# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/cf075ee8-5c3b-4a15-ba95-7d384e568e5d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2017-afrikaans/cf075ee8-5c3b-4a15-ba95-7d384e568e5d)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Addendum · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                               GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2017

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V1                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

 2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik word.

 5.    Los ŉ lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word

 6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

 8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.

 9.    Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN
                                         punt elk verwag word.
                                         (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir
                                         TWEE punte elk verwag word.

 10.   As woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf, klassifiseer
       in ŉ vraag gebruik word, is EEN woord antwoorde aanvaarbaar.
       As woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik, lewer
       kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ŉ vraag gebruik
       word, word volsinne of frases verwag.
       Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   GEOGRAFIE V1                                         3

 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
 AFDELING A beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

 VRAAG 1

 1.1   FIGUUR 1.1 toon sinoptiese weerkaart verskynsels wat met ŉ kuslaag
       geassosieer word. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die
       onderstaande meervoudige keuse vrae verskaf. Kies die korrekte antwoord
       en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in jou
       ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 C.

       1.1.1    Die plaaslike lugbeweging wat die temperatuur van Kaapstad
                beïnvloed, staan as … bekend

                A      ŉ bergwind
                B      aanlandige winde
                C      aflandige winde
                D      vallei-winde

       1.1.2    Die lugdruk wat deur die isobaar by B aangedui word, is … hPa.

                A      1004
                B      1006
                C      1010
                D      1012

       1.1.3    Watter sinoptiese weerkaart simbool sal die neerslag by Langebaan
                illustreer?

                 A

                 B

                 C

                 D

       1.1.4    Die seisoen wat heelwaarskynlik deur die sinoptiese weerkaart
                voorgestel word, is …

                A      winter.
                B      lente.
                C      somer.
                D      herfs.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

       1.1.5   Verskaf die windrigting by C.

               A      Noordoos
               B      Noordwes
               C      Suidoos
               D      Suidwes

       1.1.6   Die winde in die omgewing van C sal ... wees as/aan die winde in die
               omgewing van E.

               A      sterker
               B      swakker
               C      dieselfde
               D      gelyk

       1.1.7   Die kuslaagdruksisteem by D sal in ŉ ... rigting, langs die kus migreer.

               A      suidwestelike
               B      noordwestelike
               C      suidoostelike
               D      noordoostelike                                            (7 x 1)    (7)

 1.2   Verwys na FIGUUR 1.2 wat dreineringbekken verskynsels toon. Gebruik die
       letters in FIGUUR 1.2 om jou te ondersteun om die korrekte term/konsep vir
       die vrae hieronder, te verskaf.

       1.2.1   Die punt by A, waar twee riviere/strome ontmoet

       1.2.2   Die gebied by B wat sytakke van dieselfde dreineringbekken skei

       1.2.3   Die boonste oppervlak van die versadigingsone van die grondwater
               by C

       1.2.4   Die kollektiewe naam vir die hoofstroom en sy sytakke by D

       1.2.5   Die hoogliggende gebied by E, wat twee dreineringbekkens skei

       1.2.6   Die proses wat sal veroorsaak dat die hoogliggende by E in ŉ
               oostelike rigting beweeg

       1.2.7   ŉ Manier om dreineringdigtheid te bepaal, wat deur die nommer by F
               aangetoon word.

       1.2.8   Die proses (aangedui deur die pyltjies) by G, wat grondwater aanvul.
                                                                             (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                           5

 1.3   FIGUUR 1.3, toon ŉ tropiese sikloon in sy volwasse stadium.

       1.3.1    Identifiseer TWEE faktore vanaf die diagram wat verantwoordelik was
                vir die oorspronklike ontwikkeling van hierdie tropiese sikloon.
                                                                                 (2 x 1)     (2)

       1.3.2    Verwys na areas A en B op die diagram.

                (a)    Identifiseer areas A en B onderskeidelik.                   (2 x 1)   (2)

