# Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-afr/f98c71fd-370f-4a73-891e-f389cee871ee
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-afr/f98c71fd-370f-4a73-891e-f389cee871ee)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2015. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                        2015

                                                                        PUNTE: 225

                                                                         TYD: 3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n bylae van 10 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  2                                 DBE/2015
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.      Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is. Nommer die antwoorde in die MIDDEL van die reël.

7.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

8.      Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   3                                        DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1 wat 'n stadium in die ontwikkeling van 'n
         middelbreedte-sikloon aantoon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen
         hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         1.1.1        'n     Middelbreedte-sikloon        staan        ook         as        'n
                      (kuslaagdruk/ekstratropiese sikloon) bekend.

         1.1.2        Die middelbreedte-sikloon in FIGUUR 1.1 ontwikkel in die
                      (Suidelike/ Noordelike) Halfrond.

         1.1.3        'n Middelbreedte-sikloon is 'n (hoog/laag)-drukstelsel.

         1.1.4        Die stadium van ontwikkeling wat in FIGUUR 1.1 voorgestel word,
                      is die (golf-/volwasse) stadium.

         1.1.5        'n Middelbreedte-sikloon beweeg in 'n (oostelike/westelike) rigting.

         1.1.6        In die (somer/winter) het 'n middelbreedte-sikloon 'n groter invloed
                      in Suid-Afrika.

         1.1.7        Lyn A is die (40°/60°)-breedtegraad.                              (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                                      DBE/2015
                                               SSE

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM A
         pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                               KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       Die verlenging van die stroom by sy      A    watertafel
                     oorsprong as gevolg van die erosie
                     van die waterskeiding                    B    dendrities

         1.2.2       Rivier in 'n nat klimaat waar die reënval C   dreineerpatroon
                     die verdampingstempo oorskry
                                                               D   terugwaartse erosie
         1.2.3       'n Snit van 'n rivier wat reghoekig met
                     die rivier oor die vallei geteken is      E   dwarsprofiel
         1.2.4       Die dreineerpatroon wat deur             F    tralie
                     plooiberge gevorm word
                                                              G    episodiese rivier
         1.2.5       Kom voor wanneer die posisie van 'n
                     waterskeiding verander as gevolg van     H    abstraksie
                     'n meer energieke stroom wat parallel
                     langs 'n minder energieke stroom vloei   I    permanente rivier
         1.2.6       'n Dreineerpatroon wat met 'n
                     eenvormige onderliggende
                     rotsstruktuur geassosieer word
         1.2.7       Die boonste vlak van die
                     versadigingsone in die onderliggende
                     rotsstruktuur
         1.2.8       Die rangskikking van strome en riviere
                     in 'n dreineerbekken
                                                                                         (8 x 1)     (8)

1.3      Bestudeer die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.3 om die vrae hieronder te
         beantwoord.

         1.3.1        Identifiseer hoogdruksel A.                                        (1 x 1)     (1)

         1.3.2        Identifiseer front B.                                              (1 x 1)     (1)

         1.3.3        Gee die lugdruk by A.                                              (1 x 1)     (1)

         1.3.4        Watter bewys in gebied C toon dat sterk winde ervaar word?         (1 x 2)     (2)

         1.3.5        Gee 'n rede vir die wolkbedekking oos van die hittelaagdruk.       (1 x 2)     (2)

         1.3.6        Behalwe vir die datum, watter bewyse dui daarop dat dit 'n somer
                      sinoptiese weerkaart is?                                   (1 x 2)             (2)

         1.3.7        Met verwysing na die Suid-Indiese (Mauritius) Hoogdruk wat oos van
                      Durban voorkom, verduidelik die weerstoestande wat in Durban
                      ervaar word.                                                (3 x 2)            (6)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  5                                    DBE/2015
                                             SSE

1.4      FIGURE 1.4 toon die ontwikkeling van 'n bewegende versteuring wat as 'n
         lyndonderstorm bekend staan.

         1.4.1       Noem die seisoen waartydens lyndonderstorms voorkom.          (1 x 1)       (1)
         1.4.2       Noem die TWEE hoogdrukstelsels wat vir die ontwikkeling van
                     lyndonderstorms verantwoordelik is.                   (2 x 1)               (2)
         1.4.3       Noem TWEE weerstoestande wat met lyndonderstorms geassosieer
                     word.                                                 (2 x 1)               (2)
         1.4.4       Gee 'n rede vir die verskuiwing van die Kalahari-hoogdruksel tydens
                     'n lyndonderstorm.                                           (1 x 2)        (2)
         1.4.5       Evalueer die impak van lyndonderstorms op boere in die binneland
                     van Suid-Afrika in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls.   (4 x 2)           (8)

