# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2019

                       GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  GEOGRAFIE V1                         (EC/SEPTEMBER 2019)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

3.    Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Laat ŉ lyn oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar moontlik.

9.    Die puntetoekenning is soos         (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vir EEN
      volg:                               punt elk verwag word
                                          (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vir TWEE
                                          punte elk verwag word

10.   As woorde/aksiewerkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf, Klassifiseer in ŉ
      vraag gebruik word, is EENwoord-antwoorde aanvaarbaar.
      As woorde/aksiewerkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik, Lewer
      Kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ŉ vraag gebruik word,
      word VOLSINNE of frases verwag.
      Alle paragraafvrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

11.   Maateenhede MOET in jou finale antwoord getoon word, bv. 1020 hPa, 14 °C of
      45 m.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                        GEOGRAFIE V1                                   3

 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Verwys na FIGUUR 1.1 wat die beweging van Orkaan Florence aantoon.

       1.1.1    Watter bewys toon dat Orkaan Florence in die noordelike halfrond
                voorkom?

       1.1.2    Dui die seisoen waarin Orkaan Florence heel moontlik ontstaan het,
                aan.

       1.1.3    Noem die stadium van ontwikkeling van Orkaan Florence op
                WOEN VM 150 MPH.

       1.1.4    In watter algemene rigting beweeg Orkaan Florence?

       1.1.5    Verskaf die nommer wat Orkaan Florence sal voorstel vir die seisoen
                wat dit ontstaan het.

       1.1.6    Op watter dag het Orkaan Florence begin om te ontbind?

       1.1.7    Watter kategorie word Orkaan Florence as geklassifiseer?

       1.1.8    Noem die benaderde oseaantemperatuur wat ŉ noodsaaklike toestand
                was, vir die ontstaan van Orkaan Florence.                (8 x 1)             (8)

 1.2   FIGUUR 1.2 toon gly- en stootoewers. Pas elk van die onderstaande
       beskrywings by een van die oewers.

       1.2.1    Die water vloei baie vinniger

       1.2.2    Die vorm van hierdie oewer is konveks

       1.2.3    Hierdie oewer word deur meer erosie gekenmerk

       1.2.4    ŉ Rivierkrans kan heelmoontlik by hierdie oewer ontwikkel

       1.2.5    Hierdie oewer staan ook as die binne-oewer bekend

       1.2.6    Die vorm van hierdie oewer is konkaaf

       1.2.7    Meer neerlating kom op hierdie oewer voor                       (7 x 1)       (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 GEOGRAFIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 1.3 FIGUUR 1.3 is ŉ diagram wat die invloed van antisiklone op die weer en
     klimaat van Suid-Afrika toon.

      1.3.1    Watter seisoen word deur skets X uitgebeeld?                  (1 x 1)     (1)

      1.3.2    Noem antisiklone A, B en C.                                   (3 x 1)     (3)

      1.3.3    Noem EEN kenmerk van antisikloon B.                           (1 x 1)     (1)

      1.3.4    Verduidelik waarom antisiklone A en C verskillende posisies in
               skets Y aanneem.                                              (1 x 2)     (2)

      1.3.5    Skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls wat verduidelik hoe die
               veranderde posisies van antisiklone A en C in skets Y die
               weerpatrone van Suid-Afrika beïnvloed.                    (4 x 2)         (8)

 1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat op die vorming van mis in ŉ vallei gebaseer is.

      1.4.1    Noem die tipe vog wat op die valleivloer ontwikkel het.       (1 x 1)     (1)

      1.4.2    Lys EEN toestand sigbaar op die skets wat die vorming van mis
               bevoordeel het.                                         (1 x 1)           (1)

      1.4.3    Noem wind A, wat hoofsaaklik snags in die vallei voorkom.     (1 x 1)     (1)

      1.4.4    Waarom beweeg die wind wat by VRAAG 1.4.3 genoem was,
               afwaarts?                                       (1 x 2)                   (2)

      1.4.5    Bespreek die rol wat die wind by VRAAG 1.4.3 genoem is, in die
               vorming van mis sal speel.                             (2 x 2)            (4)

      1.4.6    Verduidelik die negatiewe impak wat die vorming van mis op die
               mense wat in ŉ vallei woon, mag hê.                     (3 x 2)           (6)

 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat twee tipes dreineringspatrone aantoon.

