# Geography Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-afr/296d4474-f60b-4795-861c-436364138475
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-afr/296d4474-f60b-4795-861c-436364138475)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                         2016

                                                                         PUNTE: 225

                                                                             TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 10 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                                   DBE/2016
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                  3                                    DBE/2016
                                             SSE

AFDELING A:          KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1, 'n uittreksel uit 'n sinoptiese weerkaart.

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.8 A.

         1.1.1       Lugdruksel A is 'n … laagdruksel.

                     A    termiese
                     B    kontinentale
                     C    kus-
                     D    afsny-

         1.1.2       Gebied B ondervind … winde.

                     A    suidelike
                     B    oostelike
                     C    westelike
                     D    noordelike

         1.1.3       Gebied C word oor die algemeen met …-wolke geassosieer.

                     A    cumulus
                     B    cumulonimbus
                     C    stratus
                     D    altostratus

         1.1.4       Gebied D is die middelpunt van 'n …

                     A    tropiese sikloon.
                     B    middelbreedte-sikloon.
                     C    kuslaagdruk.
                     D    afsnylaagdruk.

         1.1.5       Die lugdruklesing van isobaar E is … mb/hPa.

                     A    1 004
                     B    1 012
                     C    1 020
                     D    1 016

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   4                                      DBE/2016
                                              SSE

         1.1.6       Laagdrukstelsel F is deel van 'n familie van …

                     A    middelbreedte-siklone.
                     B    tropiese siklone.
                     C    kuslaagdrukke.
                     D    afsnylaagdrukke.

         1.1.7       Hoogdruksel G staan as die … Hoogdruksel bekend.

                     A    Suid-Indiese/Mauritius-
                     B    Suid-Pasifiese
                     C    Kalahari-/Kontinentale
                     D    Suid-Atlantiese/St. Helena-                                 (7 x 1)       (7)

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                             KOLOM A                               KOLOM B
         1.2.1       Stroompatroon wat in 'n sentraal     A    reghoekige patroon
                     geleë pan of laagliggende gebied
                     invloei                              B    geërfde dreinering

         1.2.2       Ontwikkel op stollingsgesteentes     C    traliepatroon
                     met nate en krake
                                                          D    antesedente dreinering
         1.2.3       Ontwikkel op skuins rotslae wat
                     oneweredig teen erosie bestand is    E    radiale/sentrifugale
                                                               patroon
         1.2.4       Ontwikkel op 'n koepel waar
                     strome uitwaarts vloei               F    sentripetale patroon

         1.2.5       'n Dreineerpatroon wat behou word G       dendritiese patroon
                     selfs nadat die land opgehef en
                     geplooi is                        H       gevlegte patroon

         1.2.6       Hierdie stroompatroon pas nie by     I    ontwrigte patroon
                     die geologie en topografie van die
                     bestaande landskap nie

         1.2.7       Ontwikkel meestal in gletserstreke
                     waar geen spesifieke patroon
                     identifiseer kan word nie

         1.2.8       Kom voor op rotse wat eenvormig
                     teen erosie bestand is en waar
                     sytakke teen skerp hoeke by die
                     hoofstroom aansluit
                                                                                      (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    5                                     DBE/2016
                                               SSE

1.3      Verwys na FIGUUR 1.3 wat op die verbybeweeg van 'n tifoon gebaseer is.

         1.3.1       (a)   In watter gebied/streek van die wêreld kom Tifoon Usagi voor?
                                                                                   (1 x 1)         (1)

                     (b)   Noem EEN sigbare verskynsel in die diagram wat bevestig dat
                           Tifoon Usagi in die volwasse ontwikkelingstadium is. (1 x 1)            (1)

         1.3.2       (a)   Gee 'n rede vir die bewegingsrigting van die tifoon.       (1 x 1)      (1)

                     (b)   Hoeveel tifone is voor Tifoon Usagi in hierdie seisoen in hierdie
                           gebied ervaar?                                            (1 x 2)       (2)