1.5      Bestudeer FIGUUR 1.5 wat geërfde dreinering (A) en antesedente
         dreinering (B) toon.

         1.5.1       Onderskei tussen geërfde dreinering en antesedente dreinering.
                                                                                 (2 x 1)         (2)
         1.5.2       Gee EEN rede waarom geërfde dreinering nie van loop verander
                     nie.                                                  (1 x 2)               (2)
         1.5.3       Noem EEN unieke kenmerk wat met die vloeipatrone van geërfde
                     en antesedente dreinering geassosieer word.           (1 x 2)               (2)
         1.5.4       Identifiseer die tektoniese krag wat met die opheffing van die
                     oppervlak in diagram B geassosieer word.                 (1 x 2)            (2)
         1.5.5       Gee die verhouding tussen die tempo van inkerwing en tektoniese
                     opheffing in antesedente dreinering.                     (1 x 2)            (2)
         1.5.6       Verduidelik waarom die geïllustreerde landskappe nie vir menslike
                     bewoning geskik is nie.                                   (2 x 2)           (4)

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat 'n vereenvoudigde skets van stroomroof naby die
         Pungweravyn in Mpumalanga toon.

         1.6.1       Pas die volgende stroomroofverskynsels by letters A, B, C of D:
                     (a)   Verarmde/Beroofde stroom                                (1 x 1)       (1)
                     (b)   Windsaal                                                (1 x 1)       (1)
                     (c)   Roofelmboog                                             (1 x 1)       (1)
         1.6.2       Noem EEN kenmerk van die verarmde/beroofde stroom.            (1 x 1)       (1)
         1.6.3       Verduidelik hoe stroomroof tot die verjonging van die Pungwerivier
                     gelei het.                                                 (2 x 2)          (4)
         1.6.4       Beskryf in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die negatiewe
                     impak van stroomroof op mense wat langs die oewers van die
                     Nyakupingarivier woon.                                (4 x 2)               (8)
                                                                                                 [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     6                                      DBE/2015
                                                SSE

VRAAG 2

2.1      Dui aan of elk van die stellings hieronder na 'n HOOGDRUKSEL of 'n
         LAAGDRUKSEL verwys.

         2.1.1       Die lugdruk verhoog uitwaarts.

         2.1.2       Winde konvergeer na binne-in die lugdruksel.

         2.1.3       Die lugsirkulasie is kloksgewys in die Noordelike Halfrond.

         2.1.4       Hierdie lugdruksel staan ook as 'n antisikloon bekend.

         2.1.5       Hierdie lugdruksel word met dalende lug geassosieer.

         2.1.6       Hierdie lugdruksel word met 'n dun lagie lug waarin temperatuur met
                     hoogte toeneem, geassosieer.

         2.1.7       Winde divergeer uit hierdie lugdruksel uit.

         2.1.8       Hierdie lugdruksel word met stabiele weerstoestande geassosieer.
                                                                                (8 x 1)               (8)

2.2      Verwys na FIGUUR 2.2 wat 'n rivierprofiel van 'n Suid-Afrikaans rivier van sy
         oorsprong tot sy monding illustreer. Verskeie basisvlakke van erosie word in
         die rivierprofiel aandui.

         2.2.1       Identifiseer die tipe rivierprofiel in die diagram.

         2.2.2       Toon die rivierprofiel 'n           GEGRADEERDE        profiel     of    'n
                     ONGEGRADEERDE profiel?

         2.2.3       In watter loop van die rivier het die waterval ontwikkel?

         2.2.4       Sal verjonging stroomop of stroomaf van die knakpunt plaasvind?

         2.2.5       Noem die permanente erosiebasisvlak wat in FIGUUR 2.2 sigbaar
                     is.

         2.2.6       Noem 'n tydelike erosiebasisvlak wat in FIGUUR 2.2 sigbaar is.

         2.2.7       Sal die waterval STROOMOP of STROOMAF beweeg?                      (7 x 1)       (7)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat die baan van 'n tropiese sikloon in die
         Mosambiekkanaal toon.

