# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-docx/d655f12b-698b-4887-b49a-8cee15948587
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-docx/d655f12b-698b-4887-b49a-8cee15948587)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2020

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

 2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

 5.    Los ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.

 6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar nodig.

 9.    Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vereis
                                         word vir EEN punt elk.
                                         (2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vereis
                                         word vir TWEE punte elk

 10.   Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf,
       klassifiseer in ŉ vraag gebruik word, is EENWOORD antwoorde
       aanvaarbaar.
       Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik,
       lewer kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ŉ vraag
       gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag.
       Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                      3

 AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Verwys na FIGUUR 1.1 wat winde wat met valleiklimate geassosieer word,
       toon. Pas die onderstaande stellings by ŉ tipe wind (A of B). Skryf slegs die
       letter langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

       1.1.1    Kan ook as ŉ helling stygende wind beskryf word

       1.1.2    Word met die vorming van rypholtes geassosieer

       1.1.3    Dra rook wat deur industrieë vrygestel word, na die boonste deel van
                die atmosfeer

       1.1.4    Vang besoedelde stowwe vas en veroorsaak rookmis

       1.1.5    Waai gedurende die dag

       1.1.6    Hierdie wind het ŉ negatiewe impak op nedersettings op die
                valleivloer

       1.1.7    Kan ook as ŉ helling afwaartse wind beskryf word                (7 x 1)     (7)

 1.2   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM
       A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1    Gebied wat deur ŉ rivier en sy sytakke A          waterskeiding
                gedek word

       1.2.2    Boonste vlak van grondwater                 B     episodies

       1.2.3    Area vanwaar ŉ rivier sy water trek         C     tralie

       1.2.4    Riviere wat slegs na swaar reënval vloei    D     reghoekig

       1.2.5    ŉ Dreineringspatroon wat in plooiberge E          abstraksie
                ontwikkel

       1.2.6    ŉ Dreineringspatroon wat in stollings- F          dreineringsbekken
                gesteentes met baie nate ontwikkel

       1.2.7    Riviere wat hul oorsprong in gebiede met G        opvangs
                hoë reënval het

       1.2.8    Die proses waarby ŉ waterskeiding sy H            eksoties
                posisie verander

                                                            I     watertafel
                                                                                (8 x 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GEOGRAFIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 1.3 FIGUUR 1.3 toon die impak van tropiese siklone op kusgebiede.

      1.3.1   Noem die ontwikkelingsfase van die tropiese sikloon wat deur
              FIGUUR 1.3 uitgebeeld word.                            (1 x 1)              (1)

      1.3.2   Noem die belangrikste effek van tropiese siklone op kusstreke soos in
              foto A aangetoon.                                              (1 x 1)      (1)

      1.3.3   Waarom ontbind ŉ tropiese sikloon wanneer dit land bereik?      (2 x 1)     (2)

      1.3.4   Bespreek TWEE weerstoestande wat met hierdie stadium van die
              tropiese sikloon verband hou (jou antwoord op VRAAG 1.3.1). (2 x 2)         (4)

      1.3.5   Verwys na skets B.

              (a)     Wat is stormdeining?                                   (1 x 1)      (1)

              (b)     Bespreek hoe die gevaarlike halfsirkel (voorste linkerkwadrant)
                      tot die vorming van stormdeinings sou bydra.            (1 x 2)     (2)

              (c)     Verduidelik die negatiewe impak wat tropiese siklone op
                      toerisme in ŉ land sal hê.                        (2 x 2)           (4)

 1.4 FIGUUR 1.4 is ŉ satellietbeeld van lyndonderstorms.

      1.4.1   Wat is die vogfront?                                            (1 x 1)     (1)

      1.4.2   Noem TWEE bewyse op die satellietbeeld wat daarop dui dat
              lyndonderstorms in plaas van normale donderstorms voorkom. (2 x 1)          (2)

      1.4.3   Bespreek waarom meer wolke na die ooste in plaas van die weste
              voorkom.                                                (2 x 2)             (4)

      1.4.4   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die ligging
              van die antisiklone in somer die vorming van lyndonderstorms
              bevorder.                                                  (4 x 2)          (8)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                      5

