# Geography Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2017-afr/ae790455-d236-4ee8-98b1-e8635b27a192
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 NSC June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2017-afr/ae790455-d236-4ee8-98b1-e8635b27a192)

## About this document

Geography · Grade 12 · NSC June Exam · 2017. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                                  GEOGRAFIE V1

                                         2017

                                                                         PUNTE: 225

                                                                             TYD: 3 uur

            Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                2                                    DBE/2017
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.      Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.

3.      Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.

4.      Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.      Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.

6.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

7.      Nommer die antwoorde in die middel van die reël.

8.      MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

9.      Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

10.     Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
        maak.

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    3                                  DBE/2017
                                               SSE

AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.

VRAAG 1

1.1      Verwys na FIGUUR 1.1, 'n sinoptiese weerkaart.

         Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (1.1.1–1.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.8 D.

         MOENIE hierdie meervoudigekeuse-vrae op die ANTWOORDBLAD wat in
         die ANTWOORDEBOEK verskaf is, beantwoord nie.

         1.1.1       Die wolkbedekking by weerstasie X kan as … beskryf word.

                     A    gedeeltelik bewolk
                     B    wolklose toestande
                     C    betrokke
                     D    nie sigbaar nie

         1.1.2       Die weer wat langs die vogfront voorkom, is oor die algemeen …

                     A    swaar reënval.
                     B    sneeuval.
                     C    donderstorms.
                     D    hael.

         1.1.3       Die troglyn word met …-wolke geassosieer.

                     A    cumulus
                     B    cumulonimbus
                     C    stratus
                     D    altostratus

         1.1.4       By E beweeg die warm, vogtige lug van lugdruksel A in 'n … rigting.

                     A    noordoostelike
                     B    noordwestelike
                     C    suidoostelike
                     D    suidwestelike

         1.1.5       Die windrigting by weerstasie X is ...

                     A    suidwes.
                     B    noordoos.
                     C    suidoos.
                     D    noordwes.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    4                                          DBE/2017
                                               SSE

         1.1.6       Die koue, droë lug van lugdruksel B …

                     A    wig vanaf die Atlantiese Oseaan in.
                     B    wig vanaf die Indiese Oseaan in.
                     C    sny onder lugdruksel C in.
                     D    sny onder lugdruksel D in.

         1.1.7       Die vorm van die troglyn word deur … bepaal.

                     A    verskille by weerstasie X en Y
                     B    die posisie van die Suid-Atlantiese Hoog
                     C    die inwigging van die Suid-Atlantiese Hoog
                     D    oneweredige verspreiding van koue en warm lugmassas
                                                                                           (7 x 1)       (7)

1.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in
         KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer
         (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
         1.2.1       'n Kleiner stroom wat by 'n rivier   A     grondwater
                     aansluit
                                                          B     interfluviale rif
         1.2.2       Hoogliggende gebied wat een
                     dreineerbekken van 'n ander skei     C     waterskeiding

         1.2.3       Punt waar twee of meer strome        D     niedeurlatend
                     by mekaar aansluit
                                                          E     stroomversnellings
         1.2.4       Lei tot turbulente stroomvloei
                                                          F     poreus
         1.2.5       Gesteentes wat water hou
                                                          G     watertafel
         1.2.6       Water wat ondergronds insypel
                                                          H     samevloeiing
         1.2.7       Gesteentes wat nie toelaat dat
                     water dit binnedring nie             I     sytak

         1.2.8       Boonste vlak van ondergrondse
                     water
                                                                                           (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   5                                    DBE/2017
                                              SSE

1.3      Verwys na FIGUUR 1.3 wat op 'n satellietbeeld gebaseer is.

         1.3.1       Identifiseer die laagdrukweerstelsel wat in die satellietbeeld getoon
                     word.                                                          (1 x 1)       (1)

         1.3.2       Gee 'n bewys uit die satellietbeeld om jou antwoord op
                     VRAAG 1.3.1 te ondersteun.                       (1 x 2)                     (2)