      1.5.1    Wat is ŉ dreineringspatroon?                                  (1 x 1)     (1)

      1.5.2    Noem dreineringspatrone A en B.                               (2 x 1)     (2)

      1.5.3    Onderskei tussen dreineringspatrone A en B.                   (1 x 2)     (2)

      1.5.4    Gee rekenskap van die kort sytakke in dreineringspatroon B. (1 x 2)       (2)

      1.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die rol wat
               onderliggende gesteentes in die formasie van die verskillende
               dreineringspatrone, speel.                              (4 x 2)           (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                         GEOGRAFIE V1                                     5

 1.6 FIGUUR 1.6 toon ŉ profiel van ŉ dreineerbekken.

       1.6.1    Definieer die term dwarsprofiel (transversale) profiel.          (1 x 1)     (1)

       1.6.2    Noem die tipe vloei           kenmerk    in   die   bo-loop   van die
                dreineringsbekken.                                              (1 x 1)      (1)

       1.6.3    Stel EEN moontlik rede voor as motivering, vir jou antwoord in
                VRAAG 1.6.2.                                            (1 x 1)              (1)

       1.6.4    Verwys na die middel-loop van die rivier.

                (a)    Teken dwarsprofiele (transversale profiele) van die vallei in die
                       middel- en benede-loop van die rivier.                    (2 x 2)     (4)

                (b)    Met verwysing na die dwarsprofiele (antwoord by
                       VRAAG 1.6.4 (a)), bespreek die verskil tussen die vorm van die
                       vallei in die middel- en benede-loop.                  (2 x 2)        (4)

       1.6.5    Bespreek die rol wat fluviale prosesse in die ontwikkeling van deltas
                in die benede-loop van die rivier speel.                       (2 x 2)      (4)
                                                                                           [75]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 2

 2.1   Kies ŉ term in KOLOM B wat pas by ŉ klimatologiese beskrywing in
       KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.7)
       in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 J.

                          KOLOM A                               KOLOM B
       2.1.1   ŉ Sone tussen lugmassas             met A      bergwind
               verskillende voginhoud

       2.1.2   Kom in somer voor, wanneer die land B          aflandige winde
               intensief verhit word

       2.1.3   Die beweging van lug vanaf die see na C        vogfront
               die land

       2.1.4   Warm, droë winde wat vanaf die D               kuslaag
               binneland waai

       2.1.5   Veroorsaak dat vogtige lug tydens die E        lyndonderstorms
               somer na die binneland ingetrek word

       2.1.6   Ontstaan in somer as gevolg van F              afgesnyde laag
               vogtige lug wat na die binneland vanaf
               ŉ noordoostelike rigting, beweeg

       2.1.7   ŉ Klein, swak ontwikkelde sel met ŉ G          hitte-laag
               radius van 100 kilometer

                                                         H    aanlandige winde
                                                                            (7 x 1) (7)

 2.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) van jou keuse langs
       die vraagnommer (2.2.1–2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer,
       byvoorbeeld 2.2.9 A.

       2.2.1   Verwys na die hoogste vlak van water wat ondergronds aangetref
               word:

               A      Basisvlak
               B      Basisvloei
               C      Watertafel
               D      Grondwater

       2.2.2   Riviere wat slegs na hewige reënval vloei, word ... riviere genoem.

               A      periodiese
               B      permanente
               C      eksotiese
               D      episodiese

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                          GEOGRAFIE V1                                  7

       2.2.3    ŉ Aansig van die rivier vanaf die bron tot die monding, staan as ŉ ...
                profiel bekend.

                A      dwars-
                B      transversale
                C      lengte-
                D      dreinering

       2.2.4    Die term wat gebruik word om die proses te beskryf wanneer ŉ rivier
                afwaarts erodeer nadat dit ŉ gegradeerde stadium bereik het.

                A      Verjonging
                B      Stroomroof
                C      Abstraksie
                D      Knakpunt

       2.2.5    Die rivier is ouer as die onderliggende gesteentestruktuur in ŉ ...
                dreineringspatroon.

                A      ontwrigte
                B      antesedente
                C      parallelle
                D      geërfde

       2.2.6    Die punt waar een rivier ŉ ander kaap (vang) staan as die ... bekend.

                A      onthoofde stroom
                B      droë poort
                C      roofelmboog
                D      riviergruis

       2.2.7    ŉ ... is ŉ draai of buiging langs die rivier.