 1.5   FIGUUR 1.5 toon rivier-verjonging.

       1.5.1    Wat is rivier-verjonging?                                         (1 x 1)     (1)

       1.5.2    Verskaf bewyse wat aandui dat rivier-verjonging plaasgevind het.
                                                                             (2 x 1)          (2)

       1.5.3    Bespreek TWEE oorsake van rivier-verjonging.                      (2 x 2)     (4)

       1.5.4    Stel TWEE redes voor vir die verlate terras op die skets.         (2 x 2)     (4)

       1.5.5    Verduidelik die negatiewe impak wat ŉ verjongde landskap op
                boerdery-aktiwiteite sal hê.                          (2 x 2)                 (4)

 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6, foto’s (A en B) van rivierafvoer.

       1.6.1    Wat is rivierafvoer?                                              (1 x 1)     (1)

       1.6.2    Noem die tipes afvoer sigbaar in foto’s A en B onderskeidelik. (2 x 1)        (2)

       1.6.3    Beskryf die verskil in afvoer wat sigbaar in foto’s A en B is.    (2 x 1)     (2)

       1.6.4    Waarom sou die tipe rivierafvoer, sigbaar in foto A, voordeliger vir
                boere wees?                                                  (1 x 2)          (2)

       1.6.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe rivierafvoer die
                verskillende fases/stadiums van ŉ rivier sal beïnvloed.      (4 x 2)         (8)
                                                                                            [75]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2

 2.1   Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM
       A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in
       die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 J.

                             KOLOM A                                   KOLOM B
       2.1.1   Klein, swak ontwikkelde sel wat van die weskus A        polêre front
               na die ooskus beweeg

       2.1.2   Beskryf dalende lug wat elke 100 m met 1 °C B            aspek
               verhit

       2.1.3   Sone waar tropiese westewinde en polêre C                mikroklimaat
               oostewinde ontmoet

       2.1.4   Antiklokse beweging van lug in die noordelike D          orkaan
               halfrond

       2.1.5   Word met skoon en stabiele weerstoestande E              sikloon
               geassosieer

       2.1.6   Studie van klimaat in ŉ klein gebied                F    kuslaag

       2.1.7   Die naam wat aan ŉ tropiese sikloon in Noord- G          tifoon
               Amerika gegee word

       2.1.8   Die hoek waarteen die sonstrale ŉ helling tref      H    DAVT

                                                                   I    antisikloon
                                                                                (8 x 1) (8)

 2.2   Verwys na FIGUUR 2.2. Pas die onderstaande stellings met die bo-, middel-
       of benedeloop van die rivier. Skryf slegs die korrekte loop van die rivier langs
       die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       2.2.1   Die vallei is V-vormig en steil

       2.2.2   Deltas en gevlegte strome is algemene fluviale landvorme

       2.2.3   Laterale erosie domineer

       2.2.4   Vertikale erosie domineer

       2.2.5   Die rivier en groter strome begin om te meander

       2.2.6   Tydelike erosiebasisse soos watervalle en stroomversnellings kom
               hier voor

       2.2.7   Hierdie loop word met ŉ permanente erosiebasis geassosieer
                                                                                  (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                    7

 2.3   Lees die uittreksel in FIGUUR 2.3 wat na middelbreedte-siklone verwys.

       2.3.1 Wat is ŉ kouefront?                                              (1 x 1)   (1)

       2.3.2 Hoe vorm kouefronte?                                             (1 x 2)   (2)

       2.3.3 Haal bewyse uit die uittreksel aan, wat daarop dui dat hierdie koue
             front die hele land sal beïnvloed.                            (1 x 2)      (2)

       2.3.4 Bespreek die verhouding tussen kouefronte en baie swaar reën.
                                                                        (1 x 2)         (2)

       2.3.5 In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die ekonomiese
             impak wat sneeu en swaar reënval op die land sal hê.        (4 x 2)        (8)

 2.4   FIGUUR 2.4 toon die klimaatverskille tussen landelike en stedelike gebiede.

       2.4.1    Noem EEN klimaatelement sigbaar op die skets wat die verskil tussen
                landelike en stedelike gebiede aantoon.                      (1 x 1)    (1)