         1.3.3       Gee 'n rede vir die rigting waarin hierdie laagdrukweerstelsel
                     beweeg.                                                (1 x 2)               (2)

         1.3.4       Waarom het hierdie laagdrukweerstelsel 'n groter invloed op
                     Suid-Afrika in die winter?                             (1 x 2)               (2)

         1.3.5       Teken 'n benoemde deursnit van 'n kouefront wat met hierdie
                     laagdrukweerstelsel geassosieer word.               (4 x 1)                  (4)

         1.3.6       Verduidelik hoe hierdie laagdrukweerstelsel 'n positiewe invloed op
                     die ekonomie van die Suidwestelike Kaap het.                  (2 x 2)        (4)

1.4      FIGUUR 1.4 toon die gemiddelde lugtemperatuurverspreiding in die
         Johannesburgse SSK.

         1.4.1       Gee die gemiddelde        temperatuur    van   die   geboue   in die
                     Johannesburgse SSK.                                            (1 x 1)       (1)

         1.4.2       Gee 'n rede vir die relatief hoë temperature van die geboue in die
                     Johannesburgse SSK.                                        (1 x 2)           (2)

         1.4.3       Verduidelik waarom die gemiddelde lugtemperatuur tussen die
                     geboue effens laer as die temperatuur van die geboue is. (2 x 2)             (4)

         1.4.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarin jy maniere
                     voorstel waarop die Johannesburgse SSK herontwikkel kan word
                     EN hoe alternatiewe tipes materiaal gebruik kan word om die
                     hoeveelheid hitte wat in die stad gegenereer word, te verminder.
                                                                                  (4 x 2)         (8)

1.5      Verwys na FIGUUR 1.5 wat oppervlakaflooppatrone uitbeeld.

         1.5.1       Definieer die term oppervlakafloop.                           (1 x 1)        (1)

         1.5.2       In watter landskap is die hoogste oppervlakafloop aangeteken?
                                                                                 (1 x 1)          (1)

         1.5.3       Noem waarom die oppervlakafloop in die landskap wat jy in
                     VRAAG 1.5.2 gekies het, hoër is in vergelyking met die ander twee
                     oppervlakke.                                              (1 x 2)            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   6                                    DBE/2017
                                              SSE

         1.5.4       Vergelyk die afloop op die bewerkte oppervlak (50–60%) met die
                     afloop van die beboste oppervlak (10–20%).

                     (a)   Hoe het die infiltrasieproses die verskil in die aangetekende
                           oppervlakafloop beïnvloed?                             (1 x 2)         (2)

                     (b)   Beskryf die impak van die infiltrasievlak              op die
                           grondwatervlakke vir beide oppervlak B en C.            (2 x 2)        (4)

         1.5.5       Stel voor hoe verhoogde afloop bestuur kan word deur na stedelike
                     en bewerkte oppervlakke te verwys, soos in die diagram getoon.
                                                                                 (2 x 2)          (4)

1.6      Verwys na FIGUUR 1.6 wat stroomroof illustreer.

         1.6.1       Definieer die term stroomroof.                                 (1 x 1)       (1)

         1.6.2       Watter bewys in skets A dui daarop dat stroomroof waarskynlik sal
                     plaasvind?                                                (1 x 1)            (1)

         1.6.3       Noem TWEE fisiese veranderinge wat rivier A sal ondergaan nadat
                     stroomroof plaasgevind het.                              (2 x 1)             (2)

         1.6.4       Noem TWEE moontlike toestande wat daartoe gelei het dat rivier A
                     die roofstroom is.                                       (2 x 2)             (4)

         1.6.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om te beskryf hoe die
                     verminderde watervolume 'n negatiewe invloed op die
                     boerderygemeenskap by B sal hê.                          (4 x 2)             (8)
                                                                                                  [75]

VRAAG 2

2.1      Bestudeer FIGUUR 2.1, gebaseer op 'n diagram wat die invloed van die plato
         op Suid-Afrika se weer en klimaat toon.