                (b)    Onderskei tussen die lugbewegings by areas A en B
                       onderskeidelik.                              (1 x 2)                  (2)

                (c)    Verskaf die redes vir die verskille in die lugbeweging, soos
                       genoem in VRAAG 1.3.2(b).                                   (2 x 1)   (2)

       1.3.3    Teken ŉ geannoteerde sinoptiese kaart verteenwoordiging van die
                stadium van die tropiese sikloon soos in die diagram aangetoon.
                                                                              (3 x 1)        (3)

       1.3.4    Verduidelik hoe die situasie wat by C op die diagram beskryf word, ŉ
                negatiewe invloed op die ekonomie van die geaffekteerde kusgebiede
                sal het.                                                      (2 x 2)        (4)

 1.4   FIGUUR 1.4 wys ŉ vallei in die Noordelike halfrond.

       1.4.1    Noem die weerverskynsel wat deur X op die diagram aangetref word.
                                                                            (1 x 1)          (1)

       1.4.2    Verduidelik hoe die weerverskynsel X, wat in VRAAG 1.4.1 genoem
                was, ontwikkel.                                             (2 x 2)          (4)

       1.4.3    Lewer kommentaar oor die digte plantegroei op helling A.           (1 x 2)   (2)

       1.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel redes voor vir die lae
                temperature by standplaas B, en evalueer hoe hierdie temperature
                die lemoene wat by standplaas B verbou word, beïnvloed.         (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.5   Verwys na FIGUUR 1.5, wat verskillende dreineringpatrone aantoon.

       1.5.1   Wat is ŉ dreineringpatroon?                                      (1 x 1)    (1)

       1.5.2   Noem die dreineringpatrone A en B in FIGUUR 1.5.                 (2 x 1)    (2)

       1.5.3   Verduidelik die verskil tussen dreineringpatrone A en B deur na
               hulle hoofstrome en sytakke te verwys.                        (2 x 2)       (4)

       1.5.4   Lewer kommentaar oor hoe die onderliggende gesteentestruktuur
               die vorming van dreineringpatroon A, beïnvloed het.      (2 x 2)            (4)

       1.5.5   Verduidelik hoe die verskillende weerstandbiedende, onderliggende
               gesteentes wat dreineringpatrone A en B beïnvloed, die
               dreineringsdigthede van die onderskeie dreineringpatrone sal
               bepaal.                                                      (2 x 2)        (4)

 1.6   Verwys na FIGUUR 1.6, ŉ foto van ŉ rivier in ŉ hoogliggende gebied.

       1.6.1   Watter fase van die fluviale siklus word in die foto geïllustreer?
                                                                                (1 x 1)    (1)

       1.6.2   Beskryf die kanaal van die rivier in die foto.                   (1 x 1)    (1)

       1.6.3   Verskynsel A is ŉ stroomversnelling wat veroorsaak dat die
               stroomsnelheid toeneem.

               (a)    Verskaf die tipe stroomvloei wat met stroomversnellings
                      geassosieer word.                                     (1 x 1)        (1)

               (b)    Verduidelik hoe stroomversnellings ontstaan.              (2 x 2)    (4)

       1.6.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die prosesse wat
               die landskap van die rivier vanaf die bo-loop, tot die benede-loop
               sal verander.                                                  (4 x 2)      (8)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                   GEOGRAFIE V1                                          7

 VRAAG 2

 2.1   FIGUUR 2.1 verteenwoordig TWEE lugdruksisteme in Suid-Afrika.
       Beantwoord die volgende vrae deur óf A óf B (behalwe 2.1.1) te kies om die
       stelling WAAR te maak. Skryf SLEGS die letter/antwoord van jou keuse langs
       die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer, bv. 2.1.9 B.

       2.1.1    Lug beweeg altyd vanaf (A na B/B na A) op die aardoppervlakte.

       2.1.2    (A/B) maak deel uit van die sub-tropiese hoogdruk sone by 30° noord
                en suid van die ewenaar.