       2.4.2    Waarom kan ons die toestand wat in die skets oor die stad uitgebeeld
                word, beskryf as ŉ hitte-eiland en nie ŉ besoedelingskoepel nie?
                                                                              (1 x 2)   (2)

       2.4.3    Verduidelik hoe stedelike aktiwiteite die temperature in die stad
                verhoog.                                                   (2 x 2)      (4)

       2.4.4    Gee rekenskap vir die feit dat die stad meer reënval as landelike
                gebiede ontvang, alhoewel meer verdamping in die landelike gebiede
                plaasvind.                                                  (2 x 2)     (4)

       2.4.5    Bespreek hoe die hitte-eiland die gesondheid van mense kan
                affekteer.                                           (2 x 2)            (4)

 2.5   FIGUUR 2.5 is op TWEE (A en B) fluviale landvorme gebaseer.

       2.5.1 Watter bewyse dui daarop dat hierdie twee fluviale landvorme in die
             benedeloop van die rivier gevorm het?                       (1 x 1)        (1)

       2.5.2 Identifiseer die TWEE fluviale landvorme in sketse A en B
             onderskeidelik.                                      (2 x 1)               (2)

       2.5.3 Hoe het fluviale landvorm A ontwikkel?                           (2 x 2)   (4)

       2.5.4 Bespreek die formasie van fluviale landvorm B.                   (2 x 2)   (4)

       2.5.5 Verduidelik die impak van fluviale landvorm B op landbou-
             aktiwiteite.                                        (2 x 2)                (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               GEOGRAFIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2020)

 2.6   Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op dreineringsdigtheid gebaseer is.

       2.6.1 Wat is dreineringsdigtheid?                                   (1 x 1)     (1)

       2.6.2 Klassifiseer die dreineringsdigtheid by A en B in hoog of laag
             onderskeidelik.                                         (1 x 2)           (2)

       2.6.3 Bespreek hoe die verwydering van plantegroei die dreineringsdigtheid
             by A sal affekteer.                                          (2 x 2)      (4)

       2.6.4 In ŉ paragraaf van AGT reëls, bespreek die faktore wat die
             dreineringsdigtheid by B veroorsaak het.            (4 x 2)              (8)
                                                                                     [75]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       GEOGRAFIE V1                                   9

 AFDELING B:          NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN
                      SUID-AFRIKA

 VRAAG 3

 3.1   Kies die korrekte woord(e) uit die wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs
       die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
       neer.

       3.1.1    Die ligging van ŉ nedersetting in verhouding tot die omliggende
                omgewing staan as (standplaas/situasie) bekend.

       3.1.2    (Onteiening/Restitusie) is ŉ grondhervormingsbeleid wat mense
                vergoed vir grond wat hulle tydens apartheid verloor het.

       3.1.3    Bosbou is ŉ dominante ekonomiese aktiwiteit in (landelike/stedelike)
                nedersettings.

       3.1.4    (Kleinskaalse-/Grootskaalse-) boerdery beslaan groot stukke grond en
                het ŉ hoë opbrengste per hektaar.

       3.1.5    (‘Breindrein/Helder ligte’) word beskou as ŉ belangrike gevolg van
                mense wat landelike gebiede verlaat.

       3.1.6    (Standplaas/Situasie) is die presiese fisiese landskap waarop ŉ
                nedersetting gebou is.

       3.1.7    Kruispad-nedersettings kan (halfsirkelvormig/stervormig) wees.

       3.1.8    (Vigs/Gronderosie) is ŉ belangrike kwessie van sosiale geregtigheid in
                landelike gebiede.                                             (8 x 1) (8)

 3.2   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
       vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
       3.2.8 A.

       3.2.1    Die Saldanhabaai-IOS konsentreer op die ... -sektor.

                A      motorvoertuig
                B      olie- en gas
                C      aluminium
                D      toerisme

       3.2.2    ... -industrieë is geleë tussen die bron van grondstowwe en die
                verbruiker.