         2.1.1       Dui skets X of Y 'n somertoestand aan?

         2.1.2       Benoem lugdruksel A.

         2.1.3       Benoem die oseaan waaroor lugdruksel A geleë is.

         2.1.4       Benoem lugdruksel C.

         2.1.5       Word lugdruksel B met stygende of dalende lug geassosieer?

         2.1.6       Sal wolklose en stabiele toestande in skets X of skets Y voorkom?

         2.1.7       Gee 'n sterk of 'n swak daling van lug aanleiding tot die posisie van
                     die inversielaag in skets Y?

         2.1.8       Moet die inversielaag bokant of onderkant die plato wees sodat reën
                     oor die binneland kan voorkom?                               (8 x 1)         (8)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                        7                                   DBE/2017
                                                   SSE

2.2      Pas die stellings hieronder by die diagramme van fluviale verskynsels wat
         A, B, C en D in FIGUUR 2.2 gemerk is.

         2.2.1       Die rivier kan tot die vorming van hoefystermere lei.

         2.2.2       Vertikale erosie is dominant in hierdie diagram.

         2.2.3       Die rivier toon hoofsaaklik 'n goed ontwikkelde, kronkelende
                     stroomkanaalpatroon.

         2.2.4       Die rivier set slik op die rivierbedding af en vorm 'n gevlegte
                     stroompatroon.

         2.2.5       Rivierafsetting/-deponering is in die vorm van 'n waaier.

         2.2.6       Die rivier is besig om te verjong.

         2.2.7       Die rivier is in sy boloop.                                        (7 x 1)       (7)

2.3      Bestudeer FIGUUR 2.3 wat hellingwinde toon.

         2.3.1       Benoem hellingwind A.                                              (1 x 1)       (1)

         2.3.2       Noem EEN faktor wat vir die beweging van hellingwind A
                     verantwoordelik is, soos in FIGUUR 2.3 getoon.   (1 x 1)                         (1)

         2.3.3       Watter invloed het die ongelyke hellings op die lug wat teen die
                     helling af beweeg?                                        (1 x 2)                (2)

         2.3.4       Verduidelik waarom 'n temperatuurinversie snags in 'n vallei
                     voorkom.                                             (2 x 2)                     (4)

         2.3.5       Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe
                     hellingwind A beide 'n positiewe en negatiewe invloed op
                     plantegroei op die valleibodem kan hê.              (4 x 2)                      (8)

2.4      Bestudeer FIGUUR 2.4 wat op orkane gebaseer is.

         2.4.1       Gee 'n bewys wat daarop dui dat die toestande wat in die
                     satellietbeeld getoon word, in die Noordelike Halfrond voorgekom
                     het.                                                       (1 x 1)               (1)

         2.4.2       Wat is die beraamde hoogte van die wolke rondom die oog? (1 x 1)                 (1)

         2.4.3       Gee 'n rede vir vir die gebrek aan wolke in die oog.               (1 x 2)       (2)

         2.4.4       Wat is die energiebron wat hierdie orkaan laat beweeg?             (1 x 2)       (2)

         2.4.5       Beskryf die tipe weerstoestande wat die oog omring.                (2 x 2)       (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   8                                  DBE/2017
                                              SSE

         2.4.6       Teken 'n eenvoudige, benoemde boaansig-skets              van    die
                     geïllustreerde orkaan en dui die volgende duidelik aan:

                     (a)   Lugbeweging rondom die oog                             (1 x 2)       (2)

                     (b)   Die gevaarlike halfsirkel (gebied waar die meeste skade
                           aangerig sal word wanneer dit die land bereik)    (1 x 2)            (2)

2.5      Bestudeer die grafiese voorstelling van stroomafloop in die verskillende
         stadiums van 'n dreineerbekken.