       2.1.3    Die binneland van Suid-Afrika word deur (A/B) gedurende somer,
                gedomineer.

       2.1.4    Die lugbeweging van (A/B) is antikloksgewys in die noordelike
                halfrond.

       2.1.5    (A/B) bring relatiewe droë, koel en stabiele lug vanaf die suidweste na
                die binneland van Suid-Afrika.

       2.1.6    (A/B) veroorsaak lyndonderstorms wat in die noordoostelike en
                oostelike binneland van Suid-Afrika ervaar word.

       2.1.7    Die wig van lug sal by (A/B) plaasvind.

       2.1.8    (A/B) veroorsaak aanlandige en aflandige lugvloei langs die kus
                van Suid-Afrika gedurende winter.                            (8 x 1)      (8)

 2.2   Verwys na FIGUUR 2.2 wat die vloeipatrone van ŉ rivier toon. Kies tussen
       LAMINÊRE VLOEI en TURBULENTE VLOEI om by die onderstaande
       stellings te pas. Skryf SLEGS die vraagnommer en óf turbulent óf laminêr
       neer.

       2.2.1    Die vloeipatroon waar water in dun lae vloei.

       2.2.2    Die vloeipatroon wat die bo-loop van ŉ rivier domineer.

       2.2.3    Die vloeipatroon wat by die stoot-oewer van ŉ meander voorkom.

       2.2.4    Die vloeipatroon wat oor ŉ eenvormige en gelyke rivierbed, voorkom.

       2.2.5    Die vloeipatroon waar daar ŉ hoë tempo van erosie voorkom.

       2.2.6    Die vloeipatroon wat meestal in ŉ ongegradeerde rivierprofiel sal
                voorkom.

       2.2.7    Die vloeipatroon wat sal voorkom waar deltas ontstaan.          (7 x 1)   (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.3   FIGUUR 2.3 toon ŉ sinoptiese weerkaart en die weervoorspelling vir
       Kaapstad.

       2.3.1   Watter seisoen word op die sinoptiese weerkaart verteenwoordig?
                                                                          (1 x 1)          (1)

       2.3.2   Waarom word middelbreedte siklone as deel van siklogenese
               ontwikkel gesien?                                         (1 x 1)           (1)

       2.3.3   Verwys na die dag tot dag weervoorspelling van Kaapstad. Hoe wys
               die voorspelling dat ŉ aantal middelbreedte siklone die weer van
               Kaapstad in die opkomende week sal beïnvloed?                 (2 x 2)       (4)

       2.3.4   Teken die onvoltooide weerstasie oor in jou ANTWOORDEBOEK en
               voltooi dit deur die reënval en wolkdekking vir Sondag by die stasie-
               informasie te voeg.                                            (2 x 1)      (2)

       2.3.5   Verwys na die windrigting veranderinge vanaf Vrydag tot Dinsdag.

               (a)    Watter term word gebruik om die windrigting verandering vanaf
                      Vrydag tot Dinsdag te beskryf?                         (1 x 1)       (1)

               (b)    Verduidelik die term wat jy in VRAAG 2.3.5(a) genoem het.
                                                                            (1 x 2)        (2)

               (c)    Waarom verander die windrigting vanaf Vrydag na Dinsdag?
                                                                          (2 x 2)          (4)

 2.4   Verwys na FIGUUR 2.4, wat klimaatkontraste (verskille) tussen stedelike en
       landelike gebiede, uitwys.

       2.4.1   Definieer die term insolasie.                                    (1 x 1)    (1)

       2.4.2   Onderskei tussen die aantal insolasie wat deur die stedelike gebiede
               ontvang word, in vergelyking tot die landelike gebiede.       (1 x 2)       (2)

       2.4.3   Verklaar die onderskeiding wat jy in VRAAG 2.4.2 genoem het en
               verduidelik waarom die stedelike gebiede ŉ hoër gemiddelde jaarlike
               temperatuur as landelike gebiede het.                       (2 x 2)         (4)

