# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2016

                        GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                                 *GEOGA1*

           Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye en ŉ 9 bladsy-bylaag.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte.

3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

4.    Nommer vrae die volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn.

5.    Laat ŉ lyn tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word, oop.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet nie in die kantlyn van die ATWOORDEBOEK skryf nie.

8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar nodig.

9.    Puntetoekenning is soos volg:     (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir
                                        EEN punt elk vereis word
                                        (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir
                                        TWEE punte elk vereis word.

10.   Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf,
      Klassifiseer in ŉ vraag gebruik word, is EEN woord antwoorde
      aanvaarbaar. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Bespreek,
      Definieer, Verduidelik, Lewer kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel
      voor en Staaf in ŉ vraag gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag.
      Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                     GEOGRAFIE V1                                        3

AFDELING A:           KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1    FIGUUR 1.1 toon ŉ grafiek van die atmosferiese verandering wat plaasvind
       soos ŉ tropiese sikloon oor ŉ gebied beweeg. Verskeie opsies word as
       moontlike antwoorde vir die onderstaande meervoudigekeuse-vrae verskaf.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 C.

       1.1.1      Lugdruk word in … gemeet.

                  A     millimeter
                  B     millibaar
                  C     grade celsius
                  D     kilometer per uur

       1.1.2      In hoeveel uur sal ŉ persoon, wat by punt Y staan, die oog van die
                  tropiese sikloon ervaar?

                  A     12
                  B     24
                  C     36
                  D     48

       1.1.3      Die winde wat verantwoordelik is vir die beweging van die tropiese
                  sikloon, is ... -winde.

                  A     passaat
                  B     weste
                  C     berg
                  D     polêre

       1.1.4      Watter sinoptiese weerkaart simbool illustreer die area by X?

                  A

                  B

                  C

                  D

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2016)

       1.1.5    Die wolke wat die gebied by ongeveer 25 uur sal domineer soos die
                sisteem in ŉ westelike rigting beweeg, is … -wolke.

                A     cumulonimbus
                B     cumulus
                C     stratus
                D     nimbostratus

       1.1.6    Die ontwikkeling van tropiese siklone is moontlik tussen die
                volgende breedtes.

                A      0° ─ 5° noord en suid van die ewenaar
                B     60° ─ 90° noord en suid van die ewenaar
                C     15° ─ 20° noord en suid van die ewenaar
                D     35° ─ 55° noord en suid van die ewenaar

       1.1.7    Die temperatuurverskil tussen 21 uur en 24 uur is ongeveer …

                A     25 °C.
                B     10 °C.
                C     5 °C.
                D     15 °C.

       1.1.8    Watter stelling is ŉ kenmerk van die ontbindingsstadium van die
                weersisteem?

                A     Temperatuur neem toe
                B     Windspoed neem toe
                C     Reënval neem toe
                D     Druk neem toe
                                                                                 (8 x 1)    (8)

1.2    Verwys na FIGUUR 1.2, wat TWEE rivierprofiele, A-B en C-D aantoon. Kies
       die korrekte antwoord tussen hakies verskaf om elke stelling WAAR te maak.

       1.2.1    (A-B/C-D) verteenwoordig ŉ rivierprofiel waar erosie oor die
                algemeen meer as deponering is.

       1.2.2    Die (waterval/see) verteenwoordig die uiteindelike/permanente
                basis van erosie.

       1.2.3    Laminêre vloei sal in die (F/H) loop van die rivier domineer.

       1.2.4    Die (G/H) loop het ŉ U-vormige riviervallei.

       1.2.5    Stroomversnellings word oor die algemeen in die (F/G) loop van die
                rivier aangetref.

       1.2.6    Die lengteprofiel (A-B/C-D) wys ŉ rivier in ekwilibrium.

       1.2.7    Onder gunstige toestande sal (alluviale waaiers/deltas) by E
                ontwikkel.                                              (7 x 1)             (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    GEOGRAFIE V1                                          5