         2.3.1       In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone?                (1 x 1)        (1)

         2.3.2       Die Coriolis-krag is amper nul tussen 0° en 5° suid en noord van die
                     ewenaar. Hoe sal dit die punt van oorsprong van 'n tropiese sikloon
                     beïnvloed?                                                   (1 x 2)              (2)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                                     DBE/2015
                                               SSE

         2.3.3       Gee die duur van die tropiese sikloon IN figuur 2.3 in dae.       (1 x 2)      (2)

         2.3.4       Gebruik die skaal wat voorsien is en bepaal die geraamde afstand
                     van hierdie sikloon se pad tussen 20 Januarie en 31 Januarie.
                                                                                   (1 x 2)          (2)

         2.3.5       Waarom volg tropiese siklone 'n onreëlmatige/wisselvallige pad?
                                                                                  (2 x 2)           (4)

         2.3.6       'n Skip by A is in die gevaarlike semisirkel van die tropiese sikloon
                     vasgevang. Voorspel die gevolge vir dié skip wat vasgevang is ten
                     opsigte van die veilige lewering van sy vrag in die Durban-hawe.
                                                                                    (2 x 2)         (4)

2.4      FIGUUR 2.4 illustreer valleiklimate.

         2.4.1       Identifiseer wind A.                                             (1 x 1)       (1)

         2.4.2       Verduidelik waarom hierdie wind snags voorkom.                   (2 x 2)       (4)

         2.4.3       Gee EEN rede waarom die warm luglaag by B halfpad teen die
                     helling op geleë is.                                (1 x 2)                    (2)

         2.4.4       Verduidelik die impak van die warm luglaag by B op menslike
                     aktiwiteite in die vallei in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls.
                                                                                      (4 x 2)       (8)

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat verskynsels van rivierverjonging toon.

         2.5.1       Definieer die term rivierverjonging.                             (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Identifiseer die verskynsels van rivierverjonging in diagram A en
                     diagram B.                                                  (2 x 1)            (2)

         2.5.3       Waarop dui 'n knakpunt in die loop van 'n verjongde rivier?      (1 x 2)       (2)

         2.5.4       Noem die impak van rivierverjonging op die dwarsprofiel van 'n
                     rivier.                                                 (1 x 2)                (2)

         2.5.5       Verduidelik waarom 'n ravyn ontwikkel waar 'n rivier verjong is.(2 x 2)        (4)

         2.5.6       Verduidelik waarom verjongde riviere toeriste lok.               (2 x 2)       (4)

2.6      FIGUUR 2.6 is 'n foto wat besoedeling langs 'n gedeelte van die Umgenirivier
         toon.

         2.6.1       Watter bewyse dui daarop dat besoedeling langs hierdie gedeelte
                     van die rivier voorkom?                                  (3 x 1)               (3)

         2.6.2       Bespreek die impak van besoedelde water op die bestaan van
                     mense wat op die oewers van die Umgenirivier woon.   (2 x 2)                   (4)

         2.6.3       Stel strategieë voor (in ongeveer AGT reëls) wat ingestel kan word
                     om besoedeling langs die Umgenirivier te verminder.         (4 x 2)            (8)
                                                                                                    [75]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                                   DBE/2015
                                              SSE

AFDELING B:           LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS                      EN
                      SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verwys na FIGUUR 3.1. Dui aan of elk van die volgende stellings na
         NEDERSETTINGSTIPE A of NEDERSETTINGSTIPE B verwys.

         3.1.1       Hierdie nedersetting is 'n droëpuntnedersetting.

         3.1.2       Die moontlikheid van oorstromings is 'n gevaar vir hierdie
                     nedersetting.

         3.1.3       Hierdie nedersetting is op hoogliggende grond geleë.

         3.1.4       Hierdie nedersetting het 'n verspreide patroon.

         3.1.5       Hierdie nedersetting is op die vloedvlakte geleë.

         3.1.6       Hierdie nedersetting het rofweg 'n lineêre patroon.

         3.1.7       Hierdie nedersetting leen hom tot grootskaalse boerdery.

         3.1.8       Hierdie nedersetting is 'n kernnedersetting.                  (8 x 1)       (8)

3.2      Lees die volgende stellings en kies die geskikte woord(e) tussen hakies om
         die sin WAAR te maak. Skryf slegs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) en die
         antwoord neer.