         1.3.3       Noem EEN toestand wat daartoe kon gelei het dat Tifoon Usagi tot
                     'n supertifoon ontwikkel het?                            (1 x 2)              (2)

         1.3.4       'n Tifoon word deur die beskikbaarheid van energie tydens sy
                     lewensiklus beïnvloed. Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls
                     waarin jy verduidelik hoe energie tydens die volwasse en
                     ontbindingstadiums aan die stelsel beskikbaar gestel en
                     weggeneem word.                                           (4 x 2)             (8)

1.4      FIGUUR 1.4 toon 'n temperatuurinversie in 'n vallei.

         1.4.1       Identifiseer die oorsaak van lugbesoedeling in hierdie vallei.   (1 x 1)      (1)

         1.4.2       Noem EEN voorbeeld van 'n tipe besoedelende stof wat by punt B
                     vrygestel word.                                         (1 x 1)               (1)

         1.4.3       Gee 'n geskikte term om gebied A te beskryf.                     (1 x 1)      (1)

         1.4.4       Beskryf die verwantskap tussen hoogte en temperatuur soos dit op
                     die grafiek getoon word.                                 (1 x 2)              (2)

         1.4.5       Die hoeveelheid rook op die valleibodem kan snags toeneem.
                     Stel TWEE moontlike redes voor vir hierdie toename.  (2 x 2)                  (4)

         1.4.6       Ontleed die volgende stelling: 'Temperatuur beïnvloed die ligging
                     van nedersettings in 'n vallei.'                          (3 x 2)             (6)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 wat op stroomroof gebaseer is.

         1.5.1       Identifiseer verskynsel W in FIGUUR 1.5.                         (1 x 1)      (1)

         1.5.2       Watter doel dien verskynsel W?                                   (1 x 1)      (1)

         1.5.3       Verduidelik die proses wat oor die afgelope 1 000 jaar moes
                     plaasvind om aan Rivier B die naam 'roofstroom' te besorg. (2 x 2)            (4)

         1.5.4       Gee 'n rede vir die groot hoeveelheid riviergruis wat waarskynlik by
                     gebied V aangetref sal word.                                 (1 x 2)          (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                                     DBE/2016
                                              SSE

         1.5.5       Noem EEN verandering wat Rivier B vanaf 1 000 jaar gelede tot
                     vandag toe ondergaan het.                              (1 x 2)                (2)

         1.5.6       Watter implikasie het stroomroof vir gemeenskappe wat vir
                     ekonomiese aktiwiteite van Rivier A afhanklik is?  (2 x 2)                    (4)

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6, 'n foto wat die invloed van mense op riviere toon.

         1.6.1       Wat beteken die term rivierbestuur?                             (1 x 1)       (1)

         1.6.2       Watter regeringsdepartement is vir die gesondheid en volhoubare
                     gebruik van riviere verantwoordelik?                      (1 x 1)             (1)

         1.6.3       Watter bewyse in die foto dui op swak rivierbestuur?            (2 x 1)       (2)

         1.6.4       Stel TWEE maniere voor waarop die munisipaliteit die invloed van
                     informele nedersettings op riviere kan verminder.          (2 x 2)            (4)

         1.6.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy redes gee
                     waarom dit noodsaaklik is om die gesondheid (of gehalte) van
                     riviere in Suid-Afrika in stand te hou.                 (4 x 2)               (8)
                                                                                                   [75]

VRAAG 2

2.1      Bestudeer FIGUUR 2.1 wat op                 die   ontwikkelingstadiums     van    'n
         middelbreedte-sikloon gebaseer is.

