# Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-september-2021-afrikaans/90664987-f228-4a2a-a3bf-a53cb5065983
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-september-2021-afrikaans/90664987-f228-4a2a-a3bf-a53cb5065983)

## About this document

Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2021

                         GEOGRAFIE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GEOGRAFIE V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

 INLIGTING EN INSTRUKSIES

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE vrae.

 2.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 3.    Waar benodig, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.

 4.    Laat ŉ reël oop tussen die onderafdelings van die vrae wat beantwoord
       word.

 5.    Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 6.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik word.

 7.    Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

 8.    In AFDELING B word jy van ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart (2329 BB LOUIS
       TRICHARDT) en ŉ ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde gebied,
       verskaf.

 9.    Toon ALLE berekeninge, punte sal hiervoor toegeken word.

 10.   Die maateenheid, waar van toepassing, moet in die finale antwoord verskaf
       word, byvoorbeeld 10 km, 4 °C, oos.

 11.   Jy mag van ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar en ŉ vergrootglas gebruik
       maak.

 12.   Die gebied wat ROOI/SWART op die topografiese kaart afgemerk is,
       verteenwoordig die gebied wat deur die ortofotokaart gedek word.

 13.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                       GEOGRAFIE V1                                  3

 AFDELING A: KLIMAATKUNDE EN GEOMORFOLOGIE

 VRAAG 1

 1.1   Kies ŉ term in KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letters (A–H) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 I.

                          KOLOM A                                KOLOM B
       1.1.1    Die hoek waarteen die son se strale A       hitte-eiland
                die aarde tref

       1.1.2    Lug styg in die vallei, gedurende die B     katabaties
                dag

       1.1.3    Koue lug vanaf die oostewinde C             polêre front
                ontmoet warm lug vanaf die
                westewinde

       1.1.4    Hoë humiditeit en wolklose nagte D          aspek
                bevorder die vorming van hierdie vorm
                van neerslag

       1.1.5    Vorm wanneer ŉ trog van laagdruk oor E      rypholte
                die binneland ontwikkel

       1.1.6    Hierdie wind waai snags as gevolg F         radiasie mis
                van    die   afkoeling  van   die
                aardoppervlakte

       1.1.7    Mag op die valleivloer ontwikkel as die G   anabaties
                doupunttemperatuur tot onder 0 °C
                daal

                                                       H    vogfront
                                                                            (7 x 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  GEOGRAFIE V1                            (EC/SEPTEMBER 2021)

1.2   Verwys na FIGUUR 1.2 wat die vorming en kenmerke van tropiese siklone
      vertoon. Pas die onderstaande beskrywings met sketse A, B en C. Skryf slegs
      die letter A, B of C langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 B.

      1.2.1   Cirrus- en cumuluswolke veroorsaak ligte reën

      1.2.2   Kolom van laagdruk ontwikkel in die sentrum

      1.2.3   Latente-hitte word vanaf die afgekoelde lug vrygestel

      1.2.4   Stapelende cumulonimbuswolke is sigbaar rondom die oog

      1.2.5   Tropiese sikloon bereik ongeveer 100 km in diameter

      1.2.6   Druk in die oog daal tot onder 1 000 hPa

      1.2.7   Water verdamp vanuit warm tropiese oseane

      1.2.8   Diameter van die tropiese sikloon oorskry 500 km                (8 x 1)     (8)

1.3   FIGUUR 1.3 toon ŉ sinoptiese weerkaart van Suidelike Afrika.

      1.3.1   Noem die isobariese interval op die sinoptiese weerkaart.       (1 x 1)     (1)

      1.3.2   Hoe stel die ligging van antisiklone A en B voor, dat die sinoptiese
              weerkaart winter uitbeeld?                                    (1 x 2)       (2)

      1.3.3   Gee rekenskap vir die tekort aan neerslag oor die oostelike helfte van
              hierdie sinoptiese weerkaart gedurende winter.                  (1 x 2)     (2)