                A      Ongebonde
                B      Markgeoriënteerde
                C      Brug
                D      Grondstofgeoriënteerde

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                GEOGRAFIE V1                          (EC/SEPTEMBER 2020)

      3.2.3    Die platinum ROI word hoofsaaklik bevoordeel deurdat dit toegang tot
               ... het.

               A      minerale
               B      geskoolde arbeid
               C      steenkoolvelde
               D      hawens

      3.2.4    ŉ Suikermeule is ŉ voorbeeld van ŉ ... -industrie.

               A      ongebonde
               B      alomteenwoordige
               C      grondstofgeoriënteerde
               D      markgeoriënteerde

      3.2.5    Die … was ŉ post-apartheid strategie vir industriële ontwikkeling wat
               werkskepping en buitelandse belegging wou bewerkstellig.

               A      Nasionale Ontwikkelingsplan
               B      GEAR
               C      HOP
               D      Goeie Hoop-plan

      3.2.6    Die platinum ROI is in die ... provinsie geleë.

               A      Gauteng
               B      Noordwes
               C      Oos-Kaap
               D      KwaZulu-Natal

      3.2.7    Industriële ontwikkelingsones fokus hoofsaaklik op ...

               A      internasionale invoere.
               B      toerisme.
               C      internasionale uitvoere.
               D      landbou.                                                (7 x 1) (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V1                                   11

3.3   FIGUUR 3.3 toon ŉ foto wat stedelike verval uitbeeld.

      3.3.1    Beskryf hoe die foto stedelike verval uitbeeld.                 (1 x 1)   (1)

      3.3.2    Noem TWEE oorsake van stedelike verval.                         (2 x 1)   (2)

      3.3.3    Waarom is dit moeilik vir plaaslike owerhede om stedelike verval te
               bestuur?                                                    (1 x 2)       (2)

      3.3.4    Bespreek hoe fasadisme deur plaaslike owerhede gebruik kan word
               om stedelike verval te verlig.                            (1 x 2)         (2)

      3.3.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die ekonomiese
               belangrikheid van stedelike hernuwing vir stedelike gebiede. (4 x 2)      (8)

3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, 'n artikel oor verstedeliking van die wêreldbevolking.

      3.4.1    Wat is verstedeliking?                                          (1 x 1)   (1)

      3.4.2    Volgens die artikel, hoeveel mense woon tans in stede?          (1 x 1)   (1)

      3.4.3    Haal EEN dinamika (proses van verandering) van verstedeliking in die
               artikel aan.                                                 (1 x 1)      (1)

      3.4.4    Beskryf hoe die proses van stedelike groei die bevolking van stedelike
               gebiede kan verhoog.                                            (1 x 2)   (2)

      3.4.5    Hoe kan verstedeliking met die groei van informele nedersettings
               geassosieer word?                                        (1 x 2)          (2)

      3.4.6    Verduidelik waarom aansteeklike siektes (soos die korona-virus) vinnig
               in informele nedersettings van Suid-Afrika kan versprei.       (2 x 2)    (4)

      3.4.7    Bespreek die negatiewe impak wat ŉ toename                     in die
               verstedelikingskoers op stedelike gebiede kan hê                (2 x 2)   (4)

3.5   Bestudeer die infografiek (FIGUUR 3.5) van goudmynbou in Suid-Afrika.

      3.5.1   Noem die neiging in goudproduksie sedert 1970.                   (1 x 1)   (1)

      3.5.2   Volgens die uittreksel, wat is die negatiewe kwessies in goudmynbou?
                                                                             (2 x 1)     (2)

      3.5.3   Bespreek EEN fisiese (natuurlike) faktor wat verantwoordelik sou kon
              wees vir die neiging soos in VRAAG 3.5.1 aangedui.            (1 x 2)      (2)

      3.5.4   Hoe kan ‘digitale tegnologie’ ŉ negatiewe impak op goudmynbou hê?
                                                                          (1 x 2)        (2)

      3.5.5   Bespreek moontlike maniere waarop mynwerkers die produksie van
              goud in myne kan belemmer.                              (2 x 2)            (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2020)

       3.5.6   Verduidelik enkele aansporings (motivering) wat myneienaars aan
               mynwerkers kan voorstel om die produksie van goud in ons myne te
               verbeter.                                                 (2 x 2)             (4)

 3.6   FIGUUR 3.6 is ŉ gevallestudie gebaseer                op   die   strategieë   vir
       nywerheidsontwikkeling: Richardsbaai.