         2.5.1       Definieer die term stroomafloop.                             (1 x 1)       (1)

         2.5.2       In watter loop is die stroomkanaal op sy wydste?             (1 x 1)       (1)

         2.5.3       Gee 'n moontlike verduideliking vir jou antwoord op VRAAG 2.6.2.
                                                                                 (1 x 2)        (2)

         2.5.4       Gee TWEE redes vir die toename in stroomafloop vanaf die boloop
                     na die benedeloop.                                       (2 x 2)           (4)

         2.5.5       In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf en verduidelik die
                     impak van 'n toename in reënval op die diepte en breedte van die
                     rivier in die benedeloop.                                  (4 x 2)         (8)

2.6      FIGUUR 2.6 is 'n gevallestudie oor opvangs- en rivierbestuur. Lees die artikel
         aandagtig voordat jy die vrae wat volg, beantwoord.

         2.6.1       Noem TWEE inisiatiewe wat die Working for Wetlands-program vir
                     volhoubare rivierbestuur in Suid-Afrika ingestel het.   (2 x 1)            (2)

         2.6.2       Waarom is opvangsbestuursprogramme vir Suid-Afrikaanse riviere
                     ingestel?                                              (1 x 2)             (2)

         2.6.3       Verduidelik die rol van vleilandherstel in die handhawing van 'n
                     goeie watervoorraad in Suid-Afrikaanse riviere.           (2 x 2)          (4)

         2.6.4       Bespreek die negatiewe invloed van menslike aktiwiteite op
                     opvangsgebiede in Suid-Afrika.                      (3 x 2)                (6)
                                                                                                [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   9                                     DBE/2017
                                              SSE

AFDELING B: LANDELIKE    EN     STEDELIKE   NEDERSETTINGS                                    EN
            SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE

Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.

VRAAG 3

3.1      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
         Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
         (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 D.

         MOENIE hierdie meervoudigekeuse-vrae op die ANTWOORDBLAD wat in
         die ANTWOORDEBOEK verskaf is, beantwoord nie.

         3.1.1       'n Los groepering van plaasopstalle word 'n … genoem.

                     A    boeredorpie
                     B    gehuggie
                     C    metropool
                     D    dorp

         3.1.2       Die presiese grond waarop 'n nedersetting gebou word:

                     A    Ligging
                     B    Standplaas
                     C    Situasie
                     D    Gebied

         3.1.3       Nedersettingdigtheid verwys na die getal nedersettings per …

                     A    m².
                     B    km².
                     C    cm².
                     D    mm².

         3.1.4       'n Kulturele faktor wat die ligging van 'n standplaas beïnvloed, is …

                     A    water.
                     B    weiding.
                     C    brandstof.
                     D    godsdiens.

         3.1.5       'n Nedersetting word as landelik geklassifiseer as gevolg van die …

                     A    aantal mense wat in die nedersetting woon.
                     B    aantal hoë-orde-aktiwiteite.
                     C    funksie van die nedersetting.
                     D    aantal lae-orde-aktiwiteite.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    10                               DBE/2017
                                               SSE

         3.1.6       Droëpuntnedersettings kom naby … voor.

                     A    riviere
                     B    oases
                     C    moerasse
                     D    hoogliggende gebiede

         3.1.7       'n Nedersetting wat geleë is langs 'n rivier waar dit maklik
                     oorgesteek kan word:

                     A    Ontspanningsnedersetting
                     B    Poortnedersetting
                     C    Oorbrugpuntnedersetting
                     D    Kruispadnedersetting                                   (7 x 1)       (7)

3.2      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J.

                           KOLOM A                               KOLOM B
         3.2.1       Nywerhede wat groot en swaar       A   brugnywerheid
                     grondstowwe gebruik
                                                        B   ekonomiese resessie
         3.2.2       'n Meting van die goedere en
                     dienste wat jaarliks in 'n land    C   onafhanklike nywerheid
                     geproduseer kan word
                                                        D   nywerheidsdesentralisasie
         3.2.3       Nywerheidsgebiede buite die
                     kern wat vir ekonomiese            E   bruto binnelandse produk
                     ontwikkeling gesoneer is
                                                        F   uitvoermark
         3.2.4       Nywerhede wat nie van 'n ligging
                     afhanklik is nie                   G   tuismark