                A      Levee
                B      Meander
                C      Hoefystermeer
                D      Vloedvlakte

       2.2.8    Die hoogliggende gebied wat sy posisie verander gedurende
                abstraksie, staan as ŉ ... bekend.

                A      Interfluviale-skeiding
                B      terasse-skeiding
                C      mesa-skeiding
                D      waterskeiding                                           (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2019)

 2.3   Bestudeer FIGUUR 2.3, ŉ lewensiklus van ŉ middelbreedte-sikloon.

       2.3.1   Watter bewyse dui daarop dat hierdie middelbreedte-sikloon in die
               noordelike halfrond voorkom?                              (1 x 1)         (1)

       2.3.2   (a)     Noem EEN kenmerk van die volwasse stadium van ŉ
                       middelbreedte-sikloon.                    (1 x 1)                 (1)

               (b)     Onderskei tussen die hooftipe wolke, wat met die kouefront en
                       die warm front in die volwasse stadium, geassosieer word.
                                                                              (1 x 2)    (2)

       2.3.3   Bespreek hoe die okklusie-stadium van die middelbreedte-sikloon
               bereik word.                                             (2 x 2)          (4)

       2.3.4   Teken ŉ geannoteerde dwarsprofiel om ŉ kouefront voor te stel.
                                                                          (3 x 1)        (3)

       2.3.5   Lewer kommentaar oor die positiewe impak wat middelbreedte-
               siklone op boerdery en toeriste van die Wes-Kaap het. (2 + 2)             (4)

 2.4   Verwys na FIGUUR 2.4 wat op ŉ hitte-eiland gebaseer is.

       2.4.1   Wat verstaan jy onder die term mikro-klimaat?                  (1 x 1)    (1)

       2.4.2   Noem EEN faktor sigbaar in die skets wat ŉ stedelike mikroklimaat
               bepaal.                                                    (1 x 1)        (1)

       2.4.3   Hoe weet ons dat ŉ hitte-eiland in die skets uitgebeeld word? (1 x 1)     (1)

       2.4.4   Bespreek hoe die hoë digtheid van geboue in die skets, bydra tot die
               hoë temperature oor die stad.                               (2 x 2)       (4)

       2.4.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel moontlike strategieë
               voor wat geïmplementeer kan word, om die effekte van ŉ hitte-
               eiland te verminder.                                         (4 x 2)      (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       GEOGRAFIE V1                                    9

 2.5   Bestudeer FIGUUR 2.5, foto’s van twee fluviale landvorme.

       2.5.1    In watter stadium van die rivier vorm hierdie TWEE fluviale
                landvorme hoofsaaklik?                              (1 x 1)              (1)

       2.5.2    Identifiseer die TWEE fluviale landvorme wat deur sketse A en B
                geïllustreer word.                                        (2 x 1)        (2)

       2.5.3    (a)    Bespreek hoe fluviale landvorm A ontwikkel.            (2 x 2)    (4)

                (b)    Stel ŉ rede voor waarom roeiers (iemand wat ŉ opblaasboot
                       ry) verkies om langs fluviale landvorm A, eerder as fluviale
                       landvorm B te roei.                                  (1 x 2)      (2)

       2.5.4    (a)    Noem TWEE ekonomiese voordele van fluviale landvorm B.
                                                                         (2 x 1)         (2)

                (b)    Verduidelik die proses wat sal veroorsaak dat fluviale
                       landvorm B stroomop terugwaarts beweeg.        (2 x 2)            (4)

 2.6   Bestudeer FIGUUR 2.6 gebaseer op rivierbestuur in Suid-Afrika.

       2.6.1    Wat is rivierbestuur?                                         (1 x 1)    (1)

       2.6.2    Hoe kan die landbou-aktiwiteite sigbaar in die skets ons riviere
                besoedel?                                                (1 x 2)         (2)

       2.6.3    Noem EEN negatiewe impak wat die bome in die skets op die
                dreineringsgebied van die rivier mag hê.           (1 x 2)               (2)

       2.6.4    Waarom sal blitsvloede ŉ gevaar inhou vir die mense wat te naby
                aan hierdie rivier woon?                                 (1 x 2)         (2)

       2.6.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel volhoubare
                bestuurstrategieë voor, wat in plek gesit kan word, om die effek van
                industrieë op rivierbesoedeling te verminder.                 (4 x 2)    (8)
                                                                                        [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2019)

 AFDELING B:         LANDELIK- EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN SUID-
                     AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

 VRAAG 3

 3.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié tussen hakies. Skryf slegs die woord(e) langs
     die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK.

