# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/58d5220f-bf7e-4b4f-8465-b93428eb4de1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2018-afr-d/58d5220f-bf7e-4b4f-8465-b93428eb4de1)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                         SEPTEMBER 2018

                            GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                                   *GEOGA1*

           Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en ŉ 12-bladsy bylae.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GEOGRAFIE V1                   (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

 2.   Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.   Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

 6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.   MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE

 8.   Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

 9.   Die puntetoekenning (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN punt elk
      is soos volg:       verwag word.
                          (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir TWEE punte elk
                          verwag word.

 10. As woorde/aksiewerkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf,
     Klassifiseer in ŉ vraag gebruik word, is EENwoord-antwoorde aanvaarbaar.
     As woorde/aksiewerkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer
     kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ŉ vraag gebruik
     word, word VOLSINNE of frases verwag.
     Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                    GEOGRAFIE V1                                     3

 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Bestudeer FIGUUR 1.1 wat op weerstasies gebaseer is. Skryf SLEGS A of
       B langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1    By watter weerstasie is die doupunttemperatuur die hoogste?

       1.1.2    Waar sal die drukgradiënt die swakste wees?

       1.1.3    Noem die weerstasie waar die atmosferiese               temperatuur
                heelwaarskynlik die laagste sal wees.

       1.1.4    Sal die vorming van stratuswolke heelwaarskynlik by weerstasie A,
                of B voorkom?

       1.1.5    Is weerstasie A of B meer verteenwoordigend van die warm sektor
                van ŉ middelbreedte sikloon?

       1.1.6    By watter weerstasie waai die wind na die noordooste toe?

       1.1.7    Noem die weerstasie wat heelwaarskynlik oor die binneland van
                Suid-Afrika, tydens winter, aangetref sal word.        (7 x 1)              (7)

 1.2   Verwys na FIGUUR 1.2, wat ŉ dreineringsbekken aantoon. Kies die
       term/woord tussen hakies om die stelling geografies korrek te maak. Skryf
       SLEGS die term/woord van jou keuse langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8)
       in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 Geomorfologie.

       1.2.1    Die rivier by A vloei oor die algemeen in ŉ (oostelike/westelike)
                rigting.

       1.2.2    Die area by B, wat die hoogste vlak van die grondwater voorstel,
                staan as die (versadigingsvlak/watertafel) bekend.

       1.2.3    Die proses by C word (evapotranspirasie/verdamping) genoem.

       1.2.4    (Laminêre/Turbulente) vloei domineer by D.

       1.2.5    Die plek by E, waar die sytakke by die hoofstroom aansluit, staan
                as/die (samevloeiing/oorsprong) bekend.

       1.2.6    Die tipe vloei oor die land, wat die vorm van dun, aaneenlopende lae
                by F aanneem, staan as (kanaal-/plaat-) vloei bekend.

       1.2.7    Die proses by G, waar die water in die grond sypel, staan as
                (grondwater/infiltrasie) bekend.

       1.2.8    Die hoogliggende gebied H, wat sytakke van dieselfde dreinerings-
                bekken skei, word ŉ (waterskeiding/interfluviale-skeiding) genoem.
                                                                              (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

1.3   FIGUUR 1.3, illustreer ŉ bewegende versteuring (lyndonderstorm) oor die
      binneland van Suid-Afrika.

      1.3.1    In watter seisoen sal die bewegende versteuring heelwaarskynlik in
               Suid-Afrika ontstaan?                                      (1 x 1)           (1)

      1.3.2    Noem die front wat deur lyn A op die skets aangedui word.
                                                                  (1 x 1)                   (1)

      1.3.3    Bespreek die oorsprong van die verskillende koue en warm
               lugmassas, wat die ontwikkeling van hierdie front (antwoord by
               VRAAG 1.3.2) veroorsaak.                                (2 x 2)              (4)

      1.3.4    Verwys na die windrigtings in die weste en ooste.

               (a)    Onderskei tussen die algemene windrigting in die weste en
                      ooste.                                             (2 x 1)            (2)

               (b)    Lewer kommentaar oor die redes vir die verskil in die
                      windrigtings soos in VRAAG 1.3.4(a) aangedui.  (1 x 2)                (2)

      1.3.5    Verduidelik watter impak swaar reënval op die infrastruktuur van
               plekke oor die binneland van Suid-Afrika sal hê.         (3 x 2)             (6)