1.3    Bestudeer FIGUUR 1.3 wat ŉ satellietbeeld en ŉ koerantartikel toon en
       beantwoord die volgende vrae.

       1.3.1     Wat word met die term ‘hittegolf’ bedoel?                     (1 x 1)    (1)

       1.3.2     Benoem die hoogdruksisteem waarvan in die artikel melding
                 gemaak word.                                       (1 x 1)               (1)

       1.3.3     Verduidelik hoe die satellietbeeld die impak van die
                 hoogdruksisteem uitbeeld.                                     (1 x 2)    (2)

       1.3.4     Bespreek hoe die volgehoue atmosferiese toestande tot die
                 ontstaan van veldbrande mag bydra.                 (2 x 2)               (4)

       1.3.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
                 veldbrande op die mense van die binneland van Suid-Afrika sal het.
                                                                            (4 x 2)       (8)

1.4    Verwys na FIGUUR 1.4 wat ŉ foto van mis in ŉ vallei voorstel en beantwoord
       die volgende vrae.

       1.4.1     Noem die tipe mis wat in die vallei gevorm het.               (1 x 1)    (1)

       1.4.2     Gedurende watter tyd van die dag is die foto heelwaarskynlik
                 geneem?                                              (1 x 1)             (1)

       1.4.3     Verskaf EEN rede vir jou antwoord by VRAAG 1.4.2.             (1 x 2)    (2)

       1.4.4     Verskaf TWEE atmosferiese toestande wat bevorderlik vir die
                 vorming van die tipe mis, waarvan in VRAAG 1.4.1 melding gemaak
                 is.                                                       (2 x 2)        (4)

       1.4.5     Verduidelik die rol wat katabatiese winde in die vorming van die tipe
                 mis, waarvan in VRAAG 1.4.1 melding gemaak word, speel. (2 x 2)          (4)

       1.4.6     Verskaf EEN positiewe impak wat hierdie mis, sigbaar op die foto,
                 op die mense wat in die vallei lewe, sal het.             (1 x 2)        (2)

1.5    Verwys na FIGUUR 1.5 wat twee dreineringsbekkens met verskillende
       stroomordes aantoon.

       1.5.1     Verskaf die geografiese term wat gebruik word om die volgende
                 hoogliggende areas te beskryf:

                 (a)    P tussen twee verskillende dreineringsbekkens          (1 x 1)    (1)

                 (b)    Q tussen twee sytakke in dieselfde dreineringsbekken
                                                                               (1 x 1)    (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2016)

       1.5.2    Watter bewys in FIGUUR 1.5 stel voor dat beide riviersisteme vloei
                oor gesteentes wat eenvormig weerstandbiedend teen erosie is.
                                                                           (1 x 2)      (2)

       1.5.3    Waarom kan daar gesê word dat dreineringsbekken T ŉ hoër
                dreineringsdigtheid as dreineringsbekken S het?    (1 x 2)              (2)

       1.5.4    Met verwysing na FIGUUR 1.5, beskryf die verhouding tussen
                dreineringsdigtheid en die hoogste stroomorde in ŉ dreinerings-
                bekken.                                                     (1 x 2)     (2)

       1.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik enige TWEE
                faktore wat kon veroorsaak het dat dreineringsbekken T ŉ hoër
                stroomorde as dreineringsbekken S het.                   (4 x 2)        (8)

1.6    Bestudeer die diagramme in FIGUUR 1.6, wat die proses van verjonging
       uitbeeld en beantwoord die vrae wat volg.

       1.6.1    Definieer die term verjonging.                              (1 x 1)     (1)

       1.6.2    Identifiseer die onderskeie verskynsels A en B wat met verjonging
                geassosieer word.                                          (2 x 1)      (2)

       1.6.3    Wat sal oor tyd met die posisie van landvorm B in die loop van die
                rivier gebeur?                                              (1 x 1)     (1)

       1.6.4    Verduidelik die posisionele verandering van landvorm B soos
                melding gemaak in VRAAG 1.6.3.                        (2 x 2)           (4)

       1.6.5    Noem EEN negatiewe impak van verjonging op boerdery-aktiwiteite
                stroomaf vanaf B.                                      (1 x 2)          (2)

       1.6.6    Evalueer die ekonomiese belangrikheid van verskynsel B na
                verjonging.                                          (2 x 2)           (4)
                                                                                      [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                     GEOGRAFIE V1                                               7

VRAAG 2

2.1    FIGUUR 2.1 illustreer ŉ middelbreedte sikloon in die okklusie-stadium. Kies
       die korrekte antwoord, uit die opsies tussen hakies verskaf, om elke stelling
       WAAR te maak.