       2.4.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, lewer kommentaar oor die
               feit dat die neerslag hoër oor die stedelike gebiede is, ten spyte dat
               stedelike gebiede ŉ laer relatiewe humiditeit het.               (4 x 2)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                         9

 2.5   Bestudeer die sketse in FIGUUR 2.5 wat ŉ rivier meander (kronkel) toon.

       2.5.1    Wat word verskynsel A genoem?                                (1 x 1)     (1)

       2.5.2    Verwys na die dwarsprofiel.

                (a)    Noem die geomorfologiese prosesse wat onderskeidelik by
                       hellings X en Y domineer.                       (2 x 1)           (2)

                (b)    Beskryf hoe die geomorfologiese prosesse by X plaasvind.
                                                                         (2 x 2)         (4)

       2.5.3    Verduidelik waarom die rivier in Fase 2, sy oewers meer gereeld as
                die rivier in Fase 4 sal oorvloei.                          (2 x 2)      (4)

       2.5.4    Lewer kommentaar oor hoe verskynsel B geskei van die hoofstroom
                is, soos in die sketse in FIGUUR 2.5 aangedui.           (2 x 2)         (4)

 2.6   Bestudeer FIGUUR 2.6, wat die proses van stroomroof illustreer.

       2.6.1    Noem die verskynsels van stroomroof by A en B onderskeidelik.            (2)
                                                                         (2 x 1)

       2.6.2    Verwys na verskynsel C.

                (a)    Noem verskynsel C.                                    (1 x 1)     (1)

                (b)    Verduidelik hoe verskynsel C deur stroom D oor tyd verander
                       is.                                                  (1 x 2)      (2)

       2.6.3    Verduidelik hoe die finale stroomroof as ŉ voordeel vir toekomstige
                vervoerdoeleindes gesien kan word.                           (1 x 2)     (2)

       2.6.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer hoe die omgewing
                rondom die geroofde (verarmde) stroom by E, geaffekteer sal word.
                                                                           (4 x 2)      (8)
                                                                                       [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING B:         LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
                     EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
 AFDELING B beantwoord, MOET jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

 VRAAG 3

 3.1 Gebruik die inligting in FIGUUR 3.1 om die tipe sakegebied met die stellings
     hieronder te pas. ŉ Spesifieke sakegebied mag meer as een keer na verwys
     word.

      3.1.1    Winkels soos motorhuise wat langs belangrike roetes in die stad
               gevind word.

      3.1.2    Die kommersiële hart van die stad.

      3.1.3    Hierdie sakegebied kom langs snelweë voor en het ŉ baie groot
               invloedsfeer.

      3.1.4    Hierdie klein sakegebied kan in feitlik elke voorstad aangetref word.

      3.1.5    Die onbeplande kommersiële sakegebied wat gewoonlik die mees
               toeganklikste is.

      3.1.6    ŉ Onbeplande sakegebied wat langs belangrike kruispaaie of waar
               daar ŉ hoë bevolkingdigtheid is, voorkom.

      3.1.7    Hierdie beplande sakegebied kom meestal in voorstede voor.
                                                                              (7 x 1)    (7)

 3.2 Pas die term/konsep hieronder met die stellings wat volg. Skryf SLEGS die
     term/konsep langs die vraagnommer (3.2.1 – 3.2.8), bv. 3.1.9 Suid-Afrika.

      Veredeling / Desentralisasie / Voedselsekerheid / Nieplekgebonde /
      Buitelandse valuta / Bruto Binnelandse Produk / Invoervervanging /
      Informele sektor/ Voedselonsekerheid

      3.2.1    Die somtotaal van inkomste verdien in een jaar van ŉ land.

      3.2.2    Waar werkers geen wettige regte het nie.

      3.2.3    Die proses waar die ekonomiese waarde van erts verbeter word,
               sodat dit tot hoër uitvoerwaarde lei.