1.4   Verwys na FIGUUR 1.4 wat die mikroklimaat op ’n valleihelling in die
      noordelike halfrond aandui.

      1.4.1    In watter rigting wys die helling in die vallei?              (1 x 1)        (1)

      1.4.2    Wat is die termiese gordel?                                   (1 x 1)        (1)

      1.4.3    Evalueer hoe die plaaslike klimaat ŉ rol in die ligging van die huis
               gespeel.                                                      (2 x 2)        (4)

      1.4.4    Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, redes vir die
               verskil in temperatuur tussen A en B en hoe hierdie
               temperatuurverskil die tipe plantegroei wat aangeplant word, sal
               beïnvloed.                                                (4 x 2)            (8)

1.5   Verwys na FIGUUR 1.5 wat ŉ fluviale landvorm (hoefystermeer) illustreer.

      1.5.1    Noem die vlakte waarop die landvorm ontwikkel.                (1 x 1)        (1)

      1.5.2    In watter stadium van die rivier sal die fluviale landvorm
               ontwikkel?                                           (1 x 1)                 (1)

      1.5.3    Identifiseer die verskynsel by X.                             (1 x 1)        (1)

      1.5.4    Teken ŉ eenvoudige dwarsprofiel vanaf P na Q en dui die area waar
               die hoogste spoed voorkom, aan.                            (2 x 1)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GEOGRAFIE V1                                    5

       1.5.5    Verwys na die hoefystermeer.

                (a)    Verskaf TWEE sigbare kenmerke op die skets van ŉ
                       hoefystermeer.                             (2 x 1)                 (2)

                (b)    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                       hoefystermeer van die hoofstroom afgesny is, en hoe
                       watertoevoer in hierdie hoefystermeer gehandhaaf kan word.
                                                                           (4 x 2)        (8)

1.6    FIGUUR 1.6 toon die proses van stroomroof oor tyd aan.

       1.6.1    Noem die erosieproses wat, oor tyd, by X plaasvind.         (1 x 1)       (1)

       1.6.2    In watter rigting beweeg die erosieproses (antwoord op
                VRAAG 1.6.1)?                                               (1 x 1)       (1)

       1.6.3    Identifiseer EEN faktor, sigbaar op die skets, wat stroomroof
                moontlik gemaak het.                                   (1 x 1)            (1)

       1.6.4    Evalueer hoe stroomroof die dreineringdigtheid           van die
                dreineringbekkens in die weste en ooste beïnvloed het.      (1 x 2)       (2)

       1.6.5    Verwys na die vergrote gebied by die punt van stroomroof.

                (a)    Noem verskynsels Y en Z.                             (2 x 1)       (2)

                (b)    Verskaf TWEE kenmerke van die verskynsel by Y.       (2 x 2)       (4)

                (c)    Evalueer die positiewe ekonomiese waarde van verskynsel Z.
                                                                          (2 x 2)      (4)
                                                                                      [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 2

 2.1 FIGUUR 2.1 toon ŉ dwarsdeursnee van ŉ tropiese sikloon. Kies die korrekte
     woord(e) tussen hakies. Skryf SLEGS die antwoord langs die vraagnommer
     (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 tropiese
     sikloon.

      2.1.1    Tropiese siklone sal (binne/buite) 5° noord en suid van die ewenaar
               ontwikkel.

      2.1.2    (Coriolis-/Drukgradiënt-) krag is ŉ voorvereiste vir die ontwikkeling
               van tropiese siklone.
               .
      2.1.3    (Nimbostratus-/Cirrus-) wolke sal by A ontwikkel.

      2.1.4    Die druk by B sal (hoog/laag) wees.

      2.1.5    Die (oog/oogmuur) word by C gevind.

      2.1.6    Die waarskynlike naam van die tropiese sikloon, as dit op 1 Januarie
               ontwikkel, sal (Ann/Dineo) wees.

      2.1.7    Die vog by D is in ŉ gas verander deur die proses van
               (kondensasie/verdamping).

      2.1.8    Tropiese siklone beweeg (ooswaarts/weswaarts) soos dit deur
               passaatwinde aangedryf word.                        (8 x 1)                   (8)

 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2, gebaseer op verskillende dreineringspatrone. Pas
     elkeen van die beskrywings hieronder by een van die dreineringspatrone.
     Skryf SLEGS EEN patroon langs die vraagnommer (2.1.1–2.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag dieselfde dreineringpatroon meer as EEN
     keer kies.

