ...
             beweeg.

             (i)     adiabatiese
             (ii)    adveksie
             (iii)   land na see
             (iv)    see na land

             A       (i) en (iii)
             B       (i) en (iv)
             C       (ii) en (iii)
             D       (ii) en (iv)

     1.1.6   Die hoë voginhoud wat verantwoordelike is vir die vorming van lyn-
             donderstorms word deur ... -winde verskaf.

             A       suidweste
             B       noordweste
             C       noordooste
             D       suidooste

     1.1.7   Lyndonderstorms word met die volgende weerstoestande geassosieer:

             A       stortreën; sneeu
             B       orkaanwinde; hael
             C       stortreën; rukwinde
             D       ligte reën; donderweer

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V1                                     5

      1.1.8   Die kuslaag op die kaart hieronder sal eers in ŉ ... rigting en dan in ŉ
              ... rigting beweeg.

                                        [Bron: Eksaminator se eie skets]

              (i)     westelike
              (ii)    oostelike
              (iii)   noordwestelike
              (iv)    noordoostelike

              A       (i) en (iii)
              B       (i) en (iv)
              C       (ii) en (iii)
              D       (ii) en (iv)                                             (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                GEOGRAFIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2023)

1.2    Die volgende vrae is op plaaslike klimaat gebaseer. Kies die korrekte
       woord(e) uit die wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs woord(e) langs
       die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
       Verwys na die onderstaande skets om VRAAG 1.2.1 tot 1.2.4 te
       beantwoord.

                                                 [Aangepas uit online.htsenden.co.za]

       1.2.1 Die wind in die skets is ŉ (anabatiese/katabatiese) wind.
       1.2.2 Helling (A/B) sal die warmer helling wees.
       1.2.3 (Perskes/Lemoene) sal op die valleivloer geplant word.

       1.2.4 Die inversie ontwikkel as gevolg van die verplasing van
             (warme/koue) lug.
       Verwys na die onderstaande foto wat op stedelike klimaat gebaseer is om
       VRAE 1.2.5 tot 1.2.7 te beantwoord.

                                                   [Bron: alarmy.co.za]

       1.2.5 Die studie van klimaat in ŉ stad staan as (makro/mikro) klimaat
             bekend.
       1.2.6 ŉ (Besoedelingskoepel/Hitte-eiland) ontstaan wanneer daar ŉ
             versameling van roet, stof en rook oor die stad voorkom.
       1.2.7 (Kunsmatige oppervlaktes/Stedelike aktiwiteite) is die faktor wat
             bydrae tot hoër temperature oor die stad in die onderstaande foto.
                                                                        (7 x 1)           (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2023)                            GEOGRAFIE V1                                      7

1.3    Verwys na die onderstaande infografika oor middelbreedtesiklone.

                  DWARSPROFIEL                                WEERKAART

                      [Bron: physicalgeography.net]           [Bron: thundereducation.com]
         DUISENDE HUISE IN INFORMELE NEDERSETTINGS IN KAAPSTAD
                             STORMS BESKADIG
       Stortreën en oorstromings het duisende informele strukture in en om
       Kaapstad beskadig, het Ramprisikobestuur Vrydag aangekondig. Die stad
       se metropool is vandeesweek deur swaar reën, stormsterk winde, oop see
       en dalende temperature getref. Die stad het Woensdag oorstromings in
       informele nedersettings en paaie gesien, met reën en donderweer, en
       swaar sneeuval wat in die noordelike en Overberg-streke van die Wes-
       Kaap     aangeteken     is.  Charlotte    Powell,   woordvoerder   van
       ramprisikobestuur, het gesê die reën het aansienlike oorstromings in
       informele nedersettings regoor die stad veroorsaak.

                                                                    [Aangepas uit lol.co.za]

       1.3.1    Volgens die infografika, in watter rigting beweeg die middlebreedte-
                sikloon?                                                      (1 x 1)          (1)

       1.3.2    Waarom ontwikkel cumulonimbuswolke voor die kouefront? (1 x 2)                 (2)

       1.3.3    Waarom verskil die tipe reënval by B van die reënval by A? (1 x 2)             (2)

       Verwys na die weerkaart.