         2.1.1       Watter breedtelyn, 20°S, 60°S of 80°S, word deur lyn A voorgestel?

         2.1.2       Is 'n middelbreedte-sikloon 'n hoogdrukstelsel of 'n laagdrukstelsel?

         2.1.3       Beskryf die lugsirkulasie, soos in stadium 2 getoon word.

         2.1.4       Noem die verdelingsone tussen die weste- en oostewinde.

         2.1.5       Noem die ontwikkelingstadium waartydens fronte vorm.

         2.1.6       Definieer die term kouefront, wat in stadium 3 sigbaar is.

         2.1.7       Watter stadium (1, 2, 3 of 4) toon die middelbreedte-sikloon in die
                     okklusiestadium?

         2.1.8       Gee EEN bewys in die diagram wat aandui dat hierdie sikloon in die
                     Suidelike Halfrond voorkom.                                (8 x 1)            (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    7                                     DBE/2016
                                               SSE

2.2      Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
         Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die
         ANTWOORDEBOEK.

         2.2.1       (Grondwater/Die watertafel) is die boonste limiet van die versadigde
                     sone in die rotse onder die Aarde se oppervlak.

         2.2.2       Die rivier-(mond/oorsprong) is die gebied waar die rivier in 'n
                     oseaan, see of meer invloei.

         2.2.3       Die (dreineerbekken/rivierstelsel) bestaan uit al die sytakke en die
                     hoofstroom.

         2.2.4       Water wat oor die Aardoppervlak vloei voordat dit 'n rivier binnevloei,
                     staan as (kanaal/plaat)-vloei bekend.

         2.2.5       'n Kleiner rivier wat in die hoofstroom invloei, staan as die
                     hoofstroom se (samevloeiing/sytak) bekend.

         2.2.6       'n Hoogliggende gebied tussen twee riviere                in   dieselfde
                     dreineerbekken is 'n (interfluviale rif/waterskeiding).

         2.2.7       'n (Permanente/Tydelike) erosiebasisvlak word aangetref waar 'n
                     rivier in die oseaan invloei.                            (7 x 1)               (7)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat hellingwinde toon.

         2.3.1       Benoem winde A en B.                                             (2 x 1)       (2)

         2.3.2       Noem EEN faktor wat vir die verandering in windrigting
                     verantwoordelik is, soos deur wind A en B getoon word. (1 x 1)                 (1)

         2.3.3       Buiten lugbeweging, noem TWEE ander verskille tussen wind A
                     en B.                                                (2 x 2)                   (4)

         2.3.4       Gee 'n rede waarom temperatuur in vallei D met hoogte styg. (1 x 2)            (2)

         2.3.5       Evalueer hoe die hellingwinde (A en B) beide 'n positiewe en
                     negatiewe invloed op mense en menslike aktiwiteite kan hê. (3 x 2)             (6)

2.4      FIGUUR 2.4 is 'n skematiese voorstelling van die afmetings van 'n stedelike
         hitte-eiland.

         2.4.1       Gee 'n moontlike rede vir die asimmetriese (oneweredige) vorm van
                     die termiese pluim van die stedelike hitte-eiland.          (1 x 1)            (1)

         2.4.2       Gee TWEE bewyse wat aandui dat FIGUUR 2.4 dagtoestande
                     voorstel.                                       (2 x 1)                        (2)

         2.4.3       Teken 'n benoemde diagram om veranderings in die vorm van die
                     stedelike hitte-eiland gedurende die nag te toon.      (2 x 1)                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                                    DBE/2016
                                              SSE

         2.4.4       Dui aan waarom die gebied in die middestad (SSK) met sterker
                     stygwinde geassosieer word.                          (1 x 2)                 (2)

         2.4.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die
                     gebouedigtheid van die SSK en boumateriaal wat in die SSK
                     gebruik is, die vorming van die intense (sterk) stedelike hitte-eiland
                     veroorsaak.                                                    (4 x 2)       (8)

2.5      Verwys na FIGUUR 2.5 wat 'n dreineerbekken vanaf die oorsprong tot by die
         mond, asook die ooreenstemmende lengteprofiel toon.