      3.2.4    Hierdie nywerhede hoef nie naby grondstowwe of markte te wees om
               ŉ bestaan te maak nie.

      3.2.5    Wanneer entrepreneurs produkte produseer wat oorspronklik van
               ander lande ingevoer is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                     GEOGRAFIE V1                                         11

       3.2.6    Wanneer alle mense te alle tye toegang tot voldoende en voedsame
                kos het.

       3.2.7    Die proses van herverdeling van funksies, magte, mense, ens. weg
                van ŉ fokuspunt.

       3.2.8    Wanneer een geldeenheid vir ŉ ander verruil word.               (8 x 1)     (8)

 3.3   Bestudeer die foto in FIGUUR 3.3 wat ŉ nedersettingspatroon wys.

       3.3.1    Waarom word hierdie nedersetting as ŉ landelike nedersetting
                beskou?                                                     (1 x 1)         (1)

       3.3.2    Identifiseer die nedersetting-patroon in FIGUUR 3.3.            (1 x 1)     (1)

       3.3.3    Verduidelik hoe reliëf en water beskikbaarheid die patroon van die
                nedersetting in FIGUUR 3.3 beïnvloed het.                    (2 x 2)        (4)

       3.3.4    Verskaf bewyse uit FIGUUR 3.3 om die feit dat ekstensiewe
                kommersiële boerdery beoefen word, te staaf.              (2 x 2)           (4)

       3.3.5    Bespreek TWEE ekonomiese voordele vir die boer wat in hierdie
                nedersetting woon.                                        (2 x 2)           (4)

 3.4   Verwys na FIGUUR 3.4, A en B, wat die probleem van verkeersopeenhoping
       in moderne stede beklemtoon.

       3.4.1    Wat is ŉ verkeersopeenhoping?                                   (1 x 1)     (1)

       3.4.2    Verskaf TWEE redes vir die verkeersopeenhopings in stedelike
                gebiede.                                                   (2 x 1)          (2)

       3.4.3    Lewer kommentaar oor die ironie (teenoorgestelde) gedagtes van
                die bestuurders in FIGUUR 3.4 A.                          (1 x 2)           (2)

       3.4.4    Verwys na FIGUUR 3.4B, wat ŉ gevolg/effek van
                verkeersopeenhoping toon.

                (a)    Noem die tipe gevolg/effek wat geïllustreer word.        (1 x 1)     (1)

                (b)    Evalueer die sosiale impak wat hierdie tipe gevolg/effek in
                       FIGUUR 3.4 B op bestuurders mag het.                     (1 x 2)     (2)

       3.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maniere voor wat die
                plaaslike owerhede kan implementeer om verkeersopeenhoping in
                stedelike gebiede te verminder.                            (4 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                     GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.5   Bestudeer FIGUUR 3.5 wat belangrike sektore van Suid-Afrika se ekonomie
       illustreer.

       3.5.1   Lys die volgende vanaf die data wat verskaf word:

               (a)    Die jaar waarin die eerste kwartaal ŉ negatiewe groeikoers
                      toon                                                   (1 x 1)      (1)

               (b)    Die ekonomiese aktiwiteit wat ŉ positiewe groeikoers in die
                      sekondêre sektor toon                                   (1 x 1)     (1)

       3.5.2   Verwys na die tweede kwartaal ekonomiese groeikoerse vanaf 2012
               tot 2015.

               (a)    Noem die algemene neiging in die ekonomiese groeikoers
                      vanaf 2012 tot 2015.                                (1 x 1)         (1)

               (b)    Bereken die verskil in die ekonomiese groeikoers tussen die
                      tweede kwartaal van 2014 en 2015.                      (1 x 1)      (1)

               (c)    Gebruik die data wat deur die verskillende ekonomiese
                      sektore verskaf word, en bespreek die ekonomiese groeikoers
                      in die tweede kwartaal van 2015.                      (2 x 2)       (4)