      3.1.1    Beesboerdery is gewoonlik ŉ voorbeeld van (kleinskaalse/
               grootskaalse) boerdery.

      3.1.2    (Droë-/Nat-) punt nedersettings is geleë op heuwels omdat water ŉ
               bedreiging inhou.

      3.1.3    Spoorweë en lughawens beïnvloed die (situasie/standplaas) van ŉ
               nedersetting.

      3.1.4    Die (HOP/Goeie Hoopplan) is geïmplementeer om sosiale
               ongeregtigheidskwessies in landelike gebiede in die post-
               apartheidsera aan te spreek.

      3.1.5    ŉ Afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon, word
               (landelike ontvolking/landelike-stedelike migrasie) genoem.

      3.1.6    ŉ Nedersetting met beide landelike en stedelike funksies staan as ŉ
               (boeredorpie/gehuggie) bekend.

      3.1.7    Tradisie is ŉ faktor wat (standplaas/situasie) beïnvloed.

      3.1.8    (Ronde/Lineêre) landelike nedersettingspatrone ontwikkel gewoonlik
               as gevolg van sekuriteitskwessies.                          (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                        GEOGRAFIE V1                                      11

 3.2 Kies ŉ term in KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
     die letter (A–H) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
     ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 I.

                          KOLOM A                                 KOLOM B
       3.2.1    Sektor van die ekonomie aan navorsing A         BNP
                gekoppel

       3.2.2    Totale waarde van goedere wat in Suid- B        invoere
                Afrika deur die permanente inwoners
                van die land in een jaar geproduseer
                word

       3.2.3    Tariewe en kwotas word gebruik om C             tersiêre aktiwiteite
                handel te reguleer

       3.2.4    Mense in ŉ land het nie toegang tot D           voedselonsekerheid
                voedsame kos nie

       3.2.5    Goedere wat      aan    oorsese   lande E       voedselsekerheid
                verkoop word

       3.2.6    Voorsiening van vervoerdienste            F     uitvoer

       3.2.7    Goedere wat in ŉ land ingebring word      G     kwaternêre aktiwiteite

                                                          H     proteksionisme
                                                                                  (7 x 1)     (7)

 3.3   Bestudeer FIGUUR 3.3, ŉ spotprent oor grondhervorming.

       3.3.1    Wat is die doel van grondhervorming in Suid-Afrika?               ( 1 x 1)    (1)

       3.3.2    Noem enige TWEE grondhervormingsbeleide wat veroorsaak het dat
                die eiser suksesvol was.                                (2 x 1)               (2)

       3.3.3    Bespreek TWEE uitdagings waarmee die regering gekonfronteer kon
                wees, in die uitvoering van die grondhervormingsbeleid vir hierdie
                suksesvolle eiser.                                         (2 x 2)            (4)

       3.3.4    Stel moontlike redes voor waarom hierdie grondeiser, geïllustreer in
                die spotprent, hulp benodig.                                 (2 x 2)          (4)

       3.3.5    Verduidelik die implikasies vir die land indien alle grondeisers nie die
                nodige hulp ontvang nie.                                         (2 x 2)      (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2019)

 3.4   Bestudeer foto’s A en B oor stedelike ongeregtighede in FIGUUR 3.4.

       3.4.1   Wat is sosiale ongeregtigheid?                                  (1 x 1) (1)

       3.4.2   (a)    Noem die ongelyke toegang tot dienste en hulpbronne wat in foto
                      A geïllustreer word.                                   (1 x 1) (1)

               (b)    Waarom word die armes hoofsaaklik deur die ongelyke toegang
                      tot dienste en hulpbronne geaffekteer?                (2 x 1) (2)

               (c)    Lys TWEE negatiewe impakte wat ongelyke toegang tot dienste
                      en hulpbronne op ŉ land kan hê.                     (2 x 1) (2)

       3.4.3   Noem die tipe besoedeling wat die omgewingsongelykheid in foto B
               veroorsaak.                                               (1 x 1) (1)

       3.4.4   Bespreek TWEE negatiewe effekte van hierdie tipe besoedeling wat in
               VRAAG 3.4.3 genoem word, op die gesondheid van die gemeenskap.
                                                                           (2 x 2) (4)