         2.5.1       Definieer die term dreineerbekken.                             (1 x 1)       (1)

         2.5.2       Die volgende vrae verwys na dreineerdigtheid.

                     (a)   Wat is dreineerdigtheid?                                 (1 x 1)       (1)

                     (b)   Noem EEN faktor wat dreineerdigtheid beïnvloed.          (1 x 2)       (2)

                     (c)   Gee 'n bewys in die diagram om aan te dui dat die boloop die
                           hoogste dreineerdigtheid het.                         (1 x 2)          (2)

         2.5.3       Die volgende vrae verwys na die lengteprofiel.

                     (a)   Watter bewys dui aan dat dit 'n gegradeerde profiel is? (1 x 1)        (1)

                     (b)   Gebruik FIGUUR 2.5 en verduidelik in 'n paragraaf van
                           ongeveer AGT reëls hoe 'n rivier sy gegradeerde lengteprofiel
                           (die konsep van dinamiese ekwilibrium) behou.         (4 x 2)          (8)

2.6      Verskeie verskynsels, soos oewerwalle (levées) en deltas, word langs 'n
         rivierloop aangetref.

         2.6.1       Verwys na die vorming van 'n oewerwal (levée) in FIGUUR 2.6.

                     (a)   Wat is 'n oewerwal (levée)?                              (1 x 1)       (1)

                     (b)   Gee redes vir die verskil in grootte tussen die sediment wat
                           by C en die sediment wat by D in FIGUUR 2.6 afgeset word.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

                     (c)   Verduidelik waarom oewerwalle (levées) beide voordelig en
                           nadelig vir boerdery op die aanliggende vloedvlakte kan wees.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

         2.6.2       Die volgende vrae verwys na deltas.

                     (a)   Waar word deltas in 'n rivier aangetref?                 (1 x 2)       (2)

                     (b)   Gee 'n rede vir die groot hoeveelheid afgesette materiaal wat
                           aangetref word waar 'n delta gevorm word.             (1 x 2)          (2)

                     (c)   Waarom is deltas in Suid-Afrikaanse riviere skaars?      (1 x 2)       (2)
                                                                                                  [75]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     9                                     DBE/2016
                                                SSE

AFDELING B:          LANDELIKE    EN    STEDELIKE  NEDERSETTINGS                            EN
                     SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.1.8 A.

         3.1.1        Die kleinste tipe landelike nedersetting is 'n …

                      A    gehuggie.
                      B    geïsoleerde plaasopstal.
                      C    lae-orde dienssentrum.
                      D    dorpie.

         3.1.2        'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die …

                      A    getal mense wat in die nedersetting woon.
                      B    grootte van die nedersetting.
                      C    funksie van die nedersetting.
                      D    getal lae-orde aktiwiteite.
        3.1.3        Die ligging van 'n nedersetting word deur die volgende natuurlike
                     faktore beïnvloed:
                     A    Water, mark, klimaat
                     B    Water, grondvrugbaarheid, reliëf
                     C    Water, topografie, hawe
                     D    Historiese omstandighede, water, handel

        3.1.4        Droëpuntnedersettings kom naby … voor.
                     A    woestyne
                     B    oases
                     C    moerasse
                     D    hoogliggende gebiede

        3.1.5        Toerisme is 'n voorbeeld van 'n … ekonomiese aktiwiteit.
                     A    kwaternêre
                     B    tersiêre
                     C    sekondêre
                     D    primêre

        3.1.6        Die invloed van hellingsrigting (aspek) op           die   ligging    van
                     nedersettings verwys na die volgende beginsel:
                     A    Valleibodems kan ryp ervaar.
                     B    Boonste hellings ervaar lae gemiddelde temperature.
                     C    Hellings in die Suidelike Halfrond wat noord front, is warmer.
                     D    Gelyk vlaktes lok meer mense as ongelyke terrein.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     10                                     DBE/2016
                                                SSE

        3.1.7        'n Nedersetting wat by 'n rivieroorgang geleë is, staan as 'n
                     …-nedersetting bekend.
                     A    poort
                     B    brug
                     C    waterpunt
                     D    vragbrekingspunt                                              (7 x 1)       (7)

3.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 3.2.9 J.