       3.5.3   Verskaf ŉ rede waarom handel in die tersiêre sektor, heel moontlik
               ŉ negatiewe ekonomiese groeikoers opgeteken het.            (1 x 2)        (2)

       3.5.4   Analiseer die impak wat die negatiewe groeikoers van landbou op die
               breër bevolking van Suid-Afrika sal het, as die neiging voortduur.
                                                                              (2 x 2)     (4)

 3.6   Verwys na FIGUUR 3.6, ŉ kaart van die Suidwes-Kaap industriële streek.

       3.6.1   Noem die landbouproduk wat by Clanwilliam bewerk word.         (1 x 1)     (1)

       3.6.2   Verwys na die kernkragstasie by A.

               (a)    Noem die kernkragstasie by A.                           (1 x 1)     (1)

               (b)    Bespreek hoe die kernkragstasie by A industriële ontwikkeling
                      in die Suidwes-Kaap streek bevoordeel.                 (1 x 2)      (2)

       3.6.3   Lewer kommentaar oor die koue Benguela stroom se invloed op
               kommersiële vissery langs die weskus van hierdie streek. (2 x 2)           (4)

       3.6.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek die belangrikste
               faktore wat industriële ontwikkeling in die Suidwes-Kaap industriële
               streek beperk.                                               (4 x 2)       (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                          13

 VRAAG 4

 4.1 Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
     SLEGS die letter (A–J) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.8) neer, bv. 4.1.9 K.

                            KOLOM A                                 KOLOM B
       4.1.1      Wanneer boere konsentreer op die A             Versnippering/
                  produkte wat die hoogste opbrengs en           Fragmentasie
                  inkomste lewer

       4.1.2      Proses waarin die bevolkingsdigtheid B         Verstedeliking
                  van landelike gebiede mettertyd daal

       4.1.3      Die beweging van mense weg vanaf C             Konsolidasie
                  landelike gebiede

       4.1.4      Gebruik van masjinerie in plaas van       D    Trekfaktore
                  handearbeid om produksie te verhoog

       4.1.5      Wanneer boerderyprodukte geoes word, E         Meganisasie
                  om direk aan verbruikers te verkoop

       4.1.6      Die faktore in landelike gebiede wat F         Spesialisasie
                  mense dwing om na stede te beweeg

       4.1.7      Wanneer ŉ enkele plaas uit talle ruimtelik G   Mark-georiënteerd
                  geskeide plaaseenhede bestaan

       4.1.8      Die proses in kommersialisering           H    Stootfaktore
                  wanneer klein plaasplotte saamgevoeg
                  word om een groot plaas te vorm

                                                            I    Landelike-stedelike
                                                                 migrasie

                                                            J    Landelike ontvolking
                                                                                 (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.2 FIGUUR 4.2 verwys na TWEE verskillende sektore van indiensneming in
     Suid-Afrika. Die onderstaande vrae gee ŉ beskrywing van die TWEE sektore.
     Skryf jou keuse van SLEGS A of B langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) wat
     ooreenstem met die stelling.

      4.2.1    Hierdie sektor vul die gaping in die mark deur ŉ wye verskeidenheid
               goedkoop goedere te bied

      4.2.2    Hierdie sektor het werknemers wat deur die regering gereguleer word

      4.2.3    Hierdie sektor bied gewoonlik werksgeleenthede aan mense met baie
               min vaardighede

      4.2.4    Hierdie sektor het ŉ gebrek aan formele wettige registrasie

      4.2.5    Hierdie sektor dra grootliks by tot die BBP van die land

      4.2.6    Hierdie sektor kan in die meer ontwikkelde nedersettings van die land
               gevind word

      4.2.7    Die regering het beperkte beheer in hierdie sektor               (7 x 1)   (7)

 4.3 FIGUUR 4.3 is ŉ gevallestudie oor grondrestitusie in Macleantown.

      4.3.1    Definieer die term grondrestitusie.                              (1 x 1)   (1)

      4.3.2    Noem TWEE doelwitte van grondhervorming in Suid-Afrika           (2 x 1)   (2)

      4.3.3    Verskaf DRIE redes waarom die mense in die gevallestudie in
               FIGUUR 4.3 nie ŉ 'bestaan uit landbou' kan genereer nie.    (3 x 1)        (3)