         3.2.5       'n Nywerheid wat tussen sy         H   alomteenwoordige
                     grondstofbron en sy markgebied         nywerheid
                     geleë is
                                                        I   swaar nywerheid
         3.2.6       'n Afname in ekonomiese
                     aktiwiteit

         3.2.7       Markte wat binne 'n land vir
                     plaaslike verbruik van produkte
                     beskikbaar is

         3.2.8       Markte in 'n ander land, waar
                     produkte verkoop word
                                                                                 (8 x 1)       (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                     11                                 DBE/2017
                                                SSE

3.3      Verwys na FIGUUR 3.3, 'n spotprent oor die 1913 Naturelle Grond Wet in
         Suid-Afrika.

         3.3.1       Definieer die term grondrestitusie.                            (1 x 1)       (1)

         3.3.2       Wat was die doel van die Naturelle Grond Wet, 1913 (Wet 27
                     van 1913)?                                           (1 x 1)                 (1)

         3.3.3       Wanneer is die 1913 Naturelle Grond Wet herroep?               (1 x 1)       (1)

         3.3.4       Verduidelik waarom grondrestitusie op gepaste wyse met die slak
                     verbind word.                                            (2 x 2)             (4)

         3.3.5       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en beskryf kortliks
                     enkele van die faktore wat die grondhervormingsproses in
                     Suid-Afrika vertraag het.                             (4 x 2)                (8)

3.4      Verwys na FIGUUR 3.4, wat 'n sentrale plek en sy omliggende klante
         illustreer.

         3.4.1       Wat is 'n sentrale plek?                                       (1 x 1)       (1)

         3.4.2       Tref 'n duidelike onderskeid tussen           drempelbevolking en
                     invloedsfeer, soos in FIGUUR 3.4 getoon.                     (2 x 1)         (2)

         3.4.3       Verwys na klant A, B en C.

                     (a)   Indien al drie klante dieselfde produk by die sentrale plek
                           koop, vir watter klant sal die produk duurder wees?  (1 x 2)           (2)

                     (b)   Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.3(a).          (1 x 2)       (2)

         3.4.4       Verduidelik hoe die drempelbevolking 'n invloed op die winsgrens
                     van 'n besigheid het.                                     (2 x 2)            (4)

         3.4.5       Beskryf en verduidelik die impak van die ligging van 'n hoogs
                     gespesialiseerde diens op die invloedsfeer van die sentrale plek.
                                                                                   (2 x 2)        (4)

3.5      Verwys na die foto oor boerdery op klein skaal in FIGUUR 3.5.

         3.5.1       Definieer die term kleinskaalse boer (kleinboer).                            (1)

         3.5.2       (a)    Sou jy die kleinskaalse boer in die foto as 'n bestaansboer of
                            'n kommersiële boer beskryf?                            (1 x 2)       (2)

                     (b)    Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 3.5.3(a).        (1 x 2)       (2)

         3.5.3       Beskryf EEN probleem wat die kleinskaalse boer ondervind, wat op
                     die foto sigbaar is.                                      (1 x 2)            (2)

         3.5.4       Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die belangrikheid van
                     boerdery op klein skaal vir plaaslike gemeenskappe te motiveer.
                                                                                  (4 x 2)         (8)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                    12                                           DBE/2017
                                               SSE

3.6      Verwys na FIGUUR 3.6,                wat    inligting   oor   die     Durban-Pinetown-
         nywerheidstreek verskaf.