      2.2.1    Sal op stollingsgesteentes met nate en krake ontwikkel

      2.2.2    Ontwikkel op gesteentes wat gelyke weerstand teen erosie bied

      2.2.3    Sytakke sluit reghoekig vanaf antikliene, by die hoofstroom aan

      2.2.4    Daar is reghoekige buigings in die individuele stroom

      2.2.5    Dit is afhanklik van beide die geologie en topografie van ŉ landskap

      2.2.6    Volg die hellings van die terrein

      2.2.7    Die riviere sny poorte in die landskap                         (7 x 1)        (7)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                     GEOGRAFIE V1                                      7

 2.3 FIGUUR 2.3 verwys na die posisies van ŉ antisikloon gedurende winter en
     somer.

       2.3.1    Wat is ŉ antisikloon?                                           (1 x 1)       (1)

       2.3.2    Benoem antisikloon A.                                           (1 x 1)       (1)

       2.3.3    Noem die globale drukgordel waarvan antisikloon A deel vorm.
                                                                           (1 x 1)            (1)

       2.3.4    Verklaar die verskillende posisies van antisikloon A gedurende die
                verskillende seisoene soos deur FIGUUR 2.3 voorgestel.      (2 x 2)           (4)

       2.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                verskillende posisies van antisikloon A die weer van B gedurende
                die verskillende seisoene sal beïnvloed.                  (4 x 2)             (8)

 2.4 FIGUUR 2.4 is ŉ illustrasie van ŉ eienskap van stedelike klimaat.

       2.4.1    Identifiseer die eienskap van stedelike klimaat wat deur die skets
                geïllustreer word.                                          (1 x 1)           (1)

       2.4.2    Verwys na gebiede A en B.

                (a)    In watter gebied A of B sal die eienskap van stedelike klimaat
                       (antwoord op VRAAG 2.4.1) meer sigbaar wees?            (1 x 1)        (1)

                (b)    Verduidelik jou keuse. (antwoord op VRAAG 2.4.2(a)) (1 x 2)            (2)

       2.4.3    Teken ŉ benoemde skets om ŉ besoedelingskoepel gedurende
                die nag te illustreer.                                 (3 x 1)                (3)

       2.4.4    Verklaar die wind se rigting vanaf die landelike na die stedelike
                gebied.                                                         (1 x 2)       (2)

       2.4.5    Verwys na die stedelike en landelike temperatuurgrenslae.

                (a)    Onderskei tussen die temperature van die stedelike en
                       landelike grenslae.                                   (1 x 2)          (2)

                (b)    Verduidelik die verskil in VRAAG 2.4.5(a) genoem.        (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5, wat die lengte- en dwarsprofiel van ŉ rivier aantoon
     sowel as grafieke wat die breedte, diepte, spoed en gradiënt-afloop van die
     verskillende stadia van ŉ rivier aantoon.

      2.5.1    Definieer die term lengteprofiel van ŉ rivier.                    (1 x 1)        (1)

      2.5.2    Noem enige TWEE fluviale landvorme wat in die boloop van ŉ rivier
               ontstaan.                                                (2 x 1)                 (2)

      2.5.3    Verduidelik waarom hierdie rivier as oorgegradeer beskou sal word.
                                                                          (1 x 2)               (2)

      2.5.4    Verwys na die verskillende grafieke.

               (a)    Onderskei tussen die dieptes van ŉ rivier in die boloop en
                      benedeloop.                                          (1 x 2)              (2)

               (b)    Lewer kommentaar oor die verskil in breedte tussen die boloop
                      en middelloop.                                         (2 x 2)            (4)

               (c)    Verduidelik waarom die spoed in die benedeloop hoër as die
                      spoed in die boloop is, as hulle onderskeie gradiënte vergelyk
                      word.                                                   (2 x 2)           (4)

 2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat dreineringsbekken-bestuur toon.

      2.6.1    Wat is wateronsekerheid?                                          (1 x 1)        (1)

      2.6.2    Identifiseer TWEE aktiwiteite,         vanaf     die   skets,   wat tot
               wateronsekerheid kan bydra.                                      (2 x 1)         (2)

      2.6.3    Lewer kommentaar oor die belangrikheid van behoorlike grondwater
               bestuur in die geïllustreerde dorp.                       (2 x 2)                (4)

      2.6.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die TWEE
               aktiwiteite (in VRAAG 2.6.2 genoem) die volhoubaarheid van die
               visindustrie in die Baaigebied negatief sal beïnvloed.    (4 x 2)                (8)
                                                                                               [75]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GEOGRAFIE V1                                      9

 AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

 VRAAG 3

 3.1 FIGUUR 3.1 is ŉ kringloop van stagnasie in landelike gebiede. Pas die
     beskrywings hieronder met 'n frase uit die skets (behalwe VRAAG 3.1.1).
     Skryf SLEGS die term/woord van jou keuse langs die vraagnommer
     (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       3.1.1    Noem die proses wat verantwoordelik is vir die stagnasie, soos in die
                skets uitgebeeld.