       2.1.1     Die temperatuur by B word deur (weste/polêre) winde beïnvloed.

       2.1.2     Die gebied by C staan as die (koue/warm) sektor bekend.

       2.1.3     Hierdie weersisteem beweeg in ŉ (oos na westelike/wes na
                 oostelike) rigting.

       2.1.4     Die weerstasies 1 tot 3 by (D/E) illustreer die rigting waarin die wind
                 sal verander soos G oor die gebied beweeg.

       2.1.5     Die verandering van die windrigting waarvan melding in
                 VRAAG 2.1.4 gemaak word, staan as (ruiming/krimping) bekend.

       2.1.6     (Cumulonimbus/Nimbostratus) -wolke sal by F ontwikkel.

       2.1.7     Die geïllustreerde okklusie is ŉ (koue/warm) front okklusie.
                                                                                  (7 x 1)    (7)

2.2    FIGUUR 2.2 toon die verskynsels nadat stroomroof plaasgevind het. Na
       watter letter op die skets verwys die volgende beskrywings? Skryf SLEGS
       die letter (A–E) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.8) neer, bv. 2.2.9 F.
       LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys.

       2.2.1     Die verskynsel wat die dreineringsbekkens skei

       2.2.2     Die stroom wat verjonging sal ondergaan

       2.2.3     Die plek waar ŉ waterval mag ontwikkel

       2.2.4     Die gebied waar die vallei te groot is vir die rivier wat daarin vloei

       2.2.5     Die plek waar stroomroof plaasgevind het

       2.2.6     Die stroom wat van sy water geroof word

       2.2.7     Die stroom wat oor ŉ steil gebied vloei

       2.2.8     Die gebied waar riviergruis waargeneem kan word                  (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

2.3   Verwys na FIGUUR 2.3, wat die weerstoestande gedurende ŉ betrokke
      seisoen in Suid-Afrika uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

      2.3.1     Watter seisoen word deur FIGUUR 2.3 uitgebeeld?                (1 x 1)     (1)

      2.3.2     Verskaf EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 2.3.1.              (1 x 1)     (1)

      2.3.3     Identifiseer die hoogdruksel by P.                             (1 x 1)     (1)

      2.3.4     Onderskei tussen die twee lugmassas X en Y onderskeidelik in
                terme van hulle voginhoud en temperature.            (2 x 2)               (4)

      2.3.5     Verduidelik waarom lyndonderstorms by Q op die plato sal
                ontwikkel.                                        (2 x 2)                  (4)

      2.3.6     Evalueer die negatiewe impak wat lyndonderstorms op boerdery-
                aktiwiteite op die plato mag het.                      (2 x 2)             (4)

2.4   ‘n Foto van besoedeling word in FIGUUR 2.4 getoon. Verwys na die foto
      wanneer die volgende vrae beantwoord word.

      2.4.1     Definieer die term besoedelingskoepel.                         (1 x 1)     (1)

      2.4.2     Die besoedelingskoepel sal suurreën oor die stad veroorsaak.
                Verduidelik hoe die suurreën die plantegroei by A, sowel as die
                geboustrukture by B, onderskeidelik sal affekteer.       (2 x 2)           (4)

      2.4.3     Stel voor hoe motorvervaardigers kan help om die
                besoedelingskoepel oor die stedelike gebied te verminder. (1 x 2)          (2)

      2.4.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik met redes hoe
                die besoedelingskonsentrasies vanaf 06h00 tot 18h00 op die
                aardoppervlakte sal verander.                             (4 x 2)          (8)

2.5   Bestudeer die sketse in FIGUUR 2.5 wat dreineringspatrone uitbeeld en
      beantwoord die volgende vrae.

      2.5.1     Identifiseer die dreineringspatrone wat deur die onderskeie sketse
                by A en B uitgebeeld word.                                  (2 x 1)        (2)