         3.6.1       Watter bewys dui daarop dat Durban-Pinetown vinnig besig is om as
                     'n nywerheidstreek te groei?                                (1 x 1)                  (1)

         3.6.2       Noem 'n grondstof         wat    nywerheidsgroei         in   hierdie   streek
                     ondersteun het.                                                         (1 x 1)      (1)

         3.6.3       Haal EEN van die hoofvoordele van die Cornubia-nywerheidspark in
                     FIGUUR 3.6 aan.                                          (1 x 1)                     (1)

         3.6.4       Verduidelik hoe die voordeel, wat in VRAAG 3.6.3 geïdentifiseer is,
                     plaaslike gemeenskappe sal help.                            (2 x 2)                  (4)

         3.6.5       Hoe ondersteun die infrastruktuur in hierdie nywerheidstreek vinnige
                     nywerheidgroei?                                               (2 x 2)                (4)

         3.6.6       Gebruik voorbeelde en verduidelik waarom hierdie nywerheidstreek
                     baie vragverbrekingsnywerhede het.                        (2 x 2)                    (4)
                                                                                                          [75]

VRAAG 4

4.1      Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
         ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.8 I.

                             KOLOM A                                       KOLOM B
         4.1.1       Grootste tipe landelike nedersetting        A     kernagtige nedersetting

         4.1.2       Samesmelting van stede om 'n                B     megalopolis
                     aaneenlopende stedelike gebied te
                     vorm                                        C     plaasopstal

         4.1.3       Kleinste nedersettingstipe                  D     boeredorpie

         4.1.4       'n Enkele stad wat deur afhanklike          E     dorp
                     dorpe omring word
                                                                 F     konurbasie
         4.1.5       Kleinste tipe stedelike nedersetting
                                                                 G     metropool
         4.1.6       Wanneer geboue in 'n nedersetting
                     'n kompakte eenheid vorm                    H     nedersettingsontwerp

         4.1.7       Die grootste stedelike
                     nedersettingstipe
                                                                                             (7 x 1)      (7)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   13                                      DBE/2017
                                              SSE

4.2      Verwys na FIGUUR 4.2 oor ekonomiese geografie om hierdie vraag te
         beantwoord.

         Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die
         woord langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

         4.2.1       Die (sekondêre/tersiêre) sektor verwys na die verskaffing van
                     dienste.

         4.2.2       Na onttrekking word waarde tot               grondstowwe       deur    die
                     (sekondêre/tersiêre) sektor gevoeg.

         4.2.3       Ekonomiese groei in die primêre sektor het afgeneem as gevolg van
                     die afname in (landbou/mynbou).

         4.2.4       Die dienssektor wat        die   grootste    groei    getoon    het,    is
                     (mynbou/finansies).

         4.2.5       Die (sekondêre/tersiêre) sektor        dra     die    minste    tot    die
                     Suid-Afrikaanse ekonomie by.

         4.2.6       Die mynbousektor het gegroei as gevolg van 'n toename in die
                     produksie van (goud/platinum).

         4.2.7       Die groei in handel is aan 'n groei in (vervaardiging/landbou)
                     gekoppel.

         4.2.8       Die sektor waartoe toerisme           'n     bydrae    maak,     is die
                     (sekondêre/tersiêre) sektor.                                       (8 x 1)      (8)

4.3      Verwys na FIGUUR 4.3 wat landelik-stedelike migrasie toon.

         4.3.1       Definieer die term landelik-stedelike migrasie.                   (1 x 1)       (1)

         4.3.2       Waarom word 'n magneet in die                  diagram    gebruik om
                     landelik-stedelike migrasie uit te beeld?                       (1 x 1)         (1)

         4.3.3       Noem TWEE stootfaktore, wat in die diagram sigbaar is, wat
                     landelik-stedelike migrasie tot gevolg het.         (2 x 1)                     (2)

         4.3.4       Noem TWEE maniere waarop landelik-stedelike migrasie die
                     landelike gemeenskap negatief beïnvloed.           (2 x 2)                      (4)

         4.3.5       Bespreek, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, volhoubare
                     maatreëls wat in landelike gebiede ingestel kan word om
                     landelik-stedelike migrasie te verminder.             (4 x 2)                   (8)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1                                   14                                     DBE/2017
                                              SSE