         3.2.1       Die waarde van alle goedere, produkte of dienste wat vir 'n tydperk
                     van 'n jaar binne die landsgrense vervaardig word, staan as die
                     (bruto binnelandse produk/bruto nasionale produk) bekend.

         3.2.2       Landbou is 'n baie belangrike verskaffer van grondstowwe aan die
                     (sekondêre/tersiêre) ekonomiese sektor.

         3.2.3       'n Beplande strategie om nywerhede weg van oorgekonsentreerde
                     gebiede te verskuif, staan as (dekonsentrasie/desentralisasie)
                     bekend.

         3.2.4       Die versigtige gebruik van hulpbronne om sosiale en ekonomiese
                     ontwikkeling vir toekomstige geslagte in stand te hou, staan as
                     (volhoubare ontwikkeling/heropbou en ontwikkeling) bekend.

         3.2.5       'n Ruimtelike gebied wat geïdentifiseer is om nywerheids-
                     ontwikkeling en verwante ekonomiese aktiwiteite net buite die
                     kernpunt te lok, word 'n (vragverbrekings/groei)-punt genoem.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    9                                    DBE/2015
                                               SSE

        3.2.6        Die finansiële ondersteuning wat deur die regering verskaf word om
                     produksiekoste in die sekondêre sektor te verlaag, word
                     (subsidies/tariewe) genoem.

        3.2.7        (Invoere/Uitvoere) is goedere wat in 'n land ingebring word.    (7 x 1)       (7)

3.3     Verwys na FIGUUR 3.3 wat 'n landelike nedersettingspatroon toon.

        3.3.1        Identifiseer die landelike nedersettingspatroon in FIGUUR 3.3. (1 x 1)        (1)

        3.3.2        Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.1.                   (1 x 1)       (1)

        3.3.3        Identifiseer die primêre ekonomiese aktiwiteit waarby die meeste
                     mense wat in hierdie nedersetting woon, betrokke sal wees. (1 x 1)            (1)

        3.3.4        Noem TWEE moontlike standplaasfaktore wat mense beïnvloed het
                     om in hierdie nedersetting te woon.                    (2 x 2)                (4)

        3.3.5        Swak boerderymetodes het tot laer opbrengste in die geïllustreerde
                     landskap gelei.

                     Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy die impak van
                     swak boerderymetodes op die ekonomie en landelike ontvolking
                     ontleed.                                                   (4 x 2)            (8)

3.4     Bestudeer FIGUUR 3.4 wat grondgebruik in 'n Suid-Afrikaanse stad aantoon
        en beantwoord dan die vrae.

        3.4.1        Benoem grondgebruiksone A.                                      (1 x 1)       (1)

        3.4.2        Gee TWEE redes vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                 (2 x 1)       (2)

        3.4.3        Gee 'n gepaste term om gebied B mee te beskryf.                 (1 x 2)       (2)

        3.4.4        Gee TWEE kenmerke van die grondgebruiksone wat in VRAAG 3.4.3
                     genoem is.                                             (2 x 2)                (4)

        3.4.5        Waarom is die grondgebruiksone in gebied B geneig om onwettige
                     immigrante na die stad te lok?                         (2 x 2)                (4)

        3.4.6        Verduidelik die moontlike hoë grondwaardes in gebied B.         (1 x 2)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   10                                   DBE/2015
                                              SSE

3.5      Lees in FIGUUR 3.5 die uittreksel uit 'n artikel wat op voedselonsekerheid
         gebaseer is.

         3.5.1       Definieer die term voedselonsekerheid.                         (1 x 1)       (1)

         3.5.2       Noem TWEE groepe mense wat, volgens die artikel, die
                     kwesbaarste vir voedselonsekerheid in landelike gebiede is. (2 x 1)          (2)

         3.5.3       Noem EEN fisiese faktor wat tot voedselonsekerheid bydra.      (1 x 2)       (2)

         3.5.4       Noem EEN sosio-ekonomiese faktor wat tot voedselonsekerheid
                     bydra.                                               (1 x 2)                 (2)

         3.5.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maatreëls
                     voorstel wat ingestel kan word om Suid-Afrika se voedselsekerheid
                     te verseker.                                               (4 x 2)           (8)

3.6      Bestudeer die kaart in FIGUUR 3.6 wat 'n kernnywerheidstreek in
         Suid-Afrika aantoon. Beantwoord die vrae wat volg.