      2.5.2     Identifiseer die landvorm wat by C ontwikkel, waar die rivier deur die
                rug sny.                                                       (1 x 1)     (1)

      2.5.3     Bespreek hoe die landvorm wat in VRAAG 2.5.2 geïdentifiseer is,
                vir mense van nut kan wees.                             (2 x 2)            (4)

      2.5.4     Verduidelik waarom dreineringspatroon by B ouer is as die
                plooiberge op die skets.                           (1 x 2)                 (2)

      2.5.5     Waarom is dit moontlik vir beide riviere in hierdie dreinerings-
                patrone om hulle loop te behou?                          (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    GEOGRAFIE V1                                          9

2.6    Lees die koerantartikel met die opskrif, ‘Die impak van die mens op die
       waterkwaliteit in die Oranje-Senqu rivierbekken’ in FIGUUR 2.6 en
       beantwoord die volgende vrae.

       2.6.1     Wat is ŉ waterskaars land?                                    (1 x 1)    (1)

       2.6.2     Haal TWEE redes uit die koerantartikel aan, waarom water meer
                 gereeld in die Oranje-Senqu rivierbekken hergebruik moet word.
                                                                           (2 x 1)        (2)

       2.6.3     Verskaf TWEE redes waarom die Senqu riviersisteem hoë kwaliteit
                 varswater tot die Oranje-Senqu rivierbekken verskaf.   (2 x 1)           (2)

       2.6.4     Bespreek die negatiewe impak van verhoogde kommersiële
                 landbou op die waterkwaliteit van die Oranjerivier dreinerings-
                 bekken.                                                      (2 x 2)     (4)

       2.6.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verskaf volhoubare
                 strategieë wat deur die regering geïmplementeer kan word om hoë
                 kwaliteit waterbeskikbaarheid langs die Oranje-Senqu rivierbekken
                 te verseker.                                                (4 x 2)      (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B:      LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
                 EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit
AFDELING B beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1   FIGUUR 3.1 verteenwoordig verskillende stedelike nedersettings. Verskaf ŉ
      letter vanaf die skets wat die beste by onderstaande beskrywings pas. Skryf
      SLEGS die letter van jou keuse langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) neer
      LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys.

      3.1.1     Die nedersetting wat ŉ voorbeeld van ŉ tipiese deurgangdorp is

      3.1.2     Die nedersetting wat dienste aan          ŉ oorwegende landelike
                gemeenskap verskaf

      3.1.3     Die nedersetting waar een tipe vervoer met ŉ ander tipe vervang word

      3.1.4     Die nedersetting wat ŉ gespesialiseerde dorp voorstel.

      3.1.5     Die nedersetting waar ŉ aansluitingsdorp aangetref kan word

      3.1.6     Die nedersetting wat nooit sirkelvormig sal ontwikkel nie

      3.1.7     Oos-Londen en Port Elizabeth is tipiese voorbeelde van hierdie
                nedersetting                                           (7 x 1)               (7)

3.2   FIGUUR 3.2 is ŉ kaart wat Suid-Afrika se kern nywerheidstreke voorstel, en
      aangedui word deur die letters A tot D. Pas die letters by die onderstaande
      beskrywings.
      LET WEL: Een letter mag na meer as EEN beskrywing verwys.

      3.2.1     Daar is goeie bron van natuurlike watervoorsiening, omdat reënval
                dwarsdeur die jaar in die streek voorkom

      3.2.2     Die streek spog met Koega, die diepste hawe in Suid-Afrika

      3.2.3     Hierdie streek het ŉ Mediterreense klimaat wat aangename
                werkstoestande bevorder

      3.2.4     Goud was die stimulus vir hierdie streek se aanvanklike groei

      3.2.5     Die sout- en motor-industrie maak deel uit van die belangrikste
                nywerheidsaktiwiteite in hierdie streek

      3.2.6     Olie-raffinaderye is in hierdie streek gebaseer omdat die hawe die
                naaste aan die Midde-Ooste is

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                    GEOGRAFIE V1                                         11

       3.2.7     Termiese elektrisiteit is baie duur in hierdie streek, maar kernkrag
                 verminder elektrisiteitspryse

       3.2.8     Hierdie industriële streek is landomringend                    (8 x 1)      (8)

3.3    Bestudeer noukeurig FIGUUR 3.3, ŉ strokiesprent wat ŉ bespreking tussen
       inwoners van ŉ landelike gebied en ŉ ontwikkelaar aantoon, en beantwoord
       die volgende vrae.