                              KOLOM A                                    KOLOM B
         3.2.1        'n Ander naam vir 'n binnelandse           A   invoere
                      mark
                                                                 B   infrastruktuur
         3.2.2        Grondstowwe wat verwerk word
                                                                 C   tuismark
         3.2.3        Goedere wat by ander lande
                      aangekoop word                             D   tariewe

         3.2.4        Verwys na paaie, spoorweë en               E   toegevoegdewaarde-
                      kommunikasienetwerke                           produkte

         3.2.5        Vervang ingevoerde goedere met             F   ruimtelikeontwikkelings-
                      plaaslik vervaardigde goedere                  inisiatiewe

         3.2.6        Belasting wat op ingevoerde                G   vryhandel
                      goedere gehef word                         H   uitvoere
         3.2.7        Moedig industrialisasie langs              I   invoervervanging
                      hoofroetes aan om NOS'e met
                      mekaar te verbind
         3.2.8        Geen versperring vir die invoer en
                      uitvoer van goedere en dienste nie
                                                                                        (8 x 1)       (8)

3.3     Verwys na FIGUUR 3.3, 'n spotprent oor stedelike uitbreiding.
        3.3.1        Definieer die term stedelike uitbreiding.                          (1 x 1)       (1)
        3.3.2        Noem hoe stedelike uitbreiding die nedersettingspatroon vanaf 1980
                     tot 2020 sal verander.                                      (1 x 1)              (1)
        3.3.3        Gee EEN rede vir stedelike uitbreiding.                            (1 x 2)       (2)
        3.3.4        Bespreek TWEE probleme wat uit stedelike uitbreiding voortspruit.
                                                                                  (2 x 2)             (4)
        3.3.5        Stel TWEE moontlike oplossings voor vir die probleme wat met
                     stedelike uitbreiding geassosieer word.               (2 x 2)                    (4)
        3.3.6        Die eiendomsagent adverteer die grond deur te sê: 'Dit het 'n mooi
                     uitsig.' Waarom het die gesigsuitdrukkings van die voornemende
                     kopers vanaf 1980 tot 2020 verander?                         (1 x 2)             (2)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   11                                     DBE/2016
                                              SSE

3.4      Verwys na FIGUUR 3.4 wat die algemene buitelynvorm en uitleg van
         Bangkok, Thailand, toon.

         3.4.1       Noem die algemene buitelynvorm van Bangkok.                      (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Verwys na FIGUUR 3.4 en sê watter faktor vir die buitelynvorm van
                     Bangkok, in jou antwoord op VRAAG 3.4.1, verantwoordelik is.
                                                                                 (1 x 1)            (1)

         3.4.3       Beskryf die ligging van die SSK met betrekking tot Bangkok se
                     stadsgrense.                                            (1 x 2)                (2)

         3.4.4       Noem TWEE voordele van die ligging van die SSK soos beskryf in
                     VRAAG 3.4.3.                                           (2 x 2)                 (4)

         3.4.5       Die SSK van Bangkok word deur pondokdorpies (informele
                     nedersettings) omring. Dit kan tot kommersiële desentralisasie lei.
                     In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik waarom dit die
                     geval kan wees.                                            (4 x 2)             (8)

3.5      Verwys na FIGUUR 3.5, 'n gevallestudie oor suikerrietboerdery.

         3.5.1       In watter provinsie word suikerriet hoofsaaklik verbou?          (1 x 1)       (1)
         3.5.2       Noem TWEE klimaatstoestande wat hierdie gebied geskik maak vir
                     suikerrietverbouing.                                   (2 x 2)                 (4)
         3.5.3       Noem EEN sosio-ekonomiese faktor wat suikerrietboerdery negatief
                     beïnvloed.                                               (1 x 2)               (2)
         3.5.4       Verduidelik hoe suikerrietboerdery die ekonomiese ontwikkeling van
                     die provinsie in VRAAG 3.5.1 gestimuleer het.               (2 x 2)            (4)
         3.5.5       Bespreek waarom die suikermeule ideaal geleë is.                 (2 x 2)       (4)