         3.6.1       Benoem die nywerheidstreek wat in FIGUUR 3.6 getoon word.
                                                                              (1 x 1)             (1)

         3.6.2       Noem TWEE belangrike nywerheidsaktiwiteite wat in hierdie streek
                     domineer.                                                 (2 x 1)            (2)

         3.6.3       Lewer kommentaar op die tipes grondstowwe wat beskikbaar is om
                     die nywerheidsaktiwiteite in VRAAG 3.6.2 te ondersteun. (2 x 2)              (4)

         3.6.4       Hoe pak hierdie streek sy waternood-probleem aan?              (2 x 2)       (4)

         3.6.5       Ontleed hierdie streek se toeganklikheid vir internasionale markte in
                     vergelyking met ander nywerheidstreke in Suid-Afrika.         (2 x 2)        (4)
                                                                                                  [75]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                      11                                   DBE/2015
                                                 SSE

VRAAG 4

4.1      Kies 'n begrip uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld, 4.1.8 J.

                              KOLOM A                                 KOLOM B
         4.1.1       'n Stelsel waarvolgens stedelike       A    stedelike morfologie
                     gebiede volgens grootte en funksies
                     rangskik word                          B    stedelike uitspreiding

         4.1.2       Beweging van mense van stedelike       C    landelik-stedelike
                     na landelike gebiede                        oorgangsone

         4.1.3       Die sy-aansig van 'n stad              D    stedelike hiërargie

         4.1.4       Vormlose uitbreiding van stedelike     E    stedelike profiel
                     gebiede in die omliggende landelike
                     gebiede in                             F    teenverstedeliking

         4.1.5       Die veroudering, verval en             G    stedelike verval
                     agteruitgang van geboue in die
                     middestad                              H    landelik-stedelike
                                                                 migrasie
         4.1.6       Die buitelynvorm van 'n stedelike
                     gebied

         4.1.7       Die sone aan die buitewyke van 'n
                     stad waar stedelike en landelike
                     funksies met mekaar vermeng
                                                                                       (7 x 1)      (7)

4.2      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 A.

         4.2.1        Hoë-orde-funksies en diensnywerhede is 'n voorbeeld van die ...
                      ekonomiese sektor.

                      A    primêre
                      B    sekondêre
                      C    tersiêre
                      D    kwaternêre

         4.2.2        Die bydrae van die landbousektor se bydrae tot die BBP (bruto
                      binnelandse produk) het afgeneem as gevolg van ...

                      A    die lae produksiekoste van landbougewasse.
                      B    'n toename in die uitsette van sekondêre en tersiêre aktiwiteite.
                      C    meganisasie wat die aantal plaaswerkers verminder.
                      D    verbeterde klimaatstoestande.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  12                                  DBE/2015
                                             SSE

         4.2.3       Die plaaslike mark waar produkte in Suid-Afrika vervaardig en
                     verkoop word:

                     A    Tuismark
                     B    Invoermark
                     C    Internasionale mark
                     D    Uitvoermark

         4.2.4       'n Voorbeeld van 'n toegevoegdewaarde-produk:

                     A    Mielies
                     B    Sojabone
                     C    Gedroogde vrugte
                     D    Sonneblomsaad

         4.2.5       Wisselende mineraalpryse in Suid-Afrika word deur ... veroorsaak.

                     A    buitelandse wisselkoerse
                     B    verbeterde infrastruktuur
                     C    beperkte beskikbaarheid van mineraalreserwes
                     D    swak werksomstandighede

         4.2.6       Die vernaamste vervaardigingsnywerheid in die Suidwestelike Kaap:

                     A    Yster- en staalproduksie
                     B    Inmaak van vis
                     C    Motorvoertuigmontering
                     D    Suikerraffinering

         4.2.7       'n Nywerheid wat enige plek gevestig kan word, staan as 'n ...
                     nywerheid bekend.