       3.1.2    Die koopkrag van die gebied daal

       3.1.3    Die landelike gebied raak verlate

       3.1.4    ŉ Onproduktiewe werkersmag bly agter

       3.1.5    Effek van landelike ontvolking

       3.1.6    Infrastruktuur word nie behoorlik in stand gehou nie

       3.1.7    Besighede raak bankrot

       3.1.8    Afname in landbou-aktiwiteite                                 (8 x 1)       (8)

 3.2 Kies die korrekte term/frase wat ooreenstem met die beskrywing hieronder.
     Skryf die korrekte term/woord langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer.

           groeipunte; dekonsentrasiepunte; ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe;
         industriële ontwikkelingsone; Maputo-korridor; sentralisasie; Heropbou en
              Ontwikkelingsprogram; Groei; Werkskepping en Herverdeling;
                                      Desentralisasie

       3.2.1    'n Program om ŉ reeks ontwikkelingskorridors wat oor Suid-Afrika
                strek, te inisieer en te ondersteun

       3.2.2    Elk van hierdie gebiede is direk met ŉ hawe verbind

       3.2.3    'n Ontwikkelingstrategie voor 1994, waar nywerhede in afgeleë
                gebiede met voldoende infrastruktuur opgerig is

       3.2.4    'n Strategie wat konsentreer op die verskaffing van mense se basiese
                behoeftes

       3.2.5    Wanneer nywerhede en aktiwiteite gekonsentreer word om 'n
                sentrale punt of ekonomiese voordeel

       3.2.6    Voor-apartheid ekonomiese strategie, waar nywerheidsontwikkelings-
                terreine buite groot metropolitaanse gebiede geleë was

       3.2.7    Hierdie handelsinfrastruktuur verbind Gauteng met die hoofstad van
                Mosambiek                                                   (7 x 1)         (7)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 3.3 Verwys na die foto van ŉ landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3.

      3.3.1    Noem die vorm van die nedersetting in die foto.                  (1 x 1)     (1)

      3.3.2    Verskaf bewyse uit die foto om jou antwoord wat in VRAAG 3.3.1
               genoem word, te ondersteun.                             (1 x 2)              (2)

      3.3.3    Waarom is hierdie nedersetting ŉ kern landelike nedersetting? (2 x 1)        (2)

      3.3.4    Verduidelik hoe reliëf (topografie) en water die kernpatroon van die
               nedersetting beïnvloed het.                                   (2 x 2)        (4)

      3.3.5    Lewer kommentaar op die feit dat die rivier ŉ negatiewe ekonomiese
               impak op die inwoners van die nedersetting sal hê.           (3 x 2)         (6)

 3.4 Die spotprent in FIGUUR 3.4 is 'n voorbeeld van stedelike verval in die
     middestad.

      3.4.1    Definieer die term stedelike verval.                             (1 x 1)     (1)

      3.4.2    Noem TWEE aanwysers van stedelike verval in die spotprent. (2 x 1)           (2)

      3.4.3    Verduidelik TWEE faktore wat tot stedelike verval in die spotprent kon
               bygedra het.                                                    (2 x 2)      (4)

      3.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stedelike
               hernuwing sal help om die probleem van stedelike verval op te los.
                                                                              (4 x 2)       (8)

 3.5 Bestudeer die grafieke wat die volume van mynbouproduksie (2012–2017) en
     die wisselkoerse (2016–2017) in FIGUUR 3.5 uitbeeld.