3.6      Bestudeer die kaart in FIGUUR 3.6 wat die kernnywerheidstreke van
         Suid-Afrika toon.

         3.6.1       Noem EEN verskil tussen 'n swaar nywerheid en 'n ligte nywerheid.
                                                                                 (2 x 1)            (2)
         3.6.2       (a)   Watter EEN van die vier nywerheidstreke kan beskou word as
                           'n streek wat deur ligte nywerhede gedomineer word wanneer
                           dit met die ander drie nywerheidstreke vergelyk word? 1 x 1)             (1)
                     (b)   Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.2(a).            (1 x 2)       (2)
         3.6.3       Noem EEN nywerheidsontwikkelingstrategie wat ná apartheid
                     ingestel is om oorkonsentrasie in die kernnywerheidstreke te verlig.
                                                                                   (1 x 2)          (2)
         3.6.4       Die PWV/Gauteng-nywerheidstreek dra die meeste tot die BBP van
                     Suid-Afrika by ten spyte daarvan dat dit deur land omring word/in die
                     binneland is. In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek
                     waarom dit die geval is.                                     (4 x 2)           (8)
                                                                                                    [75]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                                      DBE/2016
                                               SSE

VRAAG 4

4.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 J.

                                KOLOM A                                  KOLOM B
         4.1.1       'n Stedelike nedersetting wat goedere       A     lae-orde diens
                     en dienste aan die omliggende landelike
                     bevolking verskaf                           B     invloedsfeer

         4.1.2       'n Klein nedersetting met min funksies,     C     hoë-orde sentrum
                     byvoorbeeld 'n plattelandse dorpie
                                                                 D     reikwydte van
         4.1.3       Die minimum aantal mense wat nodig is             goedere
                     om 'n besigheid te ondersteun
                                                                 E     drempelbevolking
         4.1.4       Die gebied waaruit 'n besigheid sy
                     kliënte trek (ook as 'n markgebied          F     lae-orde sentrum
                     bekend)
                                                                 G     sentrale plek
         4.1.5       Die maksimum afstand wat 'n verbruiker
                                                                 H     hoë-orde diens
                     bereid is om te reis om goedere te koop

         4.1.6       Dienste wat daagliks benodig word en
                     gereeld deur mense gebruik word

         4.1.7       'n Groot nedersetting met baie funksies,
                     byvoorbeeld 'n stad
                                                                                       (7 x 1)      (7)

4.2      Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
         woord langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK.

         4.2.1       Mynbou is 'n voorbeeld van 'n (primêre/tersiêre) aktiwiteit.

         4.2.2       Die Suid-Afrikaanse mynbousektor dra (meer/minder) as die tersiêre
                     sektor tot die BBP by.

         4.2.3       Suid-Afrika het 'n (groot/klein)       verskeidenheid     minerale     in
                     vergelyking met die meeste lande.

         4.2.4       Die meeste van Suid-Afrika se waterbronne (wat 'n invloed op
                     mynboubedrywighede het) word in die (oostelike/westelike) helfte
                     van die land aangetref.

         4.2.5       Die     mynbousektor     verskaf      grondstowwe          aan        die
                     (kwaternêre/sekondêre) sektor van die ekonomie.