       3.3.1     Die mense van die area is huiwerig om die ontwikkelaar te help om
                 die produktiwiteit van die grond te verhoog. Verskaf ŉ rede vir hierdie
                 huiwerigheid.                                                   (1 x 1)     (1)

       3.3.2     Stel TWEE moontlike sosio-ekonomiese toestande van die inwoners
                 van hierdie gebied voor.                                 (2 x 1)            (2)

       3.3.3     Grondhervorming was deur die regering bekend gestel om landelike
                 mense met grondeise te help en die ongeregtighede van die verlede
                 reg te stel.

                 (a)    Noem die grondhervormingsbeleid wat die regering toelaat om
                        onbewoonde grond te koop en dit gelyk op te deel tussen die
                        landelike bevolking.                                 (1 x 1)         (1)

                 (b)    Verduidelik waarom die ontwikkelaar sê dat grond ŉ sleutel is
                        om armoede te beveg.                                  (2 x 2)        (4)

                 (c)    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek maatreëls
                        wat die regering moet implementeer om die grondhervormings-
                        beleide meer effektief te maak.                      (4 x 2)         (8)

3.4    Bestudeer FIGUUR 3.4 wat verkeersopeenhopings voorstel en beantwoord
       die vrae wat volg.

       3.4.1     Identifiseer die dominante stratepatroon sigbaar op die skets. (1 x 1)      (1)

       3.4.2     Verskaf EEN voordeel van die stratepatroon wat in VRAAG 3.4.1
                 geïdentifiseer is.                                     (1 x 1)              (1)

       3.4.3     Verduidelik hoe die stratepatroon, in VRAAG 3.4.1 genoem, tot die
                 verkeersopeenhoping probleem in die geïllustreerde stad bygedra
                 het.                                                      (1 x 2)           (2)

       3.4.4     Bespreek TWEE moontlike oplossings vir die verkeersopeenhopings
                 probleem in die spesifieke stad.                         (2 x 2)            (4)

       3.4.5     Noem EEN impak van verkeersopeenhopings op die infrastruktuur
                 van die geïllustreerde stad.                           (1 x 2)              (2)

       3.4.6     Ondersteun die stelling dat stedelike uitbreiding omgewings-
                 probleme in die geïllustreerde stedelike gebied veroorsaak het.
                                                                               (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2016)

3.5   Verwys na FIGUUR 3.5 wat die handelsdata van Suid-Afrika aantoon om die
      volgende vrae te beantwoord:

      3.5.1     Bereken die persentasie wat grondstowwe bydrae tot Suid-Afrika se
                uitvoere.                                                 (1 x 2)         (2)

      3.5.2     Deur na die data te verwys, verduidelik waarom goud so belangrik vir
                die Suid-Afrikaanse ekonomie is.                            (1 x 2)       (2)

      3.5.3     Analiseer die algemene tendens van Suid-Afrika se uit- en invoere
                van vervaardigde goedere.                                  (1 x 2)        (2)

      3.5.4     Stel redes voor waarom Suid-Afrikaanse vervaardigde goedere die
                gevaar loop om ŉ ekonomiese las in die toekoms te word. (2 x 2)           (4)

      3.5.5     Bespreek hoe ŉ vaardigheidsgedrewe program ŉ meer volhoubare
                vervaardigingsektor sal skep.                          (2 x 2)            (4)

3.6   Bestudeer FIGUUR 3.6, ŉ skets en ŉ uittreksel wat handel oor
      voedselsekerheid en beantwoord die volgende vrae.