       3.6.1   In watter provinsie is Richardsbaai geleë?                       (1 x 1)      (1)

       3.6.2   Noem die nuwe belegging in Richardsbaai wat in die uittreksel genoem
               word.                                                          (1 x 1)        (1)

       3.6.3   Noem EEN voordeel van hierdie nuwe belegging vir die inwoners van
               Richardsbaai.                                              (1 x 1)            (1)

       3.6.4   Bespreek watter fisiese (natuurlike) faktore het Richardsbaai ŉ
               aantreklike ligging vir hierdie belegging gemaak.         (2 x 2)             (4)

       3.6.5   Ondanks hierdie belegging (genoem in die gevallestudie), ondervind
               die plaaslike ekonomie steeds baie uitdagings. In ŉ paragraaf van AGT
               reëls, verduidelik die uitdagings wat die Richardsbaai ROI ervaar.
                                                                               (4 x 2)      (8)
                                                                                           [75]

 VRAAG 4

 4.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
     vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.
     4.1.8 A.

       4.1.1   Die ordening van nedersettings van die kleinste tot grootste, volgens
               beskikbare funksies verwys na ...

               A      ongebreidelde stedelike uitbreiding.
               B      stedelike uitbreiding.
               C      stedelike hiërargie.
               D      stedelike groei.

       4.1.2   Die … grondgebruiksone is die toeganklikste en het die hoogste
               geboudigtheid.

               A      lae inkomste residensiële
               B      sentrale sakekern
               C      landelik-stedelike oorgangsone
               D      hoë inkomste residensiële

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                         GEOGRAFIE V1                                     13

       4.1.3    ŉ ... -strateplan (patroon) het paaie wat vanaf ŉ sentrale punt uitstraal.

                A      Onbeplande onreëlmatige
                B      Rooster
                C      Beplande onreëlmatige
                D      Radiale

       4.1.4    Die ... grondgebruiksmodel is buigsaam en verteenwoordig baie stede
                in die ontwikkelde wêreld.

                A      konsentriese
                B      sektor
                C      veelvuldigekern
                D      verstedeliking

       4.1.5    Die minimum aantal kliënte wat nodig is om ŉ onderneming
                winsgewend te maak, word die ... genoem.

                A      drempelbevolking
                B      reikwydte
                C      invloedsfeer
                D      mark

       4.1.6    ... dorpe is stedelike nedersettings met een dominante funksie.

                A      Aansluiting
                B      Gespesialiseerde
                C      Sentraleplek
                D      Handel en vervoer

       4.1.7    Kleinhandelondernemings wat langs hoofpaaie met massiewe
                parkeerplek gevind word, staan as ... winkelsentrums bekend.

                A      primêre subsentrum
                B      beplande buurt-
                C      kommersiële lint-
                D      beplande streek-                                           (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 4.2 Kies die korrekte woord(e) uit die wat tussen hakies gegee word om elk van die
     stellings WAAR te maak. Skryf slegs woord(e) langs die vraagnommer
     (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

      4.2.1    Die (handel-/betaling-) balans is die verskil in waarde tussen die invoer
               en uitvoer van 'n land.

      4.2.2    Geen toegang tot voedsame voedsel vir mense in ŉ land staan as
               (voedselsekerheid/voedselonsekerheid) bekend.

      4.2.3    ŉ (Ongunstige/Gunstige) handelsbalans bestaan as die uitvoerwaarde
               groter as die invoerwaarde is.

      4.2.4    (BBP/BNP) verwys na die totale waarde van goedere en dienste wat in
               een jaar deur die permanente inwoners in ŉ land geproduseer word.

      4.2.5    (Suikerriet/Mielies) word hoofsaaklik in KwaZulu-Natal geproduseer.