       1.3.4    Gee ŉ bewys dat ŉ warmfront okklusie ontwikkel het.                 (1 x 1)    (1)

       1.3.5    Hoe het die warmfront okklusie ontwikkel?                           (2 x 2)    (4)

       Verwys na die uittreksel.

       1.3.6    Noem EEN element van weer wat volgens die uittreksel met ŉ koue
                front geassosieer word.                                  (1 x 1)               (1)

       1.3.7    Verduidelik hoe die weerstoestande wat verband hou met ŉ
                middelbreedtesikloon die inwoners in die informele nedersettings
                negatief sal beïnvloed.                                  (2 x 2)               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

8                                GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2023)

1.4    Verwys na die skets hieronder wat die pad van tropiese sikloon Freddy
       toon.

                                                [Bron: Snow Report SA Facebook page]

       1.4.1   Hoeveel tropiese siklone het voor FREDDY ontwikkel?           (1 x 1)    (1)

       1.4.2   In watter land het FREDDY die eerste keer land bereik?        (1 x 1)    (1)

       1.4.3   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.2.                   (1 x 1)    (1)

       1.4.4   Waarom het FREDDY tussen die 22ste en die 23ste versterk? (2 x 2)        (4)

       Verwys na X op die satellietbeeld.

       1.4.5   Noem X soos op die satellietbeeld aangedui.                   (1 x 1)    (1)

       1.4.6   Noem EEN weerstoestand van X.                                 (1 x 1)    (1)

       1.4.7   Beskryf die rede vir die weerstoestand wat in VRAAG 1.4.6 genoem
               word.                                                      (1 x 2)       (2)

       1.4.8   Hoe sal die weer rondom X die kus biodiversiteit van Mosambiek
               negatief beïnvloed?                                      (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2023)                       GEOGRAFIE V1                                     9

1.5    Verwys na faktore wat die weer oor Suid-Afrika in die winter beïnvloed.

                                              [Bron: Eksaminator se sketse]

       1.5.1    Identifiseer die TWEE faktore in skets A wat die weer van Suid-
                Afrika beïnvloed.                                        (2 x 1)         (2)

       1.5.2    Hoe beïnvloed die posisie van die Suid-Atlantiese HD die weer van
                die weskus van Suid-Afrika in die winter?                  (2 x 1)       (2)

       1.5.3    Waarom is die Kalahari HD oorheersend oor die land in die winter?
                                                                           (1 x 1)       (1)

       1.5.4    Hoe beïnvloed die dominante Kalahari-hoogdruksel die teen-
                woordigheid van die inversielaag in skets B?        (1 x 2)              (2)

       1.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik hoe die posisie
                van die inversielaag in die winter wolklose en stabiele
                weerstoestande oor die binneland van die land sal meebring.
                                                                           (4 x 2)      (8)
                                                                                       [60]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                              GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y
      of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
      neer, byvoorbeeld 2.1.9 Y.

                         KOLOM A                              KOLOM B
      2.1.1     Riviere wat slegs na swaar reënval    Y   seisoenaal
                in droë gebiede vloei                 Z   episodies
      2.1.2     Sytakke wat teen skerp hoeke          Y   dendrities
                aansluit                              Z   reghoekig
      2.1.3     Faktore wat hoër                      Y   geleidelike helling;
                dreineringsdigtheid beïnvloed             digte plantegroei
                                                      Z   steil helling; min
                                                          plantegroei
      2.1.4     ŉ Fluviale landvorm wat by die punt   Y   delta
                waar die rivier die see binnevloei    Z   gevlegde stroom
                vorm
      2.1.5     Sy-aansig van ŉ rivier van bron tot   Y   dwarsprofiel
                mond                                  Z   lengteprofiel
      2.1.6     ŉ Verskynsel wat met verjonging       Y   windsaal
                verband hou                           Z   gepaarde terrasse
      2.1.7     Daar is watervalle en damme langs     Y   gegradeerd
                die loop van die rivierprofiel        Z   ongegradeerd
      2.1.8     Proses waar die waterskeiding van     Y   abstraksie
                posisie verander                      Z   verjonging
                                                                          (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2023)                         GEOGRAFIE V1                                 11