                     A    vragverbrekingspunt-
                     B    grondstofgeoriënteerde
                     C    brug-
                     D    alomteenwoordige

         4.2.8       Die enigste nywerheidstreek in Suid-Afrika wat in die binneland
                     geleë is:

                     A    Suidwestelike Kaap
                     B    PWV/Gauteng
                     C    Port-Elizabeth-Uitenhage
                     D    Durban-Pinetown                                         (8 x 1)       (8)

4.3      Die drempelbevolking wat vir 'n diens benodig word, word deur die orde van
         die diens bepaal.

         4.3.1       Definieer die begrip drempelbevolking.                       (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Noem die verskil tussen reikwydte en invloedsfeer.           (2 x 1)       (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    13                                  DBE/2015
                                               SSE

         4.3.3       Die inkopiepatrone van mense word bepaal deur die orde van die
                     diens wat hulle benodig.

                     (a)   Gee 'n voorbeeld van 'n hoë-orde-diens.                  (1 x 1)       (1)

                     (b)   Waarom, dink jy, is mense bereid om groter afstande te reis vir
                           die hoë-orde-diens in VRAAG 4.3.3(a)?                  (1 x 2)         (2)

                     (c)   Waarom sal 'n hoë-orde-diens 'n groot drempelbevolking
                           benodig?                                       (1 x 2)                 (2)

         4.3.4       Die ontwikkeling van 'n streekswinkelsentrum aan die buitewyke van
                     die stad sal die invloedsfeer van die stad verander.

                     Beskryf hierdie verandering en verduidelik die moontlike
                     ekonomiese voordele vir die stad in 'n paragraaf van ongeveer AGT
                     reëls.                                                      (4 x 2)          (8)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4 wat globale verstedelikingstendense aantoon.

         4.4.1       Definieer die begrip verstedeliking.                           (1 x 1)       (1)

         4.4.2       In watter jaar het die globale stedelike bevolkingsyfer die globale
                     landelike bevolkingsyfer verbygesteek?                       (1 x 1)         (1)

         4.4.3       Gee TWEE trekfaktore vir die geprojekteerde toename in die
                     stedelike bevolking.                                (2 x 1)                  (2)

         4.4.4       Die grafiek toon dat die landelike bevolking afneem.

                     Verduidelik hierdie neiging deur na natuurlike bevolkingsgroeifaktore
                     te verwys.                                                     (2 x 2)       (4)

         4.4.5       Bespreek die impak van landelik-stedelike migrasie op die
                     uitbreiding van informele nedersettings in stede.   (3 x 2)                  (6)

4.5      Bestudeer die tabel in FIGUUR 4.5 wat seisoenale verkope van minerale in
         Suid-Afrika toon.

         4.5.1       Watter mineraal toon die laagste seisoenale verkope van Julie tot
                     September 2014?                                          (1 x 1)             (1)

         4.5.2       Watter mineraal toon die laagste seisoenale verkope van Oktober
                     tot Desember 2014?                                       (1 x 1)             (1)

         4.5.3       Meer steenkool is van Oktober tot Desember 2014 verkoop as van
                     Julie tot September 2014. Gee TWEE moontlike redes vir hierdie
                     tendens.                                                (2 x 2)              (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  14                                  DBE/2015
                                             SSE

         4.5.4       Bespreek TWEE faktore wat die mynboubedryf in Suid-Afrika
                     bevoordeel.                                       (2 x 2)               (4)

         4.5.5       Bespreek die belangrikheid van die mynboubedryf vir ekonomiese
                     ontwikkeling in Suid-Afrika.                             (2 x 2)        (4)

4.6      Bestudeer FIGUUR 4.6 wat indiensneming in die formele en informele sektore
         toon.

         4.6.1       Beskryf die tendense wat jy onderskeidelik in die formele en
                     informele sektore van indiensneming tussen 2004 en 2012 opmerk.
                                                                               (2 x 1)       (2)

         4.6.2       Waarom is die ekonomiese bydrae van die informele sektor nie by
                     die BBP ingesluit nie.                                   (1 x 2)        (2)

         4.6.3       Verduidelik hoe plaaslike munisipaliteite informele handelaars kan
                     ondersteun om hulle werksomstandighede te verbeter.         (2 x 2)     (4)

         4.6.4       Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe informele
                     handel die formele sektor van Suid-Afrika se ekonomie beïnvloed.
                                                                                  (4 x 2)    (8)
                                                                                             [75]

                                                                       GROOTTOTAAL:          225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 June July 2015 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-eng/b7aa24ee-5d84-4d50-a348-b575b258253b) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Geography P1 June July 2015 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-annexure-afr/132cbc8b-5450-4f13-ab70-449bd2085d50) — Geography · Addendum · 2015 · Afr
- [Geography P1 June July 2015 Memo Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-june-july-2015-memo-eng/2ae1fd3d-9cad-439b-acb8-6e6016d199a3) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