         4.2.6       Nywerhede wat naby 'n myn geleë is, staan as (mark/hulpbron)
                     -gerigte nywerhede bekend.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                                     DBE/2016
                                              SSE

         4.2.7       Platinummyne is die prominentste in (Noordwes/Mpumalanga).

         4.2.8       (Steenkool/Platinum) word in Suid-Afrika as 'n grondstof in die
                     opwekking van elektrisiteit gebruik.                     (8 x 1)               (8)

4.3      Bestudeer FIGUUR 4.3, 'n spotprent oor 'n plattelandse dorpie.

         4.3.1       Definieer die term landelik-stedelike migrasie.                  (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Gee die bevolkingsgrootte van hierdie plattelandse dorpie oor
                     naweke en gedurende die week onderskeidelik.           (2 x 1)                 (2)

         4.3.3       Noem en verduidelik EEN trekfaktor wat die grootte van die
                     bevolking gedurende die week sou kon verduidelik.   (2 x 2)                    (4)

         4.3.4       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die
                     gevolge van landelike ontvolking op mense en die plaaslike
                     ekonomie van die plattelandse dorpie.                       (4 x 2)            (8)

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4 wat 'n informele nedersetting toon.

         4.4.1       Definieer die term informele nedersetting.                       (1 x 1)       (1)

         4.4.2       (a)   Noem TWEE faktore wat die ligging van hierdie informele
                           nedersetting sou kon beïnvloed het.              (2 x 1)                 (2)

                     (b)   Waarom is ligging 'n belangrike faktor vir die inwoners van
                           informele nedersettings?                             (1 x 2)             (2)

         4.4.3       Verduidelik TWEE negatiewe omgewingsinvloede van informele
                     nedersettings.                                      (2 x 2)                    (4)

         4.4.4       Met verwysing na FIGUUR 4.4, gee EEN rede waarom 'n brand
                     maklik deur hierdie nedersetting sou kon versprei. (1 x 2)                     (2)

         4.4.5       Gee TWEE moontlike redes waarom plaaslike regerings die groei
                     van informele nedersettings wil beperk.                (2 x 2)                 (4)

4.5      Bestudeer FIGUUR 4.5, 'n foto wat middagete-handel in 'n tipiese
         Suid-Afrikaanse stad toon.

         4.5.1       Sou jy die handel as formeel of informeel klassifiseer?          (1 x 1)       (1)

         4.5.2       Gee 'n bewys uit die foto om jou antwoord op VRAAG 4.5.1 te
                     ondersteun.                                          (1 x 2)                   (2)

         4.5.3       Waarom oortree die produk wat verkoop word waarskynlik
                     munisipale regulasies?                         (1 x 2)                         (2)

         4.5.4       Waarom dra hierdie tipe handel nie direk tot die BBP by nie? (1 x 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                                  DBE/2016
                                              SSE

         4.5.5       Stel TWEE moontlike redes vir die vinnige groei van die informele
                     sektor in Suid-Afrika voor.                                (2 x 2)       (4)

         4.5.6       Verduidelik waarom die informele sektor 'n belangrike rol het om in
                     die Suid-Afrikaanse ekonomie te speel.                       (2 x 2)     (4)

4.6      Die huidige droogte in Suid-Afrika het 'n negatiewe invloed op die land se
         voedselsekerheid.

         4.6.1       Definieer die term voedselsekerheid.                          (1 x 1)    (1)

         4.6.2       Waarom is dit belangrik om voedselsekerheid in 'n land te verbeter?
                                                                                   (2 x 2)    (4)

         4.6.3       Waarom sal mense wat in stedelike nedersettings woon, waarskynlik
                     hoër vlakke van voedselsekerheid hê as mense wat in landelike
                     gebiede woon?                                             (1 x 2)        (2)

         4.6.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die invloed van die
                     huidige droogtekrisis op Suid-Afrika se voedselsekerheid te ontleed.
                                                                                   (4 x 2)    (8)
                                                                                              [75]

                                                                                TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P1 May June 2016 Annexure Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2016-annexure-afr/11e2e4e9-5320-4893-ab00-735d23a77eea) — Geography · Addendum · 2016 · Afr
- [Geography P2 May June 2016 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2016-eng/12d84d31-ef22-4d22-85e7-1d8b126a7518) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2016 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2016-afr/bb782ea1-37f7-4b82-9cfe-84810e2b2031) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [Geo P1 June 2016 Qp (English)](https://www.hlayiso.com/library/geo-p1-june-2016-qp-english/c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