      3.5.1    Hoekom is mynbou ŉ primêre aktiwiteit?                           (1 x 1)     (1)

      3.5.2    Identifiseer die jaar of jare toe die volume van mynbouproduksie op sy
               laagste en hoogste was.                                         (2 x 1)      (2)

      3.5.3    Verwys na die volumes van mynbouproduksie (2012–2017) en die
               wisselkoerse tussen 2016 en 2017.

               (a)    Beskryf die neigings van die volume van mynbouproduksie
                      tussen Maart 2016 en Maart 2017.                 (2 x 1)              (2)

               (b)    Verduidelik waarom die afname in die wisselkoerse hierdie
                      tendense (antwoord op VRAAG 3.5.3 (a)), tussen Maart 2016
                      en Maart 2017 kon veroorsaak het.                  (1 x 2)            (2)

               (c)    Noem TWEE ander faktore (behalwe wisselkoers) wat moontlik
                      bygedra het tot die neigings (antwoord op VRAAG 3.5.3 (a))
                      tussen Maart 2016 en Maart 2017.                   (2 x 2)            (4)

      3.5.4    Evalueer hoe ŉ arbeidsmag die wins in die mynbedryf kan verhoog.
                                                                            (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GEOGRAFIE V1                                      11

 3.6 Verwys na die uittreksel oor GWEH (‘GEAR’) in Suid-Afrika in FIGUUR 3.6.

       3.6.1    Waarvoor staan die akroniem (afkorting) GWEH (‘GEAR’)?        (1 x 1)        (1)

       3.6.2    Wat is die TWEE hooffokusse van GWEH, volgens die artikel?
                                                                         (2 x 1)             (2)

       3.6.3    Regverdig die feit dat GEAR geïmplementeer is om ‘die ekonomiese
                situasie van die agtergeblewe meerderheid’ in Suid-Afrika te
                verbeter.                                                 (2 x 2)            (4)

       3.6.4    ‘GEAR’ was net gedeeltelik suksesvol om sommige van sy doelwitte
                te bereik. In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik TWEE
                doelwitte en TWEE mislukkings van GEAR.                       (4 x 2)     (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GEOGRAFIE V1                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 VRAAG 4

 4.1 Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–G) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.8 H.

                       KOLOM A                            KOLOM B
      4.1.1    Verskaf hoë- en lae-orde goedere A     Afgeleë sakegebied
               en word in voorstede aangetref

      4.1.2    Word op sypaadjies in alle B           Geïsoleerde winkels
               kleinhandel- en woongebiede
               gevind

      4.1.3    Word op ŉ afstand vanaf die SSK C      Buurtwinkelsentrum
               aangetref, naby kruisings van paaie
               in      die       landelik-stedelike
               oorgangsone

      4.1.4    Word aangetref by kruisings van D      Spazawinkels
               hoofpaaie wat na voorstede lei

      4.1.5    Gewoonlik langs hoofpaaie wat die E    Informele handelaars
               SSK en die voorstede verbind

      4.1.6    Mees toeganklike gebied oorheers F     Kommersiële
               deur wolkekrabbers                     lintontwikkeling

      4.1.7    Winkels wat na die voorstede G         Beplande
               gedesentraliseer het                   streekswinkelsentrum

                                                 H    Sentrale
                                                      besigheidsgebied
                                                                          (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)                   GEOGRAFIE V1                                     13

 4.2 Kies die korrekte woord/term tussen hakies. Skryf SLEGS die woord/term
     langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       4.2.1    (BBP/BNP) is die waarde van alle goedere en dienste wat oor ŉ
                spesifieke tydperk geproduseer word.

       4.2.2    Wanneer ŉ klein hoeveelheid landbouprodukte vanaf ŉ groot stuk
                grond verkry word, word dit (intensiewe/ekstensiewe) boerdery
                genoem.

       4.2.3    (Ekonomie/Handel) verwys na die industriële en kommersiële
                aktiwiteite van 'n land.

       4.2.4    Produkte wat spesifiek vir die plaaslike inwoners van 'n land
                vervaardig word, staan as die (tuis/uitvoer)-mark bekend.

       4.2.5    (Grondstof-/Mark-) georiënteerde industrieë word naby die mense
                wat die produkte koop, aangetref.

       4.2.6    Bestaansboerdery is 'n voorbeeld van (groot-/klein-) skaal boerdery.

       4.2.7    Die punt waar goedere van een vervoermiddel na 'n ander oorgedra
                word, staan as die (verskepings-/vragverbrekings-) punt bekend.