      3.6.1     Definieer die term voedselsekerheid.                          (1 x 1)     (1)

      3.6.2     Volgens die skets, noem EEN natuurlike hulpbron wat voedsel-
                sekerheid beïnvloed.                                       (1 x 1)        (1)

      3.6.3     Verduidelik hoe die natuurlike hulpbron in VRAAG 3.6.2 genoem,
                voedselsekerheid beïnvloed.                              (1 x 1)          (1)

      3.6.4     Stel TWEE ekonomiese strategieë voor om voedselsekerheid aan te
                spreek.                                                  (2 x 2)          (4)

      3.6.5     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van
                voedselsekerheid op Suid-Afrika se ekonomiese groeikoers.
                                                                          (4 x 2)        (8)
                                                                                        [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2016)                     GEOGRAFIE V1                                         13

VRAAG 4

4.1   FIGUUR 4.1 toon sommige stoot- en trekfaktore wat vir landelik-stedelike migrasie
      verantwoordelik is. Verskaf die spesifieke faktor waarna die onderstaande beskrywing
      verwys. Skryf SLEGS die letter (A–J) van die faktor langs die vraagnommer
      (4.1.1‒4.1.8) neer, byvoorbeeld 4.1.9 K.

      4.1.1   Mense sal ŉ permanente en bestendige inkomste verdien

      4.1.2   Plase word in een groot boerdery eenheid gemaak

      4.1.3   Tersiêre instansies veroorsaak dat mense migreer

      4.1.4   ŉ Omgewingsprobleem lei tot ŉ afname in produksie

      4.1.5   Werksgeleenthede word deur modern tegnologie beïnvloed

      4.1.6   Instandhouding van die plase word minder volhoubaar.

      4.1.7   Plaaswerkers kan nie hul gesinne met hulle inkomste onderhou nie.

      4.1.8   “Helder liggies” van die area dra by tot die migrasie-proses.         (8 x 1)        (8)

4.2   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die
      letter (A–G) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) neer, byvoorbeeld 4.2.9 H.

                            KOLOM A                                     KOLOM B
      4.2.1   ŉ Makro-ekonomiese raamwerk wat groei,             A   Groeipunte
              werk en herstrukturering sal stimuleer

      4.2.2   Gemik op die bevordering van beleggings in         B   Dekonsentrasie-punte
              streke van Suid-Afrika wat onder ontwikkeld is,
              maar potensiaal vir groei toon

      4.2.3   Nywerheidsontwikkeling was rondom die              C   Industriële
              tuislande gemik                                        ontwikkelingspunte

      4.2.4   Die hoofdoel is om armoede en werkloosheid         D   HOP
              teen 2014 te halveer, asook om gelyke
              indiensneming te versnel

      4.2.5   Industriële ontwikkeling was buite die hoof       E    GEAR
              metropolitaanse gebiede geleë

      4.2.6   ŉ Aanvanklike sosio-ekonomiese program om         F    ROI
              armoede en die tekortkoming in sosiale
              dienste te adresseer

      4.2.7   Industriële ontwikkeling was gedoen in afgeleë    G    Good Hope Plan
              gebiede waar die infrastruktuur in plek is

                                                                H    Asgisa
                                                                                    (7 x 1)        (7)

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2016)

 4.3   Verwys na FIGUUR 4.3, wat ŉ aantal landelike nedersettingpatrone
       uitbeeld, voordat jy die volgende vrae beantwoord.

       4.3.1     Identifiseer die nedersettingspatroon by A.                   (1 x 1)      (1)

       4.3.2     Verskaf EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 4.3.1.             (1 x 2)      (2)

       4.3.3     Verduidelik TWEE faktore wat ŉ rol in die keuse van die standplaas
                 van nedersetting A gespeel het.                             (2 x 2)        (4)

       4.3.4     Die lang afstand tussen nedersettings B en C het beide voor- en
                 nadele vir boere wat in die gebied woon. Staaf hierdie stelling deur
                 EEN voordeel en EEN nadeel te verskaf.                        (2 x 2)      (4)

       4.3.5     Evalueer die positiewe impak van moderne boerdery-tegnieke op
                 die boerdery in hierdie hele landelike gebied.         (2 x 2)             (4)

 4.4   Die foto in FIGUUR 4.4 illustreer ŉ groot probleem wat voorkom in die
       binnestad van groot stedelike gebiede. Gebruik die foto om die volgende
       vrae te beantwoord.