       3.4.5   Stel TWEE maatreëls voor wat geïmplementeer kan word om
               die gemeenskap te beskerm teen die tipe besoedeling in
               VRAAG 3.4.4 genoem.                                             (2 x 2) (4)

 3.5   FIGUUR 3.5 is ŉ infografiek op die informele sektor gebaseer.

       3.5.1   Wat is ŉ informele verkoper/handelaar?                          (1 x 1)   (1)

       3.5.2   Noem die redes volgens die uittreksel, waarom mense informele
               handelaars word.                                       (2 x 1) (2)

       3.5.3   Stel moontlike ‘regte en beskerming’ voor, wat vir informele handelaars
               geweier word.                                                    (2 x 2) (4)

       3.5.4   Hoe kan die regering die werksomstandighede verbeter waaronder
               informele handelaars werk?                              (2 x 2) (4)

       3.5.5   Verduidelik die ekonomiese ‘interafhanklikheid’ (verhouding) tussen
               die formele en informele sektor.                             (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                       GEOGRAFIE V1                                   13

 3.6   Bestudeer die kaart en artikel in FIGUUR 3.6 wat na die Saldanhabaai-
       Industriële Ontwikkelingsone (IOS) verwys.

       3.6.1    Noem die kern-nywerheidsgebied wat naby die Saldanhabaai-IOS
                geleë is.                                             (1 x 1)                 (1)

       3.6.2    Lys EEN van die hoofdoelwitte van die Saldanhabaai-IOS.        (1 x 1)        (1)

       3.6.3    Volgens die uittreksel, watter sektor word deur die Saldanhabaai-IOS
                bedien?                                                       (1 x 1)         (1)

       3.6.4    Hoe kan die ligging van die Saldanhabaai-hawe as ŉ voordeel vir die
                streek beskou word?                                         (2 x 2)           (4)

       3.6.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf die uitdagings wat die
                Saldanhabaai-IOS moes verduur sedert sy verklaring as ŉ IOS.
                                                                              (4 x 2)      (8)
                                                                                          [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               GEOGRAFIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 4

 4.1   Verwys na FIGUUR 4.1 oor stedelike grondgebruiksones. Pas die
       beskrywings hieronder by een van die stedelike grondgebruiksones. Jy mag
       meer as een keer ŉ stedelike grondgebruiksone gebruik. Kies die antwoord
       en skryf slegs die korrekte grondgebruik langs die vraagnommer
       (4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       4.1.1    Hierdie grondgebruiksone het die hoogste grondwaardes

       4.1.2    Beset die meeste hoeveelheid grond in ŉ stedelike nedersetting

       4.1.3    Hierdie grondgebruiksone bestaan uit ŉ groot aantal immigrante

       4.1.4    ŉ Hoë graad van toeganklikheid is in hierdie grondgebruiksone
                sigbaar

       4.1.5    Hierdie grondgebruiksone bestaan hoofsaaklik uit woongebiede

       4.1.6    Grond is gewoonlik goedkoper in hierdie grondgebruiksone

       4.1.7    Hierdie grondgebruiksone het ŉ aantal vervalle geboue       (7 x 1) (7)

 4.2   Kies ŉ term in KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 J.

                          KOLOM A                               KOLOM B
       4.2.1    Nywerhede wat naby die natuurlike A            Goud
                hulpbron geleë is

       4.2.2    Suid-Afrika produseer tweederdes van B         Ongebonde
                die globale uitset van hierdie mineraal

       4.2.3    Hierdie nywerhede is naby aan die kliënt C     Steenkool
                geleë

       4.3.4    Hierdie mineraal word hoofsaaklik deur D       Diamante
                die Richardsbaai-terminaal uitgevoer

       4.2.5    Nywerhede wat tussen grondstowwe en E          Alomteenwoordige
                die kliënt geleë is

       4.2.6    Die mineraal wat die grootste buitelandse F    Grondstof
                inkomsteverdiener in Suid-Afrika is

       4.2.7    Dit is diensgerigte bedrywe              G     Mark

       4.2.8    Nywerhede wat enige plek geleë kan H           Brug
                wees, maar op die mark staatmaak

                                                         I     Platinum
                                                                            (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2019)                         GEOGRAFIE V1                                    15

 4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3 wat landelike-stedelike migrasie illustreer.