       4.2.8    Die (ekonomies aktiewe/ekonomies stabiele) is daardie deel van die
                bevolking wat werk, of werk soek.                           (8 x 1)         (8)

 4.3 Verwys na die artikel oor landelike transformasie as ŉ oplossing vir armoede
     in Suid-Afrika in FIGUUR 4.3.

       4.3.1    Hoeveel mense leef in landelike gebiede in Suid-Afrika?      (1 x 1)        (1)

       4.3.2    Definieer die term sosiale geregtigdheid.                    (1 x 1)        (1)

       4.3.3    Noem TWEE ongeregtighede uit die artikel wat Suid-Afrikaners tans
                in die gesig staar.                                       (2 x 1)           (2)

       4.3.4    Noem en verduidelik EEN grondhervormingsbeleid wat in Suid-Afrika
                geïmplementeer is om landelike transformasie te verseker. (1 + 2)           (3)

       4.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe
                grondhervorming in Suid-Afrika armoede kan verminder. (4 x 2)               (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2018)

 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat stedelike uitbreiding oor tyd aantoon.

      4.4.1    Hoe is FIGUUR 4.4 ŉ voorbeeld van ŉ stedelike profiel?                 (1 x 1)     (1)

      4.4.2    Verduidelik die belangrikheid        van    ŉ     stedelike    profiel vir
               stadsbeplanners.                                                    (2 x 2)        (4)

      4.4.3    Stedelike uitbreiding word oor tyd uitgebeeld.

               (a)    Verduidelik die konsep stedelike uitbreiding.                   (1 x 1)     (1)

               (b)    Noem die grondgebruiksone           waar   stedelike        uitbreiding
                      waarskynlik plaasgevind het.                                     (1 x 1)    (1)

               (c)    Evalueer hoe stedelike uitbreiding ŉ negatiewe invloed op
                      die omgewing het.                                       (2 x 2)             (4)

      4.4.4    Lewer kommentaar op die positiewe impak wat die stedelike
               uitbreiding op die inwoners van ŉ stedelike gebied sal hê. (2 x 2)                 (4)

 4.5 Verwys na die artikel oor vervaardiging in Suid-Afrika in FIGUUR 4.5.

      4.5.1    Definieer die term vervaardiging.                                      (1 x 1)     (1)

      4.5.2    Gee bewyse uit die artikel           wat    Suid-Afrika       se     dalende
               vervaardigingsektor bevestig.                                         (1 x 1)      (1)

      4.5.3    Noem TWEE faktore, uit die artikel, wat dit moeilik maak vir Suid-
               Afrika om produksie te verhoog.                             (2 x 1)                (2)

      4.5.4    Verduidelik hoe hoë energiekoste tot die onderprestasie van die
               vervaardigingsektor bydra.                               (2 x 2)                   (4)

      4.5.5    Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, die positiewe
               impak van veredelde goedere vir vervaardiging.           (4 x 2)                   (8)

 4.6 Verwys na FIGUUR 4.6, ŉ uittreksel oor die Weskus-beleggingsinisiatief.

      4.6.1    In watter provinsie is die Weskus-beleggingsinisiatief geleë? (1 x 1)              (1)

      4.6.2    Noem EEN projek elk uit die uittreksel, wat gesentreer sal word in 'n
               sekondêre en tersiêre ekonomiese aktiwiteit.                 (2 x 1)               (2)

      4.6.3    Verduidelik hoe verbeterde infrastruktuurfasiliteite belegging in die
               Saldanhabaai-streek sal verhoog.                              (3 x 2)              (6)

      4.6.4    Verwys na die sinksmeltprojek wat in die uittreksel genoem word.

               (a)    Hoekom is die sinksmeltprojek by die hawe van Saldanhabaai
                      opgerig?                                            (1 x 1)                 (1)

               (b)    Evalueer die negatiewe impak wat hierdie sinksmeltprojek op
                      die omgewing rondom Saldanhabaai kan hê.             (2 x 2)                (4)
                                                                                                 [75]

                                                                      GROOTTOTAAL                225

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 ADDENDUM SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-addendum-sept2018-english/832c2d21-7b1d-4b62-84b4-7ca284585303) — Geography · Addendum · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 MEMO SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-memo-sept2018-english/66551d14-a0be-4338-accf-f25bd373c188) — Geography · Memo · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-eng-d/810cce74-63ae-424c-bfaf-e4bd26f82869) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2018 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2018-english/bcc61d35-ac9f-4bd1-af49-9ae6fe6241f0) — Geography · QP · 2018 · Eng
- [Geography P1 Nov 2018 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2018-afr/39b951d2-4d56-4c36-92b9-4fc133cdd5c7) — Geography · QP · 2018 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