      1.3.4   Die weersisteem C is ŉ middelbreedte-sikloon in die okklusie-stadium.

              (a)    In watter rigting beweeg die middelbreedte-sikloon?      (1 x 1)     (1)

              (b)    Noem die tipe okklusie wat op hierdie sinoptiese weerkaart
                     sigbaar is.                                         (1 x 1)          (1)

              (c)    Bespreek die vorming van hierdie tipe okklusie (jou antwoord op
                     VRAAG 1.3.4 (b)).                                        (2 x 2)     (4)

              (d)    Verduidelik waarom die windrigting en neerslag sal verander
                     wanneer die okklusie Kaapstad in die volgende 48 uur bereik.
                                                                            (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                      GEOGRAFIE V1                                   5

 1.4   FIGUUR 1.4 toon die ontwikkeling van bergwinde.

       1.4.1    Gee ŉ bewys vanaf die diagram wat daarop dui dat die bergwind
                vanaf die binneland na die kus waai.                   (1 x 1)         (1)

       1.4.2    Waarom affekteer bergwinde meestal die kus van Suid-Afrika
                gedurende winter?                                  (1 x 2)             (2)

       1.4.3    Beskryf die rol wat die kuslaag in die vorming van die bergwinde
                speel.                                                     (2 x 2)     (4)

       1.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die negatiewe
                impak van bergwinde op die omliggende omgewing.           (4 x 2)      (8)

 1.5   FIGUUR 1.5 toon ŉ besoedelingskoepel.

       1.5.1    Gee TWEE redes waarom besoedelingskoepels algemeen in
                meeste stede is.                                (2 x 1)                (2)

       1.5.2    Gee ŉ bewys vanaf die diagram wat voorstel dat hierdie
                besoedelingskoepel gedurende die aand voorkom. (1 x 1)                 (1)

       1.5.3    Stel ŉ rede voor waarom besoedelingskoepels meer
                gekonsentreerd gedurende die aand is.       (1 x 2)                    (2)

       1.5.4    Hoe verhoog besoedelingskoepels temperature in ŉ stad?     (1 x 2)     (2)

       1.5.5    Verduidelik waarom die negatiewe impak van besoedelingskoepels
                op mense groter gedurende die winter is.                (2 x 2)        (4)

       1.5.6    Verskaf volhoubare strategieë wat die voorkoms van
                besoedelingskoepels in ons stede kan verminder. (2 x 2)               (4)
                                                                                     [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               GEOGRAFIE V1                             (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 2

2.1 Kies ŉ term uit KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
    die letter (A–H) langs die vraagnommers (2.1.1–2.1.7) in die
    ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.8 I.

                        KOLOM A                               KOLOM B
     2.1.1   ŉ Rivier wat kenmerkend van ariede A          grondwater
             gebiede is

     2.1.2   Vorm ŉ geleidelike konveksvormige B           episodies
             helling

     2.1.3   Hoë vlakke van erosie op die buite- C         stroom-orde
             oewer van die meander

     2.1.4   Proses van ŉ waterskeiding wat sy D           verarmde
             posisie verlaag

     2.1.5   ŉ Stroom wat te klein is vir die vallei E     stoot-oewer
             waarin dit vloei

     2.1.6   Die watertafel is altyd hoog in hierdie F     gly-oewer
             rivier

     2.1.7   Metode     om    die    grootte    van G      permanent
             dreineringsbekkens te klassifiseer

                                                       H   abstraksie
                                                                           (7 x 1)     (7)

2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat tipes dreineringspatrone toon. Pas die
    onderstaande beskrywings by sketse A, B, C en D. Skryf slegs die letter A, B,
    C of D langs die vraagnommer (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, byvoorbeeld 2.2.9 B.