       4.3.1    Wat is landelik-stedelike migrasie?                               (1 x 1)    (1)

       4.3.2    Lys EEN fisiese ‘stootfaktor’ sigbaar in die illustrasie.         (1 x 1)    (1)

       4.3.3    Noem EEN diens wat sigbaar is in die illustrasie wat mense na stedelike
                gebiede sal ‘trek’.                                              (1 x 1)     (1)

       4.3.4    Bespreek ŉ negatiewe ekonomiese gevolg wat landelike gebiede sal
                ervaar as gevolg van landelik-stedelike migrasie.         (1 x 2)            (2)

       4.3.5    Stel ŉ moontlike strategie voor wat munisipaliteite in landelike gebiede
                kan implementeer om teenverstedeliking aan te moedig.             (1 x 2)    (2)

       4.3.6    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom landelike-
                stedelike migrasie oor die algemeen negatiewe uitkomste vir die
                meeste stedelike immigrante tot gevolg het.                  (4 x 2)         (8)

 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4, ŉ spotprent wat die konsep van ongebreidelde
     (onbeheerde) stedelike uitbreiding uitbeeld.

       4.4.1    Definieer die term ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding.
                                                                                (1 x 1)      (1)

       4.4.2    Noem TWEE oorsake van ongebreidelde (onbeheerde) stedelike
                uitbreiding.                                        (2 x 1)                  (2)

       4.4.3    Verduidelik hoe die spotprent aantoon dat ongebreidelde (onbeheerde)
                stedelike uitbreiding plaasvind.                              (2 x 2)        (4)

       4.4.4    Bespreek TWEE maniere hoe ongebreidelde (onbeheerde) stedelike
                uitbreiding die omgewing kan beskadig.                  (2 x 2)              (4)

       4.4.5    Verduidelik hoe die gebruik van ‘groen gordels’ beskou kan word as ŉ
                moontlike manier om ongebreidelde (onbeheerde) stedelike uitbreiding
                te bestuur.                                                   (2 x 2)        (4)

 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, ŉ uittreksel wat op boerderystelsels in Suid-Afrika
     gebaseer is.

       4.5.1    Wat is ŉ kommersiële boer?                                        (1 x 1)    (1)

       4.5.2    Volgens die uittreksel, waarom is industriële boerdery belangrik?
                                                                                 (1 x 1)     (1)

       4.5.3    Verduidelik hoe die kommersiële landboustelsel die omgewing kan
                beskadig.                                                 (1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2019)

      4.5.4    (a)    Wat is kleinskaalboerdery?                                (1 x 1)     (1)

               (b)    Waarom is      geneties    gemodifiseerde   gewasse    duur vir
                      kleinboere?                                              (2 x 1)      (2)

               (c)    Lewer kommentaar op die bydrae wat kleinskaalse boere tot die
                      ekonomie van Suid-Afrika maak.                        (2 x 2)         (4)

               (d)    Beskryf volhoubare maatreëls wat die regering kan implementeer
                      om die bestaan van kleinskaalboere te verseker.         (2 x 2)       (4)

 4.6 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.6 wat na die ontwikkeling van die Port
     Elizabeth-Uitenhage industriële gebied verwys.

      4.6.1    In watter provinsie is die Port Elizabeth-Uitenhage-nywerheidsgebied
               geleë?                                                        (1 x 1)        (1)

      4.6.2    Noem    die   hoofbedryf         in   die   Port   Elizabeth-Uitenhage
               nywerheidsgebied.                                                (1 x 1)     (1)

      4.6.3    Noem die hoofvervoermiddel wat die ligging van hierdie bedryf
               beïnvloed het (antwoord by VRAAG 4.6.2).               (1 x 1)               (1)

      4.6.4    Hoe het die hoofindustrie genoem in VRAAG 4.6.2 die groei van ander
               nywerhede in die streek gestimuleer?                         (1 x 2)         (2)

      4.6.5    Bespreek EEN faktor wat die industriële groei in die streek beperk het.
                                                                               (1 x 2)      (2)

      4.6.6    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die impak wat
               vervoer op die groei van die streek gehad het.            (4 x 2)           (8)
                                                                                          [75]

                                                                            TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [Geography P1 Nov 2019 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-nov-2019-afr/baa26d6b-a28e-48fc-bfa9-ac9f44adeb99) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