      4.3.4    Verduidelik wat die skrywer met die volgende stelling bedoel: 'Die
               voordele van grondrestitusie blyk meer simbolies as werklik te wees.'
                                                                               (1 x 2)    (2)

      4.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe die regering die
               begunstigdes van grondrestitusie kan bemagtig (help) om die armoede
               in Suid-Afrika te verlig.                                     (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                    GEOGRAFIE V1                                        15

 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ŉ foto van ŉ grondgebruiksone in ŉ stedelike
     gebied.

       4.4.1    Identifiseer die grondgebruiksone wat in die foto geïllustreer word.
                                                                              (1 x 1)      (1)

       4.4.2    Verskaf ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 4.4.1.               (1 x 1)      (1)

       4.4.3    Stel TWEE redes voor waarom die fabriekeienaars hierdie
                grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 4.4.1) gekies het om ŉ
                fabriek te bou.                                         (2 x 1)            (2)

       4.4.4    Bespreek TWEE voordele wat die boer sal hê deur in hierdie
                grondgebruiksone (antwoord op VRAAG 4.4.1) te vestig (bly).
                                                                           (2 x 2)         (4)

       4.4.5    Hoekom is dit belangrik vir stedelike munisipaliteite om verdere
                stedelike uitbreiding in hierdie grondgebruiksone (antwoord op
                VRAAG 4.4.1) te beperk?                                       (3 x 2)      (6)

 4.5 Verwys na die uittreksel in FIGUUR 4.5 oor vervaardiging in Suid-Afrika.

       4.5.1    Definieer die term vervaardiging.                             (1 x 1)      (1)

       4.5.2    Noem die ekonomiese sektor waaronder vervaardiging val.        (1 x 1)     (1)

       4.5.3    Gee EEN spesifieke uitkoms wat die vervaardigingsektor, volgens
                die uittreksel, kan bereik                                 (1 x 1)         (1)

       4.5.4    Verduidelik die ekonomiese belangrikheid vir Suid-Afrika as die
                vervaardigingsektor 'in die wêreldekonomie kan meeding'. (2 x 2)           (4)

       4.5.5    '... vervaardiging bied ŉ geleentheid om die land se groei en
                ontwikkeling aansienlik te versnel.' In ŉ paragraaf van AGT reëls,
                lewer kommentaar op hoe arbeidsvoorsiening en internasionale
                mededinging enige voorgenome versnelling in die
                vervaardigingsektor kan belemmer.                             (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6, wat inligting oor die Maputo Ontwikkelingskorridor
     verskaf.

      4.6.1    Wat is ŉ ontwikkelingskorridor?                             (1 x 1)      (1)

      4.6.2    Noem EEN ander buurland (NIE Mosambiek) wat voordeel uit
               die Maputo Ontwikkelingskorridor trek.                 (1 x 1)           (1)

      4.6.3    Verskaf ŉ rede vir die verbinding tussen Johannesburg en Maputo.
                                                                          (1 x 1)       (1)

      4.6.4    Verduidelik hoe die Maputo Ontwikkelingskorridor die
               toerismebedryf in die gebied bevoordeel.                    (1 x 2)      (2)

      4.6.5    Bespreek DRIE hoof doelwitte van die Maputo Ontwikkelingskorridor
               as ŉ Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief.                  (3 x 2)        (6)

      4.6.6    Verduidelik hoe die Mpumalanga provinsie tot die sukses van
               die Maputo-ontwikkelingskorridor bygedra het.               (2 x 2)      (4)
                                                                                       [75]

                                                                   GROOTTAAL:          225

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-preparatory-2017-question-paper/d13a6739-748f-4c3e-a691-c03fb1ad130c) — Geography · QP · 2017

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