     2.2.1   Sytakke sluit skerphoekig aan

     2.2.2   Word gevind in gebiede waar vulkane en koepels voorkom

     2.2.3   Hoofstrome is parallel tot mekaar

     2.2.4   Vorm op stollingsgesteentes met baie nate

     2.2.5   Hoofstrome het 90° buigings langs sy loop

     2.2.6   Riviere vloei weg vanaf ŉ sentrale punt

     2.2.7   Vorm in gebiede van afwisselende lae van harder en sagte
             gesteentes

     2.2.8   Ontstaan in gesteentes wat eenvormige weerstand teen erosie het
                                                                        (8 x 1)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        GEOGRAFIE V1                                     7

2.3    Bestudeer FIGUUR 2.3 wat rivier-verjonging illustreer.

       2.3.1    Noem EEN oorsaak van rivier-verjonging.                        (1 x 1)     (1)

       2.3.2    Beskryf die proses van rivier-verjonging.                      (1 x 2)     (2)

       2.3.3    Verwys na landvorm verskynsel A.

                (a)    Hoe verander verjonging die fisiese kenmerke van
                       verskynsel A?                                           (1 x 2)     (2)

                (b)    Verduidelik hoe die veranderde kenmerke van verskynsel A
                       die konstruksie (bou) van ŉ brug by hierdie punt van die rivier
                       sal beïnvloed.                                         (1 x 2)      (2)

       2.3.4    Beskryf hoe verjonging die gradering van die rivier verander het.
                                                                             (1 x 2)       (2)

       2.3.5    Wat is die kenmerkend van die knakpunt op die skets?           (1 x 2)     (2)

       2.3.6    Verduidelik hoe die knakpunt kan verander as gevolg van
                verjonging.                                       (2 x 2)                  (4)

2.4    FIGUUR 2.4 toon ŉ vloedvlakte.

       2.4.1    In watter loop (stadium) van die rivier het die vloedvlakte
                heelwaarskynlik gevorm?                              (1 x 1)               (1)

       2.4.2    Gee ŉ bewys vanaf FIGUUR 2.4 om jou antwoord by VRAAG 2.4.1
                te ondersteun.                                       (1 x 2)               (2)

       2.4.3    Hoe dra herhaaldelike oorstroming van die rivier by tot verhoogde
                vlakke van grondvrugbaarheid op die vloedvlakte?            (2 x 2)        (4)

       2.4.4    Bespreek TWEE omgewingsvoordele van ŉ vloedvlakte.             (2 x 2)     (4)

       2.4.5    Verduidelik die negatiewe impak wat swaar reënval (oorstromings)
                op menslike aktiwiteite op die vloedvlakte kan het.       (2 x 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GEOGRAFIE V1                           (EC/SEPTEMBER 2021)

2.5   FIGUUR 2.5 is ŉ uittreksel oor rivierbestuur.

      2.5.1   Hoeveel mense is afhanklik van die Vaalrivier soos in die uittreksel
              aangedui?                                                    (1 x 1)       (1)

      2.5.2   Volgens die uittreksel, wat is die oorsaak van die onbehandelde riool
              wat die Vaalrivier binne gaan.                                (1 x 1)      (1)

      2.5.3   Wat is die negatiewe impak van onbehandelde riool op ŉ rivier? (1 x 1)     (1)

      2.5.4   Bespreek die belangrikheid van rivierbestuur langs ŉ rivier se
              opvangsgebied.                                          (2 x 2)            (4)

      2.5.5   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel strategieë voor, wat
              geïmplementeer kan word om dreineringsbekkens teen onbehandelde
              riool te beskerm.                                         (4 x 2)          (8)
                                                                                        [60]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                         GEOGRAFIE V1                                     9

 AFDELING B: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

 Die onderstaande vrae is op die 1 : 50 000 topografiese kaart 2329 BB LOUIS
 TRICHARDT, sowel as die ortofotokaart van ŉ gedeelte van die gekarteerde
 gebied, gebaseer.