      4.2.6    Die (primêre/sekondêre) sektor lewer die grootste bydrae tot die
               ekonomie van Suid-Afrika.

      4.2.7    (Vryhandel/Proteksionisme) sal waarskynlik die plaaslike produksie
               laat daal en werkloosheid bewerkstellig.

      4.2.8    Waarde wat deur middel van verwerking tot ŉ grondstof toegevoeg
               word, word (veredeling/genetiese modifikasie) genoem.                        (8)

 4.3 FIGUUR 4.3 is ŉ spotprent oor landelike ontvolking.

      4.3.1    Definieer die term landelike ontvolking.                          (1 x 1)    (1)

      4.3.2    Lys bewyse van ontvolking van die platteland wat in die spotprent
               vermeld word.                                                  (2 x 1)       (2)

      4.3.3    Wat is so ironies (teenoorgesteld in betekenis) aan die doel van die
               voëlverskrikker in die spotprent?                             (1 x 2)        (2)

      4.3.4    Noem die gebrek aan TWEE basiese dienste wat landelike ontvolking
               kan veroorsaak.                                            (2 x 1)           (2)

      4.3.5    Bespreek die sosiale gevolge in landelike gebiede as gevolg van
               landelike ontvolking.                                     (2 x 2)            (4)

      4.3.6    Verduidelik waarom die beleid van grondherverdeling slegs landelike
               ontvolking sal verhoog.                                      (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                        GEOGRAFIE V1                                    15

 4.4 FIGUUR 4.4 is ŉ foto oor ŉ stedelike grondgebruiksone.

       4.4.1    Wat is ŉ stedelike grondgebruiksone?                             (1 x 1)        (1)

       4.4.2    Noem die stedelike grondgebruiksone in die foto.                 (1 x 1)        (1)

       4.4.3    Verskaf EEN gespesialiseerde vereiste vir hierdie grondgebruiksone
                sigbaar in die foto.                                        (1 x 1)             (1)

       4.4.4    Bespreek waarom hierdie grondgebruiksone as ŉ omgewings-
                ongeregtigheid gesien kan word.                   (2 x 2)                       (4)

       4.4.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die
                versoenbaarheid tussen infrastruktuur en hierdie grondgebruiksone.
                                                                              (4 x 2)           (8)

 4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, ŉ uittreksel op die informele sektor gebaseer.

       4.5.1    Hoeveel mense is werkloos, volgens die uittreksel?               (1 x 1)        (1)

       4.5.2    Haal bewyse aan om te motiveer dat werkloosheid ŉ ernstige probleem
                is.                                                           (1 x 1)           (1)

       4.5.3    Volgens die artikel, waarom is die informele sektor belangrik? (1 x 1)          (1)

       4.5.4    Bespreek sommige van die uitdagings wat deur die mense in die
                informele sektor ervaar word.                          (2 x 2)                  (4)

       4.5.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die negatiewe
                impak wat die informele sektor op die formele sektor het. (4 x 2)               (8)

 4.6 FIGUUR 4.6 is ŉ kaart wat die kern industriële streke in Suid-Afrika aantoon.

       4.6.1    Noem die kern industriële streek wat 3 genommer is.              (1 x 1)        (1)

       4.6.2    Wat is die vernaamste liggingsverskil tussen industriële streke 1 en 4?
                                                                                 (1 x 2)        (2)

       4.6.3    Hoe het hierdie liggingsverskil (genoem in VRAAG 4.6.2) die hooftipe
                industrie wat by 4 ontwikkel word, beïnvloed?                (1 x 2)            (2)

       4.6.4    Hoe het hierdie industrie (jou antwoord by VRAAG 4.6.3) die
                vaardighede van werkers in die streek verbeter?      (1 x 2)                    (2)

       4.6.5    Bespreek die fisiese (natuurlike) faktore wat die ontwikkeling van
                streek 1 bevoordeel het.                                     (2 x 2)            (4)

       4.6.6    Verduidelik die negatiewe sosiale impak wat industriële sentralisasie
                op streke 1 en 4 gehad het.                                   (2 x 2)        (4)
                                                                                            [75]

                                                                     GROOTTOTAAL:           225

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