4.4      Bestudeer FIGUUR 4.4 wat op 'n stedelike probleem gebaseer is.

         4.4.1       Noem die stedelike probleem in die spotprent.                    (1 x 1)    (1)

         4.4.2       Watter frase in die spotprent suggereer dat die fietsryers vinniger as
                     die motors beweeg?                                              (1 x 1)     (1)

         4.4.3       Noem TWEE omgewingsinvloede van die probleem wat in
                     VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer is.                (2 x 1)                       (2)

         4.4.5       Gee TWEE redes waarom fietsbane al hoe belangriker word in die
                     meeste stedelike grondgebruiksones.                    (2 x 2)              (4)

         4.4.6       Stel DRIE maniere voor waarop verkeersopeenhoping verminder
                     kan word.                                            (3 x 2)                (6)

4.5      Verwys na die koerantuittreksel oor die Maputo-ontwikkelingskorridor.

         4.5.1       Gee 'n bewys uit die uittreksel wat bevestig                   dat die
                     Maputo-ontwikkelingskorridor 'n suksesvolle inisiatief is.       (1 x 1)    (1)

         4.5.2       Watter kernnywerheidsgebied in Suid-Afrika vind die meeste baat by
                     die Maputo-ontwikkelingskorridor?                           (1 x 1)         (1)

         4.5.3       Noem TWEE infrastruktuurfasiliteite wat         die    groei   van die
                     Maputo-ontwikkelingskorridor ondersteun.                         (2 x 1)    (2)

         4.5.4       Verwys na die stelling: ꞌHandel is hoofsaaklik uitgaande.'
                     (a)    Wat beteken die stelling handel is uitgaande?             (1 x 2)    (2)
                     (b)    Lewer kommentaar op waarom hierdie tipe handel vir
                            Suid-Afrika voordelig is.                  (1 x 2)                   (2)

         4.5.5       Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe
                     Suid-Afrika en Mosambiek by die Maputo-ontwikkelingskorridor baat
                     gevind het.                                               (4 x 2)           (8)

4.6      Verwys na die grafiese data oor die informele sektor in FIGUUR 4.6.

         4.6.1       Definieer die term informele sektor.                             (1 x 1)    (1)

         4.6.2       Watter tendens toon die netto maandelikse inkomste vanaf 2008
                     tot 2016?                                               (1 x 1)             (1)

         4.6.3       Stel TWEE redes voor vir die gedwonge verskuiwing van die
                     handelsplek na 'n nuwe ligging.                     (2 x 2)                 (4)

         4.6.4       Bespreek en verduidelik die negatiewe impak van enige EEN
                     van die verswakkende werksomstandighede op werkers in die
                     informele sektor.                                    (2 x 2)                (4)

         4.6.5       Waarom is vroulike werkers belangrik vir die informele sektor van
                     die ekonomie?                                              (2 x 2)          (4)
                                                                                                 [75]

                                                                                    TOTAAL:      225
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Geography P2 May June 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-may-june-2017-afr/f012c241-aded-4c7e-abe0-eb05d080d393) — Geography · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-preparatory-2017-question-paper/d13a6739-748f-4c3e-a691-c03fb1ad130c) — Geography · QP · 2017
- [2017 KZN Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/2017-kzn-prelim-p1-qp/54e84d65-ff3b-44b1-80f0-12e777efb21a) — Geography · QP · 2017
- [Geography P1 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-afr/ff0e4298-0e58-4cef-8459-91ca66a4a32d) — Geography · QP · 2023 · Afr
- [Geography P1 May-June 2023 Eng](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2023-eng/84a5fe29-005f-47f2-bf86-b4efac7d7cc8) — Geography · QP · 2023 · Eng
- [Geography P1 May June 2022 Afr](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-may-june-2022-afr/f4503dfe-56de-4254-9c12-47c3b4ba171d) — Geography · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 Nov 2025 MG Eng](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-1-english/bd1f5042-1bf6-4063-bb55-02ca7ad72f19) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Geography (English) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-english-june-2024-possible-answers/7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091) — Memo · 2024 · Eng
- [Gr 12 Geography P1 (English) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-english-2024-possible-answers/f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