 VRAAG 3

 KAARTWERKVAARDIGHEDE EN -BEREKENINGE

 3.1 Die koördinate vir Louis Trichardt is 2329BB.

       3.1.1    In die kaartindeks van 2329BB, verteenwoordig 29, ...

                A       29° suid van die ewenaar.
                B       29° wes van die Greenwich Meridiaan.
                C       29° noord van die ewenaar.
                D       29° oos van die Greenwich Meridiaan.                    (1 x 1)     (1)

       3.1.2    Teken die onderstaande rooster in jou ANTWOORDEBOEK en dui
                die volgende op die rooster aan:

                (a)    Die kaartindeks-posisie van Louis Trichardt (kleur die area in)
                                                                                (1 + 1)     (2)

                (b)    Die koördinate van die kaart                             (1 + 1)     (2)

 3.2 Verwys na blokke E4 en G4 op die topografiese kaart.

       Bereken die gemiddelde gradiënt tussen trigonometriese stasie 96 (blok E4)
       en punthoogte 932 (blok G4). Toon ALLE berekeninge. Punte sal vir
       berekeninge toegeken word.                                          (5 x 1)          (5)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  GEOGRAFIE V1                              (EC/SEPTEMBER 2021)

 KAARTINTERPRETASIE

 3.3 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
     Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
     (3.3.1 tot 3.3.2) in jou ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.3.3 C.

      3.3.1    Die helling tussen 2 en 3 op die ortofotokaart, is ŉ ... helling.

               A      konveks
               B      terras
               C      geleidelike
               D      konkawe                                                                  (1)

      3.3.2    Die gebied by 5 op die ortofotokaart het ŉ laer temperatuur as gebied
               4 op die ortofotokaart as gevolg van/die ...

               A      hellingaspek.
               B      kunsmatige oppervlaktes.
               C      termiese gordel.
               D      rivier se invloed.                                                       (1)

 3.4 Verwys na die woonbuurt Tshikota, wat in blok F5 op die valleivloer geleë is,
     op die topografiese kaart.

      3.4.1    Is die plaaslike wind wat verantwoordelik vir die koel toestande wat
               in Tshikota gedurende die aand ervaar word, ŉ anabatiese of
               katabatiese wind?                                             (1 x 1)           (1)

      3.4.2    Waarom veroorsaak die plaaslike wind, wat in VRAAG 3.4.1
               genoem is, hoë besoedelings-konsentrasies in Tshikota gedurende
               die aande?                                                (1 x 2)               (2)

      3.4.3    Met spesiale verwysing na die topografiese kaart, wat het die
               Tshikota plaaslike regering (munisipaliteit) gehelp om die hoë
               konsentrasie van besoedeling in die gebied, te verminder? (1 x 2)               (2)

 3.5 Verwys na die nie-standhoudende rivier 7, in blok A3 op die ortofotokaart.

      3.5.1    In watter rigting vloei die nie-standhoudende rivier by 7?          (1 x 1)     (1)

      3.5.2    Verduidelik TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.5.1 deur
               beide ortofotokaart- en topografiese kaart bewyse te verskaf. (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                        GEOGRAFIE V1                                 11

 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

 3.6 Louis Trichardt is in die Soutpansberg gebied waar geoloë deurlopend
     navorsing doen en data versamel aangaande die impak van aanhoudende
     ontbossing.

       3.6.1    Definieer die term data in GIS.                             (1 x 2)     (2)

       3.6.2    Is die data wat deur geoloë versamel word, primêre of sekondêre
                data?                                                    (1 x 1)        (1)

       3.6.3    Verskaf die topografiese kaart data-laag wat geoloë aangaande
                ontbossing sal inlig.                                   (1 x 1)         (1)

       3.6.4    Verwys na die dam by 8 op die ortofotokaart. Watter inligting kan
                geoloë vanaf hierdie laag versamel, aangaande die invloed van
                ontbossing op die dam?                                      (2 x 2)    (4)
                                                                                      [30]

                                                                GROOTTOTAAL:          150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 ANNEX SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-annex-sept2017-afrikaans/2bf905cf-1065-489e-90d7-bef0d0d656ac) — Geography · Addendum · 2017 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [2021 KZN June P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2021-kzn-june-p1-qp/6738f615-2f3d-4931-92e0-6ba5f300837a) — Geography · QP · 2021

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