2.2    Verwys na die skets van ŉ kronkel. Kies die korrekte woord/letter uit daardie
       wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs woord/letter langs die
       vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                                                                [Bron: www.google.com]

       2.2.1    Kronkels vorm gewoonlik in die (bo-/benede-) loop van die rivier.

       2.2.2    Neerlating/Afsetting kom by (A/B) voor.

       2.2.3    Riviervloei is vinnig by (A/B).

       2.2.4    Die rivierkrans sal waarskynlik by (A/B) voorkom.

       2.2.5    B word die (gly-oewer/stoot-oewer) genoem.

       2.2.6    Die kronkellus by A sal waarskynlik tot ŉ (vloedvlakte/hoefystermeer)
                ontwikkel.

       2.2.7    ŉ Kanovaarder (persoon wat ŉ boot roei) sal waarskynlik die oewer
                by (A/B) verkies.                                           (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                                GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

2.3   Verwys na die skets oor watervalle en stroomversnellings.

                                                                [Bron: cfdsupport.com]

      2.3.1    Noem die stadium van die rivier waarin watervalle en
               stroomversnellings vorm.                                       (1 x 1)     (1)

      2.3.2    Identifiseer die tipe vloei by A in die skets.                 (1 x 1)     (1)

      2.3.3    Hoe beïnvloed gradiënt die tipe vloei (jou antwoord op
               VRAAG 2.3.2)?                                                  (1 x 1)     (1)

      2.3.4    Hoe sal minder weerstandbiedende rotslae (sagte rotse) en meer
               weerstandbiedende rotslae (harde rotse) tot die vorming van
               watervalle lei.                                          (2 x 2)           (4)

      2.3.5    Verduidelik hoe die waterval uiteindelik mettertyd stroomop sal
               terugtrek.                                               (2 x 2)           (4)

      2.3.6    Watter impak sal watervalle en stroomversnellings op
               infrastruktuurontwikkeling langs die rivier hê?                (2 x 2)     (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V1                                          13

2.4    Verwys na die skets oor stroomroof.

                                   [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Stream_capture]

       2.4.1    Definieer stroomroof.                                                 (1 x 2)     (2)

       2.4.2    Hoe veroorsaak gradiënt in skets X (verlede) stroomroof?              (1 x 1)     (1)

       2.4.3    Identifiseer die strome by A en B in skets Y nadat stroomroof
                plaasgevind het.                                       (2 x 1)                    (2)

       2.4.4    Hoe sal die fisiese (natuurlike) omgewing deur die stroom by B
                negatief beïnvloed word?                                 (2 x 2)                  (4)

       2.4.5    Verduidelik die fisiese (natuurlike) veranderinge wat stroom A sal
                ondergaan nadat stroomroof plaasgevind het.                 (3 x 2)               (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

14                                GEOGRAFIE V1                                   (EC/SEPTEMBER 2023)

2.5   Verwys na die uittreksel oor opvanggebied en rivierbestuur.

       RIOOLBESOEDELING IN DIE NOORD-KAAP MAAK DIE PROVINSIE SE
               LEWENSBESTAAN DOOD – DIE ORANJERIVIER
      ŉ Noord-Kaapse nie-regeringsorganisasie (NRO) het strafregtelike klagtes
      teen die munisipale bestuurders van 11 dorpe in agt munisipaliteite ingedien
      oor “ongebreidelde” (wydverspreide) rioolbesoedeling wat landbou-uitvoer
      bedreig, die gehalte van drinkwater in die provinsie en die gesondheid en
      lewensbestaan van die dorpe se inwoners.

      “Die enigste lewegewende krag van die hele provinsie is die Oranjerivier en
      dit word besmet (besoedel) met riool,” sê Fritz Bekker, een van die stigters
      van Gariep Watch. Omgewingsmonitering deur Gariep Watch is sedert 2017
      aan die gang. Dit bestuur die enigste chemiese, bakteriologiese en biologiese
      watergehalte databasis aan die benede Vaal- en Oranjerivier.