       4.4.1     Identifiseer die stedelike probleem wat deur die foto geïllustreer
                 word.                                                       (1 x 1)        (1)

       4.4.2     In watter grondgebruik sone word hierdie probleem gewoonlik in
                 groot stedelike gebiede aangetref?                     (1 x 1)             (1)

       4.4.3     Noem EEN sosio-ekonomiese probleem wat hier bestaan en die
                 situasie in die geïllustreerde foto, vererger.      (1 x 1)                (1)

       4.4.4     Ten spyte van die swak toestande sigbaar in die foto, is die
                 grondwaardes van die grondgebruiksone waar hierdie foto
                 geneem is, hoog. Verduidelik waarom dit die geval is.       (2 x 2)        (4)

       4.4.5     Hierdie sigbare swak toestande asook die infrastruktuur is ŉ groot
                 probleem vir stedelike beplanners, omdat dit belegging in stede
                 ontmoedig. In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf
                 voorstelle wat jy sal aanbied as deel van ŉ stedelike vernuwings-
                 strategie.                                                  (4 x 2)        (8)

 4.5    Verwys na FIGUUR 4.5, en lees die artikel ‘Uitvoere put SA se
        mielievoorrade uit’ en beantwoord die volgende vrae.

        4.5.1    Haal EEN rede uit die uittreksel aan, waarom Suid-Afrika graan sal
                 moet invoer.                                                (1 x 1)        (1)

        4.5.2    Waarom het wit en geel mielies ŉ gelykbreekpunt bereik?
                                                                               (1 x 1)      (1)

        4.5.3    Noem EEN van Suid-Afrika se hoof internasionale mielie-
                 handelsvennote.                                 (1 x 1)                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)                   GEOGRAFIE V1                                       15

        4.5.4     Bespreek TWEE faktore wat ŉ negatiewe impak op mielie-
                  produksie in Suid-Afrika mag het.              (2 x 2)                 (4)

        4.5.5     Verduidelik waarom dit belangrik vir Suid-Afrikaanse boere is om
                  aan te hou met die uitvoer van mielies, alhoewel die mielie-
                  voorrade baie laag is.                                    (2 x 2)      (4)

        4.5.6     Bespreek hoe ŉ handelstekort van mielies ŉ negatiewe impak op
                  die armste mense in Suid-Afrika sal het.               (2 x 2)         (4)

 4.6    Lees die uittreksel oor die informele ekonomie in FIGUUR 4.6 en
        beantwoord die volgende vrae.

        4.6.1     Noem enige EEN tipe informele aktiwiteit.                 (1 x 1)      (1)

        4.6.2     Verduidelik waarom geleerdes, sowel as praktisyne in die
                  ontwikkelende wêreld die beduidende rol van die informele sektor,
                  erken.                                                    (1 x 2)      (2)

        4.6.3     Verduidelik waarom was dit moontlik vir die informele ekonomie
                  om ‘uit te brei met moderne industriële groei’.         (2 x 2)        (4)

        4.6.4     In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf moontlike
                  negatiewe effekte op die formele ekonomie, as die informele
                  ekonomie nie gereguleer word nie.                    (4 x 2)           (8)
                                                                                        [75]

                                                                 GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 MEMO SEPT2016 Engl](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-memo-sept2016-engl/15ce369f-2328-4724-bb00-797878595d1c) — Geography · Memo · 2016
- [Geo P1 June 2016 Qp (English)](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-june-2016-qp-english/c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-english/163e5499-d825-458c-9f96-f94970355b77) — Geography · QP · 2019 · Eng
- [GEOG P1 GR12 SEPT14 QP Eng adapted](https://www.hlayiso.com/library/geog-p1-gr12-sept14-qp-eng-adapted/ed4de9c8-4a5d-417a-9445-88a8ee28be51) — Geography · QP · 2014 · Eng
- [GEOGRAFIE P2 GR12 MEMO SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-memo-sept2016-afr/b537ad57-18aa-4f62-a562-8a94b1629ddf) — Geography · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