      Daar is ŉ uitvoerbedryf van R10 miljard stroomaf van hierdie munisipaliteite,
      wat ŉ risiko vir die uitvoerbedryf inhou, waarvan die belangrikste gewasse
      tafeldruiwe en rosyne is. “Dit is nie net die probleem met die uitvoerbedryf nie,
      dit is ook werksgeleenthede wat verlore gaan,” het hy bygevoeg.
                             [Aangepas uit en artikel deur Sheree Benga in die Daily Maverick]

      2.5.1    Volgens die Noord-Kaapse NRO, watter tipe besoedeling raak 11
               dorpe?                                                  (1 x 1)                    (1)

      2.5.2    Noem die primêre ekonomiese aktiwiteit wat in die artikel genoem
               word wat direk deur hierdie tipe besoedeling bedreig word (genoem
               in VRAAG 2.5.1).                                            (1 x 1)                (1)

      2.5.3    Waarom is die Oranjerivier ŉ lewegewende krag vir die ekonomiese
               aktiwiteit wat in VRAAG 2.5.2 genoem word?                 (1 x 1)                 (1)

      2.5.4    Hoekom is rivierbestuur so belangrik in die benede Vaal- en
               Oranjeriviere?                                       (2 x 1)                       (2)

      2.5.5    Noem die ekonomiese impak van swak rivierbestuur in die benede-
               loop van die Vaal- en Oranjerivier?                       (1 x 2)                  (2)

      2.5.6    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls stel volhoubare strategieë
               voor wat geïmplementeer kan word om die gehalte van water in die
               benede Vaal- en Oranjerivier te handhaaf.                 (4 x 2)                  (8)
                                                                                                 [60]

                                                                  TOTAAL AFDELING A              120

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2023)                       GEOGRAFIE V1                                           15

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEID EN TEGNIEKE

                  ALGEMENE INLIGTING OOR GRAAFF-REINET

Koördinate: 32°15′08″S 24°32′26″O

Graaff-Reinet, die hart van die “Groot Karoo” word deur die Camdeboo Nasionale
Park omring in die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika.
Die Sneeuberg bergreeks omring die dorp. Die dorp lê in die hoefysterdraai van die
Sondagsrivier en spog met meer geproklameerde nasionale monumente as enige
ander Suid-Afrikaanse dorp.
In Graaff-Reinet is die somers warm; die winters is kort, koud, droog en winderig; en
dit is meestal wolkloos die hele jaar deur. In die loop van die jaar wissel die
temperatuur gewoonlik van 5 °C tot 33 °C.
Reënval in Graaff-Reinet is seisoenaal. Die maand met die meeste reën is Februarie,
met ŉ gemiddelde reënval van 53 mm en die minste reënval is in Julie, met ŉ
gemiddelde reënval van 13 mm.
                                    [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Graaff-Reinet]

Die volgende Engelse term en hul vertalings word op die topografiese kaart
aangetref:

ENGLISH                           AFRIKAANS
Canal                             Kanaal
Furrow                            Voor
Golf course                       Gholfbaan
Weir                              Studam

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 16

16                                GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2023)

3.1   KAARTWERKVAARDIGHEDE EN BEWERKINGS

      3.1.1    Die totale jaarlikse verandering van die magnetiese deklinasie in 2023
               is ... wes van die ware noorde.

               A     1°07'
               B     25°07'
               C     1°38'
               D     26°45'                                                   (1 x 1)     (1)

      3.1.2    Die onderstaande indeksvelle (kaartverwysings) dui die ligging van
               die huidige kaart van 3224BC Graaff-Reinet (geskakeer), binne die
               32° tot 33° suid breedtegraad en 24° tot 25° lengtegraad aan.

               (a)   Gee die indeksvel (kaartverwysing) van die kaart suidoos van
                     die huidige kaart.                                    (1 x 1)        (1)

               (b)   Verskaf die ruitverwysing (grade (°) en minute (')) van 3324BC
                     GRAAFF-REINET.                                           (2 x 1)     (2)

      3.1.3    Bereken die reguitlynafstand (in meter) van die hoofverkeerpad (R63)
               vanaf F (blok C4) tot G (blok D4). Toon ALLE berekeninge. Punte sal
               vir berekeninge toegeken word.                                (2 x 1)      (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2023)                        GEOGRAFIE V1                                  17

        3.1.4     Verwys na die dwarsprofiele hieronder wat op die ortofotokaart
                  aangetref word.

                  (a)     Watter dwarsprofiel verteenwoordig 1 tot 2 op die
                          ortofotokaart?                              (1 x 1)            (1)

                  (b)     Bepaal die vertikale vergroting (VV) van die dwarsprofiel,
                          indien die vertikale skaal (VS) 1 : 2 000 is. Toon ALLE
                          berekeninge. Punte sal vir berekeninge toegeken word.

                                                          VS
                                               Formule:
                                                          HS
                                                                             (3 x 1)     (3)

 3.2    KAARTINTERPRETASIE

        3.2.1     Die bewyse op die topografiese kaart wat die stelling ondersteun
                  dat reënval seisoenaal in Graaff-Reinet is, is ... en ...

                  (i)     gronderosie
                  (ii)    vore
                  (iii)   nie-standhoudende riviere
                  (iv)    standhoudende riviere

                  A       (i) en (iii)
                  B       (i) en (iv)
                  C       (ii) en (iii)
                  D       (ii) en (iv)                                       (1 x 1)     (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

18                                     GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2023)

      3.2.2    Die hoogliggende gebied H in blok B5, op die topografiese kaart, is
               ŉ ... want dit skei ... van mekaar.

               (i)     waterskeiding
               (ii)    interfluviale skeiding
               (iii)   sytakke
               (iv)    dreineringsbekkens

               A       (i) en (iii)
               B       (i) en (iv)
               C       (ii) en (iii)
               D       (iii) en (iv)                                          (1 x 1)      (1)

      3.2.3    Verwys na die vallei by J in blokke B4/B5.

               (a)     Watter helling (X of Y) is warmer?                     (1 x 1)      (1)

               (b)     Gee rede vir jou keuse by VRAAG 3.2.3(a).              (1 x 2)      (2)

               (c)     Hoe veroorsaak die hellings katabatiese winde gedurende die
                       nag in die vallei?                                  (1 x 2)         (2)

      3.2.4    Verwys na helling 3 op die ortofotokaart.

               (a)     Noem helling 3 van die ‘hoefysterdraai’ (meander) van die
                       Sondagsrivier.                                     (1 x 1)          (1)

               (b)     Verduidelik die fluviale proses wat by helling 3 oorheers.
                                                                              (1 x 2)      (2)

      3.2.5    Verwys na die topografiese kaart.

               (a)     Identifiseer die dominante dreineringspatroon in blokke B1/2
                       en C1/2.                                              (1 x 1)       (1)

               (b)     Waarom het die patroon (antwoord op VRAAG 3.2.5(a)) in die
                       gebied ontwikkel?                                 (1 x 1)           (1)

 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na area 4, op die ortofotokaart, wat gebuffer is.

      3.3.1    Wat is ŉ buffersone/area?                                      (1 x 2)      (2)

      3.3.2    Noem die tipe vektordata wat gebruik is om die rivier te buffer,
               aangedui met letter 4.                                   (1 x 1)            (1)

      3.3.3    Wat is die omgewingsbelang om die buffersone aangedui met letter
               4 te hê?                                                (1 x 2)             (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2023)                      GEOGRAFIE V1                                19

        Verwys na die omsingelde gebied L op die topografiese kaart.

        3.3.4    Die omsingelde gebied L ervaar ŉ veldbrand en die owerhede
                 gebruik afstandwaarneming om die veldbrand te help bestuur.

                 (a)   Noem EEN komponent van GIS wat gebruik word om inligting
                       oor die veldbrand in te samel.                   (1 x 1)      (1)

                 (b)   Hoe sal afstandswaarneming die owerhede help om die
                       veldbrand in die omsingelde gebied te bestuur? (1 x 2)       (2)
                                                                                   [30]

                                                        TOTAAL AFDELING B:           30
                                                            GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
